web viewmaagd sal swanger word en ‘n seun baar en hom . immanuel noem ... hulle sal opsien na...

19
01 Jesus se plek van geboorte Prosfesie: Miga 5:1 “En jy, Betlehem-Efrata, jy is klein onder die families in Juda, maar uit jou sal daar iemand kom wat aan My behoort en Hy sal in Israel regeer. Sy begin lê ver terug, in die gryse verlede” Vervulling: Matt 2:1-2 “Jesus is in Betlehem in Judea gebore tydens die regering van koning Herodes. Na Jesus se geboorte het daar sterrekykers uit die ooste in Jerusalem aangekom en gevra: “Waar is Hy wat as koning van die Jode gebore is? Ons het sy ster sien opkom en ons het gekom om aan Hom hulde te bewys” 02 Erfgenaam van die troon van Dawid Profesie: Jesaja 9:6 “Sy heerskappy sal uitbrei, en Hy sal vir altyd vrede en voorspoed bring. Hy sal op die troon van Dawid sit en oor Sy konikryk regeer. Hy sal die koninkryk vestig en in stand hou deur reg en geregtigheid, van nou af en vir altyd. Daarvoor sal die onverdeelde trou van die Here

Upload: haanh

Post on 03-Feb-2018

236 views

Category:

Documents


12 download

TRANSCRIPT

Page 1: Web viewmaagd sal swanger word en ‘n seun baar en hom . Immanuel noem ... hulle sal opsien na My vir wie hulle deurboor het, en hulle sal

01

Jesus se plek van geboorte

Prosfesie: Miga 5:1

“En jy, Betlehem-Efrata, jy is klein onder die families in Juda, maar uit jou sal daar iemand kom wat aan My behoort en Hy sal in Israel regeer. Sy begin lê ver terug, in die gryse verlede”

Vervulling: Matt 2:1-2

“Jesus is in Betlehem in Judea gebore tydens die regering van koning Herodes. Na Jesus se geboorte het daar sterrekykers uit die ooste in Jerusalem aangekom en gevra: “Waar is Hy wat as koning van die Jode gebore is? Ons het sy ster sien opkom en ons het gekom om aan Hom hulde te bewys”

02 Erfgenaam van die troon van

Dawid

Profesie: Jesaja 9:6

“Sy heerskappy sal uitbrei, en Hy sal vir altyd vrede en voorspoed bring. Hy sal op die troon van Dawid sit en oor Sy konikryk regeer. Hy sal die koninkryk vestig en in stand hou deur reg en geregtigheid, van nou af en vir altyd. Daarvoor sal die onverdeelde trou van die Here die Almagtige sorg”

Vervulling: Matt 1:1-17

“Die geslagsregister van Jesus Christus, die Seun van Dawid………. (17) Altesaam was daar dus veertien geslagte van Abraham af tot by Dawid, veertien van Dawid af tot by die Babiloniese ballingskap en veertien van die Babiloniese ballingskap af tot by Christus”

Page 2: Web viewmaagd sal swanger word en ‘n seun baar en hom . Immanuel noem ... hulle sal opsien na My vir wie hulle deurboor het, en hulle sal

03 Gebore uit ‘n maagd

Profesie: Jesaja 7:14 (1933)

“Die Here sal daarom self vir julle ‘n teken gee: Kyk, die maagd sal swanger word en ‘n seun baar en hom Immanuel noem”

Vervulling: Matt 1:18-23

“Hier volg nou die geskiedenis van die geboorte van Jesus Christus. Toe Sy moeder Maria aan Josef verloof was, nog voor hulle getroud was, het dit geblyk dat sy swanger is. Die swangerskap het van die Heilige Gees gekom. Haar verloofde, Josef, wat aan die wet van Moses getrou was maar haar tog nie in die openbaar tot skande wou maak nie, het hom voorgeneem om die velowing stilweg te verbreek. Terwyl hy dit in gedagte gehad het, het daar ‘n engel van die Here in ‘n droom aan hom verskyn en gesê: “Josef seun van Dawid, moenie bang wees om met Maria te trou nie, want wat in haar verwek is, kom van die Heilige Gees. Sy sal ‘n Seun in die wêreld bring, en jy moet Hom Jesus noem, want dit is Hy wat Sy volk van hulle sondes sal verlos”

Dit het alles gebeur sodat die woord wat die Here deur sy profeet gesê het, vervul sou word: “Die maagd sal swanger word en ‘n Seun in die wêreld bring, en hulle sal Hom Immanuel noem” Die naam beteken God by ons.

04

Vlug uit Egipte Profesie: Hosea 11:1

Toe Israel nog ‘n kind was, het Ek hom al liefgehad, en Ek het hom, my Seun, uit Egipte geroep”

Vervulling: Matt 2:14-15

“Josef het toe opgestaan en in die nag die Kindjie en sy moeder geneem en na Egipte toe vertrek en daar gebly tot die dood van Herodes. So is vervul wat die Here deur ‘n profeet gesê het: “Uit Egipte het Ek my Seun geroep”

Page 3: Web viewmaagd sal swanger word en ‘n seun baar en hom . Immanuel noem ... hulle sal opsien na My vir wie hulle deurboor het, en hulle sal

05 Klein seuntjies word

doodgemaak

Profesie: Jeremia 31: 15

“So sê die Here: ‘n Gekerm word op Rama gehoor, ‘n gehuil vol hartseer; Ragel treur oor haar kinders, sy wil haar nie laat troos nie, want haar kinders is weg.”

Vervulling: Matt 2:16 – 17

Toe Herodes agterkom dat die sterrekykers hom in die steek gelaat het, het hy woedend geword. Hy stuur toe soldate en laat in Betlehem en die hele omgewing al die seuntjies van twee jaar en jonger doodmaak, ooreenkomstig die tyd wat hy noukeurig by die sterrekykers uitgevra het.

Toe is die woord vervul wat die Here deur die profeet Jeremia gesê het: “’n Gekerm word op Rama gehoor, ‘n gehuil en groot gejammer: Ragel treur oor haar kinders en wil nie getroos word nie, omdat hulle nie meer daar is nie”

06

Jesus se bediening in Galilea

Profesie: Jesaja 8:23- Jesaja 9:1

“Maar in die land waar daar duisternis is, sal daar nie langer donkerte wees nie. In die verlede het die Here die gebiede Sebulon en Naftali verneder, maar in die toekoms sal Hy die pad na die see van Galilea toe, die Jordaanstreek en die gebied van die heidene in ere herstel. Die volk wat in donkerte geleef het, het ‘n groot lig gesien, oor die wat in die donker land was, het die lig geskyn”

Vervulling: Matt 4:12-16

“Toe Jesus hoor dat Herodes vir Johannes in die tronk laat opsluit het, het Hy na Galilea toe gegaan. Hy het nie in Nasaret gaan bly nie, maar Hom gaan vestig in Kapernaum by die see, in die gebied van Sebulon en Naftali.

So moes vervul word wat deur die profeet Jesaja gesê is: Jy, gebied van Sebulon en gebied van Naftali, aan die seekant en oorkant die Jordaan, Galilea waar die heidene woon! Die volk wat in duisternis woon, het ‘n groot lig gesien: hulle wat in die skemerland van die dood lewe, vir hulle het die lig opgegaan”

Page 4: Web viewmaagd sal swanger word en ‘n seun baar en hom . Immanuel noem ... hulle sal opsien na My vir wie hulle deurboor het, en hulle sal

07Jesus die Profeet

Profesie: Deut 18:15 (1933)

“’n PROFEET uit jou midde, uit jou broers, soos ek is, sal die HERE jou God vir jou verwek; na Hom moet julle luister – “

Vervulling: Joh 6:14

“Toe die mense die wonderteken sien wat Jesus gedoen het, het hulle gesê: Hy is werklik die Profeet, die Een wat na die wêreld toe moes kom”

08 God verheug Hom oor Jesus Profesie: Jesaja 42:1 (1933)

“DAAR is my Kneg wat Ek ondersteun, my Uitverkorene in wie my siel ‘n welbehae het. Ek het my Gees op Hom gelê; Hy sal die reg na die nasies uitbring”

Vervulling: Matt 3: 16-17

“En nadat Jesus gedoop was, het Hy dadelik uit die water opgeklim, en meteens gaan die hemele vir Hom oop, en Hy sien die Gees van God soos ‘n duif neerdaal en op Hom kom. En daar kom ‘n stem uit die hemele wat sê: Dit is my geliefde Seun in wie Ek ‘n welbehae het”

Page 5: Web viewmaagd sal swanger word en ‘n seun baar en hom . Immanuel noem ... hulle sal opsien na My vir wie hulle deurboor het, en hulle sal

09 Jesus se leiding

Profesie: Jesaja 53:4

“Tog het hy ons lyding op Hom geneem, ons siektes het Hy gedra. Maar ons het hom beskou as een wat gestraf word, wat deur God geslaan en gepynig word”

Vervulling: Matt 8:16-17

“Toe dit aand word, het hulle baie wat in die mag van duiwels was, vir Hom gebring. Hy het die geeste met ‘n woord uitgedryf en al die siekes gesond gemaak.

So is vervul wat deur die profeet Jesaja gesê is: Hy het ons lyding op Hom geneem, ons siektes het Hy gedra”

10 Intog in Jerusalem

Profesie: Sagaria 9:9

“Jubel, Sion! Juig, Jerusalem! Jou koning sal na jou toe kom. Hy is regverdig en Hy is ‘n oorwinnaar, Hy is nederig en Hy ry op ‘n donkie, op die hingsvul van ‘n donkie”

Vervulling: Joh 12:12-15

“Die volgende dag het die groot menigte mense wat na die fees toe gekom het, gehoor dat Jesus na Jerusalem toe kom. Hulle het palmtakke gevat en Hom tegemoet gegaan en uitgeroep: “Prys Hom! Loof Hom wat in die Naam van die Here kom! En “Die Koning van Israel!”

Jesus het toe op ‘n jong donkie geklim wat Hy daar gekry het, soos daar geskrywe staan: “Moenie bang wees nie, Sion! Kyk, jou Koning kom, en Hy ry op ‘n donkie”.

11

Page 6: Web viewmaagd sal swanger word en ‘n seun baar en hom . Immanuel noem ... hulle sal opsien na My vir wie hulle deurboor het, en hulle sal

Jesus se bediening van wonderwerke Profesie: Jesaja 35:4-6

“sê vir die wat moed verloor het: “Wees sterk, moenie bang wees nie, julle God is hier”. Blindes sal kan sien, dowes sal kan hoor, lammes sal kan rondspring soos takbokke, stommes sal kan sing. Strome water sal uit die woestyn uit bars; daar sal riviere loop in die droë grond”

Vervulling: Matt 11: 4-6

“Jesus antwoord hulle: “Gaan vertel vir Johannes wat julle hoor en sien: Blindes sien, lammes loop, melaatses word gereinig, dowes hoor, dooies word opgewek, en aan armes word die evangelie verkondig. En gelukkig is elkeen wat nie aan My begin twyfel nie.”

12

Jesus is die Goeie Herder Profesie: Jesaja 40:10-11

“Die Here God kom, Hy is die Magtige, Hy regeer. Hy bring die volk saam wat Hy Syne gemaak het, die wat aan Hom behoort is by Hom. Soos ‘n herder versorg Hy sy kudde: die lammers maak Hy bymekaar in sy arms en Hy dra hulle teen sy bors, Hy sorg vir die lammerooie.”

Vervulling: Joh 10:11-14

“Ek is die goeie herder. Die goeie herder lê sy lewe af vir die skape. ‘n Huurling is geen herder nie, en dit is nie sy eie skape nie. As hy ‘n wolf sien kom, los hy die skape en hardloop weg, en die wolf vang die skape en jaag die trop uitmekaar. Hy is ‘n huurling en bekommer hom nie oor die skape nie. Ek is die goeie herder. Ek ken my skape, en my skape ken my.”

13

Page 7: Web viewmaagd sal swanger word en ‘n seun baar en hom . Immanuel noem ... hulle sal opsien na My vir wie hulle deurboor het, en hulle sal

Jesus, God se dienaar Profesie: Jesaja 42:1-4

“Hier is my Dienaar, Ek stel hom aan. Ek het Hom uitverkies, Hy geniet my guns. Ek laat my Gees op Hom kom, Hy sal my wil aan die nasies bekend maak. Hy sal nie roep nie, Hy sal nie hard skree nie, Hy sal nie sy stem op straat laat hoor nie. ‘n Geknakte riet sal Hy nie afbreek nie, ‘n lamppit wat dof brand, sal Hy nie uitdoof nie. Hy sal my wil bekend maak soos dit is. Self sal hy ook nie uitgedoof of geknak word nie totdat Hy my wil op aarde gevestig het. Die eilande wag op wat Hy hulle sal leer.”

Vervulling: Matt 12:17-21

So is vervul wat die Here deur die profeet Jesaja gesê het:

“Hier is my Dienaar wat Ek aangestel het, my Geliefde oor wie Ek My verheug; Ek sal my Gees op Hom laat kom, en Hy sal die wil van God aan die nasies bekend maak. Hy sal nie twis nie en nie skreeu nie, en niemand sal sy stem op die strate hoor nie. ‘n Riet wat geknak is, sal Hy nie afbreek nie en ‘n lamppit wat rook, nie uitdoof nie; Hy sal die wil van God laat seëvier. En op Hom sal die nasies hulle hoop vestig”

14

Jesus word verraai deur ‘n vriend

Profesie: Psalm 41:10

“Selfs my boesemvriend op wie ek vertrou het, wat altyd by my geëet het, het my in die rug gesteek”

Vervulling: Markus 14:10

“Judas Iskariot, wat een van die twaalf was, het sy hulp vir die priesterhoofde gaan aanbied om Jesus in die hande te kry”

15

Page 8: Web viewmaagd sal swanger word en ‘n seun baar en hom . Immanuel noem ... hulle sal opsien na My vir wie hulle deurboor het, en hulle sal

Jesus verdedig homself nie

Profesie: Jesaja 53: 7 (1933)

“Hy is mishandel, hoewel Hy onderworpe was, en Hy het sy mond nie oopgemaak nie; soos ‘n lam wat na die slagplek gelei word en soos ‘n skaap wat stom is voor sy skeerders ja, Hy het sy mond nie oopgemaak nie.”

Vervulling: Matt 27:12-14 (1933)

“En terwyl Hy deur die owerpriesters en die ouderlinge beskuldig word, het Hy niks geantwoord nie. Toe sê Pilatus vir Hom: Hoor U nie hoe baie dinge hulle teen U getuig nie? En Hy het Hom op geen enkele woord geantwoord nie, sodat die goewerneur hom baie verwonder het”

16

Jesus word geslaan en gespoeg

Profesie: Jesaja 50:6

“Ek het my rug gehou vir die wat my slaan, my wang vir die wat my baard uittrek. Ek het my gesig nie weggedraai toe ek bespot en bespoeg is nie.”

Vervulling: Markus 14:65

“Party van hulle het begin om op Hom te spoeg. Hulle het sy oë toegebind, Hom met die vuis geslaan en vir Hom gesê: “Profeteer ‘n bietjie!” Ook die wagte het Hom geklap toe hulle Hom wegvat”

17

Page 9: Web viewmaagd sal swanger word en ‘n seun baar en hom . Immanuel noem ... hulle sal opsien na My vir wie hulle deurboor het, en hulle sal

Jesus se hande en voete word deurboor

Profesie: Psalm 22:17 (1933)

“Want honde het my omsingel; ‘n bende kwaaddoeners het my omring; hulle het my hande en my voete deurgrawe”

Vervulling: Johannes 20:27 (1933)

“Daarna sê Hy vir Thomas: Bring jou vinger hier, en kyk na my hande; en bring jou hand en steek dit in my sy; en moenie ongelowig wees nie, maar gelowig”

18

Jesus word bespot en beledig

Profesie: Psalm 22:7-9

“Maar ek is ‘n wurm, nie ‘n mens nie. Ek word deur die mense bespot en deur die volk verag. Almal wat my sien, spot my, hulle steek vir my tong uit en knik met voldoening die kop en sê: “Laat dit aan die Here oor! Laat Hy hom red, laat Hy hom bevry as Hy dan so baie van hom hou”

Vervulling: Matt 27:39-40

“Die mense wat daar verbygeloop het, het Jesus gelaster. Hulle het die kop geskud en gesê: “Jy wat die tempel afbreek en in drie dae opbou! Red jouself as jy die Seun van God is, en kom van die kruis af!”

19

Page 10: Web viewmaagd sal swanger word en ‘n seun baar en hom . Immanuel noem ... hulle sal opsien na My vir wie hulle deurboor het, en hulle sal

Jesus word saam met misdadigers gekruisig

Profesie: Jesaja 53:12

“Daarom gee Ek hom ‘n ereplek onder die grotes. Hy sal saam met magtiges die oorwinning vier omdat hy Hom in die dood oorgegee het en as misdadiger beskou is, omdat hy die sondes van baie op Hom geneem het en vir oortreders gebid het.”

Vervulling: Matt 27:38

“Saam met Hom het hulle ook twee rowers gekruisig, een regs en die ander een links van Hom”

20Jesus se sy word met ‘n spies gesteek

Profesie: Sagaria 12:10 (1933)

“Maar oor die huis van Dawid en oor die inwoners van Jerusalem sal Ek uitgiet die Gees van genade en smekinge; en hulle sal opsien na My vir wie hulle deurboor het, en hulle sal oor Hom rouklaag soos ‘n mens rouklaag oor ‘n enigste seun en bitterlik oor Hom ween soos ‘n mens bitterlik ween oor ‘n eersgebore kind”

Vervulling: Johannes 19:34; 37 (1933)

“Maar een van die soldate het met ‘n spies in sy sy gesteek, en dadelik het daar bloed en water uitgekom.”

“En weer sê ‘n ander Skrif: Hulle sal sien in wie hulle gesteek het”

21 Jesus se klere word uitgeloot

Page 11: Web viewmaagd sal swanger word en ‘n seun baar en hom . Immanuel noem ... hulle sal opsien na My vir wie hulle deurboor het, en hulle sal

Profesie: Psalm 22:19

“Hulle verdeel my klere onder mekaar en trek lootjies oor my mantel”

Vervulling: Markus 15:24

“Toe kruisig hulle Hom en verdeel sy klere onder mekaar deur te loot oor wat elkeen moet kry”

22 Geen been word in Jesus se lyf

gebreek nie

Profesie: Psalm 34:21

“Die Here sorg vir die hele liggaam van die regverdige; geen been word gebreek nie.”

Vervulling: Johannes 19:33; 36

“Toe hulle egter by Jesus kom en sien dat Hy al klaar dood is, het hulle nie sy bene gebreek nie.”

“Dit het gebeur sodat die Skrif vervul kan word: “Geen been van Hom sal gebreek word nie”

Page 12: Web viewmaagd sal swanger word en ‘n seun baar en hom . Immanuel noem ... hulle sal opsien na My vir wie hulle deurboor het, en hulle sal

23

Jesus staan op uit die dood

Profesie: Psalm 16:12 (1933)

“want U sal my siel aan die doderyk nie oorgee nie; U sal nie toelaat dat u gunsgenoot verderwing sien nie”

Vervulling: Matt 28:1-7 (1933)

“En laat na die sabbat toe dit begin lig word, teen die eerste dag van die week, kom Maria Magdalena en die ander Maria om na die graf te gaan kyk. En daar kom ‘n groot aardbeweing, want ‘n engel van die Here het uit die hemel neergedaal en gekom en die steen van die opening weggerol en daarop gaan sit. En sy gedaante was soos weerlig en sy kleding wit soos sneeu. En uit vrees vir hom het die wagte gebewe en soos dooies geword. Maar die engel antwoord en sê vir die vroue: Moenie vrees nie, want ek weet julle soek Jesus wat gekruisig is. Hy is nie hier nie, want Hy het opgestaan soos Hy gesê het. Kom kyk na die plek waar die Here gelê het; en gaan haastig, sê vir die dissipels: Hy het opgestaan uit die dode en gaan voor julle uit na Galiliea. Daar sal julle Hom sien. Kyk, ek het julle dit gesê

24 Jesus vaar op na die hemel

Profesie: Psalm 68:19

“U het krygsgevangenes weggevoer, mense het vir U geskenke gebring, selfs die wat teen U in opstand was. Toe het U opgegaan na die hoogte om daar te woon, Here God!”

Vervulling: Lukas 24:50-51

“Daarna het Hy hulle uit die stad uitgelei tot by Betanië. Daar het Hy sy hande opgehef en hulle geseën. Terwyl Hy hulle seën, het Hy van hulle af weggegaan en is Hy in die hemel opgeneem.”

Page 13: Web viewmaagd sal swanger word en ‘n seun baar en hom . Immanuel noem ... hulle sal opsien na My vir wie hulle deurboor het, en hulle sal

25 Jesus word vir ons gebore

Profesie: Jesaja 9: 5-6

“Vir ons is ‘n Seun gebore, aan ons is ‘n Seun gegee; Hy sal heers, en Hy sal genoem word: Wonderbare Raadsman, Magtige God, Ewige Vader, Vredevors. Sy heerskappy sal uitbrei, en Hy sal vir altyd vrede en voorspoed bring. Hy sal op die troon van Dawid sit en oor sy koninkryk regeer. Hy sal die koninkryk vestig en in stand hou deur reg en geregtigheid, van nou af en vir altyd. Daarvoor sal die onverdeelde trou van die Here die Almagtige sorg”

Vervulling: Lukas 2:11

“Vandag is daar vir julle in die stad van Dawid die Verlosser gebore, Christus die Here!”

Profetiese Kalender:

‘n Profesie bestaan uit goddelike geïnspireerde woorde of geskrifte wat ‘n persoon deur 'n openbaring ontvang van die Heilige Gees. ‘n Profesie mag betrekking hê op die verlede, hede of toekoms. Wanneer ‘n persoon profeteer, spreek of skryf hy dit wat God wil hê hy moet weet, vir sy eie beswil of die beswil van andere.

Hierdie kalender begin op 1 Desember en eindig op 25 Desember. Ons het 25 van die profesieë oor Jesus se geboorte, Sy bediening en Sy kruisiging gevat en dit in 'n a advent kalender omskep. Dit bring jou weer onder die indruk van Wie Jesus is en wat Hy vir ons kom doen het!