· web view: hierdie afdeling van die sillabus is iets wat nie regtig geleer kan word nie, maar...

12
AFRIKAANS HUISTAAL GRAAD 12 SESSIE 3 (LEERDERNOTAS) VISUELE GELETTERDHEID (STROKIES- EN SPOTPRENTE) !LEERDERNOTA : Hierdie afdeling van die sillabus is iets wat nie regtig geleer kan word nie, MAAR moet geoefen word deur baie ou vraestelle deur te werk. Jy kan ook oefen om spotprente te verstaan deur in elke dag se koerant ‘n spotprent te analiseer. AFDELING A: TIPIESE EKSAMENVRAE Vraag 1: 10 minute STROKIESPRENT Bestudeer die onderstaande strokiesprent en beantwoord die vrae wat daarop volg: RAAM 1 RAAM 2 RAAM 3 1.1 Verwys na Neelsie se woorde in RAAM 1. Tot watter slotsom sou jy verwag het moes die pa in RAAM 2 gekom het? (2) 1.2 Die pa se uitroep in RAAM 2 kan op twee betekenisse dui. Noem die twee betekenisse. (2) Bladsy 1 van 12

Upload: lamthien

Post on 25-Sep-2018

225 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1:   · Web view: Hierdie afdeling van die sillabus is iets wat nie regtig geleer kan word nie, MAAR moet geoefen word deur baie ou vraestelle deur te werk. Jy kan ook oefen om spotprente

AFRIKAANS HUISTAAL GRAAD 12 SESSIE 3 (LEERDERNOTAS)

VISUELE GELETTERDHEID (STROKIES- EN SPOTPRENTE)

!LEERDERNOTA: Hierdie afdeling van die sillabus is iets wat nie regtig geleer kan word nie, MAAR moet geoefen word deur baie ou vraestelle deur te werk. Jy kan ook oefen om spotprente te verstaan deur in elke dag se koerant ‘n spotprent te analiseer.

AFDELING A: TIPIESE EKSAMENVRAE

Vraag 1: 10 minute

STROKIESPRENT

Bestudeer die onderstaande strokiesprent en beantwoord die vrae wat daarop volg:

RAAM 1 RAAM 2 RAAM 3

1.1 Verwys na Neelsie se woorde in RAAM 1. Tot watter slotsom sou jy verwag het moes die pa in RAAM 2 gekom het? (2)

1.2 Die pa se uitroep in RAAM 2 kan op twee betekenisse dui. Noem die twee betekenisse. (2)

1.3 Verduidelik hoe die pa se lyftaal in RAAM 2 sy reaksie op die woorde in RAAM 1 oordra. ( 2)

1.4 Hoe dra die uitroep in RAAM 1 by tot die pa se reaksie in RAAM 2? (2)

1.5 Sou jy sê dat Neelsie se woorde in RAAM 3 ‘n voorspelling van die pa se lyftaal in RAAM 2 kon wees? Motiveer (2)

[10]

Bladsy 1 van 9

Page 2:   · Web view: Hierdie afdeling van die sillabus is iets wat nie regtig geleer kan word nie, MAAR moet geoefen word deur baie ou vraestelle deur te werk. Jy kan ook oefen om spotprente

AFRIKAANS HUISTAAL GRAAD 12 SESSIE 3 (LEERDERNOTAS)

WENKE:

Wanneer jy na ‘n strokiesprent kyk, moet jy aandag aan die volgende gee: Die lyftaal van die karakters (Hoe gebruik hulle hul lywe om ‘n sekere

boodskap oor te dra: nie-verbale kommunikasie Gebare (Beweging van die hande) Gesigsuitdrukkings (Lyk hulle hartseer, gelukkig, geïrriteerd, ens.) Verbale kommunikasie (Wat sê die karakters?) Toon (van stem) Agtergrond (Wat is die agtergrond t.o.v. die prente) Skaal (Is een karakter groter as die ander?) Stereotipes en Karrikature (Sien Addisionele Inligting, Afdeling C) Praatborrels (Woorde van karakters) Gedagteborrels (Gedagtes van karakters) Lettergrootte (grootte van letters in teks)

Vraag 2: 10 minute

Lees die onderstaande strokiesprent oor dr. Duncan en sy seun, Jeremy, en beantwoord die vrae.

1.1 Watter liggaamstaal van dr. Duncan in RAAM 1 pas by die woorde wat hy sê?(2) 1.2 Waarom is daar ‘n donker wolk bokant dr. Duncan se kop in RAAM 3? (2)1.3 Wat beteken die tekens in RAAM 1links van dr. Duncan se linkerarm? (2)1.4 Verduidelik die toon van dr. Duncan in RAAM 2 . (2)1.5 Wat word deur die woorde “DOEF! DOEF!” in RAAM 3 oorgedra? (2) [10]

Bladsy 2 van 9

Page 3:   · Web view: Hierdie afdeling van die sillabus is iets wat nie regtig geleer kan word nie, MAAR moet geoefen word deur baie ou vraestelle deur te werk. Jy kan ook oefen om spotprente

AFRIKAANS HUISTAAL GRAAD 12 SESSIE 3 (LEERDERNOTAS)

Vraag 3: Spotprent: 10 minute.

Kyk na die onderstaande spotprent en beantwoord dan die daaropvolgende vrae.

3.1 Wat vertel die pa se gepunte vinger vir jou van sy gemoed? (2) (2) 3.2 Waaruit kan jy aflei dat die seun hom nie veel steur aan wat sy pa sê nie? (2)3.3 Wys op die dubbelsinnigheid van die pa se woorde. (2)3.4 Wys op die verskil in die gesigsuitdrukkings van die twee karakters. (2)3.5 Noem twee dinge wat jy uit die pa se lyftaal kan aflei dat hy baie kwaad is vir sy seun. (2) [10]

Bladsy 3 van 9

Page 4:   · Web view: Hierdie afdeling van die sillabus is iets wat nie regtig geleer kan word nie, MAAR moet geoefen word deur baie ou vraestelle deur te werk. Jy kan ook oefen om spotprente

AFRIKAANS HUISTAAL GRAAD 12 SESSIE 3 (LEERDERNOTAS)

AFDELING B: OPLOSSINGS EN WENKE

Vraag 1

1.1 ‘n Mens sou verwag dat hy baie opgewonde moes wees, maar sy gesigs- uitdrukking sê vir ons dat hy eintlik groot skrik. (2)1.2 Ons sou verwag dat hy baie bly sou wees, maar ook dat hy geskok kan wees. (2)1.3 Sy mond hang oop en sy oë is groot gerek. (2)1.4 Hy kan dit nie glo nie – sy oop mond en gerekte oë beklemtoon dit. (2)1.5 Ja, ons weet mos dat Neelsie dit nooit kan behaal nie. (2) [10]

Vraag 2

2.1 Hy krap sy kop. (2)2.2 Hy is woedend. OF Hy wil vloek. (Let op na swart wolk en die blitse wat daaruit slaan.(Enige aanvaarbare gevolg waartoe die leerders kan kom.) (2) 2.3 Dit is die deuntjie wat uit die selfoon kom. (2) 2.4 Hy is beslis sarkasties en verontwaardig. (2) 2.5 Dit dui op die harde voetstappe van dr. Duncan wat sy woede illustreer. (2) [10]

Vraag 33.1 Hy is baie kwaad en veral verontwaardig. (2) 3.2 Sy gesigsuitdrukking is een van verveling. OF Hy verwerdig hom nie eens om regop te kom nie. OF Hy is ‘n toonbeeld van verveling en niks- doen. (2)3.3 Hy verwys na die “gap”-jaar na matriek wat baie jongmense neem voor- dat hulle begin studeer. Dit kan ook wees dat die pa vir die seun sê dat dat hy nou die gaping (kans) moet nee mom voor sy oë uit te kom. (2)3.4 Die pa se gesig is ‘n toonbeeld van woede, terwyl die seun se gesig wys dat hy hoogs verveeld is en niks doen nie. (2)3.5 Sy wenkbroue trek saam, sy vinger wat deur toe wys en die beweging- strepies voor sy neus wat ’n aanduiding is dat hy sy kop streng beweeg (2) [10]

Bladsy 4 van 9

Page 5:   · Web view: Hierdie afdeling van die sillabus is iets wat nie regtig geleer kan word nie, MAAR moet geoefen word deur baie ou vraestelle deur te werk. Jy kan ook oefen om spotprente

AFRIKAANS HUISTAAL GRAAD 12 SESSIE 3 (LEERDERNOTAS)

AFDELING C: ADDISIONELE INHOUDSNOTAS

Ons lewe in ‘n visuele wêreld, daarom is dit belangrik om visuele kommunikasie en boodskappe te verstaan. Sommige visuele inligting is absoluut noodsaaklik om byvoorbeeld verkeerstekens te verstaan en reg te interpreter. Ander visuele inligting soos strokies- of spotprente is bedoel om ons te laat lag, maar dit gee ook mense die geleentheid om met hul wêreld en sy problem te spot. Elke keer wanneer jy iets sien, moet jy probeer om dit te interpreteer, analiseer en die boodskap te verstaan wat die skrywer of kunstenaar wil oordra.

Wat het jy nodig om na te kyk wanneer jy ‘n spot- of strokiesprent analiseer?

Skenk aandag aan die volgende:

Die lyftaal van die karakters (Hoe gebruik hulle hul lywe om ‘n sekere boodskap oor te dra: nie-verbale kommunikasie

Gebare (Beweging van die hande) Gesigsuitdrukkings (Lyk hulle hartseer, gelukkig, geïrriteerd, ens.) Verbale kommunikasie (Wat sê die karakters?) Toon (van stem) Agtergrond (Wat is die agtergrond t.o.v. die prente) Skaal (Is een karakter groter as die ander?) Stereotipes en Karrikature (Sien Addisionele Inligting, Afdeling C) Praatborrels (Woorde van karakters) Gedagteborrels (Gedagtes van karakters) Lettergrootte (grootte van letters in teks)

‘n Skets (Spotprent) of reeks sketse (Strokiesprent) wat gewoonlik ‘n humoristiese situasie toon.

Strokiesprente word meestal gebruik saam met woorde. Strokiesprentkunstenaars probeer dikwels ‘n politieke boodskap oordra deur

karrikatuur of satire te gebruik.

Strokiesprent / Spotprent

Bladsy 5 van 9

Page 6:   · Web view: Hierdie afdeling van die sillabus is iets wat nie regtig geleer kan word nie, MAAR moet geoefen word deur baie ou vraestelle deur te werk. Jy kan ook oefen om spotprente

AFRIKAANS HUISTAAL GRAAD 12 SESSIE 3 (LEERDERNOTAS)

AFDELING D: HUISWERK

! LET WEL: Maak seker dat jy die vrae binne die toegekende tyd kan beantwoord. As jy vashaak, verwys na óf die addisionele notas (Afdeling C) óf jou klasonderwyser.

Huiswerkvrae: 25 – 30 minute

Vraag 1: Bestudeer die bostaande spotprent en beantwoord die vrae.

1.1 Watter aktuele sosiale “probleem” word hier uitgebeeld? (2)

1.2 Hoe weet jy dit? (2)

1.3 Hoe weet jy dat die twee karakters hulle nie hieraan skuldig maak nie? (2)

1.4 Waarom, dink jy, is die woord “aanvaar” in vetdruk? (2)

Bladsy 6 van 9

Page 7:   · Web view: Hierdie afdeling van die sillabus is iets wat nie regtig geleer kan word nie, MAAR moet geoefen word deur baie ou vraestelle deur te werk. Jy kan ook oefen om spotprente

AFRIKAANS HUISTAAL GRAAD 12 SESSIE 3 (LEERDERNOTAS)

1.5 Hoekom sal baie vrouens hierdie man nie kan aanvaar nie? (2)1.6 Dink jy hierdie vrou aanvaar haar man? Motiveer jou antwoord uit die

prent. (2)

1.7 Verduidelik die gesigsuitdrukking van die vrou. (2)

1.8 Hoekom kan ons sê dat die lyftaal van die diere daarop dui dathulle die reaksie van die vrou vrees? (2)

1.9 Hierdie man is ‘n stereotipe van baie mans. Verduidelik uit die prent. (2)

1.10 Onder watter voorwaarde sal die vrou haar man aanvaar? (2) [20]

Vraag 2: Bestudeer die onderstaande strokiesprent en beantwoord die vrae wat volg:

Bladsy 7 van 9

Page 8:   · Web view: Hierdie afdeling van die sillabus is iets wat nie regtig geleer kan word nie, MAAR moet geoefen word deur baie ou vraestelle deur te werk. Jy kan ook oefen om spotprente

AFRIKAANS HUISTAAL GRAAD 12 SESSIE 3 (LEERDERNOTAS)

Bladsy 8 van 9

Page 9:   · Web view: Hierdie afdeling van die sillabus is iets wat nie regtig geleer kan word nie, MAAR moet geoefen word deur baie ou vraestelle deur te werk. Jy kan ook oefen om spotprente

AFRIKAANS HUISTAAL GRAAD 12 SESSIE 3 (LEERDERNOTAS)

2.1 Wat sê Babsie se lyftaal vir jou van haar verwagtinge van die aand wat voorlê? (2)

2.2 Hoe weet jy dat Ben baie ontsteld is in RAAM 4? Noem TWEE dinge. (2)2.3 In RAAM 8 slaan Babsie haar oë boontoe. Verduidelik waarom. (2)2.4 Verduidelik Ben se gesigsuitdrukking in RAAM 8. (2)2.5 Verduidelik die kelner se reaksie in RAAM 11. (2)

[10]

Bladsy 9 van 9