…  · web viewmens moet nooit met jou rug na die aankomende verkeer toe loop nie. loop so dat jy...

14
Hoofstuk 20: Verkeersreëls fietsryers persone wat fietse ry voetgangers mense wat loop Verkeersreëls vir padgebruikers [ Dit is belangrik om verkeersreëls te ken en te gehoorsaam. [ Almal wat motors bestuur, op fietse ry en stap, moet verkeersreëls gehoorsaam. [ Hierdie reëls is om jou veilig te hou op die pad. Wat om te doen Wat om nie te doen nie Staan op die sypaadjie om in 'n voertuig te klim. Skree en baklei in 'n voertuig. Wag totdat die bestuurder van die voertuig stilhou voordat jy uitklim. Hou aan 'n voertuig vas as jy op jou fiets ry sodat jy saam kan ry. Gebruik 'n veiligheidsgordel. Gooi leë blikkes en skyfiepakkies by 'n voertuig se venster uit. Gaan oor die straat by 'n voetganger-oorgang. Loop met jou rug na aankomende verkeer. Ry agter mekaar en nie langs mekaar as julle 'n groep is wat fietsry. Steek die pad oor wanneer die voetgangers-lig rooi is. Gebruik handseine as jy fietsry. Hardloop oor die pad. Ry op die sypaadjie of 'n paadjie wat spesiaal vir fietsryers gemaak is. Speel speletjies in of naby 'n straat. Hou troeterdiere aan 'n leiband as jy met hulle gaan stap. Sit agter op 'n bakkie.

Upload: others

Post on 14-Oct-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: …  · Web viewMens moet nooit met jou rug na die aankomende verkeer toe loop nie. Loop so dat jy kan sien as daar motors van voor af kom

Hoofstuk 20: Verkeersreëls

fietsryers persone wat fietse ry

voetgangers mense wat loop

Verkeersreëls vir padgebruikers

[ Dit is belangrik om verkeersreëls te ken en te gehoorsaam. [ Almal wat motors bestuur, op fietse ry en stap, moet verkeersreëls

gehoorsaam. [ Hierdie reëls is om jou veilig te hou op die pad.

Wat om te doen Wat om nie te doen nie

Staan op die sypaadjie om in 'n voertuig te klim.

Skree en baklei in 'n voertuig.

Wag totdat die bestuurder van die voertuig stilhou voordat jy uitklim.

Hou aan 'n voertuig vas as jy op jou fiets ry sodat jy saam kan ry.

Gebruik 'n veiligheidsgordel. Gooi leë blikkes en skyfiepakkies by 'n voertuig se venster uit.

Gaan oor die straat by 'n voetganger-oorgang.

Loop met jou rug na aankomende verkeer.

Ry agter mekaar en nie langs mekaar as julle 'n groep is wat fietsry.

Steek die pad oor wanneer die voetgangers-lig rooi is.

Gebruik handseine as jy fietsry. Hardloop oor die pad.

Ry op die sypaadjie of 'n paadjie wat spesiaal vir fietsryers gemaak is.

Speel speletjies in of naby 'n straat.

Hou troeterdiere aan 'n leiband as jy met hulle gaan stap.

Sit agter op 'n bakkie.

Page 2: …  · Web viewMens moet nooit met jou rug na die aankomende verkeer toe loop nie. Loop so dat jy kan sien as daar motors van voor af kom

Hoofstuk 21: Persoonlike en huishoudelike higiëne

higiëne om skoon te wees

dieet wat ons elke dag eet

Higiëne tuis

[ Dit is belangrik om onsself en rondom ons skoon te hou sodat ons gesond kan bly.

[ 'n Tandeborsel, kam, waslap en haarborsel moet net deur een persoon gebruik word om te keer dat kieme versprei.

[ Kieme hou daarvan om op of binne-in plekke te bly wat nie dikwels of gereeld skoongemaak word nie.

[ Asblikke en toilette en badkamers moet gereeld skoongemaak word om te keer dat kieme uitbroei.

Dieet en mondhigiëne

[ Gesonde eetgewoontes is vir almal, veral kinders, belangrik. [ Ons het almal koolhidrate, proteïne, suiwelprodukte, vars vrugte en

groente en water in ons dieet nodig. [ Kinders groei nog en benodig vitamiene en voedingstowwe wat in

hierdie kossoorte aangetref word. [ Baie kinders hou daarvan om lekkers te eet en gaskoeldrank te drink. [ Dit het min heilsaamheid om kinders gesond te hou. [ Te veel lekkers en gaskoeldranke is ook sleg vir die tande. [ Hierdie gaskoeldranke bevat sure en suikers wat afbreek en tandemalje

met verloop van tyd wegvreet, en gaatjies ontstaan. [ Dit kan tot tandpyn en tandvleisinfeksie lei. [ 'n Tandarts kan jou help. [ Dit is belangrik om jou tande elke oggend en elke aand met tandepasta

te borsel. [ Dit sal hulle skoonhou en van kosdeeltjies en bakterieë ontslae raak. [ Dit sal ook keer dat jou asem sleg ruik.

Page 3: …  · Web viewMens moet nooit met jou rug na die aankomende verkeer toe loop nie. Loop so dat jy kan sien as daar motors van voor af kom

Blokkiesraaisel

1[ 3[

1[ 2[

2[

3[

Leidrade:

Af:

1. Om skoon te wees. 2. Mense wat loop na waar hulle wil wees. 3. Lekker en koeldrank het te min heilsaamheid om kinders gesond te hou.

Dwars:

1. Wat ons elke dag eet. 2. Persone wat fietse ry word _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ genoem. 3. _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ moet gehoorsaam word vir ons eie veiligheid.

Page 4: …  · Web viewMens moet nooit met jou rug na die aankomende verkeer toe loop nie. Loop so dat jy kan sien as daar motors van voor af kom

Woordsoek

f g s u i k e r s n g h y b

b g t r t y u g n g t r r a

y s k o o n g e m a a k r k

h t c f r e w h n b g t r t

u g k b g t y o b b g t y e

i b i m l u i o g l k i u r

t a n d e b o r s e l s o i

n e d r k y u s v y b p i e

b d e f k y r a f g q o j e

g f r d e h f a x g w k k w

r g s c r n e m z b s m h s

f v b g s y u i s v b g g d

d k o o l h i d r a t e b c

Leidrade:

1. Dis belangrik om verkeersreëls te ken en te _ _ _ _ _ _ _ _ _ _. 2. Kieme bly op plekke waar daar nie behoorlik _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ word nie. 3. Waslappe, kamme en _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ moet nie gedeel word nie, dit

moet net deur een persoon gebruik word. 4. Gesonde eetgewoontes is veral vir _ _ _ _ _ _ _ belangrik. 5. Ons het _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _, proteïene, suiwelprodukte, vars vrugte en

groente, en water in ons dieet nodig. 6. Jy moet jou tande borsel om van kosdeeltjies en _ _ _ _ _ _ _ _ _ ontslae te

raak. 7. Te veel _ _ _ _ _ _ _ en gaskoeldranke is ook sleg vir tande. 8. Sure en _ _ _ _ _ _ _ in koeldranke sal tandemalje laat wegvreet.

Page 5: …  · Web viewMens moet nooit met jou rug na die aankomende verkeer toe loop nie. Loop so dat jy kan sien as daar motors van voor af kom

Pas Kolom B by Kolom A

Skryf net die LETTER uit Kolom B in die antwoordkolom neer.

Kolom A Antw Kolom B1. dieet A Moet gereeld besoek word sodat

hy jou tande kan ondersoek. 2. higiëne B Moet gehoorsaam word sodat

ons veilig kan bly. 3. fietsryers C Om skoon te wees.

4. voetgangers D Wat ons elke dag eet.

5. verkeersreëls E Kom in koeldrank en lekkers voor. Dit vreet die emalje op jou tande mettertyd weg.

6. vitamiene F Kan weggehou word as jy jou tande gereeld borsel.

7. bakterieë G Persone wat fietse ry.

8. gesonde eetgewoontes H Sluit in koolhidrate, proteïene, suiwelprodukte, vars groente en vrugte en water in.

9. tandarts I Mense wat langs die pad loop.

10. sure en suikers J Kinders het dit nodig omdat hulle nog groei.

Page 6: …  · Web viewMens moet nooit met jou rug na die aankomende verkeer toe loop nie. Loop so dat jy kan sien as daar motors van voor af kom

Waar of Onwaar:

1. Dit is belangrik om verkeersreëls te ken en dit te gehoorsaam.

2. Almal wat motors bestuur of fietsry moet die reëls van die pad gehoorsaam, maar nie voetgangers nie.

3. Jy kan op jou fiets ry en aan 'n motor vashou sodat jy getrek word, dit is groot pret.

4. Mens moet op die sypaadjie wag om in en uit van 'n motor te klim.

5. As jou ma se kar vol papiere en blikkies en leë pakkies is, sal jy raas kry, so gooi dit sommer enige plek by die venster uit.

6. Jy moet altyd die pad oorsteek by 'n voetgangeroorgang.

7. Jy moet altyd 'n veiligheidsgordel dra, behalwe as jy net gou saam met jou pa kafee toe ry.

8. Mens moet nooit met jou rug na die aankomende verkeer toe loop nie. Loop so dat jy kan sien as daar motors van voor af kom.

9. Mens moenie speletjies speel naby of in 'n pad nie.

10. Mens hoef nie te wag tot die motor stilstaan voordat jy uitklim nie, partykeer is mens baie haastig.

Page 7: …  · Web viewMens moet nooit met jou rug na die aankomende verkeer toe loop nie. Loop so dat jy kan sien as daar motors van voor af kom

Vul die ontbrekende woorde in:

1. Dit is belangrik om onsself en rondom ons skoon te hou sodat ons _____ kan bly.

2. _____ hou daarvan om op plekke te bly wat nie dikwels of gereeld skoongemaak word nie.

3. _____ beteken om skoon te wees.

4. Gesonde eetgewoontes is vir almal belangrik, maar veral vir _____ omdat hulle nog groei.

5. Mens het koolhidrate, proteïene, _____, vars groente en vrugte en water in hul dieet nodig.

6. Kinders groei nog en het _____ en voedingstowwe nodig.

7. Koeldrank en lekkers het te min _____ om kinders gesond te hou.

8. Te veel lekkers en gaskoeldrank is ook sleg vir jou _____.

9. As jy te veel lekkers en koeldranke eet en drink sal daar _____ in jou tande kom.

10. As daar gaatjies in jou tande is, sal jy _____ kry en 'n tandarts moet besoek.

Page 8: …  · Web viewMens moet nooit met jou rug na die aankomende verkeer toe loop nie. Loop so dat jy kan sien as daar motors van voor af kom

Vraag en antwoord:

1. a) Wie moet almal verkeersreëls gehoorsaam?

b) Waarom moet hulle gehoorsaam wees aan die reëls?

c) Waarom is dit nie veilig vir passasiers om in 'n voertuig te skree of rond te beweeg nie?

2. a) Waarom moet ons onsself en ons omgewing skoon hou?

3. a) Waarom is gesonde eetgewoontes veral vir kinders belangrik?

b) Noem vyf dinge wat ons in ons dieet nodig het:

c) Waarom is te veel lekkers en gaskoeldrank sleg vir kinders?

d) Te veel lekkers en koeldrank is ook sleg vir jou tande. Wat sal gebeur as jy te veel daarvan inkry?

Page 9: …  · Web viewMens moet nooit met jou rug na die aankomende verkeer toe loop nie. Loop so dat jy kan sien as daar motors van voor af kom