· web view2.telefoon/selfone mag slegs gebruik word met toestemming van personeel en op eie...

10
“Waarheid Wen” is die leuse van Van der Stel, en dit bly ons hoogste strewe Om met word en daad met ons hele hart daardie leuse uit te lewe. Ons skool het ons life en lojaal en getrou sal ons hoog die vaandel hou. Ons sal handhaaf en bou en ons Alma Mater sal ons dien met trots en trou. LAERSKOOL SIMON VAN DER STEL WAAR ELKE KIND BELANGRIK IS

Upload: phungthu

Post on 16-Aug-2019

213 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

“Waarheid Wen” is die leuse van Van der Stel,en dit bly ons hoogste strewe

Om met word en daad met ons hele hartdaardie leuse uit te lewe.

Ons skool het ons life en lojaal en getrousal ons hoog die vaandel hou.

Ons sal handhaaf en bouen ons Alma Mater sal ons dien met trots en trou.

LAERSKOOL SIMON VAN DER STELWAAR ELKE KIND BELANGRIK IS

D. POSITIEWE AANSPORINGSodra ‘n leerder ‘n kombinasie van 20 positiewe punte behaal, word sy/haar kaart op Donderdae deur die klasonderwyser kantoor toe gestuur en word die volgende belonings aangebied.

1. ‘n Merietesertifikaat tydens ‘n saalbyeenkoms op Maandae.2. Diegene wat bogenoemde op Maandae ontvang het, mag op Vrydae gewone

klere aantrek. Indien daar op Vrydae algemene “Civviedag” is of publieke

vakansiedae is, word gewone klere op Donderdae aangetrek. Tydens die

laaste week van ‘n kwartaal, word die sertifikate tydens die Vrydag se saalby-

eenkoms uitgereik en op Woensdae gewone klere aangetrek, aangesien die

dag voor die skool sluit gewoonlik op Donderdae val en dié dae gewoonlik

algemene “Civviedae” is.

Hierdie belonings word aangebied sodat dié leerders kan uitstaan, hul selfvertroue kan ontwikkel, die genot van die belonings kan ervaar en om ander leerders aan te spoor en te motiveer.

Die volgende belongins word ook aangebied:1. ‘n Spesiale geskenk soos byvoorbeeld ‘n sleutelhouer saam met ‘n vierde sertifikaat.2. ‘n Groter geskenk soos byvoorbeeld ‘n geskenkbewys van Red Hawk

Spur met ‘n agste sertifikaat.

E. AFSLUITINGDié stelsel word konsekwent toegepas en die klem val uitsluitlik op die positiewe. Dit word bewys deur die feit dat daar sommige dae nie detensieklasse is nie, aangesien daar nie leerders is wat daarvoor gekwalifiseer het nie. Die kere wat die klasse wel gehou word, is daar net enkele leerders wat dit moet bywoon. Heelwat sertifikate word egter weekliks uitgereik.

Handhawing van goeie dissipline bly ‘n spanpoging tussen kinders, ouers en onderwysers.

Baie dankie vir u samewerking in dié verband en sterkte met die verantwoordelike taak.

DISSIPLINEKAART

A. DOELDie doel van die stelsel is eerstens om leerders aan te moedig om voortdurend hul bes te lewer en gevolglik hul volle potensiaal te verwesenlik. Om hierdie doel te bereik word die POSITIEWE kant aangewend en die leerders word op verskeie maniere beloon.

Tweedens kan sekere leemtes in die leerders se mondering identifiseer word sodat die leemtes aangespreek kan word en sodoende uitgeskakel kan word. Hiervoor word die NEGATIEWE kant aangewend.

Die klem word eerder op die positiewe aansporing gelê om sodoende goeie dissipline te kweek wat sal lei tot die uiteindelik doel, naamlik selfdissipline.

B. HOE WERK DIE STELSEL?Aan die begin van die jaar of met inskrywing ontvang elke leerder (uitsluitend Graad O en R-leerders) ‘n kaart wat daagliks in sy/haar besit moet wees. Na gelang van die positiewe aansporing of oortreding kan ‘n onderwyser op ‘n blokkie parafeer. Daar sal slegs vir herhaalde oortredings op die negatiewe kant parafeer word en nie vir eerste oortredings nie. Die klem val op die positiewe kant. Gebeure by die Nasorg word ook in ag geneem.

Indien ‘n leerder ‘n kaart verloor, word ‘n R5.00 boete gehef. ‘n Nuwe kaart word dan aan die betrokke leerder uitgereik en -5 word daarop aangedui. Sodoende kan die leerders verantwoordelikheid aanleer.

C. DETENSIEDetensieklasse word deur personeellede waargeneem en vind plaas op Maandae vanaf 14:30 tot 15:45. Sodra ‘n leerder drie Maandae detensie bygewon het, moet hy/sy ook op ‘n Vrydag vanaf 13:30 tot 15:30 die detensieklas bywoon. Die Maandae detensie vind weekliks plaas en die Vrydae detensie vind ten minste twee maal per kwartaal plaas. Die lokale wat gebruik word is die betrokke leerkrag wat aan diens is se klas, tensy anders aangekondig.

Die volgende kriteria geld vir detensie:1. Sodra ‘n leerder drie negatiewe inskrywings op sy/haar kaart het. Let daarop dat positiew

Inskrywings negatiewe inskrywings kan kanselleer.2. Sodra ‘n leerder doelbewus ‘n klas ontwrig.3. Wangedrag tydens ‘n saalbyeenkoms.4. Ander ernstige oortredings soos diefstal, leuens, ens.

Die detensieregister word elke Woensdag sirkuleer. Diegene wat kwalifiseer vir detensie sal briewe ontvang van die betrokke klasonderwyser. Hierdie briewe moet deur die ouers geteken word en op Donderdae by die klasonderwysers ingehandig word. Indien die briewe op Vrydae nog nie ingehandig is nie, sal die klasonderwysers die ouers telefonies van die detensie verwittig.

SKOOLDRAG

DOGTERSSwart rompie - Somer en winterWit kortmou hemp met sakwapen - SomerWit langmou hemp - WinterSkooldas - WinterSwart skoene - Somer en winterWit enkelsokkies - SomerSwart kouse - WinterAmptelike Skooltrui (met geborduurde wapen) - SomerAmptelike Windjakkie (met geborduurde wapen)- Winter

SEUNSKort of lang grys broek - Somer en/of winterWit kortmou hemp met sakwapen - SomerWit langmou hemp - WinterSkooldas - WinterSwart skoene - Somer en winterGrys, lang sokkies - Somer en winterAmptelike Skooltrui (met geborduurde wapen) - SomerAmptelike Windjakkie (met geborduurde wapen)- Winter

SPORTDRAGSportdrag is verpligtend wanneer leerders die skool vir sportbyeenkomste verteenwoordig.

SEUNS & DOGTERSSkoolsweetpak - Somer en winterKort- of langmou T-hemp met skool logo op - Somer en winterNetjiese sportskoene (wit, swart of grys oorwegend) - Somer en winterWit, swart of grys sokkies (bo die enkel) - Somer en winter

DOGTERS SEUNSSkool kortbroek/rompie (“skorts”) Swart kortbroekSwart swembroek Kort swart swembroekOranje swempet Oranje swempetOu oefenklere Ou oefenklere

Die volgende mag ook gedra word:Slegs swart haarbykomstighede sonder versierings.Skoolserp of swart serp & swart handskoene, swart mus met skoolwapen.

ALGEMENE REëLS T.O.V. SKOOLDRAG

1. Verpligte skooldragreëls moet stiptelik nagevolg word.2. ALLE kledingstukke moet behoorlik gemerk wees met die leerder se naam en van (nie

net voorletters nie!). Items wat gevind word en nie behoorlik gemerk is nie, sal verkoop word.

3. Let veral op die volgende:Skoon skoene en kort, skoon naelsHemde mag nie uithang nieDasse moet behoorlik geknoop wordGeen juwele nie – slegs oorknoppies of klein ringetjies (goud/silwer) word vir dogters toegelaat

4. Hare: Seuns se ore moet oop wees en hare mag nie oor die kraag hang nie of in die oë

hang nie. Dogters se hare word vasgebind of gevleg as dit lank genoeg is. Slegs swart

balletjies, linte of “scrunches” word toegelaat. Hare mag nie gekleur word nie.5. Lapelwapens: Slegs dié wat deur die skool voorsien en

goedgekeur word mag gedra word.6. Die dra van amptelike skooldrag is verpligtend tydens uitstappies en sportdae.

7. Sport: Leerders verlaat die skoolterrein met ‘n skoolsweetpak of volledige skooldrag,

behalwe leerders wat die terrein per privaat motor verlaat.8. Geen leerder word op die tennisbane toegelaat sonder toestemming nie. Sportskoene is

‘n vereiste.9. Geen gekleurde T-hemde of T-hemde met slagspreuke word onder skoolhemde en sweet-

pakke toegelaat nie. Slegs amptelike skool T-hemde, wit frokkies en skoon, wit/swart

T-hemde is toelaatbaar.

RIGLYNE T.O.V. KLEREDRAG OP “ CIVVIE ” -DAE EN VERJAARSDAE Omdat ons graag wil hê dat leerders op hulle verjaarsdae spesiaal moet voel, kry hulle die vergunning om in gewone klere skool toe te mag kom. Die idee is verder dat hulle opvallend sal wees en dat almal sal weet dat hulle verjaar en hulle kan gelukwens. Klem word egter gelê op netjiese, smaakvolle drag.1. Langbroeke en kniebroeke word toegelaat vir dogters, maar spanbroeke moet met ‘n lang

bo-stuk gedra word.2. Mini’s – nie korter as die helfte van die bobeen lengte nie (staande).3. Leerders mag juweliersware dra – seuns geen ringe of oorringe.4. Hare mag nie in die oë hang nie. Haarbykomstighede word toegelaat.5. Geen grimering of naelpolitoer word toegelaat nie.6. Seuns word toegelaat om kniebroeke en T-hemde te dra. Moulose T-hemde word

toegelaat, maar nie die wyd uitgesnyde frokkie-tipe nie.7. Geen geskeurde of uitgerafelde broeke is aanvaarbaar nie.8. Netjiese sweetpakke word toegelaat.9. Kaalvoete en plakkies word toegelaat.10. Halternekke en spaghetti bandjies is toelaatbaar vir dogters, maar bo-stukke moet voor en

agter ten volle bedek.

5. Geen plakkers en/of slagspreuke van enige aard word op sakke en boeke toegelaat nie.6. Sportoefeninge moet getrou bygewoon word. Verskonings moet

skriftelik of telefonies by die betrokke opvoerder gemaak word. Geen boodskappe sal aanvaar word nie.

7. Na afwesigheid moet leerders ‘n verskoningsbrief/doktersertifikaat by die opvoerder inhandig.

EKSAMENREëLS

1. Bepaal te alle tye jou aandag by jou eie werk.2. Gebruik jou eie skryfbehoeftes.3. Geen geselsery nie, veral nie as jy jou antwoordstel het nie.4. Alle vraestelle word ook ingehandig – moenie daarop krap nie.5. Kyk te alle tye voor jou.6. Geen modules of enige ander skoolwerk mag op jou bank wees terwyl jy nog in besit van

jou antwoordstel is nie.7. Steek jou hand op indien jy iets wil vra.8. Daar word onder geen omstandighede in die lokaal geëet nie.9. Niemand mag voor en na skool of tydens pouses in die lokaal wees nie.10. Hou die gedeelte rondom jou bank skoon.11. Tree soggens in die rye aan soos normaalweg en kom by die linkerkantste deur in en uit

(graad 5-7 wat in saal skryf).12. Maak seker dat jy voor skool of tydens pouses toilet toe gaan. Jy mag slegs in uitsonderlike

gevalle die eksamenlokaal verlaat.13. Daar word nie in die lokaar rondgeloop nie.14. Die personeel se opdragte word te alle tye uitgevoer.15. Selfone mag onder geen omstandighede in die lokaal gebruik word nie.16. Indien enige iemand tydens die eksamentyd afwesig is, moet ‘n mediese sertifikaat

ingehandig word.

NASORGREëLS

1. Nasorgleerders mag glad nie in die toilette speel nie en ook nie op die mure skryf nie.2. Mag nie die skoolterrein verlaat gedurende nasorgtye nie,

tensy deur ‘n volwassene vergesel.3. Ten alle tye moet al die nasorgleerders aan die binnekant van die hek wees.

4. Leerders wat nie in die nasorg is nie, moet aan die buitekant van die hek, by die boom wag.

hierdie leerders mag ook nie op die rugbyveld speel nadat hulle verdaag het nie.

NB: Alle skoolreëls is ook van toepassing op die Nasorg.

BOEKE1. Geen gekrappery in boeke word toegelaat nie.2. Daarin word alleenlik met potlood onderstreep.3. Alle boeke moet te alle tye met respek behandel word.4. Geen boeke word na skool onder die banke gelos nie.

DISSIPLINE1. Hande word opgesteek – antwoorde word nie uitgeskreeu en die vingers geklap nie.2. Geen rondlopery in die klas nie. Vra opvoerders se toestemming voor hulle hul sitplek

mag verlaat.3. Absolute stilte moet in klasse heers en leerders mag nie sonder volwasse toesig gelaat

word nie.4. Besoeke aan die toilette tussen pouses geskied alleenlik volgens die gesonde oordeel van

opvoerders. Toilette word gedurende pouses besoek.5. Wanneer ‘n besoeker of ander opvoerder in die klas inkom, staan die leerders soos een op,

gaan sit onmiddellik en gaan stil aan met hul werk.6. Wanneer die klas as ‘n geheel die lokaal verlaat, stap dan netjies

en flink onder toesig van die opvoerder.7. Geen uitveërs, potlode, Tipp-Ex, ens. mag in die klas rondgegooi word nie.8. Leerders word gedurende klastyd slegs by hoë uitsondering rondgestuur.

Beslis nie in pare nie!9. Kougom is verbode.10. Geen gevaarlike artikels of speelgoed mag skool toe gebring word nie.11. Fisiese kontak soos bv. stamp, pootjie, slaan ens. is verbode.

12. Geen leerder het die reg om ‘n klas te ontwrig tydens onderrigtyd nie.

HOFLIKHEID1. Volwassenes en dogters stap altyd eerste.2. Groet altyd en wees vriendelik. Behandel mekaar met respek.

ORDEREëLS1. Leerders moet betyds opdaag vir skool. Indien ‘n leerder laat

opdaag moet hy/sy by die kantoor aanmeld. Om enige misverstand uit die weg te ruim, is dit raadsaam dat leerders 10 minute voor die tyd by die skool is.

2. Telefoon/selfone mag slegs gebruik word met toestemming van personeel en op eie risiko skool toe gebring.

3. Leerders moet liefs nie waardevolle artikels skool toe bring nie, veral nie groot bedrae geld nie. (Skoolgelde uitgesluit)

4. Leerders se klere moet duidelik gemerk wees sodat verlore kledingstukke teruggegee kan word. Die skool aanvaar geen verantwoordelikheid vir goedere wat nie gevind kan word nie.

HUISHOUDELIKE REëLS

RYE EN GANGE1. Vlagparade (Vrydae) – personeel aan diens neem leiding. Leerders

staan op aandag! Rye te alle tye reguit en netjies.2. Bevele van leerderleiers moet gehoorsaam word.3. Geen laatkommery by rye word geduld nie.4. Elke leerderleier vergesel klas aan hom/haar toegeken tot by die

klaskamer en hou toesig tot onderwyser opdaag.5. Geen gesels en hardlopery word toegelaat nie.6. Stap altyd aan die linkerkant van trappe en gange en hou tasse weg van die mure.7. Absolute stilte moet heers na die aantreeklok gelui het.8. Voor sportperiodes tree leerders in rye aan.

SKOOLTERREIN1. Geen vervoermiddels met wiele mag deur leerders gebruik word nie.2. Bal- en hardloopspeletjies net toegelaat op rugbyved, behalwe netbal.3. Geen boomklimmery, ryery op drade en hekke word toegelaat nie.

4. Niemand word by die swembad toegelaat sonder toesig van ‘n volwassene nie.5. Geen spelery word naby of in die kanaal toegelaat nie.6. Geen spelery op skrummasjien of toutrekapparaat nie.7. Geen papiere of kos word rondgestooi nie.8. Geen spelery word in die vierkant by die saal, rondom motors (agter

rooi lyn) en fietse toegelaat nie.9. Gedurende skooltyd word skoolterrein nie verlaat sonder

toestemming van die skoolhoof nie. Speelterrein op die veld strek tot by die toutrekapparaat.

10. Alle gevaarlike speletjies en speelgoed word verbied.11. Geen onwelvoeglike taal en leesstof word op die skoolterrein toegelaat nie.12. Algehele vrystelling van sport word alleenlik toegelaat met die nodige doktersertifikaat.13. Daar word nooit in die eiendom van ander persone gekrap nie.14. Enige klagtes gedurende pouses moet by die diensdoenende opvoerder aangemeld word.15. Geen ongemagtigde toegang tot die skoolterrein word toegelaat nie.16. Wees te alle tye beleefd teenoor besoekers en wys hul die weg na die kantoor.

ELEKTRONIESE HEK1. Geen lyne word aan albei kante van die motorhek geverf en geen

persoon mag te enige tyd in heirdie gebied vertoef nie, maar mag slegs as deurgang gebruik word. Leerders moet gebruik maak van die voetgangerhek.

2. Leerders word om die sirkel op- en afgelaai en geen voertuie, behalwe dié van personeel en ander persone met spesifieke reëlings, word op die speelterrein toegelaat nie. Soggens tussen 07:00 en 08:00 sal die motorhek oop wees en die ketting in gebruik wees. Hierdie reëling is ingestel sodat die hek nie gedurig oop en toe moet gaan terwyl die personeel soggens inkom nie.

3. Op reëndae sal die motorhek oop wees tydens die op- en aflaaitye sodat voertuie kan inry tot op die skoolterrein.

4. Tydens die verskillende verdaagtye van die leerders, sal die voetgangershek oop wees.5. Die motorhek sal dus deur die loop van die dag, insluitende nasorgtye toe wees.6. ‘n Interkom is by die hek aangebring om toegang deur die dag

vanaf die kantoor te beheer. Nasorgleerders verdaag deur die

voetgangershek en word ook by die sirkel opgetel.7. Na skoolure word slegs die nasorgleerders aan die binnekant

toegelaat. Diegene wat nie in die Nasorg is nie en ook nie van openbare vervoer gebruik maak nie, moet by die sirkel wag om opgelaai te word.

BUSSEDie volgende reëls geld vir die skoolbus, gehuurde busse en publieke busse.1. Geen uitleunery by vensters nie.2. Geen aanmerkings op publiek nie.3. Geen vuiltaal word toegelaat nie.4. Spuug en die gooi van enige voorwerp by vensters uit, word nie toegelaat nie.5. Na gebruik moet bus skoon gelaat word.

SKOOLGEBOUE1. Geen leerder word voor en na skool of gedurende pouses in die

gebou of klaskamers toegelaat nie, behalwe leerders wat spesiale toestemming het en leerders wat gedurende pouse die biblioteek besoek.

2. Op reëndae gaan leerders direk na hul klasse toe en hulle bly daar onder toesig van ‘n opvoerder. Leerderraad doen diens in gange.

3. Geen krappery en skrywery word op skryfborde, banke, mure en trapleunings en deure toegelaat nie.

4. Skoolgebou moet te alle tye netjies gehou word.5. Geen leerder word in die saal toegelaat sonder toesig nie.6. Geen etery word in die skoolgebou toegelaat nie, behalwe met toestemming.7. Leerders gebruik slegs leerders se in- en uitgange en nie die hoofingang nie!

TOILETTE EN KLEEDKAMERS1. Geen deurloop deur toilette word toegelaat nie.2. Geen drink- en eetgoed word in die toilette en kleedkamers toegelaat nie.3. Geen gesittery, hardlopery en spelery in toilette en kleedkamers is toelaatbaar nie.4. Kleedkamer- en toiletreëls moet te alle tye gehoorsaam word.5. Leerders gebruik slegs die onderste toilette.6. Geen gekrap op mure of deure word toegelaat nie.

TOILETREëLSSeuns: 1. Staan op trap voor krip.

2. Geen stukkend trap van reukblokkies word toegelaat nie.3. Toiletsitplekke word nie gebruik om op te staan nie.4. Alleenlik toiletpapier word in die spoelbak gegooi.5. Gebruik toiletpapier spaarsaam.6. Slegs een kind per toilethokkie word toegelaat.7. WAS JOU HANDE na gebruik van die toilet.

Dogters: 1. Toiletsitplekke word nie gebruik om op te staan nie.2. Alleenlik toiletpapier

word in die spoelbak gegooi.3. Gebruik toiletpapier

spaarsaam.4. Slegs een kind per

toilethokkie word toegelaat.5. Slegs senior dogters

gebruik die senior toilette vir dogters.6. Gebruik asseblief die

sanitêre drommetjie wanneer nodig.7. WAS JOU HANDE na

gebruik van die toilet.

VEILIGHEIDSREëLSLeerders mag nie…………1. Bane kalk nie.2. Elektriese apparaat herstel of daarmee peuter nie.3. Gloeilampe of buisligte vervang nie.4. Op verlengingskoorde trap of daarteen skop nie.5. ‘n Guillotine gebruik nie.6. Sonder toesig in ‘n snoepie of verkoopstalletjie werk waar ‘n yskas of stoof is nie.7. Stoele onder maats uitruk of wegruk as hulle wil gaan sit nie.8. Met ‘n grassnyer of randsnyer werk nie of naby ‘n persoon wat daarmee werk, speel nie.9. Vuurhoutjies of aanstekers skool toe bring nie.10. Klappers, slagdoppies of lonte skool toe bring nie.11. Enige skerp voorwerp, messe of sakmesse skool toe bring nie.12. Op of naby die skool se tuinafval speel nie.13. Op die skoolterrein klip gooi nie.14. Op die skoolterrein baklei nie.15. Ander leerders pootjie nie.

16. Honde of enige ander diere skool toe bring sonder toestemming nie.17. In die kanaal speel nie.

REëLS EN GEBRUIKE IN KLASSENETHEID1. Geen geskryf/krap op banke nie.2. Koffers altyd netjies in ‘n ry langs die banke. Geen sportsakke onder

banke nie. In die Grondslagfase klasse geld die opvoerders se eie persoonlike reëls.

3. Hou die vloer en veral die area rondom die snippermandjie skoon. Geen papiere op vloer of onder banke nie.

4. Leerders het nie die reg om op die borde te skryf nie, tensy hul deur ‘n opvoerder aangesê is.5. Tuiswerkboeke/Boodskapboeke moet daagliks op datum gehou word.