bishopsafrikaans.weebly.combishopsafrikaans.weebly.com/uploads/1/2/9/7/...1_.docx  · web view7.3...

10
GRAAD 11 HERSIENINGSVRAESTEL AFDELING A: BEGRIPSTOETS VRAAG 1 Lees die volgende uittreksel wat verkort en verwerk is uit Huisgenoot 24 Maart 2016 en beantwoord dan die vrae wat daarop volg. ‘N DIGITALE DETOKS VIR JOU? Dit is die verslawingshulp van die 21ste eeu: om in ‘n rehabilitasiesentrum te gaan ‘uitdroog’ van jou sosiale mediaverslawing. (deur JAQUES MYBURGH) 1 Hy sit kruisbeen, sy lyf snaarstyf gespanne, en vryf sy hande senuweeagtig teen mekaar. 2 Dan kom die bekentenis: “Ek het ‘n obsessie met my iPhone.” Hy sê dit soos iemand wat ‘n drank-of dwelmprobleem bely. (to admit) 3 Dié 33-jarige Johannesburger is inderdaad ‘n verslaafde. Net soos ‘n alkoholis wat moet “uitdroog” of ‘n dwelmverslaafde wat sonder sy opkikker moet leer klaarkom, het hy hom kom afsonder by ‘n rehabilitasiesentrum in Kenilworth, Kaapstad. 4 Hy verkies om anoniem te bly en kies self sy skuilnaam: Rio. Hy sê dit het gevoel net soos toe sy hoërskoolliefde met hom uitgemaak het: toe hulle sy foon wou wegneem. 5 Voor Rio hier opgeneem is, kon hy sy selfoon vir geen oomblik uitlos nie. Hy het

Upload: vuongthien

Post on 14-Sep-2018

228 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: bishopsafrikaans.weebly.combishopsafrikaans.weebly.com/uploads/1/2/9/7/...1_.docx  · Web view7.3 Wat is jou reaksie wanneer jou foon van jou weggeneem word? Voel jy . angstig, ervaar

GRAAD 11 HERSIENINGSVRAESTEL

AFDELING A: BEGRIPSTOETS

VRAAG 1

Lees die volgende uittreksel wat verkort en verwerk is uit Huisgenoot 24 Maart 2016 en beantwoord dan die vrae wat daarop volg.

‘N DIGITALE DETOKS VIR JOU?

Dit is die verslawingshulp van die 21ste eeu: om in ‘n rehabilitasiesentrum te gaan ‘uitdroog’ van jou sosiale mediaverslawing. (deur JAQUES MYBURGH)

1 Hy sit kruisbeen, sy lyf snaarstyf gespanne, en vryf sy hande senuweeagtig teen mekaar.

2 Dan kom die bekentenis: “Ek het ‘n obsessie met my iPhone.” Hy sê dit soos iemand wat ‘n drank-of dwelmprobleem bely. (to admit)

3 Dié 33-jarige Johannesburger is inderdaad ‘n verslaafde. Net soos ‘n alkoholis wat moet “uitdroog” of ‘n dwelmverslaafde wat sonder sy opkikker moet leer klaarkom, het hy hom kom afsonder by ‘n rehabilitasiesentrum in Kenilworth, Kaapstad.

4 Hy verkies om anoniem te bly en kies self sy skuilnaam: Rio. Hy sê dit het gevoel net soos toe sy hoërskoolliefde met hom uitgemaak het: toe hulle sy foon wou wegneem.

5 Voor Rio hier opgeneem is, kon hy sy selfoon vir geen oomblik uitlos nie. Hy het dit geniet as sy meisie hom tot 80 keer per dag bel om te hoor hoe dit gaan. Hy het sy foon ook snags gebruik om op Facebook te gaan. Selfs na twee weke in rehabilitasie, soek hy nog kort-kort na sy foon in sy broeksak.

6 Rio ly aan digitale verslawing. Dié toestand word ‘n groter probleem wat oor die hele wêreld ervaar word. In China en Europa is daar klinieke met spesiale programme, maar in Suid-Afrika is dit nog ‘n nuwe veld.

7 Daar is sekere gevaartekens waarna ‘n mens kan oplet om te bepaal of jy verslaaf aan jou foon, sosiale media of die internet is. Vra jouself die volgende vrae:

7.1 Hoe maklik gee jy toe aan ’n sekere aktiwiteit?7.2 Hoeveel tyd spandeer jy op sosiale media soos Facebook?7.3 Wat is jou reaksie wanneer jou foon van jou weggeneem word? Voel jy angstig, ervaar jy onttrekking en ly jy aan slapeloosheid?7.4 Het jy probeer ophou en misluk?7.5 Doen jy hierdie aktiwiteit skelm?

Page 2: bishopsafrikaans.weebly.combishopsafrikaans.weebly.com/uploads/1/2/9/7/...1_.docx  · Web view7.3 Wat is jou reaksie wanneer jou foon van jou weggeneem word? Voel jy . angstig, ervaar

7.6 Probeer jy deur hierdie aktiwiteit van die werklikheid ontsnap?

8 As jou antwoord positief op die meeste van hierdie vrae is, moet daar gevaarligte vir jou flikker. Daar is egter maniere waarop jy sélf kan stop voor jy rehabilitasie nodig het. So kan jy vir jouself perke stel:

8.1 Laai die gratis app PAUSE af en stel ‘n rooster op wanneer jou foon na vliegtuigmodus moet oorgaan. Die sein en data word dan vir ‘n ruk afgeskakel. In hierdie tyd moet jy jou aandag op jou gesin en die werklikheid rondom jou bepaal.8.2 Kry ’n gewone horlosie of wekker om jou wakker te maak, dan word jy nie verlei om dadelik jou foon te gebruik nie.8.3 Skakel jou foon se data af voor jy gaan slaap. Hou egter jou sein aan sodat iemand jou kan bel as daar ‘n noodgeval is.

(460 woorde)

1.1 Verduidelik in jou eie woorde wat met die woorde “DETOKS” in die titel bedoel word. (1)

1.2 ‘n Mens kan tog nie regtig uitgedroog word van jou foon nie. Hoe moet die leser die metafoor dat die rehabilitasiesentrum jou gaan “uitdroog” van jou foon verstaan? (Kyk ook na par 3) (1)

1.3 Watter EEN ooreenkoms is daar tussen drank- en dwelmverslawing en digitaleverslawing volgens paragraaf 2? (1)

1.4 Waarom, dink jy, wil die spreker anoniem bly? (1)

1.5 Noem EEN van die dinge wat vir Rio gewys het dat hy ‘n probleem met digitale verslawing het. (1)

1.6 Lees weer paragraaf 7. Kies en skryf dan net die regte nommer (7.1 – 7.6) wat by die volgende vrae pas, neer:

1.6.1 Jy vertel vir niemand van jou aktiwiteit nie. (1) 1.6.2 Jy voel nie goed wanneer jy nie die aktiwiteit kan doen nie. (1)

1.6.3 Jy het al meer as een keer probeer stop en gefaal. (1)

1.7 Sê of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is en motiveer elke keer jou antwoord:

1.7.1 ‘n Mens kan self jou verslawing beheer. (2) 1.7.2 As jy jou foon se data afskakel, gaan die sein outomaties af. (2)

1.8 Skryf slegs EEN woord neer wat bewys dat ‘n mens nie vir die toepassing, PAUSE, hoef te betaal nie. (1)

Page 3: bishopsafrikaans.weebly.combishopsafrikaans.weebly.com/uploads/1/2/9/7/...1_.docx  · Web view7.3 Wat is jou reaksie wanneer jou foon van jou weggeneem word? Voel jy . angstig, ervaar

[13]

VRAAG 2

Bestudeer die volgende spotprent en beantwoord die vrae wat daarop volg:

2.1 Aan watter tipe verslawing ly hierdie rugbyspan? (1)

2.2 Die rugbyspeler wat ‘n drie druk, neem ‘n selfie. Wat is ‘n selfie? (1)

2.3 Verduidelik presies wat die kat onder in die regterkantse hoek gaan doen wanneer hy sê dat hy vir Allister gaan whatsapp. (2)

2.4 Gee twee bewyse uit die spotprent dat die afrigter baie kwaad is. (2)

2.5 Hierdie spotprent is gebaseer op ‘n berig wat in ’n koerant verskyn het. Skryf slegs die naam van die koerant neer. (1)

2.6 Gee twee bewyse uit die spotprent dat hierdie span nie ‘n wedstryd speel nie, maar met ‘n oefening besig is. (2)

2.7 Hoe kan die afrigter seker maak dat sy span nie weer hierdie fout maak nie en dat hulle in die toekoms beter sal speel? (1)

2.8 Waarom, behalwe dat hulle op hul selfone besig is, neem die twee mans in die linkerhoek, nie aan die oefening deel nie? (1)

Page 4: bishopsafrikaans.weebly.combishopsafrikaans.weebly.com/uploads/1/2/9/7/...1_.docx  · Web view7.3 Wat is jou reaksie wanneer jou foon van jou weggeneem word? Voel jy . angstig, ervaar

[11]VRAAG 3

Bestudeer die onderstaande advertensies en beantwoord die vrae wat daarop volg:

3.1 Skryf die name van ten minste twee vervaardigers neer. (2)

3.2 Verduidelik in jou eie woorde wat met ‘n kontrak van 24 maande bedoel word. (2)

3.3 Hierdie advertensie maak nie melding van wifi of lugtydbondels of selfs internettoegang nie. Wat is dus die enigste twee maniere waarop ‘n mens op hierdie selfone sou kon kommunikeer ? (1)

3.4 Waarom is selfoon nommer 3, volgens die advertensie, soveel duurder as die ander twee selfone wat geadverteer word? (1)

[6]

[AFDELING A: 30 PUNTE]

Page 5: bishopsafrikaans.weebly.combishopsafrikaans.weebly.com/uploads/1/2/9/7/...1_.docx  · Web view7.3 Wat is jou reaksie wanneer jou foon van jou weggeneem word? Voel jy . angstig, ervaar

TAALHERSIENINGVRAAG 8 SINSTRUKTURE

Bestudeer die strokiesprent hieronder. Herskryf die sinne soos aangedui.

8.1 Ben sê: “Ek mag nie my hand gebruik om mee te skryf nie.”

Ben sê dat … (1)

8.2 Neelsie doen harsingskudding op. Hulle neem hom na die hospitaal.

Nadat … (1)

8.3 Meester is baie kwaad vir die twee seuns wat nie wil werk nie.

Verlede week … (2)

8.4 Die res van die kinders werk baie hard in die klas.

8.4.1 Die res van die kinders behoort … (1)

8.4.2 Die res van die kinders hoef … (1)

8.5 Die seuns het elke Maandag stelskoppe op die veld geoefen.

Stelskoppe … (1)

8.6 Doen Neelsie altyd sy huiswerk baie volledig?

Nee, … (1)

8.7 Ben se hand is tydens die oefening beseer. Ben kan steeds skryf.

Al… (1)

8.8 Neelsie en Ben dink verskonings uit omdat hulle nie hul werk wil doen nie.

Aangesien… (1)

8.9 Die kinders skree en lag terwyl Meneer met die twee seuns raas.

Gister … (1)

8.10 Neelsie het kwaai hoofpyn as gevolg van die kopbesering gehad.

Môre… (1)

Page 6: bishopsafrikaans.weebly.combishopsafrikaans.weebly.com/uploads/1/2/9/7/...1_.docx  · Web view7.3 Wat is jou reaksie wanneer jou foon van jou weggeneem word? Voel jy . angstig, ervaar

[12]

VRAAG 9 WOORDSTRUKTURE

Lees die paragrawe wat op die spotprent hieronder gebaseer is. Doen elke keer wat tussen hakies gevra word. Skryf die nommer en die korrekte antwoord neer.

Page 7: bishopsafrikaans.weebly.combishopsafrikaans.weebly.com/uploads/1/2/9/7/...1_.docx  · Web view7.3 Wat is jou reaksie wanneer jou foon van jou weggeneem word? Voel jy . angstig, ervaar

[Bron: Beeld, 9/02/16]

Die vrou is baie 9.1. (gëirriteerd / geïrriteerd - kies die korrekte spelling) omdat haar man rustig ontspan terwyl sy moet huiswerk doen. Sy het óók die dag 9.2. (hard – gee die intensiewe vorm) gewerk. Sy voel dat sy ‘n moderne vrou is wat in die 9.3. (21ste – skryf die syfer voluit) 9.4. (century – gee die korrekte Afrikaanse woord) leef waar mans en vrouens gelyke regte behoort te hê.

Sy gaan 9.5. (elke dag – gee slegs een woord) uit om te werk en voel dat sy ook ‘n ruskans verdien. Dit is reeds 9.6. (19h00 – skryf die tyd voluit) en die klein 9.7. (baba – gee die korrekte vorm) moet gebad word en al die kleuter se 9.8. (speelding – gee die meervoudsvorm) moet gebêre word.

9.9. (I.p.v. – skryf die afkorting uit) help, lê die man op sy rug en lees die 9.10 (newspaper – gee die Afrikaanse woord). Hy is 9.11 (nie + bewus – gee die korrekte vorm van die woord) van haar frustrasie. Indien hy 9.12. (baie – gee vergrotende trap) sensitief was, sou hy sy vrou 9.13 (gehelp/gehulp – kies die korrekte woord) het. Die stoel 9.14 (op + wat – gee die korrekte vorm van die woord) hy lê, lyk gemaklik en die vrou wens dat haar man nie so 9.15 (lei/lui/ly –kies die korrekte woord ) was nie. Sy houding maak haar 9.16 (kwaad – gee intensiewe vorm).

[8]