allegaartjie.weebly.comallegaartjie.weebly.com/.../4/0/0/1/4001402/matriek_proef…  · web viewin...

13
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL ST JOHN’S COLLEGE JULIE 2007 PROEFEKSAMEN BLADSY 1 VAN 13 AFDELING A Begripstoets Teks 1 Lees die volgende teks goed deur en beantwoord daarna die vrae: 1. Hierdie sosiale netwerk webwerf is in 2004 gestig. Tot dusver het oor 28 miljoen lede daarby aangesluit en dit bied ‘n inkomste aan 200 werknemers. Wanneer dit kom by soortgelyke webwerwe, oortref slegs MySpace hierdie syfers. 2. Die naam van die webwerf verwys na die inligtingsboekies wat universiteite en kolleges in Amerika aan nuwe studente uitreik. Hierin verskyn foto’s van al die fakulteitslede en die studenteliggaam. Facebook is aanvanklik beperk tot lede met ‘n universiteits – eposadres, maar later kon enige Jan Rap en sy maat met ‘n eposadres aansluit. 3. Mense kan kies om by een of meer netwerke aan te sluit, soos byvoorbeeld ‘n hoërskool of ‘n spesifieke geografiese gebied. Dit is een van die gewildste webwerwe op die Internet en registreer tussen die top twintig Internet besoeke sedert Junie 2007. In die VSA is dit die gewildste plek om foto’s op te laai met oor 8.5 miljoen foto’s wat daagliks gepos word. 4. Verbruikers skep profiele wat dikwels foto’s bevat sowel as lyste van hulle persoonlike belangstellings. Mense kan private of openbare boodskappe uitruil en aansluit by ander vriendegroepe. Statistieke bewys dat ongeveerd 60% van verbruikers daagliks die Facebook webwerf

Upload: hoangkiet

Post on 01-Sep-2018

215 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: allegaartjie.weebly.comallegaartjie.weebly.com/.../4/0/0/1/4001402/matriek_proef…  · Web viewIn die VSA is dit die gewildste plek om foto’s op te laai met oor 8.5 miljoen foto’s

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL ST JOHN’S COLLEGE JULIE 2007 PROEFEKSAMENBLADSY 1 VAN 9

AFDELING A BegripstoetsTeks 1

Lees die volgende teks goed deur en beantwoord daarna die vrae:

1. Hierdie sosiale netwerk webwerf is in 2004 gestig. Tot dusver het oor 28 miljoen lede daarby aangesluit en dit bied ‘n inkomste aan 200 werknemers. Wanneer dit kom by soortgelyke webwerwe, oortref slegs MySpace hierdie syfers.

2. Die naam van die webwerf verwys na die inligtingsboekies wat universiteite en kolleges in Amerika aan nuwe studente uitreik. Hierin verskyn foto’s van al die fakulteitslede en die studenteliggaam. Facebook is aanvanklik beperk tot lede met ‘n universiteits – eposadres, maar later kon enige Jan Rap en sy maat met ‘n eposadres aansluit.

3. Mense kan kies om by een of meer netwerke aan te sluit, soos byvoorbeeld ‘n hoërskool of ‘n spesifieke geografiese gebied. Dit is een van die gewildste webwerwe op die Internet en registreer tussen die top twintig Internet besoeke sedert Junie 2007. In die VSA is dit die gewildste plek om foto’s op te laai met oor 8.5 miljoen foto’s wat daagliks gepos word.

4. Verbruikers skep profiele wat dikwels foto’s bevat sowel as lyste van hulle persoonlike belangstellings. Mense kan private of openbare boodskappe uitruil en aansluit by ander vriendegroepe. Statistieke bewys dat ongeveerd 60% van verbruikers daagliks die Facebook webwerf betree en ‘n verstommende 93% minstens een keer ‘n maand. Volgens ‘n Facebook woordvoerder, bring mense ‘n gemiddeld van 19 minute per dag op Facebook deur.

5. Die webwerf vorder geld in deur adverteerders, insluitende banieradvertensies en geborgde groepe. In April 2006 het Facebook ongeveerd $1.5 miljoen per week ingevorder. Dit beteken dat Facebook ongeveerd $50 miljoen in 2006 verdien het!

6. In 2006 is daar bespiegel dat Facebook verkoop gaan word aan ‘n groter mediamaatskappy. Mark Zuckerberg, stigter en eienaar van Facebook, het al gesê dat hy nie daarin belangstel om die maatskappy te verkoop nie en het reeds aanbode in die omgewing van $975 miljoen van die hand gewys. Yahoo! het in September 2006 ‘n offer van $1 biljoen gemaak en in die

Page 2: allegaartjie.weebly.comallegaartjie.weebly.com/.../4/0/0/1/4001402/matriek_proef…  · Web viewIn die VSA is dit die gewildste plek om foto’s op te laai met oor 8.5 miljoen foto’s

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL ST JOHN’S COLLEGE JULIE 2007 PROEFEKSAMENBLADSY 2 VAN 9

daaropvolgende maand het Google tevergeefs ‘n asemrowende $2.3 biljoen (+ R16.1 biljoen) daarvoor aangebied.

7. Ten spyte van hierdie suksesse, is daar ‘n groeiende gevoel dat Facebook nie so veilig vir sy aanhangers is as wat hulle dink nie.

8. In die VSA en in Engeland is Facebook-gebruikers al hof toe gesleep oor die persoonlike aanmerkings wat hulle gemaak het teen mense. Regsgeleerdes meen dat mense onbewus is van die wette wat vrye spraak beperk. Hulle besef nie dat enige ongegronde aantyging of aanval teen ‘n indiwidu lasterlik kan wees nie. En dit kan jou derduisende uit die sak jaag as iemand besluit om sy reputasie of goeie naam in ‘n hofsaak teen jou te beskerm.

9. Wees ook versigtig wanneer jy ‘n foto van jouself tydens ‘n rowwe partytjie op Facebook pos. Vermy vuil taal en moenie jou naam verbind aan groepe wat lae morele waardes verheerlik nie. Facebook kan deur enigiemand gelees word en al hoe meer werkgewers soek voornemende werknemers se name op in Facebook. Die kanse dat hulle jou gaan aanstel as jy jou soos ‘n sot gedra is zero.

10. Kommer is uitgespreek dat tieners dikwels hulle name en hulle skole se name gebruik op Facebook. Ook dat tieners nooit seker kan wees dat die vriendelike mede-groeplid is wie hulle sê hulle is nie. Dit behoort enige ouer slaaplose nagte te verskaf in ‘n wêreld waar paedofilië en kinderontvoering ‘n groeiende kwessie is.

Vrae:

1.1 Watter EEN WOORD in paragraaf 1 dui aan dat MySpace gewilder is as Facebook? (1)

1.2 Verduidelik wat die uitdrukking ‘enige Jan Rap en sy maat’ (par. 1) beteken in die konteks van die leesstuk. (2)

1.3 Waar sal ‘n mens kan uitvind of iemand van dieselfde dinge as jy hou? (1)

1.4 Hoe vorder Mark Zuckerberg genoeg geld in om 200 salarisse te kan betaal? (2)

1.5 Haal ‘n FRASE van VIER woorde uit paragraaf 6 aan wat aandui dat Facebook se eienaar ‘n ander maatskappy se koopoffer nie aanvaar het nie. (1)

Beantwoord die volgende vrae IN JOU EIE WOORDE:

1.6 Hoe kan Facebook jou baie geld kos as jy nie versigtig is wat jy daarop sê nie? (2)

1.7 Wat sou ‘n goeie idee wees as jy die eienaar van ‘n maatskappy is wat moet besluit of jy iemand moet aanstel? Hoekom? (2)

1.8 Waarom behoort enige ma of pa bekommerd te wees wanneer hulle kinders Facebook gebruik? (2)

1.6 Sê telkens of die volgende stellings Waar of Onwaar is. Motiveer jou antwoord deur uit die teks aan te haal.

1.6.1 Mense laai meer foto’s op Facebook af as op enige ander webwerf. (2)

1.6.2 Google het in Oktober 2006 nie daarin geslaag om Facebook te koop nie. (2)

Page 3: allegaartjie.weebly.comallegaartjie.weebly.com/.../4/0/0/1/4001402/matriek_proef…  · Web viewIn die VSA is dit die gewildste plek om foto’s op te laai met oor 8.5 miljoen foto’s

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL ST JOHN’S COLLEGE JULIE 2007 PROEFEKSAMENBLADSY 3 VAN 9

1.6.3 Facebook is die tweede gewildste webwerf in die wêreld. (2)1.7 As iemand hom ‘soos ‘n sot gedra’, beteken dit dat hy: (kies een)

1.7.1 soos ‘n idioot is1.7.2 soos ‘n donkie is1.7.3 soos ‘n vark is (1)

[20]

Vraag 2 ‘n Spotprent

ZITS Deur Jerry Scott en Jim Borgman

Vrae:2.1 Wat is Jeremy se ma besig om te doen terwyl hy met haar praat? (2)

2.2 Waarom, dink jy, sal Jeremy se ma eerder die koerant optel om die stokiesprentete lees? (2)

2.3 Waarom, volgens raampie 5, dink Jeremy dis beter om NIE na die koerant te kyk nie? (1)

[5]

Ma, Pierce sê Ma moet na die

strokiesprente in vandag se

koerant kyk

Maak net die koerant se webwerf oop, klik “Pret” en kies dan

“Strokiesprente” uit die menu

Rol dan net af tot die een waarvan Ma hou

en dubbelklik.

Teks my dan met Ma se

reaksie en ek sal dit per SMS aanstuur na sy

foon.

OF ek kan my hand AL die pad soontoe

uitsteek en die koerant optel.Wel,

jaaa. . . as Ma nou so oudmodies

MOET wees!

Page 4: allegaartjie.weebly.comallegaartjie.weebly.com/.../4/0/0/1/4001402/matriek_proef…  · Web viewIn die VSA is dit die gewildste plek om foto’s op te laai met oor 8.5 miljoen foto’s

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL ST JOHN’S COLLEGE JULIE 2007 PROEFEKSAMENBLADSY 4 VAN 9

Vraag 3 ‘n Webblad

Vrae:

HOOFSTORIE6de tragedie tref skoolMev. Ina Nel het ‘n warmwatersak in die bed van Dirkie, haar 16-jarige seun, gaan sit om dit vir hom warm te hou. Die volgende oggend het sy die sak weer net so uitgehaal en later ‘n doodskis gaan soek(meer . . . klik hier)

SUID-AFRIKASy lag met haar oë – vir ’n ander manDie Bosveldse “bloutrekkerprins” het sy droomnooi gevind. Maar oor sy “hopeloos te jonk is” en “reeds iemand het”, is ’n sprokieseinde hom nie dié keer beskore nie.(meer . . . klik hier)

Suid-AfrikaBaba met vier bene geboreDie ouers van die baba-meisietjie wat gebore is met vier bene in Limpopo het reeds berading begin kry om die skok te verwerk. (foto binne)(meer . . . klik hier)

Suid-Afrika07/07/07 betower almalDie trippel sewe syferkoors sal vandag duisende mense oor die hele wêreld behoorlik in vervoering hê, maar vir vyf meisies behoort die dag net aan hulle.(meer . . . klik hier)

SPORTBokke begin goed, maar verloor stoomDie Bokke het in die eerste 15 minute na 'n wenspan teen die Aussies gelyk toe hulle met 17 - 0 voorgeloop het, maar die Wallabies het die Drienasies-toets met 'n eindtelling van 25 - 17 gewen.(meer . . . klik hier)

Maas antwoord sy kriticiSy kritici (veral dié uit Australië) bewys hom reg, sê Deon Maas. Video: Dís wat hy te sê het. Lees sy rubriek hier.

ANDER STORIES Bob se vrou en 2de

baba speel rol in Franse besluit (meer . . . klik hier)

Stuur pa of kind (3) sterf, dreig Nigeriërs (meer . . . klik hier)

'Staat wil misdaadbestryding gewone mense se plig maak' (meer . . . klik hier)

Lokprente gesoek vir Slaghuis-fees

(meer . . . klik hier)

\

MADIBA TOT DIE BOK SE REDDINGOud-Pres. Mandela begin opnuut boks vir die Bokke!(meer . . . klik hier)

BRIEWEBekamp van misdaad kort ’n totale strategie

Beeld-voorblad máák naweek

Droom voort, ANC, dis snert: Min. Nqakula se kontrakbreuk

SUID-AFRIKANet 4% stem dat Springbok moet waaiNet sowat 4% van die nagenoeg 23 900 Suid-Afrikaners wat op die internet gaan stem het, meen die Springbok-embleem kan maar vir ’n protea plek maak.

SUID-AFRIKANagmerrie-rusie met spietkop“Hou jou f***** mond.” Só het ’n verkeersman van dié dorp gistermiddag na bewering mev. Lana Braun (40) toegesnou in ’n rusie oor ’n verkeersboete.

WÊRELDSA model glo die rede hoekom Kate en Pete uit is’n Suid-Afrikaanse model is glo die rede waarom die Britse supermodel Kate Moss haar stormagtige verhouding met die dwelmverslaafde sanger Pete Doherty beëindig het.

WÊRELDSexy meisies herenigDie vier vroue van die TV-reeks Sex and the city gaan waarskynlik op die silwerdoek ’n reünie hou

SPORTFerrari wys weer hulle hakke vir die McClaren-span en wen die Britse F1.

Olimpiese glorie vir jukskei?

Page 5: allegaartjie.weebly.comallegaartjie.weebly.com/.../4/0/0/1/4001402/matriek_proef…  · Web viewIn die VSA is dit die gewildste plek om foto’s op te laai met oor 8.5 miljoen foto’s

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL ST JOHN’S COLLEGE JULIE 2007 PROEFEKSAMENBLADSY 5 VAN 9

3.1 Watter twee berigte vertel van die hartseer van twee gesinne? Skryf slegs die opskrifte neer. (2)

3.2 Watter elektroniese meningspeiling is daar deur Die Beeld gedoen? (1)

3.3 Haal DRIE agtereenvolgende woorde aan wat aandui dat die Springbokke niehulle wedstryd teen Australië gewen het nie. (1)

3.4 Beantwoord Waar of Onwaar op die volgende stellings en motiveer jou antwoord deur uit die teks AAN TE HAAL:

3.4.1 ‘n Leser is ongelukkig oor die een van ons Ministers in die regering. (2)

3.5 Verduidelik die volgende uitdrukking in jou eie woorde:

3.5.1 ‘Net 4% stem dat Springbok moet waai.’ (2)

3.5.2 Die trippel sewe syferkoors sal mense ‘in vervoering hê’. (2)

[10]

AFDELING B OPSOMMING

Page 6: allegaartjie.weebly.comallegaartjie.weebly.com/.../4/0/0/1/4001402/matriek_proef…  · Web viewIn die VSA is dit die gewildste plek om foto’s op te laai met oor 8.5 miljoen foto’s

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL ST JOHN’S COLLEGE JULIE 2007 PROEFEKSAMENBLADSY 6 VAN 9

Lees versigtig deur die volgende leesstuk Soek sewe wenke oor hoe jy gelukkig kan wees en watter effek dit op jou lewe sal hê Skryf elke wenk en sy effek in ‘n goeie volsin neer Jy mag nie meer as een sin oor elke wenk skryf nie Skryf jou sinne puntsgewys van nommer 1-7 neer Jou sinne moet so ver moontlik in jou eie woorde wees Jou opsomming moet tussen 90 en 110 woorde lank wees Jy moet die getal woorde wat jy gebruik het aan die einde van jou opsomming aandui

HOE KAN JY VERSEKER DAT JY ‘N GELUKKIGER MENS IS?

President Lincoln het opgemerk dat die meeste mense die meeste kere self kan besluit hoe gelukkig, ontspanne of gestres hulle wil wees. Dit is nie altyd maklik nie, maar daar is maniere waarop jy jou lewe gelukkiger kan maak.

1. Ons lewe vandag in ‘n wêreld vol misdaad, wêreldwye terrorisme en kommerwekkende kwessies soos die verhitting van die aarde en die newe-effekte daarvan. Die media is propvol berigte hieroor. Jy behoort minder nuus te kyk of te lees. Daar is selde goeie nuus op TV: dit is dus beter om nie daarna te kyk nie – dit verhoog net jou stresvlakke.

2. Daar is soveel om voor dankbaar te wees. Jy behoort deur die dag te gaan deur mense te bedank vir alles wat hulle vir jou doen: groet hulle, sê dankie as hulle ‘n deur vir jou oophou, ensovoorts. Met ‘n houding van dankbaarheid sal jy meer vriende maak en ook gewilder wees. Op hierdie manier sal jy ‘n gelukkiger mens wees.

3. John Cleese het eendag gesê: “Waarom is die lewe vir my so lekker? Wel, omdat ek vir die lewe self kan lag!” As jy ‘n dag deurgegaan het sonder om te lag, het jy ‘n dag gemors. Maak tyd om te lag, om ‘n grap te vertel of na een te luister. Lag is nog steeds die beste medisyne! Dit stel endorfiene vry wat jou goed laat voel.

4. Hoe snaaks dit ookal klink – werk baie hard. Dit maak nie saak of jy ‘n onderwyser, polisiebeampte, suksesvolle besigheidsman of die ou is wat die strate vee nie. Dit is waar dat jy geluk vind in werk wat goed en suksesvol gedoen is en waarop jy trots kan wees. Onthou die slagspreuk: as dit die moeite werd is om gedoen te word, is dit die moeite werd om dit goed te doen!

5. Niemand weet alles nie. Jy behoort elke dag iets nuuts te leer. Ons behoort almal te groei, ons horisonne te verbreed, kennis te verky, te lees, te luister en nuwe informasie in te samel. So hou jy intellektuele stagnasie op sy plek en dit verseker ‘n gelukkiger jy.

6. Jy sal soveel gelukkiger wees as jy vrygewiger is teenoor die mense wat jou liefhet. Wys vir hulle dat jy hulle waardeer en liefhet en jy sal dit oor en oor terugontvang. Dit laat jou goed voel dat jy lief is vir iemand en dit versterk die gevoel dat jy van waarde is in die lewe.

7. Gebruik jou liggaam waarvoor dit gemaak is: jy kan self kies of jou liggaam jou vreugde gaan verskaf of pyn. As jy jouself oppas, oefeninge doen, reg eet en jouself respekteer, sal jy gesonder wees en beter voel.

Verwerk uit “Teen Playground”, People Magazine 7 April 2006 AFDELING C FUNKSIONELE TAAL

Page 7: allegaartjie.weebly.comallegaartjie.weebly.com/.../4/0/0/1/4001402/matriek_proef…  · Web viewIn die VSA is dit die gewildste plek om foto’s op te laai met oor 8.5 miljoen foto’s

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL ST JOHN’S COLLEGE JULIE 2007 PROEFEKSAMENBLADSY 7 VAN 9

Voltooi telkens die opdragte by die volgende vrae:

5.1 Skryf die volgende sin oor, maar begin soos aangedui:

Die onderwyser is vreeslik geskok, want hy vind op Facebook uit van ‘n roekelose tienerpartytjie.

Later vanaand . . . (2)

5.2 Vul die ontbrekende woorde in of gee die korrekte vorm van die woorde tussen hakies:

Hy lees dat die partytjie (5.2.1) ‘n paar dae aan die einde van Julie gaan plaasvind. Hy wonder of hy iets (5.2.2 oor dit) moet doen, want alkohol sal onwettigliks beskikbaar wees. As gevolg (5.2.2) die gevare van drankmisbruik onder tieners is hy baie bekommerd. (3)

5.3 Skryf die volgende sin oor, maar verander dit waar nodig:

Hy besluit na ‘n lang ruk om iets daaroor te doen, want daar is te veel gevare daaraan verbonde

Aangesien . . . (2)

5.4 Vul die ontbrekende woorde in:

As ‘n mens weet iets is onwettig, moet (5.4.1) goed dink wat gedoen moet word. ‘n Mens se gewete sal (5.4.2) help om die regte ding te doen. (2)

5.5 Beantwoord die volgende vraag en begin soos aangedui:

Het die onverantwoordelike ouers al voorheen ‘n dooie tiener in ‘n motorwrak gesien?

Nee, . . . (1)

5.6 Gee die korrekte vorm van die woorde tussen hakies:

Die (5.6.1 skok) polisiehoof belowe dat hy iets sal doen. Sulke partytjies is ‘n (5.6.2 groei) verskynsel in sy area. Dit is beslis nie meer ‘n klein (5.6.3 probleem) wat meer geïgnoreer kan word nie. Hoe (5.6.4 lank) niks gedoen word nie, hoe (5.6.5 groot) gaan alkoholmisbruik onder tieners word. (5)

5.7 Verbind die volgende sinne sinvol tot een sin. Gebruik die woorde ‘wie se’ en ‘omdat’.

Die onderwyser probeer al die seuns waarsku om nie te gaan nie.Hulle name verskyn in die ‘La Dolce Vita’ groep.Hy wil hulle nie in ‘n polisie vangwa sien nie.

(2)

Page 8: allegaartjie.weebly.comallegaartjie.weebly.com/.../4/0/0/1/4001402/matriek_proef…  · Web viewIn die VSA is dit die gewildste plek om foto’s op te laai met oor 8.5 miljoen foto’s

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL ST JOHN’S COLLEGE JULIE 2007 PROEFEKSAMENBLADSY 8 VAN 9

5.8 Kies die korrekte woord of gee die korrekte vorm van die woorde tussen hakies:

Dis nie verbasend dat onderwysers (5.8.1 baie kwaad) word wanneer hulle van sulke partytjies hoor nie. Die media sal altyd die skool se naam wil (5.8.2 baie swart) smeer in plaas van die ouers wat die wet oortree het. Daar verskyn (5.8.3 kortliks/kort-kort/binnekort) sulke berigte in Carte Blanche, 3rd Degree en die koerante. (3)

5.9 Skryf die volgende sinne uit, maar begin soos aangedui:

5.9.1 Die Hoof waarsku die ouers om hulle kinders te beskerm teen die gevare van drank.

Die Hoof waarsku die ouers: “ . . . ” (2)

5.9.2 ‘n Bekende oud-prisonier het onlangs die gevare in Suid-Afrikaanse tronke aan die seuns uitgewys.

Die gevare in Suid-Afrikaanse tronke . . . (2)

5.9.3 Tieners loop die gevaar van ‘n nagmerrie ondervinding in ‘n polisiesel wanneer hulle sulke partytjies bywoon.

Deur . . . , loop tieners die gevaar van ‘n nagmerrie ondervinding in ‘n polisiesel. (1)

5.9.4 Sulke partytjies is vir die gashere baie winsgewend.

Sulke partytjies skyn . . . (1)

5.9.5 Die man en vrou stel alkohol aan tieners onder die ouderdom van 18 beskikbaar. Die polisie neem hulle in hegtenis.

Toe . . . (2)

5.9.6 Kindermolesteerders wat soek na prooi en misdadigers op soek na slagoffers gebruik daagliks Facebook vir hulle bose redes.

Sowel . . . (1)

5.10 Gee die korrekte vorm van die woorde tussen hakies:

Die (5.10.1 laf) seun val die karakter van die onderwyser in Facebook aan. Hy besef nie dat al sy (5.10.2 grap) nie snaaks is nie, maar hom en sy ouers in die hof kan laat beland! (2)

VRAAG 6

Page 9: allegaartjie.weebly.comallegaartjie.weebly.com/.../4/0/0/1/4001402/matriek_proef…  · Web viewIn die VSA is dit die gewildste plek om foto’s op te laai met oor 8.5 miljoen foto’s

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL ST JOHN’S COLLEGE JULIE 2007 PROEFEKSAMENBLADSY 9 VAN 9

KOMMUNIKATIEWE TAAL

Lees die onderstaande strokiesprent en voltooi daarna die opdragte wat volg.Skryf die persoon se woorde direk neer soos dit gepraat word.Elke spreekbeurt moet agt tot twaalf woorde lank wees.

Jeremy en sy vriend, Pierce, praat oor hoeveel bier Pierce drink.

6.1 Jy is Jeremy. Waarsku vir Pierce oor die gevare van drank.

Jy: (1)

6.2 Jy is Pierce. Spreek jou ongeloof uit oor wat Jeremy so pas gesê het.

Jy: (1)

6.3 Jy is Jeremy. Skielik onthou jy dat jy gesê het jy sou by jou maatjie in die tronk gaan kuier. Vra Pierce om verskoning en verduidelik waarheen jy op pad is.

Jy: (1)

6.4 Jy is Pierce. Maak aan Jeremy ‘n belofte dat jy sal dink oor wat hy vir jou gesê het.

Jy: (1)

[35]Beste Yusuf Ismail, Uyiosa, Trevor Joseph, Thomas David, Thato, Thabo, Thabang Meshack, Stuart Patrick, Stewart Dunbar, Stephen Thomas, Stephen Savvas, Siyabulela, Simon Jurgens, Sifiso Christian, Sean Timothy, Sean Michael, Scott Roy, Scott Harron, Scott Alexander, Ryan Hilton, Rushil, Roy Hsueh-Wei, Ross Stuart, Robert Peter James, Richard John Cater, Richard Hedley, Remy Ross, Piers Lawrence Wynne, Pierre, Peter Tinotenda, Peter John, Paul Andrew, Paledi Winners, Nicholas Thomas, Nereus Adriaan, Myles Louis, Muzi Sigidi, Molebogeng Matease, Mohamed Razack, Mieszko, Michael Sibangizwe, Michael Marios, Michael John Christie, Michael John, Michael Gordon, Melvyn, Matthew John, Matthew John, Matthew James, Matthew James, Matthew David, Matthew Charles, Mark James, Marco-Alain Alex, Marc Jason, Mabine, Luke Anthony, Lewis, Lebohang, Kyle Bruce Mortimer, Kimon, Kgomotso, Keegan Vincent, Keegan Cooper, Justin Talmash, Justin Dean, Justin, Jonathan William David, Jonathan Paul, Jon Philip, Jon Christopher, Johannes Stefanus Brink, Johann Christian, Jen-Chen, Jason Richard, Jason Izaak, Jason Donovan, Jason Bruce, Jason Anthony, Guy Cunningham, Gregory Alexander, Gordon Michael, Giacomo Karel Dirk, Gerard, Fuaad, Felix Holger, Erik Lawson, Eduan, Dominic Charles, Dieter William, Deshin, Deron, Demetri, Declyn, David Michael, Daniel William, Damian Luke, Dale Kevin, Courtney, Conrad Hendrik, Connor, Chun-han, Christopher Tryon, Christopher Mark, Christopher Allan Michael, Chi Tien Timothy, Charles Paul Spencer, Charles Michael, Charles Gareth, Chad Michael Deverne, Callum Arthur Bury, Byron Weslie, Brendan Wade, Baraka, Ayanda Mabhelonke, Anton, Angad, Andrew Matthew, Andrew Martin, Andrew Derek, Andrew Craig, Andre Aike, Alexander Kit, Alexander Fairfax, Alessandro, Alain, Adam Wylde, Adam Steven Edward en Aadil - moenie te nostalgies raak nie!

Jy drink baie bier,

nê?

O ja! Dis baie

gesond vir jou!

Dokters gebruik mos alkohol om kieme dood te

maak!