€¦  · web viewword nie maar aange. spoor . sal word ... dit blyk egter uit ‘n paar van die...

19
DE WETSTRAAT 150 VRIJZEE 7460 086 122 3423 [email protected] www.houkoers.co.za Gebiedsleier: Jan Palm, Gebiedsekretaris: Juanine Kok, Adjunkgebiedsleiers: Constantine Varley, Johan Minnie, Charon Streit, Riana Breytenbach, Elizma Smith OMSENDBRIEF 1/2016 22 Januarie 2016 Beste Offisiere Voorwoord AGL Elizma Smith Die spore wat ons trap Te midde van versengende hitte wat ons tans beleef, deel ek met julle vandag ‘n ysige storie. Dis winter en iewers in ‘n Europese dorpie is ’n gesin die aand in hulle huis elkeen doenig op sy eie. Dis baie koud en die wêreld buite spierwit met ‘n dik laag sneeu wat alles bedek. Die sneeu bedaar en die pa benut sy kans om ongesiens, so reken hy in elk geval, uit te glip. Sy vriende wag by die kuierplek. Gretig stap hy al vinniger aan, sy skoene laat diep spore in die sneeu. Hy het net sy bestelling geplaas en sy sit gekry op die kroegstoeltjie langs die toonbank waar hy altyd sit toe hy voel iemand rem aan die soom van sy jas. Hy kyk af in die oë van sy klein seuntjie, die lyfie al bewerig van die koue. Geskok en baie bewus van die weerstoestande buite vra hy: “Hoe het jy hier gekom?” en dan kom die veelseggende antwoord: “Ek het net in pappa se voetspore gevolg.” Beste offisiere, dis ons feesjaar vanjaar en ons feesjaar leuse is “Die Voortrekkers trap nuwe spore”

Upload: lexuyen

Post on 01-Sep-2018

230 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: €¦  · Web viewword nie maar aange. spoor . sal word ... Dit blyk egter uit ‘n paar van die verslae wat ... Port Elizabeth Gerda Stols 21 Aug 16 Suid-Kaap Hartenbos Anton Erwee

DE WETSTRAAT 150VRIJZEE7460

086 122 [email protected] Gebiedsleier: Jan Palm, Gebiedsekretaris: Juanine Kok,

Adjunkgebiedsleiers: Constantine Varley, Johan Minnie, Charon Streit, Riana Breytenbach, Elizma Smith

OMSENDBRIEF 1/2016

22 Januarie 2016

Beste Offisiere

Voorwoord

AGL Elizma Smith

Die spore wat ons trap

Te midde van versengende hitte wat ons tans beleef, deel ek met julle vandag ‘n ysige storie.

Dis winter en iewers in ‘n Europese dorpie is ’n gesin die aand in hulle huis elkeen doenig op sy eie. Dis baie koud en die wêreld buite spierwit met ‘n dik laag sneeu wat alles bedek. Die sneeu bedaar en die pa benut sy kans om ongesiens, so reken hy in elk geval, uit te glip. Sy vriende wag by die kuierplek. Gretig stap hy al vinniger aan, sy skoene laat diep spore in die sneeu.

Hy het net sy bestelling geplaas en sy sit gekry op die kroegstoeltjie langs die toonbank waar hy altyd sit toe hy voel iemand rem aan die soom van sy jas. Hy kyk af in die oë van sy klein seuntjie, die lyfie al bewerig van die koue.

Geskok en baie bewus van die weerstoestande buite vra hy: “Hoe het jy hier gekom?” en dan kom die veelseggende antwoord: “Ek het net in pappa se voetspore gevolg.”

Beste offisiere, dis ons feesjaar vanjaar en ons feesjaar leuse is “Die Voortrekkers trap nuwe spore”

Hoe lyk die spore wat ons as volwassenes trap in Die Voortrekkers? Is dit die spore van ‘n rolmodel en mentor? Sal jy kan omkyk of afkyk in ‘n kind se oë en nederig dankbaar wees as hy in jou spore gevolg het?

Mag elke volwassene in Kaapland Voortrekkers vanjaar deur die leiding van ons Hemelse Vader spore trap waarmee kinders nie ontspoor word nie maar aangespoor sal word tot groter ideale.

Kom ons trap in 2016 almal saam met die kinders nuwe Voortrekkerspore. Geniet die jaar!

Page 2: €¦  · Web viewword nie maar aange. spoor . sal word ... Dit blyk egter uit ‘n paar van die verslae wat ... Port Elizabeth Gerda Stols 21 Aug 16 Suid-Kaap Hartenbos Anton Erwee

Gebiedsleier aan die woord

Vanjaar is ons slagspreuk “Trap nuwe Spore”.

Ons is vanjaar 85 jaar jonk en ons gaan lekker fees hou – meer detail hieroor later.

Maar so ‘n mylpaal verjaarsdag jaar en slagspreuk laat mens ook bietjie stilstaan, terugkyk op die ou spore wat reeds oor die 85 jaar heen getrap is, kyk af na ons skoene om seker te maak dit is geskik vir die pad vorentoe, stel die kompas of GPS in op die roete vorentoe en dan begin ons nuwe spore trap.

2016 gaan dus nie vir ons in Die Voortrekkers sommer net nog ‘n jaar wees nie. Dit gaan ‘n jaar wees waarin ons in die derde kwartaal lekker gaan fees hou om die afgelope 85 jaar te herdenk. Hiermee gaan ons hulde bring aan almal wat die pad voor ons gestap het, wie se spore vir ons rigtinggewend was. Hulle het hul eie eietydse kultuurskoene gehad soos ons ook ons eie eietydse kultuurskoene het. Maar die rigting van hul spore en die rigting van die spore wat ons tot dusver getrap het, het koers gehou op ons Christelike Afrikaanse waardestelsel.

2016 gaan ook die jaar wees waarin ons amper soos ‘n motorwedren se kuipestop gaan seker maak dat ons die regte stewels aanhet sodat die jeug ook hul eietydse spore kan trap. Die regte stewels om die voortdurend veranderende leeromgewing en –generasie eienskappe te kan akkommodeer sodat die trap van die spoor stewig is en nie gly omdat daar nie vastrapplek as gevolg van verkeerde sool is nie.

Ons stewels in Die Voortrekkers het al baie keer verander oor die afgelope 85 jaar, juis daarom kan ons vanjaar ‘n 85ste fees hou want die verandering van stewels deur die jare het gesorg dat ons relevant gebly het, eietyds gebly het. So daar is geen vrees vir verandering van ons stewels nie, ons weet immers waarnatoe die spore gelei het en waarnatoe dit sal aanhou lei.

Kom ons hou koers vanjaar en gee ons kinders elke geleentheid om hul eie spore te trap met hul eie stewels en met vertroue dat God se Liefde, Genade en Seën met ons is.

Groete

Jan Palm

Kaapland Omsendbrief 22 Januarie 2016 Bladsy 2 van 14

Page 3: €¦  · Web viewword nie maar aange. spoor . sal word ... Dit blyk egter uit ‘n paar van die verslae wat ... Port Elizabeth Gerda Stols 21 Aug 16 Suid-Kaap Hartenbos Anton Erwee

1. ADMINISTRASIE, ORGANISASIE EN KOMMUIKASIEAGL Juanine Kok

1.1 2016 Kaapland JaarprogramHiermee aangeheg konsep 3 (as Bylaag A) van die jaarprogram. Enkele wysigings is in rooi aangedui vir kennisname.

Kaapland Kwartaal 1 program

Maand Dag Datum AktiwiteitJanuarie Vr 1 Nuwejaar

Ma - Wo 4 - 6 OK - BaasverkennerkonferensieWo - Sa 6 - 9 OK - Verkenner Keurkamp - Gr 12 GebiedskampWo - Sa 6 - 9 OK - Gr 7 AvontuurkampVr - So 8 - 10 OK- Afskopkamp

Wo 13 Gebiedskantoor openWo 13 Skole open

Vr -So 15 - 17 VOLLE GEBIEDSDAGBESTUURSVERGADERINGVr -Sa 15 - 16 NK PD & Verkenners Toerustingsnaweek & Afskopkamp

Wo 13 Hoofkantoor en Voortrekkerdepot openSa - So 23 -24 WK - Offisiere Nagmars

Vr 29 - 30 OK - Verkenner BraaidraaiVr -So 29 - 31 NK PD, VOLWASSE, VERKENNER SAKE vergadering

Februarie Vr - So 12 - 14 KAAPLAND OFFISIERE SAAMTREK Vr - Sa 19 - 20 Verkenner Vlotvaart

Wo 17 GEBIEDSDAGBESTUURSVERGADERING - ADMIN Sa 20 OK - PD Spes dag

Vr - Sa 26 - 27 WK - PD Spesialisasie Naweek - Graad 4 - PlantekennisVr - Sa 26 - 27 WK - PD Spesialisasie Naweek - Graad 5 - PlaasleweVr - So 26 - 28 WK - PD Spesialisasie Naweek - Graad 6 - SterrekundeVr - So 26 - 28 WK - PD Spesialisasie Naweek - Graad 7 - Medemens

Ma 29 Sluitingsdatum vir PV inskrywings ingedien by Gebiedskantoor Maart Vr - So 4 - 6 OK - Volwasse Kursusnaweek: Spanhantering

Vr - So 11 - 13 GEBIEDSBESTUURSVERGADERINGVr-So 11 - 13 WK - Verkenner Jeugberaad

Vr 18 Skole Sluit

Die VoortrekkersKaapland Jaarprogram 2016 - Kwartaal 1

1.2 Registrasiegelde / KommandoheffingAlle besture word versoek om kennis te neem van die volgende:a) Hoofbestuur het aanvaar dat daar in die toekoms verwys sal word na “Registrasiegeld” en

“Kommandoheffing” in plaas van “Ledegeld”b) Registrasiegeld is onmiddellik betaalbaar met aansluiting vir nuwe lede. c) Vir bestaande lede wat lidmaatskap voortsit in die volgende jaar, kan dit reeds vanaf 1

November betaal word, maar nie later as 30 April van die daaropvolgende jaar nie.d) Nuwe voornemende lede mag slegs vir 1 maand aan plaaslike aktiwiteite deelneem waarna

aansoek om lidmaatskap gedoen moet word en registrasiegeld betaalbaar is.e) Voormalige lede wat lidmaatskap voortsit moet voortsettingsvorm onderteken en

registrasiegelde vir die betrokke jaar betaal voor of op 30 April.f) Niemand mag aan aktiwiteite van Die Voortrekkers buite die plaaslike gemeenskap deelneem

alvorens registrasiegelde oorbetaal is aan die Gebiedskantoor nie.g) Registrasiegelde is nie terugbetaalbaar nie. Die Voortrekkers se vaste deurlopende uitgawes

strek oor ‘n volle 12 maande. 1 November is die begin van ‘n finansiële jaar en strek tot 31 Oktober van die daaropvolgende jaar.

h) Nuwe lede wat aansluit na 1 September van ‘n jaar betaal nie registrasiegelde vir die betrokke jaar nie, maar kan ook nie vir die betrokke jaar in aanmerking kom vir getroue diens kenteken nie.

Kaapland Omsendbrief 22 Januarie 2016 Bladsy 3 van 14

Page 4: €¦  · Web viewword nie maar aange. spoor . sal word ... Dit blyk egter uit ‘n paar van die verslae wat ... Port Elizabeth Gerda Stols 21 Aug 16 Suid-Kaap Hartenbos Anton Erwee

i) Die bedrag en periode van invordering van Kommandoheffing moet deur die Kommandobestuur self besluit en bestuur word.

1.3 Lederegistrasies 2016‘n Woord van dank aan alle kommando’s wat moeite gedoen het om hul lederegistrasies betyds en korrek in te dien vir 2015. Kom ons probeer om vanjaar daarop te verbeter.

Tydskaal vir registrasie en lidmaatskapbetalings:Hiermee ‘n tydskaal rakende registrasie en lidmaatskapbetalings om die proses beter te verstaan en te volg:

AKL Admin gee ‘n spanlys (gebaseer op die vorige jaar) aan alle spanoffisiere vir afmerk om aan te dui watter bestaande Voortrekkers aangaan met die jaar of nie.

Eerste, tweede en derde spanbyeenkoms

Spanoffisier handig die afgemerkte lys in by AKL Admin. Voortsettingsvorms sal volgens die afgemerkte spanlys uitgedruk word.

Februarie

Alle bestaande lede ontvang ‘n voortsettingsvorm tesame met kopie van nuutste Lidmaatskapbrosjure

Februarie

Voltooide voortsettingsvorm (bestaande lede) word terugontvang vanaf lid / ouer

Februarie

Databasis op SAS korrek en op datum met bywerking van enige wysigings soos aangedui op voortsettingsvorms wat terug ontvang is.

30 April

Lede se registrasiegeld moet oorbetaal wees aan kommando’s 30 AprilStuur L1 en L2 vorms aan Gebiedskantoor na registrasie van nuwe lede

30 April

Merk betaling af op SAS soos ontvang en betaal oor aan Gebiedskantoor

Feb/Mar/Apr

Rekonsiliasie van registrasiegeld deur Gebiedskantoor. Kontroleer SAS dienooreenkomstig

Mei

Gebiedskantoor kontroleer registrasiegeld ontvang met ledelys MeiLaaste dag vir inbetaling van registrasiegeld en opgawes in Gebiedskantoor vanaf kommando’s

31 Mei

Gebiedskantoor stuur betalingsopsomming tesame met lys van lede wat op SAS geregistreer is wat betaald aangedui is, aan kommando’s.

31 Mei

AKL Admin en AKL Finansies rekonsilieer lys soos ontvang vanaf Gebiedskantoor

Na 31 Mei

Voortsettingsvorms:‘n Herinnering dat elke bestaande lid van Die Voortrekkers ‘n Voortsettingsvorm vanaf die kommando moet ontvang, wat voltooi en teruggestuur moet word vir opdatering op SAS. Die vorm bevat kontakbesonderhede van elke lid, soos reeds gelaai op SAS. Wysigings van besonderhede word dan hier gedoen. Die vorm is verkrygbaar in die vorm van ‘n verslag op SAS.

Met die ondertekening van die vorm word gestipuleer dat die ondertekende vertroud is met die inhoud van die lidmaatskapsbrosjure en dat registrasiegeld betaal sal word. Dit is dus belangrik dat alle kommando’s die lidmaatskapsbrosjure aan alle bestaande lede se ouers en lede sal versprei. Die nuutste lidmaatskapbrosjure is in die proses om gefinaliseer te word en sal teen die einde van die week op die nasionale webwerf geplaas word by https://www.houkoers.co.za/Dokumentasie/VormsKommando’s sal in kennis gestel word per e-pos vanaf Gebiedskantoor in kennis gestel word sodra die dokumente beskikbaar is.

L1 en L2 Lidmaatskapvoms:Neem asb. kennis dat die L1 en L2 vorms sedert verlede jaar verander het. Slegs die nuwe vorms moet gebruik word, wat tesame met die lidmaatskapbrosjure aan nuwe lede versprei word. Die korrekte

Kaapland Omsendbrief 22 Januarie 2016 Bladsy 4 van 14

Page 5: €¦  · Web viewword nie maar aange. spoor . sal word ... Dit blyk egter uit ‘n paar van die verslae wat ... Port Elizabeth Gerda Stols 21 Aug 16 Suid-Kaap Hartenbos Anton Erwee

vorms, met die jaartal 2016, sal spoedig die einde van die week op die nasionale webwerf geplaas word by https://www.houkoers.co.za/Dokumentasie/VormsKommando’s sal in kennis gestel word per e-pos vanaf Gebiedskantoor in kennis gestel word sodra die dokumente beskikbaar is.

1.4 SAS – Sentrale Administrasie StelselDie SAS stelsel is nou goed in werking, maar daar sal nog ’n paar opgraderings gedoen word. Dit is baie belangrik dat alle historiese inligting alreeds op SAS gelaai en goedgekeur is. Kommandosekretaris moet toesien dat alle lede se inligting tot op datum gelaai is. Onthou om weer aan die spanoffisiere en kommandodagbesture magte toe te ken vir 2016.Dit is ook baie belangrik dat die lede wat op SAS gelaai is, sal ooreenstem met die registrasiegeld wat betaal is aan Gebiedskantoor. Maak seker dat u dit kontroleer. Hou die e-posse dop vir meer inligting oor SAS.

1.5 Nuwe kommandodagbestureAlle kommando’s moes voor die einde van die 4de kwartaal in 2015 nuwe dagbesture verkies het. Stuur asseblief kontakbesonderhede baie dringend na die betrokke Oordsekretaris en Gebiedskantoor, indien dit nog nie gedoen is nie, sodat kontaklyste opgedateer kan word. Voorspoed met die jaar se uitdagings word aan alle kommando’s toegewens.

1.6 Kommandojaarverslae 2015Baie dankie aan kommando’s wat moeite gedoen het om volledige jaarverslae tydig in te dien. Daar is wel nog enkele kommando’s se jaarverslae en/of enkele bylaes uitstaande. Hiermee ‘n dringende en ernstige beroep dat uitstaande verslae nou ingedien word by Gebiedskantoor en aan die betrokke Oordleier.

1.7 Kaapland webblad en FacebookU word herinner om Kaapland se webblad te besoek vir meer inligting rakende Kaapland Voortrekkers, by www.kaapland.voortrekkers.co.za.Indien daar enige voorstelle ter verbetering is tot die webbblad, kontak my gerus in die verband.

Ek herinner ook graag aan die nasionale webblad by www.houkoers.co.za vir die nuutste Voortrekker inligting, vorms en literatuur.

Sluit gerus aan by Kaapland se Facebook blad en bly aktief deel by www.facebook.com/voortrekkers.kaapland

1.8 Gebiedsplan en Gebiedspraktykhandleiding:Die Gebiedsplan vir 2016 en hoofstukke van die Gebiedspraktykhandleiding is reeds op Kaapland se webblad beskikbaar. Die 2015 hoofstukke sal gewysig word sodra dit gefinaliseer is. Dit is belangrik dat alle besture die Gebiedsplan sal gebruik in hul beplanning en uitvoering op die onderskeie vlakke. Die Gebiedsplan is rigtinggewend en dui aan wat beplan en bereik moet word in 2016 in al die dissiplines in Kaaplandse Voortrekkers.

Let ook veral op na die beplanning en beheer van tydskale vir 2016, soos uiteengesit in die Gebiedsplan onder die Administrasie en Kommunikasieplan. Dit word hierby aangeheg (as Bylaag B).

1.9 Gebiedsbestuur 2016Die Gebiedsbestuursvergadering vir vanjaar is geskeduleer vir 11 – 13 Maart 2016. Gebiedsdagbestuur het besluit om vanjaar weer al Kaapland se Kommandoleiers uit te nooi om hierdie vergadering by te woon sodat groter deelname en inkoop verkry kan word vir die beplanning van Kaapland. Indien Kommandoleiers nie beskikbaar kan wees nie, word versoek dat ‘n Adjunkkommandoleier die vergadering namens u bywoon.

Kaapland Omsendbrief 22 Januarie 2016 Bladsy 5 van 14

Page 6: €¦  · Web viewword nie maar aange. spoor . sal word ... Dit blyk egter uit ‘n paar van die verslae wat ... Port Elizabeth Gerda Stols 21 Aug 16 Suid-Kaap Hartenbos Anton Erwee

1.10 KommunikasieKommunikasie in Kaapland Voortrekkers geskied deur middel van omsendbriewe (vanaf gebied en nasionaal), e-pos en plasings op die Kaapland webblad en facebook blad. Die kontakpersoon op oord- en kommandovlak is die betrokke sekretaris wie se verantwoordelikheid dit is om inligting verder te versprei.Ek doen ‘n beroep dat alle sekretarisse sal help toesien dat inligting tot op grondvlak aan alle offisiere versprei word en dat die inhoud van die dokumente gelees word.

Alle Voortrekkerinligting / -reglemente vir elke volwasse lid se kennisname is beskikbaar op die nasionale webblad.

1.11 VoortrekkerdragMet die oog op bemarking en sigbaarheid in die gemeenskap is dit belangrik dat Voortrekkerdrag korrek gedra word, soos in die reglemente, hoofstuk 26, voorgeskryf.Net ‘n herinnering: aktiewe / informele drag is die Voortrekker gholfhempie by ‘n donkerblou lang- of kortbroek of romp (vir dogters/dames), verkieslik van denim materiaal.Kom ons volwassenes stel ‘n mooi voorbeeld vir ons jeuglede en dra ons Voortrekkerdrag korrek en met trots.

Die dokument "Prosedure vir die borduur van die Voortrekkerwapen en naam "Die Voortrekkers" op Aktiewe Voortrekkerdrag deur besighede buite die Voortrekkerdepot se verskaffers”, is reeds in Junie 2015 gekommunikeer. Die dokument is beskikbaar by https://www.houkoers.co.za/Dokumentasie/Literatuur en aangeheg (as Bylaag C).

Hiermee ‘n ernstige beroep aan kommando’s wat reeds in die proses is om aktiewe Voortrekkerhempies te vervaardig, om die prosedure te volg.

Indien daar enige navrae oor Voortrekkerdrag is, kontak my gerus.

1.12 Hulpmiddels: Voortrekker Selfdoen-pakkiesVanaf Januarie 2016 is daar ʼn verskeidenheid hulpmiddels in die vorm van selfdoen-pakkies beskikbaar. By elke pakkie is daar ook inligting en instruksies. Hierdie pakkies sal beskikbaar wees tydens die Kaapland Volwasse Saamtrek op naweek van 12-14 Februarie vir aankope. ‘n Pryslys sal eersdaags versprei word.

1.13 Hou Koers JaarbladDie Hou Koers Jaarblad word eersdaags vanuit Hoofkantoor aan kommando’s versprei. Kyk gerus uit daarvoor!

Baie sterkte aan almal met die jaar wat voorlê… en onthou as jy nie weet nie, moenie skaam wees om te vra nie!

2. PENKOPPE EN DRAWWERTJIESAKEAGL Elizma Smith

‘n Nuwe jaar, nuwe geleenthede, nuwe uitdagings, nuwe Voortrekkerervarings, nuwe werk om aan te bied en dalk ook nog nuwe kinders in jou span. Mag 2016 vir jou ‘n baie lekker jaar wees waarin jy as offisier verryk sal word.

2.1 Doelwitte van die Penkop en Drawwertjie gebiedskomiteeDie komitee se doelwitte vir 2016, waarvoor ons sekere aksiestappe gestel het om dit te bereik, kan as volg kortliks opgesom word.P/D’s wat tevrede, betrokke en sigbaar is in hulle gemeenskappe en Voortrekkerwees geniet onder die leiding van goed toegeruste offisiere wat effektief gebalanseerde programme aanbied, waardeur

Kaapland Omsendbrief 22 Januarie 2016 Bladsy 6 van 14

Page 7: €¦  · Web viewword nie maar aange. spoor . sal word ... Dit blyk egter uit ‘n paar van die verslae wat ... Port Elizabeth Gerda Stols 21 Aug 16 Suid-Kaap Hartenbos Anton Erwee

jeuglede in die Voortrekker waardestelsel begrond word, om te groei en ontwikkel om eendag suksesvolle volwassenes te wees.

2.2 PD aktiwiteite en kampe Die program is weer vol kampe en aktiwiteite vir die kinders en is aanmoediging om dit by te woon feitlik nie nodig nie – die kinders is gretig om soveel moontlik geleenthede by te woon. Dit blyk egter uit ‘n paar van die verslae wat ontvang is, dat daar ‘n neiging is onder kinders en offisiere om nadat hulle ingeskryf het en nie die kamp of aktiwiteit vir watter rede ookal bywoon nie, nie vooraf minstens die kampleier in kennis te stel nie, maar net weg te bly. By baie PD programme word items vooraf individueel vir kinders voorberei en groepindelings word ook beinvloed deur sulke onttrekkings. Dis bloot onbedagsaam en onbillik teenoor aanbieders. Asseblief offisiere, kom ons roei hierdie tendens uit in 2016.Hierteenoor veroorsaak offisiere, veral spanoffisiere, wat nie ingeskryf het vir kampe en dan deur die loop daarvan op die kamp besoek aflê, ook probleme wanneer hulle nie hulle teenwoordigheid aan die kampleier bekendmaak nie en inmeng in die program van die kinders. Offisiere, neem asseblief kennis daarvan dat jy as besoeker op ‘n kamp by die kampleier moet aanmeld, net soos enige ander besoeker en jou moet onderwerp aan die kampreëls, veral wat die kinders betref.

2.3 Hulpmiddels vir PD offisiere2.3.1 Die eerste lesplanne van die lesplanprojek is gelaai op Kaapland se webblad vir gebruik. Die plan is

om dit vanjaar aansienlik uit te brei. Offisiere word aangemoedig om vir my besonderhede van graadwielaanbiedings wat goed gewerk het, in die vorm van ‘n lesplan aan te stuur. ‘n Templaat vir ‘n lesplan is op Kaapland se webblad beskikbaar.

2.3.2 Selfdoen handwerkpakkies: ‘n Reeks handwerkitems met Voortrekkeronderwerpe wat kinders kan maak, is tans by die Voortrekkerdepot beskikbaar. 'n Voorraad hiervan sal by die Volwasse saamtrek op Wemmershoek beskikbaar wees vir aankoop.

2.3.3 Die”Wie en wat pas waar” bordspeletjie help baie om kinders se kennis van Afrikanergeskiedenis uit te brei. Die speletjie is tans te koop by Pieter Richard.

2.4 AdministrasieGebiedsgoedkeuringsaansoeke: Aanbieders van PD aktiwiteite en kampe, neem asseblief kennis van die aansoekvorm wat op Kaapland se webblad gelaai is. Hierdie vorm moet gebruik word vir alle aansoeke vir gebiedsgoedkeuring van PD aktiwiteite of kampe in Kaapland.

3. VERKENNERSAKEAGL Charon Streit

So staan ons voor ‘n nuwe jaar en in Verkennerwees is daar ‘n paar dinge wat belangrik is rondom die Verkennerloopbaan, vir elke Verkenner, maar ook hul offisiere.

Die vereistes vir die Presidentsverkennerproses is op die Hou Koers webblad beskikbaar. Dit is van groot belang dat seker gemaak word dat die vereistes nagegaan word vir elkeen van die kandidate. Vereistes rondom diensjare, spesialisasies, portefeulje-opdragte sowel as gebiedskampe moet gekontroleer word.

Die huidige Verkennerlewe is nog steeds die bron wat gebruik word vir graadwielwerk, maar dit is belangrik dat die erratum (soos op die webblad) in aggeneem word. Die herskryf van die Verkennerlewe is nog in proses en die nodige inligting met die infassering van die nuwe Verkennerlewe sal gekommunikeer word soos nodig.

Dar is tans nog baie onduidelikhede rondom die portefeulje-opdragte, maar die vereistes is baie duidelik uiteengesit in die rubrieke. Ons het probeer om akkommoderend te wees rondom verskillende behoeftes van groot en klein kommando’s en alhoewel die portefeulje-opdragte geskryf is met inagneming van die ouderdomsgroep, is dit egter ook moontlik om in kleiner kommando’s die take in ander volgordes te voltooi. Die take is ook dikwels so saamgestel dat

Kaapland Omsendbrief 22 Januarie 2016 Bladsy 7 van 14

Page 8: €¦  · Web viewword nie maar aange. spoor . sal word ... Dit blyk egter uit ‘n paar van die verslae wat ... Port Elizabeth Gerda Stols 21 Aug 16 Suid-Kaap Hartenbos Anton Erwee

portefeuljedae (soortgelyk aan spesialisasiedae) op oordvlak aangebied kan word. Op hierdie stadium word aandag gegee aan die ontwikkeling van moontlike proformas vir sekere van die take.

Met die sessies op die Volwasse Saamtrek in Februarie, sal aandag gegee word aan die Verkennerloopbaan. Kom woon dit gerus by en vra al die vrae wat pla en ons kyk of ons saam antwoorde kan gee.

Hieronder belangrike datums in die proses :

a) 1 Maart 2016 - PV-inskrywings by Hoofkantoorb) 18 April 2016 - Teoretiese vraestel: PV-prosesc) 2 Mei 2016 - PV vraestel: Siekte eksamen d) 7 Mei 2016 - Nasien van teoretiese vraestel PV-prosese) 16 Mei 2016 - PV-kamp uitnodigings vanaf Hoofdagbestuurf) 6 Junie 2016 - Sluitingsdatum PV-kampinskrywings g) 8-13 Julie 2016 - PV-afrondingskamph) 13 Augustus 2016 - PV-oorhandigingsfunksie: Noord-Kaapi) 20 Augustus 2016 - PV-oorhandigingsfunksie: Oos-Kaapj) 20 Augustus 2016 - PV-oorhandigingsfunksie: Wes-Kaap

4. VOLWASSE SAKEAGL Riana Breytenbach

Moenie in julle toewyding verslap nie, bly altyd geesdriftig, dien die Here. (Romeine 12:11)

Die Kerstyd is verby en ’n atmosfeer van opgewondenheid en afwagting heers oor ’n nuwe jaar wat voorlê. Kom ons probeer om vanjaar ons entoesiasme te behou en nie moedeloos te raak oor klein dingetjies wat ons soms pla en irriteer nie. Ons staan in diens van die Here wat ons nooit sal verlaat nie en ons deur 2016 sal lei.

4.1 Opleiding:Tydens Oos-Kaap se afskopkamp te Boknes, het ek weereens besef hoeveel waarde daarin is om saam met ander offisiere te kuier en te gesels. Die idees wat uitgeruil word, is van onskatbare waarde en vriendskapsbande word gebou en versterk. Die kursus wat aangebied word, het ook waarde maar die saamkuier en gesels laat ’n mens besef dat jy nie alleen is nie en dat daar ongelooflike kreatiewe idees is wat nooit neergeskryf word nie!

4.1.1 Aanlynkursusse:Indien u werklik nie by ’n Kursusgeleentheid kan uitkom nie, is daar ook nog die aanlynkursusse. U kan Intreekursus, Spanhantering, Fasiliteerderskursus en Mentorskap aanlyn doen. Gaan kyk op Kaapland Voortrekkers se webblad (www.kaapland.voortrekkers.org.za) onder die Volwasse Sake en u sal ’n skakel vind wat u direk na die aanlynkursusse sal neem. Registreer vir ’n kursus en voltooi dit in u eie tyd!Baie Geluk aan Francis wat die Intreekursus suksesvol voltooi het.

4.2 Hoe om’s

Kom ons help mekaar vanjaar. Skryf asseblief jou oulike lesidee vir ons neer. Daar is nog behoefte aan die volgende Hoe-om’s: Kampering, Gevare – Molestering, Vuurwapens, Padveiligheid, Versamelkuns, Veiligheid by die huis, Water ens., Dienstake in huis, Kersfees, Speletjies, Geskiedenis van ons land, Fietsryveiligheid, Volkshelde, Staptoere, Noodhulp, Afrikaans – idiome, taal, Besoedeling.

Stuur asseblief vir my julle oulike lesse en ek sal dit aanstuur. Kan ons probeer om ten minste een vir elke afdeling in te stuur? Dalk is u ‘Hoe-om’ bydrae in die volgende boek! Stuur jou Hoe-om bydrae na [email protected]. Daar kort ook nog verskeie Hoe-Oms wat spesifiek op Verkenners gefokus is.

Kaapland Omsendbrief 22 Januarie 2016 Bladsy 8 van 14

Page 9: €¦  · Web viewword nie maar aange. spoor . sal word ... Dit blyk egter uit ‘n paar van die verslae wat ... Port Elizabeth Gerda Stols 21 Aug 16 Suid-Kaap Hartenbos Anton Erwee

4.3 SelfdoenpakkiesNK Volwasse Sake het in 2015 gewerk aan baie oulike selfdoenpakkies. Hierdie pakkies sal tydens die Volwasse Saamtrek uitgestal word. Daar is tans 10 selfdoenpakkies beskikbaar, nl: Voortrekkerwapen wat geverf kan word, Voortrekkerwapen fotoraam, Voortrekkerwapen mosaiek, Voortrekkerwapen legkaart, Kaartjiestel, Voortrekkervlag, Landsvlag, Bloedrivier, SA Provinsies, Kleurstelsel, Tafelmaniere en die Kleurstelsel- Krale. Dit is by die Voortrekkerdepot beskikbaar.

Kom ons Trap Nuwe Spore in 2016!

5. STAATMAKERSJulia Varley

Waarom Staatmaker? Waarom nie… Jeuglede tussen die ouderdom van 18 en 27 wat betrokke wil bly by Die Voortrekkers. Jeuglede wat mekaar ondersteun, lewensvaardighede ontwikkel (deur Jongleiers Ontwikkelingsprogram) en dit als terwyl jy ‘n goeie tyd het, met jou dam se mense...

Kaapland het tans 4 staatmakergroepe.

Wes-Kaap: Valsbaai Staatmakers, Kaapland Staatmakers, Stellenbosch Staatmakers.

Oos-Kaap: Setlaar Staatmakers.

Staatmakers word aangemoedig om by ‘n groep in te skryf in plaas van by ‘n kommando. Dit vergemaklik kommunikasie tussen staatmakers en verbeter die ondersteuningsnetwerk. Indien ‘n staatmaker nie van die groepdinamieka hou nie, moenie verlore gaan nie – skakel by jou naaste kommando in. Staatmakers wat besluit om by ‘n kommando in te skakel, kontak asseblief iemand in ‘n staatmakergroep naby jou en vra dat hulle jou op hoogte hou van die gebeure in die groep, sowel as gebiedsaktiwiteite.

Kommandobesture moet asseblief die 2015 matrieks betrokke hou by Die Voortrekkers. Help hulle om kontak te maak met ‘n staatmakergroep, of stuur asseblief hulle name en kontakbesonderhede vir my dan kan ons hulle kontak. Kommandobesture en offisiere nooi die staatmakers uit na die gebeure in die omliggende kommandos, help dat hulle ingelig bly sodat hulle betrokke kan bly.

Staatmakers word versoek om meer betrokke te wees by gebiedsaktiwiteite bv. Aktiewe dae, gebiedskampe, offisiere opleiding en vir dié wat die ekstra myl wil stap: wees ‘n spanoffisier by jou naaste kommando. Terselfdertyd wil ek sê dat staatmakers nie weeklikse vergarderings en irriterende “group chats” beteken nie, staatmakers beteken om daar te wees wanneer medevoortrekkerlede jou nodig het. Om te kan staatmaak op jou.

Indien jy in Kaapland is en betrokke wil raak, ‘n Staatmaker wil word en jy verlore voel, stuur gerus vir my ‘n epos by: [email protected]

6. FINANSIESAGL Constantine Varley

Voortrekkerkommando’s word daarop gewys dat registrasiegeld vir 2016 R525 per lid beloop en R212 per Heemraadslid.

Kaapland Omsendbrief 22 Januarie 2016 Bladsy 9 van 14

Page 10: €¦  · Web viewword nie maar aange. spoor . sal word ... Dit blyk egter uit ‘n paar van die verslae wat ... Port Elizabeth Gerda Stols 21 Aug 16 Suid-Kaap Hartenbos Anton Erwee

Voortrekkerkommando’s word ook daarop gewys dat lede moet kennis neem dat Voortrekkeraktiwiteite bo-en behalwe spanbyeenkomste slegs moontlik is nadat registrasiegeld verpligtinge nagekom is.

Kom ons help om vir Kaapland geld te spaar deur nie kontant in te betaal nie . Maak slegs gebruik van EFT asb.

Danksy ons goeie huurinkomste op ons terreine kon ons hierdie verhogings so laag as moontlik hou.

Die registrasiegeld vir 2016 was reeds betaalbaar vanaf 1 November 2015.

Samestelling van registrasiegelde is as volg: - Jeuglede : R525.00 waarvan R335.00 oorbetaal word aan Hoofbestuur en R190 aan Gebied

- Offisiere : R335.00 waarvan R335.00 oorbetaal word aan Hoofbestuur en R0 aan Gebied LET WEL: Kaapland stel die Gebiedsgedeelte vry mits ‘n Offisier ten minste die Kaapland Volwasse Saamtrek bywoon of ‘n geldige verskonning het vir die nie-bywoning van die Saamtrek.

- Heemrade: Betaal slegs R212.50 oor aan Hoofbestuur.

- Staatmakers: R525.00 waarvan R335.00 oorbetaal word aan Hoofbestuur en R190 aan Gebied.

LET WEL : Staatmakers wat 15 of meer ACB punte in 2015 gekry het, se registrasiegeld is dieselfde as dié van ‘n offisier. Staatmakers kan dus, met bewyse van hulle betrokkenheid in Die Voortrekkers, aansoek doen om dieselfde registrasiegeld as die offisiere te betaal, mits hulle meer as 15 ACB punte (gelykstaande aan een gebiedkamp se punte) in 2015 behaal het. Hierdie aansoeke moet die gebiedskantoor voor 28 Februarie 2016 bereik.

Eerstejaar staatmakers (maw 2015 se matrieks):  Registrasiegeld is dieselfde as ‘n offisier s’n, wat oorbetaal word aan hoofbestuur.

Betaling voor 30 April 2016:  Alle lede (behalwe Heemrade) kry ‘n R100 korting vanaf die Hoofbestuur se gedeelte van die registrasiegeldbetalings wat voor 30 April 2016 gedoen word.

NJ van der Merwe BoekbeursleningAlle naskoolse Voortrekkers wat verder gaan studeer word weer gewys op die aansoeke wat ingewag word vir die NJ van der Merwe Boekbeurslening. Die inligtingstuk en aansoekvorms is op die webwerf beskikbaar by: https://www.houkoers.co.za/Dokumentasie/Inligting. Die sperdatum vir aansoeke is 31 Maart 2016. Navrae kan gerig word aan die Hoofkantoor by [email protected].

EiendomNeem asseblief kennis daarvan dat Boshut opgegradeer is. Die agterste groot slaapvertrek is nou verdeel in twee vertrekke wat elkeen 10 mense kan huisves. Elke vertrek het ‘n en-suite badkamer wat bestaan uit stort, wasbak en toilet. Buite is daar badkamers met 4 toilette, 4 wasbakke en 4 storte vir seuns en vir dogters. Julle is welkom om tente op te slaan rondom die Boshut. ‘n Weermagtent is beskikbaar vir gebruik, teen ‘n ekstra koste van R300 per tent. Daar is nou koopkrag in Boshut. Julle het nog steeds die keuse van krag of sonder krag. Boshut het ‘n ekstra Wendyhuis buite waar daar nog twee mense kan slaap. Dit is nou ‘n baie lekker terrein vir ‘n klein kommando en/of ‘n spankamp met ‘n lekker vuurput vir kampvure buite.

Kaapland Omsendbrief 22 Januarie 2016 Bladsy 10 van 14

Page 11: €¦  · Web viewword nie maar aange. spoor . sal word ... Dit blyk egter uit ‘n paar van die verslae wat ... Port Elizabeth Gerda Stols 21 Aug 16 Suid-Kaap Hartenbos Anton Erwee

Ons bedbesetting is baie goed op die oomblik en ons probeer hard om so spoedig moontlik al die bouwerk klaar te maak op die terrein.

Fakkel het nou slaapplek vir 100 mense met lekker nuwe matrasse. Ons kan dit vermeerder na 136 beddens deur die wegbreeklokale te gebruik

Beplanning vir 2016- Om die afdakke by Fakkel toe te maak met seile wat kan oprol. Dit sal dan kan dien as eksta

wegbreeklokale of ekstra slaapplek- Om die boorgat op te koppel aangesien nuwe pyplyn nou gelê is- Om ‘n UBS te installeer wat die hele Wemmershoek ten minste van beperkte krag voorsien- Om nog store in te rig agter die opsigter se huis en die muur om die stoorterrein klaar te maak

sodat dit netjies lyk- Om die kombuis by Wawiel te verbeter met ‘n ekstra wasbak- Om die linnekamer klaar te maak by Wawiel- Om die afdak langs Wawiel te verleng tot by die stoep van die Komiteekamer- Om die stoep voor Wawiel, aan die trein se kant ook toe te maak.- Om die sonpanele wat al 3 jaar gelede goedgekeur is, te installeer- Om Museum af te skuif na stoor onder Komiteekamer vir beskerming teen brande

Kom ons werk saam en maak dit ‘n beter plek vir almal en bewaar ons terreine vir ons nageslagte. Pas ons eiendom op en maak seker dat ons dit nie self beskadig of bemors nie. As jy iets sien wat stukkend is, laat weet dadelik die bestuurder of vir my of vir Hesti.

7. BEMARKINGAGL Johan Minnie

AGL Bemarking: Johan MinnieSekretaris GK Bemarking: Liezie NelNoord-Kaap Taakgroep Bemarking Voorsitter: Elza ErasmusOos-Kaap Taakgroep Bemarking Voorsitter: Susan MulderWes-Kaap Taakgroep Bemarking Voorsitter: Gerda Stols

In Kaapland is ons bemarkingsfokuspunte vir 2016 weer sigbaarheid, beeldbou, multi-kanaal bemarking, die beskikbaarheid van ondersteunende bemarkingsmateriaal en gemeenskapsprojekte. Ons mik om twee keer per jaar elke kind in ons teikenmark te bereik met ‘n pamflet oor Die Voortrekkers, en dat elke kind in ons teikenmark ten minste vier keer per jaar moet hoor wat Die Voortrekkers doen.

7.1 Bemarkingsritme: Sigbaarheid en werwing

Die eerste kwartaal is inspringtyd en werwingstyd. Dit is nou belangrik om sigbaar te wees by skole se oueraande en om pamflette daar uit te deel of onder ruitveërs te plaas, om Facebook te gebruik om almal te laat weet waar en wanneer Die Voortrekkers weer gaan begin en wie gekontak kan word, en om dieselfde informasie in kerke se weeklikse afkondigings te laat plaas.

Bemarking het die meeste effek as kommando’s aktief en direk met hul voederskole werk, so indien u dit nog nie gedoen het nie, kontak die betrokke voederskole waar ons potensiële lede wag om vertel te word van Die Voortrekkers. Doen in hierdie kwartaal moeite om by skole uit te kom en, as dit moontlik is, om met skoliere te gesels tydens saalbyeenkomste en/of om vir hulle ‘n kort video te wys, of om te praat tydens ouer-aande. Oorweeg ook om by kerkdienste in die gemeenskap ‘n spreukbeurt vir vroeg

Kaapland Omsendbrief 22 Januarie 2016 Bladsy 11 van 14

Page 12: €¦  · Web viewword nie maar aange. spoor . sal word ... Dit blyk egter uit ‘n paar van die verslae wat ... Port Elizabeth Gerda Stols 21 Aug 16 Suid-Kaap Hartenbos Anton Erwee

in 2016 te vra om te verduidelik wat Die Voortrekkers doen en hoekom ouers en gemeentes moet omgee. Voorbeelde van Powerpoint skyfies vir hierdie doel is beskikbaar vanaf GK: Bemarking.

Kaapland Omsendbrief 22 Januarie 2016 Bladsy 12 van 14

Page 13: €¦  · Web viewword nie maar aange. spoor . sal word ... Dit blyk egter uit ‘n paar van die verslae wat ... Port Elizabeth Gerda Stols 21 Aug 16 Suid-Kaap Hartenbos Anton Erwee

7.2 Hulpmiddels en Toerusting

Elke provinsie in Kaapland het die afgelope weke twee uitrol- en twee teleskopiese baniere, blik-knopies met die Voortrekkerwapen op vir elke lid en nuwe voorraad van die Ouerpamflet ontvang vir gebruik in die onderskeie provinsies.

Bemarkingshulpmiddels soos die klimmuur, springkastele, baniere en dies meer wat beskikbaar is binne die gebied word deur taakgroepvoorsitters hanteer en beheer. In die Wes-Kaap word bemarkingsmateriaal by AGL Constantine Varley se onderneming gestoor.

Ontwerpe van goedgekeurde bemarkingsmateriaal sowel as al die riglyne en standaarde is beskikbaar in die Bemarkingstassie op www.houkoers.co.za - as jy ingeteken is, gebruik hierdie skakel: https://www.houkoers.co.za/Dokumentasie/Inligting en kyk onder Bemarking en dan onder Bemarkingstassie.

7.3 Beplanning vir die 85ste Jaar Fees van Die Voortrekkers in 2016

Ons sien met groot opgewondenheid uit na die 2016 feesjaar. Meer informasie oor die feesjaar is reeds deur die Nasionale Omsendbrief versprei en alle inligting rakende die feesjaar kan gevind word op die webwerf by: https://www.houkoers.co.za/Dokumentasie/Gebeurtenisse.

Baie sterkte aan die onderskeie fees-organiseerders binne Kaapland, kom ons gee hulle goeie ondersteuning sodat elke fees ‘n groot sukses kan wees:

Datum Provinsie / Area Feesterrein Fees organiseerder

13 Aug 16 Noord Kaap Magersfontein / Kimberley Charl Meyer

20 Aug 16 Oos-Kaap Piet Retief Monument, Port Elizabeth

Gerda Stols

21 Aug 16 Suid-Kaap Hartenbos Anton Erwee

27 Aug 16 Wes-Kaap Taalmonument, Paarl Charon Streit

Maak gerus kontak met die voorsitters van die Provinsiale Taakgroepe: Bemarking vir Noord-Kaap (Elza Erasmus), Oos-Kaap (Susan Mulder) en Wes-Kaap (Gerda Stols) met enige navrae of voorstelle oor bemarking.

Hou KoersDie Gebiedsdagbestuur

Kaapland Omsendbrief 22 Januarie 2016 Bladsy 13 van 14

Page 14: €¦  · Web viewword nie maar aange. spoor . sal word ... Dit blyk egter uit ‘n paar van die verslae wat ... Port Elizabeth Gerda Stols 21 Aug 16 Suid-Kaap Hartenbos Anton Erwee

Kaapland Omsendbrief 22 Januarie 2016 Bladsy 14 van 14