0001 2 afrikaans 1ste taal hg v2wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process...2.10 wat is die...

23
23 0001.2 (FINAL) AFRIKAANS EERSTE TAAL HG (VRAESTEL 2: LETTERKUNDE) NOVEMBER 2007 MEMORANDUM TYD: 3 UUR PUNTE: 100 SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN 2007 Skryf op die buiteblad van jou antwoordboek, teenoor die woord “Vak” – AFRIKAANS EERSTE TAAL HOëR GRAAD (VRAESTEL 2: LETTERKUNDE) Hierdie vraestel bestaan uit 22 bladsye.

Upload: others

Post on 26-Jan-2020

169 views

Category:

Documents


7 download

TRANSCRIPT

23

0001.2 (FINAL) AFRIKAANS EERSTE TAAL HG (VRAESTEL 2: LETTERKUNDE) NOVEMBER 2007 MEMORANDUM

TYD: 3 UUR PUNTE: 100

SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN 2007

Skryf op die buiteblad van jou antwoordboek, teenoor die woord “Vak” –

AFRIKAANS EERSTE TAAL HOëR GRAAD (VRAESTEL 2: LETTERKUNDE)

Hierdie vraestel bestaan uit 22 bladsye.

2 0001.2 (FINAL)

AFDELING A: POëSIE VRAAG 1 ONGESIENE GEDIG 1.1 Na wie of wat verwys “above” in die titel? Hou by die gegewens in die gedig. 1.1 Munisipaliteit / stadsraad / Council / plaaslike regering (net regering = 0) [1] 1.2 Wat noem ons ‘n strofe wat uit drie versreëls bestaan? 1.2 tersine [1] 1.3 Gee die Afrikaanse woord vir “quicksand” in versreël 6. 1.3 dryfsand / welsand / wil(le)sand / vlugsand / suigsand (sinksand = 0) [1] 1.4 Wat word gesuggereer met die gebruik van die beletselteken in versreël 10? 1.4 bv. Nog verdrinkings kan plaasvind [1] 1.5 Haal twee opeenvolgende woorde uit die gedig aan wat daarop dui dat die

“Council” hoogs tevrede is met die oplossing wat hulle bied. 1.5 “... mooi gesolve” [1] 1.6 Watter variant van Afrikaans word in die gedig gebruik? 1.6 Kaaps / Kaapse Afrikaans / Kaapse sleng / streekstaal van die kleurlinge /

Kaapse dialek [1] 1.7 Skryf ’n voorbeeld van alliterasie uit strofe 1 neer en onderstreep die

allitererende klanke. 1.7 “Die water willie weg van ...” [2] 1.8 Dink jy die spreker se probleem word opgelos? Motiveer jou antwoord. 1.8 (bv.) Ja, die Council het vir hulle die antwoord gegee – hulle moet na ’n hoër

plek trek. / Ja, want die Council het die problem mooi gesolve. (bv.) Nee, al die mense kan tog nie sommer net trek nie. [2] /10/

3 VRAAG 2 (Keuse) Geboortesertifikaat 2.1 Wie is die aangesprokene in die gedig? 2.1 (die bruinman se) kind / baba / geboorteling / ‘n seuntjie [1] 2.2 Skryf twee opeenvolgende woorde uit strofe 1 neer wat verwys na die titel. 2.2 “grys papier” / “jou geboorte” / ‘’naam, geslag’’ / ‘’ras kleurling’’ [1] 2.3 Wat beteken “oor die lug” in versreël 9. 2.3 radio / draadloos [1] 2.4 Benoem die stylfiguur in versreël 11. 2.4 inversie / omgekeerde woordorde [1] 2.5 Na wie verwys “ónse” in versreël 13? 2.5 die blankes / die witmense [1] 2.6 Na watter woord in die slotstrofe verwys “dit” in die slotreël? 2.6 bid / lag [1] 2.7 Daar word in die gedig na kleur verwys. Waarna verwys: 2.7.1 “blou” in versreël 8? 2.7.2 “blou” in versreël 14? 2.7.1 blou ink [1] 2.7.2 blou lug / hemelruim / hemel [1] 2.8 In strofe 1 is daar ’n voorbeeld van alliterasie wat dui op ’n gebrek aan

emosie. Haal die versreël aan en onderstreep die allitererende klanke. 2.8 kantooragtig koud / roetine stereotiep gering [2] 2.9 Skryf die twee betekenisse wat die woord “gering” kan hê, ondermekaar neer. 2.9 onbeduidend / van weinig waarde / minagtend /

gemerk / geklassifiseer [2] 2.10 Wat is die funksie van die aandagstrepe in versreël 10 en 11? 2.10 dit vestig die aandag op die teks tussenin / beeld Apartheid grafies uit

dit skei die spreker se reaksie van die res/kleurlinge se reaksie van die blankes s’n dit is ’n geïsoleerde gedagte met ’n eie klempatroon/ dit beklemtoon hoe stomgeslaan hulle is [2]

2.11 Noem een tegniek wat die digter in die slotstrofe gebruik om die spreker se erns en

dringendheid te kenne te gee? 2.11 aksente op woorde / herhaling / akuutaksente (enige een) [1] /15/

4 VRAAG 3 (Keuse) Suiwer wiskunde

3.1 Waarna verwys “uurwerk” in versreël 1? 3.1 klok / horlosie / uurglas / tydmeter (tyd = 0) [1] 3.2 Benoem die rymskema van hierdie gedig. 3.2 kruisrym [1] 3.3 Haal twee opeenvolgende woorde uit strofe 1 aan wat daarop dui dat die by gestol het. 3.3 “hang roerloos” [1] 3.4 Skryf 2 afsonderlike woorde uit strofe 2 neer wat daarop dui dat die brander gestol het. 3.4 “bly” “vasgehou” [1] 3.5 Wat word met “ligte” in versreël 7 bedoel? 3.5 (bv.) deurskynend / wit / skuim / sonder moeite / amper-sirkel [1] 3.6 Verwys na “verstarde” in versreël 4. 3.6.1 Haal ’n woord uit die eerste 2 versreëls aan wat in

kontras staan met “verstarde”. (1) 3.6.2 Gee die betekenis van “verstarde” binne konteks. (1) 3.6.3 Haal ’n woord uit strofe 1 aan wat verband hou met die

betekenis van “verstarde”. (1) 3.6.1 “kantel” [1] 3.6.2 (bv.) koppig volhard / tot stilstand gekom / versteen / bly net so / geen beweging

nie [1] 3.6.3 “nooit” / “roerloos” [1] 3.7 Verwys na versreëls 4 en 5. 3.7.1 Benoem die beeldspraak in hierdie versreëls. (1) 3.7.2 Skryf die twee sake wat teenoor mekaar gestel word,

ondermekaar neer. (2) 3.7.1 vergelyking [1] 3.7.2 lug

ys [2] 3.8 Noem een funksie van die enjambemente in strofe 1. 3.8 verdoesel die rym / dit ironiseer die stilstand in die gedig

suggereer / ondersteun die beweging waarvan daar sprake is (enige 1) [2] 3.9 Verklaar die titel van die gedig. 3.9 (bv.) ’n saak wat presies / sonder afwykinge / soos dit hoort /

voorspelbaar beskryf kan word [2] /15/

5 VRAAG 4 (Keuse) huisdig 4.1 Wie is die spreker in die gedig? 4.1 ’n digter / huisbewoner / iemand wat die huis huur

(eienaar van die huis = 0) (die digter = 0) [1] 4.2 Wat is die funksie van die dubbelpunt in versreël 5? 4.2 (bv.) uitbreiding / verduideliking (van die huis) volg [1] 4.3 Haal twee opeenvolgende woorde uit strofe 4 aan wat die “hemel” (versreël 5) van die

spreker se huis voorstel. 4.3 agt vertrekke [1] 4.4 Verduidelik wat met “karige ameublement” in versreël 10 bedoel word. 4.4 die meubels is min / armoedig [1] 4.5 Verwys na versreël 12. 4.5.1 Watter soort sonnet probeer die spreker skep? (1) 4.5.2 Hoe wyk die gedig af van die tradisionele sonnetvorm? (1) 4.5.1 Italiaanse sonnet [1] 4.5.2 Daar is ’n afwyking van die rymskema / afwyking in die jambiese vyfvoetige

versmaat / Daar is twee koeplette i.p.v. elke kwatryn [2] 4.6 Hoekom breek die digter “slenter” verkeerdelik af in versreël 9? 4.6 hy wil die rym behou met ameublement / rymdwang / illustreer die enjambement /

dit illustreer die enjambement [2] 4.7 Haal vier opeenvolgende woorde uit strofe 6 aan wat ’n voorbeeld

van personifikasie bevat. 4.7 “... die onkruid welig wuif ...” [2] 4.8 Watter verband is daar tussen die titel en die slotreël? 4.8 (bv.) dui op ’n huis wat gesluit is / dig gehou word / geheime

wat binne gehou moet word [2] 4.9 Verklaar die funksie van die afwesigheid van hoofletters in die gedig. 4.9 beklemtoon die eenvoud van die spreker se huis/gedig [2] /15/

6 VRAAG 5 (Keuse) Die kind

5.1 Wat is die implikasie daarvan dat ’n spesifieke naam van ’n kind in die titel ontbreek? 5.1 (bv.) Dit maak die gedig universeel / enige kind / nie ’n spesifieke kind nie [1] 5.2 Sê in een woord waarteen die kinders se skreeu (strofe 1 en 2) gemik is. 5.2 (bv.) onreg /geweld / diskriminasie / Apartheid / ongeregtigheid / rassisme [1] 5.3 Watter emosie word gesuggereer met “omsingelde hart” in versreël 5? 5.3 (bv.) beklemming / vrees / angs / benoudheid / vrees vir die soldate /

ingeperktheid (hartseer = 0) (“omsingelde” beteken “aan alle kante insluit”) [1] 5.4 Benoem die versvorm. 5.4 vrye vers [1] 5.5 Verwys na die herhaling van: “Die kind is nie dood nie” 5.5.1 Het die herhaling van bostaande versreël ’n letterlike of

figuurlike betekenis? (1) 5.5.2 Motiveer jou antwoord by 5.5.1. (2) 5.5.1 figuurlik [1] 5.5.2 (bv.) Die boodskap en die saak waarvoor die kind veg sal bly voortlewe [2] 5.6 Waarom dink jy lig die kind sy vuiste teen sy moeder (reël 2) en vader (reël 6)? 5.6 Bv. Die “kind” kom in opstand teen die tradisionele vorme van

gesag (regering, polisie en weermag) Bv. Hy verwyt hulle omdat hulle nie sterker opgetree het of protes aangeteken het nie. Bv. Omdat hulle toegelaat het dat die soldate hom (en ander kinders soos hy) doodskiet [2]

5.7 Skryf drie woorde, wat die progressie groei by die kind aandui, uit die laaste strofe neer. 5.7 kind

man reus (net twee reg = 1 punt) OF ”man geword het” / “’n man geword” = 2 / Nyanga, Afrika, wêreld = 2 ”reus geword het” / “’n reus geword” = 2 [2]

5.8 Wat is die funksie van die afwesigheid van leestekens in die gedig? 5.8 verskaf vloei aan die gedig / ondersteun die eenheidsgedagte / voortgesette stryd [2] 5.9 Hoekom is dit funksioneel dat die laaste reël van die gedig los

staan van die res van die gedig? 5.9 (bv.) dit hef die saak uit/ vryheid van die kind uit / hef die boodskap

wat gestuur word uit / ‘n pas is nie meer nodig nie [2] /15/ /40/

7 AFDELING B: DRAMA VRAAG 6 PERIANDROS VAN KORINTHE 6.1 “sonder rus”

”teen ’n klipperige kus” (reël 117 en 118) Watter verband is daar tussen die aangehaalde woorde en die einde van die drama? 6.1 (bv.) Aan die einde word Periandros op die strand begrawe – teen die klipperige kus

waar die branders aanhoudend (sonder rus) oor hom sal breek [2] 6.2 “Vader, voor my vertrek wil ek iets vra ...” (reël 119) 6.2.1 Waarheen is Lukophroon op pad? (1) 6.2.2 Wat was die doel van sy reis? (2) 6.2.1 Na Thrasuboelos (van Milete) / na Milete / Periandros se jeugvriend [1] 6.2.2 (bv.) Hy moes by Thrasuboelos gaan uitvind / raad inwin hoe hy (Periandros) moes

regeer / wat hy met die Bakchiadai moes maak [2] 6.3 Wat word bedoel met “skryn” in reël 122? 6.3 brand / pla / skaaf / druk / hinder / seermaak [1] 6.4 “.. e ... e ... e ...” (reël 125) 6.4.1 Wat word hierdie manier van praat genoem? (1) 6.4.2 Hoekom praat Lukophroon in hierdie trant? (2) 6.4.1 stotter / hakkel / stamel [1] 6.4.2 (bv.) Hy is huiwerig / weet nie hoe om die saak met sy pa aan te

roer nie / bang / op sy senuwees [2] 6.5 “... oor die manier wat Vader soms met moeder praat.” (reël 125) 6.5.1 Op watter manier praat Periandros soms met Melissa? (1) 6.5.2 In die aanhaling verdedig Lukophroon sy moeder.

Gee ’n bewys uit die drama dat hy besonder geheg aan sy moeder is. (2)

6.5.1 (bv.) sonder respek / verwytend / beskuldigend / minagtend / kortaf / neerhalend

aggressief / onbeskof / skel / lelik / liefdeloos / hy praat neer op haar [1] 6.5.2 (bv.) - sy geskenk – albasterpotjies met olies en reukwaters – aan sy moeder

voor sy vertrek - sy geskenk (rok) aan sy moeder met sy terugkoms / - hy glo sy pa het sy ma vermoor en weier om met hom te praat

of hom verder te respekteer [2] 6.5.3 Waarom dink jy het Periandros met Melissa op

“die manier” gepraat? (2) 6.5.3 (bv.) In sy agterdog en jaloesie het hy haar beskuldig van ontrouheid en

losbandigheid / jaloesie [2]

8

6.5.4 Watter tragiese gebeure het hierdie “manier van praat” tot gevolg gehad? (2) 6.5.4 (bv.) Tydens ’n rusie stamp hy haar in ’n woedebui uit sy pad -

sy val oor die koringkis en sterf later / Melissa se dood / sy het ‘n miskraam gehad en later gesterf [2]

6.6 “My seun, loop jou gevoelens nie met jou op hol? (reël 126) 6.6.1 Wat bedoel Periandros met hierdie vraag? (1) 6.6.2 Hoe weet ons dat Lukophroon se gevoelens wel “op hol” was? (2) 6.6.1 (bv.) Lukophroon is verniet ontsteld / bekommerd / sien spoke / oorreageer [1] 6.6.2 (bv.) Hy het dikwels wakker gelê wanneer sy pa laat ingekom het

en hy en Melissa rusie gemaak het / Hy het die durf gehad om sy pa aan te spreek oor hoe hy met sy ma praat. [2]

6.7 “Terloops, jou moeder is die mooiste en die mees beminde

vrou, nie net vir my maar ook vir ander in Korinthe.” (reëls 130 – 131) 6.7.1 Na wie verwys die “ander” in bostaande aanhaling? (1) 6.7.2 Hoekom is Periandros se erkenning dat Melissa die

mooiste en mees beminde vrou is, so ironies? (2) 6.7.1 ander mans wat Melissa op die feeste bewonder / Ganguloon [1] 6.7.2 (bv.) Melissa het altyd op Periandros se versoek mooi gelyk, maar

wanneer ander haar op feeste bewonder het, was hy jaloers en het haar beskuldig dat sy ander mans lok / As sy dan vir hom so mooi is, hoekom verneuk hy haar dan? / Hy hanteer haar nie asof sy die mooiste vrou is nie / Hy regverdig sy eie losbandigheid [2]

6.8 Sê in jou eie woorde wat ’n kliek is. (reël 135) 6.8 (bv.) ’n groep wat saamspan / dieselfde belange het /

groep wat ooreenstemmend is (net groep = 0) [1] 6.9 Wat bedoel Periandros met “kamma” in reël 136? 6.9 (bv.) maak asof / kamtig / nie regtig nie / gee voor [1] 6.10 “wat sou jy aanvang met die nuwe handelstand?” 6.10.1 Verduidelik wie die “nuwe” handelaars is. (2) 6.10.2 Wat is die letterlike betekenis van die leier van die leër se

antwoord op Periandros se vraag? (2) 6.10.1 Die Bakchiadai se kinders wat deur Periandros se pa na

Kerkura verban is en nou groot is [2] 6.10.2 Die nuwe handelstand moet vermoor word / doodgemaak word [2] 6.11 Wat gebeur uiteindelik met die nuwe handelstand? 6.11 Die mans word vermoor (1) en die vroue en kinders na Kerkura verban (1). [2] /30/

9 VRAAG 7: PERIANDROS VAN KORINTHE 7.1. Bespreek die volgende sirkulerende / terugkerende simbole in die drama:

• Die wildevark • Die kissie met albasterpotjies

7.1 Die wildevark

• Aan die begin van die drama is dit ’n regte wildevark wat geoffer word vir vrede en eenheid in die ryk en voorspoed in Korinthe / offersimbool

• Hy vergelyk sy woede met dié van ’n wildevark wanneer hy verwys na die gebreke van Kuupselos en sy oumagrootjie, Labda

• Die Bakchiadai, wat moes dien as Periandros se eerste “suiweringsoffer” word vermoor op die plek waar hulle gewoonlik perde en wildevarke as offers slag

• Aan die einde is Periandros die wildevark wat sterf vir voorspoed en suiwering in Korinthe

Die kissie met albasterpotjies

• Die albasterpotjies is simbool van die liefde van Lukophroon vir sy ma / hy is moedermal

• Dit is ook die oorsaak van Periandros se agterdog en jaloesie • Dit word simbool van versoening wanneer Melissa dit orweeg om die

potjies in die see te gooi vir Periandros se geluk • Periandros konfronteer Ganguloon daarmee om hom te probeer uitvang • Dit word ’n offersimbool wanneer Periandros dit in die suiwerende vuur

gooi met die rokke en juwele as offer vir Melissa in die doderyk – dit dien as boetedoening [10]

10 7.2 Bespreek die verhouding tussen Periandros en Lukophroon deur te

verwys na: • Lukophroon as Periandros se vertroueling • Lukophroon as antagonis

7.2 Lukophroon as Periandros se vertroueling

• Periandros se jongste seun en vertroueling • Periandros beskou hom as opvolger vir die ryk omdat die oudste seun

en tradisionele opvolger, Kuupselos, swaapagtig is • Periandros slag saam met hom die wildevark vir die vrede en eenheid in

die ryk en voorspoed in Korinthe • Periandros stuur hom na Thrasuboelos om te gaan uitvind hoe hy

(Periandros) moet regeer Lukophroon as antagonis (moet beantwoord word uit Luhophroon se perspektief)

• Hy konfronteer Periandros met die moord op die Bakchiadai. Hy sien die Bakchiadai as ’n wins en geen gevaar. Hy probeer keer dat hulle vermoor word en dat hulle bedrywighede liewer deur wette beheer / ingeperk moet word

• Hy konfronteer Periandros met die 30 vroue wat op die skip verbrand is. Hulle losse sedes kon hy deur doeltreffende wette beperk het. Deur hulle te verbrand, kon hulle geen insig verwerf en is daar dus geen rehabilitasie nie.

• Hy konfronteer Periandros oor die manier waarop hy met sy moeder praat (skel)

• Hy beskuldig Periandros van moord op sy moeder • Hy beskuldig Periandros van losbandigheid en die pyn wat hy daardeur

in die huisgesin gebring het as gevolg van sy ontrouheid en losse sedes. • Hy weier om sy pa te vergewe. [10]

7.3 Bespreek die lof wat Periandros toekom deur te verwys na dit wat

hy vermag het as heerser. 7.3 Die lof wat Periandros toekom

• Periandros het chaos (warboel) beveg met die eerste wêreldstad • Hy het met wysheid (helder denke) as vrederegter tussen lande

opgetree en probleme opgelos • Hy het denkers / danseresse / kunstenaars na Korinthe gelok • Sy slagskepe (oorlogskepe) het seerowers in die Middellandse

(Tussen-) see uitgeroei • Hy het ontwikkeling in skeepsbou teweeggebring • Hy het Korinthe se twee hawens verbind • Hy het die handel bevorder – dit gaan goed in Korinthe • Produkte van Korinthe is oral langs die Tussensee verhandel • Hy het fantastiese goud- en silwersmede / skepe • Kaasfabrieke / skure graan / timmerhout • Hy beheer die silwer en die goud • Landbou floreer • Op alle handelsroetes het hy garnisoene • Hy het die eerste geld laat munt, maar met die gevlerkte hings daarop

– vergeet nie die godsdiens [10] /30/

11 VRAAG 8 DIE KEISER 8.1 Waarvoor vra Diplomaat om verskoning in reël 1? 8.1 Sy vuil krawat. [1] 8.2 Watter ministersportefeulje beklee Diplomaat? 8.2 Minister van Buitelandse Sake [1] 8.3 Na watter vroeëre erkentenis van Diplomaat verwys die Hofnar met: “Of

Romeinse klere.” in reël 10? 8.3 Toe hy in Rome was het hy Romeinse klere gedra / As hy ander lande besoek,

dra hy hulle klere. [1] 8.4 Wie het vroeër in hierdie toneel gesê: “Daar lê net ’n afgooi tussen ’n kaftan en kaal.” 8.4 Maarskalk [1] 8.5 Wie se woorde word in reël 12 deur die Hofnar herhaal? [1] 8.5 Kultuur [1] 8.6 Hoekom is hierdie land se naam juis “Ekwator” (reël 22)? 8.6 (bv.) Die land is op/naby die ewenaar/ekwator geleë. [1] 8.7 In die toneelaanwysings in reël 27 staan “Beuels.” Wat is ’n beuel? [1] 8.7 (koper)blaasinstrument / musiekinstrument / instrument [1] 8.8 Watter woord gebruik die Keiserin om die aanwesiges welvaart/voorspoed

toe te wens? 8.8 heil [1] 8.9 Verwys na “halfeeufees” in reël 38. 8.9.1 Ter ere van wie word die halfeeufees gehou? (1) 8.9.2 Wat word gedenk met die halfeeufeesvieringe? (1) 8.9.1 Keiser [1] 8.9.2 Sy 50 ste jaar van regering. / Keiser is 50 jaar aanbewind. [1] 8.10 Na watter vorm van geweldpleging verwys die “situasie aan ons grense”

in reël 40? 8.10 terrorisme / oorlog / die volk kom in opstand teen die heersers [1] 8.11 Noem een verskil tussen Ekwator en Utopia. 8.11 Ekwator bestaan en Utopia is denkbeeldig / Ekwator het ’n Keiser en Utopia ’n

Grootkeiser. / Dit gaan sleg in Ekwator en dit gaan goed in Utopia. / Hulle praat verskillende tale. / Hulle kleredrag verskil. [1]

12

8.12 Wie is die jong kollega na wie daar in reël 51 verwys word? 8.12 Diplomaat [1] 8.13 Wat beteken die uitdrukking: “Die klere maak die man.” in reël 5? [2] 8.13 (bv.) ’n mens word dikwels na die uiterlike geoordeel /

’n persoon se kleredrag wys sy stand aan / ordentlike klere maak jou beskaaf [2] 8.14 Hoekom is dit ironies dat die Keiser juis ’n kaftan (reël 9) teenoor Diplomaat noem? 8.14 (bv.) Diplomaat is ’n voorstander van die dra van kaftans (en safaripakke). [2] 8.15 Hoekom is die Keiser se verwysing “En die volgende stap is kaal.” in reël 11 ironies? 8.15 (bv.) Nou is hy daarteen, maar aan die einde van die drama stap die Keiser kaal

in die optog. / (die keiser stap kaal = 1) Hy wil nie soos sy pa wees nie. [2]

8.16 Volgens watter modestyl uit watter tydperk sou die Keiserin geklee wees? 8.16 modes van Versailles (aan die einde) van die 17de eeu /

tradisionele drag van daardie era [2] 8.17 Op watter twee ideale is die beskawingsprogram geskoei? 8.17 dat die volk geklee en gevoed moet wees / kos en klere [2] 8.18 Hoe verskil Diplomaat en Kultuur se siening oor kleredrag? 8.18 (bv.) Diplomaat is ’n voorstander van kaftans en safaripakke en

Kultuur wil ten alle koste die Versailles-modes behou. (bv.) Diplomaat wil moderne klere dra en Kultuur wil tradisionele klere dra [2]

8.19 Verwys na die beskawingsprogram in reël 39.

8.19.1 Watter Minister was verantwoordelik vir die beskawingsprogram? (1) 8.19.2 Was hy suksesvol met die beskawingsprogram? Verduidelik jou standpunt in een sin. (2)

8.19.1 Kultuur [1] 8.19.2 (bv.) Nee, hy het homself verryk. / Nee, die volk het nie klere nie/is nog steeds

arm en honger. / Nee, hy het die geld onnodig uitgegee. [2] 8.20 Hoekom klink dit of Diplomaat die wewers voorpraat? 8.20 (bv.) Hy is kop in een mus met hulle. /

(bv.) Hulle is almal deel van die komplot teen die Keiser. [2] /30/

13 VRAAG 9 DIE KEISER 9.1 In Die Burger van 18 Augustus 2006 het die volgende verskyn:

Tragedie van kreperende Zim sterk voelbaar in SA DIE klaaglike mislukking van pres. Robert Mugabe se maatskaplik-ekonomiese beleid die afgelope klompie jare het al heelwat kwinkslae tot gevolg gehad.

Een van Beeld, susterkoerant van Die Burger, se gewildste rubriekskrywers verwys al na die man as “Idi Mugabe”, die Engelse media verwys dikwels na “Mad Bob” ...

Bewys dat die drama Die Keiser na dertig jaar nog steeds aktueel (op die

oomblik van belang wat die sake van die dag betref) is. Verwys na die volgende sake:

• universele probleme wat in die drama aangeraak word • naamgewing, en verwysings na karakters, tyd en ruimte • ooreenkomste met huidige wêreldgebeure.

9.1 Universele probleme

• Korrupsie / bedrog • Wanbesteding • Onbetroubare amptenare • Hebsug • Opstand • Afstand tussen regeerders en die volk

Naamgewing – karakters tyd en ruimte • Gebeure is nie aan bepaalde plekke en tye gekoppel nie • Karakters in die drama word na hulle ampte/beroepe/byname benoem • Ekwator verwys na enige plek op die ewenaar • Alhoewel die kleredrag uit die 17de eeu dateer speel die drama

volgens die vooraf inligting in ons eie tyd af • Die kabinetsportefeuljes reflekteer ’n moderne land

Ooreenkomste met huidige wêreldgebeure • Verkiesingsbedrog soos in Zimbabwe, Kenia en die Kongo • Wanbestuur van lande • Politieke leiers wat hulle volke mislei • Wanbesteding van staatsgeld • Versteurdheid [10]

9.2 In die derde bedryf lees ons:

Keiser: Ek droom ... Ek wéét dit moet iets te doen hê met my vader se siekte – maar dit help my niks dat ek dit weet nie. Dit kom altyd weer terug – altyd dieselfde droom ...

Bespreek die invloed wat sy vader se siekte op die Keiser het. Verwys na die

volgende:

• Die aard van sy vader se siekte en wat dit veroorsaak het • Die ooreenkomste tussen die Keiser en sy vader [10]

9.2 Sy vader se siekte:

14 • Snaakse siekte wat hy op sy oudag ontwikkel het

• Moontlik sy gewete omdat hy sy volk so sleg behandel het • Hy sê sy klere brand hom • Hy kerm van die pyn en skeur sy klere van sy lyf af • Die mense het dit in die openbaar gesien en hom • Die Mal Keiser genoem.

Ooreenkomste: • Word deur hulle gewete gepla • Sukkel om behoorlik vir die volk te sorg • Lieg vir hulleself • Glo hulle bevele word uitgevoer • Aan die einde word die Keiser se vrees bewaarheid – hy loop kaal voor

sy volk – hy sien dat die volk, soos in sy vader se tyd, steeds arm, honger en swak geklee is. [10]

9.3 Bespreek die positiewe en negatiewe konnotasies wat in Die Keiser geheg

word aan: • goud • klere. [10]

9.3 Goud Sinoniem met korrupsie. Hou verband met dekadensie. Volgens die Hofnar is die land “vrot” van die goud: Korrupsie word geïllustreer deur die goue trone, toilette en gare. Word simbool van die verval van die heersers. Die magiese kostuum sal van goud gemaak word. Simboliseer die waarheid. Goud word beskou as die “suiwerste stof”.

Dui op leierskap. Goud maak van die mense bedrieërs.

Klere (Antieke) kleredrag word as die norm vir beskawing gesien. Die buitewêreld se kleredrag word as dekadent gesien. Kultuur gee voor dat hulle kleredrag ideaal is vir hulle klimaat. Diplomaat sê die klere pas nie by hulle klimaat nie. Die netheid van klere word as belangriker beskou as ander kwessies wat aandag behoort te kry. Die Keiser se leuse vir elke skool is: “Die klere maak die man.” Die volk verruil hulle klere vir kos. Die keiser sou gemaklik wees in ’n ligte kostuum. Die keiser se waansinnigheid word aangehelp deur sy uitrusting. Die wewers neem die plek van die Keiser en Keiserin in deur hulle klere aan te trek.

Die Keiser se kostuum sal dien as leuenverklikker om te sien wie hom bedrieg. As ’n volk kos en klere het sal ’n leër nie meer nodig wees nie. (Maarskalk

p.5) Die mal Keiser se klere wat hom gebrand het maak die Keiser meer bewus van klere. Die feit dat die Keiser aan die einde min klere dra red sy lewe, want die volk identifiseer met hom. [10]

/30/

15 AFDELING C: ROMAN VRAAG 10 TOORBERG 10.1 Waarna word verwys met die metafoor “Oog” in paragraaf 1? 10.1 fontein / die plek waar die water uit die grond uit kom [1] 10.2 Watter woord word in paragraaf 2 gebruik om na die “lewenstaak” van

die Moolmans te verwys? 10.2 roeping [1] 10.3 Skryf ’n woord uit paragraaf 2 neer wat op “onvrugbaarheid” of “onwilligheid” dui. 10.3 steeks / dooddroog [1] 10.4 Tydens watter Abel se heerskappy op Toorberg het die water begin opdroog? 10.4 OuAbel [1] 10.5 Verwys na “gedenk die lewe” in paragraaf 2.

10.5.1 Waar het StamAbel hierdie woorde laat aanbring? (1) 10.5.2 Teenoor wie het Abel hierdie woorde gebuik? (1)

10.5.1 op die gewel van Toorberg se opstal/huis [1] 10.5.2 weduwee (van die veespekulant) [1] 10.6 Wie het die boormasjien na Toorberg laat kom? 10.6 Abel [1] 10.7 Is die verwysing “en oral te boor na die waarheid” (paragraaf 3) hier

letterlik of figuurlik gebruik? Skryf net EEN woord neer. 10.7 figuurlik [1] 10.8 Watter woord word in paragraaf 4 gebruik om aan te dui dat die magistraat

sy neus in ander mense se sake steek? 10.8 bemoeisiek [1] 10.9 Benoem die beeldspraak in “kompleet nes ’n meerkat voor sy gat.” 10.9 vergelyking [1] 10.10 Wat is die magistraat se naam en van? 10.10 Abraham van der Ligt [1] 10.11 Lucius en die magistraat (par. 7). Wat het hulle beroepe gemeen? 10.11 (bv.) Beide het regsberoepe / beroepe in die regte. [1]

16

10.12 Hoe is dit moontlik dat die takke van die bewegende skaduwees “deur hom val” (par 3)? 10.12 (bv.) OuAbel is reeds dood. / Hy leef nie meer nie. / spook of gees [2] 10.13 Na watter gebeurtenis verwys die woorde “die droefheid van Toorberg” in paragraaf 3? 10.13 Druppeltjie/Noag (Moolman/du Pisani) wat in die boorgat geval het. /

Druppeltjie se dood [2] 10.14 Hoekom is dit ironies dat die magistraat ’n “af arm” het? (paragraaf 3) 10.14 Dit is ironies dat die man wat die “lang arm van die gereg” verteenwoordig

’n af arm het/kort armpie het, [2] 10.15 Gee ’n bewys uit paragraaf 3 dat OuAbel Moolman uiters rassisties is. 10.15 (bv.) hy noem die bruinmense “bruinvel(le)”. /

Hy reken die magistraat moenie uit die Skaamfamilie se bekers drink nie. / Hy reken die witmense is beter as die bruinmense. / Hy sê dat as die magistraat by die Skaamfamilie kom is hy soos een wat nie maniere of soort ken nie. [2]

10.16 Wat is die funksie van die opeenvolgende vrae aan die einde van paragraaf 3? 10.16 (bv.) Dit dui op OuAbel se onsekerheid oor die aankoms van die Magistraat. /

Dit toon aan dat die Moolmans nie daarvan hou dat daar met hulle sake ingemeng word nie. / dat die magistraat nie welkom is nie / Aanduiding van OuAbel se woede. / [2]

10.17 Gee ’n bewys uit paragraaf 4 dat die Toorder “die derde oog” het. 10.17 (bv.) OuAbel kon aanvoel dat die Toorder na hom sit en kyk. /

Die Toorder sit en kyk na iemand wat al reeds oorlede is. [2] 10.18 OuAbel bespiegel oor doodgaan in paragraaf 6. Noem TWEE dinge

wat OuAbel gedoen het onmiddellik net voor hy dood is. 10.18 1 Hy het sy knipmes en repie biltong langs hom neergesit.

2 Hy het gevra hoe laat dit is en met ’n sug sy laaste asem uitgeblaas. [2] 10.19 Noem TWEE ooreenkomste tussen die dood van StamAbel en die dood van OuAbel. 10.19 Beide het elfuur in die oggend gesterf.

Hulle het op dieselfde datum gesterf. [2] 10.20 Gee ’n bewys uit die gegewe teks wat die volgende stelling staaf:

Toorberg het nie tyd en plek vir geleerdheid of kunstigheid nie. 10.20 Die slim Lucius het ’n regter in die stad gaan word. [2] /30/

17 VRAAG 11 TOORBERG 11.1 Suid-Afrikaners beleef daagliks verskillende vorme van diskriminasie. Hierdie

aktuele probleem kom ruimskoots onder die loep in die roman Toorberg. Bespreek hoe daar teen

• Posmeester Moolman • Floors Moolman • Andreas Moolman

gediskrimineer word. Sê telkens om watter rede en hoe daar teen hulle gediskrimineer word, en wat die lotgeval van elkeen is.

11.1 Posmeester Moolman

• Uit sy erfgrond uit • oor sy troue met Amy O’Leary • net oor sy Katoliek is • Woon by die halte en hou dikwels die gebeure op Toorberg se werf

met ’n verkyker dop. Floors Moolman

• Word beskou as ’n onnoembare broer. • Het ’n verhouding gehad met (Ouma) Kitty Riet • omdat sy bruin was en hy wit • Sy pa het hom met ’n sweep bygekom • omdat hy nie “sy soort geken het nie”. • Hy word weggejaag van die plaas af. • Hy daal laag in sy sieke na homself – begin met uitvraery oor

homself en die Moolmans. Andreas Moolman

• Hy word beskuldig van godslastering • Hy skywe heroïese ballades vir die Engelse soldate • Hy is kunstig – sy vriende ook. • Suggestie dat hy homoseksueel is. • Hy besing Koningin Victoria in sy poësie. • Toorberg het hom die rug toegekeer. • StamAbel: Sit jou Hanskakievoet nooit weer op die erwe

van jou vadere nie. 11.2 Bespreek die rol van die magistraat en gee aandag aan die volgende sake:

• hoekom sy briewe ironies is en watter lig dit op sy ondersoek werp • hoe hy gaandeweg betrokke raak by Druppeltjie se dood

11.2 Sy briewe

• Sy briewe is ironies omdat hy dit skryf aan ’n vrou wat óf dood is óf dalk glad nie bestaan nie.

• In plaas daarvan om die briewe te pos, spoel hy dit in die toilet af – wat dalk kan dui op die futiliteit van sy ondersoek.

• Sy briewe kan beskou word as ’n verwerkingsmeganisme , omdat hy nie met enigiemand anders kommunikeer nie. Die briewe verlig sy eensaamheid.

• Die briewe bring hom geleidelik tot insig in die hele situasie. • Die briewe word ’n formele hofverslag van sy ervarings en indrukke. • Hy skryf eintlik die briewe aan homself.

18

Sy betrokkenheid by Druppeltjie se dood • Hy reken dat almal skuldig is aan Druppeltjie se dood – hy ingesluit. • Sy betrokkenheid as De la Rey by Ella, sluit hom doelbewus by die

verhaal in en so raak hy deel van die skuld. • “Op ’n manier voel ek familie van die Moolmans en voel ek, hier in die

vreemde De la Rey se kamer, of ek al voorheen hier was.” • Net omdat hy die saak weer kom oopkrap, raak hy ook op ’n vreemde

manier skuldig aan die oopgrawe van die saak. • Hy begin twyfel aan sy reg om met die saak voort te gaan. • Uiteindelik pleit hy die reg, en spreek hy dit nie meer nie. [10]

11.3 Die naam Toorberg suggereer dat die leser met die bonatuurlike te doen gaan

kry. Die magistraat sê van sy ondersoek: “Dalk lei dit my na die wortels van die stam,

na insidente van jare gelede, waar geskiedenis en legende ineenvloei tot die nagmerrie van die verlede.”

Hy sê ook: “Dit lyk ... of die Moolmans deur legendes wil ontsnap na ’n wêreld waar die normale reëls nie geld nie.”

Beskryf die bonatuurlike aannames, vertellings en legendes oor Druppeltjie Dupisani. Kyk veral na:

• sy verskillende name • sy ongewone gedrag • sy lotsbestemming • sy ouers

11.3 Verskillende name

• Vernoem na die groot waterman van die Bybel = Noag • Kind van die weemoed – a.g.v. die druppeltjie op sy linkerwang die

eerste sewe maande na sy geboorte • Word Druppeltjie genoem a.g.v. die druppeltjie op sy linkerwang

Ongewone gedrag • Het die derde oog • Kon water aanvoel tot honderd voet onder die grond • Het as kind in boorgate afgeloer • Het graag onder die wilgerbome gespeel • Het nooit sy oë vir die son geknip nie

Lotsbestemming • Val in ’n boorgat • Sy oupa moes hom ’n genadeskoot gee • Maar niemand kan presies sê hoe dit gebeur het nie.

Ouers • Was nooit getroud nie • Beide had die derde oog • Waterwyser het ’n aanvoeling vir water • Waterwyser is ’n man met swerwersbloed. • Sy ma, KênsTillie, is met die naelstring om die nek gebore. • Haar ouers gee vir haar daggatee om haar kalm te hou. [10]

/30/

19 VRAAG 12 KRINGE IN ’N BOS 12.1 Wat beteken “oorle”? (paragraaf 3) 12.1 oorlede / hy is dood [1] 12.2 Watter universele problematiek word in paragraaf 5 aangeraak? Skryf een woord neer. 12.2 bewaring / bosbewaring / natuurbewaring [1] 12.3 Watter karaktertrek toon Saul as hy sê: “Saul Barnard het (nie) om kos kom bedel nie!”?

(paragraaf 19) 12.3 trots [1] 12.4 Wat beteken die woord deernis in paragraaf 35? 12.4 medelye / simpatie / erbarming / jammerte / meegevoel [1] 12.5 Hoe is Joram Barnard dood? 12.5 ’n Kalander het verkeerd geval en hy is dood onder die kalander. [2] 12.6 Gee twee verskillende name vir ’n kalander soos dit in hierdie roman gebruik word. 12.6 upright geelhout

die boom van (die kennis van) goed en kwaad [2] 12.7 Verduidelik hoekom Saul “haastig” is. (paragraaf 13) 12.7 (bv.) Hy is op ’n sending om Oupoot te skiet (en hy wil dit doen voordat

Freek Terblans dit doen.) / Hy wil Oupoot inhaal. / Hy wil Oupoot die vernedering spaar om voor Freek Terblans se geweer te kniel. [2]

12.8 Hoe weet die leser dat Saul baie honger is? 12.8 Hy moet sy hande bedwing om nie die patat uit die ou man se

hande te gryp nie. [2] 12.9 “Daar is min dinge waarvan julle my nie beskuldig het in hierdie bos nie ...” (paragraaf

19) 12.9.1 Noem VIER dinge waarvan die bosmense Saul beskuldig

het. Skryf die vier dinge onder mekaar neer. 12.9.2 Waarvan het die mense op die dorp vir Saul beskuldig? 12.9.1 verraaier / dat hy ’n spaai is vir Harison

oproerling weggejaagde opstandeling / dat hy altyd anders wil wees moordenaar / Arend se dood enige 4 [4]

12.9.2 dat hy dom is / onnosel is / “wild and dirty” is / vuil [1]

20

12.10 Wat het met Arend gebeur wat veroorsaak het dat Saul geblameer is? Gee twee feite. 12.10 (bv.) Hy het in ’n spyker getrap / terwyl hy vir Patterson help dra het. Hy is dood van bloedvergiftiging. [2] 12.11 “Op die laaste moes ek vir hom ’n bloubokkie vang en die kop oopkap ...” (paragraaf 28)

12.11.1 Hoe oud was Saul toe hy die eerste keer die bloubokkie se kop oopgekap het? (1)

12.11.2 Wat het Saul ontdek met die oopkap van die bloubokkie se kop? (2)

12.11.3 Hoe het die oopkap van die bloubokkie se kop Saul se siening oor die grootmense verander? (2)

12.11.1 14 / veertien [1] 12.11.2 Dat die bloubokkie se gal op die gewone plek sit / dat die bloubokkie

se gal nie in sy kop sit nie. [2] 12.11.3 (bv.) Hy het besef dat hulle óf gelieg het óf die lieg geglo het / Hy begin

goed/hulle bevraagteken. [2] 12.12 Hoekom beskou Saul vir Arend as sy “vriend”? (paragraaf 31) 12.12 (bv.) Hulle het eenders gedink oor die bloubokkie. / Hy sien nie

vir Saul as ‘n verraaier nie. / Hy bespreek die bloubokkie met hom. [2] 12.13 Watter ooreenkoms tussen Saul en Oupoot word aangeraak in die laaste twee

paragrawe van die aangehaalde gedeelte? 12.13 Albei loop alleen / is alleenlopers [2] 12.14 Verduidelik die ironie van die slotsin van paragraaf 37. 12.13 (bv.) Oom Martiens besef nie dat Saul daar is om vir Oupoot te skiet nie. /

Oupoot moet eintlik bang wees vir Saul, want Saul is daar om hom te skiet. / Hy hoef nie bang te wees te wees vir Oupoot nie, want hy is sy dierbroer. [2]

/30/

21

VRAAG 13 KRINGE IN ’N BOS 13.1 Hy’t gehoor MacDonald sê hy is wild; hy weet wat wild beteken ...

* * * ”Ek verstaan nie wat hier staan nie, Pa. Iets van tree pennies.”

* * * ”Hoe lank dink Pa kan die Bos nog hou?” Kringe in ’n Bos is ’n aktuele roman wat universele kwessies aanraak, m.a.w. dit handel

oor sake wat nou vir ons van belang is, en wat algemeen geldend is. Bespreek die aktualiteit van

• klasseverskille en diskriminasie • geletterdheid • bewaring

13.1 Klasseverskille en diskriminasie

• Teenoor die arm houtkappers wat altyd in die skuld bly, staan die houtkopers. Hulle is die grondbesitters en die handelaars, soos bv. MacDonald.

• Die Engelse sien neer op die houtkappers en deur hulle in die skuld te hou (hulle uit te buit) behou hulle mag oor die houtkappers en verryk hulself sodoende. / Jy is nie ‘n mens as jy nie geld het nie.

• Die houtkopers praat neerhalend van die houtkappers. • Hulle taal word “kitchen Dutch genoem. • Die konflik tussen Saul en Caroline MacDonald wys die klasseverskil baie

duidelik aan. Die doel van haar besoek is om die vriendskap tussen Saul en Kate te beëindig. Sy is ’n afstammeling van George Rex en Saul is ’n houtkapper..

Geletterdheid: • Die houtkappers is ongeletterd. • Hulle werk met hulle hande en kan nie lees of skryf nie. • Ongeletterdheid is vandag nog ’n groot probleem in Suid-Afrika. • Saul word uit die biblioteek uitgejaag omdat hy nie geletterd is nie. • Saul het by sy ma leer lees, maar sy Pa kon nie lees nie. • Omdat Saul kon lees, kon hy sy posisie en status in die samelewing verbeter.

Bewaring: • Saul beskerm die Bos en probeer om ander te oortuig dat hulle besig is om

die bos se hart uit te kap. • Saul reken dat Harison reg is met sy waarskuwings oor hulle die Bos verniel. • Saul verset hom daarteen dat die grootvoete vir hulle tande geskiet word. • Saul konfronteer die delwers • Hulle roei die bos uit om goud te soek. • Die Engelse maak vuur met stinkhout en agter elke tent groei ’n vullishoop. • Saul wil op die Pictor weggaan omdat hy nie kans sien om te sien hoe die Bos

vergaan nie. [10] 13.2 Bespreek Saul se innerlike konflik deur na die volgende te verwys:

• sy weggaan uit die Bos as gebrandmerkte • sy verhouding met Kate

13.2 Sy weggaan uit die Bos

• Met die oopkap van die bloubokkie se kop het die dink in Saul se kop losgekom. Hy word gebrandmerk as oproerling.

• Hy dink anders as die bosmense

22 • Hy word deur die bosmense as opstandeling beskou omdat hy nie aan die

kalander wou kap nie. • Hy word gebrandmerk as verraaier omdat hy volgens die bosmense glo vir

Harison sou spioeneer. • Omdat hy geweier het om ’n pad te loop wat nêrens uitkom nie, word hy as

weggejaagde gebrandmerk. • Hy voel magteloos teen die bosmense en teen die vernietiging van die Bos. • Dit is vir hom ’n moeilike besluit om die Bos te verlaat. • Hy word gebrandmerk as moordenaar.

Sy verhouding met Kate

• Saul ontmoet Kate toe hy 14 is. • Hy leer haar ken toe hy vir MacDonald werk. • Kate bly vir hom ‘n droom – konflik omdat sy buite sy bereik bly. • Sy leer hom Engels praat en leer hom lees. • Hy leer die gewoontes van die dorpsmense aan. • Konflik omdat MacDonald hulle verhouding afkeur. • Saul word verplig om die regte keuses te maak. • Hy weier om Kate saam Bos toe te neem. • Later as volwassene neem hy haar saam. • Hy besluit om Knysna te verlaat nadat MacDonald hom voor ’n keuse gestel

het, sodat Jozef-hulle steeds hulle hout aan MacDonald kon lewer. [10] 13.3 “Hy’t geskuil, baas Saul. Hy’t kring geloop en toe hier onder in die kloof, waar dit nog nie alles

uitgekap is nie, geskuil ...” Bespreek die kringmotief in die roman, deur na die volgende te verwys:

• Die titel Kringe in ’n Bos • Oupoot en Saul se sirkelgang • Die skewe sirkel • Tydshantering in die roman

13.3 Die titel Kringe in ’n Bos

• Reeds in die titel word die kringmotief aangeroer • Dit berei die leser voor op die deurlopende sirkelmotief • Die leser word voorberei om die verskillende sirkels/kringe raak te lees • Die kring is simbolies van die volmaakte.

Oupoot se sirkelgang • Olifante haal hulle prooi/vyande in deur hulle in sirkels te agtervolg en dood

te maak. • Die olifantjagter, Marais, is so gedood. • Oupoot loop twee sirkels, maar voltooi nie die derde sirkel nie.

Die skewe sirkel • Die regering vra te veel hout. • Die houtkopers buit die houtkappers uit. • Die houkappers voorsien, volgens die houtkopers altyd die verkeerde soort

hout. • Die houtkappers is besig om die Bos te vernietig. • Die houtkopers word al ryker en die houtkappers al armer.

Tydshantering • Die verhaal handel oor die 5 dae lank wat Saul agter Oupoot aanloop om hom

te skiet. Daar is talle terugflitse na die verlede. • Daar is ’n sirkel na die verlede en die hede. • Die verhaal begin met die hede, daar is talle terugflitse en • die verhaal eindig weer met die hede [10]

/30/

24