0001.3 afrikaans eerste taal hg (primêre taal)...

12
TYD: 2½ UUR PUNTE: [120] SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN 2004 Skryf op die buiteblad van jou antwoordboek, teenoor die woord “Vak” – AFRIKAANS EERSTE TAAL HOËRGRAAD (PRIMêRE TAAL) (VRAESTEL 3) Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye. 0001.3 AFRIKAANS EERSTE TAAL HG (PRIMêRE TAAL) (VRAESTEL 3) (DEELTYDSE KANDIDATE ALLEENLIK) NOVEMBER 2004

Upload: others

Post on 07-Jan-2020

4 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: 0001.3 AFRIKAANS EERSTE TAAL HG (PRIMêRE TAAL) …wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process... · Skryf nou 'n brief aan jou plaaslike koerant, waarin jy jou ontevredenheid

TYD: 2½ UUR PUNTE: [120]

SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN

2004

Skryf op die buiteblad van jou antwoordboek, teenoor die woord “Vak” –

AFRIKAANS EERSTE TAAL HOËRGRAAD (PRIMêRE TAAL) (VRAESTEL 3)

Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.

0001.3 AFRIKAANS EERSTE TAAL HG (PRIMêRE TAAL) (VRAESTEL 3) (DEELTYDSE KANDIDATE ALLEENLIK) NOVEMBER 2004

Page 2: 0001.3 AFRIKAANS EERSTE TAAL HG (PRIMêRE TAAL) …wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process... · Skryf nou 'n brief aan jou plaaslike koerant, waarin jy jou ontevredenheid

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2004 AFRIKAANS EERSTE TAAL HG/V3 (PRIMêRE TAAL) (0001.3)

2

VOORSKRIFTE 1. Beantwoord VYF vrae, EEN uit elk van die VYF afdelings. 2. Begin die antwoord op 'n nuwe vraag boaan 'n nuwe bladsy en skryf die nommer van die vraag bo die antwoord. 3. Skryf die getal woorde by elke antwoord regs onder neer. 4. Skryf netjies en leesbaar.

Page 3: 0001.3 AFRIKAANS EERSTE TAAL HG (PRIMêRE TAAL) …wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process... · Skryf nou 'n brief aan jou plaaslike koerant, waarin jy jou ontevredenheid

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2004 AFRIKAANS EERSTE TAAL HG/V3 (PRIMêRE TAAL) (0001.3)

3

AFDELING A (KREATIEWE SKRYFWERK) VRAAG 1 Kies EEN van die volgende onderwerpe en skryf 'n skryfstuk van 400 – 500 woorde daaroor. Waar 'n prent gegee word, kan dit slegs as prikkel dien. Voorsien jou skryfstuk van die onderwerp (titel) soos gegee en die nommer. Skryf die getal woorde regs onder neer. 1.1 Skryf 'n beskrywende stelstuk met die titel: Suid-Afrika is in baie opsigte 'n land van kontraste 1.2

VAT 'N KANS! DIT VERG DURF EN DAAD, MAAR DIE UITEINDELIKE

SUKSES IS SOET Deel nou jou eie “waagreis” mee in 'n verhalende opstel. Titel: My lewensreis tot dusver

Page 4: 0001.3 AFRIKAANS EERSTE TAAL HG (PRIMêRE TAAL) …wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process... · Skryf nou 'n brief aan jou plaaslike koerant, waarin jy jou ontevredenheid

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2004 AFRIKAANS EERSTE TAAL HG/V3 (PRIMêRE TAAL) (0001.3)

4

1.3 Voorsien die foto van 'n gepaste opskrif en gebruik dit as die titel van 'n skryfstuk.

1.4 Skryf op 'n mymerende of besinnende wyse oor die mense van jou omgewing en

hoe jy hulle sal onthou. Titel: 6de Laan se mense

Page 5: 0001.3 AFRIKAANS EERSTE TAAL HG (PRIMêRE TAAL) …wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process... · Skryf nou 'n brief aan jou plaaslike koerant, waarin jy jou ontevredenheid

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2004 AFRIKAANS EERSTE TAAL HG/V3 (PRIMêRE TAAL) (0001.3)

5

1.5

Het die elektroniese media die mens se vermoë om sinvol met ander te kommunikeer benadeel?

Skryf ‘'n beredenerende (betogende) skryfstuk na aanleiding van bogenoemde. Titel: Gesels met my! OF Die TV kry ons aan die praat!

1.6 Skryf ‘'n kreatiewe skryfstuk met die volgende inleidingsparagraaf. (Moenie die paragraaf oorskryf nie. Begin met paragraaf 2 en gaan dan voort.) ‘'n Maer jong man met ‘'n olyfkleurige vel en swart oë het pas by die tafeltjie oorkant my ingeskuif. Hy lyk skaars twintig, is eintlik nog ‘'n seun, maar sy gesig lyk soos dié van ‘'n ou man. Stroef, asof hy die lewe al van alle kante gesien het. Maar sy oë … dié kyk veraf na iets

aangrypends, iets wat net hy kan sien. Verskaf jou eie titel. /40/

Illustrasie: Fred Mouton

Page 6: 0001.3 AFRIKAANS EERSTE TAAL HG (PRIMêRE TAAL) …wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process... · Skryf nou 'n brief aan jou plaaslike koerant, waarin jy jou ontevredenheid

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2004 AFRIKAANS EERSTE TAAL HG/V3 (PRIMêRE TAAL) (0001.3)

6

AFDELING B (BRIEWE)

VRAAG 2 Skryf EEN van die volgende briewe met 'n inhoud van 180 – 200 woorde. Nommer jou keuse soos in die vraestel. Skryf die getal woorde regs onder neer. 2.1 Die onderstaande briewe is deur Pasmaatsdeelnemers aan Huisgenoot gestuur. Skryf 'n informele brief waarin jy op EEN van hierdie briewe reageer.

n Blou-oog van Kaapstad is 'n 27-jarige geskeide vrou met

swart hare en blou oë. Sy hou van lekker gesels, kos kook, braai, boere- en countrymusiek, uiteet en om die regte man lekker te bederf. Haar ideale maat is tussen 27 en 40 jaar en moet lekker kan gesels en lag. Sy verkies ook dat hy nie drink of geskei is nie en hy moet haar belangstellings deel. Hy woon verkieslik in die Kaapstad-omgewing. Foto’s welkom.

n Leeu van Worcester is

'n 24-jarige enkelloper. Hy is 1,8 m lank en weeg 75 kg met bruin hare en bruin oë. Hy hou van kampeer, sport, musiek, lees en nog baie meer. Hy het ook 'n heeltydse betrekking. Sy ideale maat is tussen 20 en 26 jaar. Sy mag rook en drink. “Ek soek vriendinne met 'n goeie humorsin en persoonlikheid.”

2.2 Die inwoners van jou buurt het al telkemale gevra dat die plaaslike stadsraad aandag aan die swak beligting in jou buurt moet gee, maar tot dusver het julle nog geen reaksie ontvang nie. Skryf nou 'n brief aan jou plaaslike koerant, waarin jy jou ontevredenheid

teenoor die stadsraad uitspreek. Rig jou brief aan Die Redakteur van die Herald en gebruik die volgende as inhoudsopskrif: Klagte oor swak beligting

2.3 Skryf 'n brief aan 'n vriend(in) waarin jy vertel van die ongelukkies wat jou pa getref het toe hy onlangs die huishouding moes waarneem, omdat jou ma nie

daar was nie. /20/

Page 7: 0001.3 AFRIKAANS EERSTE TAAL HG (PRIMêRE TAAL) …wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process... · Skryf nou 'n brief aan jou plaaslike koerant, waarin jy jou ontevredenheid

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2004 AFRIKAANS EERSTE TAAL HG/V3 (PRIMêRE TAAL) (0001.3)

7

AFDELING C (KORTER SKRYFSTUKKE) VRAAG 3 Kies EEN van die volgende opdragte en skryf 180 – 200 woorde daaroor. Voorsien jou skryfstuk van die nommer soos gegee. Skryf die getal woorde regs onder neer. 3.1 Gebruik die onderstaande afbeelding en skryf die gesprek tussen die twee persone in dialoogvorm neer.

Illustrasie: Fred Mouton

Page 8: 0001.3 AFRIKAANS EERSTE TAAL HG (PRIMêRE TAAL) …wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process... · Skryf nou 'n brief aan jou plaaslike koerant, waarin jy jou ontevredenheid

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2004 AFRIKAANS EERSTE TAAL HG/V3 (PRIMêRE TAAL) (0001.3)

8

3.2 Julle het 'n vergadering gehou om die jaarlikse afskeidsfunksie te beplan. Skryf nou die notule van die vergadering waar julle, onder andere, besluit het oor die aard van die funksie, die plek en die datum, en ook sekere pligte en verantwoordelikhede uitgedeel het. 3.3 Jy is die redakteur van 'n koerant. Die spotprentkunstenaar het die onderstaande illustrasie gemaak om die hoofartikel van die dag ook visueel voor te stel. Skryf die toepaslike hoofartikel van die koerant waarin jy die belangrikheid beklemtoon van die vennootskap tussen die onderwys en die ouerhuis om

kinders teen gevare te beskerm.

/20/

Page 9: 0001.3 AFRIKAANS EERSTE TAAL HG (PRIMêRE TAAL) …wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process... · Skryf nou 'n brief aan jou plaaslike koerant, waarin jy jou ontevredenheid

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2004 AFRIKAANS EERSTE TAAL HG/V3 (PRIMêRE TAAL) (0001.3)

9

AFDELING D (KORT SKRYFSTUKKE) VRAAG 4 Kies EEN van die volgende en skryf 80 – 100 woorde daaroor. Voorsien jou skryfstuk van die nommer soos gegee. Skryf die getal woorde regs onder neer.

‘Ek mis DIT!’ Lucia Gomes het 'n paar bekendes gaan

vra wat na hul mening nie meer dieselfde as in die goeie ou dae is nie

aar mense ook al sit en gesels, sal jy dikwels iemand hoor sê: “Dit is net nie meer dieselfde as vroeër nie.”

Die dit waarna verwys word, kan enigiets van “boeliebief”, tandepasta en skoensole tot fietsbande wees of iets wat in die verlede in was, maar vandag uit is. Jy sal graag ook jou mening hieroor in die tydskrif gepubliseer wil sien. Skryf 'n e-posboodskap waarin jy vertel watter dinge jy persoonlik mis. Stuur dit na die volgende e-posadres: [email protected] en skryf die onderwerp van jou boodskap onder die e-posadres neer. 4.2 Jy is toevallig alleen tuis toe die telefoon lui en jy vinnig die boodskap vir jou ouers moet neerskryf. Hulle is na 'n deftige dinee uitgenooi waar 'n toekenning aan 'n bekende persoonlikheid gemaak gaan word. Skryf die telefoonboodskap netjies oor in volsinne en gee alle nodige inligting. Jou eie adres is natuurlik nie nodig nie, maar begin met 'n aanhef waarin jy jou ouers aanspreek. 4.3 Jy is verantwoordelik vir die weeklikse rubriek in 'n koerant: JOU STERRE Sê. Verskaf die inhoud vir die volgende uitgawe onder die onderstaande TWEE hoofde:

Kreef (22 Junie – 22 Julie) Leeu (23 Julie – 23 Augustus) /10/

w4.1

Page 10: 0001.3 AFRIKAANS EERSTE TAAL HG (PRIMêRE TAAL) …wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process... · Skryf nou 'n brief aan jou plaaslike koerant, waarin jy jou ontevredenheid

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2004 AFRIKAANS EERSTE TAAL HG/V3 (PRIMêRE TAAL) (0001.3)

10

AFDELING E (VOORGESKREWE LETTERKUNDE) KIES SLEGS EEN VAN DIE SES VRAE UIT HIERDIE AFDELING EN SKRYF 'N SKRYFSTUK VAN 150 – 200 WOORDE DAAROOR. Voorsien jou skryfstuk van die vraagnommer. Skryf die getal woorde regs onder neer. DOUSPOOR – saamgestel deur Rudi Daniels en Gordon Julies VRAAG 5 Clarence – Elsa Joubert Haar ma is trots op haar. Veral noudat hulle die Transkei verlaat en by haar pa in die Kaap kom woon. Nou sal sy die sendingskool agterlaat en by die groot goewermentskool ingeskryf word. Daar word Clarence teen haar wil aktief by die stryd betrek. Dis nou tien jaar later en Clarence vind dit steeds moeilik om dit wat met haar in die Kaap gebeur het, te verwerk. Verbeel jou jy is Clarence. Skryf die onderhoud wat 'n joernalis met jou kom voer het en waarin hy jou uitvra oor dit wat jy as leerder in die Kaap ervaar het. Skryf die onderhoud in DIALOOGVORM.

/30/

OF

VRAAG 6 Hoekom? – Barrie Hough Ek gryp een van die vuil koppies op die skinkbord en gooi dit stukkend teen die muur. Hannes het so pas verneem dat Anton met die vigs-virus besmet is. Verbeel jou jy is Hannes. Verwoord jou skok en hartseer in 'n DAGBOEK- INSKRYWING. (Gee 'n beskrywing van jou gevoelens en emosies. 'n Aanhef soos “Liewe Dagboek” is opsioneel, maar onthou om die dag en datum boaan neer te skryf.) /30/

OF

Page 11: 0001.3 AFRIKAANS EERSTE TAAL HG (PRIMêRE TAAL) …wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process... · Skryf nou 'n brief aan jou plaaslike koerant, waarin jy jou ontevredenheid

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2004 AFRIKAANS EERSTE TAAL HG/V3 (PRIMêRE TAAL) (0001.3)

11

VRAAG 7 Agter die lig – Nini Nöthling Marietjie voel baie skuldig oor die voorval by mnr. Smit se lapa. Om van haar skuldgevoel ontslae te raak, besluit sy om alles in 'n biegbrief aan mnr. Smit te verduidelik. Verbeel jou jy is Marietjie. Skryf hierdie BIEGBRIEF.

/30/

OF STORIEPALET – saamgestel deur Jan B. Vermaak VRAAG 8 Die mimikus – Patrick W. Davids Ek trek my regterhand terug en bring die fotokopie van die drie jaar oue fotoberig te voorskyn. Haar blik praat soos haar hande met my. Skryf ‘n KOERANTBERIG en gebruik van die inligting uit die verlede van die mimikus.

/30/

OF VRAAG 9 Inkululeko – M.C. Botha Verbeel jou jy is die posman wat die Saterdag toevallig deel geword het van die studente se joolbedrywighede. Maak 'n DAGBOEKINSKRYWING van hierdie besondere dag in jou lewe. (Gee 'n beskrywing van jou gevoelens en emosies. 'n Aanhef soos “Liewe Dagboek” is opsioneel, maar onthou om die dag en datum boaan neer te skryf.)

/30/

OF

Page 12: 0001.3 AFRIKAANS EERSTE TAAL HG (PRIMêRE TAAL) …wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process... · Skryf nou 'n brief aan jou plaaslike koerant, waarin jy jou ontevredenheid

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2004 AFRIKAANS EERSTE TAAL HG/V3 (PRIMêRE TAAL) (0001.3)

12

VRAAG 10 Klein wêreldjie – Herman Wasserman Frederik Visagie (Vlekkie) kom tot Hans Stegmann se redding op die lughawe en neem hom per motor Sandton toe vir sy belangrike vergadering met John Forbes. Op pad Sandton toe vertel Hans vir Vlekkie waarom hy vir twee dae in Johannesburg is en wat aanleiding gegee het tot die situasie waarin hy hom die afgelope tyd bevind. Verbeel jou jy is Hans Stegmann. Skryf jou VERHAAL neer en noem die lewensles wat jy uit dié dag se gebeure geleer het.

/30/ TOTAAL: /120/