0001.3s afrikaans eerste taal hg (primêre taal)...

12
TYD: 2½ UUR PUNTE: 120 SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN 2007 Skryf op die buiteblad van jou antwoordboek, teenoor die woord “Vak” – AFRIKAANS EERSTE TAAL HOËRGRAAD (PRIMêRE TAAL) (VRAESTEL 3) Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye. 0001.3S AFRIKAANS EERSTE TAAL HG (PRIMêRE TAAL) (VRAESTEL 3) (DEELTYDSE KANDIDATE ALLEENLIK) MAART 2007

Upload: others

Post on 29-Jan-2020

10 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: 0001.3S AFRIKAANS EERSTE TAAL HG (PRIMêRE TAAL) …wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process... · 2007-07-30 · “Die dag toe ek my Pa verloor het” - Willem D. Kotzè

TYD: 2½ UUR PUNTE: 120

SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN

2007

Skryf op die buiteblad van jou antwoordboek, teenoor die woord “Vak” –

AFRIKAANS EERSTE TAAL HOËRGRAAD (PRIMêRE TAAL) (VRAESTEL 3)

Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.

0001.3S AFRIKAANS EERSTE TAAL HG (PRIMêRE TAAL) (VRAESTEL 3) (DEELTYDSE KANDIDATE ALLEENLIK) MAART 2007

Page 2: 0001.3S AFRIKAANS EERSTE TAAL HG (PRIMêRE TAAL) …wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process... · 2007-07-30 · “Die dag toe ek my Pa verloor het” - Willem D. Kotzè

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/M’2007 AFRIKAANS EERSTE TAAL HG/V3

2

(PRIMêRE TAAL) (0001.3S) VOORSKRIFTE 1. Beantwoord VYF vrae, EEN uit elk van die VYF afdelings. 2. Begin die antwoord op ’n nuwe vraag boaan ’n nuwe bladsy en skryf die nommer van die vraag bo die antwoord. 3. Skryf die getal woorde by elke antwoord regs onder neer. 4. Skryf netjies en leesbaar.

Page 3: 0001.3S AFRIKAANS EERSTE TAAL HG (PRIMêRE TAAL) …wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process... · 2007-07-30 · “Die dag toe ek my Pa verloor het” - Willem D. Kotzè

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/M’2007 AFRIKAANS EERSTE TAAL HG/V3

3

(PRIMêRE TAAL) (0001.3S) AFDELING A (KREATIEWE SKRYFWERK) VRAAG 1 Kies EEN van die volgende onderwerpe en skryf ’n skryfstuk van 400 - 500 woorde daaroor. Waar 'n prent gegee word, dien dit slegs as prikkel. Voorsien jou skryfstuk van die onderwerp (titel) soos gegee en die nommer. Skryf die getal woorde regs onder neer. 1.1 Hy is ’n rolmodel vir die jeug ;

iemand wat bo armoede en misdaad uitgestyg het om 'n ster te word. Teen Namibië het hy vier doele geskiet. “Die mense is trots op hom omdat hy so baie van ons jeugdiges nuwe hoop gee,” sê sy ma.

Wie is jou rolmodel? Vertel in 'n beskrywende opstel wie jou rolmodel is en waarom jy die persoon so bewonder.

Titel: My held(in) 1.2

Skryf ’n verhalende opstel waarin jy op humoristiese wyse vertel van ’n insident toe jy verkeerd verstaan is en hoe dit tot groot konsternasie gelei het.

Titel: ’n Misverstand

Page 4: 0001.3S AFRIKAANS EERSTE TAAL HG (PRIMêRE TAAL) …wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process... · 2007-07-30 · “Die dag toe ek my Pa verloor het” - Willem D. Kotzè

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/M’2007 AFRIKAANS EERSTE TAAL HG/V3

4

(PRIMêRE TAAL) (0001.3S) 1.3 "Werksgeleenthede het die afgelope jaar of twee toegeneem. Die groeikoers

neem toe. Na 'n groei van 2,8% in 2003 en 3,7% in 2004, verwag die Internasionale Monetêre Fonds dat die ekonomie in 2005 met 4% gaan groei. As die tendens kan voortduur, kan dit ’n bydrae lewer om een van Suid-Afrika se nypendste probleme, dié van werkloosheid, te verminder."

(Die Redakteur - Die Burger - 03 Mei 2005)

Deel jy dieselfde mening? Skryf ’n beredenerende opstel, waarin jy jou standpunt stel.

Titel : Werkloosheid 1.4

Styg só uit as die lewe jou slaan

Teleurstellings lê maar voor almal se deur. Jy het ook al ’n dwarsklap van die lewe ontvang, maar het besluit om jou

negatiewe ervaring in iets positiefs te omskep. Vertel jou storie in ’n verhalende opstel.

Titel: My storie

Page 5: 0001.3S AFRIKAANS EERSTE TAAL HG (PRIMêRE TAAL) …wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process... · 2007-07-30 · “Die dag toe ek my Pa verloor het” - Willem D. Kotzè

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/M’2007 AFRIKAANS EERSTE TAAL HG/V3

5

(PRIMêRE TAAL) (0001.3S) 1.5

Geluk, liefde – ek was nog altyd sku vir hierdie woorde: Geluk: wat is dit nou eintlik? MAAR DIE BRONNE VAN

GELUK BAAT JOU NIKS AS JY NIE VREDE MET

JOUSELF HET NIE.

Om goed te slaap en gesond te wees? Om erken te word. Gerespekteer te word.

En tog is daar mense wat siek is, kruppel, vermink – En tevrede is.

Tevredenheid, dit hoort by die geluk Hennie Aucamp

Elke mens strewe na lewensgeluk. Soveel hoofde, soveel sinne! Mense

verskil oor hierdie begrip - soos die enkele uitsprake hierbo bewys. Wat is jou siening van geluk? Skryf ’n bespiegelende opstel daaroor. Titel: Wat my lewensgeluk bring 1.6 Die tegnologie, veral op elektroniese gebied, ontwikkel en verbeter by die dag. Is dit altyd net voordelig vir die mens of is daar ook nadele aan verbonde? Skryf ’n beredenerende opstel waarin jy duidelik standpunt inneem. Titel : Die internet

[40]

Page 6: 0001.3S AFRIKAANS EERSTE TAAL HG (PRIMêRE TAAL) …wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process... · 2007-07-30 · “Die dag toe ek my Pa verloor het” - Willem D. Kotzè

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/M’2007 AFRIKAANS EERSTE TAAL HG/V3

6

(PRIMêRE TAAL) (0001.3S) AFDELING B (Briewe) VRAAG 2 Kies EEN van die volgende briewe met ’n inhoud van 180 - 200 woorde. Nommer jou keuse soos in die vraestel. Skryf die getal woorde regs onder. 2.1 Lees die onderstaande brief wat in Kaap-Rapport verskyn het. Hou jou lyf

berader en beantwoord die meisie se brief.

Baba bring onmin LIEWE DESI, Ek is 12 jaar oud en my sustervan 16 is swanger. Ek dink dit sal lekker wees om’n baba in die huis te hê, hoekom is my ou-ers so kwaad? Is daar iets wat ek kan doen omdinge beter te maak, want almal stry nou so? - BANG

2.2 Skryf ’n brief aan die pers waarin jy jou mening oor jou gunstelingsepie lug.

Skryf veral oor dit waarvan jy in die sepie hou en oor die dinge wat jou irriteer.

2.3 Ouers speel die belangrikste rol in hul kinders se lewe. Jou ouers het wel baie hard probeer om hul ouerlike pligte na te kom, maar het foute begaan, wat in 'n groot mate tot jou nadeel gestrek het.

Skryf ’n brief aan jou ouers waarin jy verwys na hul foute en die gevolge daarvan.

[20]

Page 7: 0001.3S AFRIKAANS EERSTE TAAL HG (PRIMêRE TAAL) …wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process... · 2007-07-30 · “Die dag toe ek my Pa verloor het” - Willem D. Kotzè

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/M’2007 AFRIKAANS EERSTE TAAL HG/V3

7

(PRIMêRE TAAL) (0001.3S) AFDELING C (KORTER SKRYFSTUKKE) VRAAG 3 Kies EEN van die volgende opdragte en skryf 180 - 200 woorde daaroor. Voorsien jou skryfstuk van die nommer soos gegee. Skryf die getal woorde regs onder neer. 3.1 Kies een van die onderstaande koerantopskrifte en skryf ’n koerantberig wat

daarby pas.

1 DWELMSMOUSE STERF IN KOEëLREëN VOOR HUIS 2 ONS KINDERS SE SKOLE IS VROT! 3 CRUSADERS DRA SUPER-KROON! 4 BOKKE KRY OORHAND IN RILLER-STRYD! 5 MAN TIEN JAAR VERNIET IN TRONK 6 BABA LEWEND UIT PUIN NA DRIE DAE

3.2 Na ’n uitstappie op Tafelberg in Kaapstad word een van jul

vriende/gesinslede vermis. Skryf ’n verklaring vir die polisie waarin jy ’n beskrywing van die persoon gee. Meld ook ander ter saaklike inligting (dag en datum, tyd en moontlike plek, ensovoorts) wat die soektog kan vergemaklik.

Page 8: 0001.3S AFRIKAANS EERSTE TAAL HG (PRIMêRE TAAL) …wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process... · 2007-07-30 · “Die dag toe ek my Pa verloor het” - Willem D. Kotzè

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/M’2007 AFRIKAANS EERSTE TAAL HG/V3

8

(PRIMêRE TAAL) (0001.3S) 3.3 Skryf ’n artikel aan jou plaaslike koerant waarin jy te velde trek teen die

onveiligheid by skole. Die volgende aspekte kan in die artikel aangeraak word. - Jou kommer - Gevalle van onveiligheid - Moontlike oorsake - Oplossings

[20]

Page 9: 0001.3S AFRIKAANS EERSTE TAAL HG (PRIMêRE TAAL) …wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process... · 2007-07-30 · “Die dag toe ek my Pa verloor het” - Willem D. Kotzè

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/M’2007 AFRIKAANS EERSTE TAAL HG/V3

9

(PRIMêRE TAAL) (0001.3S) AFDELING D (KORTER SKRYFSTUKKE) VRAAG 4 Kies EEN van die volgende onderwerpe en skryf 80 - 100 woorde daaroor. Voorsien jou skryfstuk van die nommer soos gegee. 4.1 ’n Oorsese penmaat skryf dat hy/sy verdraaide inligting oor Suid-Afrika kry.

Stuur ’n faks of ’n e-pos waarin jy hom/haar die werklike inligting oor Suid-Afrika gee of oor hoe jy die nuwe Suid-Afrika ervaar.

4.2 In 'n tydskrifartikel kla winkeleienaars oor winkeldiefstal wat groot afmetings

aanneem. Jy is gevra om wenke aan die hand te doen om die diefstal te bekamp of te verminder.

Skryf die wenke in volsinne onder mekaar neer.

4.3 Dwelms vernietig tieners ! Dwelmmisbruik blyk ’n groot probleem in jou gemeenskap te wees. Jy is gevra om ’n toespraak vir jeugdiges te lewer wat die gevare en vernietiging van dwelmmisbruik uitwys. Ontwerp ’n plakkaat waarop jy jou voorgenome praatjie adverteer. (Onthou die vereiste getal woorde.)

[10]

Page 10: 0001.3S AFRIKAANS EERSTE TAAL HG (PRIMêRE TAAL) …wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process... · 2007-07-30 · “Die dag toe ek my Pa verloor het” - Willem D. Kotzè

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/M’2007 AFRIKAANS EERSTE TAAL HG/V3

10

(PRIMêRE TAAL) (0001.3S) AFDELING E (VOORGESKREWE LETTERKUNDE) Kies slegs EEN van die ses vrae uit hierdie afdeling en skryf ’n skryfstuk van 150 - 200 woorde daaroor. Voorsien jou skryfstuk van die vraagnommer. Skryf die getal woorde regs onder neer. DOUSPOOR- Rudi Daniels en Gordon Julies VRAAG 5 “ Die Hommelby” - P. J. Bosman Frekie het gekla dat hy sat is vir die bed en die kamer. Die kos en bediening is egter uitstekend en hy wil darem nie sy dierbares in die steek laat deur tou op te gooi in sy wêreldrekordpoging nie. Frekie het egter van elke dag ’n dagboekinskrywing gemaak. Skryf oor twee of drie dae in hierdie dagboek.

[30]

OF

Page 11: 0001.3S AFRIKAANS EERSTE TAAL HG (PRIMêRE TAAL) …wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process... · 2007-07-30 · “Die dag toe ek my Pa verloor het” - Willem D. Kotzè

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/M’2007 AFRIKAANS EERSTE TAAL HG/V3

11

(PRIMêRE TAAL) (0001.3S) VRAAG 6 “Hoekom?” - Barrie Hough Hannes verloor sy agtienjarige vriend Anton nadat hy (Anton) dwelms gebruik het en later ook vigs opgedoen het. Vir Hannes was dit ’n traumatiese ervaring. Uit hierdie ervaring kon hy baie leer. Hy kry dan ook ’n geleentheid om die jeug te waarsku teen die gevare van dwelms.

Skryf sy toespraak neer.

[30]

OF

VRAAG 7 “Die dag toe ek my Pa verloor het” - Willem D. Kotzè ’n Hond is ’n mens se beste vriend. Jy was baie verbitterd na Wolfie se dood. Jy het jou pa nooit vergewe nie. Na jare kan jy nou uiteindelik oor daardie voorval praat. Rig ’n brief aan jou ma en vertel van die wrok wat jy al die jare teenoor jou pa koester.

[30]

OF

STORIEPALET - saamgestel deur Jan B. Vermaak VRAAG 8 “My Liefste Poppie” – J.M. Gilfillan Kindermishandeling kom alte dikwels voor en dit lyk asof sommige ouers en volwassenes soms maar net die kop wegdraai. Jy is Maria. Wanneer jy die volgende oggend by die huis opdaag, sien jy die vars hale oor die kind se lyf en rug. Stel ’n verslag vir die polisie op. [30]

OF

Page 12: 0001.3S AFRIKAANS EERSTE TAAL HG (PRIMêRE TAAL) …wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process... · 2007-07-30 · “Die dag toe ek my Pa verloor het” - Willem D. Kotzè

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/M’2007 AFRIKAANS EERSTE TAAL HG/V3

12

(PRIMêRE TAAL) (0001.3S) VRAAG 9 “Aanval issie beste wapen” - Ferdinand Deist Die goeie ou dae! Toe kon ons nog gesels oor ’n stuk grond en in goeder trou ’n stuk grond weggee of afmetings doen. Deesdae is dit munisipale regulasies en wette wat tot groot ergernis en frustrasies lei. Jy is Jan Plesie. Rig ’n skrywe, dit wil sê ’n brief, aan die munisipaliteit waarin jy kla oor te streng en soms onnodige regulasies en doen ook voorstelle aan die hand oor hoe beter samewerking verkry kan word. [30] VRAAG 10 “Klein wêreldjie” - Herman Wasserman “Darem ongelooflik, dink hy. Daar is geen grense meer nie, selfs ruimte en tyd is nie meer wat dit was nie. Die tegnologie het die mure van ons wêreld nader aan mekaar gedruk, die kilometers tussen mense aan verskillende kante van die aardbol opgesnipper. So naby, dink hy wrang, so naby dat ons verstik aan kennis, woorde, beelde." Die snelle ontwikkeling en vooruitgang op elektroniese gebied sorg vir baie geleenthede en uitdagings. Skryf ’n stelstuk waarin jy, as hoofkarakter in die verhaal, hierdie uitdagings bespreek. In jou stelstuk kan jy wys op die voordele en/of nadele van Internet, die gebruik van rekenaars en ander vorme van ontwikkeling, ensovoorts.

[30]

TOTAAL: /120/