0509 sondag pretblaaie - cdn.24.co.za

6
Blokraai -PRET saamgestel uit vandag se koerante Maklik om uit te druk! 5 September 2021

Upload: others

Post on 19-Apr-2022

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

0509 Sondag pretblaaieom uit te
Pretblad1 uit 5
490 Twee kanse om R500 te wen Versteek in die sirkels, afwaarts gespel, is die woord vir ’n hoë joernalistieke pos by ’n publikasie. SMS die woord BLOK gevolg deur jou antwoord na 34581. Die lyn sluit op 11 September om 12:00 en elke SMS kos R1,50. Gratis SMS’e geld nie en foutiewe SMS’e word verreken. Die wenner word op 26 September aangekondig.
5 September 2021
Blokmakierie In die geel blokkies is ’n koddige sin versteek wat op die rooster sal verskyn nadat jy die Blokmakierie korrek voltooi het (jy lees die sin van bo af ondertoe).
Pretblad2 uit 5 5 September 2021
Dwars 1. Pelvis 6. Met watte afvee 9. Sonder belasting, op dinge soos plaaslike tabak en alkohol 10. Uitlandse boom wat in die biesiepol skuil! 11. Skuilplek 13. Fermenteer 15. Gemene; nie hoë nie 16. Waar Indië, China en Japan lê, vir die mense in Europa 18. Inmekaar 19. Bedrieërye 21. As hulle vals is, is dit meineed 22. Ou munte in don Quichot se wêreld 23. Klein insnyding in die vorm van ’n V 25. Nasionale Navorsingsinstituut vir Oseanologie (afk.) 27. Kavalleriste is berede . . . 30. Gedroogde druiwekorrels 32. Eerste vrou van Jakob 33. . . . die mens wat dink ’n krokodil is sy speelmaat! 34. Woord wat as do. afgekort word 36. Wanneer die perde horings kry 39. Indo-Europees (afk.) 40. Het kos op die etenstafel geplaas 42. Waterstof is die ligste en radon is ’n baie swaar een 43. En elders (afk.) 44. Het ontdek of opgemerk 45. Onbeheerbare vrees van ’n knapie? (anagram)
Af 1. Posbodes is eens ook briewe-. . . genoem 2. Godsdiensonderwys 3. Sonder bedrog, net nog meer so 4. Lae van bevrore water wat op dinge gevorm het 5. Vol fut en woema 6. Die helfte van MXII 7. Die Afrikaanse Taalmonument is ’n gedenkteken watter . . . van ons taal in die Paarl opgerig is 8. Stukkies bas van ’n speseryboom wat nie gestop en gerook word nie! 9. Hulle boots alles na wat uit Engeland kom 12. Waarmee die donkie hom staan-staan besig hou naas die muishond se stinkery 14. Dit maak skuim en word in koekies verkoop 17. Skandinawiese hoofstad waar die Nobelprys vir Vrede toegeken word 20. In die . . . van ons liefde, in die lanfer van ons rou (Langenhoven) 24. Van vandag af (uit Latyn, twee woorde: 1, 4) 26. Wat al daardie mwa’s en x’e in briefies beteken! 28. Kaster-. . . is vanmelewe as ’n purgeermiddel aan kinders gegee 29. Letlander 30. In verband met 31. Die gesindheid hê om iets te doen 33. Vogdeeltjies wat die lug mistig maak wanneer die waterdamp daarin afkoel 34. Naam van baie orgideë waarvan die rooie ook die Trots van Tafelberg genoem word 35. Nie meer so toe nie 37. Dwing om vinnig uit die bed te klim 38. Kopties, Sanskrit en Mandaryns 41. Elk van dié het sy gebrek, lui die uitdrukking
Junior blokraai Kompetisie Het jy die junior blokraai geniet? Stuur vir ons ’n selfoonfoto van jou met jou voltooide blokraai (sowel as jou naam en jou ouderdom) na [email protected] en jy kan ’n kontantprys van R250 wen. Die antwoorde van jou blokraai hoef nie alles sigbaar te wees nie.
Pretblad3 uit 5 5 September 2021
Vasvra
Pretblad4 uit 5 5 September 2021
1. Soek vir elke dam die wêreldrekord wat dit hou. (1) Jinping-1 in China; (2) Drie Klowe in China; (3) Kariba in Zambië en Zimbabwe. (a) Grootste opwekkingsvermoë; (b) Grootste inhoudsmaat; (c) Hoogste wal. 2. Soek vir elke Amerikaanse deelstaat die regte bynaam. (1) New York; (2) Florida; (3) Texas; (4) Kalifornië. (a) Lone Star State; (b) Empire State; (c) Golden State; (d) Sunshine State. 3. Watter vier van die volgende lande gebruik die sjieling as amptelike geldeenheid? (a) Kenia; (b) Somalië; (c) Ethiopië; (d) Egipte; (e) Tanzanië; (f) Algerië (g) Uganda. 4. Watter e-handelplatform is in 1995 deur Pierre Omidyar gestig? (a) eBay; (b) Amazon; (c) CompuServe; (d) Telegram. 5. Die sanger Elvis Presley het in sy loopbaan 18 nommer-een-treers gehad. Hoeveel Grammys het hy gewen? (a) Geen; (b) Drie; (c) Tien; (d) Vyftien. 6. Watter speelding is die eerste wat op die televisie geadverteer is? (a) Barbie; (b) Legoblokkies; (c) Mr. Potato Head; (d) Meccano. 7. Die term EGOT verwys na vier pryse, naamlik Emmy, Grammy, Oscar en Tony. Watter van die volgende kunstenaars was EGOT-wenners? (a) John Gielgud; (b) Meryl Streep; (c) Tom Hanks; (d) Whoopi Goldberg; (e) Audrey Hepburn; (f) Andrew Lloyd Webber; (g) John Legend. 8. Watter van die volgende lande se deelnemers het vanjaar by die Olimpiese Somerspele onderskeidelik eerste en laaste ingeloop by die parade van atlete? (a) Griekeland; (b) VSA; (c) Zimbabwe; (d) Frankryk; (e) Japan. 9. Watter land grens aan 14 ander lande en het ’n grondgebied wat oor 11 tydsones strek? (a) China; (b) Brasilië; (c) Rusland; (d) Indië. 10. Watter soort dier word ’n Vlaamse reus genoem? (a) Rot; (b) Kat; (c) Skaap; (d) Konyn.
Wat beteken die woord
Oplossings
Sudoku
Woordslim
Vasvra
MoeilikMaklik
Pretblad5 uit 5 5 September 2021
Blokmakierie Versteekte sin: Ek en sy vry toe so skelm dat sy dit nooit agterkom nie. Dwars: 1. Bekken, 6. Dep, 9. Aksynsvry, 10. Iep, 11. Toevlugsoord, 13. Gis, 15. Lae, 16. Oos, 18. Ineen, 19. Skelmstreke, 21. Ede, 22. Reale, 23. Kepie, 25. NNO, 27. Soldate, 30. Rosyne, 32. Lea, 33. Wee, 34. Ditto, 36. Nooit, 39. IE, 40. Opgeskep, 42. Gas, 43. E.e., 44. Agterkom, W45. Paniek. Af: 1. Bestellers, 2. Kategese, 3. Eerliker, 4. Yskorste, 5. Energiek, 6. DVI, 7. Ere, 8. Pypkaneel, 9. Anglomane, 12. Dinkery, 14. Seep, 17. Oslo, 20. Lente, 24. A dato, 26. Soene, 28. Olie, 29. Let, 30. Re, 31. Neig, 33. Wasem, 34. Disa, 35. Oper, 37. Opja, 38. Tale, 41. Gek.
(a) soort houer Die woord tantalus verwys na ’n houer waarin bottels toegesluit kan word terwyl dit steeds sigbaar is. Die woord gaan terug op Tantalus in die Griekse mitologie wat gestraf is met ewige honger en dors terwyl hy naby aan vrugte en water was, maar dit nie kon kry nie. (WAT)
1. (1c) Jinping-1, China – Hoogste damwal; (2a) Drie Klowe, China – Grootste opwekkingsvermoë; (3b) Kariba, Zambië en Zimbabwe – Grootste waterhouvermoë. Die hoogste dam, Jinping-I oor die Jalong- rivier in Sichuan, China, is 305 m hoog, 5 m hoër as die Parysse Eielto- ring. Twee hoër damme is in aanbou. In 2026 sal die Rogundam in Tadjik- istan volgens plan 335 m hoog wees, en in 2023 behoort China se Sjuang- jiangkoudam 312 m hoog te wees. Die Drie Klowe-dam in die Jangtserivier in China het die grootste hidroëlektriese opwekkingsvermoë, naamlik 22 500 megawatt. Die Karibadam, wat in die Zambezirivier tussen Zambië en Zimbabwe lê, se inhoudsmaat is 185 miljard m3. 2. (1b) New York – Empire State; (2d) Florida – Sunshine State; (3a) Texas – Lone Star State; en (4c) Kalifornië – Golden State. New York se bynaam verwys na dié deelstaat se nasionale en internasionale belang óf na George Washington, wat dit in 1784 “the seat of the Empire” genoem het. Texas word die Lone Star State genoem omdat sy vlag ’n enkele wit vyfpuntster vertoon. Kalifornië is die Golden State veral omdat goud in 1848 daar ontdek is 3. (a) Kenia, (b) Somalië en (e) Tanzanië gebruik die sjieling, wat in 100 sent verdeel word, terwyl (g) Uganda sedert 2013 net die sjieling gebruik. Ethiopië se geldeenheid is die birr (100 santim). In Egipte is dit die Egiptiese pond (100 piastres of ersj, of 1 000 milliemes). Algerië se geldeenheid is die dinar. 4. (a) eBay is in 1995 gestig deur Pierre Omidyar (1967–), ’n Irans-Ameri- kaanse rekenaarprogrammeerder wat in Frankryk gebore is. Hy het een deel van sy persoonlike webruimte AuctionWeb genoem. Een van die eerste artikels wat verkoop is, ’n stukkende laserwyser, het $14,83 gekos. Dit was die eerste aanlyn veilingwebruimte en word sedert September 1997 eBay genoem, na Echo Bay Technology Group, Omidyar se maat- skappy. 5. (b) Drie. Elvis Presley is 14 keer vir ’n Grammy benoem, maar het net drie gewen: in 1967 en in 1972 vir die gospelliedjie “How Great Thou Art” en in 1972 vir “He Touched Me”. Sewe van sy opnames is in die Grammy Hall of Fame opgeneem. 6. (c) Mr. Potato Head is uitgevind deur George Lerner, wat graag speelgoed uit aartappels gemaak het. Hy het in 1949 sy idee van ’n aartappelspeelding vir $5 000 aan ’n kosmaatskappy verkoop, wat dit aan Hassenfeld Brothers (nou Hasbro) verkoop het. Die eerste Mr. Potato Head-stel, wat in 1952 gemaak is, het bestaan uit onderdele waarmee kinders hulle eie aartappelfiguur kon bou. Op 20 April 1952 was Mr. Potato Head die eerste speelding wat op die televisie geadverteer is. In 1995 het Mr. Potato Head ’n karakter in die fliek Toy Story geword. 7. (a) John Gielgud, (d) Whoopi Goldberg, (e) Audrey Hepburn, (f) Andrew Lloyd Webber en (g) John Legend het al vier pryse gekry. Nog tien ander kunstenaars het dit reggekry. Vyf kunstenaars – Barbra Streisand, Liza Minnelli, Harry Belafonte, James Earl Jones en Quincy Jones – het wel die EGOT-pryse ontvang, maar een van die vier was óf ’n eretoekenning óf in ’n kategorie waarin nie meegeding is nie. 8. (a) Griekeland – Eerste en (e) Japan – Laaste. Die volgorde van die lande in die Olimpiese parade is elke keer anders. Griekeland is altyd eerste, en dan volg die lande alfabeties volgens die alfabet van die gasheerstad. Die gasheerland se atlete kom laaste in. Die deelnemers van die land wat die volgende Olimpiese Somerspele aanbied, loop tweede laaste in. Vanjaar was dit Frankryk, omdat Parys die Olimpiese Spele in 2024 aanbied. Van vanjaar loop atlete van die land wat die Olimpiese Spele daarna aanbied derde laaste in. Vanjaar was dit die VSA, omdat Los Angeles die Olimpiese Somerspele in 2028 aanbied. 9. (c) Rusland grens aan 14 ander lande (Azerbeidjan, Belarus, China, Estland, Finland, Georgië, Kazakstan, Noord-Korea, Letland, Litaue, Mongolië, Noorweë, Pole en die Oekraïne) en deel seegrense met Japan, Swede, Turkye en die VSA. Rusland strek oor 10 tydsones, en daar is ’n verskil van 10 uur tussen die westelikste en die oostelikste punt. Kalinin- grad, ’n stukkie Russiese grondgebied tussen Litaue en Pole, is in die 11de tydsone. 10. (d) Konyn. Die Vlaamse reus is in die 1890’s in Vlaandere, België, vir sy vleis en sy pels geteel. Omdat dit baie mak word, is dit ’n gewilde troeteldier. Dit weeg gemiddeld 6,8 kg en kan ’n meter lank word. Die rekordlengte is 1,3 m.
Blokraai [486 8 Augustus]