082 710 3038 hsh 086 683 4324 posbus 58, hoËrskool...

7
Kwaliteit & Professionele musiekonderrig Die Westcoast Music Academy TM Pty Ltd (WCMA TM ) verskaf die afgelope 23 jaar professionele musiekonderrig aan die Weskus. Ons missie is om musiekonderrig vir alle ouderdomme te bied, in 'n atmosfeer van uitnemendheid en aanmoediging. WCMA TM voldoen met trots aan die reëls en regulasies van die Departement van Onderwys vir professionele musiekonderrig. Ons onderwysers is gekwalifiseerd en ervare, en word omsigtig gekeur vir hul vermoë om met studente te werk en hul te inspireer. Ons studente behaal jaarliks prestasies op Nasionale Vlak: SA Jeugorkeslede asook SA Kleure vir Uitvoerende Kunste. Jaarliks pryk talle op die Ererol vir Uitblinkers by UNISA, Rockschool en Trinity College London. WCMA TM studente behaal jaarliks die Top 20 in verskeie eksamens, en ontvang die afgelope 15 jaar die skild vir die meeste musiek kategoriewenners opgelewer by die Wes-Boland Eisteddfod, met 'n totaal van 46 kategorieë verower in 2017! NUWE Inskrywings oop vir: Kleuters, ouderdom 3–5 jaar vir die WunderKeys Klavierprogram (slegs in Langebaan). ‘MUSIC PRODUCTION’ – Gegradeerde musiek produksie vir jonk en oud! Geakkrediteerde Universiteits- & Internasionale kwalifikasies deur die Universiteit van die Vrystaat, Rockschool en Trinity College London – soos per WCMA TM Tersiêre Brosjure. Onderrig aangebied: Instrumente (alle groottes beskikbaar vir huur of koop): Klavier, Digitale Klavier, Klawerbord, Viool, Altviool, Tjello, Kontrabas, Fluit, Fife, Klarinet, Clarineo, Hobo, Saksofoon, Trompet, Skuiftrompet, Eufonium, Franse Horing, Tuba, Perkussie, ‘Drum-kit’, Blokfluit, Sang, Kitaar (Elektries, Akoesties, Bas, Klassiek). Aanvraag bepaal die aanbieding per venue. Alle genres word aangebied (Klassiek, Jazz, Kontemporêr, Rock). Musiek as skoolvak vir Gr.10 - Gr.12 studente in verskillende leerplanne - onderhewig aan goedkeuring. Gehoor, Harmonie, Bladlees en Teorie (Westerse & Rock/Jazz). Diploma, Lisensiaatvlak en ander naskoolse opleiding – soos per WCMA TM Tersiêre Brosjure. Geleenthede & Optredes: Internasionaal- en Nasionaal geakkrediteerde teoretiese en praktiese eksamens. Deelname aan Eisteddfods, kompetisies, feeste, funksies, uitstappies en toere. Deelname aan verskeie duette, trio's, ensembles, ‘bands’ en orkesgroepe. Oudisies vir die Weskus Jeugorkes (WCYO TM ), sien asseblief www.wcyo.org.za WCMA TM is gelisensieerd en toegerus met goeie gehalte klanktoerusting vir optredes, funksies, troues, danse en spesiale geleenthede. Rig asseblief navrae en korrespondensie aan [email protected] Geregistreer: SACE; SAVMO (S.A. Vereniging van Musiek Onderwysers); ISME (International Society of Music Educators); UNISA, Universiteit van die Vrystaat Geaffilieer & Geassosieer: WCYO TM ; SANYO; CTO; CPO; Trinity College London; Rockschool; ABRSM; Stellenbosch- en Wes-Boland Eisteddfod 082 710 3038 086 683 4324 Posbus 58, Hopefield, 7355 Personeel 2018 @ HSH HOËRSKOOL HOPEFIELD www.westcoastmusicacademy.co.za Me. Sania Potgieter Me. Carina Brown (Hoof) 082 710 3038 Me. Lize Brown (Onderhoof) 072 111 6268 Me. Renata Bothma Me. Felecia Roux

Upload: others

Post on 17-Mar-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: 082 710 3038 HSH 086 683 4324 Posbus 58, HOËRSKOOL ...westcoastmusicacademy.co.za/wp-content/uploads/2018/06/2018-HSH-AFR.pdf · 2 lesse per kwartaal kan gebruik word vir teorie,

Kwaliteit & Professionele musiekonderrig

Die Westcoast Music AcademyTM Pty Ltd (WCMATM) verskaf die afgelope 23 jaar professionele musiekonderrig aan die Weskus. Ons missie is om musiekonderrig vir alle ouderdomme te bied, in 'n atmosfeer van uitnemendheid en aanmoediging. WCMATM voldoen met trots aan die reëls en regulasies van die Departement van Onderwys vir professionele musiekonderrig. Ons onderwysers is gekwalifiseerd en ervare, en word omsigtig gekeur vir hul vermoë om met studente te werk en hul te inspireer. Ons studente behaal jaarliks prestasies op Nasionale Vlak: SA Jeugorkeslede asook SA Kleure vir Uitvoerende Kunste. Jaarliks pryk talle op die Ererol vir Uitblinkers by UNISA, Rockschool en Trinity College London. WCMATM studente behaal jaarliks die Top 20 in verskeie eksamens, en ontvang die afgelope 15 jaar die skild vir die meeste musiek kategoriewenners opgelewer by die Wes-Boland Eisteddfod, met 'n totaal van 46 kategorieë verower in 2017!

NUWE Inskrywings oop vir:

Kleuters, ouderdom 3–5 jaar vir die WunderKeys Klavierprogram (slegs in Langebaan).

‘MUSIC PRODUCTION’ – Gegradeerde musiek produksie vir jonk en oud!

Geakkrediteerde Universiteits- & Internasionale kwalifikasies deur die Universiteit van die

Vrystaat, Rockschool en Trinity College London – soos per WCMATM Tersiêre Brosjure.

Onderrig aangebied:

Instrumente (alle groottes beskikbaar vir huur of koop): Klavier, Digitale Klavier, Klawerbord,

Viool, Altviool, Tjello, Kontrabas, Fluit, Fife, Klarinet, Clarineo, Hobo, Saksofoon, Trompet,

Skuiftrompet, Eufonium, Franse Horing, Tuba, Perkussie, ‘Drum-kit’, Blokfluit, Sang, Kitaar

(Elektries, Akoesties, Bas, Klassiek). Aanvraag bepaal die aanbieding per venue.

Alle genres word aangebied (Klassiek, Jazz, Kontemporêr, Rock).

Musiek as skoolvak vir Gr.10 - Gr.12 studente in verskillende leerplanne - onderhewig aan

goedkeuring.

Gehoor, Harmonie, Bladlees en Teorie (Westerse & Rock/Jazz).

Diploma, Lisensiaatvlak en ander naskoolse opleiding – soos per WCMATM Tersiêre Brosjure.

Geleenthede & Optredes:

Internasionaal- en Nasionaal geakkrediteerde teoretiese en praktiese eksamens.

Deelname aan Eisteddfods, kompetisies, feeste, funksies, uitstappies en toere.

Deelname aan verskeie duette, trio's, ensembles, ‘bands’ en orkesgroepe.

Oudisies vir die Weskus Jeugorkes (WCYOTM), sien asseblief www.wcyo.org.za

WCMATM is gelisensieerd en toegerus met goeie gehalte klanktoerusting vir optredes, funksies,

troues, danse en spesiale geleenthede.

Rig asseblief navrae en korrespondensie aan [email protected]

Geregistreer: SACE; SAVMO (S.A. Vereniging van Musiek Onderwysers); ISME

(International Society of Music Educators); UNISA, Universiteit van die Vrystaat Geaffilieer & Geassosieer: WCYOTM; SANYO; CTO; CPO; Trinity College London;

Rockschool; ABRSM; Stellenbosch- en Wes-Boland Eisteddfod

082 710 3038

086 683 4324 Posbus 58,

Hopefield, 7355

Personeel

2018

@ HSH

HOËRSKOOL HOPEFIELD

www.westcoastmusicacademy.co.za

Me. Sania Potgieter

Me. Carina Brown (Hoof)

082 710 3038

Me. Lize Brown (Onderhoof) 072 111 6268

Me. Renata Bothma

Me. Felecia Roux

Page 2: 082 710 3038 HSH 086 683 4324 Posbus 58, HOËRSKOOL ...westcoastmusicacademy.co.za/wp-content/uploads/2018/06/2018-HSH-AFR.pdf · 2 lesse per kwartaal kan gebruik word vir teorie,

1. Onderrig Kostes en Inligting

Klasse hervat Maandag 22 Januarie 2018, soos individueel gereël. Standaard lesse is 30 minute per instrument per week, maar lesse kan individueel aangepas word,

afhangende van behoefte. Lesse word slegs gedurende skoolkwartale geskeduleer, maar word oor 12 maande verhaal. Tariewe (onderhewig aan verandering):

2 en/of 3 instrumente mag in een pakket gekombineer word, of alternatiewelik bygevoeg word as 'n halwe pakket P2 / SH2. Let wel hierdie opsie is nie-eksamen gebaseerd en slegs beskikbaar vir die basiese ontwikkelingsfase. Wanneer die intermediêre fase bereik word en/of eksamens en/of Eisteddfod deelname vereis word sal die pakket outomaties verander na die bogenoemde individuele pakket(te) vir die betrokke instrument(e).

Musiek Produksie: minimum 5 studente per groep. Indien 'n Groepsklas-student lesse staak, sal die oorblywende student aanspreeklik gehou word vir

die individuele maandelikse lesfooi, tensy 'n ander student beskikbaar is om aan te sluit. Lesse vind plaas te HSH musieklokale (agter skoolsaal) tydens skoolure, tensy individueel gereël. L.W: Ons is genoodsaak om praktiese lesse op 'n vasgestelde dag per week in te deel, weens

onderwysers wat op vaste dae by verskeie venues onderrig. Leerders sal nie elke week uit dieselfde vak onttrek word nie, maar steeds bly dit die leerder se eie verantwoordelikheid om skoolwerk in te haal.

Musiek Vakstudente geniet voorkeur en lesse sal geskeduleer word volgens graad en ouderdom van die studente, asook die beskikbaarheid van die tutor. Uitsonderings kan nie gemaak word nie.

Gr. 7-9 studente het die opsie om Musiek en Drama vir die Skeppende Kunste skoolvak te neem (volledig aangebied deur WCMATM ), in klas verband tydens Skeppende Kunste periodes. Punte word kwartaalliks aan HSH verskaf.

Gr. 10-12 Musiek Vakstudente ontvang onderrig in hul vakperiodes en word sover moontlik nie van ander akademiese klasse onttrek nie.

Pakket Kode:

Pakket Info: Tarief per maand (oor 12 maande):

Aantal lesse per jaar:

AA Kleuter Klavieronderrig (slegs in Langebaan)

3-5 jariges Individueel

R 695 30

P1 1 instrument Gr. R–3 R 610 34

P2 2de instrument Gr. R–3 R 590 34

S1 1 instrument Gr. 4–7 R 710 38

H1 1 instrument Gr. 8–12 R 735 38

SH2 2de / meer instrument(e) Gr. 4–12 R 680 36

SH3 Ander studente per gesin 1 instrument

Gr. 4–12 R 720 38

HCA

SKEPPENDE KUNSTE: Volledige skoolvak wat insluit Drama, Musiekkennis & Teorie (in klas verband)

Gr. 7–9 R 130

(plus Instrument pakket)

Volgens skoolrooster

HS MUSIEK AS VAK: Vakwerk & teoretiese klasse (tydens Musiek Vakperiodes)

Gr. 10–12 R 720

(plus Instrument pakket)

Volgens skoolrooster

G2 2 Studente neem saam les (indien 2 studente beskikbaar)

Groepsklas R 430 per student 34

G5 Groepsklas (minimum van 5 leerders per groep)

Groepsklas R 130 per student 34

BMP MUSIEK PRODUKSIE Beginners

Groepe 45 min. klas

R 325 per student 28

IMP MUSIEK PRODUKSIE Intermediêr

Groepe 45 min. klas

R 325 per student 28

AMP MUSIEK PRODUKSIE Gevorderd

Groepe 45 min. klas

R 325 per student 28

T1 TEORIE pakket alleen: Unisa, Rockschool, Trinity

Individueel R 590 32

Enkel-klasse

Nie-ingeskrewe leerders wat enkele klasse wil ontvang.

Kontant per les (prys op aanvraag)

Me. Lara Block

Me. Marna Smit

Me. Suné Viljoen

Me. Jean-Mari Potgieter

Mnr. Virl Albertyn

Mnr. Craig Nicholas

Page 3: 082 710 3038 HSH 086 683 4324 Posbus 58, HOËRSKOOL ...westcoastmusicacademy.co.za/wp-content/uploads/2018/06/2018-HSH-AFR.pdf · 2 lesse per kwartaal kan gebruik word vir teorie,

2 lesse per kwartaal kan gebruik word vir teorie, gehoor, bladlees, ensemble of orkes. Lesse sal voortgaan gedurende skool eksamens, maar tye kan verander word. Geen lesse sal geskeduleer word gedurende skoolvakansies nie, tensy vooraf gereël. Alle studente moet oorspronklike boeke koop, aangesien fotostate onwettig is. WCMATM kan

enkele fotostate, indien benodig, voorsien teen R1.80 per bladsy, vir u maandelikse rekening. Studente is welkom om hul boeke beskikbaar te stel om tweedehands te verkoop.

2. Inskrywings

Studente wat subsidie / borgskap benodig kan ons kontak vir meer besonderhede aangaande subsidie. Stuur ‘n e-pos aan [email protected]

NUWE INSKRYWINGS o Die aangehegte aansoekvorm moet VOLLEDIG ingevul en onderteken word.

Stuur aan [email protected] of Fax2E-mail: 086 683 4324 o Heg asseblief afskrifte aan van: ID dokument van persoon verantwoordelik vir rekening

ID dokument of geboortesertifikaat van student(e) o Die eenmalige registrasiefooi is betaalbaar per student per groep EN per instrument. o Registrasiefooi

Student (1 instrument) R 790 Bykomende studente / groepe en instrumente R 550

HUIDIGE INSKRYWINGS o Huidige studente hoef nie weer die aansoekvorm in te vul nie, maar moet kennis neem van

alle veranderinge en voorwaardes in die nuwe Brosjure. o Indien enige van u inligting of adresbesonderhede verander, moet WCMATM onmiddellik per e-

pos in kennis gestel word. Ons aanvaar geen verantwoordelikheid indien u nie rekeninge of inligting ontvang nie.

3. Ander Programme

WunderKeys Klavierprogram vir voorskoolse kinders gee hul ‘n voorsprong in musiek, wiskunde en die lewe. Onderrig bestaan uit 5 verskillende unieke aktiwiteite gedurende die weeklikse lesse. Die kursus word slegs onderrig deur ‘n spesialis onderwyseres wat gekwalifiseerd is hiervoor. Slegs ‘n beperkte aantal inskrywings sal aanvaar word. Slegs individuele lesse en slegs in Langebaan.

’MUSIC PRODUCTION’ - Rockschool se Music Production is die eerste gegradeerde musiek produksie sillabus ooit. Enige ouderdom leerder / volwassene kan hiervoor inskryf om tegnieke te bemeester soos opnames maak, elektroniese musiek, klankvermenging, ens. Hierdie is internasionaal geakkrediteerde eksamens. Elke ingeskrewe student moet verkieslik sy eie skootrekenaar na die klas bring, of bereid wees om ‘n rekenaar met iemand anders te deel. Aanvanklik sal almal op die gratis sagteware, GarageBand, werk. Groepsklasse alleenlik. Minimum 5 studente per groep.

Hoër Sertifikaat in Musiekvoordrag; Diploma in Musiek, van die Universiteit Vrystaat, aangebied deur WCMATM – soos per WCMATM Tersiêre Brosjure.

4. Onderrig Terme en Voorwaardes

Dit is die verantwoordelikheid van die ouer/voog om ons ten minste 'n week vooraf in kennis te stel van enige aktiwiteite of persoonlike verpligtinge wat kan inmeng met lesse, sodat die rooster ooreenkomstig verander kan word.

Dit is te alle tye die ouer/student se verantwoordelikheid om ons van ander aktiwiteite in te lig, en NIE die skool se verantwoordelikheid nie.

Gedurende tydperke van Eisteddfods, eksterne musiekeksamens of vertonings, kan lesroosters verander om alle studente te akkommodeer. Verskeie alternatiewe tydgleuwe sal aangebied word. Indien 'n student nie in staat is om ‘n les in enige van die alternatiewe tydgleuwe by te woon nie, sal die les verbeur word.

PROFESSIONELE

ONDERRIG IN:

Klavier

Digitale Klavier Klawerbord

Dwarsfluit / Fife Piccolo Blokfluit

Viool / Altviool

Tjello / Kontrabas

Saksofoon Klarinet / Clarineo

Hobo / Cor Anglais Fagot

Trompet Skuiftrompet Tuba / Eufonium

Franse Horing Sang

Kitaar

- Klassiek - Akoesties - Elektries

- Baskitaar

Drum-kit

Perkussie

Page 4: 082 710 3038 HSH 086 683 4324 Posbus 58, HOËRSKOOL ...westcoastmusicacademy.co.za/wp-content/uploads/2018/06/2018-HSH-AFR.pdf · 2 lesse per kwartaal kan gebruik word vir teorie,

Lesse word verbeur indien leerders boeke / instrumente tuis vergeet en dus nie ‘n volle les kan kry nie. Lesse gemis deur leerder se eie toedoen, word verbeur.

Geen krediet word toegestaan aan leerders wat vroeër op vakansie vertrek of verlengde naweke neem nie.

Lesse gemis a.g.v. ander afsprake, sport, kampe, siekte, toetse, eksamens, vervoerprobleme, misverstande, of enige gebeurtenis, word verbeur.

Indien ’n leerder se klasse tydelik vir ’n maand of langer onderbreek word weens lang siekte of enige ander persoonlike omstandighede sal 40% van die lesfooie per maand verhaal word om die plek te behou. Alternatiewelik sal die opening gevul word en her-inskrywing sal vereis word.

Indien enige eiendom van die Akademie beskadig word, sal die herstel- of vervangingskoste van die student / ouers verhaal word.

5. Korrespondensie / Inligting / Fakture

Fakture sal gestuur word volgens die voorkeur en inligting aangedui op die aansoekvorm. Verskeie inligting sal ook van tyd tot tyd deur middel van e-posse of grootmaat sms’e uitgestuur word. WCMATM aanvaar geen verantwoordelikheid vir die nie-lewering van enige inligting of fakture a.g.v. die verandering van besonderhede nie: dit is die uitsluitlike verantwoordelikheid van die ouer/voog

om ons kantoor skriftelik of per e-pos in kennis te stel van enige veranderinge van besonderhede.

6. Onderwysers

Daar sal gepoog word om leerders te plaas by die onderwyser soos aangedui op die aansoek-vorm; alhoewel ons die reg voorbehou om dit anders in te deel, of uit te ruil, soos nodig.

7. Betalings & Afslag

BELANGRIK: Klasgelde is STRENG vooruitbetaalbaar op die 1ste van elke maand. ‘n Grasie periode van 7 dae sal gegun word vir die ontvangs van betalings. Indien daar

geen betaling ontvang is teen die 7de van die maand nie, en tensy daar spesifieke reëlings met WCMA getref is vir ‘n alternatiewe betalingsdatum, sal lesse tydelik opgehef word tot en met die maadelikse fooie ontvang is.

Indien lesse langer as 3 maande (Kwartaal) opgehef is, sal ’n R 200 hertoelatingsfooi betaalbaar wees sodra agterstallige fooie vereffen word, indien lesse hervat wil word, en indien die les-opening nie reeds gevul is nie.

Geen krediet sal toegestaan word vir lesse verbeur nie, soos uiteengesit in die onderrig terme en voorwaardes.

Kontantbetalings word toegelaat indien vooraf gereël. Bankkostes van Kontant- of Tjek-deposito‘s kan teen u rekening verhaal word. 10% afslag op lesgelde word toegestaan indien alle lesgelde vir die jaar vooruitbetaal

word voor 31 Januarie 2018.

8. Eksamens / Optredes

Ouers/voogde is verantwoordelik vir alle eksamen-/ optreekostes bv. inskrywingsfooie, vakboeke, voorgeskrewe boeke, begeleidingskostes, registrasiefooie, kleredrag, vervoer, en moet stiptelik betaal word soos aangedui op die faktuur.

Begeleidingsnitte / verwerkings van liedere kan aangevra word vir optredes / Eisteddfods / eksamens. ‘n Tarief per stuk sal gehef word, afhangende van die moeilikheidsgraad en die aantal spelers in die ensemble.

Indien boeke uit druk is of alternatiewe eksamenstukke benodig word vir eksamendoeleindes, kan studente die boek uit ons biblioteek leen teen 'n koste van R80 per stuk/boek.

Studente het die opsie om hul eie begeleier vir eksamens of optredes te voorsien. Alternatiewelik sal WCMATM 'n begeleier voorsien teen die onderstaande tariewe.

Eksterne eksamens van instansies soos Trinity College London, Rockschool, Royal Schools en UNISA word sterk aanbeveel en ouers/voogde sal ingelig word wanneer ‘n student die vereiste vlak vir deelname bereik.

Studente sal NIE toegelaat word om deel te neem aan eksamens, eisteddfods of optredes, indien rekeninge agterstallig is nie.

INTERNASIONALE

MUSIEK-

EKSAMENS

Eksamenstandaard: Tarief per stuk:

Inisiaal R 65

Vgr. 1 & Gr. 1 R 80

Gr. 2 – 3 R 110

Gr. 4 – 5 R 140

Gr. 6 – 7 R 220

Gr. 8 R 330

Diploma Op aanvraag

* OPTREDES * * ORKES *

* ENSEMBLES *

Page 5: 082 710 3038 HSH 086 683 4324 Posbus 58, HOËRSKOOL ...westcoastmusicacademy.co.za/wp-content/uploads/2018/06/2018-HSH-AFR.pdf · 2 lesse per kwartaal kan gebruik word vir teorie,

9. Ensembles / Bands / Orkeste

Studente word aangemoedig om vrywilliglik deel te neem aan ensemblespel, ongeag van hul keuse van instrument of graad.

Jam sessies sal van tyd tot tyd gehou word om studente bloot te stel aan ensemble spel.

Alle studente, veral die wat Stryk- en Blaasinstrumente bespeel word sterk aangemoedig om vir die Weskus Jeugorkes (WCYOTM) te oudisie.

Oefenlokale by HSH of Curro skoolsaal, of voorafgereëlde locale.

Besoek gerus www.wcyo.org.za vir oudisie besonderhede, addisionele inligting, belangrike datums en geskeduleerde optredes.

Belangrik: Geen ingeskrewe student van WCMATM mag onderrig ontvang by enige ander persoon / instansie, of in enige ander solo- of groepsverband deelneem, sonder ons medewete of toestemming nie.

10. Instrumente / Toebehore / Verhurings WCMAc het 'n wye verskeidenheid van instrumente en toebehore beskikbaar teen bekostigbare

pryse.

Studente word aangemoedig om ’n eie of gehuurde instrument te besit om gereeld te kan oefen (drum-kit en perkussie uitgesluit).

Moet asseblief nie oorhaastig kostes aangaan met die koop van instrumente nie, kontak ons asb. vir enige navrae of raad.

Huur-instrumente is beskikbaar indien u verkies om eers te huur voordat u koop. Dit gee die student die opsie om op enige stadium na ‘n ander instrument oor te skakel, totdat hul tevrede is met hul keuse.

Indien ’n student se instrument nie voldoen aan die nodige standaard/vereistes nie, kan ’n student nie aan eksamens/optredes deelneem nie en kan verdere onderrig gestaak word.

Plaasvervangende instrumente is beskikbaar teen 'n weeklikse / maandelikse tarief, indien die instrument van ‘n student gediens moet word.

Die Akademie aanvaar geen verantwoordelikheid vir enige beserings, skade of verlies aan studente se instrumente en/of besittings nie.

11. WCMATM Kleredrag & Bykomstighede

WCMATM Musiek Boeksakke kan bestel word: 'n sterk swart seilsak met die WCMATM logo en die student se naam op geborduur.

Studente word aangemoedig om die amptelike WCMATM kleredrag aan te koop (golfhemp / oortrektrui / trui / baadjie) wat gedra kan word na funksies, optredes, eksamens, konserte, uitstappies, of enige ander geleentheid volgens die leerder se oordeel.

Besoek www.westcoastmusicacademy.co.za/services om bogenoemde te sien.

Musiek bykomstighede sal binnekort aanlyn beskikbaar wees by www.wcmac.co.za.

12. Toekennings / Krediete

Tydens die jaarlikse WCMATM Prestige Funksie, ontvang alle studente toekennings volgens hul deelnames en prestasies soos behaal gedurende die jaar. Studente ontvang sertifikate, medaljes, trofeë en ander pryse daarvolgens. Deelname en volgehoue vordering word op hierdie manier aangemoedig.

Bywoning is verpligtend om toekenning(s) in ontvangs te neem. Datum vir 2018 sal bevestig word.

13. Staking van Klasse

Indien klasse gestaak word moet ‘n kwartaal (3 maande) kennis gegee word; skriftelik of per e-pos. ’n Volle kwartaal (3 maande) se fooie sal betaalbaar wees ongeag of klasse bygewoon word of nie; asook vir alle klasse betaal wat reeds ontvang is.

LW: Indien nie by die onderrig vereistes gehou word nie, behou ons die reg voor om, op enige

stadium, ‘n leerder se klasse te staak.

Page 6: 082 710 3038 HSH 086 683 4324 Posbus 58, HOËRSKOOL ...westcoastmusicacademy.co.za/wp-content/uploads/2018/06/2018-HSH-AFR.pdf · 2 lesse per kwartaal kan gebruik word vir teorie,

14. Sosiale Media

Volg ons op Facebook en Twitter om op hoogte te bly van uitslae, nuus, gebeure en foto’s, asook op ons webwerf www.westcoastmusicacademy.co.za .

15. Toestemming & Vrywaring

Deur die aansoekvorm te teken gee u toestemming dat foto’s en/of videos van die student gemaak mag word en vir sosiale media / advertensies / nuusbriewe / publikasies gebruik mag word deur ‘n gemagtigde persoon van die WCMATM, op goedgekeurde media platvorms, volgens die Akademie se oordeel; asook die student se naam, van, prestasies behaal by die Akademie en relevante informasie rakende onderrig by die WCMATM. Die Akademie onderneem om geen persoonlike / minagtende inligting of kommentaar te publiseer nie.

Deur hierdie aansoekvorm te onderteken stem u in om nie die WCMATM of enige gemagtigde persoon van die Akademie siviel regtelik verantwoordelik te hou vir enige beserings / skade opgedoen tydens vervoer of enige ander aktiwiteite van die WCMATM nie.

AANSOEKVORM OP VOLGENDE BLADSY

https://www.facebook.com/WCMusicAcademy/

@WCMusicAcademy

Page 7: 082 710 3038 HSH 086 683 4324 Posbus 58, HOËRSKOOL ...westcoastmusicacademy.co.za/wp-content/uploads/2018/06/2018-HSH-AFR.pdf · 2 lesse per kwartaal kan gebruik word vir teorie,

WCMAtm Aansoekvorm 2018

H/S Hopefield

Ek bevestig dat ek vertroud is met die inhoud van die Brosjure en aanvaar die voorwaardes soos uiteengesit.

Geteken: _______________________________ (Ouer / Voog) Datum: ___________________

Geteken: _______________________________ Datum: ___________________

(Persoon verantwoordelik vir die rekening)

Die aansoek kan slegs verwerk word indien ‘n geboortesertifikaat / ID afskrif van die student ASOOK betaler hierdie vorm vergesel.

STUDENT BESONDERHEDE VOLLE NAME EN VAN:

NOEMNAAM: M F ID NOMMER:

WOONADRES:

GEBOORTEDATUM: Afskrif van ID / Geb. Sert.

SELFOON NR:

STUDENT E-MAIL: TAAL VAN STUDENT:

SKOOL 2018:

GRAAD OP SKOOL 2018:

INSTRUMENT(E)/ PAKKET VAN ONDERRIG: PAKKET KODE(S): HOOGSTE MUSIEKEKSAMEN(S) AFGELÊ (NUWE AANSOEKE):

STEL BELANG IN (merk af): OUDISIE VIR WCYOTM: BAND / ENSEMBLE DEELNAME: :

KEUSE VAN TUTOR (SLEGS INDIEN SPESIFIEKE VOORKEUR HET):

MEDIESE / ANDER TOESTAND(E) (BV. DIABETIES, ALLERGIË,

DISLEKSIE, ADD/ADHD, LEER/LEES PROBLEME ENS.):

OUER / VOOG BESONDERHEDE

MOEDER VADER

NAAM & VAN:

SEL. NR:

E-MAIL:

WOONADRES:

NAAM & VAN:

SEL. NR:

E-MAIL:

WOONADRES:

PERSOON VERANTWOORDELIK VIR REKENING NAAM:

ID NOMMER: Afskrif van ID

BEROEP:

H: SEL. NR: W:

WERK ADRES:

POSADRES:

MELD AFLEWERING VAN REKENINGE:

PER E-POS: POS: : :

TAALVOORKEUR VIR KORRESPONDENSIE: ENG: AFR: :

E-POS VIR REKENINGE: