09 bulletin mei · die oorgrote meerderheid van ons spelers se ouers of grootouers neem hulle sport...

8
Uit die kantoor MOTORS OP SKOOLTERREIN Ouers word vriendelik versoek om nie op die skoolterrein met hul motors te ry nie. Indien u genoodsaak word om wel op die skoolgrond te ry, word u vriendelik gevra om baie versigtig te wees en baie stadig te ry. Ons leerders is baie kosbaar vir ons. BESKIKBAARHEID VAN GROTER SWEETPAKBROEKE EN DASSE Sweetpakbroeke in groter groottes is tans nie by die twee verskaffers of klerebank beskikbaar nie. Dit sal ongelukkig nie binnekort vervaardig word nie omdat daar groot hoeveelhede van die nuwe sweetpakmateriaal eers aangekoop moet word. Leerders moet asseblief nie die ou en nuwe sweetpakmateriaal gekombineer aantrek nie. Dit doen afbreek aan die netheid en trots van ons skooldrag. Daar is op die oomblik geen dasse by die verskaffers beskikbaar nie. Ons sal u in kennis stel sodra daar weer dasse beskikbaar is SPORTREËLINGS Gure weer Dit is al herfs en een van die dae is die winter behoorlik op ons. Ek wil u net inlig dat daar in die geval van gure weer, eers om 12:00 besluit word of sportwedstryde en - oefeninge vir die O/7's en die O/8's gekanselleer word, al dan nie. Vir die res van die skool, word die besluit eers om 13:00 geneem. Indien die besluit vroeër geneem word, sal ons ‘n SMS uitstuur. MOET ASSEBLIEF NIE VOOR DIE TYD SKAKEL NIE. DIE SPORTORGANISEERDER SAL NIE U NAVRAAG VOOR DIE GEGEWE TYD KAN BEANTWOORD NIE. Sou dit gebeur dat dit begin reën nadat daar ‘n besluit geneem is dat sport voortgaan, sal die afrigters na die kinders omsien totdat die normale oefentyd verstreke is. Wedstryde word deur die gasheerskool gekanselleer. Ons moet dus berus by die besluit wat ander skole neem indien ons weg speel. U MOET ASSEBLIEF U KINDERS INLIG WATTER REËLINGS GETREF IS AS DIT REËN EN DAAR NIE OEFENINGE IS NIE. INDIEN HULLE NIE WEET NIE, MOET HULLE NA DIE SEKRETARESSE, ÓF DIE AFRIGTER ÓF HUL KLASOPVOEDER GAAN. ONDER GEEN OMSTANDIGHEDE MOET HULLE DOELLOOS IN DIE REËN RONDDRENTEL ÓF BUITE OP DIE SYPAADJIE GAAN WAG TOTDAT HUL VERVOER OPDAAG NIE. 09 Mei 2018 Bulletin 13 www.genelouw.co.za postmaster @genelouw.co.za

Upload: others

Post on 24-Jan-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: 09 Bulletin Mei · Die oorgrote meerderheid van ons spelers se ouers of grootouers neem hulle sport toe. Waar ouers albei werk, probeer hulle met vriende reël en indien hul geen

Uit die kantoor

MOTORS OP SKOOLTERREIN Ouers word vriendelik versoek om nie op die skoolterrein met hul motors te ry nie. Indien u genoodsaak word om wel op die skoolgrond te ry, word u vriendelik gevra om baie versigtig te wees en baie stadig te ry. Ons leerders is baie kosbaar vir ons. BESKIKBAARHEID VAN GROTER SWEETPAKBROEKE EN DASSE Sweetpakbroeke in groter groottes is tans nie by die twee verskaffers of klerebank beskikbaar nie. Dit sal ongelukkig nie binnekort vervaardig word nie omdat daar groot hoeveelhede van die nuwe sweetpakmateriaal eers aangekoop moet word. Leerders moet asseblief nie die ou en nuwe sweetpakmateriaal gekombineer aantrek nie. Dit doen afbreek aan die netheid en trots van ons skooldrag. Daar is op die oomblik geen dasse by die verskaffers beskikbaar nie. Ons sal u in kennis stel sodra daar weer dasse beskikbaar is SPORTREËLINGS Gure weer Dit is al herfs en een van die dae is die winter behoorlik op ons. Ek wil u net inlig dat daar in die geval van gure weer, eers om 12:00 besluit word of sportwedstryde en -oefeninge vir die O/7's en die O/8's gekanselleer word, al dan nie. Vir die res van die skool, word die besluit eers om 13:00 geneem. Indien die besluit vroeër geneem word, sal ons ‘n SMS uitstuur. MOET ASSEBLIEF NIE VOOR DIE TYD SKAKEL NIE. DIE SPORTORGANISEERDER SAL NIE U NAVRAAG VOOR DIE GEGEWE TYD KAN BEANTWOORD NIE. Sou dit gebeur dat dit begin reën nadat daar ‘n besluit geneem is dat sport voortgaan, sal die afrigters na die kinders omsien totdat die normale oefentyd verstreke is. Wedstryde word deur die gasheerskool gekanselleer. Ons moet dus berus by die besluit wat ander skole neem indien ons weg speel. U MOET ASSEBLIEF U KINDERS INLIG WATTER REËLINGS GETREF IS AS DIT REËN EN DAAR NIE OEFENINGE IS NIE. INDIEN HULLE NIE WEET NIE, MOET HULLE NA DIE SEKRETARESSE, ÓF DIE AFRIGTER ÓF HUL KLASOPVOEDER GAAN. ONDER GEEN OMSTANDIGHEDE MOET HULLE DOELLOOS IN DIE REËN RONDDRENTEL ÓF BUITE OP DIE SYPAADJIE GAAN WAG TOTDAT HUL VERVOER OPDAAG NIE.

09 Mei

2018

Bulletin 13

www.genelouw.co.za postmaster @genelouw.co.za

Page 2: 09 Bulletin Mei · Die oorgrote meerderheid van ons spelers se ouers of grootouers neem hulle sport toe. Waar ouers albei werk, probeer hulle met vriende reël en indien hul geen

2

Oefeninge Oefeninge geskied volgens die sportprogram en u sal enige afwyking daarvan deur middel van ‘n kennisgewing kry. Wedstryde Inligting oor wedstryde behoort twee dae voor die dag waarop die wedstryde plaasvind, deurgegee te word. Soms gebeur dit a.g.v. reën dat die afrigters nie die kinders by die oefening sien nie en nie die briefies kan uitdeel nie. Dit gebeur ook dat wanneer ons weg speel, die tuisskool nie betyds vir ons die inligting deurgee nie. Dan moet ons noodgedwonge die dag voor die tyd die briefies uitdeel. Die inligting geskied normaalweg met ‘n briefie, maar ons werk ook in die rigting om die ouer kinders (O/12 en O/13) selfstandig en verantwoordelik te maak deurdat die inligting op die kennisgewingbord sal verskyn en hulle dan daar moet aanteken dat hulle kennis neem van die tye, ens. Dit is ’n stelsel wat in die hoërskool gebruik word en ons moet ons leerders daarvoor voorberei. Deurgaans is die reël dat spelers ‘n halfuur (of soos met hulle gereël) voor die tyd, voor die begin van die wedstryd daar moet wees, sodat die afrigter rustigheid kan kry dat sy/haar span volledig is. Drag Leerders moet korrek aangetrek wees. Kinders wat nie die korrekte klere aan het nie, sal nie kan deelneem nie, aangesien dit nie die skool se naam goed doen nie. Hulle sal iewers moet leen, sodat hulle vir die volle duur op die baan of veld korrek geklee is. Al die rugbyspanne se truie is geborg, dus is dit nie nodig om ‘n trui aan te koop nie. Hokkie en netbal word in die leerders se LO-hemp gespeel. Slegs die eerstespanne se klere mag afwyk van die kleredrag vir die onderskeie sportsoorte. Vervoer Aan die begin van die seisoen is die vervoerreëlings moeilik, want reëlings moet vir die eerste keer getref word. Die oorgrote meerderheid van ons spelers se ouers of grootouers neem hulle sport toe. Waar ouers albei werk, probeer hulle met vriende reël en indien hul geen ander uitweg het nie, moet hulle die afrigters kontak sodat die afrigter met ‘n ander leerder kan reël of die kinders self vervoer indien hulle in ‘n posisie is om dit te doen. Verder in die seisoen is dit gewoonlik nie ‘n krisis nie, want teen daardie tyd weet die kinders hoe hulle gewoonlik by hul bestemming kan kom. Ouerbetrokkenheid Die getal ouers wat die wedstryde bywoon, is fantasties. Ek doen egter ‘n ernstige beroep op u om nie snedige aanmerkings aan die skeidsregters toe te snou as hulle nie volgens u korrek blaas nie. Ongelukkig kry ‘n skool baie vinnig ‘n slegte reputasie wat vir jare, al is die sondebokke al lankal nie meer betrokke by ons skool nie, nog aan die skool kleef. Geen skeidsregter sal hul beslissing hersien nie.

Page 3: 09 Bulletin Mei · Die oorgrote meerderheid van ons spelers se ouers of grootouers neem hulle sport toe. Waar ouers albei werk, probeer hulle met vriende reël en indien hul geen

3

Ons sal graag die inligting van elke leerder volgens sy breinprofiel in die toekoms in die klas wil benut sodat leerders maksimaal akademies kan ontwikkel. Dit sal help om elke kind op die beste wyse volgens sy breinprofiel te onderrig. Al die onderwysers sal die nodige opleiding ontvang. Mnr. Morné Botha, die uitvoerende direkteur van MySchool Edu-Profile, sal ons op Woensdag 9 Mei 2018 om 18:30 in die saal toespreek om ons meer in te lig omtrent die maatskappy, hul werksaamhede en die breinprofiele.

PERSONEEL VERJAARDAE

Mei 08 : Mnr. Jeremia Hermanus 08 : Mnr. J. van Zyl 11 : Mnr. C. Strydom

DEURBRAAK GEBEDSGROEP

Die Deurbraak Gebedsgroep is ‘n groepie ouers wat elke Donderdag ontmoet om vir

die personeel en leerlinge van ons skool te bid. U is welkom om by ons in die

Personeelkamer op Donderdae van 08:00 – 09:00 aan te sluit.

Ons het ook ‘n spesiale boksie by ontvangs waarin u gebedsversoeke kan plaas.

Plaas asseblief enige versoek, groot of klein in die boksie.

Vir enige navrae, kontak Sarah-Jane by 072 760 2411

Page 4: 09 Bulletin Mei · Die oorgrote meerderheid van ons spelers se ouers of grootouers neem hulle sport toe. Waar ouers albei werk, probeer hulle met vriende reël en indien hul geen

4

Netbaluitslae Wildeklawer Toernooi in Kimberley O/13A netbalspan

By die Wildeklawer Netbaltoernooi het 15 spanne oor die hele land deelgeneem. Gene Louw het brons medaljes verwerf en Michelle Schutte is aangewys as die beste speelster in die span.

Wildeklawer 1. Menlopark 9. Newton 2. Rustenburg 10. Magalieskruin 3. Gene Louw 11. Eikestad 4. Wierda Park 12. Sunridge 5. Oranje Noord 13. Universitas 6. Durbanville 14. Worcester 7. Van Riebeeckpark 14. Paarl Gimnasium 8. Fichardtpark

BELANGRIKE DATUMS

MEI

Wo. 9 Breinprofiel-inligtingssessie, 18:30 in die skoolsaal

Do. 10 HEMELVAART (Skooldag)

O/9-Netbal: Fair Cape (Durbanville Voorbereiding)

Vr. 11 O/8-Netbal: Fair Cape (Durbanville Voorbereiding)

Seniorkoor-werkswinkel (13:45-16:00)

Sa. 12 O/7-Netbal: Fair Cape (Durbanville Voorbereiding)

O/10A- & O/11A-Rugbytoernooi en O/10AB- & O/11AB-Netbal: Fanie Theron

Seniorkoor-werkswinkel (08:30-13:00)

So. 13 MOEDERSDAG

Wo. 16 Tygerberg Eisteddfod Koorfees: JNR & SNR Kore

Vr. 18 GR. 1 OPE-SAAL

Seniorkoor Korekonsert: Hugo Lambrechts

Sa. 19 O/11ABC-Hokkietoernooi: Table View (seuns & meisies)

O/11AB-Netbaltoernooi: Welgemoed

Do. 24 APPLOUS KOORSTREEKFEES: GENE LOUW SENIORKOOR OPTREDE

O/10A-Netbal: Eversdal

Page 5: 09 Bulletin Mei · Die oorgrote meerderheid van ons spelers se ouers of grootouers neem hulle sport toe. Waar ouers albei werk, probeer hulle met vriende reël en indien hul geen

5

Hokkieuitslae

Meisies

o/8 vs Eversdal o/8 A 3-1 wen

o/8 B 7-0 wen

o/8 C 1-0 wen

o/9 vs Eversdal o/9 C 2-0 gewen

o/10 vs Eversdal o/10 A 1-4 verloor

o/10 B 0-5 verloor

o/10 C 0-4 verloor

o/10 D 0-3 verloor

o/11 vs Eversdal o/11 A 0-2 verloor

o/11 B 0-3 verloor

o/11 C 0-2 verloor

o/11 D 0-0 gelyk

Seuns

o/13 vs Eversdal o/13 A 1-0 verloor

o/13 B 2-0 win

o/13 C 0-0 draw

o/8 vs Bastion & Kings School o/8 A 8-2 wen Bastion

o/8 B 7-0 wen Bastion

o/8 C 11-0 wen Kings

o/9 vs Bastion & Kings School o/9 A 8-6 verloor

o/9 B 5-0 wen

o/11 vs Bastion & Kings School o/11 A 0-0

o/11 B 1-0 wen

o/11 C 1-0 wen

o/13 vs Bastion & Kings school o/13 B 2-1 wen Bastion

o/8 vs Eversdal o/8 A 2-1 wen

o/8 B 5-0 wen

o/8 C 3-0 wen

o/8 D 8-0 wen

o/9 vs Eversdal o/9 A 6-2 wen

o/9 B 1 - 3 verloor

o/9 C 1 - 1 gelykop

o/9 D 0 - 3 verloor

o/10 vs Eversdal o/10 A 1-1 gelykop

o/10 B 2-2 gelykop

o/10 C 1-1 gelykop

o/10 D 0-2 verloor

o/11 vs Eversdal o/11 A 2-2 gelykop

o/11 B 1-0 lost

o/11 C 3-0 wen

o/13 vs Eversdal o/13 A 2-0 wen

o/13 B 1-0 wen

o/13 C 0-0 gelykop

o/7 vs Bastion & Kings School o/7 A 1-0 verloor vs Bastion

o/7 B 2-0 verloor vs Bastion

o/8 vs Bastion & Kings School o/8 A 2-1 verloor vs Bastion

o/8 B 3-0 wen vs Bastion

o/8 C 2-0 wen vs Goodwoodpark

Page 6: 09 Bulletin Mei · Die oorgrote meerderheid van ons spelers se ouers of grootouers neem hulle sport toe. Waar ouers albei werk, probeer hulle met vriende reël en indien hul geen

6

HERWINNING : DONDERDAGOGGENDE

07:00 – 08:30

Ons ontvang papier en leë inkhouers vir ons herwinningsprojek. Ongelukkig herwin ons nie meer plastiek en glas nie. Daar sal houers op die sypaadjie wees waarin die items geplaas kan word. Die Herwinningsspan sal aan diens wees om u te help.

o/9 vs Bastion & Kings School o/9 A 3-0 wen vs Bastion

o/9 B 3-3 gelykop vs Bastion

o/9 C 8-0 wen vs Goodwood Park

o/10 vs Bastion & Kings School o/10 A 5-1 wen vs Bastion

o/10 B 13-0 wen vs Bastion

o/10 C 3-3 gelykop vs Kings School

o/11 vs Bastion & Kings School o/11 A 1-1 gelykop vs Bastion

o/11 B 1-1 gelykop vs Bastion

o/11 C 5-3 verloor vs Goodwood park

o/13 vs Bastion & Kings School /13 A vs Bastion

o/13 B 10-0 wen vs Bastion

o/13 C 2-0 lost vs Goodwood park

KLEREBANKTYE

Handelsure:

Slegs Donderdae : 17:00 – 18:00

(tweede pouse slegs vir leerders.)

Kredietkaart-fasiliteite is nie by die

klerebank beskikbaar nie.

Page 7: 09 Bulletin Mei · Die oorgrote meerderheid van ons spelers se ouers of grootouers neem hulle sport toe. Waar ouers albei werk, probeer hulle met vriende reël en indien hul geen

7

Page 8: 09 Bulletin Mei · Die oorgrote meerderheid van ons spelers se ouers of grootouers neem hulle sport toe. Waar ouers albei werk, probeer hulle met vriende reël en indien hul geen

8

0861 227388

Preferred Security Service Provider,

protecting Gene Louw Primary School

TOP CARPETS

THE PROFESSIONAL FLOORING GROUP

DIE PROFESSIONELE VLOERGROEP

The Professional Flooring Group

Tel: 021 981 7040/1

Thank you to our sponsors who support

us financially.

Baie dankie aan die borge wat ons finansieel

ondersteun.