09:30 oggenddiens · 2020. 1. 30. · bêre asseblief die teekoppies na afloop van die...

8
20 September 2015 Jaargang 4 #29 09:30 Oggenddiens Rev Willem Steyn Theme: I kneel to honour God Scripture reading: Ephesians 3:14-21 Key verse: Ephesians 3:20-21 11:30 International Service 18:00 Aanddiens Ouderlinge en Diaken aan diens Ouderlinge: Jan Geertsema & Fanie van Wyk Diaken: Lizelle le Roux Ds Willem Steyn Tema: Ek kniel sodat God geëer kan word Ds Fanie Coetzee Tema: Aan God al die eer! Sing: Ps 146-1:1,3,8 Sing: Ps 148-2: 1,2,4,5,6, 7,9 (beurtsang) Sing: Ps 150-2:1,2 Skriflesing: Openbaringe 4 en 5:11-14 Teks: Openbaringe 4:9-11 Sing: Sb 2-5:1,3 Sing: Sb 18-1:1,2,3 Amen: Sb 13-3 Sing: Sb 15-1:1,4 Sing: Ps 100-1:1-4 Sing: Lied 241:3 (Kinderbegeleiding) Wetlesing: Matt 5:3-12 Sing: Sb 3-4:1,5 Skriflesing: Efesiërs 3:14-21 Teks: Efesiërs 3:20-21 Sing: Ps 23-3:3 Nagmaal Sing: Ps 138-1:1-4 Sing: Sb 18-7:1,3,12 Amen: Sb 13-1

Upload: others

Post on 06-Nov-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: 09:30 Oggenddiens · 2020. 1. 30. · Bêre asseblief die teekoppies na afloop van die Oggenddiens. Die Internasionale diens begin weer sap bedien na hulle diens. Baie dankie! 20

20 September 2015Jaargang 4 #29

09:30 Oggenddiens

Rev Willem SteynTheme: I kneel to honour God

Scripture reading: Ephesians 3:14-21 Key verse: Ephesians 3:20-21

11:30 International Service

18:00 Aanddiens

Ouderlinge en Diaken aan diens

Ouderlinge: Jan Geertsema & Fanie van Wyk

Diaken: Lizelle le Roux

Ds Willem SteynTema: Ek kniel sodat God geëer kan word

Ds Fanie CoetzeeTema: Aan God al die eer!

Sing: Ps 146-1:1,3,8Sing: Ps 148-2: 1,2,4,5,6, 7,9 (beurtsang)

Sing: Ps 150-2:1,2Skriflesing: Openbaringe 4 en 5:11-14 Teks: Openbaringe 4:9-11

Sing: Sb 2-5:1,3 Sing: Sb 18-1:1,2,3Amen: Sb 13-3

Sing: Sb 15-1:1,4 Sing: Ps 100-1:1-4Sing: Lied 241:3 (Kinderbegeleiding)

Wetlesing: Matt 5:3-12Sing: Sb 3-4:1,5

Skriflesing: Efesiërs 3:14-21 Teks: Efesiërs 3:20-21Sing: Ps 23-3:3

NagmaalSing: Ps 138-1:1-4 Sing: Sb 18-7:1,3,12

Amen: Sb 13-1

Page 2: 09:30 Oggenddiens · 2020. 1. 30. · Bêre asseblief die teekoppies na afloop van die Oggenddiens. Die Internasionale diens begin weer sap bedien na hulle diens. Baie dankie! 20

2

MeelewingVerjaarsdae

81

Helene Coetzee (083-625-1970) en haar vriend was laas naweek in ’n motorongeluk betrokke. Hulle is beide beseer, en in die hospitaal, maar is ontslaan en sterk tans aan by haar vriend se ouers in Tzaneen. Ons dink aan hulle in hierdie tyd.Tannie Kitti Grové het die afgelope week op die ouderdom van 95 jaar in die Here ontslaap. Ons dink aan haar lewe met dank-baarheid. Hoewel sy tydens haar lewe op aarde vroeg van haar man en later van drie van haar seuns afskeid moes neem, het die Here haar in sy hand vasgehou en in vrede kom haal. Die begrafnis was reeds Vrydag.Willie Coetzee (082-826-3310) het geval en sy been gebreek. Ons dink aan hom en Annemarie met die ongemak wat dit mee-bring.Mariaan Breed (072-341-0305) se moeder het op ʼn rype ouderdom van 94 jaar in die Here ontslaap. Ons dink in ons gebede aan hulle.Oom Rassie Smit (072-314-4999) het ʼn pasaangeër ontvang nadat hy vir twee weke mediese ondersoeke ondergaan het. Ons bid dat hy sal herstel en verbeterde le-wenskwaliteit sal hê.

Daar sal nie volgende Sondag ‘n Lantern wees nie a.g.v. die langnaweek.

Die volgende Lantern verskyn die 4e Oktober.

Maandag, 21 SeptemberGerrit Els 076-881-2705

Dinsdag, 22 SeptemberAngelique Jv Rensburg 083-391-4423Erna Jooste 072-519-3986

Woensdag, 23 SeptemberPhillip Cowan 083-538-2776Elsabe Weyer 083-287-6437

Donderdag, 24 SeptemberHanlie Steyn 083-654-8652Daan Taljaard 082-705-1295Petro van der Walt 083-253-3558

Saterdag, 26 SeptemberCorita du Plooy 076-683-8965Jakkals Reinecke 082-465-8405Sandra Roode 072-440-6536Cobus van der Walt 083-768-0474Pieter-Jacob van Zyl 072-389-3450

Dinsdag, 29 SeptemberEsmari Potgieter 083-446-5511

Woensdag, 30 SeptemberIngrid de Jong 082-821-0766Carla Roets 072-157-4133

Donderdag, 1 OktoberEsmé van der Merwe 082-321-9119

Vrydag, 2 OktoberJohandi Ebersohn 082-411-3700Ina Everson 082-786-0814Ina Kruger 082-335-8738Rizaan Olivier 083-651-9567

Saterdag, 3 OktoberJohan de Klerk 082-884-7061Tienie van der Merwe 018-293-1903

7

81

87

Page 3: 09:30 Oggenddiens · 2020. 1. 30. · Bêre asseblief die teekoppies na afloop van die Oggenddiens. Die Internasionale diens begin weer sap bedien na hulle diens. Baie dankie! 20

3

Die liefdesdiens van die diakens gaan vir nood onder ons eie lidmate. Tans is die gemiddelde maande-likse inkomste R16000 teenoor ver-pligte uitgawes van R17650. Omdat die diakonie van ‘n belegging mag gebruik wat geoormerk is spesifiek vir hulp aan bejaardes, kan ons die maandelikse uitgawes laat klop.Vakansie en feestyd is egter om die draai, en daarmee saam lidmate wat weg is uit Potchefstroom. Gedurende hierdie tye ondervind ons ‘n ernstige tekort aan fondse. Daarom doen die diakonie ‘n beroep op lidmate om asseblief in hierdie tyd u harte groot oop te maak vir ons lidmate wat fi-nansieel sukkel. Sal dit nie heerlik wees as ons selfs ‘n ekstratjie oor Kerstyd kan gee vir ‘n lekker kers-maal nie! Diakonie

Liefdegawes20 SeptemberOggend: SimonversorgingstrustAand: Meelewingsfonds27 SeptemberOggend: GKSA SustentasieAand: Meelewingsfonds4 OktoberOggend: Living WatersAand: Meelewingsfonds

Liefdegawes tydens die diens word vir die Liefdesdiens van die diakens gebruik.

by die deure

Geleenthede vir diens Venterskroon (oor die Bult )Twee Sondae gelede het die lidmate van Venterskroon saam met die lidmate van Rysmierbult omgewing ‘n wonderlike ge-samentlike Nagmaalsdiens gehad. Vir ons Bult gemeente is dit iets besonders, want die ou Noord- en Noordbrug gemeentes het hierdie werk op die noordelike en suidelike punte buite ons dorp begin en ondersteun. Nou kan mense wat meestal Tswana en Sotho sprekend is op hierdie manier geloofsgemeenskap beoefen.By die Venterskroon groep kan ons die volgende geleenthede om oor die Bult te dien gebruik. Lidmate wat hiermee wil help kan met enige van Gerrit Pienaar (079-527-2079), Elsa Els (082-460-0939) of Ben en Marie de Klerk (082-442-0018) skakel.

Hulp met Katkisasie groepies onder lei-ding van Sylvia Letsosa.Hulp op sommige Saterdae met skool-werk vir kinders in enige vak. Dit word by die huis van prof Rantoa Letsosa aan die kinders van die gemeentetjie gegee.Die versorging van die terrein waar die dienste gehou word, so 15 kilometer van ons kerkgebou af. Is daar dalk ‘n studente kleingroep of twee wat een Saterdag wil inspring en die terrein tussen die twee geboue wil mooimaak?Verbrekings by die tweede gebou. Die gebou wat as kerkplek dien is baie mooi. Daar is ‘n tweede gebou waar onder an-dere reeds toilette aangebring is wat verbreking nodig is. Ons sal na kundige advies en die verkryging van ‘n vakman, aandui wattersoort hulp wanneer gebied kan word. Laat weet asb as jy hierby wil inval.

Die Here seën die werk en naburige plaas-werkers en veral hulle kinders by Rooi-poortjie is ook besig om in te skakel.

Ben de Klerk

Kalender 2016Ons is besig om die Gemeente-Kalender vir volgende jaar reg te kry. Kontak gerus die kerkkantoor as daar enige inligting is (bv. vergaderings van kommissies, ens.) wat hierin moet verskyn.

Page 4: 09:30 Oggenddiens · 2020. 1. 30. · Bêre asseblief die teekoppies na afloop van die Oggenddiens. Die Internasionale diens begin weer sap bedien na hulle diens. Baie dankie! 20

4

Die Kuierkombuis tydens AardklopDie Kuierkombuis vat vanjaar tydens Aardklop hande met die Dienssentrum vir bejaardes. Die Dienssentrum gaan die middag-en aandetes voorberei en ons gaan dit namens hulle bedien en verkoop.Ons gemeente is steeds verantwoordelik vir die ontbyte, Koffiestoep, Watergat, parkering en alle logistiek. Ons het julle hulp dus nodig! Skryf asseblief jou naam op die dienslyste wat vanoggend beskikbaar is. Ons daag die kleingroepe uit om as ‘n groep al die punte te kom beman!Daar is vanoggend nog van die kollektelyste in die portale beskikbaar indien u bestand-dele wil skenk vir die Kuierkombuis.Die Kuierkombuis word vanjaar bestuur deur sameroepers wat verantwoordelikheid neem vir die verskillende funksies van die Kuierkombuis. Indien u by ‘n spesifieke deel van die projek wil betrokke raak, maak assseblief kontak met die sameroeper.Ons wil met vanjaar se Kuierkombuis werklik ons gemeenskap dien en ‘n tuiste skep waar ons as gemeente ook lekker kan saamkuier!Operasionelebestuur – Dalena Odendaal (Sel: 072-554-6748, [email protected])Kuierkombuis Voorsitter – Malan le Roux (Sel: 071-609-5167 [email protected])Ontbyte – Faan van Wyk (Sel: 082-551-7782, [email protected])Koek & Koffie – Annemarie Schoeman (Sel: 083-454-5412, [email protected])Vloerbestuurders – Johan de Klerk (Sel: 082-884-7061, [email protected])Kroeg en kasregister – Koos Schoeman (Sel: 082-433-8222, [email protected])Aandetes – Anna Fick (Sel: 073-682-3751)G5 Studente – Nico Botha (Sel: 071-264-0990 [email protected])Parkering – Ds. Fanie Coetzee (Sel:082-520-5168 [email protected])Logistiek – Fanie van Wyk (Sel: 082-555-9544 [email protected] )Bemarking – Hanlie Steyn (Sel: 083-654-8652 [email protected])

Kuierkombuisspyskaart lusmakerMiddagetesDinsdag: Hoenderpastei, Bobotie, geelrys en sous, groenboontjiebredie, baba- wortels, beetslaai.Woensdag: Kerriefrikadelle, hoenderstukke, rys/koring, broccoli en blomkool met witsous, pampoentert, wortelslaai.Donderdag: Beessnit, soetsuur varkrepies, rys, geroosterde groente, strooppatats, mengelslaai.Vrydag: Hoenderpastei, wildspastei, stampmielies, roomspinasie, pampoenkoe- kies met karamelsous, kerrie uieslaai.

Ek wil graag ‘n lidmaat wordEk wil graag huisbesoek hê

Naam: ..................................................................Telefoonnommer: ...........................................

Gooi in kollektesakkie / Gee in by kerkkantoor

Saterdag: Soverside, varknek, noedel- slaai, aartappelslaai, beetslaai, koolslaai.

AandetesIn die aande gaan daar ‘n keuse uit 2 vleis-geregte met slaai beskikbaar wees. Geregte sluit in: herderspastei, lasagne, kamma wildsvleispastei, kerrievleis, hoederpastei en bobotie.

Page 5: 09:30 Oggenddiens · 2020. 1. 30. · Bêre asseblief die teekoppies na afloop van die Oggenddiens. Die Internasionale diens begin weer sap bedien na hulle diens. Baie dankie! 20

5

Bêre asseblief die teekoppies na afloop van die Oggenddiens. Die Internasionale diens

begin weer sap bedien na hulle diens.

Baie dankie!

20 SeptemberWyk 5 (Christa Smith - 0734589555)KG 5 (Lizelle le Roux - 0794280191)

27 SeptemberWyk 6 (Lowisa Smit - 0845834327)KG 6 (Hanlie Steyn - 0836548652)

4 Oktober & 11 OktoberGeen teebeurte geskeduleer vir die

vakansietyd nie. Enigiemand welkom!

Teeskinkbeurte

Ons Dankoffers gaan ten diepste oor ons verhouding met die Here en ons eie-naarskap van die gemeente se Roeping. Daarom val die klem op elke lidmaat se be-hoefte om met entoesiasme vir die Here te gee: “Kinders van die Here bring graag ‘n offer met ‘n lieflike geur” (Fil 4:18b). Ons moet onthou dat ons gee omdat:

Dankoffers – 2016/17 en vernuwe. Dit dwing ons tot ‘n vreugde om ons lewe elke dag op God te rig en Sy wil te soek waardeur ons alle mense om ons, hulle gawes en nood sal raaksien. In die belewenis van ons Fokustyd waar ons die Here loof en prys vir Sy onbegryplike liefde wat Hy aan ons onverdiend skenk, is dit gepas dat ons as gelowige medewerkers in diens van God alles wat ons het aan Hom wil gee. Ons oproep aan ons lidmate is om nou reeds ‘n verbintenis van hulle dankof-fers vir 2016/17 te maak. Dit stel ons in staat vanjaar al ons voorbereiding vir die voorsiening van ons bedieningsbehoetes in ons begroting vir 2016/17 (Maart-Feb-ruarie) te doen.Die ouderlinge sal u binnekort met u ‘n gesprek oor Dankoffers voer en van die nodige dokumentasie voorsien. U kan ook die inligting op elektroniese formaat van die Kerkkantoor verkry en dit dan of vir u ouderling besorg of aan die Administra-tiewe Beampte stuur. Ons pleit vir al ons lidmate se volle same-werking hierin want dit gee groter se-kerheid om ons bedieningsmikpunte vir die volgende jaar bereik. Ons vertrou dat hierdie verandering in skedule elke jaar so sal verloop dat ons tydens die laaste kwar-taal reeds ons voorbereiding vir die vol-gende jaar kan doen. As die goeie wil daar is en iemand gee volgens wat hy het, neem God die gawe aan. Hy verwag nie van hom wat hy nie het nie. Ek bedoel nie dat julle gebrek moet ly om ander te kan help nie; maar sodat daar ewewig sal wees, moet julle wat nou oorvloed het dié help wat ge-brek ly. Dan, as hulle weer oorvloed het en julle gebrek ly, kan hulle julle weer help. So kom daar weer ewewig (2 Kor 8: 12-14).

dit ons reaksie is op die Here se liefde en vrygewigheid dit ‘n ryker betekenis aan ons eie le-wens geemens gelukkiger is om te gee as om te ontvangons graag ons medemens wil helpons eienaarskap vir ons Roeping: In, op en oor die Bult aanvaar

Daarom is die aanbod van dankoffers eint-lik ‘n bewys van ons oneindig dankbare reaksie om ons verbintenis van diepe af-hanklikheid van die Here en met ons ge-meente en die wêreld daarbuite te verklaar. Ons glo aan die lewende God, Vader, Seun en Heilige Gees wat ons daagliks verander

••

Page 6: 09:30 Oggenddiens · 2020. 1. 30. · Bêre asseblief die teekoppies na afloop van die Oggenddiens. Die Internasionale diens begin weer sap bedien na hulle diens. Baie dankie! 20

6

Ons straatkinders & Thakaneng (9)Ons vra weer vir skenkings van kinderboeke en jeugboeke (Afrikaans en Engels) vir die skuiling vir straatkinders. In ons almal se huise is daar sulke boeke wat Thakaneng se baie klein biblioteek kan aanvul. Ge-skikte ou tydskrifte is ook baie welkom. Elsa se selfoonnomer: 0833701230, huis-nommer 0182946202. Sy sal graag boeke en tydskrifte kom haal of dit kan by Walter Sisululaan 13 afgegee word. (Thakaneng is langs SASSA, naby Ikageng se ingang en hulle Telefoonnommer is: 018 297 0825.)

Wil jy graag ’n Almanak 2016 bestel? Hierdie boek het al die inligting oor die GKSA in, asook dagstukkies en

baie meer. Dit kos R70. Skryf jou naam op die lyste in die portaal om jou bestelling te plaas.

Almanak 2016

7 - 10 OktoberKamp by G5 Koffiekamer

RSVP teen Maandag (21/09) op G5 se Gee-week FB event

Opsomming van die aktiwiteiteWoensdag

Tentopslaan by G5Sokker op die Bult

Braai by G5

DonderdagTeken saam met straatkinders

Middagete by munisipale behuising

Aardklop vertoning

VrydagAksie saam met straatkinders

Uitreik by ThakanengBraai by G5

SaterdagKonsert by Ons Hulde

*Ons gaan deurlopend ook Bybelstudie hou as groep en by

die Kuierkombuis ook uithelp

Living Waters opleidingsweekOns is dankbaar vir hierdie jaar se Living Waters program, wat verlede Dinsdag na 20 weke suksesvol afgesluit is. In hierdie tyd was daar vir van ons eie lidmate, asook ander jong mense van die Bult, die geleent-heid om deur die genade van die Here te leer hoe om te leef, nie as produkte van hulle omstandighede nie, maar as produkte van die Here se genade in hulle lewens.Ons sien die Living Waters bediening as ‘n wonderlike geleentheid om mense vanuit G5 by te staan in hulle diepste seerkry en worsteling. Tydens die Aardklop vakansie word daar ‘n opleidingsweek beplan vir voornemende leiers binne hierdie bedien-ing. Ons deurkollekte op Sondag 4 Okto-ber sal ‘n bydrae maak om van ons stu-dentelidmate instaat te stel om hierdie opleidingsweek te kan bywoon. Kontak gerus vir Willem Steyn of Jaco Lemmer as jy enige navrae het oor Living Waters.

Page 7: 09:30 Oggenddiens · 2020. 1. 30. · Bêre asseblief die teekoppies na afloop van die Oggenddiens. Die Internasionale diens begin weer sap bedien na hulle diens. Baie dankie! 20

G5 Kamp: 16-18 OktoberG5 beplan ‘n kamp vir 16-18 Oktober by Manzini Lodge. Ons gaan fokus op die By-bel: Hoe het die Bybel onstaan? Hoe word Bybelvertalings gedoen? Hoekom kan ons die Bybel vertrou? Hoe kan ons die Bybel beter verstaan? Hou die naweek oop!

7

Ons Borg-’n-Bybel projek staan tans op 446 van 500. Baie dankie aan almal wat reeds donasies gegee het! Ons wil graag hierdie projek teen vol-gende Sondag afhandel.‘n Bybel kos R50, maar enige donasies is welkom – koeverte is by die deure be-skikbaar. Plaas dit asseblief in die bruin blikke by die deure. Jy is ook welkom om jou donasie elek-tronies oor te betaal in die kerk se bankrekening (kyk op die agterblad vir besonderhede), maar maak asseblief die verwysing: BORG ‘N BYBEL.Die kinders gaan vanoggend tydens die liefdegawe hulle spaarboksies vorentoe bring om in te gee.

Borg-’n-Bybel

ORGAANSKENKING EN DRAAGBARE

SUURSTOFEENHEDE

18 maande gelede in Australië is ek gediag-noseer met Pulmonale Arteriële Hiperten-sie. Die dokters weet nie hoekom die klein aartjies in my longe besig is om te vernou en my longe dus progressief minder suur-stof voorsien nie, en as ‘n gevolg moet my hart baie harder werk om daarvoor te kompenseer. ‘n Dubbele longoorplanting is die uiteindelike geneesmiddel, maar slegs 0.27% van Suid-Afrika se bevolking is geregistreerde orgaanskenkers. Intussen help modern medisyne om die siekte te bestuur. Healing does not mean the damage never existed. It means the damage no longer controls your life. So, na my 12 maande wagtydperk vir privaat mediese verseke-ring, help my draagbare suurstofeenheid nou om normaliteit in my lewe te herstel en julle sal my sien met ‘Oxy-Daisy’.Ons almal veg oorloë met onsigbare vy-ande in ons lewens en in ons liggame, al lyk ons gesond van buite af. Kom ons bid vir mekaar dat ons sal raaksien hoe die Here ons meer as genoeg gee. En dat ons gewillig sal wees vir die pad wat die Here saam met ons gaan stap.

Martie Geertsema

���STE�G��PR�K �OR ��U B��I����GNa aanleiding van verlede week se inlig-tingsessies oor die gemeente gaan ons vanuit die Bedieningskommissie begin om luistergesprekke te voer met verskillende groepe uit die gemeente. Die eerste gesprek is veral met die groep van lidmate wat nagraads studeer en/of reeds begin werk het en/of getroud is maar nog nie kinders het nie. Die gesprekke is nooit eksklusief nie, en enige lidmaat wat saam met die groep wil kom dink oor bediening aan en deur hulle is welkom. Die gesprek word beplan vir Woensdag, 30 September.

Page 8: 09:30 Oggenddiens · 2020. 1. 30. · Bêre asseblief die teekoppies na afloop van die Oggenddiens. Die Internasionale diens begin weer sap bedien na hulle diens. Baie dankie! 20

8

Kerkkantoor 018-297-4843 (tel) 086-750-5339 (faks) e-pos: [email protected]: www.gkpotchbult.co.za

Kontakons

Ds Fanie Coetzee: [email protected] Willem Steyn: [email protected]

Skriba: Jaap Verhoef: 018-294-6502Orrelistes: Jetty van Rensburg: 083-439-7379 Annatjie Verhoef: 072-391-2552Koster (Molen): Piet van Maarleveld: 084-776-6113 Koster (Gerrit Dekker): Wilma Herbst: 082-965-7525Internasionale diens: Ray Everson: 018-290-6782Katkisasie: Braam Pieterse: 082-923-4881Kinderbegeleiding: Marida van Eeden: 060-977-1124Preekbegeleiding: Henriëtte vd Zwan: 082-859-2229Dataprojeksie: Adelle Lotter: 083-286-3811Klank: Stefan Linde: 072-811-1665Tolkdienste: Kerkkantoor: 018-297-4843Preekopnames: Kerkkantoor: 018-297-4843

Diakonie: Elsa Els: 082-460-0939Omgee-groep Seniors: Ans Geertsema: 073-192-8976Sopkombuis: Elsa Els: 082-460-0939Kosbank: Kerkkantoor: 018-297-4843Susters: Hanlie Steyn: 083-654-8652Onthaalkomitee: Retha van Wyk: 083-967-1511G5 Bediening: Ds Willem Steyn: 082-854-3587Musiekbediening: Hanlie Steyn: 083 654 8652 Bedieningskommissie: Jan Geertsema: 083-271-6570Eiendomskommissie: Faan van Wyk: 082-551-7782Liturgiese Werkgroep: Lou van Wyk: 084-520-1086Finansiële kommissie: Lou van Wyk: 084-520-1086Kassier: Paul Delicado: 082-574-2204

Skakel gerus met Fransa by die kerkkantoor (Weeksdae van 08:00 - 13:00) vir:

Algemene navrae, Lantern (saktyd Donderdae om 10:00), Preekopnames, Webbladnavrae, ens.

Gereformeerde Kerk Potchefstroom Die BultABSA Tomstraattak 670-264-661 (Tjekrekening)

Verwysing: Van, voorletters, Wyk / KG

Bankbesonderhede

advertensiesIn die hartjie van Mooivallei – 1 Slaapkamer wooneenheid met stoep en badkamer. Onder-dakparkering. Nuwe pad, 1.4 km van Patria-hek. Jong getroudes, Nagraadse of werkende studente. Afgetreede, pensioenaris. ‘n Twee-slaapkamer kothuis is ook beskikbaar: oopplan met kombuis. Christa Truter: 079-026-1049Woonstel-Akkommodasie 2016 – Ek is ‘n Meestersgraad-student opsoek na woonstel-akkommodasie geskik vir een persoon die eerste semester van 2016. Ek is spesifiek op-soek na ‘n plek nie verder as drie kilometer van kampus af nie. Prysklas tussen R2,000 en R3,000 per maand. Indien enigiemand in-ligting het, kontak asb vir Dieter de Lange by 072 323 1241 of [email protected] tuinwoonstel (100m2), 2 slk, 2bdk, kom-buis en woonvertrek. Beskikbaar vanaf 1 Des 2015. Slegs mans. Gedeeltelik gemeubileer. ±600m van NWU. Veilige parkering, privaat ingang. Prys R2400 per persoon vir 2 wat deel. Kontakno: 0182975662 / 0722915890Studente / Jongwerkende Verblyf vir 2016: 2 Buitekamers met eie badkamers en ‘n gedeel-de kombuis in Baillie Park. R2150 & R2100 pm, W&E ingesluit. Kontak Karen 0721244247.

Finansiële verslag tot einde Julie 2015

Die Kerkraad kan met groot dankbaar-heid teenoor die Here betuig dat Hy ons lidmate in staat gestel het om binne die mikpunte van hulle dankoffers by te dra sodat ons binne die verwagte rig-lyne van ons bedieningsbehoeftes kan funksioneer. Ons weet egter dat die huidige ekonomiese omgewing swaar druk op ons hele land en so ook op ons lidmate. Hierdie moeilike ekonomiese omgewing raak ons ook direk, want die gebrek aan ekonomiese groei het tot gevolg dat die inkomste uit ons beleg-gingsfondse nie volgens verwagting presteer nie. Dit het gelei tot ‘n tekort aan inkomste op ons begroting van on-geveer R70 000, hoewel ons bestedings binne die begrote perke is. Ons vertrou dat ons in die res van die finansiële jaar hierop ‘n verbetering sal beleef sodat ons bedieningsdoelwitte wel bereik sal word. Skakel gerus met Paul Delicado of Lou van Wyk vir verdere inligting.