09:30 oggenddiens 18:00 aanddiens...2016/11/13  · sms of e-pos as jy by hierdie projek wil...

8
Jaargang 5 #38 · Nuusbrief van die Gereformeerde Kerk Potchefstroom die Bult · 13 November 2016 09:30 Oggenddiens Ds Fanie Coetzee Tema: Kom, almal wat honger en dors het 18:00 Aanddiens Ds Willem Steyn Tema: Getroosde mense wat huil Ps 149-1: 1, 2 Lied 163: 1 Skriflesing: Ps 126 Teks: Ps 126: 6 Ps 126-1: 1-3 Lied 588: 1-3 + Ps 118-1: 2 Ps 105-2: 1,2,10 Ps 105-1: 2 (Kinderbegeleiding) Ps 32-1: 3,6 Skriflesing: Jesaja 55 Teks: Jesaja 55: 1 (Preekbegeleiding) Nagmaalsbediening Ps 84-1: 2,3 Lied 510: 1,3,4 Sb 18-1: 1,6 Wat is jou gunsteling Bybelvers of lied? Stuur dit asb vir Fransa by die kerkkantoor en dalk ver- skyn dit voorop die volgende Lantern saam met ‘n foto.

Upload: others

Post on 11-Sep-2020

3 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: 09:30 Oggenddiens 18:00 Aanddiens...2016/11/13  · sms of e-pos as jy by hierdie projek wil betrokke raak. Sy sal vir jou die naam en ouder-dom van ‘n kind gee. Annatjie Verhoef

Jaargang 5 #38 · Nuusbrief van die Gereformeerde Kerk Potchefstroom die Bult · 13 November 2016

09:30 OggenddiensDs Fanie Coetzee

Tema: Kom, almal wat honger en dors het

18:00 AanddiensDs Willem Steyn

Tema: Getroosde mense wat huil

Ps 149-1: 1, 2Lied 163: 1

Skrifl esing: Ps 126Teks: Ps 126: 6

Ps 126-1: 1-3Lied 588: 1-3 + Ps 118-1: 2

Ps 105-2: 1,2,10Ps 105-1: 2 (Kinderbegeleiding)

Ps 32-1: 3,6Skrifl esing: Jesaja 55

Teks: Jesaja 55: 1 (Preekbegeleiding)

NagmaalsbedieningPs 84-1: 2,3

Lied 510: 1,3,4 Sb 18-1: 1,6Wat is jou gunsteling Bybelvers of lied?

Stuur dit asb vir Fransa by die kerkkantoor en dalk ver-skyn dit voorop die volgende Lantern saam met ‘n foto.

Page 2: 09:30 Oggenddiens 18:00 Aanddiens...2016/11/13  · sms of e-pos as jy by hierdie projek wil betrokke raak. Sy sal vir jou die naam en ouder-dom van ‘n kind gee. Annatjie Verhoef

2

11:30 International ServiceRev Fanie Coetzee

Theme: Choosing between the love of the Lord and your own failures Scripture: Isaiah 30:1-18 Focus verses: Isaiah 30:15-16

Baie dankie!

13 NovemberWyk 5: Christa Smith 073 458 9555Wyk 38: Celia Kruger 074 180 3449

20 NovemberKG 4: Janien Linde 084 823 8589

Wyk 6: Lowisa Smit 084 583 4327

Teeskinkbeurte

Ouderlinge en Diaken aan diensOuderlinge:

Lappies Labuschagne & Gerhard LaufsDiaken: Rina Muller

Vertrek jy hierdie jaar uit Potch uit? Laat weet asseblief die kerkkantoor, dan

kan ons nou al jou attestaat regkry.

Welkom hier!Martha Smith063 523 6412

Herbesinning oor die bedieningDie kerkraad het verlede Sondag kennis geneem dat die proses om ‘n toegespitste bediening in die gemeente te hê nou deurloop is. In elk van die belangegroepe in die gemeente is daar nou ‘n AKTIVERINGSGROEP op die been gebring wat die praktiese bediening aan die bepaalde groepe in die gemeente gaan koördineer. Hierdie diensgroepe ressorteer onder bestaande Bedienings-kommissie van die gemeente.Die indeling wil nie absolute grense trek en die gemeente as’t ware in 7 klein gemeentetjies verdeel nie, maar wil slegs ’n toespitsing op die bediening aan en deur ’n bepaalde belangegroep doen. Die herderlike bediening in die gemeente word steeds deur die ouderlinge in bedieningseen-hede (soos die bestaande wyke of kleingroepe) gedoen. Hieroor sal ons later verder met u kommunikeerOns dankbaar vir die volgende lidmate wat bereid is die leiding by hierdie aktiveringsgroepe te neem: • Internasionale groep - George Lotter• Studente - Chris Vorster en Pieter Venter• Jong werkendes - Henrico Heystek• Gesinne met voorskoolse kinders - Paulus Kruger

• Gesinne met skoolkinders - Hennie Goede• Middelgroep (±45-64jr) - SJ Steenekamp• Lidmate bo 65 jaar - Francois Venter

Page 3: 09:30 Oggenddiens 18:00 Aanddiens...2016/11/13  · sms of e-pos as jy by hierdie projek wil betrokke raak. Sy sal vir jou die naam en ouder-dom van ‘n kind gee. Annatjie Verhoef

3

Verjaar jy volgende week? Stuur asb jou foto na [email protected] of Whatsapp na 076 391 7578 sodat ons dit op die dataprojeksiebord kan wys.

Liefdegawes13 November

Oggend: Emeritaatsfonds

Aand: Meelewingsfonds

20 NovemberOggend: Franse Radiobediening

Aand: Meelewingsfonds

27 NovemberOggend: Bolandse Bediening

Kerssangdiens by GK Oos

Liefdegawes tydens die diens word vir die Liefdesdiens van die diakens gebruik.

by die deure

Rikus & Anna Fick en Ria van der Walt bly nou in Oosterhof se huisouerwoning.

OnderOnsiehou jou

op datum

Dankoffers – 2017/18 Ons Dankoffers gaan ten diepste oor ons ver-houding met die Here en ons eienaarskap van die gemeente se Roeping. Daarom val die klem op elke lidmaat se behoefte om met entoe-siasme vir die Here te gee: “Kinders van die Here bring graag ‘n offer met ‘n lieflike geur” (Fil 4:18b). Die nodige dokumentasie vir u dankoffers is by u ouderlinge en die kerkkantoor beskik-baar. U kan ook die inligting op elektroniese formaat van die Kerkkantoor verkry en dit dan of vir u ouderling besorg wie die inligting oor die betrokke wyk of kleingroep dan aan die kassier stuur sodat ons die begroting vir 2017/18 betyds kan opstel. Ons sal dit baie waardeer as ons hierdie inligting nie later nie as 15 Desember 2016 kan ontvang. Ons pleit by al ons lidmate vir volle same-werking hierin want dit gee groter sekerheid vir hoe ons ons bedieningsmikpunte kan be-reik vir die 2017/18. Skakel gerus met Paul Delicado (082 574 2204) of Lou van Wyk (084 520 1086) vir verdere inligting.

Vandag is vir die GKSA ‘n dag van veroot-moediging en gebed in die lig van die voort-gaande dade van opstand, moord, aanranding, korrupsie, bedrog en diefstal wat die openbare orde in gevaar stel. Dat elkeen hom of haar in berou oor sonde en ongeregtigheid verneder (verootmoedig) voor die HERE en smeek om uitkoms van die knellende droogte in soveel gebiede in ons land.

Dag van Verootmoediging

Hiermee word elke lidmaat opgeroep om hom of haarself voor God te verootmoedig en om vas te stel of daar nie in die eie lewe ongehoorsaamheid is waardeur wandade verswyg, aangemoedig of gepleeg word nie en indien wel om deur die Gees van God te smeek om ‘n lewensommekeer.Dat die Owerheid verseker word van elke gelowige se voorbidding om deur die mag aan hulle verleen met krag op te tree teen enige wandaad wat mag verhoed dat die inwoners van ons Vaderland ‘n rustige en ‘n stil lewe mag lei.Dat elke lidmaat versoek word om in alle aspekte van die lewe hulle te beywer vir die voortgang en uitbreiding van God se Koninkryk deur voorbeeld, woord en daad volgens die Woord van God . Dat elke lidmaat hom of haarself sal verdiep in persoonlike gemeenskap met God deur Skrifstudie en gebed. Dat as dit die HERE behaag om aan ons uitkoms vanweë die droogte en ons land-somstandighede te verleen, ons lewens van dankbaarheid en lof aan Hom mag getuig vir sy sorg en vertroue vir die toekoms.

27 November om 18:00Kerssangdiens by GK Oos

25 Desember om 09:00Kersfeesdiens by GK Bult (geen aanddiens)

Page 4: 09:30 Oggenddiens 18:00 Aanddiens...2016/11/13  · sms of e-pos as jy by hierdie projek wil betrokke raak. Sy sal vir jou die naam en ouder-dom van ‘n kind gee. Annatjie Verhoef

4

Verjaarsdae

Ek wil graag ’n lidmaat wordEk wil graag huisbesoek hê

Naam: .................................................................................

Telefoonnommer: ..................................................

E-posadres: ................................................................. Gooi in kollektesakkie / Gee in by kerkkantoor

Wil jy graag hier ’n lidmaat word? Vul dié vormpie in of gaan hier natoe en volg die stappe. . .

hier natoeen volg die

vormpiegaan

3

13

3

18

82

7

Vandag, 13 NovemberNardus Conradie 082 568 4410Rina de Beer 083 277 6996Loutjie Kruger 072 985 7930Michelle Potgieter 072 913 8513

Maandag, 14 NovemberIna Hoogenboezem 082 925 5306Nic van der Walt 083 384 4657

Dinsdag, 15 NovemberElmien Spoelstra 078 458 5431

Woensdag, 16 NovemberJoggie Muller 082 807 3043Martha Smith 063 523 6412Emmah van Wyk 071 353 2270

Donderdag, 17 NovemberClarice Lohann 018 294 7091FC Venter 082 532 3118

Vrydag, 18 NovemberCisca Alberts 083 379 8227Robbie Robinson 082 465 0959

Saterdag, 19 NovemberMarilet Joubert 082 494 1375Shama Louwrens 082 694 7201Ruan Steyn 072 818 4439Hantie Thiel 018 294 413786

Ons bid vir Jacques Malan (076 388 0557) wat tans vir depressie behandel word. Ons dra ook vir Jeanette (083 290 4564) aan die Here op in haar bystand aan hom.Ons is baie trots op Michelle Hammann (081 041 4471) wat deelgeneem het aan die opname van die KykNet TV-program, Op die spel. Sy is gekies na aanleiding van haar prestasie tydens die nasionale WOW-spelfees in Stel-lenbosch. Die opname sal eers in 2017 uitge-saai word (6de episode).

Baie dankie vir die donasies wat reeds begin inkom het vir die Martie Geertsema Mediese Hulpfonds. Klein en groot maak alles ‘n verskil tot lewenskwaliteit.

Martie Geertsema Mediese Hulpfonds

MJ Geertsema, ABSA, spaarrekening 9293321096

Vir meer inligting kan die kerkkantoor (018 297 4843) of die voorsitter van die diakonie,

Elsa Els (082 460 0939) gekontak word.

Meds4Martie www.meds4martie.co.za www.meds4martie.co.za

‘k sal die hart van klip verwyder, aan jul gee ’n hart van vlees.sb

8-1

Page 5: 09:30 Oggenddiens 18:00 Aanddiens...2016/11/13  · sms of e-pos as jy by hierdie projek wil betrokke raak. Sy sal vir jou die naam en ouder-dom van ‘n kind gee. Annatjie Verhoef

5

Geskenkidees vir weeskinders in Ikageng

Die pakkies kan by Annatjie Verhoef afgegee word of in die groot houer in die westelike portaal van die kerkgebou teen 27 November gelaat word. Skakel asseblief met haar of sms of e-pos as jy by hierdie projek wil betrokke raak. Sy sal vir jou die naam en ouder-dom van ‘n kind gee. Annatjie Verhoef 072 391 2552 of 018 294 6502 of e-pos: [email protected].

Die volgende geskenke skep probleme:• Enigiets met Engelse gebruik-saanwysings• Driedimensionele brille, want hulle gaan nie fl iek nie• Enige speelding wat nie uni-verseel verstaan sal word nie, bv speelkaarte• Klimtolle• Handskoene en musse is net vir die winter nodig• Enige opgestopte diere kan die kinders bang maak. Hulle beskou baie diere as boos en gevaarlik.• Aftrek tatoëer plakkers• T-hemde met skrif of prente op wat nie in alle kulture aan-vaar word nie, eerder gestreep of met mooi prente op• Enigiets wat maklik breek soos porselein of dun plastiek

Oulike geskenkidees tussen R50 en R100• Kortmouhemde (geen skrif daarop) vir seuns en dogters• ‘n fl itsie met batterye• Goeie gehalte melamien bord/bakkie en/of bekertjie• Seep met ‘n plastiekhouertjie, want daar is nie plek om die skoon seep neer te sit nie• Tandepasta en tandeborsel in ‘n houertjie (daar is ge-woonlik nie plek of ‘n badkamer om dit in te bêre nie)• Potlode, uitveërs, kleurpotlode, skerpmakers en goeie gekleurde swart, rooi, groen en blou penne vir skool-kinders van 10-14jaar• ‘n Sokkerbal • Springtoue• Pleisters • Harde suiglekkers• Kam • Albasters• Mondfl uitjie • Sokkies• Haarrekkies vir dogters• Eenvoudige horlosie vir ouer kinders• Sonkrag sakrekenaar vir ouer kinders• Sonbrille vir ouer kinders• Bruin babapoppe sonder hare vir klein dogtertjies• Speelkarretjies, vragmotortjies of vliegtuigies vir kleineres. Nie Matchbox karretjies nie

Mukesh en Raj Kumar studeer Teologie en wil graag vir die Desembervakansie tyd terug-gaan Indië toe. Hulle bied u Maandag 14 November die geleentheid om egte Indiese Hoender Brijanie, wat hulle self voorberei, te koop ten bate van hulle reisgelde. Tydens hulle tyd in Indië gedurende Desember wil hulle graag die gemeentes gaan besoek wat hulle geplant het oor Indië en die fondse van die etes sal daarvoor wees.Kom koop gerus ‘n ete met ‘n Indiese nagereg teen slegs R50 per wegneemete Maandag, 14 November tussen 16:00 en 18:00 by die GKSA Sinodesaal.Stuur asb ‘n sms aan 082 410 5006 of 082 775 6557 vir getal etes voor Maan dag 14 No-vember om 10:00.

Wegneem-ete: Indiese Hoender Brijanie

Page 6: 09:30 Oggenddiens 18:00 Aanddiens...2016/11/13  · sms of e-pos as jy by hierdie projek wil betrokke raak. Sy sal vir jou die naam en ouder-dom van ‘n kind gee. Annatjie Verhoef

6

Page 7: 09:30 Oggenddiens 18:00 Aanddiens...2016/11/13  · sms of e-pos as jy by hierdie projek wil betrokke raak. Sy sal vir jou die naam en ouder-dom van ‘n kind gee. Annatjie Verhoef

7

Tydens ons vorige twee Afskopkampe het gesinne en kleingroepe vir ons etes voorberei en saam met ons kom eet. Nog elke keer was hierdie ‘n wonderlike manier om nuwe stu-dente deel te maak van die gemeente. Ons wil graag tydens Januarie se kamp weer so maak. Daarom neem ons vrymoedigheid om te vra vir middag of aandetes vir ongeveer 30 mense (ons sal die getalle eers nader aan die kamp kan finaliseer). Ons het die middag- en aandetes nodig op Dinsdag, Woensdag en Donderdag (10-12 Januarie). Skenkings sal waardeer word, maar ons sal ook vanuit die kampgelde julle kostes kan dek indien nodig.

Kospakkies aan pleegsorg-gesinne

1 blik sardine 1 blik sousbone 1 blik ertjies 1 pk jellie1 lt ultramel vla 100 tee sakkies 1 blik vrugteslaai / ander ingelegte vrugte 750 blik koffie – kleiner is ook reg1 kg rys 1 lt langlewe melk 500 gr Macaroni / spaghetti 1 bottel aanmaak koeldrank 1 blikkie konfyt 1 blikkie boeliebeef 1 kg koekmeel of bruismeel 1 kg. mieliemeel 1 kg maalvleis2 kg. hoederstukke 10 kg aartappels 1 kg. suiker Sakkie uie Kopkool pampoenWortels 1 kg tamaties Groenbone

Die items kan teen 1 Desember by die kerkkan-toor afgegee word. Indien u van die bederf-bare items wil skenk, vra ons dat u dit asb eers op 1 Desember sal aflewer (en gevries indien moontlik, bv. vleis).Kontakpersoon in ons gemeente namens die diakonie: Elsa Els 082 460 0939

NG Welsyn lewer pleegsorg toesigdienste aan ongeveer 160 kinders. Hierdie kinders is meestal in pleegsorg by familielede wat self finansieël swaartrek. Hulle het ook ‘n paar be-hoeftige gesinne wat ons maandeliks met die heel basiese kospakkie voorsien. Van die gesinne leef hoofsaaklik op mieliemeel en aan die begin van die maand is daar groente en ‘n stukkie vleis. Luuksheid is daar nooit ge-durende die jaar nie. Hulle wil graag vir die gesinne die voorreg van ‘n lekker Kersfeestyd gee en het gedink om aan hulle ‘n kospakkie met genoeg kruideniersware te verskaf wat die ‘n vrolike en geseënde Kerstyd vir hulle sal beteken. Indien u graag wil help met die insameling vir die inhoud van die kospakkies, kan u van die volgende items skenk.6 & 13 November 2016 is Internasionale Dae

van Gebed vir die vervolgde kerk. Kom ons bid vandag vir hierdie Afrika-lande:

Eritrea - Ons bid...... vir honderde Christene wat ondergronds en in staalhouers gevange gehou word vir hul geloof.... dat die regering kerke sal toelaat om God in die openbaar te aanbid.

Somalië - Ons bid dat...... Christene sal volhard in die geloof, te midde van vervolging en druk.... radikale Islamiste die evangelie sal hoor en sal glo.

Nigerië - Ons bid vir...... die bekering van Boko Haram-militante.... Christene wat familielede en eiendom ver-loor het as gevolg van vervolging.

Soedan - Ons bid...... vir Moslems wat tot geloof in Jesus Chris-tus kom en daarom die doodstraf in die gesig staar.... dat kerke weer toegelaat sal word om by-een te kom.

Internasionale Dae van Gebed

Page 8: 09:30 Oggenddiens 18:00 Aanddiens...2016/11/13  · sms of e-pos as jy by hierdie projek wil betrokke raak. Sy sal vir jou die naam en ouder-dom van ‘n kind gee. Annatjie Verhoef

8

Gereformeerde Kerk Potchefstroom Die BultABSA Tomstraattak 670-264-661 (Tjekrekening)

Verwysing: Van, voorletters, Wyk / KG

Ons gemeente se bankbesonderhede Skakel gerus met Fransa by die kerkkantoor (Weeksdae van 08:00 - 13:00) vir:

Algemene navrae, Lantern (saktyd Donderdae om 10:00), Preekopnames, Webbladnavrae, ens.

Skriba: Mias Smit: 084-510-9193Orrelistes: Jetty van Rensburg: 083-439-7379 Anja Viljoen: 082-053-9246Kosters: Piet van Maarleveld: 084-776-6113 Wilma Herbst: 082-965-7525Internasionale diens: George Lotter: 083-284-7599Katkisasie: Braam Pieterse: 082-923-4881Kinderbegeleiding: Marida van Eeden: 060-977-1124Preekbegeleiding: Henriëtte vd Zwan: 082-859-2229Dataprojeksie: Adelle Lotter: 083-286-3811Klank: Stefan Linde: 072-811-1665Tolkdienste: Kerkkantoor: 018-297-4843Preekopnames: Kerkkantoor: 018-297-4843

Diakonie: Elsa Els: 082-460-0939Omgee-groep Seniors: Dirina Cilliers: 082-326-6207Sopkombuis: Elsa Els: 082-460-0939Susters: Hanlie Steyn: 083-654-8652Onthaalkomitee: Retha van Wyk: 083-967-1511G5 Bediening: Ds Willem Steyn: 082-854-3587Musiekbediening: Hanlie Steyn: 083 654 8652 Bedieningskommissie: Jan Geertsema: 083-271-6570Eiendomskommissie: Faan van Wyk: 082-551-7782Liturgiese Werkgroep: Ben de Klerk: 072-183-1083Venterskroon Diensgroep: Gerrit Pienaar: 079-527-2079Finansiële kommissie: Lou van Wyk: 084-520-1086Kassier: Paul Delicado: 082-574-2204

Kerkkantoor 018-297-4843 (tel) e-pos: [email protected]: www.gkpotchbult.co.zafaks: 086-750-5339Kontak

onsDs Fanie Coetzee: [email protected] Willem Steyn: [email protected]

GK Oos Kersmark: 25 Nov - 3 Des. Kom geniet ‘n unieke inkopie-ervaring. 9:00 - 20:00. Paryslaan, Bailliepark. Navrae: 018 290 7690 www.mooirivierkersmark.co.za

VAN JESUS GEPRAAT – Willemien van Heyningen - ‘n Bundel van 23 kort sketse / verhale rondom Jesus. Geskik vir leesgenot, vermeerdering van kennis, innerlike verryking en bybelstudie. Tot einde Nov 2016 ter insae / beskikbaar teen R100 by Willemien (083 560 6730) Huis Eikelaan S-53 of die kerkkantoor.

Daar is nog van ons gemeente se re-septeboeke beskikbaar by die kerkkantoor. R100 per eksemplaar. Beperkte voorraad.

AdvertensiesAbraham Kriel Kinderhuis se Liggiefees was in 2015 ’n reuse sukses – nie net as ’n fondsinsamelingsprojek nie, maar ve-ral ook vir die publiek wat “net ’n draai gaan maak het om na die liggies te kyk” en heelwat later emosioneel en geeste-lik verkwik huis toe is. Vanjaar – noudat ons 60 jaar jonk is – doen ons dit weer, mét verlede jaar se uitstallings en baie meer nuwe liggies! Ons brei ook uit na die suidwestekant van die terrein met ses optredes op verskillende aande deur kun-stenaars wat reeds bevestig is, terwyl die toegangsgelde selfs daardie aande teen R10 per persoon steeds dieselfde bly. Ons het verlede jaar die klein-klein out-jies onder twee jaar verniet laat ingaan. Die liggiefees duur van 18 November tot 24 Desember 2016 vanaf 19:00 tot 22:00. Ons nooi almal uit na ons Facebook-blad (Abraham Kriel Child & Youth Care Cen-tre - Potchefstroom) om op hoogte van Liggiesake en ander nuus vanaf die kinderhuis te bly.

Liggiefees

Onthou om asb vroegtydig jou foto vir die kerkkantoor te stuur

as jy verjaar. Dan kan ons dit op die dataprojeksiebord wys. Op hierdie manier leer ons

mekaar maklik ken!