1 die mens geskape na god se beeld - christelike media...6 1 die mens geskape na god se beeld...

3
6 1 Die mens geskape na God se beeld Aktiwiteit Kyk na die volgende koerantberig. Dit is ‘n groep mense wat in Irak woon. Hulle sny self hul gesigte met skerp messe stukkend. 1. Hoekom dink jy pynig hierdie mense hulself? 2. Wil die Here hê dat ons ons liggame moet pynig om daardeur te wys dat ons ‘n afsku van ons liggame het? Leerinhoud Skepping In Genesis 2: 7 lees ons dat God Adam geskape het. Die Here het hom uit die stof van die aarde geskep. Die mens was goed en het gedoen wat reg was. Die Here skep die mens na sy beeld en gelykenis. Dit beteken dat die mens dit wat die Here wil hê, kan doen. Deur te spreek, stel God orde in die skepping

Upload: others

Post on 31-Jul-2020

2 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: 1 Die mens geskape na God se beeld - Christelike Media...6 1 Die mens geskape na God se beeld Aktiwiteit Kyk na die volgende koerantberig. Dit is ‘n groep mense wat in Irak woon

6

1 Die mens geskape na God se beeld

Aktiwiteit

Kyk na die volgende koerantberig. Dit is ‘n groep mense wat in Irak woon. Hulle sny self hul gesigte met skerp messe stukkend.

1. Hoekom dink jy pynig hierdie mense hulself?

2. Wil die Here hê dat ons ons liggame moet pynig om daardeur te wys dat ons ‘n afsku van ons liggame het?

Leerinhoud

Skepping

In Genesis 2: 7 lees ons dat God Adam geskape het. Die Here het hom uit die stof van die aarde geskep. Die mens was goed en het gedoen wat reg was. Die Here skep die mens na sy beeld en gelykenis. Dit beteken dat die mens dit wat die Here wil hê, kan doen.

Deur te spreek, stel God orde in die skepping

Page 2: 1 Die mens geskape na God se beeld - Christelike Media...6 1 Die mens geskape na God se beeld Aktiwiteit Kyk na die volgende koerantberig. Dit is ‘n groep mense wat in Irak woon

7

Sondeval

Deur Adam se o n g e h o o r s a a m h e i d word die mens sondig. Al wil ons, kan ons nie doen wat reg is nie. Selfs die beste dinge wat ons doen, is vol sonde. Daarom verdien ons almal om vir ewig verlore te gaan. Geluk-kig red die Here ons van ons sondige lewe.

God verlos die mens van sonde

Deur Jesus se sterwe aan die kruis word dié wat die Here uitgekies het, weer geheilig. Geheilig beteken nie dat ons sondeloos is nie. Ons sondig nog elke dag. Die Here neem wel ons sondes van ons weg.

Nou kan ons as verloste mense lewe. Ons word nie meer deur die sonde in ons beheer nie, maar deur die wil van God.

Die herstel van die mens

Die Here herstel sy uitverkore kinders weer in die oorspronklike posisie waarin Adam gestaan het. Hy maak ons gewillig en bekwaam om sy plan uit te voer (Fil 2:13). As gelowiges moet ons ‘n lewe van gehoorsaamheid aan Hom lei deur te doen wat Hy van ons in sy Woord eis.

Die mens is die kroon van God se skepping

Misdaad, is die gevolg van die sondige aard van die mens

Page 3: 1 Die mens geskape na God se beeld - Christelike Media...6 1 Die mens geskape na God se beeld Aktiwiteit Kyk na die volgende koerantberig. Dit is ‘n groep mense wat in Irak woon

8

Implikasie

In ons bestaan gaan dit nie oor ons as mense nie, maar oor die wil en eer van God. Deur ons lewe moet ons wys dat ons God liefhet. Ons moet God se lig in ‘n donker, sondige wêreld laat skyn. Deur die lewe wat ons lei, moet die mense ons Hemelse Vader raaksien en Hom verheerlik (Mat 5:16).

Die vak Lewensoriëntering handel nie oor hoe die mens homself kan laat geld in die wêreld nie. Dit fokus eerder op ons Hemelse Vader wat Here is van alle lewensterreine (Ps 24:1). Ons behoort nie aan onsself nie, maar aan Hom wat

ons geskep het. Daarom moet die eer van ons Hemelse Vader in alles voorop staan.

Vrae

1. Wat is die doel van ons bestaan op aarde?

2. Hoe moet ons as gelowiges anders optree as die sondige wêreld daarbuite?

Die doop is ‘n teken dat die Here steeds met ons bemoeienis maak

In die natuur kan ons sien hoe God steeds alles onderhou