1. voorsang · bid dat die here nou by ons sal wees, ons een sal maak al is ons nie bymekaar nie en...

28
1. Voorsang Die Here is my vesting https://youtu.be/q36JPgEsUXk Build Your kingdom https://youtu.be/8awpRHg5waw Prys die Here https://youtu.be/8fT8TmX98uU Heilig, heilig, heilig https://youtu.be/l6dyQPAKfx4 U genade’s vir my genoeg https://youtu.be/Aabaxvet_q4 Heer, ons dink aan Afrika https://youtu.be/L7J1_1vAOI4 Seën ons Here God, seën Afrika https://youtu.be/2lW6_95jcm8

Upload: others

Post on 31-Jul-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: 1. Voorsang · bid dat die Here nou by ons sal wees, ons een sal maak al is ons nie bymekaar nie en dat Sy Heilige Gees met ons elkeen sal praat vandag. 3. Skriflesing 1 Petr 1:3-7

1. Voorsang

Die Here is my vesting

https://youtu.be/q36JPgEsUXk

Build Your kingdom

https://youtu.be/8awpRHg5waw

Prys die Here

https://youtu.be/8fT8TmX98uU

Heilig, heilig, heilig

https://youtu.be/l6dyQPAKfx4

U genade’s vir my genoeg

https://youtu.be/Aabaxvet_q4

Heer, ons dink aan Afrika

https://youtu.be/L7J1_1vAOI4

Seën ons Here God, seën Afrika https://youtu.be/2lW6_95jcm8

Page 2: 1. Voorsang · bid dat die Here nou by ons sal wees, ons een sal maak al is ons nie bymekaar nie en dat Sy Heilige Gees met ons elkeen sal praat vandag. 3. Skriflesing 1 Petr 1:3-7

2. Gebed

Word vir ’n oomblik stil. Kom ons

bid dat die Here nou by ons sal

wees, ons een sal maak al is ons

nie bymekaar nie en dat Sy Heilige

Gees met ons elkeen sal praat

vandag.

3. Skriflesing

1 Petr 1:3-7 3 Aan God, die Vader van ons Here

Jesus Christus, kom al die lof toe!

In sy groot ontferming het Hy ons

die nuwe lewe geskenk deur die

opstanding van Jesus Christus uit

die dood.

Page 3: 1. Voorsang · bid dat die Here nou by ons sal wees, ons een sal maak al is ons nie bymekaar nie en dat Sy Heilige Gees met ons elkeen sal praat vandag. 3. Skriflesing 1 Petr 1:3-7

Nou het ons 'n lewende hoop 4 op

die onverganklike, onbesmette en

onverwelklike erfenis wat in die

hemel ook vir julle in bewaring gehou word.

5 En omdat julle glo, word ook julle

deur die krag van God veilig

bewaar vir die saligheid wat reeds

gereed is om aan die einde van die

tyd geopenbaar te word.

6 Verheug julle hieroor, selfs al is

dit nodig dat julle 'n kort tydjie bedroef gemaak word deur

allerhande beproewings 7 sodat die

egtheid van julle geloof getoets

kan word.

Page 4: 1. Voorsang · bid dat die Here nou by ons sal wees, ons een sal maak al is ons nie bymekaar nie en dat Sy Heilige Gees met ons elkeen sal praat vandag. 3. Skriflesing 1 Petr 1:3-7

Julle geloof is baie kosbaarder as

goud, goud wat vergaan.

Selfs die suiwerheid van goud

word met vuur getoets, en die egtheid van julle geloof moet ook

getoets word, sodat dit lof en

heerlikheid en eer waardig mag

wees by die wederkoms van Jesus

Christus.

4. Kinderoomblik

Wys vir die kinders die Sakkie

video: https://youtu.be/E_hQ5xjsNA8

5. Boodskap

Kliek hier om na die video-

boodskap te kyk

https://youtu.be/_iNSIRA_NNE

Page 5: 1. Voorsang · bid dat die Here nou by ons sal wees, ons een sal maak al is ons nie bymekaar nie en dat Sy Heilige Gees met ons elkeen sal praat vandag. 3. Skriflesing 1 Petr 1:3-7

of lees dit self:

Ek het hierdie week net weer

verstom gestaan oor God se

tydsberekening! Ons gemeente

volg die Leesrooster saam met

1000de kerkgroepe regoor die wêreld en die leesrooster word

jare vooruitbeplan.

En watter teks is vir hierdie week

deur die Heilige Gees vir ons

uitgekies...? 1 Petrus 1:3-9!

In ons krisistyd – te midde van die

wêreld-pandemie – te midde van

ons grendeltyd wat verleng is – watter woorde kies die Heilige

Page 6: 1. Voorsang · bid dat die Here nou by ons sal wees, ons een sal maak al is ons nie bymekaar nie en dat Sy Heilige Gees met ons elkeen sal praat vandag. 3. Skriflesing 1 Petr 1:3-7

Gees om ons vandag mee te

bemoedig? Hoop te gee? 1 Petr 1.

Dink gou aan ’n keer – dit kan nou

wees of iewers in jou verlede – toe jy op ‘moed-verloor-se-vlakte’

was, toe jy gevoel het jy sukkel

net, jy het nie meer hoop nie.

As jy nou saam met iemand hierna

kyk, druk gou die pause knoppie

en as jy kans sien, deel dit met die

wat saam met jou is.

Gesels oor die volgende vrae: Wat gee jou hoop? óf

Wat laat jou hoop verloor?

Ek wil vandag met julle gesels oor

hoop.

Page 7: 1. Voorsang · bid dat die Here nou by ons sal wees, ons een sal maak al is ons nie bymekaar nie en dat Sy Heilige Gees met ons elkeen sal praat vandag. 3. Skriflesing 1 Petr 1:3-7

Volgens 1 Kor. 13 is dit een van die

drie dinge wat altyd sal bly.

Rom 12:12 sê weer:

Verbly julle in die hoop; staan vas

in verdrukking; volhard in gebed.

En Hebr. 10:23:

Laat ons styf vashou aan die hoop

wat ons bely, want God is getrou:

Hy doen wat Hy beloof het.

In 1 Tessalonisense 5:8 sê

Paulus:

Maar ons wat van die dag is, moet nugter wees; ons moet geloof en

liefde as borsharnas dra en die

hoop op verlossing as helm.

Page 8: 1. Voorsang · bid dat die Here nou by ons sal wees, ons een sal maak al is ons nie bymekaar nie en dat Sy Heilige Gees met ons elkeen sal praat vandag. 3. Skriflesing 1 Petr 1:3-7

Waar Johannes bekendstaan as

die Apostel van die Liefde, is dit

Petrus wat die titel ‘Apostel van

Hoop’ verdien.

Hy skryf die brief, 30 jaar na die

kruisiging en opstanding van

Christus, aan die gelowiges in

Klein-Asië – hedendaagse Turkye -

wat onder vervolging deurgeloop

het.

Hulle is misbruik deur hulle

werkgewers, gedreig deur ongelowige huweliksmaats,

gespot deur skeptiese bure en op

die horison het die donker wolke

van ’n veel erger vervolging

saamgepak.

Page 9: 1. Voorsang · bid dat die Here nou by ons sal wees, ons een sal maak al is ons nie bymekaar nie en dat Sy Heilige Gees met ons elkeen sal praat vandag. 3. Skriflesing 1 Petr 1:3-7

Dit was ’n anti-christelike

gemeenskap.

Wat maak mens as die dinge wat jou hoop steel, meer raak as die

dinge wat jou hoop gee?

Ja, dit is so, wat ons nodig het, wat

ons veral NOU nodig het, is ’n

lewende hoop.

’n Hoop wat nie afhang van my omstandighede nie.

5.1 Wat is ’n lewende hoop?

Wat is ’n lewende hoop?

Page 10: 1. Voorsang · bid dat die Here nou by ons sal wees, ons een sal maak al is ons nie bymekaar nie en dat Sy Heilige Gees met ons elkeen sal praat vandag. 3. Skriflesing 1 Petr 1:3-7

Dalk moet ek net eers verduidelik

dat die manier waarop óns die

woord ‘hoop’ gebruik, anders is as

die Bybel se gebruik van dieselfde woord.

Ons nooi vriende oor vir ’n braai en

ons sê: “Ek hoop nie dit reën nie”.

En eintlik bedoel ons: “Ek is nie

enigsins seker nie. Eintlik is ek

onseker.”

“Ek hoop hierdie krisis word gou

opgelos...” maar eintlik bedoel jy:

“Ek dink nie dit kan gebeur nie, maar ek wens dit gebeur... ek

hoop...”

Die Bybelskrywers het egter

presies die teenoorgestelde met

die woord ‘hoop’ bedoel.

Page 11: 1. Voorsang · bid dat die Here nou by ons sal wees, ons een sal maak al is ons nie bymekaar nie en dat Sy Heilige Gees met ons elkeen sal praat vandag. 3. Skriflesing 1 Petr 1:3-7

Hoop is om seker te wees van iets

wat in die toekoms gaan gebeur.

Ons weet, sê Petrus, dat ons verlossing in die hemel op ons wag

– dit kan nie doodgaan nie, dit kan

nie vuil raak nie, dit kan nie sleg

raak nie. Ons word veilig bewaar

– ons kan daarvan seker wees.

Die teenoorgestelde van lewende

hoop is ’n dooie hoop. Dit is soos

dooie geloof.

Jak 2:26 sê: “'n Liggaam wat nie

asemhaal nie, is dood. So is die

geloof wat nie tot dade kom nie,

ook dood.”

Page 12: 1. Voorsang · bid dat die Here nou by ons sal wees, ons een sal maak al is ons nie bymekaar nie en dat Sy Heilige Gees met ons elkeen sal praat vandag. 3. Skriflesing 1 Petr 1:3-7

Hoop is in daardie opsig presies

dieselfde as geloof. Hoop wat nie

doodgaan nie, het die krag om te

verander wat jy dink, hoe jy praat en hoe jy leef!

Hoop wat nie dood is nie gee vir

jou sekerheid. Hoop hanteer die

toekoms met sekerheid en maak

dat jy positief is.

As jy hoop het, regtig hoop het,

kan jy die lewe van ander mense

ook verander.

Kom ek vertel julle ’n ware storie:

Eugene Lang was ’n multi-

miljoenêr wat in Harlem, ’n arm

woonbuurt in die VSA grootgeword

het.

Page 13: 1. Voorsang · bid dat die Here nou by ons sal wees, ons een sal maak al is ons nie bymekaar nie en dat Sy Heilige Gees met ons elkeen sal praat vandag. 3. Skriflesing 1 Petr 1:3-7

In 1981 het sy ou skool hom

genooi om met 60 Graad 6’e van

die skool te kom gesels. Om vir

hulle hoop te gee - voordat hulle hoërskool toe sou gaan.

Hy het lank gewonder wat hy kan

sê wat ’n verskil in hulle lewe sou

kon maak.

Toe sê hy die volgende:

“Ek sal elkeen van julle wat in die

skool bly en wat na matriek

kwalifiseer om verder te gaan

studeer, se studiegeld betaal.”

Op daardie moment het elke kind

in daardie skool se lewe verander.

Page 14: 1. Voorsang · bid dat die Here nou by ons sal wees, ons een sal maak al is ons nie bymekaar nie en dat Sy Heilige Gees met ons elkeen sal praat vandag. 3. Skriflesing 1 Petr 1:3-7

Een student het gesê: “Skielik het

ek iets gehad om na uit te sien.

Iets het op my gewag.”

90% van daardie jaar se Gr. 6 klas

het uiteindelik universiteit toe

gegaan!

Dis hoe die krag van hoop mense

kan verander! Dis hoe dit nie net

vir jou nie, maar ook ander naas

jou, kan verander.

En wat God aan jou belowe is veel groter en beter as wat ’n biljoenêr

jou kan gee.

Wat is die lewende hoop?

Page 15: 1. Voorsang · bid dat die Here nou by ons sal wees, ons een sal maak al is ons nie bymekaar nie en dat Sy Heilige Gees met ons elkeen sal praat vandag. 3. Skriflesing 1 Petr 1:3-7

Dis iets wat vas en seker is wat die

krag het om die wêreld te

verander.

5.2 Waar kry jy ’n lewende hoop?

Hoe aktiveer jy die lewende hoop?

Die antwoord word vir jou gegee in

vers 3:

“In sy groot ontferming het Hy ons

die nuwe lewe geskenk deur die opstanding van Jesus Christus uit

die dood. Nou het ons 'n lewende

hoop”

’n Geskenk = genade.

Jy kry lewende hoop as ’n

geskenk.

Page 16: 1. Voorsang · bid dat die Here nou by ons sal wees, ons een sal maak al is ons nie bymekaar nie en dat Sy Heilige Gees met ons elkeen sal praat vandag. 3. Skriflesing 1 Petr 1:3-7

En die enigste manier waarop jy ’n

geskenk kry, is deur te glo dat dit

joune is en dit te ontvang.

Jy ontvang die lewende hoop deur

genade, deur geloof – oor dit wat

Jesus aan die kruis gedoen het.

Petrus het Jesus gesien nadat

Jesus uit die dood opgestaan het.

Hy weet dat Jesus die dood oorwin

het.

Daarom is Jesus die bron van sy hoop.

Daarom kan jy jou vrese en dit wat

jou hoop steel vir Hom gee.

Daarom kan jy Sy liefde vertrou.

Page 17: 1. Voorsang · bid dat die Here nou by ons sal wees, ons een sal maak al is ons nie bymekaar nie en dat Sy Heilige Gees met ons elkeen sal praat vandag. 3. Skriflesing 1 Petr 1:3-7

Jy kan seker wees dat Hy jou

cover. Hy is die bron van jou

hoop.

Soos ek aan die begin gesê het, in

1 Kor. 13 word van die groot drie

gepraat: geloof, hoop en liefde.

So is die drie ’n gawe of ’n opdrag?

Albei. Jy moet glo. Jy moet hoop.

Jy moet liefhê.

Maar die Woord sê ook dat om te

glo en om te hoop gawes van die

Gees is – en dat Jesus die bron van

liefde is, omdat Hyself liefde is.

Rom 5:3 en 4 sê:

Page 18: 1. Voorsang · bid dat die Here nou by ons sal wees, ons een sal maak al is ons nie bymekaar nie en dat Sy Heilige Gees met ons elkeen sal praat vandag. 3. Skriflesing 1 Petr 1:3-7

“Ons verheug ons ook in die

swaarkry, want ons weet:

swaarkry kweek volharding, en

volharding kweek egtheid van geloof, en egtheid van geloof

kweek hoop; en dié hoop beskaam

nie, want God het sy liefde in ons

harte uitgestort deur die Heilige

Gees wat Hy aan ons gegee het.”

Hoop is dus die enigste gawe van

God waarvoor ons kan werk.

Waaraan ons moet werk.

Om die hoop as genadegawe te ontvang gaan jy soms swaarkry,

gaan jy moet volhard – t.s.v. die

swaarkry

Page 19: 1. Voorsang · bid dat die Here nou by ons sal wees, ons een sal maak al is ons nie bymekaar nie en dat Sy Heilige Gees met ons elkeen sal praat vandag. 3. Skriflesing 1 Petr 1:3-7

– gaan jy doelbewus moet glo dat

God iets beters in gedagte het,

t.s.v. jou omstandighede.

5.3 Hoe bemagtig hierdie hoop jou?

Vers 13 sê:

“Wees daarom verstandelik

wakker en nugter, en vestig julle

hoop volkome op die genade wat

julle deel sal word by die wederkoms van Jesus Christus.

14 As gehoorsame kinders moet

julle nie julle lewe inrig volgens die

begeertes wat julle vroeër gehad

het toe julle God nie geken het

nie.

Page 20: 1. Voorsang · bid dat die Here nou by ons sal wees, ons een sal maak al is ons nie bymekaar nie en dat Sy Heilige Gees met ons elkeen sal praat vandag. 3. Skriflesing 1 Petr 1:3-7

15 Nee, soos Hy wat julle geroep

het, heilig is, moet julle ook in julle

hele lewenswandel heilig wees.”

Hierdie hoop verander jóú!

Dit maak dat jy gehoorsaam wil

wees.

Ja, jy het menslike begeertes,

maar jy rig nie meer jou lewe

daarvolgens in nie.

Ja, jy leef nog in ’n gebroke

wêreld, maar jy wil heilig wees

soos Hy heilig is.

Die menslike reaksie is om in

hierdie omstandighede depressief

te raak. Dis normaal...

’n Lewende hoop beteken dat jy

positief wil wees.

Page 21: 1. Voorsang · bid dat die Here nou by ons sal wees, ons een sal maak al is ons nie bymekaar nie en dat Sy Heilige Gees met ons elkeen sal praat vandag. 3. Skriflesing 1 Petr 1:3-7

Later in die brief skryf Petrus, in

1 Petrus 5:7: “Werp al julle

bekommernisse op Hom, want Hy

sorg vir julle.”

Normaal is om soms bekommerd

te raak. Ongelowig is om passief

en verlam te word deur jou

omstandighede en deur jou vrese.

’n Paar jaar gelede het hulle

hierdie verskriklike wrede

eksperiment gedoen.

Hulle het twee groepe rotte

geneem en in ’n houer met water

gegooi. Die eerste groep rotte het

binne ’n uur verdrink.

Page 22: 1. Voorsang · bid dat die Here nou by ons sal wees, ons een sal maak al is ons nie bymekaar nie en dat Sy Heilige Gees met ons elkeen sal praat vandag. 3. Skriflesing 1 Petr 1:3-7

Die tweede groep rotte is elke 10

minute vir 10 sekondes uit die

water gehaal.

Na 24 uur het die rotte nog steeds

rond geswem.

Dit was nie dat hulle uitgerus was

nie – dit was net dat hulle ’n hoop

gehad het!

Hulle het waarskynlik gedink: “As

ek net ’n rukkie langer kan uithou,

sal ek dalk weer uitgehaal word…”

Wreed... soos ek gesê het...

Maar as dit die effek is wat hoop

op rotte het, kan julle julle indink

watter effek ’n lewende hoop op

ons kan hê?

Page 23: 1. Voorsang · bid dat die Here nou by ons sal wees, ons een sal maak al is ons nie bymekaar nie en dat Sy Heilige Gees met ons elkeen sal praat vandag. 3. Skriflesing 1 Petr 1:3-7

God het jou lief – Hy wil hê jy moet

leef met hoop.

Hy gee vir jou ware hoop – nie die

tipe hoop wat die rotte gekry het nie. Nie ’n onseker wens nie...

Jeremia 29:11 “Ek weet wat Ek vir

julle beplan, sê die Here:

voorspoed en nie teenspoed nie;

Ek wil vir julle 'n toekoms gee, 'n

verwagting!” Hoop!

Die Boodskap stel dit so: “Ek weet

wat Ek vir julle in gedagte het. Ek beplan dat goeie dinge met julle

sal gebeur en nie slegte goed nie.

Ek wil hê dat julle hoop vir die

toekoms moet hê.”

Page 24: 1. Voorsang · bid dat die Here nou by ons sal wees, ons een sal maak al is ons nie bymekaar nie en dat Sy Heilige Gees met ons elkeen sal praat vandag. 3. Skriflesing 1 Petr 1:3-7

’n Hoop op die wederkoms, ja,

maar ook die hoop dat ek – omdat

Jesus my eerste liefgehad het –

anders sal kan leef totdat Hy weer kom.

Mag julle hierdie week met ’n

lewende hoop leef en die mense

rondom julle inspireer om saam

met julle te hoop.

Amen

6. Gebed

Kom ons bid saam

Page 25: 1. Voorsang · bid dat die Here nou by ons sal wees, ons een sal maak al is ons nie bymekaar nie en dat Sy Heilige Gees met ons elkeen sal praat vandag. 3. Skriflesing 1 Petr 1:3-7

7. Offergawes

As jy wil weet hoe SNAPSCAN werk, gaan na https://ngkerkmelkbosstrand.co.za/index.php/bankbesonderhede/

8. Slotlied

Kom ons sluit af met hierdie lied.

Kom ons lê ons lewens hier by Sy

voete neer.

Jesus, alles gee ek U

https://youtu.be/P7wAZDzGlPE

9. Seën

Sing saam die Seën van die Here

https://youtu.be/AIhAEABhdvw

Page 26: 1. Voorsang · bid dat die Here nou by ons sal wees, ons een sal maak al is ons nie bymekaar nie en dat Sy Heilige Gees met ons elkeen sal praat vandag. 3. Skriflesing 1 Petr 1:3-7

10. Vir die wat nog tyd (en data) het

Hier is dokumentêre insetsel wat

op die program 60 Minutes was oor

Eugene Lang en die kinders van

daardie Graad 6-klas

https://youtu.be/sRJOLDMiEDc

Wens jy daar was ’n Eugene Lang

in jou lewe óf kan jy dalk ’n Eugene

Lang vir iemand anders wees?

Wat doen jy met die gawes wat

God jou gee? Hoe kan jy mense rondom jou hoop gee?

Som die boodskap in een of twee sinne op? Wat het jy vandag weer

besef of watter vrae het nou by jou

opgekom?

Page 27: 1. Voorsang · bid dat die Here nou by ons sal wees, ons een sal maak al is ons nie bymekaar nie en dat Sy Heilige Gees met ons elkeen sal praat vandag. 3. Skriflesing 1 Petr 1:3-7

11. 3iG (Dissipelskap) Ons kleingroepe mag nou wel nie in hierdie tyd bymekaarkom nie, maar aangeheg is die 3iG-

produk. 3iG staan vir “3 is Genoeg”.

Dit is ’n ongelooflike spesiale Bybelstudie wat so opgestel is dat jy dit in groepies van 3 via sosiale

media kan doen!

So, ek daag jou uit om in hierdie tyd so ’n groepie

te vorm met twee vriende of familie. Dit kan selfs met van jou kinders wees wat oorsee bly of nou vêr

van jou af is.

Daar is ’n paar moontlike platforms wat jy kan

gebruik. Bv. WhatsApp óf epos óf Zoom óf Houseparty. Vir die twee laaste platforms sal jy

meer data benodig, maar dan kan julle mekaar nie net hoor nie, maar ook sien!

As jy nie weet hoe om so ’n WhatsApp-, Zoom- of Houseparty-groep te vorm nie, kontak my gerus by

0838561951

óf 0214931779

óf [email protected] óf jou naaste tiener (hulle weet alles) vir tegniese bystand.

Kom ons praat met mense oor die hoop wat in ons leef!

Page 28: 1. Voorsang · bid dat die Here nou by ons sal wees, ons een sal maak al is ons nie bymekaar nie en dat Sy Heilige Gees met ons elkeen sal praat vandag. 3. Skriflesing 1 Petr 1:3-7

3 STAPPE

‘n 3iG-groep is ‘n saam-glo groep wat deur bid, groei en dien Jesus dieper volg. Drie mense wat kies om saam te bid, saam te luister en saam ons geloof te leef.

2 ANDER Dit is slegs ek en 2 vriende wat ‘n spontane groep vorm. Dit kan egter ook uit meer as drie mense wees: ons familie of vriende of kollegas of mense in die gemeente.

1 GESREK

Ons maak weekliks met mekaar kontak (telefonies, WhatsApp, Zoom of epos) rondom die gefokusde saam-gesels van die week. Die leier – wat elke week wissel – sorg dat ons mekaar daardie week sien.

saam groei

saam bid

3iG

’n saam-glo dissipelskap gesprek

saam gesels

saam stap

19 APRIL 2020

Ons vind nie tyd vir gebed nie, ons maak dit.

B.I.D. staan vir: B: Bely teenoor God Wie Hy vir jou is én bely ook jou gesukkel vir Hom. I: Intree vir ander ( bv. Jou 3iG-lede, jou familie, wêreld, ens.). D: Dankie-sê, maak daagliks jou dankie-lys en dank God daarvoor. LEWENS-LEUSE: Bely elke oggend en aand 1 Kor. 9:23 se waarheid: “23Dit alles doen ek ter wille van die evangelie, sodat ek aan die vrug daarvan deel kan hê.”

Wat weet ons alles van Petrus? Hy en sy broer, Andreas het langs die See van Galilea geloop, toe Jesus hulle as sy dissipels geroep het. Hy woon aan die noordwestelike oewer van die See van Galilea saam met sy vrou en kinders in die huis van sy skoonfamilie in Kapernaum. Na sy belydenis dat Jesus die Chritus, die Seun van God is, verander Jesus sy naam van Simon na Petrus, wat Rots beteken. Petrus beleef saam met Johannes en Jakobus besondere oomblikke saam met Jesus: toe Jesus Jaïrus se dogtertjie uit die dood opgewek het, die verheerliking van Jesus op die berg en die gebedsworsteling van Jesus in die Tuin van Getsemané. Ons weet dat Petrus by geleentheid op die water geloop het, maar toe gesink het en later die Here Jesus sou verloën in die voorhof van Pilatus se woning en dat die Here na sy opstanding drie keer vir Petrus moes vra of hy Hom werklik liefhet. Petrus was die leier van die eerste gemeente en het op Pinksterdag gepreek toe die Heilige Gees uitgestort is. Petrus skryf uit Rome die eerste Petrus-brief, waar hy ook sou sterf. Lees 1 Pet. 1:3-9.

Ons lees nie die Bybel nie, ons laat die Bybel ons lees.

Jesus verwag van ons minder nastaar (admiration) en meer naleef (imitation).

1. ‘n Week na die viering van die opstanding van Jesus, het daardie gebeure steeds ‘n effek op die manier waarop ons leef. Dink na oor die impak van die paasgebeure op jou eie lewe en deel dit dan met mekaar.

2. Omskryf die nuwe lewe waarvan Petrus hier praat.

3. Op die oog af kan gelowiges brandarm wees, bedelaars wees, en tog is hulle ook

Geloofsgewoonte: Om ons daarin te oefen om bewus van God te leef. Met hierdie geloofsgewoonte leer ons om die stem, leiding en teenwoordigheid van God in ons alledaagse lewe raak te sien. Hierdie gewoonte skep ’n dieper bewussyn van God se wil vir ons lewe. Lees hieroor Fil. 1:9-10 en Kol. 1:9. . Doen-dinge:

1. Neem aan die einde van elke dag, die dag in oënskou. Dink terug aan oomblikke waar jy liefde ontvang of gegee het. Waar was jy bewus van die Here se teenwoordigheid?

2. Reflekteer oor die hoogte- en laagtepunte van die dag. Hoe nooi die Here jou om te bid oor die hoogte- en laagtepunte voordat jy aan die slaapraak?

3. Steek ’n kers aan en raak bewus van die Here se teenwoordigheid. Plaas jou hand

op jou hart en vra die Heilige Gees om daardie oomblik van die dag waarvoor jy die dankbaarste is vir jou uit te wys. Sê dan vir die Here dankie daarvoor.

Dink-dinge:

1. Hoe sien jy gewoonlik God se teenwoordigheid raak? Hoe reageer jy op sy teenwoordigheid?

2. Wat het die Here die afgelope ses maande in jou lewe gedoen?

3. Dink aan die vrug van die Gees. Waar, dink jy, wil die Here dit gebruik om sy teenwoordigheid vir ander deur jou te wys?

Eers vorm ons gewoontes en dan vorm die gewoontes ons.

skatryk koningskinders. Mense met hoop is miljoenêrs. Multimiljoenêrs. Die hemel behoort aan hulle. Waarin lê hulle rykdom volgens hierdie gedeelte en is dit veilig?

4. Let op die tweeledige bewaringsaksie van God waarvan hier sprake is. Wys dit vir

mekaar uit. Stel vir mekaar die tweede bewaringsaksie van God hier in perspektief. Beteken dit dat ek aan die einde van my lewe sal kan sê ek het nou nie eers ‘n skrapie of letseltjie opgedoen nie? Sou ons kon sê dat God ons nie noodwendig van lyding bewaar nie, maar ons wel bewaar vir die saligheid?

5. Gelowiges, sê 1 Petrus, is mense wat soms lag deur hulle trane heen, hulle ervaar

vreugdevolle droefheid. Hulle lyding wat hulle bedroef maak, word oortref deur alles wat hulle so bly maak. Dié lyding is soms “nodig” en deel van God se plan met hulle lewe en dit duur slegs vir “‘n kort tydjie”, dit gaan verby en gemeet teen die ewigheid, is dit wat ons nou verduur net ‘n fraksie van ‘n sekonde. Hoe sal julle hierdie gedagtes gebruik om mekaar en ander vandag te bemoedig?

6. Bespreek die rol wat die wederkomsverwagting in Jesus-volgelinge se lewe moet

speel. Volgens verse 8-9 moet dit ‘n huppel in ons stap gee en ‘n vonkel van opwinding in ons oog. Verduidelik dit vir mekaar.