belvedereschool.co.zabelvedereschool.co.za/lockdown/graad 10 - grade 10/graad... · web viewgraad...

12
AFRIKAANS GRAAD 10 WEEK 2 AKTIWITEIT 6 Lees die onderstaande teks aandagtig deur en beantwoord die vrae. Suid-Afrika mag olifante uitdun 1. Vir die eerste keer in ‘n dekade, mag Suid-Afrika nou olifante uitdun, ‘n beweging wat diereliefhebbers beskryf as wreed en onaanvaarbaar, maar wat mag nodig wees om ‘n opgehoopte populasie te beheer. 2. Volgens mnr. Hector Magome, direkteur van bewaringsdienste vir Suid-Afrika se Nasionale Parke is die uitdunning van olifante noodsaaklik en die publiek moet hierdie harde feit verwerk. 3. Die populasie moet verminder in ‘n korttermyn wat dan ‘n oplossing is oor die langtermyn. 4. Olifante wat vry ronddwaal veroorsaak verwoesting. Hulle vernietig groot areas se bome en maak dit vir ander diere moeilik om te oorleef wat hul ruimte met hul deel. 5. Uitdunning gaan veroorsaak dat diere organisasies wêreldwyd protesteer, aangesien hulle redeneer dat olifante intelligente, emosionele diere is en dat die praktyk wreed is. 6. Bioloë sê dat die Nasionale Kruger Wildtuin in ‘n krisis gedompel is as gevolg van die geweldige groei van olifantsyfers wat elk tot 170 kilogram per dag eet. 7. Daar gaan vier voorgestelde opsies in April in die Staatskoerant gepubliseer word waar die publiek uitgenooi sal word om kommentaar te lewer, waar die eerste opsie uitdunning sal wees, die tweede hervestiging en die derde geboortebeperking en die vierde keuse van ‘n kombinasie van uitdunning en geboortebeperking. Bron: SA Koöp A. 1. Hoe lank is‘n dekade? 2. Waarom dink jy beskou dierelefhebbers uitdunning van olifante as wreed? 3. Hoe veroorsaak die vermeerdering van die olifantpopulasie ‘n bedreiging vir ander diere?

Upload: others

Post on 14-Oct-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: belvedereschool.co.zabelvedereschool.co.za/Lockdown/Graad 10 - Grade 10/GRAAD... · Web viewGRAAD 10 WEEK 2 AKTIWITEIT 6 Lees die onderstaande teks aandagtig deur en beantwoord die

AFRIKAANSGRAAD 10WEEK 2

AKTIWITEIT 6

Lees die onderstaande teks aandagtig deur en beantwoord die vrae.

Suid-Afrika mag olifante uitdun1. Vir die eerste keer in ‘n dekade, mag Suid-Afrika nou olifante uitdun, ‘n beweging

wat diereliefhebbers beskryf as wreed en onaanvaarbaar, maar wat mag nodig wees om ‘n opgehoopte populasie te beheer.

2. Volgens mnr. Hector Magome, direkteur van bewaringsdienste vir Suid-Afrika se Nasionale Parke is die uitdunning van olifante noodsaaklik en die publiek moet hierdie harde feit verwerk.

3. Die populasie moet verminder in ‘n korttermyn wat dan ‘n oplossing is oor die langtermyn.

4. Olifante wat vry ronddwaal veroorsaak verwoesting. Hulle vernietig groot areas se bome en maak dit vir ander diere moeilik om te oorleef wat hul ruimte met hul deel.

5. Uitdunning gaan veroorsaak dat diere organisasies wêreldwyd protesteer, aangesien hulle redeneer dat olifante intelligente, emosionele diere is en dat die praktyk wreed is.

6. Bioloë sê dat die Nasionale Kruger Wildtuin in ‘n krisis gedompel is as gevolg van die geweldige groei van olifantsyfers wat elk tot 170 kilogram per dag eet.

7. Daar gaan vier voorgestelde opsies in April in die Staatskoerant gepubliseer word waar die publiek uitgenooi sal word om kommentaar te lewer, waar die eerste opsie uitdunning sal wees, die tweede hervestiging en die derde geboortebeperking en die vierde keuse van ‘n kombinasie van uitdunning en geboortebeperking.

Bron: SA Koöp

A.1. Hoe lank is‘n dekade?2. Waarom dink jy beskou dierelefhebbers uitdunning van olifante as wreed?3. Hoe veroorsaak die vermeerdering van die olifantpopulasie ‘n bedreiging vir ander diere?4. Watter EEN woord in paragraaf vyf is ‘n bewys dat die uitdunning wêreldwyd

onaanvaarbaar sal wees?5. Is die volgende stelling WAAR of ONWAAR. Motiveer jou antwoord:

Uitdunning van olifante in SA is ‘n oplossing volgens diereliefhebbers.6. Noem die vier opsies hoe die olifantpopulasie beheer kan word wat in die teks genoem

word.7. Watter opsie dink jy is die mees aanvaarbaarste metode? Motiveer jou antwoord.

8.Woordeskat:Maak gebruik van ‘n woordeboek en slaan die betekenis van die volgende woorde na:

Page 2: belvedereschool.co.zabelvedereschool.co.za/Lockdown/Graad 10 - Grade 10/GRAAD... · Web viewGRAAD 10 WEEK 2 AKTIWITEIT 6 Lees die onderstaande teks aandagtig deur en beantwoord die

populasie ronddwaal verwoesting vernieti

g hervestiging uitdunning geboortebeperking

9. Rangskik die woorde hierbo in alfabetiese volgorde.10.Oefen om die woorde reg uit te spreek.

B.LEER DIE VOLGENDE AKRONIEME

SAPD Suid-Afrikaanse Polisiediens DBV DierebeskermingsverenigingRSA Republiek van Suid-Afrika UNISA Universiteit van Suid-AfrikaVSA Verenigde State van Amerika EVKOM Elektrisiteits VoorsieningskommissieSAUK Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie

LEER DIE VOLGENDE AFKORTINGS

Woord Afkorting Woord Afkorting Woord Afkortingasseblief asb. Mejuffrou/mevrou me. namiddag nm.bladsy bl. deur middel van d.m.v. Volgende vlg.

departement dept. in plaas van i.p.v. meneer mnr.dokter dr. naamlik nl. Mejuffrou mej.

ensovoorts ens. voorbeeld vb. kilometer kmvoormiddag vm. straat str. Let Wel L.W.Afrikaans Afr. byvoorbeeld bv. onder andere o.a.Mevrou mev.

Probeer nou om die volgende tabel in te vul sonder om na die antwoorde te kyk:

SAPD DBVRSA UNISAVSA EVKOMSAUK

Woord Afkorting Woord Afkorting Woord Afkortingasseblief me. namiddagbladsy d.m.v. Volgende

departement i.p.v. meneerdokter nl. Mejuffrou

ensovoorts vb. kilometervoormiddag str. Let WelAfrikaans bv. onder andereMevrou

Page 3: belvedereschool.co.zabelvedereschool.co.za/Lockdown/Graad 10 - Grade 10/GRAAD... · Web viewGRAAD 10 WEEK 2 AKTIWITEIT 6 Lees die onderstaande teks aandagtig deur en beantwoord die

AKTIWITEIT 7Taalstrukture en –konvensies

TEKS A: Lees die volgende teks en beantwoord die taalvrae wat op die teks gebaseer is:

Die buffel is enorm groot, swaargebou en beesagtig in voorkoms. Volwasse bulle se velkleur is donkerbruin tot swart. Die koeie se velkleur is gewoonlik ligter. Jong buffels se vel het 'n rooibruin voorkoms. Die hare van die pels is kort en grof, en word yler met toenemende ouderdom.Hulle het groot koppe, dik nekke, massiewe liggame en betreklike kort bene, met groot swaar hoewe. Die horings is nie reguit nie, maar krom, swaar en enorm, en die sentrale horingbasis is veral by die bul goed ontwikkel. By ou bulle smelt die horingbasis van die twee horings oor die voorkop saam. Die horings buig eers af- en buitewaarts, en dan op- en binnewaarts, en word al dunner tot by skerp punte. Die ore is groot en hang onderkant die horings. Die stert is soortgelyk aan die van 'n bees en het 'n kwas van gladde, lang bruin of swart hare. Bron: Wikipedia

1. Kies die korrekte VOORNAAMWOORD tussen hakies.1.1 ‘n Buffelbul kan aan (haar/sy) velkleur uitgeken word.1.2 (Sy/Hy) is ‘n buffelkoei, want (haar/sy) velkleur is ligter.

2. Skryf die volgende sinne oor en onderstreep die BYVOEGLIKE NAAMWOORDE in die sinne:

BYVOEGLIKE NAAMWOORD = beskryf die selfstandige naamwoord, byvoordbeeld: Die groot buffels drink koue water.

2.1 Buffels het massiewe liggame en betreklike kort bene.2.2 Die horings van die buffelbul is swaar en enorm.2.3 Die ore van die buffel is groot en hang onderkant die horings.

3. Gee die INTENSIEWE VORM van die onderstreepte woorde in die teks. Voorbeeld: Wit = spierwit

4. Gee die regte vorm van die BYVOEGLIKE NAAMWOORDE tussen hakies:4.1 Ou bulle se horings is (dun) met (skerp) punte as die jonger bulle.4.2 Die bulle se velkleur is (donker) as die koeie s’n.4.3 Die horingbasis van die volwasse bul is (goed) ontwikkel as die (jong) bulle s’n.

TEKS B: Lees die volgende strokiesprent en beantwoord die taalvrae wat daarop gebaseer is:

Page 4: belvedereschool.co.zabelvedereschool.co.za/Lockdown/Graad 10 - Grade 10/GRAAD... · Web viewGRAAD 10 WEEK 2 AKTIWITEIT 6 Lees die onderstaande teks aandagtig deur en beantwoord die

5. Skryf die volgende sinne oor in die INDIREKTE REDE:5.1 “Die muise neem oor!”

Begin jou sin as volg: Piet pikkewyn skree dat…5.2 “Het julle muise?”

Begin jou sin as volg: Olifant vra of…

6. Skryf die volgende sinne oor in die DIREKTE REDE:6.1 Jan pikkewyn sê dat hulle moet vergeet van die muise.

6.2 Dawid pikkewyn reken dat die ware probleem die olifant in die kamer is.

AKTIWITEIT 8Taalstrukture en –konvensies

TEKS A:Lees die volgende strokiesverhaal en beantwoord die taalvrae wat daarop volg:

1

2

Ons leeus is die konings

van die Groot Vyf!

Ons jag baie grasieus ons

prooi.

Ons is tog ook liefdevolle

diere! Ons leef in harmonie met ander diere in

die natuur

Page 5: belvedereschool.co.zabelvedereschool.co.za/Lockdown/Graad 10 - Grade 10/GRAAD... · Web viewGRAAD 10 WEEK 2 AKTIWITEIT 6 Lees die onderstaande teks aandagtig deur en beantwoord die

BRON : CLIP ART WIKAPEDIA

1. Skryf die sinne oor in die LYDENDE VORM deur met die onderstreepte woorde te begin:1.1Die leeu jaag die zebra.1.2Die leeumannetjie het die leeuwyfie omhels.1.3Die leeu vang die klein hasie en eet dit op.

2. Is die volgende sinne voorbeelde van stereotipering of veralgemening?2.1Leeus is die wreedste diere wat net jag en doodmaak.2.2Leeus speel ‘n belangrike rol in die natuur.

3. Voorsien die volgende paragraaf van die nodige leestekens.Die volgende leestekens is uitgelaat: punte, kommas, aanhalingstekens, hoofletters, hakies.

Die leeu Panthera leo is 'n soogdier van die familie Felidae en een van die vier groot katte in die genus Panthera dit is die tweede grootste katspesie naas die tier. Mannetjies kan maklik herken word aan hulle maanhare en weeg tussen 150 en 250 kg wyfies weeg tussen 120 en 150 kg Leeus kom in die natuurlike omgewing tans in Afrika suid van die Sahara en in Asië voor. In Asië word ’n kritieke bedreigde oorblywende bevolking in die Gir-woud Nasionale Park gehou waar hulle reeds vroeër in Noord-Afrika en Suidwes-Asië uitgesterf het.

4. Voltooi die volgende tabel:selfstandige nw. meervoud verkleining vroulike vormkoningleeuzebra

TEKS BLees die volgende strokiesprent aandagtig deur en beantwoord die taalvrae wat daarop volg:

Page 6: belvedereschool.co.zabelvedereschool.co.za/Lockdown/Graad 10 - Grade 10/GRAAD... · Web viewGRAAD 10 WEEK 2 AKTIWITEIT 6 Lees die onderstaande teks aandagtig deur en beantwoord die

5. Skryf die volgende sin oor in die INDIREKTE REDE:5.1“As ek groot word wil ek ‘n wildbewaarder wees”

Begin as volg: Sy sê:..

6. Skryf die paragraaf oor deur die onderstreepte woorde met VOORNAAMWOORDE te vervang:Ouma sê vir Eve dat Eve eers moet wag tot Eve ouer as agtien is voordat Eve ‘n wildbewaarder kan word. Wildbewaarders doen baie belangrike werk, want wildbewaarders beskerm die wild in die natuur. As al die mense saamstaan sal die natuur en die wild beskerm kan word.

7. Skryf die volgende sinne oor in die LYDENDE vorm:7.1Wildbewaarders beskerm die wild in die natuur.7.2Onwettige wildjagters maak renosters dood vir hul horings.

8. Kies die KORREKTE WOORD tussen hakies8.1Daar is min renosters oor; (minste/minder) as die vorige jaar.8.2As jy (oud/ouer) as agtien is, dan kan jy dalk ‘n wildbewaarder word.8.3Die witrenoster is tans van die (skaarsste/skaarser) spesies onder die

renosterbevolking.8.4Daar sal moontlik (meer/ minder) renosters oor wees as bewaring nie

(strengste/strenger) toegepas word nie.

AKTIWITEIT 9Lees en kyk

Kortverhaal

Emma moet saamkomdeur Francois Bloemhof

Toe Emma uit die kleedkamer van die winkelsentrum kom, loop sy amper in die dogtertjie vas. Die kind lyk heeltemal verlore. Sy kyk met groot oë na Emma asof sy iets wil sê, of wil vra. Dit lyk of sy enige oomblik gaan huil.

Page 7: belvedereschool.co.zabelvedereschool.co.za/Lockdown/Graad 10 - Grade 10/GRAAD... · Web viewGRAAD 10 WEEK 2 AKTIWITEIT 6 Lees die onderstaande teks aandagtig deur en beantwoord die

Instinktief sit Emma haar hand op die kind se skouer terwyl beelde van verdwaalde, ontvoerde en mishandelde meisietjies – die koerant is vol daarvan – deur haar kop flits. “Wat is dit, jong?” vra sy.Jy moet …Maar meer kry sy nie uit nie. Hulle beweeg effens uit die deur. Die kind kyk haar nie meer in die oë nie, sy kyk verby haar. Emma moet omdraai om te sien waarna die kind kyk, dalk sien sy haar mense. Maar daar is niemand wat lyk of hulle na ‘n verdwaalde dogtertjie soek nie.“Het jy verdwaal, jong?’“Nee.” Die dogtertjie kyk na die hand op haar skouer, sodat Emma dit terugtrek.“Nou maar ……”Die volgende oomblik voel Emma ’n hand op haar skouer. Sy kyk in ‘n baie kwaai gesig vas.“Is dit oom se kind?” vra sy. Haar vraag is skaars uit toe die man sy identiteitskaart vinnig teen haar oë druk. Die man pluk dit weg voordat sy dit behoorlik kan lees en grom: “Ek is van die polisie, juffrou.” Hy wys na die dogtertjie. “Sy help ons.”“Help julle waarmee?” vra Emma , haar knieë skielik lam. Sy was nog altyd bang vir oomblikke soos die, wanneer sy dalk skuldig sal lyk terwyl sy onskuldig is. “Ek het niks verkeerd gedoen nie!”“Nee, jy kon dit nie deurvoer nie , omdat ek betyds hier was. Moenie dink ons weet nie van julle bedrywighede nie.” Hy vat Emma aan die arm. “Kom jy maar saam met my.”“Bedrywighede?” Maar ek ….” Emma was nog nooit so verleë nie. En bang. Sy voel asof sy weer in graad 1 is en nie haar huiswerk gedoen het nie en nare Meneer Beetge vat haar na die skoolhoof toe.“Debbie,” sê die man vir die dogtertjie,” hardloop vooruit kantoor toe en sê hulle moet solank ‘n vorm B24 gereed kry. Ek en die meisiemens is nou-nou daar.”Die dogtertjie verdwyn vinnig tussen die mense.“Regtig, ek het niks verkeerd gedoen nie,” sê Emma. “Ek wou haar net help, en julle kan mos nie so ‘n jong kind gebruik om mense uit te vang nie en …”“Dis nie waaroor dit gaan nie!”“Sy het so verlore gelyk, toe praat ek met haar. Dis al, ek wou net help.” “Los dit nou maar, juffroutjie. Ons kan nou-nou die vorms invul en dan sal ons sien.” Hy trek-sleep haar aan die arm. “Julle ontvoerders dink mos altyd julle kan wegkom.“Ontvoerders!” Dis nie besig om te gebeur nie. Sy droom seker.“Ja, julle het al ‘n klomp kinders hier ontvoer, in hierdie sentrum. Ons het al begin dink ons trek nooit een van julle vas nie.”“Ek is nie ‘n ontvoerder nie.” Nou verras Emma haarself met hoe ferm sy klink terwyl sy in werklikheid vreesbevange en uiters onseker voel. “Ek het niks verkeerd gedoen nie. Niks!”“Dan sal jy nie omgee om die vorm in te vul nie.” Hulle beweeg tussen die mense deur. Met sy gewone klere lyk die man seker soos ‘n woedende pa wat die winkelsentrum met sy ongehoorsame dogter wil verlaat.‘n Kriminele rekord, dink Emma. Hoe werk sulke dinge? Sal sy ‘n rekord hê al word sy onskuldig bevind? So vroeg in haar lewe? Sal daar ‘n hofsaak wees, wonder sy. Wat sal haar ouers en vriendinne sê?

Emma onthou hoe sy destyds na die skoolhoof se kantoor toe gevat is. Toe sy sê dat sy nie haar huiswerk gedoen het nie omdat haar ma siek was, het die hoof gesê sy kan maar terug klas toe gaan. Nou kan so ‘n verskoning haar nie red nie.“Jy lyk nie eens asof jy berou het nie,” sê die man.En dis met die dat Emma tot verhaal kom. Die man klink nes meneer Beetge, die onnie wat

Page 8: belvedereschool.co.zabelvedereschool.co.za/Lockdown/Graad 10 - Grade 10/GRAAD... · Web viewGRAAD 10 WEEK 2 AKTIWITEIT 6 Lees die onderstaande teks aandagtig deur en beantwoord die

altyd op haar gepik het. Al het sy gesê haar ma was siek, baie siek en al het die skoolhoof haar geglo en al was dit die waarheid , het ou Beetgevreet haar twee dae later nog bly uitvra asof hy iets teen haar wou bewys.Dis presies dieselfde met hierdie man. Asof hy haar wil laat skuldig lyk. Hier is iets wat nie reg is nie.

“Hoe ver nog kantoor toe?” “Ons is nou-nou daar. Dink jy maar na oor wat jy wou doen.” “Gaan julle regtig ‘n saak teen my maak? Is dit regtig nodig?”“Wel jy is in baie groot moeilikheid.”Sy begin net met die vraag: “Is daar nie ‘n manier…” Hy reageer vinnig, gaan staan stil en kyk afwagtend na haar. “Wat bedoel jy?”Maar hy, wat ‘n geregsdienaar is, is mos nie veronderstel om in die situasie so afwagtend te lyk nie. Meteens dink Emma dat die polisiekantoor darem op ‘n vreemde plek is, want hulle beweeg nou na die uithoeke van die sentrum. Polisiekantore is mos nie in winkelsentrums nie. Noudat sy daaraan dink: daardie klein Debbie lyk darem onderduims. Hoekom moes Debbie vooruit gaan sodat ‘n vorm voorberei kan word? Dit werk mos nie so nie. Kinders doen dit mos nie vir die polisie nie.“Wys my asseblief weer jou identiteit?” vra Emma. Hy frons. “Vir wat wil jy dit weer sien?” “Jy het dit so vinnig weggepluk. Ek mag lees wat daarop staan. Dis my volste reg.” “Jy het dit gesien.”Skielik sien sy ‘n sekuriteitsbeampte en voel veiliger. “Wel ek het dit gesien, maar nie gelees nie. Wat’s veronderstel om nou te gebeur? Ek moet jou nou geld aanbied, nè? Dis waarvoor jy wag. Dis wat jy wil hê ek moet doen.” “Geld? Jy sal baie geld nodig hê as jy my wil omkoop.” “Hoekom het julle my gekies? Lyk ek miskien vir jou soos een van daardie ryk kinders? Julle wil eintlik net geld hê. Kom ons gaan saam na daardie sekuriteitsman toe dat jy kan bewys dat jy ‘n polisieman is.Toe die man ook die sekuriteitsman sien, vertrek sy gesig. Nou sien Emma ook duidelik die ooreenkoms tussen hom en die dogtertjie. Dis pa en kind! En met die begin die man tussen die mense weghardloop, sy baadjie flap soos ‘n vlerk. Emma gaan sit bewerig op ‘n bankie tot haar hartklop bedaar.Sy was gelukkig. Sy wonder hoeveel mense is al deur hierdie man met ‘n slap riem gevang.

Hoe goed verstaan jy die verhaal?

Beantwoord die volgende vrae.1.1 Waar speel die verhaal af?1.2 Wat sien Emma as sy by die kleedkamer uitstap?1.3 Hoekom dink jy , het Emma met die dogtertjie gesels?1.4 Sou jy ook soos Emma reageer as jy ‘n kind sien wat verlore lyk in ‘n winkelsentrum?

Hoekom sê jy so?1.5 Wie is die man wat sy hand op Emma se skouers sit?1.6 Waarvan beskuldig die man vir Emma?1.7 Dink jy dit is reg as jong kinders gebruik word om misdadigers vas te trek? Hoekom

sê jy so?1.8 Hoekom voel Emma se knieë lam?1.9 Watter vrees het Emma nog altyd gehad?1.10 Wat bedoel die man as hy sê: “ Ons het gedink ons trek julle nooit vas nie.” ?1.11 Wie was Emma se graad 1 onderwyser?1.12 Waarom het haar graad 1 onderwyser haar na die hoof se kantoor toe gestuur?

Page 9: belvedereschool.co.zabelvedereschool.co.za/Lockdown/Graad 10 - Grade 10/GRAAD... · Web viewGRAAD 10 WEEK 2 AKTIWITEIT 6 Lees die onderstaande teks aandagtig deur en beantwoord die

1.13 Hoekom hou Emma meer van haar skoolhoof as haar graad 1 onderwyser?1.14 Wat is vir Emma vreemd omtrent die kantoor waarheen hulle stap?1.15 Hoekom wil Emmma skielik weer na die man se identiteitskaart kyk?1.16 Hoekom wil die man nie sy identiteitskaart vir haar wys nie?1.17 Hoe weet Emma die man is Debbie ( die dogtertjie ) se pa?1.18 Is die man regtig ‘n polisieman?1.19 Verduidelik die plan wat die man gehad het.1.20 Hoekom hardloop die man weg as hy die sekuriteitsman sien?

AKTIWITEIT 10

TAAL IN KONTEKS:WerkwoordeA Kies die korrekte woord tussen hakies.1.1 Emma ( is / was ) amper van ontvoering aangekla.1.2 Maria is baie hartseer oor haar ( steelde / gesteelde / versteelde ) selfoon1.3 Maria se hart is ( gebreek / gebroke ) , want sy het nie meer ‘n selfoon nie.1.4 Maria het met ( bewe / bewende )bene ( weggehardloop / weg gehardloop ).1.5 Maria se selfoon ( is / was ) die vorige dag gesteel.1.6 Emma het by die kleedkamer teen die dogtertjie ( vasgeloop / vas geloop ).1.7 Die dogtertjie het met groot oë ( rondgekyk / rond gekyk ).1.8 Emma moes ‘n vorm ( invul / in vul )1.9 Die man het ‘n misdaad ( gedoen / gepleeg )1.10 Die polisie het foto’s van die misdaadtoneel ( gevat / geneem ).

B Skryf die volgende paragraaf oor in die verlede tyd . Die misdadiger met die masker.Die bankrower stap die bank binne. Hy het ‘n pistool in sy hand. Hy trek ‘n kous oor sy kop. Hy vergeet om gate waardeur hy kan kyk in die kous te sny. Hy kan niks sien nie. Hy loop in ‘n muur vas en val. Die bankklerk druk die alarmknoppie. Die polisie daag op. Hulle arresteer die bankrower. Die bankrower word vir tien jaar tronk toe gestuur.

C Skryf die volgende paragraaf oor in die teenwoordige tyd .

Twee mans het by 50 Cent se huis ingebreek. Hulle wou sien hoe lewe ‘n ryk mens. 50- Cent het vergeet om sy deur te sluit en die mans het by die deur ingestap. Hulle het die yskas oopgemaak en twee bottels wyn uitgehaal. 50-Cent het by die huis opgedaag en die twee mans daar gekry. Hy het die polisie ontbied. Die mans is in hegtenis geneem. Die polisie het aanbeveel dat hy die veiligheid by sy huis opskerp.