11 - grade 11... · web view“ ‘n spoorsnyer sou vooruit draf en dan die onsigbare teken gee....

7
AFRIKAANS: EAT GRAAD 11 WEEK 12 AKTIWITEIT 45 TAAL IN KONTEKS: Homonieme en homofone Wat is ‘n homoniem? Dit is woorde wat dieselfde klank en spelling het, maar verskillende betekenisse het, byvoorbeeld: Ek ken my werk. Thabo het vir Mpho op sy ken geslaan. Wat is homofone? Dit is woorde wat dieselfde klink, maar die spelling en die betekenis verskil, byvoorbeeld: Khune is die leier van sy span. Khune is ‘n lyer van ‘n borskwaal. 1. Maak twee sinne met elkeen van die volgende homonieme om te wys dat dit twee betekenisse kan hê. a) Bly b) keer .c) spel d) van e) leer 2. Kies die korrekte homofoon tussen hakies. a) Khune ( lei / ly / lui ) sy span b) Khune se ( swaar / swaer ) is ook ‘n sokkerspeler. c) ‘n Profesionele sokkerspeler moet baie ( hard / hart ) oefen. d) Dit kos baie ( moet / moed ) om met ‘n longprobleem sokker te speel. e) Khube ( rys / reis ) baie om teen verskillende lande sokker te speel. AKTIWITEIT 46 Taalstrukture en konvensies . Bryan Habana Bryan Gary Habana (gebore 12 Junie 1983 in Benoni) is 'n Springbok rugbyspeler wat tot in 2013 vleuel vir die Westelike Provinsie en Stormers gespeel het. Hy het vroeër ook vir die Blou Bulle in die Curriebeker en die Bulls in Super 14 gespeel asook buitesenter en skrumskakel in provinsiale rugby. Hy is reeds voor hy Superrugby begin speel het as Springbok gekies en het die eerste keer toe hy aan die bal geraak het 'n drie gedruk in 'n toets teen Engeland op Twickenham-stadion in 2004. Habana se spoed is legendaries. Toetse bevestig dat hy die vinnigste vleuel in Suid-Afrikaanse rugby is en dit is al talle kere in wedstryde bewys. Habana het ook aansienlike bo- liggaam sterkte vir 'n vleuel en kan 160 kg opstoot op 'n bankdruk. Verder is hy 'n effektiewe verdediger waar hy spelers in die oopveld agterna sit. Habana het internasionale erkenning gekry vir sy wendrie in die 2007 Super 1

Upload: others

Post on 10-Dec-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: 11 - Grade 11... · Web view“ ‘n Spoorsnyer sou vooruit draf en dan die onsigbare teken gee. Hulle het geluidloos in enkelgelid deur die bosse beweeg.” Die Groblers reken die

AFRIKAANS: EATGRAAD 11WEEK 12

AKTIWITEIT 45 TAAL IN KONTEKS:

Homonieme en homofone

Wat is ‘n homoniem? Dit is woorde wat dieselfde klank en spelling het, maar verskillende betekenisse het, byvoorbeeld:Ek ken my werk.Thabo het vir Mpho op sy ken geslaan.

Wat is homofone? Dit is woorde wat dieselfde klink, maar die spelling en die betekenis verskil, byvoorbeeld:Khune is die leier van sy span.Khune is ‘n lyer van ‘n borskwaal.

1. Maak twee sinne met elkeen van die volgende homonieme om te wys dat dit twee betekenisse kan hê.

a) Bly b) keer.c) spel d) vane) leer

2. Kies die korrekte homofoon tussen hakies.a) Khune ( lei / ly / lui ) sy span b) Khune se ( swaar / swaer ) is ook ‘n sokkerspeler.c) ‘n Profesionele sokkerspeler moet baie ( hard / hart ) oefen.d) Dit kos baie ( moet / moed ) om met ‘n longprobleem sokker te speel.e) Khube ( rys / reis ) baie om teen verskillende lande sokker te speel.

AKTIWITEIT 46 Taalstrukture en konvensies.

Bryan Habana

Bryan Gary Habana (gebore 12 Junie 1983 in Benoni) is 'n Springbok rugbyspeler wat tot in 2013 vleuel vir die Westelike Provinsie en Stormers gespeel het. Hy het vroeër ook vir die Blou Bulle in die Curriebeker en die Bulls in Super 14 gespeel asook buitesenter en skrumskakel in provinsiale rugby. Hy is reeds voor hy Superrugby begin speel het as Springbok gekies en het die eerste keer toe hy aan die bal geraak het 'n drie gedruk in 'n toets teen Engeland op Twickenham-stadion in 2004. Habana se spoed is legendaries. Toetse bevestig dat hy die vinnigste vleuel in Suid-Afrikaanse rugby is en dit is al talle kere in wedstryde bewys. Habana het ook aansienlike bo-liggaam sterkte vir 'n vleuel en kan 160 kg opstoot op 'n bankdruk. Verder is hy 'n effektiewe verdediger waar hy spelers in die oopveld agterna sit. Habana het

internasionale erkenning gekry vir sy wendrie in die 2007 Super 14 eindstryd. Hy hou tans die rekord vir meeste drieë gedruk deur 'n Springbok: 51http://af.wikipedia.org/wiki/Bryan_Habana

1. Gee die korrekte vorm van die deelwoord tussen hakies.a) Min mense kan ‘n (hardloop) Habana keer.b) Habana sê (skreeu) ondersteuners moedig hom aan om nog beter te speel.c) Die (gil) meisies langs die veld wil sy handtekening hê.d) Habana is bekend vir sy uitstekende (verdedig) spel.

1

Page 2: 11 - Grade 11... · Web view“ ‘n Spoorsnyer sou vooruit draf en dan die onsigbare teken gee. Hulle het geluidloos in enkelgelid deur die bosse beweeg.” Die Groblers reken die

e) Die (skop) bal het tussen die pale deurgetrek.f) Hy het met (bewe) hande die prys ontvang.

’n Mens kan bevelsinne op verskillende maniere skryf.

Voltooi die tabel volgens die voorbeeld.

Onthou As jy ‘moet’ gebruik, gaan die werkwoord na die einde van die sin. As jy behoort gebruik moet jy te gebruik en nie ‘om nie’.

Die kort bevel Sinne met moet Sinne met behoortVoorbeeld: Skop die bal! Jy moet die bal skop. Jy behoort die bal te skop1.Koop ‘n kaartjie vir die wedstryd!

Jy moet ... Jy behoort ...

2.Oefen... Jy moet elke dag oefen Jy behoort elke dag te oefenJy moet Jy behoort na die wedstryd

te kyk.4.Luister .... Jy moet na die

skeidsregter luisterJy behoort ...

5.Ondersteun die springbokke! Jy moet ... Jy behoort ...6.Woon ..... Jy moet .... Jy behoort die wedstryd by

te woon.7.Gooi die bal vir jou spanmaat Jy moet .... Jy behoort......8.Skop ... Jy moet die bal oorskop. Jy behoort .....

AKTIWITEIT 47 Taalstrukture en konvensies.

Verlede tyd

1. Skryf die volgende sinne oor in die verlede tyd.a) Hulle betaal Habana vir elke drie wat hy aanteken.b) Hy ontmoet sy span voor die veld.c) Hy verloor sy balans omdat hy ‘n besering het.d) Hulle ontdek sy talent in die laerskool.e) Almal herken Habana by die lughawe.f) Habana verloor die bal in die skrum.

2. Vorm samestellings met die woorde tussen hakies.a) Habana is ‘n uitstekende (rugby + speler).b) Hy doen baie (lewe + ondervinding) op omdat hy so baie reis.c) Die springbokke gaan kyk almal na die (sokker + wedstryd).d) Dit is moeilik om die bal tussen die pale deur te skop as die (noord + wind) waai.e) Habana is gewoond aan die (stad+lewe).f) Habana het sy (rib + been) in die wedstryd gekraak.

Kyk mooi na die spelling van die volgende woorde en doen die oefening wat daarop volg. (spelling)

Deelteken Koppelteken Kappie Sonder deelteken

Probleemwoorde

beïnvloed Pretoria-Wes Nêrens Vrae interessantGeïnteresseer Ma-hulle Skêr Laer Onmiddellik

Hoer Lag-lag wêreld vlae Verrassing

3.Verbeter die spelling van die woorde wat vetgedruk is.

Habana loop lag lag van die veld af nadat hy vier driee aangeteken het. Hy is een van die populerste speelers in die wereld. Sy ma hulle wag langs die veld vir hom. Hulle gaan by ‘n restaurant Johannesburg oos eet. Mense van ander lande is geinteresseerd om vir hom ‘n kontrak aan te bied. Hy se dat hy net hier in suid afrika wil bly.

2

Page 3: 11 - Grade 11... · Web view“ ‘n Spoorsnyer sou vooruit draf en dan die onsigbare teken gee. Hulle het geluidloos in enkelgelid deur die bosse beweeg.” Die Groblers reken die

AKTIWITEIT 48 Lees en Kyk

Die artikel handel oor volstruise op die plaas Highgate, naby Oudtshoorn in die Wes-Kaap.

LEES die volgende artikel aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.

HIGHGATE NA OUDTSHOORN – ‘N VINNIGE VERESTOFFER

Highgate is omtrent 3 km van die grootpad af. As jy getwyfel het of jy naby Oudtshoorn is, sal die aantal volstruise jou onsekerheid besweer. Hulle is soos Blou Bul ondersteuners in Pretoria. Oral. ‘n Jacques de Coning nommertjie draai deur my gedagtes: “Oudtshooooorn is ‘n groot voël Pa!-Ra!-Dys!”

Die joviale blonde Martin du Plessis is ons volstruisgids. Hy’s nou maar drie maande hier van die Vrystaat af en wag dat sy pa moet aftree sodat hy teruggaan om te boer. Hy vertel my en twee Duitse toeriste alles wat ons moet weet van volstruise: Volstruisleer is naas krokodilleer die sterkste, en Boesak, Highgate se verestoffer het al ‘n verestoffer in 25 sekondes gemaak - ’n rekord.

Dan loer ons in by die nes van ‘n “broeipaar” struisies, Jack the Ripper en Suzy the Stripper.

Terwyl Martin hulle met ‘n doringtak weghou (hy’t reeds gewaarsku volstruise is gevaarlik; jou enigste uitweg as ‘n volstruis jou jaag, is om te gaan lê) kry ons die kans om op sy eiers te staan. Die Duitse vrou probeer, maar haar man is nie so gretig nie. Hy neem net foto’s van haar.

En dan is dit tyd om volstruis te ry. Eers kry jy net jou sit op die volstruis. Jy klou aan die vlerke om bo te bly en sit bykans op die stuitjie, want anders verloor die voël sy balans.

Nou ja, sodra jy tuis voel, kan jy ‘n bietjie rondry. Maar om van sit tot ry te vorder is soos om van die driemaaltafel na Einstein se relatiwiteitsteorie te vorder in een wiskundeperiode. Dis vrėkmoeilik.

Pata en Cardo, die twee hanteerders, probeer die volstruis in toom hou, ek klou om bo te bly en volstruis doen haar bes om my af te kry. En hoor my lied, sy’s vining en sterk en jy moet agteroor leun om alles in balans te hou. Minder as ‘n 30 Seconds- ronde later tuimel ek vooroor, af, maar land tog op my voete.

Ná ‘n vinnige besoek aan Highgate se winkeltjie is dit tyd om te vertrek. Skaars tien minute later ry ek Oudtshoorn binne, net mooi betyds vir middagete. Ek stop by La Dolce Vita in Baron Van Rheedestraat en bestel ‘n Ostrich Extravaganza-pasta vir die weggeeprys van R45. Dis ‘n ruim porsie en baie lekker. Buite staan die motorwag by die Condor en ek stop hom ‘n paar rand in die hand. Tyd vir die terugtog. Maar wag, ‘n entjie straat-af is nog een van daai curio-winkels as jy nog ietsie soek vir Wolfie…

Uit: Weg Januarie 2009

Beantwoord die volgende vrae in jou skryfboek:1. Noem ‘n bekende plaasnaam naby Oudtshoorn waar jy volstruise sal vind.

3

Page 4: 11 - Grade 11... · Web view“ ‘n Spoorsnyer sou vooruit draf en dan die onsigbare teken gee. Hulle het geluidloos in enkelgelid deur die bosse beweeg.” Die Groblers reken die

2. Watter woord uit paragraaf 1 dui daarop dat daar baie volstruise in daardie omgewing is?

3. In watter provinsie is die volstruisplaas geleë?4. Om watter rede is Martin du Plessis ‘n volstruisgids?5. Watter leer is volgens du Plessis die sterkste leer?6. Wat is die naam van Highgate se verestoffermaker?7. Wat is ‘n broeipaar? Noem die naam van die broeipaar waar hulle inloer.8. Besoek buitelandse toeriste ook hierdie plaas? Motiveer jou antwoord met ‘n

aanhaling uit die teks.9. Wat moet mens doen as ‘n volstruis jou jaag? 10.Waarom moet mens op die volstruis se stuitjie sit as jy hom wil ry?11.Wat impliseer die skrywer met sy woorde “soos om van die driemaaltafel na Einstein

se relatiwiteitsteorie te vorder in een wiskundeperiode”?12.Vir hoe lank kon die spreker op die volstruis se rug bly sit?13.Waarom word dit as ‘n rekord beskou om ‘n verestoffer in 25 sekondes te maak?14.Hoe weet ons dat die Oudtshoorn omgewing spesialiseer in volstruisprodukte vir die

toeris?15.Is die volgende stelling Waar of Vals? Motiveer jou antwoord met SLEGS EEN WOORD.

Die volstruis-ete wat die spreker geniet het, se prys was billik.16.Waar wil die spreker ‘n aandenking koop vir Wolfie? Waarom het hy dit nie op

Highgate gekoop nie?

AKTIWITEIT 49 Lees en Kyk

Lees die volgende artikel oor “Elke hond kry sy dag…” uit WEG tydskrif Januarie 2009.

In Julie was die Grobler-gesin van Witsand ‘n paar kilometer suid van die Hilltop-kamp in die Hluhluwe-Umfolozi-natuurreservaat toe hulle ‘n paar stippels op die pad gewaar. Elf wildehonde!“Wat opmerklik was, was die wildehonde se dissipline en spanwerk, selfs met ‘n eenvoudige takie soos om rondom ‘n kar te beweeg,” vertel Margaret Grobler, ‘n grafiese ontwerper. “ ‘n Spoorsnyer sou vooruit

draf en dan die onsigbare teken gee.Hulle het geluidloos in enkelgelid deur die bosse beweeg.” Die Groblers reken die wildehonde het die pad verkies omdat die bosse nog nat was van die dou.Die werkers wat herstelwerk gedoen het aan die pad se skouers, was minder beïndruk en het dadelik laat spaander.Die wildehonde het ‘n rukkie gesnuffel aan die klere en kospakkies wat hulle agtergelaat het en die werkerskon sȯ hulle voorsprong vergroot.“Daarna is ons verder noord: die drawwende werkers voor, met die honde omtrent 500 m agter hulle, en ons gesin op die agterhoede,” sê Margaret.“Uiteindelik het ons ná omtrent 40 minute omgedraai en weggery. Hoewel ons bekommerd was oor die werkers, kon nie een van ons aan ‘n geval dink waar wildehonde mense aangeval het nie.”

Uit Weg: Januarie 2009

Kyk of jy al die taalgebruik in die leesstuk verstaan het. Pas Kolom A by B:KOLOM A KOLOM B

4

Page 5: 11 - Grade 11... · Web view“ ‘n Spoorsnyer sou vooruit draf en dan die onsigbare teken gee. Hulle het geluidloos in enkelgelid deur die bosse beweeg.” Die Groblers reken die

1.Elke hond kry sy dag A. Loop agterna2. Laat spaander B. Afstand vermeerder3. Op die agterhoede C. Almal sal ‘n beurt kry vir voorspoed of teenspoed4. Voorsprong vergroot D. Weghardloop

Taalstrukture:Woordvorming Woorde word deur afleiding gevorm as jy

Voorvoegsels Agtervoegselsaan ‘n stam las ( byvoorbeeld be-, ge-, her-, ont-, on-, ver-, er-) beroof,getoe

aan ‘n stam las ( byvoorbeeld –agtig, -loos, -aard, -ig, -er, -baar) kinderagtig, grysaard

‘n voorvoegsel ėn ‘n agtervoegselaan ‘n stam las ( byvoorbeeld erkenning)

1. Gebruik ‘n voorvoegsel (prefix) en gee die korrekte vorm van die woord tussen hakies:a) Die padwerkers (het nodig) hulp, want die wildehonde agtervolg hulle.b) Die mens (ken) die wildehonde aan hulle bont hare en hulle kenmerkende getjank. c) Die toeriste het mekaar in die wildtuin (moet) en het (ken) dit is die mooiste toneel wat hulle al ooit gesien het.

2. Gebruik ‘n agtervoegsel (suffix) en gee die korrekte vorm van die woord tussen hakies:a) Die (lui) sal nie in die bos oorleef nie.b) Margaret Grobler is ‘n (bewonder) van die natuur, daarom sal jy haar gereeld in een van Suid-Afrika se natuurreservate sien vakansie hou.

SamestellingWanneer twee of meer woorde aanmekaar gelas word om ‘n nuwe woord te vormBv. tuin + meubels = tuinmeubels, veld + plant = veldplant

Samestellende afleiding

Wanneer ‘n samestelling en ‘n afleiding gebruik word om ‘n nuwe woord te vormBv. olie + besoedel = oliebesoedeling (oil pollution)

Verbindingsklank n Voegsel tussen woorde om ‘n samestelling te vormbv wild + honde = wildehonde

3. Verkort die sinne deur ‘n samestelling van die vetgedrukte woorde te vorm:a) Die (bestemming waar jy vakansie hou) moet vroegtydig bespreek word.b) Die V&A Waterfront het ‘n groot ( sentrum waar jy inkopies kan doen).

4. Gee EEN WOORD vir die woorde tussen hakies:a) Die onwettige ( hout + kap) in die wildtuin moet gestop word.b) Toeriste stem almal saam dat Suid-Afrika ‘n (asem+roof) mooi land is.

5