taalarsenaal.yolasite.com 11 ht alg …  · web view(3.9 glo in die ongewone dinge soos wat...

49
ALGEMENE ASSESSERINGSTAKE AFRIKAANS HUISTAAL GRAAD 11 HT GR.10/11 (2017) KABV Bladsy 1 van 49

Upload: truongthuy

Post on 07-Feb-2018

262 views

Category:

Documents


18 download

TRANSCRIPT

Page 1: taalarsenaal.yolasite.com 11 HT Alg …  · Web view(3.9 Glo in die ongewone dinge soos wat Salinger in homeopatie geglo het.) ... Indien vorige vraestelle gebruik word, let op 2015

ALGEMENE ASSESSERINGSTAKE

AFRIKAANS HUISTAAL

GRAAD 11

HT GR.10/11 (2017) KABV

Bladsy 1 van 35

Page 2: taalarsenaal.yolasite.com 11 HT Alg …  · Web view(3.9 Glo in die ongewone dinge soos wat Salinger in homeopatie geglo het.) ... Indien vorige vraestelle gebruik word, let op 2015

AFRIKAANS HUISTAAL: Assesseringstake (Take 1-11)(Moet aan die binnekant van die LEERLING se assesseringslêer geplak word.)

Volle NAAM en VAN van leerder:________________________________SKOOL:__________________________ EMISNR. _________________DISTRIK: ________________

KWAR

TAAL

1

Taaknr. Tipe Taak Maksimum punt Leerder se punt

Gemode-reerde punt

1 Mondeling (Luisterbegrip) 152 Opstel 503 Transaksionele Teks 254 Toets 1 35TOTAAL :KWARTAAL 1 125 ÷ 1.25 (100) /100

KWAR

TAAL

2 Taaknr.

Tipe Taak Maksimum punt Leerder se punt

Gemode-reerde punt

5 Mondeling (Onvoorbereide toespraak) 156 Letterkunde toets 1 357 Halfjaareksamen (Vr,1.2 & 3) 250TOTAAL: KWARTAAL 2 300÷3 (100) /100

KWAR

TAAL

3 Taaknr.

Tipe Taak Maksimum punt Leerder se punt

Gemode-reerde punt

8 Mondeling (Voorbereide toespraak) 109 Letterkunde toets 2 35

TOTAAL: KWARTAAL 3 x45÷ (100) /100

KWAR

TAAL

4

Taaknr.

Tipe Taak Maksimum punt Leerder se punt

Gemode-reerde punt

10 Mondeling (Voorbereide toespraak) 1011 Jaareindeksamen 250

Mondeling punte word bygetel (T1,5,8,10)

50

TOTAAL: KWARTAAL 4 310÷3.10 (100) /100

Handtekening (Onderwyser):_____________ Datum: ____/____/16

Handtekening (Moderator):______________ Datum: ____/_____/16

Bladsy 2 van 35

Page 3: taalarsenaal.yolasite.com 11 HT Alg …  · Web view(3.9 Glo in die ongewone dinge soos wat Salinger in homeopatie geglo het.) ... Indien vorige vraestelle gebruik word, let op 2015

TAAK 8 DATUM:______________

MONDELING – VOORBEREIDE TOESPRAAK[TOTAAL 10]

1. Doen navorsing oor EEN van die onderstaande onderwerpe. 2. Lees die onderwerpe deeglik en onderstreep die kernwoorde.3. Berei ‘n opsomming van jou toespraak voor vir ‘n kort bespreking in die klas.4. Jou finale keuse van ‘n onderwerp sal deur die onderwyser geverifieer word.5. Die onderwyser sal elke onderwerp individueel bespreek.6. Gebruik toepaslike hulpmiddels om die gehalte van jou aanbieding te verhoog.7. Lewer ‘n netjiese geskrewe of getikte weergawe van jou toespraak in.

Onthou:

Praat direk met die gehoor; Verwys na ‘n wye verskeidenheid bronne wat geraadpleeg is insluitend ‟n reeks feite

en gee erkenning aan die geraadpleegde bronne; Gebruik ‘n effektiewe inleiding en maak ‟n gevolgtrekking, ontwikkel idees en

argumente op ’n duidelike en logiese manier sodat die toespraak op die man af is en afwykings, onnodige herhaling en clichés vermy word;

Gebruik organisatoriese tructure soos chronologie, onderwerp, oorsaak-gevolg, vergelyk-kontrasteer en probleemoplossing om in te lig en te oorreed;

Gebruik korrekte intonasie en frasering; Bied ‘n duidelike argument aan en hou dit vol deur verskillende gepaste bewyse te kies

(bv. statistiek, getuigskrifte, spesifieke gevalle) wat geloofwaardig, geldig en relevant is;

Gebruik gepaste aanspreekvorme en herhalings Gebruik gepaste woordkeuse, taalstrukture en –konvensies; en Gebruik verbale en nieverbale tegnieke (bv. toon, stemprojeksie en –modulasie,

volume, tempo, frasering, oogkontak, gesigsuitdrukkings, gebare, liggaamstaal) in aanbiedings.

Onderwerpe:

1. Gesag is steeds nodig. 2. Vryetydsbesteding toe en nou 3. Die jeug is oningelig in die inligtingsera5. Skooltrots

Assessering:

Jou toespraak sal aan die hand van die aangehegte assesseringskaal geassesseer word.

Bladsy 3 van 35

Page 4: taalarsenaal.yolasite.com 11 HT Alg …  · Web view(3.9 Glo in die ongewone dinge soos wat Salinger in homeopatie geglo het.) ... Indien vorige vraestelle gebruik word, let op 2015

Huistaal AssesseringsrubriekVoorbereide Toespraak

KRITERIA 7 6 5 4 3 2 1

1 Bronne

Oortuigende bewyse dat ‘n

wye verskeidenheid

gebruik is. Interessant en

relevant.

Grondige bewyse dat ‘n wye

verskeidenheid gebruik is.

Interessant en relevant.

Goeie bewyse dat ‘n wye

verskeidenheid gebruik is en dis

relevant.

Bevredigende bewyse en dis

relevant.

Sporadiese bewyse en dis

relevant.

Beperkte bewyse en dis gedeeltelik

gebruik.

Min of geen bewyse.

2 Feite

‘n Wye verskeidenheid.

Nuut en interessant. Treffende

aanbieding.

Nuut en interessant.

Goeie gestruktureerde

aanbieding.

Interessant en voorbeelde dra by

tot ‘n goed gestruktureerde

aanbieding

Sommiges is nuut en interessant en

voorbeelde is gegee.

Geskik, maar sonder die

sprankel van om nuut te wees.

Min bewyse van navorsing.

Aanbieding is derhalwe

gebrekkig.

Geen nuwe idees. Enige navorsing wat gedoen is, is nie effektief nie.

3

Beplanning in ooreenkoms met

die opdrag, gehoor, konteks en formaat

Deeglik Baie goed Goed Bevredigend Geskik Gering Geen bewys nie.

4 InleidingTreffend en

pakkend. Trek onmiddellik die

aandag.

Baie goed en gepas. Wek

belangstelling.

Goed en gepas. Wek

belangstelling.

Redelik goed. Wek steeds

belangstelling.

Geskik. Wek tog belangstelling

Bewys van maar wek skaars

belangstelling.

Swak. Wek geen belangstelling nie.

5 Ontwikkeling van idees en argumente

Briljant. Baie goed en volgehoud.

Goed en volgehoud.

Goed. Kan maklik gevolg word.

Geskik maar het probleme met

kohesie.

Plek-plek maar meer

inkonsekwent en kan skaars gevolg

word.

Word nie volgehou nie. Min tot geen begrip van onderwerp.

6 InhoudUitstaande kreatiwiteit,

oorspronklik en diep insigtelik.

Kreatief, oorspronklik en

toon insig.

Kreatief, merendeels

oorspronklik en toon gedeeltelike

insig.

Taamlik kreatief en oorspronklik, insig ontbreek

soms.

Bietjie kreatief, nie altyd

oorspronklik nie en insig ontbreek.

Nie kreatief nie, oorspronklikheid

en insig ontbreek.

Swak, vervelig en afgesaag.

7 AfsluitingVaardig, vat

inhoud deeglik en goed saam.

Baie goed GoedBevredigend,

kohesie ontbreek soms.

Geskik, kohesie ontbreek.

Nouliks enige bewys. Ontbreek

8 Toon, styl en register

Uitsonderlike natuurlike, vloeiende,

vaardige en besielende aanbieder.

Baie goeie natuurlike, vloeiende,

vaardige en besielende aanbieder.

Goeie natuurlike, vloeiende,

vaardige en besielende aanbieder.

Redelik natuurlike, vloeiende,

vaardige en besielende aanbieder.

Somtyds natuurlike, vloeiende,

vaardige en besielende aanbieder.

Huiwerig, gepaste uitdrukkings

ontbreek, vloeiendheid

ontbreek.

Ontoepaslike en oneffektiewe

uitdrukkings en vloeiendheid.

9

Uitspraak, oogkontak,

gesigsuitdrukkings, gebare en lyftaal

Duidelik hoorbaar,

uitstaande, funksioneel en

oortuigend.

Hoorbaar, funksioneel en

oortuigend.

Meestal hoorbaar, funksioneel en

oortuigend.

Redelik hoorbaar, funksioneel en

oortuigend.

Doelmatig maar nie altyd

oortuigend nie.

Nie duidelik nie, skaars hoorbaar,

baie min.

Slordige, onhoorbaar , ontoepaslike.

10 Gehoor se reaksie Oorweldigend positief.

Deurgaans belangstellend.

Belangstelling word behou.

Meeste volg met belangstelling.

Gemengde reaksie.

Gebrek in belangstelling.

Geen belangstelling nie.

11 Gebruik van aantekeninge.

Gebruik dit omtrent glad nie.

Word effektief en vrymoedig gebruik.

Word effektief gebruik.

Soms afhanklik daarvan.

Gebruik daarvan doen afbreek aan

voordrag.

Toon te veel afhanklikheid

daarvan.

Verwys deurgaans

daarna.

12 Woordeskat Deeglik, gevorderd.

Baie goed en gevorderd.

Goed en gevorderd.

Redelik gevorderd. Geskik. Beperk. Baie beperk.

13 Manipulasie van taal Uitmuntend. Baie goed. Goed. Redelik. Middelmatig. Sukkel. Nie daartoe in

staat nie.

14

Die respekvolle gebruik van taal

oor kulturele kwessies.

Buitengewoon bewus en sensitief.

Baie goeie bewustheid en sensitiwiteit.

Goeie bewustheid en sensitiwiteit.

Redelik bewus en sensitief.

Middelmatig bewus en sensitief.

Selde bewus en sensitief.

Glad nie bewus nie en onsensitief.

15Keuse en ontwerp

van visuele hulpmiddels.

Uitstekend, smaakvol en

gepas.

Baie goed en gepas. Goed en gepas. Meestal toepaslik.

Word nie altyd geskik gebruik

nie.

Word selde gebruik.

Gebruik nie visuele

hulpmiddels nie.

16Gebruik van audio

en/of visuele hulpmiddels.

Het ‘n impak en dra effektief by tot

die sukses van die aanbieding.

Word effektief gebruik om sodoende

aanbieding te versterk.

Word so gebruik dat dit die aanbieding versterk.

Meeste daarvan dra by tot die

sukses van die aanbieding.

Soms onhandig en nie funksioneel

nie.

Totaal onhandig en onfunksioneel.

Gebruik nie visuele

hulpmiddels nie.

TOTAAL

TAAK 2 DATUM:______________

Bladsy 4 van 35

Page 5: taalarsenaal.yolasite.com 11 HT Alg …  · Web view(3.9 Glo in die ongewone dinge soos wat Salinger in homeopatie geglo het.) ... Indien vorige vraestelle gebruik word, let op 2015

KREATIEWE SKRYF: OPSTEL [TOTAAL 50]

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1. Hierdie taak bestaan uit AGT ONDERWERPE2. Skryf EEN opstel. 3. Skryf in die taal waarin jy geassesseer word.4. Jy moet jou werk beplan (bv. ʼn breinkaart/diagram/vloeidiagram/kernwoorde,

ens.), proeflees en redigeer. Die beplanning moet VOOR die finale produkgedoen word.

5. Alle beplanning moet duidelik aangedui word en daarna netjies deurgehaalword.

6. Voorsien jou opstel van ʼn gepaste titel/opskrif. LET WEL: Die titel/opskrif wordnie in aanmerking geneem as die woorde getel word nie.

7. Skryf netjies en leesbaar

OPDRAG

• Kies EEN van die volgende opdragte en skryf ʼn BESKRYWENDE OPSTEL van 350 tot 400 woorde.

• Jy moet jou skryfwerk beplan en bewyse van beplanning/redigering gee.• Dui die vraagnommer en die onderwerp duidelik by die finale skryfstuk/teks aan.• Dui die lengte van jou skryfwerk aan. Tel die woorde en dui dit tussen hakies aan die einde van

die skryfstuk aan.• LET WEL: Trek ʼn streep deur die beplanning NADAT jy jou finale poging oorgeskryf het.

Onthou:

Die skrywer beskryf iets/iemand soos hy/sy dit ervaar (dis moeilik om iets te beskryf wat nie eerstehands ervaar is nie) en stel die leser in staat om die onderwerp wat beskryf word, net so lewendig soos hy/sy te beleef.

Hou die volgende in gedagte: Waarnemings met al vyf sintuie en ʼn goeie woordeskat word vereis. Insig, begrip, ʼn eie belewing en sinvolheid geniet aandag. (Dus meer as net die

opnoem van waarnemings). Tekste kan varieer van meer realisties na ʼn verdieping in die aanbieding. Eie gevoelens oor dit wat beskryf word, kan gegee word. Plekke en gebeure word presies en akkuraat beskryf. Karakters moet lewensgetrou wees: innerlik en uiterlik. Beeldspraak, idiome en spreekwoorde word op ʼn oorspronklike wyse aangewend. Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag

geniet.

Assessering: Jou opstel sal aan die hand van die aangehegte rubriek nagesien word.

[50 Punte]Onderwerpe:

Bladsy 5 van 35

Page 6: taalarsenaal.yolasite.com 11 HT Alg …  · Web view(3.9 Glo in die ongewone dinge soos wat Salinger in homeopatie geglo het.) ... Indien vorige vraestelle gebruik word, let op 2015

1. My buurman laer af in die straat

2. Mense wat my hare laat rys

3. Gebruik enige EEN van die volgende prente as prikkel, gee jou eie titel en skryf 'n beskrywende opstel daaroor.

3.1 3.2

3.3 3.4

3.5 3.6

Bladsy 6 van 35

Page 7: taalarsenaal.yolasite.com 11 HT Alg …  · Web view(3.9 Glo in die ongewone dinge soos wat Salinger in homeopatie geglo het.) ... Indien vorige vraestelle gebruik word, let op 2015

Bladsy 7 van 35

Page 8: taalarsenaal.yolasite.com 11 HT Alg …  · Web view(3.9 Glo in die ongewone dinge soos wat Salinger in homeopatie geglo het.) ... Indien vorige vraestelle gebruik word, let op 2015

AFRIKAANS HT KREATIEWE SKRYF RUBRIEKE

Bladsy 8 van 35

Page 9: taalarsenaal.yolasite.com 11 HT Alg …  · Web view(3.9 Glo in die ongewone dinge soos wat Salinger in homeopatie geglo het.) ... Indien vorige vraestelle gebruik word, let op 2015

TAAK 3 DATUM:______________[TOTAAL 25]

Transaksionele teks

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1. Hierdie taak bestaan uit DRIE ONDERWERPE2. Skryf EEN stelstuk.3. Skryf in die taal waarin jy geassesseer word.4. Jy moet jou werk beplan (bv. ʼn breinkaart / diagram / vloeidiagram / kernwoorde,

ens.), proeflees en redigeer. Die beplanning moet VOOR die finale produkgedoen word.

5. Alle beplanning moet duidelik aangedui word en daarna netjies deurgehaalword.

6. Voorsien jou stelstuk van ʼn gepaste titel/opskrif. LET WEL: Die titel/opskrif wordnie in aanmerking geneem as die woorde getel word nie.

7. Skryf netjies en leesbaar

Opdrag:

Kies EEN van die volgende opdragte en skryf ʼn stelstuk van 180 tot 200 woorde.• Jy moet jou skryfwerk beplan en bewyse van beplanning / redigering gee.• Dui die vraagnommer en die onderwerp duidelik by die finale skryfstuk/teks aan.• Dui die lengte van jou skryfwerk aan. Tel die woorde en dui dit tussen hakies aan die einde

van die skryfstuk aan.• LET WEL: Trek ʼn streep deur die beplanning NADAT jy jou finale poging oorgeskryf het.

Onthou:Informele geselsbrief Die formaat van die brief moet korrek wees: adres van sender, datum, aanhef, paragrawe en

afsluiting. Geen reël word tussen die poskode en die datum oopgelaat nie. Die datum word voluit geskryf. Geen leestekens word by die adresse gebruik nie. Tussen die adres van die ontvanger en die aanhef van die brief word ’n reël oopgelaat. Toon, styl en register moet pas by die verhouding tussen die skrywer en die ontvanger van die brief. Die kort inleidingsparagraaf moet ’n skakel wees tussen die skrywer en die ontvanger van die brief. Die slotparagraaf moet die brief saamvat. Groete/Liefdegroete is die laaste paragraaf van die brief en moet met ’n punt afgesluit word. Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet

Formele brief Die formaat van die brief moet korrek wees: adres van die sender, datum, adres van die ontvanger, aanhef en opskrif, doel en die korrekte afsluiting. Die adres van die sender kom regs bo-aan in blokvorm. Geen reël word tussen die poskode en die datum oopgelaat nie. Die datum word voluit geskryf. Die adres van die ontvanger van die brief word links in blokvorm geskryf. Geen leestekens word by die adresse gebruik nie. ’n Reël moet tussen die adres van die sender en dié van die ontvanger oopgelaat word. Indien verskeie formaatfoute begaan word, bv. adres en slot ontbreek, word die kandidaat een kode afgemerk. Indien slegs een formaatfout

Bladsy 9 van 35

Page 10: taalarsenaal.yolasite.com 11 HT Alg …  · Web view(3.9 Glo in die ongewone dinge soos wat Salinger in homeopatie geglo het.) ... Indien vorige vraestelle gebruik word, let op 2015

begaan word, bv. geen datum/verkeerde adres, word die fout geïgnoreer. Tussen die adres van die ontvanger en die aanhef van die brief word ’n reël oopgelaat. Die brief moet aan die skoolhoof gerig word. Die doel van die brief word in hoofletters geskryf OF dit kan in kleinletters geskryf en dan onderstreep word. Geen leestekens word na “Die uwe” gebruik nie. Die brief word deur die persoon wat die korrespondensie rig, onderteken. Korrespondente kan ook hulle noemname en vanne gee. Die korrespondent se voorletters en van kan onder die handtekening uitgeskryf word indien dit onleesbaar is.

Informele brief aan die pers Gebruik informele taal, register en styl. Skryf in beskrywende, maar eenvoudige taal. Skryf logies en volgens ‘n spesifieke doel. Jou brief moet ’n inleiding, liggaam / inhoud en slot hê. Die brief moet die jou adres en die datum waarop die brief geskryf is, onder die adres bevat. Na jou adres volg ‘n informele aanhef. Sluit die brief informeel of semi-formeel af, gevolg deur jou naam.

Brosjure

Boekie of ’n dun tydskrif wat inligting, illustrasies en foto’s oor ’n diens, plek of produk bevat. ’n Brosjure bevat gewoonlik illustrasies, foto’s, grafiese inligting en kaarte. Watter ander interessante plekke is in die omgewing? Gee belangrike tye en moontlike kostes

Assessering: Jou brief sal aan die hand van die aangehegte rubriek nagesien word.

Onderwerpe:

1. Skryf ’n informele geselsbrief aan ’n vriend of vriendin waarin jy wenke gee oor hoe om ’n gebalanseerde lewe te leef.

(25) OF

2. Skryf ’n formele brief aan die skoolhoof om hom te oortuig dat dit tog belangrik vir die leerders is om selfone skool toe te bring.

(25)

OF

4. GENERASIEGAPING

Bladsy 10 van 35

Page 11: taalarsenaal.yolasite.com 11 HT Alg …  · Web view(3.9 Glo in die ongewone dinge soos wat Salinger in homeopatie geglo het.) ... Indien vorige vraestelle gebruik word, let op 2015

Blameer weer die generasiegaping vir die swak kommunikasie. Skryf ‘n BRIEF aan die pers waarin jy die standpunt van die tieners stel. Rig jou brief aan: Die Redakteur, Jip, Posbus 0071, BLOEMFONTEIN, 2020.

(25) OF

4. Die tydskrif Weg het jou dorp/stad as hulle bestemming van die maand gekies. Stel 'n BROSJURE saam waarin jy daguitstappies en besienswaardighede van jou omgewing bekendstel.

(25)(Met erkenning aan HS Hugenote – Wes Kaap)Sien Assesseringsrubriek op volgende bladsy…

Bladsy 11 van 35

Page 12: taalarsenaal.yolasite.com 11 HT Alg …  · Web view(3.9 Glo in die ongewone dinge soos wat Salinger in homeopatie geglo het.) ... Indien vorige vraestelle gebruik word, let op 2015

TAAK 4 DATUM:______________[TOTAAL 70/2 = 35]

Toets 1INSTRUKSIES EN INLIGTING

1. Hierdie toets bestaan uit DRIE AFDELINGS:

AFDELING A: Leesbegrip (30)

AFDELING B: Opsomming (10)

AFDELING C: Taal in konteks (30)

2. Lees ALLE instruksies noukeurig deur.

3. Beantwoord AL die vrae.

4. Begin ELKE afdeling op ʼn nuwe bladsy.

5. Trek ʼn streep na elke afdeling wat voltooi is.

6. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie

vraestel gebruik is.

7. Laat ʼn reël oop na elke antwoord.

8. Skenk veral aandag aan spelling en sinskonstruksie.

Bladsy 12 van 35

Page 13: taalarsenaal.yolasite.com 11 HT Alg …  · Web view(3.9 Glo in die ongewone dinge soos wat Salinger in homeopatie geglo het.) ... Indien vorige vraestelle gebruik word, let op 2015

9. Skryf netjies en leesbaar.

AFDELING A: LEESBEGRIP

VRAAG 1

Lees die volgende tekste en beantwoord die vrae wat daarop volg. Kyk mooi wanneer daar VOLSINNE van jou verwag word. Kyk ook na die puntetoekenning; dit gee ’n aanduiding van hoeveel jy moet skryf.

Op die voorblad van my eie ‘Huisgenoot’ – Maretta Bellingham

1 Om te erken dat jy nie ’n lid van Facebook is nie, is deesdae amper net so erg as om te sê jy hou van Abba se musiek of jy is party aande te lui om jou tande te borsel. Want almal, en daar is na bewering 500 miljoen van hulle, behoort aan dié sosiale netwerk.

2 Mense kla voortdurend dat hulle nie tyd het nie. Hulle het nie tyd om al hul werk af te handel nie. Hulle het nie tyd om ’n stokperdjie te beoefen nie of die gras te sny of ’n boek te lees nie. Hulle het nie tyd vir mekaar nie.

3 Maar hulle het tyd om te blog. En te Facebook en te twiet. Of te twit? Of is jy ’n twit as jy twiet? Iewers mis ek iets en wie weet, dalk is 2011 die jaar dat ek meteens agterin ’n kas ’n helse klomp tyd ontdek.

4 Kyk hier, sal ek verheug uitroep, ek het tyd waarvan ek nie geweet nie. Wat ’n wonderlike verrassing; ek wonder wat ek met hierdie tyd sal doen?

5 Ek weet. Ek sal by Facebook aansluit. Ek wou nog altyd vriende gehad het wat nie ’n idee het wie ek werklik is nie. Ek wou nog altyd mense wat ek net effens ken, vertel van my in-groeitoonnael. Sodat mense wat ek glad nie ken nie met my kan simpatiseer.

6 Ek sal my nuut ontdekte tyd aanwend om stringe nuwe vriende te maak. Ek sal my verlustig aan hul opwindende lewe. Ek sal my saans lê en verknies oor hul probleme, hulliefdesintriges, hul stout kinders, hul beneukte base.

Bladsy 13 van 35

Page 14: taalarsenaal.yolasite.com 11 HT Alg …  · Web view(3.9 Glo in die ongewone dinge soos wat Salinger in homeopatie geglo het.) ... Indien vorige vraestelle gebruik word, let op 2015

7 My lewe sal ’n oop boek wees. Big Brother se agterent. Ek sal vir hulle behoorlike detail gee.

8 En foto’s, natuurlik. Van die muskietbyt op my linkerboud tot die vreemde moesie op die regter...oor. Ek sal op die voorblad van my eie Huisgenoot wees.

9 En as daar nog ’n bietjie tyd oor is, sal ek twiet. Of twit. Het ek iewers gelees dat Twitter dalk beëindig gaan word? Dit sal jammer wees, want gestel ek het skielik ’n behoefte om vir iemand te sê ek het pas muesli vir ontbyt geëet. Ek bedoel, hoe hou jy sulke inligting vir jouself?

10 Of ek sal na my nuutgevonde tyd kyk en sê, wat ’n wonderlike geskenk. Nou sal ek daardie boek begin skryf wat ek nog altyd wou. Ek sal meer gereeld vir my ma gaan kuier. Ek sal meer gereeld vir Billy vat om te gaan stap. Ek sal een keer per week teater toe gaan; vir my vriendin in Griekeland ’n lang brief skryf; my stamboom navors; ’n nuwe taal aanleer. En meer gereeld met my (ware) vriende kommunikeer.

11 Facebook is fantasties, sê ’n kollega. Sy het net gister ’n boodskap gekry van iemand wat in standerd drie saam met haar op skool was. En ’n vriendin van ’n vriendin se ma het laat weet dat sy saam met haar pa matriekafskeid toe was.

12 “Whatever makes jou tick,” sê ek. En as dit 500 miljoen mense laat tick, kan dit seker nie so waardeloos wees nie. ’n Honderd-en-driejarige tannie van Londen het pas die oudste lid van Facebook geword. Lillian is ’n groot aanhanger van Facebook en sy sê dis ’n wonderlike manier om op hoogte te bly van sake. (Ja wel, as jy twee gehoorstukke dra en jou tjops met ’n strooitjie drink, kan mense vir jou baie dinge wysmaak.)

13 Facebook het seker ook ’n donker kant. ’n Depressiewe Britse maatskaplike werker het op Kersdag op haar Facebook-blad geskryf: “Took all my pills be dead soon so bye bye every one.” Een vriendin se reaksie was soos volg: “She ODs all the time and she lies”.

14 Terwyl ’n klomp van haar sogenaamde vriende via Facebook oor haar boodskap ge-argumenteer het, was Simone Back besig om te sterf. Haar ma het ná haar dood gewonder hoekom nie een van Simone se 1 082 Facebook-vriende iets gedoen het om haar te probeer red nie. En ’n paar maande gelede het ’n skoolmeisie wat gereeld op Facebook geboelie is, ook selfmoord gepleeg.

15 Om te Facebook of nie te Facebook nie. Dis die vraag. Maar terwyl ’n wetenskaplike van Oxford onlangs gewaarsku het dat webwerwe soos Twitter en Facebook veranderings in mense se brein kan teweegbring, terwyl ander waarsku dat die gewoonte erg verslawend kan wees, hou ek my opsies oop.

16 Totdat Ashton Kutcher my natuurlik nooi om ’n Facebook-vriend te word.

(Verwerk uit: Rapport, 6 Februarie 2011)

1.1 Verduidelik die betekenis van die titel in EEN VOLSIN. (2)

Bladsy 14 van 35

Page 15: taalarsenaal.yolasite.com 11 HT Alg …  · Web view(3.9 Glo in die ongewone dinge soos wat Salinger in homeopatie geglo het.) ... Indien vorige vraestelle gebruik word, let op 2015

1.2 Wat is ’n “sosiale netwerk”? (par. 1). Antwoord in EEN VOLSIN. (2) 1.3 Wat bedoel die skryfster met “Of is jy ’n twit as jy twiet”? (par. 3) (2)

1.4 Wat is die skryfster se siening van mense wat tyd het om op Facebook besig te wees? Antwoord in EEN VOLSIN. (2)

1.5 Wat soek mense, volgens die skryfster, waarskynlik op Facebook? (1)

1.6 Verduidelik wat die skryfster bedoel met “Big Brother se agterent” (par. 7) Antwoord in EEN VOLSIN. (2)

1.7 Wat word geïmpliseer deur die gebruik van die hakies by (ware) in par. 10? (1)

1.8 Wat is volgens die skryfster die donker kant van Facebook? Antwoord in EEN VOLSIN. (2)

1.9 Watter boodskap word deur die skryfster oorgedra? Antwoord in EEN VOLSIN. (1)

1.10 Watter TWEE gevare kan daar volgens die skryfster verbonde wees aan die          gebruik van Facebook? Skryf albei in EEN VOLSIN. (2)

1.11 Verduidelik wat sy bedoel met ”...hou ek my opsies oop.” (par. 15) (1)

1.12 Wat sal die skryfster van plan laat verander? (1)

1.13 Kies die korrekte antwoord. Skryf slegs die vraagnommer en die letter (A – D) neer.

In watter trant is die artikel geskryf?

A. humoristiesB. ernstigC. sarkastiesD. snedig (1)

EN

STATISTIEK VAN INTERNASIONALE FACEBOOKGEBRUIK

LandGetal gebruikers

afgelope 3 maande

Verandering afgelope 2

weke

% verandering afgelope 2

weke

Persentasie van

bevolking

1 VSA 163 328 640 +5 303 020 +3.36% 52.65%2 Brasilië 57 892 040 +7 937 520 +15.89% 28.79%3 Indië 54 755 360 +6 623 340 +13.76% 4.67%4 Indonesië 44 234 940 +1 316 740 +3.07% 18.21%5 Mexiko 38 067 420 +4 024 420 +11.82% 33.85%

6 Verenigde Koninkryk 31 940 500 +524 860 +1.67% 51.23%

7 Turkye 31 700 000 +911 880 +2.96% 40.74%

Bladsy 15 van 35

Page 16: taalarsenaal.yolasite.com 11 HT Alg …  · Web view(3.9 Glo in die ongewone dinge soos wat Salinger in homeopatie geglo het.) ... Indien vorige vraestelle gebruik word, let op 2015

8 Fillipynse Eilande 29 424 360 +2 252 600 +8.29% 29.45%

9 Frankryk 24 938 980 +472 200 +1.93% 38.50%10 Duitsland 24 472 260 +518 820 +2.17% 29.74%31 Suid-Afrika 5 352 900 +637 020 +13.51% 10.90%

[http://www.socialbakers.com/facebook-statistics/– intyds afgelaai, 18 September 2012]

Suid-Afrikaanse facebookgebruikers het soos volg op hierdie statistiek gereageer:

Yolandie Strauss: Nee daai nr is foutief!!!! Meeste is skimprofiele + van die mense het tot 20 skimme indien nie meer nie

Eugenie Douglas: Sluit dit organisasies en groepe in?

Johan Barnard: Ookay wees net rustig; wêreld gani eindig as n mens nie op die drimpeltjie weet hoeveel

facebook gebruikers is ni

Yolanda Pretorius: Joh dis baie; geen wonder fb is party dae so stadig nie [Verwerk van: www.facebook.com]

1.14 Watter twee lande het die afgelope twee weke (toe die data afgelaai is) persentasiegewys die meeste Facebookgebruikers bygekry? (2)

1.15 Watter afleiding kan ‘n mens maak uit die feit dat die VSA, die Verenigde Koninkryk en Turkye die hoogste persentasie gebruikers het, maar dat hul groei die afgelope twee weke minder as 5% was? Begin jou antwoord so:Hoe hoër die ... (2)

1.16 Dink Yolandie Strauss dat die getal facebookgebruikers meer of minder is as wat die statistiek aandui? Motiveer jou antwoord. (2)

1.17 Wat bedoel Johan Barnard met op die drimpeltjie weet? (1)

1.18 Watter nadeel het die groot getal facebookgebruikers volgens Yolanda Pretorius? (1)

1.19 Indië is een van die lande met die meeste inwoners ter wêreld. Wat is na jou mening die rede vir die feit dat die land se persentasie facebookgebruikers slegs 4.67% is? (2)

TOTAAL VIR AFDELING A: [30]

Bladsy 16 van 35

Page 17: taalarsenaal.yolasite.com 11 HT Alg …  · Web view(3.9 Glo in die ongewone dinge soos wat Salinger in homeopatie geglo het.) ... Indien vorige vraestelle gebruik word, let op 2015

AFDELING B: OPSOMMING

VRAAG 2

In die teks hieronder word SEWE vaardighede en kennis genoem waaroor ‘n subredakteur moet beskik. Som hierdie vaardighede en kennis puntsgewys in volsinne op. Jou opsomming mag nie meer as 90 woorde wees nie. Dui die getal woorde wat jy gebruik het, aan.

Die rol van die sub by ‘n koerant*

“Jou koerant is net so goed soos jou subkantoor,“ het iemand eenkeer gesê. Daar steek ‘n groot mate van waarheid in dié stelling. ‘n Goeie sub is een van ‘n publikasie se waardevolste bates.

Subs is die bewakers van hul publikasie se geloofwaardigheid.

Hulle moet sorg dat elke storie lekker lees en dat die leser se vrae beantwoord word. Hulle moet seker maak dat die storie bondig, maar volledig is en dat dit duidelik en goed georganiseer is en dat dit akkuraat is. Hulle moet toesien dat die storie die leser met ‘n dubbeldoor-vuishou tref: ‘n treffende kop en ‘n treffende inleiding.

Maar hulle moet ook weet wanneer om nie te krap waar dit nie jeuk nie – wanneer ‘n storie goed genoeg geskryf is om met die minimum skaafwerk in die koerant te beland.

Subs behoort goed ingeligte mense met ‘n goeie algemene kennis te wees – mense wat elke dag koerante en ander publikasies lees, wat hul omgewing ken en ‘n verskeidenheid belangstellings het. Goeie subs het die tegniese vaardighede van ‘n taalkenner en die kwaliteite van ‘n goeie leier. Hulle is hul koerant se laaste linie van verdediging voordat die storie gepubliseer word.

Bladsy 17 van 35

Page 18: taalarsenaal.yolasite.com 11 HT Alg …  · Web view(3.9 Glo in die ongewone dinge soos wat Salinger in homeopatie geglo het.) ... Indien vorige vraestelle gebruik word, let op 2015

Goeie subs weet hoe die nuus- en produksieprosesse by hul publikasie werk. Hulle weet watter rol die media in die samelewing speel. Hulle is op die hoogte van etiese vereistes en het ‘n goeie idee van wetsaspekte wat die media raak.

* Aangesien in joernaliste-taal algemeen van stories, koppe en subs (eerder as berigte, opskrifte en subredakteurs/ taalversorgers) gepraat word, word dit in hierdie leesstuk gebruik.

[Verwerk uit: Skryf Afrikaans van A tot Z, 2003]

TOTAAL VIR AFDELING B: [10]

AFDELING C: TAAL IN KONTEKS

Lees die tekste hieronder en beantwoord die daaropvolgende vrae.

VRAAG 3: KOERANTBERIG

KLUISENAARSKAP...VIR DIE BEGINNERSKRYWER

1 (3.1 Brand) jy van nuuskierigheid om meer van die lewe van 'n (3.2 beginnerskrywer)  se geheime te wete te kom? (3.3) Jy kan! Volg net ons tienpuntplan.

(3.4 Kweek) eers 'n bokbaard wat jy gereeld soos 'n skrywer kan streel. Sug en lyk 5. (3.5 vervelig/verveeld).

Skaf dan vir jou 'n verafgeleë woning aan, iewers in 'n blarewoud of sandwoestyn.    (3.6 Skaar) jou soos 'n (3.7 monnik) by eenvoud en armoede,

maar onthou, (3.8 ... aan      op) jou aandeel uit die wins van jou boeke.

(3.9 Glo in die ongewone dinge soos wat Salinger in homeopatie geglo het.)

10. (3.10 Word óf 'n gerespekteerde 3.11 pasifis) en vol aanvaarding vir ander óf 'n vegetariër.)

  Maar as 'n (3.12 biograaf) (313 twak) oor jou kwytraak, skuif hom met minagting op die agtergrond. Moet glad nie toelaat dat (3.14 skelmfotos/skelmfoto's) jou privaatlewe ontbloot nie.

Bladsy 18 van 35

Page 19: taalarsenaal.yolasite.com 11 HT Alg …  · Web view(3.9 Glo in die ongewone dinge soos wat Salinger in homeopatie geglo het.) ... Indien vorige vraestelle gebruik word, let op 2015

15 (3.15 Indien jou skryfwerk met 'n belangrike prys bekroon word, moet jy beslis tog nie vir die plegtigheid opdaag nie.)

Staar dan, soos 'n tipiese (3.16 kluisenaar), intens en melankolies, asof jy niks in die verte gewaar nie.

[Verwerk uit: Boekebylae, Rapport, 7 Maart 2010]

3.1 Word die woord brand hier denotief of konnotief gebruik? Motiveer jou antwoord. (1)

3.2 Is hierdie woord (beginnerskrywer) 'n simpleks, samestelling, afleiding of samestellende afleiding? Motiveer jou antwoord. (2)

3.3 Brei die onderwerp van die volgende vraagsin uit met behulp van ’n byvoeglike bysin.

Brand jy van nuuskierigheid om meer van ’n beginnerskrywer se geheime te wete te kom? (1)

3.4 Maak 'n sin met die homoniem van kweek in reël 3. (1)

3.5 Kies die korrekte woord. (1)

3.6 Gebruik hierdie woord as 'n selfstandige naamwoord in 'n verhelderende sin. (1)

3.7 Skryf die meervoud van die woord monnik in r.6 neer. (1)

3.8 Vul die korrekte idiomatiese woord in. (1)

3.9 Herskryf die volgende sin in die indirekte rede:

Salinger het gesê: "Ek glo in ongewone dinge soos homeopatie." (1)

3.10 Skryf die onderstreepte sin oor in die ontkennende vorm. (1)

3.11 Wat is 'n pasifis? (1)

3.12 Skryf die korrekte vorm van die woord tussen hakies:

Die (biograaf) van die kluisenaar se lewe verkoop flink. (1)

3.13 Maak 'n verhelderende sin met twak se doeblet (tweelingwoord). (1)

3.14 Skryf die woord se korrekte spelling neer. (1)

3.15.1 Is die onderstreepte sin in die lydende of bedrywende vorm geskryf? (1)

3.15.2 Skryf nou die sin oor in die ander vorm. (1)

Bladsy 19 van 35

Page 20: taalarsenaal.yolasite.com 11 HT Alg …  · Web view(3.9 Glo in die ongewone dinge soos wat Salinger in homeopatie geglo het.) ... Indien vorige vraestelle gebruik word, let op 2015

3.16 Skryf 'n sinoniem vir kluisenaar. neer. (1) 3.17 Verduidelik die betekenis van die twee idiome in die volgende voorstellings: 3.17.1 3.17.2

Die lang arm van die gereg Susan het op haar troudag koue voete gekry. (2) [20]

VRAAG 4: ADVERTENSIE

Bladsy 20 van 35

Kom rek jou bene met ‘n verskeidenheid aanbiedinge* by enige van ons oorde landswyd.

Dis die perfekte plek vir jou en jou gesin. Wegkom was nog nooit so maklik nie. Regkom was nog nooit so lekker nie.

Page 21: taalarsenaal.yolasite.com 11 HT Alg …  · Web view(3.9 Glo in die ongewone dinge soos wat Salinger in homeopatie geglo het.) ... Indien vorige vraestelle gebruik word, let op 2015

4.1 Wat word deur die twee soorte skoene in die advertensie aangedui? (2)

4.2 Dink jy dat die skrif- en lettertipe van Breek weg gepas is? Motiveer jou antwoord. (2)

4.3 Watter tegniek kom voor in die stelling

“Vrolike, veilige waarde vir jou vakansie-rand”? (1)

4.4. Gee die oortreffende trap van perfekte in “die perfekte plek”? (1)

4.5 Wat word geïmpliseer deur die sin “Regkom was nog nooit so lekker nie”? (1)

4.6 Herskryf as ‘n vraagsin:

Dit is die perfekte plek vir jou en jou gesin. (1)

4.7 Die woord aanbiedinge verwys:4.7.1 Skryf die enkelvoudsvorm van aanbiedinge neer. (1)4.7.2 Skryf die verkleiningsvorm van aanbiedinge neer. (1)

[10]

TOTAAL AFDELING C: [30]

TOTAAL VIR VRAESTEL: [70]

Bladsy 21 van 35

Page 22: taalarsenaal.yolasite.com 11 HT Alg …  · Web view(3.9 Glo in die ongewone dinge soos wat Salinger in homeopatie geglo het.) ... Indien vorige vraestelle gebruik word, let op 2015

MEMORANDUM (TAAK 4) (SLEGS VIR ONDERWYSER SE LÊER)

AFDELING A: LEESBEGRIP

VRAAG 1

Nasien van die leesbegrip

Spelfoute in een-woord-antwoorde word slegs gepenaliseer as dit die betekenis vandie woord verander.

Spel- en taalfoute in langer antwoorde word nie gepenaliseer nie omdat die fokus opbegrip is.

Vir oop vrae word geen punte toegeken vir JA/NEE, EK STEM SAAM/EK STEM NIE SAAM NIE. Die rede/motivering moet oorweeg word. Vir WAAR/ONWAAR- of FEIT/MENING-vrae word die punte verdeel: 1 punt vir WAAR/ONWAAR of FEIT/MENING en 1 punt vir die rede/motivering/aanhaling. As die leerder se WAAR/ONWAAR reg is, maar die motivering is verkeerd,

verdien die leerder net EEN punt. As die WAAR/ONWAAR verkeerd is, maar die motivering is reg, word GEEN

punte toegeken nie. Vir vrae wat aanhalings uit die leesstuk verg, word nie gepenaliseer indien die

aanhalingstekens ontbreek nie. Waar een-woord-antwoorde gevra word en die kandidaat ’n volsin gee, is dit korrek

mits die korrekte woord onderstreep word of op een of ander wyse uitgelig word. Wanneer twee of drie feite/punte vereis word en die kandidaat gee ’n hele reeks, word slegs die

eerste twee of drie feite/punte nagesien. Indien die kandidaat woorde uit ’n ander taal gebruik as die taal waarin die vraestel

Bladsy 22 van 35

Page 23: taalarsenaal.yolasite.com 11 HT Alg …  · Web view(3.9 Glo in die ongewone dinge soos wat Salinger in homeopatie geglo het.) ... Indien vorige vraestelle gebruik word, let op 2015

verskyn, word die vreemde woorde ignoreer. Indien die antwoord sonder die vreemde woorde sinvol is, word die kandidaat nie gepenaliseer nie. Indien die vreemde woord in die antwoord vereis word, word dit aanvaar.

Aanvaar dialektiese variasies. Vir meervoudigekeuse-vrae word BEIDE die letter EN die korrekte antwoord wat ten

volle uitgeskryf is, aanvaar.

(SLEGS VIR ONDERWYSER SE LÊER)VRAAG 1

1.1 Die Facebook-gebruiker skep/vertel haar/sy eie dramatiese lewensverhaal soos wat dit dikwels in die tydskrif Huisgenoot verskyn OF skryf ook oor huislike en persoonlike sake, dinge uit die huis uit wat eintlik privaatsake moet wees. (2)

1.2 Sosiale netwerke verwys na rekenaarnetwerke waar mense oor privaat- en ander geleenthede aan die hele wêreld kan skryf, ’n sosiale gespreksforum. (2)

1.3 Twit” beteken “domkop of idioot/bobbejaan”; die sin vra dus of jy eintlik ’n

domkop is as jy “twiet”. (2)

1.4 Sy weet nie wanneer hulle dan hulle werk doen nie, want hulle sê hulle het nie tyd om hul werk af te handel nie, nie tyd vir mekaar nie, maar hulle het tyd om aan “onbekende” mense op Facebook te skryf. (2)

1.5 Heel waarskynlik simpatie/aandag. (1)

1.6 Big Bother, realiteitstelevisie, het alles gewys van mense wat op een plek saamwoon en niks is uitgelaat nie, maar op Facebook kan jy nog meer onbenullighede en alledaagse twak vir ander mense wys en vertel, m.a.w. nie eers Big Bother was so oppervlakkig nie. (2)

1.7 Facebookvriende is nie vriende in die werklike sin van die woord nie; hulle is kammavriende. (1)

1.8 Mense gebruik soms Facebook om werklik hulp te soek, maar die “vriende”

Bladsy 23 van 35

Page 24: taalarsenaal.yolasite.com 11 HT Alg …  · Web view(3.9 Glo in die ongewone dinge soos wat Salinger in homeopatie geglo het.) ... Indien vorige vraestelle gebruik word, let op 2015

ink dan die persoon is snaaks en steur hul nie regtig aan mense se dreigemente - wat dalk ernstig kan wees nie (2)

1.9 ’n Mens moenie so baie tyd aan Facebook spandeer nie, want dit lei nie noodwendig tot ernstige vriendskappe nie OF Mense vertel te veel onbelangrike dinge op Facebook en dan het hulle nie tyd om hul werk toe doen nie. (1)

1.10 Daar vind veranderings in die brein plaas en mense kan verslaaf raak daaraan. (2)

1.11 Sy sal nog eers kyk wat die voor- en nadele van Facebook is voordat sy finaal sal besluit of die goed of sleg is. (1)

1.12 As Ashton Kutcher haar, iemand wat sy bewonder, haar Facebook-vriend word. (1)

1.13 C/ sarkasties (1)

1.14 Brasilië en Indië (2)

1.15 Hoe hoër die getal gebruikers in die bevolking, hoe kleiner is die moontlikheid om te groei. (2)

(SLEGS VIR ONDERWYSER SE LÊER)

1.16 Sy dink dit is miinder. Volgens haar het baie mense meer as een profiel. (2)

1.17 presies / eksak weet (1)

1.18 Dit maak Facebook stadig. (1)

1.19 Min mense het selfone / internettoegang. (In dié trant) (2)

[30]AFDELING B: OPSOMMING

VRAAG 2

Nasien van die opsomming:

Punte word soos volg toegeken: 7 punte vir 7 wenke (een punt per wenk) 3 punte vir taal Puntetotaal: 10 Slegs samehangende sinne verdien punte

Verspreiding van punte vir taal: 1–3 wenke korrek: ken 1 punt toe 4–5 wenke korrek: ken 2 punte toe 6–7 wenke korrek: ken 3 punte toe

Bladsy 24 van 35

Page 25: taalarsenaal.yolasite.com 11 HT Alg …  · Web view(3.9 Glo in die ongewone dinge soos wat Salinger in homeopatie geglo het.) ... Indien vorige vraestelle gebruik word, let op 2015

LET WEL:

FORMAAT: 'n Opsomming in die verkeerde formaat word ook geassesseer.

TEL VAN WOORDE:o Nasieners moet die hoeveelheid woorde wat gebruik is, tel.o Geen punte word afgetrek as die kandidate nie die getal woorde aangedui het nie of as die

getalwoorde wat gebruik is, verkeerd aangedui is.

o Indien ’n kandidaat die vereiste getal woorde oorskry het, word ’n oorskryding van 5 woordetoegelaat en die res van die opsomming word geïgnoreer.

o Kort opsommings wat die vereiste getal wenke bevat, mag nie gepenaliseer word nie.

(SLEGS VIR ONDERWYSER SE LÊER)

Memorandum

Kennis en vaardighede van ‘’n subredakteur

1. Hy moet goed ingelig wees met ‘n goeie algemene kennis. 2. Hy moet ‘n goeie idee van wetsaspekte hê. 3. Hy moet die kwaliteite van ‘n goeie leier hê.4. Sy moet weet hoe die nuus- en produksieprosesse by hul publikasie werk5. Sy moet weet watter rol die media in die samelewing speel.6. Sy moet op die hoogte van etiese vereistes wees.7. Sy moet die tegniese vaardighede van ‘n taalkenner hê.

(68 woorde)

AFDELING C: TAAL IN KONTEKSMemorandum vir hierdie afdeling:

Spelling:o Een-woord-antwoorde word verkeerd gemerk as die spelling verkeerd is.o In volsin-antwoorde word die verkeerde spelling net gepenaliseer indien die fout in

die taalstruktuur getoets word.o Waar ’n afkorting getoets word, behoort die punte op die regte plek te wees.

Sinskonstruksies moet taalkundig korrek wees en in volsinne aangebied word soos in die instruksie aangedui.

Waar direkte en indirekte rede en punktuasie getoets word, mag ½-punte toegeken

Bladsy 25 van 35

Page 26: taalarsenaal.yolasite.com 11 HT Alg …  · Web view(3.9 Glo in die ongewone dinge soos wat Salinger in homeopatie geglo het.) ... Indien vorige vraestelle gebruik word, let op 2015

word.

Vir meervoudige-keusevrae word BEIDE die letter wat ooreenstem met die korrekte antwoord EN die antwoord wat uitgeskryf word, aanvaar.

VRAAG 3: KOERANTBERIG

3.1 konnotief (1)

3.2 samestellende afleiding: twee stamme (begin+skryf) en morfeme (-er). (2)

3.3 bv. Brand jy wat blonde hare het, van nuuskierigheid om meer van ’n beginnerskrywer se geheime te wete te kom? (Enige korrekte byvoeglike bysin. Maak seker dat daar ’n hoofwerkwoord is. Enige bysin wat met ’n koppelwerkwoord aangebied word, sal nie aanvaar word nie.) (1)

3.4 Kweek met die betekenis van soort gras, bv. Die Kaapse kweek neem nou die grasperk oor. (1)

3.5 verveeld (1) (SLEGS VIR ONDERWYSER SE LÊER)

3.6 Skaar as s.nw - Die skaar van die ploeg het afgebreek./Skaar van mense./Skaar as orden, rangskik, skaar by groep mense . (1)

3.7 monnike (1)

3.8 dring aan op (1)

3.9 Salinger het gesê hy glo in ongewone dinge soos homeopatie. (1)

3.10 Word nóg 'n gerespekteerde pasifis en vol aanvaarding vir ander nóg 'n vegetariër (1)

3.11 Staan vrede voor (1)

3.12 biografie (1)

3.13 tabak - enige sinvolle sin (1)

3.14 skelmfoto's (1)

3.15.1 lydend (1)

3.15.2 Indien hulle jou skryfwerk met 'n belangrike prys bekroon, moet jy beslis tog nie vir die plegtigheid opdaag nie. (1)

3.16 hermiet (1)

Bladsy 26 van 35

Page 27: taalarsenaal.yolasite.com 11 HT Alg …  · Web view(3.9 Glo in die ongewone dinge soos wat Salinger in homeopatie geglo het.) ... Indien vorige vraestelle gebruik word, let op 2015

3.17 3.17.1 Die lang arm van die gereg verwys na die polisiemag (1)3.17.2 Sy wou nie meer trou nie (1)

[20]VRAAG 4: ADVERTENSIE 4.1 Swart skoene = Die formele/ sake/ werk/ skoollewe

Sandale = informele/ vakansielewe (een punt elk) (2)

4.2 Ja, Die skriftipe en lettergrootte verskil van die res van die advertensie en hef dus hierdie woorde uit./ Dit beklemtoon hoe belangrik dit is om weg te breek/ Dit beklemtoon die erns van die oproep wat op die leser gemaak word om die ATKV-oorde te besoek. (2)

4.3 Alliterasie (1)

4.4. mees perfekte (1)

4.5 Mense besoek die ATKV-oorde om te herstel OF ATKV-oorde laat mense herstel. (1)(SLEGS VIR ONDERWYSER SE LÊER)

4.6 Is dit die perfekte plek vir jou en jou gesin? (1)

4.74.7.1 aanbod (1)4.7.2 aanbiedinkies (1)

[10]

TOTAAL AFDELING C: [30]TOTAAL VIR VRAESTEL: [70]

LW. MEMORANDUM (SLEGS VIR OPVOEDER SE LÊER. WORD EERS AAN LEELINGE VOORSIEN AS TOETS AFGEHANDEL IS. PUNT UIT 70 KAN VERWERK WORD NA 35)

Bladsy 27 van 35

Page 28: taalarsenaal.yolasite.com 11 HT Alg …  · Web view(3.9 Glo in die ongewone dinge soos wat Salinger in homeopatie geglo het.) ... Indien vorige vraestelle gebruik word, let op 2015

KWARTAAL 2[TOTAAL 15]

TAAK 1 DATUM:______________

MONDELING – LUISTERBEGRIP

Nota: Die gebruik van outentieke luistertekste soos liedjies en radio-advertensies word aanbeveel. In hierdie voorbeeldtaak word ‘n koerantberig egter gebruik.

Opdrag: Luister na die teks wat jou onderwyser voorlees, maak aantekeninge terwyl jy luister en beantwoord dan die vrae wat die onderwysers stel skriftelik. Jy mag jou aantekeninge raadpleeg terwyl jy die vrae beantwoord.

KAAS-RENAISSANCE

8. Mens huiwer om die gonswoord renaissance te gebruik, maar gaan kyk self: By elke tweede plaasstalletjie en dorpse kunsvlytmark staan ‘n kaasmaker en bied eiegemaakte boerekaas, plaaskaas, ablerant of feta aan. Die verskeidenheid ingevoerde kaasoorte slaan die asem weg (gewilde deli’s wemel van alles van gorgonzola tot Leydse kaas tot druppende ricotta). Selfs die groot kaasfabrieke, wie se kase tot nou, met uitsondering, so-so was, doen nou moeite met bokmelkkase, goeie Brie en (lê) Cheddar.

2. Nou het die verleidelike dorp Franschhoek met sy verskeidenheid kos en wyn en meer as dertig restaurants om van te kies, die kaasherlewing in een groot geleentheid saamgevat. Dié dorp met sy sterk Franse karakter speel vandeesmaand die rol van gasheer van die eerste groot kaasfees wat nog ooit in Suid-Afrika gehou is.

Bladsy 28 van 35

Page 29: taalarsenaal.yolasite.com 11 HT Alg …  · Web view(3.9 Glo in die ongewone dinge soos wat Salinger in homeopatie geglo het.) ... Indien vorige vraestelle gebruik word, let op 2015

3. Meer as 40 Suid-Afrikaanse kaasmakers asook verspreiders en invoerders sal oor die naweek van 14, 15 en 16 April aan die Nasionale Kaasfees op die Augusta-wynlandgoed hul bestes kom bekend stel.

9. Franschhoek is bekend om sy geesdrif vir feeste met ‘n tema (dit sluit gewoonlik ‘n hartroerende weergawe van die La Marseillaise in) en besoekers kan kom kyk en proe hoe die inwoners saamspeel om ‘n ryke kaasgeur oor die hele able te laat hang.

10.Behalwe al die kaassoorte en –geregte wat jy sal kan proe, word praatjies en demonstrasies gehou oor aspekte van kaas, soos hoe om kaas aan te koop en te berg en watter wyne om saam met kaas te drink.

11.Die kaasbord as deel van ‘n maaltyd sal op die Kaasfees in ere herstel word, met wenke oor hoe om so ‘n bord saam te stel en aan te bied.

12.Die Nasionale Kaasfees is die breinkind van kaasliefhebbers Derk Blaisse en German Lehodey, onderskeidelik ‘n Hollander en ‘n Normandiër, ‘n kaasmaker en ‘n wynman.

[Effens aangepas uit FYNPROE, DE KAT, APRIL 2000]

Vrae:

Luister vir spesifieke inligting

1. Oor watter geleentheid handel die leesstuk? (1)

2. Waar en wanneer gaan die geleentheid plaasvind? (2)

3. Watter bewys gee die skrywer vir ablerant dat daar ‘n kaasherlewing in Suid-Afrika is? (1)

4. Hoeveel ablerant is daar volgens die leesstuk in Franschhoek? (1)

5. Noem die drie groepe mense wat hul kaas by die geleetheid gaan bekendstel. (3)

13.Voltooi die onderstaande able oor die persone by wie die idee van ‘n kaasfees ontstaan het:

Derk Blaisse German LehodeyHollander 6.16.2 wynman

(2)

Luister vir kritiese ontleding en evaluering

Bladsy 29 van 35

Page 30: taalarsenaal.yolasite.com 11 HT Alg …  · Web view(3.9 Glo in die ongewone dinge soos wat Salinger in homeopatie geglo het.) ... Indien vorige vraestelle gebruik word, let op 2015

7. Wat is die skrywer se houding teenoor Franschhoek? Motiveer jou antwoord. (2)

14.Watter oordeel vel die skrywer oor die kase wat die groot kaasfabrieke tot noutoe gemaak het? Motiveer jou antwoord. (2)

15.Watter bewys is daar vir die skrywer se stelling dat Franschhoek ‘n sterk Franse karakter het? (1)

[15]

Slegs vir onderwyser

TAAK 6 DATUM:______________

LETTERKUNDE TOETS 1[TOTAAL 35]

Hierdie toets word deur die skool self opgestel.Let op voorbeeldvraestelle en vereistes soos in Assesseringsprogram (sien hieronder).Indien vorige vraestelle gebruik word, let op 2015 vraestelle (graad 12). Onthou dat dit slegs as riglyn gebruik word. Die voorbeeldvraestel sal as riglyn dien vir die tipe vrae en die formaat.

Die voorgeskrewe werke is as volg:

LETTERKUNDE

Kontekstuele vrae (10) (Poësie) Literêre opstel (25) (Roman / Drama) – Woorde: 350 – 400

Ass.instrumente: Memorandum & rubriek

Uit Provinsiale Assessringsprogram

2017 VOORGESKREWE WERK GRAAD 11 (SIEN ONDERRIGPLAN)GENRE TITEL UITGEWERS ISBN NOMMERPoësie Om die aarde aan te haal en Maskew Miller Longman 9780636184756

Bladsy 30 van 35

Page 31: taalarsenaal.yolasite.com 11 HT Alg …  · Web view(3.9 Glo in die ongewone dinge soos wat Salinger in homeopatie geglo het.) ... Indien vorige vraestelle gebruik word, let op 2015

ander gedigteDrama Op die planke Vivlia 9781430737544Roman Droomdelwers South African Heritage

Publishers9780992228880

LET WEL: DIE TOETS MOET BESTAAN UIT TWEE AFDELINGS : AFDELING A POËSIE (KONTEKSTUELE VRAE ) 10 PUNTE EN AFDELING B (OPSTEL) ROMAN / DRAMA. 25 PUNTE.

SIEN RUBRIEK OP VOLGENDE BLADSY

Bladsy 31 van 35

Page 32: taalarsenaal.yolasite.com 11 HT Alg …  · Web view(3.9 Glo in die ongewone dinge soos wat Salinger in homeopatie geglo het.) ... Indien vorige vraestelle gebruik word, let op 2015

TAAK 7 DATUM:______________[TOTAAL 250]

HALFJAAREKSAMEN

Vraestel 1 & 3 word deur die Distrik voorsien.Vraestel 2 word deur die skool self opgestel.

_____________________________________________________________________________KWARTAAL 3

[TOTAAL 10]TAAK 8 DATUM:______________

MONDELING – VOORBEREIDE TOESPRAAK

OPDRAG

1. Kies EEN van die onderstaande onderwerpe en bespreek dit vir 2 – 3 minute.2. Lees die onderwerp deeglik, identifiseer die kernwoorde en berei jou binne 2 minute voor.

Onthou:

Gebruik toon, stemprojeksie, tempo, oogkontak, liggaamshouding en gebare. Toon bewustheid van teikengroep en maak kontak met die gehoor. Gebruik gepaste en doeltreffende woordeskat en taalstrukture. Gebruik ‘n doeltreffende inleiding en slot.

Bladsy 32 van 35

Page 33: taalarsenaal.yolasite.com 11 HT Alg …  · Web view(3.9 Glo in die ongewone dinge soos wat Salinger in homeopatie geglo het.) ... Indien vorige vraestelle gebruik word, let op 2015

Bied die inhoud logies, direk en oortuigend aan. Bly by die onderwerp; moenie afdwaal nie. Gebruik gepaste aanspreekvorme en herhalings.

Onderwerpe:

1. Die voordele en nadele van hidrouliese breking (“fracking”)2. Lees is die moeite werd.3. Het alle skoolvakke waarde?

Assessering:

Jou toespraak sal aan die hand van die ASSESSERINGSRUBRIEK geassesseer word.(Sien bl. 4)

Slegs vir onderwyser

TAAK 9 DATUM:______________[TOTAAL 35]

LETTERKUNDE TOETS 2

Hierdie toets word deur die skool self opgestel.Let op voorbeeldvraestelle en vereistes soos in Assesseringsprogram (sien hieronder).Indien vorige vraestelle gebruik word, let op 2015 vraestelle (graad 12). Onthou dat dit slegs as riglyn gebruik word. Die voorbeeldvraestel sal as riglyn dien vir die tipe vrae en die formaat.

Die voorgeskrewe werke is as volg:

LETTERKUNDE

Kontekstuele vrae (10) (Poësie) Literêre opstel (25) (Roman / Drama) - Woorde: 350 – 400

Ass.instrumente: Memorandum & rubriek

Uit Provinsiale Assessringsprogram

2017 VOORGESKREWE WERK GRAAD 11 (SIEN ONDERRIGPLAN)GENRE TITEL UITGEWERS ISBN NOMMER

Bladsy 33 van 35

Page 34: taalarsenaal.yolasite.com 11 HT Alg …  · Web view(3.9 Glo in die ongewone dinge soos wat Salinger in homeopatie geglo het.) ... Indien vorige vraestelle gebruik word, let op 2015

Poësie Om die aarde aan te haal en ander gedigte

Maskew Miller Longman 9780636184756

Drama Op die planke Vivlia 9781430737544Roman Droomdelwers South African Heritage

Publishers9780992228880

LET WEL: DIE TOETS MOET BESTAAN UIT TWEE AFDELINGS : AFDELING A POËSIE (KONTEKSTUELE VRAE ) 10 PUNTE EN AFDELING B (OPSTEL) ROMAN / DRAMA. 25 PUNTE.

SIEN RUBRIEK (BL 31)

TAAK 5 DATUM:______________

MONDELING – ONVOORBEREIDE TOESPRAAK[TOTAAL 15]

OPDRAG

1. Kies EEN van die onderstaande onderwerpe en bespreek dit vir 2 – 3 minute.2. Lees die onderwerp deeglik, identifiseer die kernwoorde en berei jou binne 2 minute

voor.

Onthou:

Gebruik toon, stemprojeksie, tempo, oogkontak, liggaamshouding en gebare. Toon bewustheid van teikengroep en maak kontak met die gehoor. Gebruik gepaste en doeltreffende woordeskat en taalstrukture. Gebruik 'n doeltreffende inleiding en slot. Bied die inhoud logies, direk en oortuigend aan. Bly by die onderwerp; moenie afdwaal nie. Gebruik gepaste aanspreekvorme en herhalings.

Onderwerpe:

1. Suid Afrika “ONS” LAND ?2. Studeer na matriek of nie?3. Praat oor probleme OF Bly liewer stil

Assessering:Jou toespraak sal aan die hand van die aangehegte assesseringskaal geassesseer word

Bladsy 34 van 35

Page 35: taalarsenaal.yolasite.com 11 HT Alg …  · Web view(3.9 Glo in die ongewone dinge soos wat Salinger in homeopatie geglo het.) ... Indien vorige vraestelle gebruik word, let op 2015

ASSESSERINGSKAAL: ONVOORBEREIDE PRAATJIE Naam: _____________________________________ Datum: __________Onderwerp:

Baie goed Gemiddeld Werk nog hieraan

INLEIDING: gepas, treffend, kreatief 3 2 1 0

HOOFDEEL: logies uiteengesit 5 4 3 2 1 0

SLOT: bindend, treffend 3 2 1 0

AANBIEDING: oortuigend, geesdriftig 3 2 1 0

ONDERWERPGERIGTHEID: dwaal nie af nie 3 2 1 0

TAALGEBRUIK: treffende woordkeuse 3 2 1 0TOTAAL: __________ ____ __________

20 / 20 x 5 = 100 = KodeVerwerk finale punt na 15 (bv. leerling se punt gedeel deur 100 x 15 gedeel deur 1)KOMMENTAAR:___________________________________________________________________

Bladsy 35 van 35