11 oktober 2019 nuus 11... · 2019-10-15 · ons doen ’n beroep op ons ouers om toe te sien dat...

4
Verjaarsdag Baie dankie aan elke leerder en ouer wat my verjaarsdag spesiaal gemaak het. Ek het weereens verstom gestaan oor die opregte liefde en omgee van ons kinders. Elke boodskap, drukkie en ge- skenk word opreg waardeer. Top 8 Baie geluk aan die volgende leerders wat aan die einde van kwartaal 3 op die skool se Top 8 is. Ek is werklik trots op julle. Skoolfonds/Begroting Alle leerders se skoolfonds vir 2019 moet aan die einde van die maand afgehandel wees. Baie dankie aan die ouers wat klaar betaal het. Ek herinner u ook aan die begrotingsvergadering wat sal plaasvind op Donderdag, 17 Oktober 2019 om 18:30 in die skoolsaal. Die skoolfonds vir 2020 sal tydens die geleentheid vasgestel word. Graad 4 Graad 5 Graad 6 Graad 7 1 Yusrah Anter Erin Baatjies Luke Wolhuter Meke Messina 2 Amarie King Raylee Mars Marian de Wet Zayden Jacobs 3 Luke Nardus Leigh Vaughan Jacobs Amy Julius Chinika Neethling 4 Ciara Maarman Conlinn Coetzee Tylor Wilson Kieran de Villiers 5 Caydee Fortuin Gareth Truter Curtley Abrahams Joshua Hartley 6 Henleigh Lawrence Zethan Frankfort Inge du Plessis Ellen Jurgens 7 Mia Walters Zoë Jansen Alicia Bosch Eli Basson 8 Ciara Padayachiey Mischa Williams Tyrique Adonis Zoë September SKOOLHOOF: Mnr J Brand KANTOOR: Mev E van der Westhuizen Tel: 021-872 4975 Faks: 021 872 4114 Epos: [email protected] Web: www.laerskooldrakenstein.co.za NASORG: Hannepie Smit - 021 872 9290 11 OKTOBER 2019 BANKBESONDERHEDE Nedbank: 1470052504 Takkode: 147005 Naam van Rekening: Laerskool Drakenstein Kind se naam en van as verwysing asseblief

Upload: others

Post on 24-Jan-2020

2 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: 11 OKTOBER 2019 Nuus 11... · 2019-10-15 · Ons doen ’n beroep op ons ouers om toe te sien dat leerders betyds na wed-stryde en oefeninge afgehaal word. Daar is soms tye wat onderwysers

Verjaarsdag

Baie dankie aan elke leerder en ouer wat my verjaarsdag spesiaal gemaak het. Ek het weereens

verstom gestaan oor die opregte liefde en omgee van ons kinders. Elke boodskap, drukkie en ge-

skenk word opreg waardeer.

Top 8

Baie geluk aan die volgende leerders wat aan die einde van kwartaal 3 op die skool se Top 8 is. Ek is

werklik trots op julle.

Skoolfonds/Begroting

Alle leerders se skoolfonds vir 2019 moet aan die einde van die maand afgehandel wees. Baie

dankie aan die ouers wat klaar betaal het. Ek herinner u ook aan die begrotingsvergadering wat sal

plaasvind op Donderdag, 17 Oktober 2019 om 18:30 in die skoolsaal. Die skoolfonds vir 2020 sal

tydens die geleentheid vasgestel word.

Graad 4 Graad 5 Graad 6 Graad 7

1 Yusrah Anter Erin Baatjies Luke Wolhuter Meke Messina

2 Amarie King Raylee Mars Marian de Wet Zayden Jacobs

3 Luke Nardus Leigh Vaughan Jacobs Amy Julius Chinika Neethling

4 Ciara Maarman Conlinn Coetzee Tylor Wilson Kieran de Villiers

5 Caydee Fortuin Gareth Truter Curtley Abrahams Joshua Hartley

6 Henleigh Lawrence Zethan Frankfort Inge du Plessis Ellen Jurgens

7 Mia Walters Zoë Jansen Alicia Bosch Eli Basson

8 Ciara Padayachiey Mischa Williams Tyrique Adonis Zoë September

SKOOLHOOF: Mnr J Brand

KANTOOR: Mev E van der Westhuizen

Tel: 021-872 4975

Faks: 021 872 4114

Epos: [email protected]

Web: www.laerskooldrakenstein.co.za

NASORG: Hannepie Smit - 021 872 9290

11 OKTOBER 2019

BANKBESONDERHEDE

Nedbank: 1470052504

Takkode: 147005

Naam van Rekening: Laerskool Drakenstein

Kind se naam en van as verwysing asseblief

Page 2: 11 OKTOBER 2019 Nuus 11... · 2019-10-15 · Ons doen ’n beroep op ons ouers om toe te sien dat leerders betyds na wed-stryde en oefeninge afgehaal word. Daar is soms tye wat onderwysers

WAARDES Waarde: Regverdigheid

Tema: Regverdigheid vs Gelykheid

Wanneer twee mense in (op die oog af) dieselfde omstandighede verskillend behandel word, is ’n mens se eerste reaksie meestal om te dink dat dat nie regverdig is nie. Almal moet mos dieselfde behandel word.

Kom ons neem ’n eenvoudige voorbeeld: Spoedbeperking op ons paaie.

Daar word van ons almal verwag om nie vinniger as 60km/h in dorpsgebiede en 120k/h op snelweë te ry nie. Oortree jy hierdie reël, is die kans goed dat jy ’n boete sal kry.

Maar waarom mag ambulanse dan hierdie reëls buig? Almal word dan mos nie op dieselfde manier of gelyk behan-del nie?

Die rede is tog voor die handliggend: hulle moet mense wat beseer is of in nood verkeer, so vinnig as moontlik by die hospitaal kry. Dit is tog net regverdig.

Mense se behoeftes en omstandighede verskil. Om almal presies gelyk te behandel is nie in alle omstandighede regverdig nie.

Ons moet probeer om ons kinders hiervan bewus te maak en hulle te leer om dieper te kyk. Wanneer ’n juffrou dalk die dag nie so streng is met ’n kind wat reëls oortree nie, is dit dalk omdat sy besef dat daardie kind op daardie oomblik eerder ’n sagte aanslag nodig het as om streng volgens die reëls behandel te word.

Dit is daardie grys areas waar empatie, omgee en mee-lewing inkom. Wat vir een persoon reg is, is nie nood-wendig vir die volgende een reg nie en dit is regverdigheid.

INTERSENFASE

Die tweede week is al weer verby. Dit was weereens ’n besige week. Dankie vir al die onderwysers en

leerders se harde werk. Ons doen ’n beroep op ons ouers om toe te sien dat leerders betyds na wed-

stryde en oefeninge afgehaal word. Daar is soms tye wat onderwysers bitter lank moet wag omdat

kinders nie kom haal word nie en dit is onaanvaarbaar. Dit plaas ook u kind in ’n moeilike situasie. Ons

vra ook mooi dat ouers sal omsien na hul kinders se kleredrag. Daar is leerders wat nie reg aangetrek is nie of selfs stukkende klere dra. — Mnr N Rossouw

Gedrag

Die volgende leerders het in kwartaal 3 geen oortreding op hulle kaarte gehad nie. Baie geluk!

Graad 4 Graad 5 Graad 6 Graad 7

Yusrah Anter Owen Abrahams Aicia Bosch Meke Messina

Achim Ehrenreich Annuska de Wet Zoey Cloete

Lee-Anne Elias Leigh-Vaughan Jacobs Marian de Wet

Caydee Fortuin Zoë Jansen

Ashlin Klein Caitlin Koopman

Larissa Kriel Raylee Mars

Mia Walters Xavier Ockhuis

Gareth Truter

Mischa Williams

Thymia Leigh Witbooi

Page 3: 11 OKTOBER 2019 Nuus 11... · 2019-10-15 · Ons doen ’n beroep op ons ouers om toe te sien dat leerders betyds na wed-stryde en oefeninge afgehaal word. Daar is soms tye wat onderwysers

SPORT

Mini-krieket

Dinsdag, 8 Oktober het die 0/8B span mini-krieketwedstryde gespeel by Boland Park. Ons

span het goed gedoen en mooi gewen.

Eerskomende Saterdag bied ons skool ‘n mini-krieketsportdag tuis aan. Die 0/7 A en B,

0/8 A en B en die 0/9 spannetjie neem deel aan die dag. Elke span speel 2 wedstryde.

Baie sterkte aan ons mini-krieketspelers. Geniet die dag.

Dinsdag, 15 Oktober vind ons ligawedstryde tuis plaas. Ons skool speel teen Primêre

Seunskool. Almal wat briefies gekry het, neem deel. 0/7B en 0/8B speel ook wedstryde

teen Amstelhof daardie dag.

Ons mini-krieketspannetjies het ‘n vol program. Geniet elke oomblik!

SWEM

Ons het gister by Gim se 1-2-3-gala geswem. Dit was slegs Gim, Noord-Eind, Courtrai en

Boys en Girls High wat daar was. Drakenstein het nou wel nie medaljes gewen nie, maar

ons baan was vol en ons kinders het hul eerste gala ervaar. Elkeen van hulle wat verskil-

lende slae geswem het, het dit by Drakenstein geleer (binne 2 weke se oefening). Geeneen

van hulle swem by ‘n klub nie, daarom is ek vandag ‘n trotse swemjuffrou.— Juf. Melanie

KRIEKET

Ons kolfblad is uitendelik gereed vir speel. Dankie aan Meneer Rian en die terreinpersoneel wat so hard gewerk het.

Ons seuns speel volgende week die volgende wedstryd:

0/13 - Ebenezer (Weg) en 0/11 vs Paarl Hub (tuis)

ATLETIEK

Ons wil graag ons atlete aanmoedig om soggens om 07:00 by die skool aan te meld vir 25 minute se fiksheid. Dit is vanaf Maandae - Donderdae. Dit kan 'n deurslaggewende rol speel in die sukses van ons kleure-atletiek.

Ons kleure-atletiek vind plaas op die volgende dae:

17 Oktober - Velditems

18 Oktober - Baanitems

Beide van hierdie dae se verrigtinge vind plaas tydens skooltyd.

TENNIS

Die 0/13 en 0/11 seuns het gister onderskeidelik teen Laerskool Gimnasium en PPS gespeel. Die spelers het almal pragtig gespeel. Baie dankie vir julle goeie gees. - Juf. Soekie

Page 4: 11 OKTOBER 2019 Nuus 11... · 2019-10-15 · Ons doen ’n beroep op ons ouers om toe te sien dat leerders betyds na wed-stryde en oefeninge afgehaal word. Daar is soms tye wat onderwysers

Ma 14 Okt GF Netheidskontrole

Gr R Uitstappie Butterfly World

Krieket 0/11 vs PaarlHub

Di 15 Okt Mini-Krieket vs PSS Tuis

Wo 16 Okt Krieket 0/13 vs Ebenezer WEG

Do 17 Okt Tennis 0/11 vs Courtrai TUIS

Begrotingsvergadering

Vr 18 Okt Snoepie

Drakie Kleureatletiek

Tuisnaweek

Sa 19 Okt Jukskei Wellington

Verjaarsdag Baie geluk aan die volgende leerders wat

verjaar.

14 Okt Amy Carstens

16 Okt Lynique Minnaar

18 Okt Brooklyn Martin, Zion Joseph

19 Okt Meghan Titus

Grondslagfase Dit het baie goed gegaan met ons Gr. 3 klas wat die week Sistemiese toetse geskryf het. Ons is

baie trots op ons leerlinge se akademie. Hulle werk hard in die klasse.

Al die grade is besig met assesserings. Doen getrou huiswerk by die huis en dit sal net goed gaan

met ons leerlinge.

Die skool het vandag verjaar. Almal het lekker verjaarsdag gehou. Ons klaskamers se deure was

baie mooi kleurvol opgemaak. Dankie vir almal se samewerking om ons skool so mooi op te vrolik.

Donderdagaand, 17 Oktober, is dit die begrotingsvergadering van die skool. Ons vra dat so veel

moontlik ouers die vergadering sal bywoon asb.

Vrydag, 18 Oktober is dit ons Kleure atletiekbyeenkoms. Al ons grondslagfase leerlinge neem

deel aan die dag - Juf Eldri

Kultuur Sirkus DVD en foto's

Maandag, 14 Oktober 2019 is die laaste dag vir konsert DVD en fotobestellings. Geen

bestellings sal daarna aanvaar word nie.

DVD’s van die konsert kan teen R130 elk bestel word en ’n CD met fotos van die konsert teen

R30 per CD. Stuur asseblief die geld na jou klasonderwyser.

SPORTFOTO’S Sportfoto’s is vanaf Maandag, 7 Oktober te koop. Bestellings met die korrekte geld word in die koevert

(wat by die kantoor beskikbaar is) geplaas. Geen kleingeld word gegee nie, aangesien die bestellings direk na

Prestige gestuur word. Alle inligting is op die koevert. Kostes — A5 (R50) en A4 (R70).

Sluitingsdatum is 18 Oktober 2019 - Juf. Julia Joubert