12 loffienuus 17 augustus 2016 llooffffiieennuuuuss · kelsey honiball carla meintjies natasha...

16
12 Loffienuus 17 Augustus 2016 L L O O F F F F I I E E N N U U U U S S Nuusbrief 12/2016 Webblad: www.gelofte.co.za Geluk is nie ‘n bestemming wat jy bereik nie; dit is ‘n manier van reis. (Margaret Runbeck) Geagte Ouer 1. SAKE VIR DIE HOOF SE AANDAG Ons wys u graag daarop dat daar ‘n skeurstrokie aan die einde van hierdie Loffienuus is waarop u enige sake (positief of negatief) onder die hoof se aandag kan bring. Die hoof se direkte fakslyn is 031 702 7217 en die direkte e-pos is [email protected]. Ons ondervinding is dat ouers dikwels ‘n ander perspektief op ‘n saak kry as hulle al die toepaslike inligting tot hul beskikking het. Vra dus gerus as u ongelukkig of onseker is oor ‘n saak. 2. BELANGRIKE DATUMS Neem asseblief kennis van die volgende belangrike datums vir die derde kwartaal. Let asseblief ook daarop dat hierdie slegs aktiwiteite is waarby ouers direk betrokke is. Daar is verskeie ander aktiwiteite soos aangedui op die skool se kalender vir 2016. Die kalender is op die webblad beskikbaar by www.gelofte.co.za asook op Communicator. 19 AUGUSTUS SEKONDÊRE LEERDERRAAD WORD AANGEKONDIG 23 AUGUSTUS SEKONDÊRE INTERSKOLE ATLETIEKBYEENKOMS 26 AUGUSTUS SEKONDÊRE LEERDERRAADKAMP 27 AUGUSTUS WILDSFEES 2-20 SEPTEMBER PROEFEKSAMEN GRAAD 12 10 SEPTEMBER PRIMÊRE INTERSKOLE ATLETIEKBYEENKOMS 17 SEPTEMBER MA- EN DOGTERTEE 28 SEPTEMBER INTERNE ORATORS 29 SEPTEMBER STERKLAS AFDAG 30 SEPTEMBER RAPPORTE (GRAAD 1-12) 30 SEPTEMBER SKOOL SLUIT VIR LENTEVAKANSIE 3. ALGEMENE KENNIS Baie geluk aan Michelle van der Westhuizen en Jannika Hamman wat ons Algemene Kennis kampioene vir 2016 is. Hulle het beide meer as 70% behaal in die algemene kennis toets wat vroeër hierdie kwartaal geskryf is. 4. WILDSFEES Die jaarlikse wildsfees vind hierdie jaar plaas op 27 Augustus. Dit beloof om weer eens ‘n heerlike kuiergeleentheid te wees wat nie misgeloop moet word nie. Kontak vir Thoniel by 082 786 7067 of vir Renier by 071 881 4095 vir meer besonderhede.

Upload: others

Post on 19-Oct-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: 12 Loffienuus 17 Augustus 2016 LLOOFFFFIIEENNUUUUSS · Kelsey Honiball Carla Meintjies Natasha Pieterse J.J. Pieterse Jenelle Swanepoel Junica Swanepoel Alzandri van Dyk Anleroux

12 Loffienuus 17 Augustus 2016

LLOOFFFFIIEENNUUUUSS Nuusbrief 12/2016

Webblad: www.gelofte.co.za

Geluk is nie ‘n bestemming wat jy bereik nie;

dit is ‘n manier van reis.

(Margaret Runbeck)

Geagte Ouer

1. SAKE VIR DIE HOOF SE AANDAG

Ons wys u graag daarop dat daar ‘n skeurstrokie aan die einde van hierdie Loffienuus is waarop

u enige sake (positief of negatief) onder die hoof se aandag kan bring. Die hoof se direkte

fakslyn is 031 702 7217 en die direkte e-pos is [email protected]. Ons ondervinding is dat

ouers dikwels ‘n ander perspektief op ‘n saak kry as hulle al die toepaslike inligting tot hul

beskikking het. Vra dus gerus as u ongelukkig of onseker is oor ‘n saak.

2. BELANGRIKE DATUMS

Neem asseblief kennis van die volgende belangrike datums vir die derde kwartaal. Let asseblief

ook daarop dat hierdie slegs aktiwiteite is waarby ouers direk betrokke is. Daar is verskeie

ander aktiwiteite soos aangedui op die skool se kalender vir 2016. Die kalender is op die

webblad beskikbaar by www.gelofte.co.za asook op Communicator.

19 AUGUSTUS SEKONDÊRE LEERDERRAAD WORD AANGEKONDIG

23 AUGUSTUS SEKONDÊRE INTERSKOLE ATLETIEKBYEENKOMS

26 AUGUSTUS SEKONDÊRE LEERDERRAADKAMP

27 AUGUSTUS WILDSFEES

2-20 SEPTEMBER PROEFEKSAMEN – GRAAD 12

10 SEPTEMBER PRIMÊRE INTERSKOLE ATLETIEKBYEENKOMS

17 SEPTEMBER MA- EN DOGTERTEE

28 SEPTEMBER INTERNE ORATORS

29 SEPTEMBER STERKLAS AFDAG

30 SEPTEMBER RAPPORTE (GRAAD 1-12)

30 SEPTEMBER SKOOL SLUIT VIR LENTEVAKANSIE

3. ALGEMENE KENNIS

Baie geluk aan Michelle van der Westhuizen en Jannika Hamman wat ons Algemene Kennis

kampioene vir 2016 is. Hulle het beide meer as 70% behaal in die algemene kennis toets wat

vroeër hierdie kwartaal geskryf is.

4. WILDSFEES

Die jaarlikse wildsfees vind hierdie jaar plaas op 27 Augustus. Dit beloof om weer eens ‘n

heerlike kuiergeleentheid te wees wat nie misgeloop moet word nie. Kontak vir Thoniel by

082 786 7067 of vir Renier by 071 881 4095 vir meer besonderhede.

Page 2: 12 Loffienuus 17 Augustus 2016 LLOOFFFFIIEENNUUUUSS · Kelsey Honiball Carla Meintjies Natasha Pieterse J.J. Pieterse Jenelle Swanepoel Junica Swanepoel Alzandri van Dyk Anleroux

12 Loffienuus 17 Augustus 2016

5. LEERDERRAAD 2017

Die sekondêre leerderraad (prefekte) en hoofleiers vir 2017 word eerskomende Vrydag

aangekondig. Die leerderraad is die personeel se verteenwoordigers in sover dit hul uitsluitlike

funksie is om die personeel behulpsaam te wees met die handhawing van dissipline. Hulle is

dus nie die leerders se verteenwoordigers nie. Die Verteenwoordigende Leerderraad (VLR) wat

jaarliks in Januarie verkies word, is die leerders se verteenwoordigers. Hulle word demokraties

deur die leerders verkies, word op die beheerliggaam verteenwoordig deur leerders en is die

enigste leerderliggaam by skole wat deur wetgewing erken word as verteenwoordigers van

leerders by skole. VLR’e word slegs by hoërskole verkies.

Daar is ‘n verskeidenheid maniere waarop skole leerderrade (prefekte) verkies. By Gelofte kan

graad 11 leerders self besluit of hul hulself beskikbaar wil stel vir die leerderraad. Die name van

alle graad 11 leerders wat aangedui het dat hul beskikbaar is, word dan op ‘n stembrief geplaas

waarna die sekondêre personeel op geheime stembriewe stem vir die leerders wat na hul mening

op die leerderraad behoort te dien. Die sekondêre personeel stem terselfdertyd vir die hoofleiers.

Die mate waarin die onderskeie personeel glo dat ‘n leerder op die leerderraad behoort te dien al

dan nie, is uiteraard subjektief.

Alhoewel skole oor dekades al verskeie metodes gebruik het om te bepaal watter leerders op die

leerderraad behoort te dien, bestaan daar na ons wete nie ‘n stelsel wat nie daartoe aanleiding

gee dat sommige ouers en leerders verontreg voel omdat hul kind of die leerder self nie verkies

is nie. Ons is uiteraard jammer oor die hartseer wat ouers en leerders in hierdie verband ervaar,

maar glo terselfdertyd dat dit ‘n geleentheid is vir ouers om die lewenswaarde van hoe om

teleurstelling met waardigheid te verwerk by hul kind te vestig. Ons is elke jaar verstom oor die

mate waarin enkele ouers kies om die teleurstelling eerder te verwerk deur die leerders wat wel

verkies is, te beswadder ten spyte daarvan dat hulle nie hulself verkies het nie.

6. SKOOL SLUITINGSTYD OP VRYDAG, 19 AUGUSTUS

Let asseblief daarop dat die skool op 19 Augustus om 12:30 sal sluit vir alle leerders aangesien

alle personeel ‘n indiensopleidingsessie bywoon. Die administratiewe kantore sluit om 12:45 vir

dieselfde rede.

7. ONDERWERPING AAN SKOOL SE GEDRAGSKODE

Dit gebeur toenemend dat leerders aangespreek word oor die oortreding van die gedragskode en

dat hulle dan reageer deur te sê my pa/ma sê ek is reg en ons gaan nie die personeel se opdrag

uitvoer nie. Hierdie is ‘n resep vir totale chaos in enige organisasie. Ons herinner u daaraan dat

u outomaties die gedragskode van die skool aanvaar het toe u kind by Gelofte ingeskryf is. Ons

kan ook nie ouers detensie laat sit soos sommige voorstel ons doen nie. U kind is onderhewig

aan die skool se gedragskode en indien hy/sy nie aan die vereistes daarin vervat voldoen nie,

moet hulle aanvaar dat daar volgens die gedragskode teenoor hulle opgetree sal word.

8. BEHEERLIGGAAM TUSSENVERKIESING

Kennis word hiermee gegee dat 'n vergadering vir die nominasie en verkiesing van kandidate

vir die verkiesing van twee (2) ouerlede vir bogenoemde skool gehou sal word op

24 Augustus 2016 om 18:00 in die personeelkamer van bogenoemde skool. Indien daar nie ‘n

kworum teenwoordig is soos voorgeskryf deur die wetgewing nie, sal die verkiesing gehou

word op 25 Augustus 2016 om 18:00 in die personeelkamer.

Kandidate, wat ouers of voogde van leerders van Gelofte skool moet wees en nie in diens van

die skool mag wees nie, mag genomineer word deur 'n nominasievorm wat volledig voltooi is

deur die kandidaat, voorsteller en sekondant by die verkiesingsbeampte in te handig. Beide die

Page 3: 12 Loffienuus 17 Augustus 2016 LLOOFFFFIIEENNUUUUSS · Kelsey Honiball Carla Meintjies Natasha Pieterse J.J. Pieterse Jenelle Swanepoel Junica Swanepoel Alzandri van Dyk Anleroux

12 Loffienuus 17 Augustus 2016

voorsteller sowel as die sekondant moet ouers of voogde van leerders van Gelofte skool wees.

Die nominasievorm kan vanaf sewe dae voor die verkiesingsdatum maar nie later as 24 uur voor

die verkiesing ingehandig word nie.

Nominasies sal ook tydens die verkiesingsvergadering aanvaar word. Indien kandidate nie

teenwoordig kan wees tydens die nominasievergadering nie, moet skriftelike bewys deur die

kandidaat ingehandig word dat hy/sy wel beskikbaar is vir verkiesing as ouerlid van die

beheerliggaam.

Die nominasievergadering en verkiesingsvergadering sal beide op bogenoemde datum, tyd en

plek geskied.

DIT IS DIE VERANTWOORDELIKHEID VAN OUERS/VOOGDE OM TE VERSEKER

DAT HUL NAME OP DIE SKOOL SE TOELATINGSREGISTER IS. HIERDIE

TOELATINGSREGISTER KAN SEWE DAE VOOR DIE VERKIESING BY DIE SKOOL

BESIGTIG WORD. SLEGS OUERS/VOOGDE WAARVAN DIE NAME OP DIE

TOELATINGSREGISTER VERSKYN SAL TOEGELAAT WORD OM DEEL TE NEEM

AAN DIE VERKIESING VAN DIE SKOOL SE BEHEERLIGGAAM.

9. MEJ. GELOFTE EN YSTERMAN 2016

Baie geluk aan Leamé Hattingh wat gekroon is as Mej. Gelofte vir 2016 sowel as aan Jannika

Dames (1ste prinses) en Abigail Gilbert (2de prinses). Al die jong dames het pragtig gelyk en

hulself uitstekend gekwyt van hul taak.

Baie geluk aan Lehan Hefer wat na ‘n baie strawwe kompetisie aangewys is as Ysterman vir

2016. Dit is welverdiend! Baie geluk ook aan Wayne Russel en André van Zyl wat

onderskeidelik 2de en 3de plekke verower het. Baie geluk ook aan die kategorie wenners:

Uithouvermoë en Krag - Lehan Hefer

Vaardighede - Tristan van Dyk.

MEJ GELOFTE YSTERMAN

Page 4: 12 Loffienuus 17 Augustus 2016 LLOOFFFFIIEENNUUUUSS · Kelsey Honiball Carla Meintjies Natasha Pieterse J.J. Pieterse Jenelle Swanepoel Junica Swanepoel Alzandri van Dyk Anleroux

12 Loffienuus 17 Augustus 2016

10. PRESTEERDERS

Baie geluk aan die volgende Loffies wat pragtig presteer het en die volgende Landsdiens

toekennings verwerf het:

SEKONDêR

SILWER PRESTASIE Ané de la Rey

Lara du Plessis

Dehan du Plessis

Lieschen Pelzer

Ruan Potgieter

Anri van Graan

Jana Warrington

IMPALA Nathan Hefer

GOUE PRESTASIE Rikus Adendorff

Jaco Beetge

Louise Brand

Lezaan Marais

LEIERSKAP Zander Henning

A.J. van Huizen

SPRINGBOK Lehan Hefer

Keuring om nasionale kamp by te woon:

JUNIOR NASIONAAL Jayden du Pisanie

(GRAAD 8 EN 9) Ruan Potgieter

Anri van Graan

Jana Warrington

Lehanke Swarts (Reserwe)

SENIOR NASIONAAL Rikus Adendorff

(GRAAD 10 – 12) Hennie Dekker

Lehan Hefer

Lezaan Marais

A.J. van Huizen

Louise Brand

Dewald Smit

Chanelle Hugo (Reserwe)

Vincent van Huizen (Reserwe)

PRIMêR

SILWER PRESTASIE Juané Meintjies

Amy Nienaber

Eduan Pienaar

Ruben Potgieter

Kyla Pretorius

Tiardt Smit

Nikia Viljoen

Justin Wiggill

Page 5: 12 Loffienuus 17 Augustus 2016 LLOOFFFFIIEENNUUUUSS · Kelsey Honiball Carla Meintjies Natasha Pieterse J.J. Pieterse Jenelle Swanepoel Junica Swanepoel Alzandri van Dyk Anleroux

12 Loffienuus 17 Augustus 2016

GOUE PRESTASIE Anke Britz

Mariska Henning

Chanté Joubert

Michelle Meechan

Linda Mulder

Elsje Steenekamp

Diné van der Merwe

Charlize van Staden

Sidney van Wyk

STEENBOK Karin de Jager

Kayla Gouws

Nadine Hefer

Kelsey Honiball

Carla Meintjies

Natasha Pieterse

J.J. Pieterse

Jenelle Swanepoel

Junica Swanepoel

Alzandri van Dyk

Anleroux van Tonder

11. EERLIKE LOFFIES

Dit gebeur gereeld dat Loffies verlore goedere, wat bedrae kontant insluit, by die kantoor kom

inhandig. Dit maak ons werklik baie trots op ons leerders en bewys weer eens dat hulle mense

met integriteit is. Nadat 'n Loffie 'n beduidende bedrag kontant tydens die mej. Gelofte opgetel

en ingehandig het, het die ouer die volgende skrywe aan die skool gerig met die versoek dat ons

dit in die Loffienuus moet plaas. Ons doen dit graag.

"Ek wil graag hierdie geleentheid gebruik om baie dankie te sê aan die eerlike Loffie wat

Vrydagaand my sakkie met kontant opgetel het, by die Mej Gelofte funksie. Ander sou dalk die

geld vir hulself gehou het, maar jy het integriteit aan die dag gelê en die geld by die kantoor

ingehandig. Duisende dankies.

Ek is trots om 'n Loffie ouer genoem te word.

Dankbare Ouer"

12. HAY HOE VULSTASIE

Ondersteun die Hay Hoe Vulstasie. ‘n Persentasie van die bedrag wat u by hulle spandeer word

terug betaal aan die skool. Daar word maandeliks ‘n trekking gehou waarin u die kans staan om

‘n gelukspakkie of ‘n karwas te wen.

Junie wenners: Gelukspakkie: R de la Rey

Karwas: C Reeves

D Coetzee

Augustus wenners: Gelukspakkie: A Holtzhausen

Karwas: M Redelinghuys

D Holtzhausen

Page 6: 12 Loffienuus 17 Augustus 2016 LLOOFFFFIIEENNUUUUSS · Kelsey Honiball Carla Meintjies Natasha Pieterse J.J. Pieterse Jenelle Swanepoel Junica Swanepoel Alzandri van Dyk Anleroux

12 Loffienuus 17 Augustus 2016

13. RED MY BAS

Indien u tweedehandse skoolklere het wat in onbruik verval het, versoek ons dat u dit aan die

skool skenk. Hierdie klere word gegee aan leerders waar daar nood is.

14. PITKOS: RESPEK EN VERANTWOORDELIKHEID

Volgens die Amerikaanse opvoedkundige prof. Thomas Lickona is respek en

verantwoordelikheid die twee belangrikste kernwaardes waarop opvoeders behoort te fokus,

omdat hierdie twee waardes onmisbaar is vir gesonde persoonlike ontwikkeling, vir ’n menslike

en menswaardige demokratiese samelewing en ’n regverdige en vreedsame wêreld.

Moraliteit kan egter nie met wetgewing afgedwing word nie. Morele opvoeding vind primêr in

huise, skole en geloofsgemeenskappe plaas. Kinders moet met respek behandel word en

positiewe rolmodelle hê van mense wat met respek leef, voordat hulle respek as kernwaarde hul

eie kan maak.

Jy kan nie kinders tot ’n vlak van moraliteit begelei hoër as dié waarop jy self is nie. Indien

kinders en jong mense se selfrespek egter afgebreek en nie gebou word nie, kan hulle moeilik

ander met respek behandel.

Kinders leer verantwoordelikheid wanneer hulle van kleins af take kry waarvoor hulle

verantwoordelik is en ouers en onderwysers nie maar elke flou verskoning vir

onverantwoordelike optrede aanvaar nie. Ongelukkig het hulle dikwels swak rolmodelle van

volwassenes wat self nie verantwoordelikheid vir hul optrede of versuim aanvaar nie en dit met

baie verskonings probeer toesmeer en die blaam probeer skuif.

N.P. van Wyk Louw skryf in Lojale Verset: “…die beste wat ’n mens dus kan behou in hierdie

geweldige tyd, is die klein kern van menslikheid.”

Die klein kern van menslikheid sluit respek en verantwoordelikheid in.

My wens vir ons land is dat sy mense met respek en verantwoordelikheid sal leef.

Dr. De Klerk Luttig is ’n opvoedkundige betrokke by die vestiging van waardes in skole en

munisipaliteite.

15. VERJAARDAE

Baie geluk aan die Loffies wat die afgelope 2 weke verjaar het en aan dié wat in die volgende

twee weke verjaar. Ons vertrou dat julle heerlik bederf sal word en bid julle baie seën toe vir die

nuwe lewensjaar.

Jacque Allison, Lian Barnard, Leah de Jager, Nathan Hefer, Brink Odendaal, Dean Steyn, Dian

Muller, Morné Cornelius, Brandon Hirselmann. Angelich van Rensburg, Karin Loubser, Jessica

Eygelaar, Zeniël Brink, Lizelle Jordaan, Mathew Mahlumba, Jeff Muller, Riley Prinsloo, Jason

Botha, Heidi Crouse, Mariska Henning, Bryan Jacobs, Juandré van Aswegen, Raymond van der

Merwe, Ansonel Marais, Garrick Otto, Anike van Rijswijk, Leane Fourie, Vanessa Kotze,

Stephan Kruger, Marshall Lawrence, Devon Simpson, Carla van Aswegen, Cloemé Swart,

Alexia de Klerk, Sonja Strydom, M.J. Groesbeek, Yolandi de Villiers, J.C. Harmse, Mara-Lize

Malan, Ethan de Klerk, Ilke Botha, Marowaan Martin, Jo-Mari Steyn, Charlize van Staden,

Sabrina Hattingh, Denecia Martin, Draven Robbertse, Heinrich van Ryneveld, Georgia Kapp,

Page 7: 12 Loffienuus 17 Augustus 2016 LLOOFFFFIIEENNUUUUSS · Kelsey Honiball Carla Meintjies Natasha Pieterse J.J. Pieterse Jenelle Swanepoel Junica Swanepoel Alzandri van Dyk Anleroux

12 Loffienuus 17 Augustus 2016

Hannes Otto, Kayla Gouws, Johannes Pieterse, Danté le Roux, Janika Hamman, Dean

Middleton, Jannelie du Preez, Karlien Rautenbach, Tyler Low

16. ADVERTENSIES IN LOFFIENUUS

Indien u advertensies in die Loffienuus wil plaas kan u me. Reinette Janse van Rensburg kontak

by [email protected] of by 031 702 7201. Kostes is as volg:

R50 vir ongeveer ‘n kwart blad.

R75 vir ongeveer ‘n half blad.

R100 vir ‘n vol blad.

17. E-POS

Ons het reeds ‘n baie groot aantal ouers wat die Loffienuus elektronies ontvang. Hierdie is

uiteraard ‘n baie meer betroubare manier om seker te maak dat u die nuusbrief ontvang,

aangesien die kinders soms vergeet van die nuusbrief wat in hul tasse lê. Indien u nog nie ‘n

elektroniese weergawe van die Loffienuus ontvang nie, is u welkom om ‘n e-pos te stuur na

[email protected]. Ons sal u dan op ons adreslys plaas. Die Loffienuus is ook op die

webblad (www.gelofte.co.za) en op Communicator beskikbaar.

18. KONTANTVRYE SONE

Ons beklemtoon graag weer die volgende. Ons streef daarna om die skool ‘n kontantvrye sone

te maak en sodoende die versoeking by kriminele elemente te verwyder om die skool as ‘n sagte

teiken te beskou. Dit sal dus waardeer word indien u van elektroniese betaalmetodes of tjeks

gebruik sal maak.

Die skool se bankbesonderhede is soos volg:

Bank: ABSA

Rekeningnaam: Gelofte Skool

Takkode: 632005

Rekeningnommer: 1137530569

Vriendelike groete

D J STRYDOM

SKOOLHOOF

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

TERUGSTUURSTROKIE: KOMMENTAAR – VIR AANDAG MNR. D. STRYDOM

NAAM VAN OUER: _________________________________________________________________

NAAM VAN LEERDER: ___________________________________________ GR. ______________

KOMMENTAAR: ___________________________________________________________________

___________________________________________________________________________________

______________________ _________________________

HANDTEKENING KONTAKNOMMER

Page 8: 12 Loffienuus 17 Augustus 2016 LLOOFFFFIIEENNUUUUSS · Kelsey Honiball Carla Meintjies Natasha Pieterse J.J. Pieterse Jenelle Swanepoel Junica Swanepoel Alzandri van Dyk Anleroux

12 Loffienuus 17 Augustus 2016

ADVERTENSIES

Page 9: 12 Loffienuus 17 Augustus 2016 LLOOFFFFIIEENNUUUUSS · Kelsey Honiball Carla Meintjies Natasha Pieterse J.J. Pieterse Jenelle Swanepoel Junica Swanepoel Alzandri van Dyk Anleroux

12 Loffienuus 17 Augustus 2016

Page 10: 12 Loffienuus 17 Augustus 2016 LLOOFFFFIIEENNUUUUSS · Kelsey Honiball Carla Meintjies Natasha Pieterse J.J. Pieterse Jenelle Swanepoel Junica Swanepoel Alzandri van Dyk Anleroux

12 Loffienuus 17 Augustus 2016

Page 11: 12 Loffienuus 17 Augustus 2016 LLOOFFFFIIEENNUUUUSS · Kelsey Honiball Carla Meintjies Natasha Pieterse J.J. Pieterse Jenelle Swanepoel Junica Swanepoel Alzandri van Dyk Anleroux

12 Loffienuus 17 Augustus 2016

Page 12: 12 Loffienuus 17 Augustus 2016 LLOOFFFFIIEENNUUUUSS · Kelsey Honiball Carla Meintjies Natasha Pieterse J.J. Pieterse Jenelle Swanepoel Junica Swanepoel Alzandri van Dyk Anleroux

12 Loffienuus 17 Augustus 2016

0823383460 32 Old Main Road Hillcrest [email protected]

WIE IS ONS?

Hillcrest Franchisee

Gekwalifiseerde Tina Cowley leesterapeut.

Gekwalifiseerde onderwyseres en by S.A.C.E geregistreer.

Ondervinding van 23 jaar:Departementshoof 19 jaar. Remedierende ondervinding en kwalifikasies

Berading en verwysing van leerling met leerprobleme.

Personeel ontwikkeling van personeel opleiding en ontwikkeling.

WAT DOEN ONS?

Wetenskaplike lees evaluasies en studie kursusse

Alle basiese leesvaardighede word geadresser en ontwikkel om leesvaardighede te bevorder. ‘n Program wat op navorsing gebasseer is, word gevolg.

Ingrid Scholtz Vorm ontwikkeling (erkenning van letters)

Lateraliteit (links en regs) Auditiewe prosessering (luister) Ruimtelike ontwikkeling (bo, onder ens.) Oogspier ontwikkeling (leesspoed)

ONS SENTRUM Begripstoets, spelling en oogspier ontwikkeling word gedoen. Interaktiewe aktiwiteite om geheue en leesvaardighede te ontwikkel.

Ons waarborg ‘n verbetering van 8% tot 40% in akademiese resultate by die skool.

Page 13: 12 Loffienuus 17 Augustus 2016 LLOOFFFFIIEENNUUUUSS · Kelsey Honiball Carla Meintjies Natasha Pieterse J.J. Pieterse Jenelle Swanepoel Junica Swanepoel Alzandri van Dyk Anleroux

12 Loffienuus 17 Augustus 2016

Tina Cowley Leessentrum Ingrid Scholtz : Franchisee

The Cube House Old Main Road 32 Hillcrest 3610

Sel: 082 338 3460 [email protected] www.tinacowleyhillcrest.co.za

‘n Leerprobleem IS ‘n Leesprobleem.

Sommige geleerdes skryf swak skoolprestasie aan een of ander leerprobleem toe, waar die Tina Cowley-tegnologie dit as ʼn leesprobleem sien. Ons sien lees as die

“gereedskap” waarmee daar in die skool gewerk word. Sou hierdie “gereedskap” onvoldoende wees, lei dit tot swak

prestasie.

Ons navorsing het bewys dat dit ʼn leesagterstand is wat in die verlede so baie studente as “agter” gestigmatiseer het.

By ons leessentrums spog ons met verbeteringsresultate vanaf 8% tot so hoog as 40% in studente se gemiddelde prestasie nadat hulle ʼn leesterapie kursus ondergaan het. Ons doen ‘n wetenskaplike evaluasie van die komponente van lees met elke student enna gelang van die resultate word leesterapie individueel gestruktureer.

Profiel van ‘n kind met ‘n leesprobleem:

Probleme om voorgrond van agtergrond te onderskei

Probleme met lateraliteit

Regterbrein-dominant

Baie goeie wiskundige vaardigheid

Draai woorde om in spreektaal

Swak handskrif

Bogemiddelde intelligensie

Swak selfbeeld

Ons werk eers aan ʼn tweede taal wanneer die eerste taal op standaard toets. Studiekursusse wat op die student se breindominansie gebaseer is word ook by ons sentrums aangebied. Doen gerus navraag hieroor.

Wetenskaplike leesevaluerings word leessentrum in Hillcrest gedoen. Die koste vir so ʼn

evaluering beloop R400.00. Na die toets sal die toetsresultate met u bespreek word, waarna u u kind vir leesterapie kan inskryf, sou dit nodig wees. Leesevaluerings word in Afrikaans en Engels gedoen.

Kontak Ingrid op 082 338 3460 vir ‘n leesevaluasie.

Groete Ingrid Scholtz

Page 14: 12 Loffienuus 17 Augustus 2016 LLOOFFFFIIEENNUUUUSS · Kelsey Honiball Carla Meintjies Natasha Pieterse J.J. Pieterse Jenelle Swanepoel Junica Swanepoel Alzandri van Dyk Anleroux

12 Loffienuus 17 Augustus 2016

366

Ons kan spog met ʼn

8% tot so hoog as 40% verbetering

in ons

studente se gemiddeld,

deur die inskerping van die

Gereedskap van die lewe…Lees

Verseker u kind se optimale ontwikkeling en

skryf vandag in by ons

Leessentrum in

HILLCREST

The Cube House

32 Old Main Road

Ons doen ʼn wetenskaplike toets van die leerder

se lees, daarom weet ons presies hoe om die

probleem aan te spreek.

Ingrid 082 338 3460

[email protected]

We boast of an 8% to

40% increase in our students’ average

performance at school, because we

sharpen the

Tool of life…

Reading

Ensure your child’s brilliant future and enrol

today at our Reading Centre in

HILLCREST The Cube House

32 Old Main Road

We do a scientific test of your child’s reading;

therefore we know exactly how to address the

problem.

Ingrid

082 338 3460

[email protected]

Page 15: 12 Loffienuus 17 Augustus 2016 LLOOFFFFIIEENNUUUUSS · Kelsey Honiball Carla Meintjies Natasha Pieterse J.J. Pieterse Jenelle Swanepoel Junica Swanepoel Alzandri van Dyk Anleroux

12 Loffienuus 17 Augustus 2016

Page 16: 12 Loffienuus 17 Augustus 2016 LLOOFFFFIIEENNUUUUSS · Kelsey Honiball Carla Meintjies Natasha Pieterse J.J. Pieterse Jenelle Swanepoel Junica Swanepoel Alzandri van Dyk Anleroux

12 Loffienuus 17 Augustus 2016

KUSELA SECURITY

Security for every occasion

Whether it’s for a private function, a month-long event or additional security, ADT/Kusela guards

will help with parking, protect cars, patrol the immediate area and provide a visible security presence.

SA’s most professional

ADT/Kusela guards are selected only after strict assessment and background checks, then trained to

PSIRA standards. All our personnel and procedures are monitored regularly.

Armed back-up

Our guards are backed by our Armed Response Vehicles 24/7

For more information or to book a guard call:

Pamela Chetty 031-716 5621 Or Charlotte Govender 031-716 5618

A Tyco International Company Company Registration No: 2002/013172/07