12. minerale hulpbronne - christelike biblioteek · diamante goud kopererts yster steenkool. 31...

5
29 12. Minerale hulpbronne (MSW Aardrykskunde) Minerale is van die waardevolste natuurlike hulpbronne in die wêreld. Hulle word verdeel in drie groepe: edelmetale, metale en nie-metale. Edelmetale is goud en silwer, metale is ystererts, kopererts, chroom en lood, en nie-metale is steenkool, olie en sand. Mynbou ‘n Myn is ‘n gat of ondergrondse gange wat in die aardkors gegrawe is om minerale en gesteentes uit te haal. Daar is twee soorte myne: Oopgroefmyn: Dit word gegrawe wanneer die minerale naby die oppervlak voorkom. Die boonste grondlae word verwyder en plof- stowwe word gebruik om die rots op te breek. Erts word met reuse vragmotors vervoer na ‘n aanleg waar dit verwerk word. Die bekendste voorbeelde is die Kimberley-gat en die Cullinan-diamantmyn. Skagmyn: Dit word gegrawe as die delfstowwe diep onder die aardoppervlak voorkom. ‘n Diep gat (skag) en dwarstonnels word gegrawe om by die erts of minerale uit te kom. ‘n Mynskag dien as aanduiding dat die gebied vroeër ryk aan minerale was Skagmyn Oopgroefmyn

Upload: vanbao

Post on 18-Feb-2019

252 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: 12. Minerale hulpbronne - Christelike Biblioteek · Diamante Goud Kopererts Yster Steenkool. 31 Gebruike van minerale In ‘n verwerkte vorm is minerale baie werd. Miljoene rande

29

12. Minerale hulpbronne (MSW Aardrykskunde)

Minerale is van die waardevolste natuurlike hulpbronne in die wêreld. Hulle word verdeel in drie groepe: edelmetale, metale en nie-metale. Edelmetale is goud en silwer, metale is ystererts, kopererts, chroom en lood, en nie-metale is steenkool, olie en sand.

Mynbou

‘n Myn is ‘n gat of ondergrondse gange wat in die aardkors gegrawe is om minerale en gesteentes uit te haal. Daar is twee soorte myne:Oopgroefmyn: Dit word gegrawe wanneer die minerale naby die oppervlak voorkom. Die boonste grondlae word verwyder en plof-stowwe word gebruik om die rots op te breek. Erts word met reuse vragmotors vervoer na ‘n aanleg waar dit verwerk word. Die bekendste voorbeelde is die Kimberley-gat en die Cullinan-diamantmyn.Skagmyn: Dit word gegrawe as die delfstowwe diep onder die aardoppervlak voorkom. ‘n Diep gat (skag) en dwarstonnels word gegrawe om by die erts of minerale uit te kom.

‘n Mynskag dien as aanduiding dat die gebied vroeër ryk aan minerale was

Skagmyn Oopgroefmyn

Page 2: 12. Minerale hulpbronne - Christelike Biblioteek · Diamante Goud Kopererts Yster Steenkool. 31 Gebruike van minerale In ‘n verwerkte vorm is minerale baie werd. Miljoene rande

30

Voorkoms van minerale in Suid-Afrika

Diamante Goud

Kopererts Yster

Steenkool

Page 3: 12. Minerale hulpbronne - Christelike Biblioteek · Diamante Goud Kopererts Yster Steenkool. 31 Gebruike van minerale In ‘n verwerkte vorm is minerale baie werd. Miljoene rande

31

Gebruike van minerale

In ‘n verwerkte vorm is minerale baie werd. Miljoene rande word jaarliks aan die verwerking van minerale na produkte bestee.

Diamante

Die woord “diamant” kom van die Griekse woord adamas, wat onoorwinlike beteken. Die diamant het hierdie naam gekry omdat dit die hardste stof op aarde is. Diamante kom uit ou vulkane en bestaan uit suiwer koolstof. Die druk en warmte (hoë temperatuur) het dit in kristalle (blink klippies) laat verander. Die kleure van diamante hang af van die soorte gasse wat deur die vulkaan vrygestel is. Die klip waarin diamante voorkom, word kimberliet genoem.

Ontdekking van diamante in Suid-Afrika

Die eerste diamant wat in Suid-Afrika gevind is, is in 1866 naby Hoopstad deur ‘n 15-jarige seun, Erasmus Jacobs, gevind. Hy het die mooi klippie, wat op die wal van die Oranjerivier gelê het, eendag huis toe geneem om mee te speel.Daar het die diamant in die stof gelê, totdat sy ma dit vir ‘n buurman, Schalk van Niekerk gegee het. Van Niekerk het mooi en buitengewone stene versamel. Uiteindelik het hy dit vir iemand gegee wat uitgevind het dat dit ‘n egte diamant was.Eers wou niemand dit glo nie, want die mense het gedink dat daar glad nie in Suid-Afrika diamante was nie, net in ver lande. Maar in 1869 het Schalk van Niekerk weer ‘n skitterende diamant, wat nog groter was, by ‘n skaapwagter gekry.Hierdie diamant is ook op die wal van die Oranjerivier gevind. Dit is die Ster van Afrika genoem, en was in daardie dae 11 200 pond werd (R22 400). Daarna het honderde mense na die Oranjerivier en die Vaalrivier begin stroom om diamante te soek!

Daniël Jacobs se seuntjie tel die eerste diamant in Suid-Afrika op

Juwele van diamante is besonders waardevol

Page 4: 12. Minerale hulpbronne - Christelike Biblioteek · Diamante Goud Kopererts Yster Steenkool. 31 Gebruike van minerale In ‘n verwerkte vorm is minerale baie werd. Miljoene rande

32

In Kimberley is ook diamante gevind, en daar is die grootste met die hand gemaakte uitgrawing ter wêreld, Kimberley se Groot Gat, toe gegrawe deur mense wat diamante gesoek het.Hier naby ons is ‘n diamantmyn by Cullinan. Die Cullinan-diamant, die grootste ter wêreld, is op 25 Januarie 1905 deur ‘n bogrondse bestuurder opgetel. Hierdie diamant is in nege stukke gesny, en van die stukke is in die kroon van die Britse koning. Die Cullinan-myn, wat in 1903 geopen is, is ‘n uitgewerkte vulkaanpyp en is nog steeds in produksie.Net ‘n vyfde van die diamante wat gevind word, is groot en helder genoeg om juwele van te maak. Die meeste is klein steentjies, en hulle word in verskillende soorte gereedskap gebruik om te boor en te sny.

Die nut en belangrikheid van myne

Mynbou beteken vir Suid-Afrika baie. Hier is ‘n paar redes waarom:Werkgeleenthede in myne: Daar werk ongeveer 650 000 mense in myne.Dorpe en nog werksgeleenthede buite myne: Mense het vanuit ander dele van die wêreld na Suid-Afrika gekom om in die myne te werk. Deur toename in die bevolking is baie dorpe gestig. Dit het weer vir mense met ander ambagte werk geskep, soos bouers wat huise moes bou. Bouers het stene, sand, klip, staal en sement nodig om te kan bou. So het fabrieke tot stand gekom. Meer voedsel moes geproduseer word.Om meer voedsel te produseer, moes boere trekkers koop en meer arbeiders in diens neem. Beter vervoergeriewe kom tot stand: Paaie, spoorlyne en lughawens moes gebou word. Dit het verkeer verbeter. Water en elektrisiteit moes aan mense verskaf word. Posgeriewe, telefoon- en radioverbindings verbeter.Beter posgeriewe en radio-en telefoonverbindings moes

By Cullinan kom diamante uit vulkaanpype

Die ontginning en verwerking van diamante verskaf jaarliks duisende werksgeleenthede

Page 5: 12. Minerale hulpbronne - Christelike Biblioteek · Diamante Goud Kopererts Yster Steenkool. 31 Gebruike van minerale In ‘n verwerkte vorm is minerale baie werd. Miljoene rande

33

gelewer word. Suid-Afrika verdien meer geld, want hy verkoop van die delfstowwe en ver-dien dus buitelandse valuta. Buitelandse valuta is geld wat na SA van ander lande kom.Meer ontspannings-geriewe word geskep.Besighede, skole, ker-ke en kantore moes opgerig word.Pryse van grond styg.

Deur die verkoop van juwele verdien Suid-Afrika jaarliks miljoene rande aan buitelandse valuta

OpdragVoltooi die opdrag in jou werkboek.

Die grootste diamant wat nog ooit gevind is, is die Cullinan-diamant