18 mei 2017 - linden.co.za 18... · saterdag 20 mei linden/randburg derby dinsdag 23 mei...

7
Kopiereg © 2017 Hoërskool Linden. Alle regte voorbehou. Hoërskool Linden; H.v. 3de Laan en 6de Straat; Linden; Jhb, 2195; Tel: 011 888-1433/4; http:/www.linden.co.za/ KALENDER VIR DIE KOMENDE WEEK Datum Aktiwiteit Saterdag 20 Mei Linden/Randburg Derby Dinsdag 23 Mei Dogterhokkie vs. Brecia House Dinsdag 23 Mei Skaak vs. Northcliff Woensdag 24 Mei Rugby vs. Jan Viljoen Woensdag 24 Mei Seunshokkie vs. St. Martins Donderdag 25 Mei Netbal vs. Helpmekaar IN DIE KOLLIG Op Saterdag 20 Mei 2017, vind die vierde FNB Classic Clash tussen Hoërskool Linden en Hoërskool Randburg plaas. Ons gesels met Wian de Lange, die eerste span rugbykaptein: Wat is jou ondervinding as eerste span speler vir Linden? Ek speel al vir 3 jaar in Linden se eerste span. ‘n Totaal van 32 wedstryde. Wat is jou filosofie as ‘n kaptein? Om met voorbeeld te lei. Wat is jou sterkpunte as ‘n speler en ‘n kaptein? Ek hou daarvan om te glo ek is redelik vining. Ek voel ook ek het ‘n groot invloed op my spanmaats. Hoe was die span se seisoen tot dusver? Ons het onlangs goed saam as span begin speel en het ‘n goeie seisoen tot dusver beleef. Wian de Lange Hoe is die samestelling van die span vir Saterdag se wedstryd? Ons gaan met ons eerste-keuse-span op die veld en het ‘n kombinasie van ervare en minder ervare spelers. 18 Mei 2017

Upload: votram

Post on 08-Nov-2018

224 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Kopiereg © 2017 Hoërskool Linden. Alle regte voorbehou.

Hoërskool Linden; H.v. 3de Laan en 6de Straat; Linden; Jhb, 2195; Tel: 011 888-1433/4; http:/www.linden.co.za/

KALENDER VIR DIE KOMENDE WEEK

Datum Aktiwiteit

Saterdag 20 Mei Linden/Randburg Derby

Dinsdag 23 Mei Dogterhokkie vs. Brecia House

Dinsdag 23 Mei Skaak vs. Northcliff

Woensdag 24 Mei Rugby vs. Jan Viljoen

Woensdag 24 Mei Seunshokkie vs. St. Martins

Donderdag 25 Mei Netbal vs. Helpmekaar

IN DIE KOLLIG

Op Saterdag 20 Mei 2017, vind die vierde FNB Classic Clash tussen Hoërskool Linden en Hoërskool Randburg plaas. Ons gesels met Wian de Lange, die eerste span rugbykaptein:

Wat is jou ondervinding as eerste span speler vir Linden? Ek speel al vir 3 jaar in Linden se eerste span. ‘n Totaal van 32 wedstryde.

Wat is jou filosofie as ‘n kaptein?

Om met voorbeeld te lei.

Wat is jou sterkpunte as ‘n speler en ‘n kaptein? Ek hou daarvan om te glo ek is redelik vining. Ek voel ook ek het ‘n groot invloed op my spanmaats.

Hoe was die span se seisoen tot dusver? Ons het onlangs goed saam as span begin speel en het ‘n goeie seisoen tot dusver beleef.

Wian de Lange Hoe is die samestelling van die span vir Saterdag se wedstryd?

Ons gaan met ons eerste-keuse-span op die veld en het ‘n kombinasie van ervare en minder ervare spelers.

18 Mei 2017

Kopiereg © 2017 Hoërskool Linden. Alle regte voorbehou.

Hoërskool Linden; H.v. 3de Laan en 6de Straat; Linden; Jhb, 2195; Tel: 011 888-1433/4; http:/www.linden.co.za/

Wat is die onlangse geskiedenis tussen dié twee skole? Ons was beslis die beter span die afgelope paar jaar. Sedert die ontstaan van die FNB Classic Clash het Linden nog elke jaar met die louere weggestap. Wat verwag jy van die teenstanders eerskomende Saterdag? Ek verwag baie skoppe om ons sonder druk te plaas. Wat was jou boodskap aan jou span die week?

Om te fokus en nie betrokke te raak in die opwinding van die veld af nie

LINDEN RANDBURG DERBY – SATERDAG 20 MEI

Eerskomende Saterdag vind die jaarlikse derby teen Hoërskool Randburg op ons tuisveld plaasvind. Die eerste wedstryd skop om 8:00 af. Om 13:15 sal alle oë op die eerste span gerig wees om te sien of hulle die FNB Classic Clash trofee vir ‘n vierde keer in ‘n ry kan inpalm. “Ons het hard geoefen en is gereed vir die Blou Masjien”, sê Jaco Booysen, afrigter van die eerste rugbyspan.

Kopiereg © 2017 Hoërskool Linden. Alle regte voorbehou.

Hoërskool Linden; H.v. 3de Laan en 6de Straat; Linden; Jhb, 2195; Tel: 011 888-1433/4; http:/www.linden.co.za/

SAKE ONTBYT – ONSEKERE TYE IS OOK TYE VAN GELEENTHEDE

Jong mense moenie vasgevang word in die dampkring van grootmense se negatiwiteit oor die politieke situasie in Suid-Afrika en die toestand van die land se ekonomie nie. Dit was die raad van Bernard Swanepoel, stigter en voormalige hoof van die mynmaatksappy Harmony Gold en Theo Vorster, hoof van Galileo Capital, by die sake-ontbyt wat Vrydag, 12 Mei by Hoërskool Linden aangebied is.

Cobus Bester, veteraan ekonomiese nuusredakteur, het die gesprek geopen deur te sê ons leef in ‘n deurmekaar en uitdagende wêreld, maar hoe meer onsekerheid, hoe meer geleenthede is daar vir dié wat daarop ingestel is.

Te midde van ekonomiese onsekerheid en politieke woelinge het Cobus Bester, Bernard Swanepoel en Theo Vorster ‘n boodskap van hoop aan ons jongmense gebring. Alhoewel die wêreld nie meer ‘n seker plek is nie, was die sprekers se raad deurgaans dat enigiets moontlik is, mits jy deursettingsvermoë aan die dag lê.

Dié drie gesoute sakemanne het ons jongmense aangemoedig om nie vasgevang te raak in negatiewe denke nie, maar eerder hulle toe te spits op die aanleer van vaardighede en die skep van geleenthede.

Bernard Swanepoel het ook ‘n boodskap aan ons ouers gehad. “Ouers julle belangrikste rol is om nie julle depressiewe en negatiewe uitkyk op julle kinders oor te dra nie. Laat jul kinders toe om geleenthede te sien, te ontwikkel en te skep.” het hy gemaan.

Kinders word deesdae deur die politieke en ekononomiese gebeure en ook swartgallige ouers onder geweldige druk geplaas oor hulle toekomsplanne. Mnre. Swanepoel en Vorster het die jongmense beslis nuwe hoop gegee sonder om feëverhaaltjies aan hulle te verkoop.

Geluk aan Michelle Maritz en Tia Wessels, twee leerkragte wat die inisiatief geneem het om ‘n verskil te maak,” het Bester gesê.

Die sake-ontbyt raak elke jaar net beter. Sowat 160 leerders en ouers het die jaarlikse geleentheid bygewoon. Dankie aan

almal wat tyd ingeruim het om die oggend by te woon. Ek glo ons gaste het daarby gebaat en sien kans om die wêreld en

die toekoms met nuwe perspektiewe en insigte aan te pak,” sê Michelle Maritz.

Kopiereg © 2017 Hoërskool Linden. Alle regte voorbehou.

Hoërskool Linden; H.v. 3de Laan en 6de Straat; Linden; Jhb, 2195; Tel: 011 888-1433/4; http:/www.linden.co.za/

AKADEMIE

JUNIE EKSAMEN

Die eksamenrooster is op die D6-kommunikeerder onder die opskrif “Bronne” beskikbaar.

VRYDAGMIDDAGKLASSE VIR MATRIKULANTE

Verpligte ekstra klasse word Vrydaemiddae vir alle graad 12-leerders aangebied ter voorbereiding vir die rekord- en eindeksamens.

19 Mei ekstraklas: Ontwerp

SPORT

SKYFSKIET

Linden se skuts het weereens gewys dat hulle fyn kan korrel. Lindeniete verwerf op Saterdag 13 Mei tydens die GTRA-liga agt goue medaljes, twee silwer medaljes en een brons.

Die Linden skuts behaal die volgende plekke:

• HJ v Staden 1e 3P Presisie

• Amy Skinner 1e 3P Sporter

• Martin Prins 2e 3P Sporter

• HJ v Staden 1e 10m Olimpies mans o/20

• Ronan v Vuuren 1e 10m Sporter mans o/16

• Martin Prins 3e 10m Sporter mans o/16

• Elsje Rabie 1e 10m Sporter dames o/20

• Jeanne du Plessis 1e 10m Sporter dames o/16

• Amy Skinner 2e 10m Sporter dames o/16

• Shellaine de Villiers 1e 10m Sporter dames o/14.

• Stefan Prins 1e 10m Sporter mans o/14 Baie geluk aan die skuts.

SKAAK

Die senior skaakspan wen Helpmekaar 10 - 6 in ‘n naelbyt wedstryd op 15 Mei 2017. Ons is geweldig trots op hulle!

DOGTERSHOKKIE

9 Mei teen Beaulieu 11 Mei teen Parktown Girls

Eerste span verloor Eerste span 1 - 0 Tweede span wen 1 - 0 Tweede span wen 1 - 0 o.16 verloor 1 - 0 o.16 gelykop 0 - 0 o.15 geen wedstryd o.15 wen 1 - 0 o.14 gelykop 1 - 1 o.14 wen 8 - 0 Baie geluk dogters!

Kopiereg © 2017 Hoërskool Linden. Alle regte voorbehou.

Hoërskool Linden; H.v. 3de Laan en 6de Straat; Linden; Jhb, 2195; Tel: 011 888-1433/4; http:/www.linden.co.za/

NETBAL

Die uitslae van die netbal teen Riebeeckrand op Donderdag 11 Mei, was soos volg:

Eerste span verloor 21 - 20 Tweede span verloor34 - 0 o.17A wen 32 - 2 o.16A wen 26 - 10 o.15A wen 25 - 12 o.15B wen 16 - 10 0.14A wen 19 -15 o.14B wen 16 - 14

SEUNSHOKKIE

Ons seuns hokkiespanne het die naweek van 12 tot 14 Mei in snerpende koue aan die Aitken & Boden-toernooi by St. David's College gespeel. Die groot nuus van die naweek is dat Hoërskool Linden se eerste span Randburg 5 - 1 geklop het in hulle wedstryd wat in gietende reën besleg is.

Puik spel is gelewer in verskeie wedstryde.

RUGBY

Hoërskool Linden het Saterdag 13 Mei teen Dinamika gespeel. Die puntetelling was soos volg:

Eerstespan wen 7 - 0 Tweedespan wen 22 - 7 o.16A verloor 0 - 36 o.15A wen 28 - 19 o.14A verloor 5 - 8

TENNIS

Die eerstespan seuns het verlede Vrydagmiddag 12 Mei, die baan warm gespeel teen Helpmekaar.

Linden wen 6 - 3.

Eerste span seunstennis wen 6 – 3 teen Helpmekaar Eerste span seunshokkie wen 5 -1 teen Randburg

Kopiereg © 2017 Hoërskool Linden. Alle regte voorbehou.

Hoërskool Linden; H.v. 3de Laan en 6de Straat; Linden; Jhb, 2195; Tel: 011 888-1433/4; http:/www.linden.co.za/

KULTUUR

Lindenkoor, met sy 112-lede, tydens die ‘Sing in Harmonie’ by Hoërskool Linden.

Lindenkoor neem aan die landwye ‘Sing in Harmonie’-kompetisie deel wat vanaf 11 Junie op Kyknet NOU! uitgesaai sal word.

Die eerste programopnames vir ‘Sing in Harmonie’ is die afgelope Maandag by die skool gedoen. Saterdag, 20 Mei (darem na die derby!) sing die koor by Silverstar Casino voor ‘n volgepakte gehoor in die kompetisie wat ook vir televisie-uitsending opgeneem word. Sodra Lindenkoor by Silverstar Casino van die verhoog afgestap het moet hulle dadelik deurry Pretoria toe waar hulle dieselfde aand nog aan die Nasionale Eisteddfod (NEA) finale rondte by Brooklyn Teater deelneem. Voordat die koor egter Saterdag se strawwe kompetisies kan aanpak, neem hulle Vrydagaand aan die Monnaskoorfees by Hoërskool Monument deel. En nog is dit het einde niet. Presies ‘n week later, op 27 Mei, lewer Lindenkoor ‘n uitdagende klassieke herfskonsert bestaande uit twee Oratoria-werke – Gloria van Vivaldi en Händel se Messias. Nog enkele kaartjies is vir die Oratoria beskikbaar teen R120 pp en kan nou bespreek word by Louise Middleton. Skakel 076 273 1045.

SOSIAAL

Dagboek nou reeds die grootste Lindenkuier van die jaar.

Kopiereg © 2017 Hoërskool Linden. Alle regte voorbehou.

Hoërskool Linden; H.v. 3de Laan en 6de Straat; Linden; Jhb, 2195; Tel: 011 888-1433/4; http:/www.linden.co.za/

ADVERTENSIES

Kontak [email protected] vir spesifikasies en tariewe indien u in LindenNuus wil adverteer.

Ek is 'n finale jaar onderwys student aan die Universiteit van Potchefstroom. Ek is gelukkig om vir 3 weke vanaf 24 Julie 2017 by

Linden te kom proef in Ekonomie Graad 11.

Ek is opsoek na 'n gemeubeleerde tuinwoonstel met veilige parkering vanaf 24 Julie vir 3 weke.

Carien Delport 0824167910