2. 3. 4. 5. · die droom blyk bewaarheid te word: samuel en leendra se liefde, die vlaktevleiers...

25
1 Daleen Herbst NHS 1. Soutmansland: Temalied 2 2. Agtergrond 3 3. Tema / Subtemas 4 4. Ruimte / Milieu 5 5. Titel 8 6. Struktuur 9 7. Tyd & Vertellers 10 8. Motiewe 11 9. Simboliek 12 10. Karakters 13 11. Konflik 22 12. Literêre opstel 24 13. Aktualiteit 25

Upload: others

Post on 13-Oct-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: 2. 3. 4. 5. · Die droom blyk bewaarheid te word: Samuel en Leendra se liefde, die Vlaktevleiers kan in hulle eie paradys voortleef, die Redelinghuyse het ‘n suksesvolle

1

Daleen Herbst NHS

1. Soutmansland: Temalied 2

2. Agtergrond 3

3. Tema / Subtemas 4

4. Ruimte / Milieu 5

5. Titel 8

6. Struktuur 9

7. Tyd & Vertellers 10

8. Motiewe 11

9. Simboliek 12

10. Karakters 13

11. Konflik 22

12. Literêre opstel 24

13. Aktualiteit 25

Page 2: 2. 3. 4. 5. · Die droom blyk bewaarheid te word: Samuel en Leendra se liefde, die Vlaktevleiers kan in hulle eie paradys voortleef, die Redelinghuyse het ‘n suksesvolle

2

(Temalied) Lize Beekman

Mens sou dink die see is vol genoeg

en die wêreld oud en die mense moeg

want die haan het gekraai – ons het mekaar verraai

so skraap die sout weer op ‘n hoop

want die winde gaan draai.

En ons die doen wat ons moet doen

dit kan nie anders nie – dis hoe ons met die tyd versoen

ons doen wat ons moet doen

akkers skraap en sout van die aarde raak.

‘n Enk’le dag kan by ‘n leeftyd gaan draai

en die rugsak laai wat ons saam met ons dra

op die soutpan se ooptes kan ons ook verdwaal

ma’ hou die vrees verby, want die waarheid maak

vry.

En ons die doen wat ons moet doen

dit kan nie anders nie – dis hoe ons met die tyd versoen

ons doen wat ons moet doen

akkers skraap en sout van die aarde raak.

Page 3: 2. 3. 4. 5. · Die droom blyk bewaarheid te word: Samuel en Leendra se liefde, die Vlaktevleiers kan in hulle eie paradys voortleef, die Redelinghuyse het ‘n suksesvolle

3

AGTERGROND

Droomdelwers is oorspronklik in 1996 as Soutmansland, ‘n televisiereeks vir die SAUK, geskryf.

Esta Steyn het die roman hersien en die titel is na Droomdelwers verander.

DIE SKRYFSTER

Esta Steyn is in 1945 gebore.

Sy matrikuleer aan die Hoërskool Worcester.

In 1969 trou sy met ‘n apteker en hulle woon in Saldanhabaai.

Hulle het drie seuns (twee is reeds oorlede).

Sy is ‘n gesoute Weskusser en het ‘n intieme kennis van die mense.

Uit haar pen verskyn talle Weskusstories, romans, toneelstukke en televisiereekse onder andere

Kinders van die Sabbatsee en Meeulanders.

Page 4: 2. 3. 4. 5. · Die droom blyk bewaarheid te word: Samuel en Leendra se liefde, die Vlaktevleiers kan in hulle eie paradys voortleef, die Redelinghuyse het ‘n suksesvolle

4

TEMA: Wat behandel die skrywer in die verhaal?

Wat is die kernidee / sentrale gedagte?

Die verwoestende invloed wat hebsug en geldgierigheid op ‘n gemeenskap het.

Medemenslikheid is belangriker as die gejaag na rykdom.

Elke mens moet bly streef na hul drome / geluk / vryheid…

SUB-TEMAS: Dit ondersteun die hooftema.

Verlies Waarheid vs leuens

Versoening Geheime

Versoeking Ontploffings

Vergifnis Ontvlugting

Vryheid vs gevangenskap

“Ek weet nie of ek regtig vry is nie”, sê sy na ‘n rukkie.

“ ‘n Mens is net vry as jy kan vergewe. Ek kan nie”

“ En jy en jou ma het my lewe opgeneuk!’

“Die verlede is vir Sielie ‘n donker kol”

“Die ontploffing het haar lewe uitmekaar uit geruk”

“Die skuiling”, sê Gretel sag. “En dit is … wat dit vir my is”

Hebsug

Ontwikkeling vs erfenis

Geldgierigheid

Grondonteiening (Weskus – Paternoster & Distrik Ses)

Page 5: 2. 3. 4. 5. · Die droom blyk bewaarheid te word: Samuel en Leendra se liefde, die Vlaktevleiers kan in hulle eie paradys voortleef, die Redelinghuyse het ‘n suksesvolle

5

VERHAALRUIMTE / MILIEU

Dit is die plek, die tyd en atmosfeer waarteen die gebeure afspeel.

WESKUS “…waar die tyd gestrand het…”

Die Weskus is aards, eenvoudig en ongerep…

VELDDRIF

(Die Weskussers praat van “Velleruf” – kenmerkend met ‘n bry- r.)

Die skryfster het haar Weskusleefwêreld in haar roman vergestalt :

Spesifiek speel die Cerebos Soutmyn‘n rol aangesien sout in die gebied uit die soutpanne

ontgin word.

Die intertekstualiteit van die Bybel word deurlopend ingeweef: (”Julle is die sout van die

aarde…”) “Die Here God moet ons almal weer ware soutmense maak”

Steengroewe en graniet word by ST. HELENABAAI ontgin.

Navorsing bewys dat daar reeds in die Middelsteentydperk - 30 000 tot 125 000- jaar gelede

mense hier teenwoordig was. Die Khoi-San se rotstekeninge in die nabye grotte en skulphope

kan vandag nog besigtig word.

Page 6: 2. 3. 4. 5. · Die droom blyk bewaarheid te word: Samuel en Leendra se liefde, die Vlaktevleiers kan in hulle eie paradys voortleef, die Redelinghuyse het ‘n suksesvolle

6

SOUTMANSDAL (wit gemeenskap)

Fiktief – die plek bestaan nie werklik nie, maar die skyfster het ‘n verbeelde dorpie geskep.

“Sout van die aarde” en soutmynontginning kom deurentyd in die roman voor.

Dit is ‘n klein dorpie aan die Weskus wat tussen die grootpad en die see lê.

Die dorpie is eenvoudig met stofstrate, ‘n poskantoor, slaghuis, Algemene Handelaar,

‘n banktak en Miss Sweetie se kafee.

BUITE SOUTMANSDAL: Redelinghuyse se grondgebied.

Teen die koppe is die Redelinghuyse se Soutmanshotel (Cove Hotel)

Toeriste besoek die gebied as hulle na die see, klippe, bokkoms, soutpanne en flaminke wil

kom kyk. Hulle besit die grond met die Kleinkloof agter die hotel en ook die Agterkloof – een

kilometer aan waar die waardevolle appelkooskleurige graniet ontgin sal word.

Page 7: 2. 3. 4. 5. · Die droom blyk bewaarheid te word: Samuel en Leendra se liefde, die Vlaktevleiers kan in hulle eie paradys voortleef, die Redelinghuyse het ‘n suksesvolle

7

VLAKTEVLEI: (bruin gemeenskap)

“Vlaktevlei het my geleer van eenvoud en omgee en eerlikhheid” (Gretel p. 53)

Die hart van Vlaktevlei is die meent (‘n oopstuk grond) omring met bloekombome in die middel

van die lokasie. Daar is ‘n kerkie en ‘n skooltjie aan die anderkant.

Vlaktevlei se mense leef vannie see, soutpanne en leef nie “hoog” nie.

Die Vlaktevleiers woon al 99 jaar op geleende grond wat aan die Redelinghuyse behoort.

SKEMATIESE VOORSTELLING VAN DIE SKRYFSTER SE AGTERGROND / MILIEU

Page 8: 2. 3. 4. 5. · Die droom blyk bewaarheid te word: Samuel en Leendra se liefde, die Vlaktevleiers kan in hulle eie paradys voortleef, die Redelinghuyse het ‘n suksesvolle

8

Die ruimte kan ‘n negatiewe of positiewe invloed op die karkaters hê:.

Miss Sweetie se kafee: hier heers, gemoedelikheid, huislikheid, vriendelikheid en opregtheid.

Die Van Tonders se huis: aanvanklik vreemd vir Leendra, maar Lucia probeer ‘n tuiste skep.

Soutpankantoor: dit help Leendra om haar voete te vind; sy loop terug op haar pa se spore.

See en rotse: dit is vir Leendra en ander karakters ‘n plek van ontvlugting, vryheid en rustigheid.

Redelinhuyse se hotel: dit is ‘n plek van spanning en angs; vir Leendra herinneringe van die

verlede.

Vlaktevlei gemeente: ‘n skuiling vir Leendra, ‘n plek van stilte en alleenwees.

Die Kleinkloof: dit roep nare herinneringe van die verlede vir Leendra op; ‘n plek van pyn vir haar.

TITEL: Die titel het ‘n dubbelbetekenis.

Denotatief: Letterlik word daar na graniet gedelf.

Mario besluit om die nuwe graniet Dream Dolorosa te noem omdat dit ooreenkoms met Leendra se voorkoms en geaardheid toon. Dit beteken “green sorrow” (groen hartseer). As ‘n mens mooi kyk, sien ‘n mens traandruppels in die graniet (p.140) .

Konnotatief / Figuurlik:

Verskillende karakters is soekend en delwend na vervulling van hulle drome. Die karakters delf in hulself, mekaar, die verlede en hul omstandighede opsoek na onbeantwoorde antwoorde, vrae, geluk, vryheid en vrede. Die droom blyk bewaarheid te word: Samuel en Leendra se liefde, die Vlaktevleiers kan in hulle eie paradys voortleef, die Redelinghuyse het ‘n suksesvolle projek...Omdat die karakters delf, kom hulle by beter antwoorde uit: Leendra (die waarheid; haar onskuld en liefde), Samuel (graniet en liefde), Gerald (innerlike vrede en berusting), Sielie …

Page 9: 2. 3. 4. 5. · Die droom blyk bewaarheid te word: Samuel en Leendra se liefde, die Vlaktevleiers kan in hulle eie paradys voortleef, die Redelinghuyse het ‘n suksesvolle

9

Struktuur van die roman: die roman word in 5 fases verdeel

Motoriese moment: Die handeling word aan die gang gesit.

Aankoms van Leendra op Soutmansdal.

Plot: Intrige – verloop / gebeure van die verhaal – dit word chronologies aangebied.

Leendra se soeke na waarheid oor haar ouers se dood en haar smagting na die vryheid wat

vergifnis mag bring.

Sub-intriges: Stories binne die hoofstorie.

Liefdesdriehoeke: Leendra / Samuel / Patricia Gerald / Jamaina / Rebekka

Ander sub-intriges:

Vlaktevleiers se verset teen verskuiwing.

Die Redelinghyse se manipulering van mag en hulle gierigheid.

Sielie en Boeta se vriendskap.

Die misterie van Oubaas se verdwyning.

Klimaks: Hoogtepunt – die spanningslyn styg tot breekpunt.

Sielie besef wie haar ouers vermoor het.

Ontknoping:Die los drade word saamgevat.

Phil pleeg selfmoord.

Gerald keer terug na sy gesin.

Die Vlaktevleiers kry nuwe huise en werksgeleenthede.

Die Redelinghyse leer die Vlaktevleiers ken.

Patricia raak aan Maurizio verloof.

Gretel en Mario vind mekaar.

Tommie hou ‘n kunsuitstalling.

Gilbert bieg oor sy vals getuienis.

Sielie oorkom haar spraakgebrek en vind liefde.

Leendra word van haar wraaklus bevry.

Slot: hoe die verhaal eindig

Samuel en Leendra trou en die moontlikheid van ‘n gelukkige lewe saam word in die

vooruitsig gestel.

Page 10: 2. 3. 4. 5. · Die droom blyk bewaarheid te word: Samuel en Leendra se liefde, die Vlaktevleiers kan in hulle eie paradys voortleef, die Redelinghuyse het ‘n suksesvolle

10

TYD

Chronologies: Verhaalgebeure volg in normale tydsvolgorde.

Achronologies: Verhaalgebeure volg nie in die normale tydsvolgorde nie.

Terugflitse en vooruitflitse word gebruik.

TYDSVERLOOP

Tyd van die roman

Die romantyd is 2005: selfone / viertrekbakkies / minirokke / kerkhoede, roomys kos R13

Vertelde tyd: (die tydperk wat deur die verhaal gedek word)

Leendra se aankoms op Soutmansdal

Die roman eindig met die gelykmaak van Vlaktevlei (onbepaald – waarskynlik ‘n jaar).

Verteltyd: (die tyd wat dit neem om die verhaal te vertel)

In Droomdelwers is die verteltyd 215 bladsye.

VERTELLERPERSPEKTIEF:

DERDEPERSOONSVERTELLER:

Leendra se aankoms in Soutmansdal word chronologies in die

teenwoordige tyd deur ‘n derdepersoonsverteller vertel. Positief

is hierdie soort verteller nie beperk tot een persoon se gedagtes nie.

Negatief beskik hierdie soort verteller oor ‘n beperkte alwetenheid.

FOKALISATOR: (fokus deur ‘n persoon in die verhaal).

Soms fokus ‘n derdepersoonsverteller déúr ‘n karakter en dit word

die fokalisator genoem. In Droomdelwers is Leendra die fokalisator. Ons beleef die wêreld deur

haar oë.

EERSTEPERSOONSVERTELLER:

‘n Eerstepersoonsverteller (ek-verteller) is betrokke by die verhaal en is een van die karakters.

Positief gee dit ‘n persoonlike, direkte vertelling oor sy / haar gevoelens. Negatief is dat hierdie

verteller nie weet wat ander karakters dink nie – daarom ‘n beperkte insig in ander se denke en

aksies.

Page 11: 2. 3. 4. 5. · Die droom blyk bewaarheid te word: Samuel en Leendra se liefde, die Vlaktevleiers kan in hulle eie paradys voortleef, die Redelinghuyse het ‘n suksesvolle

11

Dit word in die roman kursief gedruk en in die verlede tyd vertel.

Dié verteller oorbrug episodiese tydspronge in die verhaal.

Oupa Christoffel Kirstoof / Jacobus (Kêppies) -76 jaar oud- tree as

eerstepersoonsverteller op.

Hy is ‘n bruin inwoner van Vlaktevlei en die skindertegniek word

deur hom ingespan. Die taal word foneties geskryf om dit meer

realisties en eiesoortig te maak.

Hy praat ‘n tipiese Weskusafrikaans wat deur die volgende

eiesoortige segswyse gekenmerk word:

die bry-r

tipiese eiesoortige taal soos: geborente / hiersa / magoed / soe / Tja / oek / loep / koep

Engelse woorde: offies, community hall, kêffie

Assimilasie:okkie, weetie, soesie,hanne,

Ontronding: yt

“ My naam is Kêppies Killian, maar dit staan nie so op my geborente papiere nie. Daar staan dit

opgeskrywe as Kirstoof Jakobus Killian. Ek kan self nie sê waar die naam Kirstoof vandaan kom

nie. Niemand het my ooit soe genoem nie, my magoed-hulle okkie. Ek was maar van klyns af

Kêppies gewies. Ek is ses-en sewentag jaar oud en ek in hiersa gebore. Op Vlaktevlei by die

groot see van onse Weskus. Dis hoeka hiersa waar ek nou sit om my storie te vertel. Ek weetie

hoe mens soe ‘n soort storie vertel nie. Waar loop haal sy begint? Hy’s soesie see self. Hy swel

op in jou kop soos ‘n groot deining. Maar voorlat jy hom kan vasvat, briek hy yt oppie sand. Maar

voorlat hy trugglip, sal ek hom vasgevat moet kry. Want hy skrou om gevertel te word.

Miskien begint my storie op daai Sondag wat die rooikop yt die Silwerkruis-tronk ytgekom het van

die Vrystaat af. Sy was die oudste dogter van oorle’ Hennerik Rooihel.

Page 12: 2. 3. 4. 5. · Die droom blyk bewaarheid te word: Samuel en Leendra se liefde, die Vlaktevleiers kan in hulle eie paradys voortleef, die Redelinghuyse het ‘n suksesvolle

12

Motiewe: Dit is elemente wat herhalend voorkom. Motiewe ondersteun die tema.

“Die klippe in die Kleinkloof het klaar begin praat” (p. 182)

“Hy skud sy kop. Ek is op soek na ‘n seker soort graniet” (p. 47) “Lucia kyk op teen die muur na die glaskassie waar die lappopmense in ‘n ry uitgestal sit. Sy het so baie na hulle gekyk. Hulle, wat so roerloos agter die glas sit, elkeen met sy eie storie” (p. 207)

“In die tronk het ek so verlang na my ma se orrel. Om net weer te kan speel” (p. 52)

“Vier van haar poppe sit en wieg in die swaai” (p. 75)

“ Hy’s soesie see self. Hy swel op in jou kop soos ‘n groot deining. Maar voorlat hy hom kan

vasvat, briek hy yt oppie sand. Al wat jy sien, is sy skymstriep” (p 218)

Hard

Standvastigheid

Welvaart

Hendrik Hellberg

bou ‘n kliphuis in

die Kleinkoof.

Graniet word by

steengroef ontgin.

KLIP

Broosheid

Versplintering

& ontnugtering

GLAS

Soete

Herinneringe

Vrede

ORREL

Fantasie

Ontvlugting van

die waarheid

Soeke na

antwoorde

POP Standvastigheid

Vrede

Perspektief

SEE & ROTS

Page 13: 2. 3. 4. 5. · Die droom blyk bewaarheid te word: Samuel en Leendra se liefde, die Vlaktevleiers kan in hulle eie paradys voortleef, die Redelinghuyse het ‘n suksesvolle

13

Simboliek: ‘n Voorwerp of handeling kan ‘n dieper betekenis kry. ‘n Simbool is dus ‘n teken wat

bekende, aangeleerde betekenis verteenwoordig.

Belangrike lewensmiddel.

Bybelse verwysing: “sout

van die aarde.”

Menslike deug (goeie eienskap) Eenvoudig, goed en

opreg.

“Julle is die sout van die

aarde…”

“Hulle was soesie sout

vannie aarde, laag op hulle

knieë.”

SOUT

Reinheid. Seerkry. Vrede. Geluk.

“…het sy dikwels haar oë toegemaak en die witheid probeer raaksien” “Haar rooi hare was in lokke gedraai gewies

en sy het ‘n spierwitte rok van kant en satyn

aangehad.”

KLEUR

Volmaakte getal

“Ja, Koster. Sewe jaar is ‘n lang tyd.

Maar te gou om te vergeet…”

“Hoe lank is sewe jare. Hy haal sy foon uit en maak die som. Dis driehonderd vier- en sestig weke. Dis tweeduisend vyfhonderd en ag-en –veertig dae”

SEWE

Voorteken van hartseer wat

voorlê.

“Hy skrik vir die sewe ibisse wat

met vlerkgeklap skielik voor hom

opdoem…” Begrafnisvoëls.…

Wat weet hulle alles van die

Kleinkloof se raaisels? wonder

hy, en kry meteens koud.

IBIS (Voël)

Page 14: 2. 3. 4. 5. · Die droom blyk bewaarheid te word: Samuel en Leendra se liefde, die Vlaktevleiers kan in hulle eie paradys voortleef, die Redelinghuyse het ‘n suksesvolle

14

Karakters: Karakterbeelding kan op twee maniere geskied :

Eksplisiete karakterbeelding:

1. Dit wat die verteller oor die karakter aan die leser meedeel.

2. Dit wat die ander karakters van die karakter sê of van hom / haar dink.

Implisiete karakterbeelding:

1. Die voorkoms en die voorstelling van die karakter se omgewing.

2. Die karakter se handeling en houding.

3. Dit wat die karakter van homself dink en sê.

Die volgende karakters kan onderskei word:

Sentrale karakter: hierdie karakter is die sentrale figuur; die karakter word die meeste belig en

toon karakterontwikkeling.

Leendra van Hellberg

Newekarakters: Bykomende karakters. Hulle help met die ontwikkeling van die hoofkarakter;

hulle is op die agtergrond en ondergaan nie noemenswaardige veranderinge nie.

Kêppies Sielie Phil Lucia Boeta Ma Sweetie die Redelinghuyse die Killians Gretel

Mara Samuel Mario Rebekka Tommie Koster Vos Philander

Randfigure: Hierdie karakters speel slegs ‘n geringe rol; hulle kyk toe na gebeure

Johnny Cupido Vaatjie doktor Debbie Jansen Piet Meyer Jaap Gouws Veronica Daniels

Tappies Kaaiman Hendrik en Berta van Hellberg

Plat karakters: (soms stereotipes en karikature)

Eendimensioneel / enkelvoudig / voorspelbaar en toon nie ontwikkeling nie.

Ronde karakters:

Tweedimensioneel / lewensgetrou / oortuigend in staat tot verrassing / toon groei of ontwikkeling.

Page 15: 2. 3. 4. 5. · Die droom blyk bewaarheid te word: Samuel en Leendra se liefde, die Vlaktevleiers kan in hulle eie paradys voortleef, die Redelinghuyse het ‘n suksesvolle

15

SOUTMANSDAL: Sout van die aarde & soutmynwerkers

Die Van Hellbergs van die Kleinkloof: Suggereer taaiheid / opvlieëndheid / humeurigheid.

Leendra Cecile / Sielie Berta Hendrik Rooihel

Sterf in ontploffing

Randfiguur

Rooi hare, snor, baard

Verkoop soutaandeel

aan sy swaer, Phil

Steengroef in

Kleinkloof

Bou kliphuis in

Kleinkloof

Nederig

Nie een vir skuld nie

Baie lief vir sy dogters

Humeurig

Verantwoordelik

Iemand met ‘n

ontsaglike

teenwoordigheid

Dwars

Baklei vir geregtigheid

Leef konserwatief

Vertrou nie

vreemdelinge nie

Hardkoppig

Wil onafhanklik leef

Sagte mens

Randfiguur

Kort bruin hare

Bak koekies en gee

hoenders kos

‘n Engel

Sterk naam

Sentrale karakter

Oudste dogter

Skraal, rooi hare, groen

oë, sproete

Vurige rissiepit / driftig

Aard na haar pa

Werk voorheen in

Soutmansdalhotel

Tronkstraf: moord 7 jaar

Werk na straf by myn

van haar oom, Phil

Waarheidsoeker

Bynaam: “Windhond”

Silwerkruisgevangenis:

bekering & redding

Beskermend oor Sielie

Vertrou mense nie

maklik nie.

Behoedsaam

Ambisieus. Eerlik

Sinies en naïef

Vegter vir vryheid

Rebels en

hardkoppig

Versoener

Sielie = weerloos en

wek simpatie

Jongste dogter

Het haar pa aanbid

Val met ontploffing uit

stootskraper uit

Haar verstand en

spraak het op 11

vasgesteek

Impulsief

Speel met lappopgesin

Leef in fantasiewêreld

Sku vir mense

Erg oor haar klippe

Kinderlik en liefdevol

Humeurig / koppig

Bewaarder van

geheime. Vlug graag

Word selfstandig

Hef Boeta op

Tussenganger tussen

Samuel en Leendra

Page 16: 2. 3. 4. 5. · Die droom blyk bewaarheid te word: Samuel en Leendra se liefde, die Vlaktevleiers kan in hulle eie paradys voortleef, die Redelinghuyse het ‘n suksesvolle

16

Die Van Tonders van die Hellberg soutmyn: ‘n vreemde plek vir Leendra.

Eienaar van soutmyn

Leendra se oom (moederskant)

Vaderlik oor Leendra

Bied vir Leendra werk by sy

kantoor aan

Trek netjies aan

Suinig

Verskuilde agendas

Nie ‘n maklike baas nie

Gevoelloos en skynheilig

Onsimpatiek

Gewetenloos

Oneerlik en genadeloos

Onbetroubaar

Skoorsoeker

Onderduims

Onbeskof

Onregverdig

Stereotipe: Onderduimsheid

Phil se tweede vrou

44 jaar oud

Nederig en sag

Stillerig en mensliewend

Perfeksionis

Migrainelyer

Sorg vir “stiefdogters”

Simpatie met Leendra

Geduldig met Sielie

Dienend en hardwerkend

Boodskapper

Staan op vir dit waarin sy

glo.

Eerlik. Betroubaar

Mensliewend en sag

Hef Leendra en Sielie op

Onafhanklik

Haar sterkte kom aan

einde na vore

Phil Lucia Marais

Page 17: 2. 3. 4. 5. · Die droom blyk bewaarheid te word: Samuel en Leendra se liefde, die Vlaktevleiers kan in hulle eie paradys voortleef, die Redelinghuyse het ‘n suksesvolle

17

Die Bonthuyse van die Bonthuis: ‘n veilige hawe vir Leendra en Sielie. Huislik

Pa Bontie Ma Sweetie Boeta

Nederig

Ondeund

Voorman vir Phil

Vaderfiguur vir Leendra

Sê geen slegte woorde

oor ander nie

Vertroueling

Tussenganger tussen

Leendra en haar

verlede

Tritagonis ondersteun

Leendra

Deeglike mensekennis

Rustig van geaardheid

Wyse man

Opreg

Lojaal

Stereotipe: Pa-figuur

Lief en dierbaar

Eienaar van die kafee

Bekend en bemind

Skryf vir Leendra in die

tronk

Vat nie nonsens nie

Goeie hart. Omgeemens

Groot lyf. Skinder

Geduldig

Nuuskierig

Liefdevol

Lojaal

Humoristies

Sarkasties

Moederfiguur vir

Leendra

Stereotipe: Ma-figuur

Naam = liefdevol

± 23 jaar oud

Stil man en praat stadig

Baie opreg

Nutsman (Sweiswerk)

Verlief op Sielie

(beskerm)

Vroeër Leendra en Sielie

se maat

Fors

Goeie siel. Liefdevol

Ambisieus

Besit inherente krag en

uithouvermoë

Kan aggressief raak

Besit innerlike krag

Wil onafhanklik wees

Page 18: 2. 3. 4. 5. · Die droom blyk bewaarheid te word: Samuel en Leendra se liefde, die Vlaktevleiers kan in hulle eie paradys voortleef, die Redelinghuyse het ‘n suksesvolle

18

Die Redelinghuyse: Stereotipe van ryk mense met verwronge waardes.

Hulle is baie ryk en besit baie grond.

Patricia / Patty Rudie Minette Gilbert

Eienaar van hotel

Nugtere

besigheidsman

Sagte kant

Wonder oor

ontwikkeling

Besit hele

Soutmansdal

Emosioneel verwyder

van Minette

Antagonis

Patriarg

Hardkoppig en trots

Emosioneel geraak

deur gevoellose

omstandighede

Onvolwasse

Ambisieus

Aangetrokke tot Gretel

Beeldskoon

Blond, slank

Elegant

Antagonisties teenoor

Leendra

Getuie teen Leendra

Droom oor oord

Vasberade

Onderduims

Oneerlik

Gierig

Gewetenloos

Gevoeloos

Sarkasties

Vergewe nie

Leef ‘n leuen

21 jaar oud

Blond

Bruingebrand

Modebewus

Sy het baie kêrels

Bedorwe

Spontaan

Bevooroordeeld

Sonnig

Flankeer met

mans

Waagmoedig

Onbeskof en

uitbuiter

Manipulerend

Gevoelloos

Onvolwasse

29 jaar oud

Pierewaaier

Droom groot

Blond, aantreklik

Verlief op Leendra

Pierewaaier

Mal van jaloesie op

Leendra

Antagonis

Hard & onbeskof

Snobisties

Gierig

Berekend

Ambisieus

Windmakerig

Manipulerend

Afperser

Vasberade

Page 19: 2. 3. 4. 5. · Die droom blyk bewaarheid te word: Samuel en Leendra se liefde, die Vlaktevleiers kan in hulle eie paradys voortleef, die Redelinghuyse het ‘n suksesvolle

19

Besoekers aan Soutmansdal: kleur die verhaal in.

Ferdinand v Wyk Mara Marais Mario Martinelli Samuel vd Sandt

Mara = bitter

70 jaar oud

Lucia se ma

Welgesteld

Oranje hare

Flambojant

Snobisties

Oordadig

Ongevoelig

Het al seer beleef

Sorg vir humor

Hou eie konsert

Bevooroordeeld

Hard & onbeskof

Eerlik

Spontaan

Gee tog om

Het al hartseer beleef

Stereotipe of

karikatuur van ‘n

stief- of ‘n skoonma

38 jaar oud

Werk met sand & klip

Geoloog. Klipman

Samuel = goedheid &

profesie

“Hunk” met bruin hare

Vennoot van Mario

Rooi Ford 4x4 –bakkie

Flankeer met Patty

Buitelugmens. Romanties

Waagmoedig

Rebelse streep

Eerlik. Omgeemens

Ambisieus

Hardwerkend

Hardkoppig en trots

Alleenloper

Skerpsinnig

Goeie opregte man

Begin Leendra verstaan

Stereotipe: Vastigheid

In 1998 oorlede

Leendra se eks

Filosoof

Romantikus

Dans in die reën

Lees gedigte

50 jaar oud

Samuel se vennoot

Italianer

Klein van postuur

Dra altyd netjiese pak

klere met veelkleurige

das

Flambojant

Sjarmant

Spontaan & joviaal

Romantikus

Goeie sakevernuf

Ambisieus

Tritagonis

Mauritzio

Mario se seun

Student: Italië

Hy en Patty raak

verloof

Page 20: 2. 3. 4. 5. · Die droom blyk bewaarheid te word: Samuel en Leendra se liefde, die Vlaktevleiers kan in hulle eie paradys voortleef, die Redelinghuyse het ‘n suksesvolle

20

Jacobus (Kêppies)

Ongeletterd

76 jaar oud

Verteller

Reguit blik

Skryf: Droomdelwers

Nederig

Eenvoudig

Sout van die aarde

Geliefd

Wyse man

Vredeliewend

Besorgd

Trots

Raadgewer &

waarnemer

Goeie vriend

Baie gelowig

Godsman

Stereotipe: Soutman

Pastoor. Godsman

Mooi van aansien soos Dawid

Stryd oor beroep

Kom in versoeking

Vroom. Mensliewend

Engel sonder skoene en skanse

Rebels

Afhanklik van God. ‘n Herder

Identiteitkrisis

Hardkoppig impulsief

Familieman. Medemenslik

Mentor. Opreg

Besit innerlike krag

Tussenganger tussen Vlaktevlei

en Redelinhuyse

Menslik – beleef beproewing

Bid opreg en oorwin sonde

Neem verantwoordelikheid vir

gesin. Maak regte keuse

Bely en word vry

Gerald se vrou

Mevrou Pastoor

Prinsipaal (Vlaktevlei)

Trots & hovaardig

Ambisieus

Smag na wegkom

Verhewe

Streng; regverdig

Uitgesproke. “Vrygiftig”

Tong soos ‘n “blyd”

Glo aan mensregte

Berekend, skelm

Manipulerend

Eerlik

Emosionele groei:

Raak sagter, stiller

Besef / bely haar foute

Verander gesindheid

Haar sterkte kom aan einde

na vore. Verander positief

Page 21: 2. 3. 4. 5. · Die droom blyk bewaarheid te word: Samuel en Leendra se liefde, die Vlaktevleiers kan in hulle eie paradys voortleef, die Redelinghuyse het ‘n suksesvolle

21

Die Kaaimans: kaai = vasmeerplek/ laaiplek wat vissersbedryf suggereer

Johannes (Koster) Oubaas Rachel Tappies

Koster van kerk

Handlanger by

Sweetie se kafee

Boesemvriend en drinkmaat van Kêppies

Koster se vrou

Pakker by

soutmyn

Nie altyd maklik

nie

Sterf in 1998

Koster se broer

70 jaar oud

Bemind

Verdwyn

Vos Philander Gretel Grossman

Vos = jakkals = slu

Onderhoof van Vlaktevlei Primêr.

Gladde bek, slimpraatjies oor politiek.

Bierasem en gladde oë

Netjiese dun snor.

Kan hom nie vertrou nie

Opsweper & oproerling

Anargis

Waagmoedig

Manipulerend

Kampvegter

Rassebewus

Onbeskof / hard /genadeloos

Stereotipe: Opsweper

40 jaar oud

Minette Redelinghuyse se suster.

Kuns- en Engelseonderwyser by Vlaktevlei Primêr.

Blond, met eerlike blou oë.

Onopgesmuk en aards.

Weduwee van Gunther Grossman.

Het lank in Duitsland gewoon voordat Gunther oorlede is.

Praat Duits; woon in Der Schutz

Baie eerlik en opreg

Glo in menseregte

Vredeliewend

Lojaal en trots. Versoener

Tussenganger: Redelinghuyse en Vlaktevlei

Ghaaitjie Willemse

Annie Heraud

Trudie Muggels

Koster se neef

Kleinjan se seun

Helper vir Samuel

in die Kleinkloof

Onderwysers by Vlaktevlei Primêr

Page 22: 2. 3. 4. 5. · Die droom blyk bewaarheid te word: Samuel en Leendra se liefde, die Vlaktevleiers kan in hulle eie paradys voortleef, die Redelinghuyse het ‘n suksesvolle

22

Besoekers aan Vlaktevlei

Ander karakters:

Vaatjie: Kroegman in Soutmanshotel, boodskapper, lojaal aan Redelinghuyse.

Doktor Debbie Jansen: Sielkundige van die Kaap. Vriendin van Gretel. Sien vir Sielie.

Veronica Davids: TV-onderhoudvoerder

Piet Meyer: Senior vennoot by prokureurspraktyk.

Kurt Combrinck: Hanteer Hendrik Hellberg se boedel.

Anna Bothma: Sekretaresse by prokureurspraktyk.

Jaap Gouws: Stadsklerk.

Sersant Theron: Hy ondersoek die saak toe Oubaas se geraamte gevind word.

Konstabel Booy: Help sersant Theron in sy ondersoek van Oubaas.

Dokter Mouton: Plaaslike hospitaaldokter.

Botes: Stadsklerk voor Jaap Gouws en het sake onafgehandeld gelos.

Vince Carolissen: Lei die Vlaktevlei-protesoptog na die munisipale raad.

Paulina Plaatjies: Skoonmaker by Soutmanshotel.

Vytjie Koopman: Sy sê sy sal voor die stootskrapers gaan lê as sy moet.

Oë soos ‘n bokkie. Onskuldig

Naïef. Spontaan & mensliewend

Beginselvas. Tritagonis

Red Killian seuns uit die see -

voorbeeld van liefde, omgee en

onbaatsugtigheid.

Verenig mense van Vlaktevlei

Stereotipe: Ware liefde en

omgee. Gee haar lewe

Skeel oë. Werkloos

Brutaal teenoor sy vrou

Onverantwoordelik

Agterbaks en gewetenloos

Afwesige pa

Stereotipe: geweld en

aggressie, lafhartigheid,

Johnny Cupido Rebekka Cupido Tommie Cupido

Kunssinnig

Talentvol

Onskuldig

Page 23: 2. 3. 4. 5. · Die droom blyk bewaarheid te word: Samuel en Leendra se liefde, die Vlaktevleiers kan in hulle eie paradys voortleef, die Redelinghuyse het ‘n suksesvolle

23

KONFLIK: Dit dra by tot die spanning in die roman

Protagonis = “die held” - Leendra van Hellberg.

Tritagonis = derde element in die konfliksituasie (liefdesdriehoek) - Rebekka , Mario

Antagonis = bots met die protagonis – Redelinghuyse , Phil van Tonder

UITERLIKE / EKSTERNE KONFLIK: Karakters bots met ander of ander magte.

Leendra en die Redelinghuyse

Leendra en Samuel

Leendra en Phil

Vlaktevleiers se opstand oor verskuiwing

Jamaina met Gerald

Jamaina en Rebekka

Gretel bots met haar familie

Botsing met omstandighede, situasies buite jou beheer of groter kragte

Vlaktevleiers se opstand oor verskuiwing

Leendra se botsing met groter krag van dood – haar ouers sterf in die gasontploffing

INNERLIKE / INTERNE KONFLIK: Dit is die konflik in ‘n karakter se gemoed

Leendra ervaar innerlike konflik oor haar verhouding met Ferdinand, haar ouers se dood,

waarheid.

Pastoor Gerald ervaar innerlike konflik en skuld oor sy gevoel vir Rebekka.

Rudie ervaar innerlike konflik oor sy familie se vakansie-oord planne en Gretel se situasie.

Lucia ervaar konflik oor Phil se oneerlikheid.

Boeta ervaar konflik oor Sielie.

Jamaina ervaar innerlike konflik oor Rebekka, Gerald en die donasie van Gilbert.

Page 24: 2. 3. 4. 5. · Die droom blyk bewaarheid te word: Samuel en Leendra se liefde, die Vlaktevleiers kan in hulle eie paradys voortleef, die Redelinghuyse het ‘n suksesvolle

24

SPANNING: Spanning word geskep deur inligting te weerhou (die uitsteltegniek)

Die gasontploffing van die Van Hellbergs?

Phil se betrokkenheid?

Samuel en Leendra?

Die Redelinghuyse se ontwikkeling?

Die Vlaktevleiers se toekoms?

“Die Kleinkloef. Tja, die Kleinkloef”?

Literêre opstel: Wenke

Moontlike temas:

1. Die titel van Droomdelwers kan konnotatief of denotatief geïnterpreteer word. Verduidelik hoe die titel in talle karakters se lewe realiseer.

2. Leendra se terugkeer na Soutmansdal het positiewe sowel as negatiewe ervarings meegebring.

Lees die vraag deeglik deur.

Omkring die kernwoorde.

Merk die werk- en opdragwoorde.

Skryf jou feite as kernwoorde neer.

Maak ‘n kop- / breinkaart.

Dui elke paragraaf se inhoud aan.

Skryf ‘n inleiding vir jou vraag ( 2 – 3 sinne).

Herhaal die kernfeite in jou inleiding.

Ontwikkel jou standpunt logies en stapgewys.

Skryf in volsinne.

Gebruik die P V I metode: Maak ‘n punt, gee ‘n voorbeeld en illustreer uit die

teks.

Skryf ‘n slotparagraaf wat met die inleiding sluit.

Dui die aantal woorde aan.

Redigeer die beplanning.

Woorde:400 - 450.

Page 25: 2. 3. 4. 5. · Die droom blyk bewaarheid te word: Samuel en Leendra se liefde, die Vlaktevleiers kan in hulle eie paradys voortleef, die Redelinghuyse het ‘n suksesvolle

25

3. Na Leendra se terugkeer na Soutmansdal het haar pad met talle karakters gekruis wat ‘n positiewe of negatiewe invloed op haar lewe gehad het.

4. Bespreek die talle buitestaanders wat in Droomdelwers manifiesteer en die rol wat

elkeen in die gemeenskap vervul.

5. Stereotipering (veralgemening / bevooroordeelde beskouing van ‘n persoon) speel ‘n belangrike rol in Droomdelwers.

6. Bespreek die rol wat naamgewing in Droomdelwers speel.

7. Motiewe en simbole vervul belangrike rolle in onderskeie karakters se lewens.

8. Konflik skep spanning. Bespreek die interne en eksterne konflik wat die karakters

beleef.

9. Die milieu / ruimte waarin Leendra haar bevind, het ‘n invloed op keuses wat sy uitoefen.

10. Leendra is die protagonis in Droomdelwers. Bespreek haar karakterontwikkeling /

interaksie met talle karakters / hoe sy die waarheid geleef het .

11. Bespreek die temas / subtemas / aktualiteit van Droomdelwers.

12. Die ruimte / milieu speel ‘n positiewe sowel as negatiewe rol in verskillende karakters se lewe.

AKTUALITEIT: (relevant vir vandag se tyd en Suid-Afrika) Klasgesprekke en debat!

Droom: Droom ons / ons ouers nog? Droom ons oor die toekoms?

Delwers: Delf ons na die waarheid? Kom ons by ons Dream Dolorosa uit?

Sout van die aarde: Is ons soutmense? Is ons laag op ons knieë?

Ontwikkeling vs erfenis: Moet ons bewaar of moet ons ontwikkel?)

Geldgierigheid Speel geld in vandag se tyd nie ‘n te groot rol in ons lewe nie?

Grondonteiening Weskus – Paternoster / Distrik Ses / Plase?

Verbrokkelde verhoudings: Gesinsgeluk? Egskeidings?

Vergifnis en liefde: Vergewe ons en kan ons liefhê soos ware soutmense?