20 april 2018 13/2018 - rooiskool · ouers, kinders en afrigters raak opgewonde langs die veld. kom...
TRANSCRIPT
20 April 2018 13/2018
Die wintersport is aan die gang.
Ouers, kinders en afrigters raak
opgewonde langs die veld. Kom ons
probeer om nie skeidsregters te
kritiseer nie. Ons verskil dikwels van
die skeidregter, maar ongelukkig het
hy/sy die fluitjie in die hand en ons en
die spelers moet deeglik besef en
bewus wees daarvan dat die finale sê
by die skeisdregter lê. Onthou almal is
mense, almal maak foute. Kom ons as
Rooies respekteer die skeidsregters.
Spelers wat seerkry op die veld is
deel van wedstryde. Afrigters, ouers
en ander spelers mag NIE op die veld
kom of rondom „n beseerde speler
saamdrom nie! Moet ook nie probeer
om die speler wat beseer is te help nie,
dit is waarom die noodhulp daar is.
As spelers die beseerde speler wil help
of gemaklik maak, kan dit net daartoe
lei dat hulle die besering vererger.
Wag maar tot die noodhulp daar is om
aandag te gee. Dankie vir almal se
samewerking in dié verband!
Na die her-merke van die 2017
matriekeksamen bekend gemaak is, het
die volgende 6 leerlinge
onderskeidings by gekry: Jesse Janse
van Vuuren (Wiskunde); Carli van
Tonder (Wiskunde); Julani Smit
(Engels FAL); Angelique Roux
(Afrikaans HT); Angelique Roux
(Lewenswetenskap) en Hanri Hendriks
(CAT). Carli van Tonder het nou in
totaal 8 onderskeidings; Jesse Janse
van Vuuren 5; Hanri Hendriks 4 en
Angelique Roux en Julani Smit elk 3.
Baie geluk aan dié leerders! Die klas
van 2017 het dus 83 onderskeidings.
Wat afwesighede betref: u moet
onthou dat, as „n leerder een periode
nie in „n klas is sonder om terug te
teken van waar hy/sy was nie, dan
word die leerder vir die hele dag afwesig gemerk.
Ouers moet die volgende dag „n brief
na die klasonderwyser toe stuur indien
„n leerder afwesig was. Leerders wat
een periode “slip” word ook vir die
hele dag afwesig gemerk en kry
debietpunte. Probeer groot asseblief
om leerders nie tydens skoolure na
dokters en fisio‟s ens. te neem nie.
Leerders mis belangrike werk en raak
agter.
ROOIES PET (KHAKI) Te koop @ R60
MATRIEKBALKIES Te koop @ R65
ROOIES Fleecy Kombersies
Bestel @ R170
2de Handse Skoolklere
Te Koop
Pryslys beskikbaar
By die finansiële kantoor
Ons skool het vanjaar die teetuin by
Nampo. Kom ondersteun ons daar
asseblief. Dankie vir almal wat so
positief is en wil help. Elke ouer wat
in beheer is van „n afdeling sal ook
ander ouers kontak om te help op
sekere dae. Dankie dat ons op u kan
staatmaak. Ons vra asseblief dat waar
u u weg oopsien om „n bydrae in die
vorm van bestanddele te maak, dit sal
opreg waardeer word. In dié verband
ontvang elke leerder vandag ‘n brief
met ‘n skeurstrokie wat hy/sy op
Maandag, 23 April by die betrokke
registeronderwyser moet inhandig.
Die OOV het „n nuwe bestuur
verkies. Die persone is: Mev. Tania
Kruger as die Voorsitter, mev. Marie
Crous as die onder-voorsitter en mev.
Estie Lloyd as seketaresse. Dankie aan
dié drie ouers wat bereid is om voor te
loop en die span te lei!
Die Sportondersteuners wil vanjaar
weer „n Kotiljons aanbied. Kom ons
word almal deel en gebruik ook ons
talente om ander mense te vermaak.
Ons soek persone wat dansitems of
sangitems op „n anderste manier kan
aanbied.
Sentrale Volkskool nooi ouers uit om
op 2 Mei 2018 om 18:00 na ds. Johan
Smit (wat ook soms op die TV preek),
te gaan luister. Kom laai u batterye by
dié geleentheid. Kostes beloop R50 en
u kan kaartjies by hulle skoolkantoor
bekom.
Die tweede kwartaal is baie besig.
Help asseblief u kind om te onthou dat
die eintlike rede hoekom ons in die
skool is, is om te leer. Dié kwartaal
skryf ons eksamen en gaan dit nie so
maklik wees om goeie punte te behaal
nie. Leerders, werk elke dag, doen jou
huiswerk en bly by asseblief. Dit is
deel van selfdissipline. Veral die
graad 11‟s en 12‟s moet seker maak
dat hulle goeie punte behaal omdat dit
„n invloed op hulle naderende
toekoms het. Moenie jou drome
prysgee omdat jy lui is nie. Elkeen is
verantwoordelik vir sy eie rapport.
Glo in jouself en werk hard. Vra
onderwysers vir hulp, hulle wil graag
help!
Die week het ek „n paar keer die
opmerking gehoor dat ons vir “lekker”
kinders skoolhou en integriteit is
beslis deel hiervan. Wian Viljoen het
by die rugbytoer „n beduidende bedrag
geld opgetel en dit vir die persone in
beheer gevat. Die kind wie s‟n dit
was, was in trane van dankbaarheid dat
Wian dit nie in sy eie sak gesteek het
nie. Vrydag by die skool het
Lirischka Strydom (Lila) ook „n
groot bedrag geld opgetel en dit vir my
gebring en nie vir haarself gehou nie.
Wian en Lirischka, dit is kinders soos
julle wat baie ver in die lewe sal kom.
Dankie vir integriteit en eerlikheid.
Rooies salueer julle!
Ons was vandag TV-sterre! Dankie
vir elkeen wat „n finansiële bydrae
gemaak het om dié geleentheid
moontlik te maak!
Die Beheerliggaam is in die proses om
hulle voelers uit te steek om „n
geskikte kandidaat te identifiseer vir
die skoolhoofpos. Ons wag vir die
Gazette vanaf die Departement om te
verskyn waarin die Skoolhoofpos en
DPH-poste geadverteer gaan word. U
is welkom om name vir die
beheerliggaamlede te gee, van
kandidate wat u as geskik vir die pos
beskou.
Ek sien u Saterdag by die sport of by
die netbalproewe. Kom geniet die
lekkerte van langs die veld sit om die
spelers aan te moedig!
Top 20 1
ste Kwt
2018
Graad 8
1 Kyle Cuperus 89,44
2 Megan van Biljon 86,00
3 Juan de Vries 85,00
4 Elisna Eloff 84,78
5 Madelein Pretorius 83,89
6 Liebré Potgieter 83,44
7 Corlia van Zyl 82,33
8 Hendre Fourie 81,56
9 Su-rize Welman 81,33
10 Neléne Bruwer 79,89
11 Jacques Groenewald 79,44
12 Zahn Fullard 79,11
13 Talia Kock 77,89
Janico van Coller 76,89
15 Delenéy Swart 75,33
16 Zaniel van Huyssteen 74,89
17 Marike van Schalkwyk 74,67
18 Hendrik Lloyd 74,56
19 Lara Viljoen 74,44
20 Dandré Kruger 74,11
Graad 9
1 Surina Claassen 86,89
2 Jeané Engelbrecht 86,67
3 Jané Vorster 82,33
4 Jandré du Plessis 81,11
5 Johané Botha 79,44
6 Lise-Mari Loubser 78,44
7 Gizelle Haarhoff 77,56
8 Sonika Saunderson 75,78
9 Marko Smith 75,56
10 Attie Crous 74,89
11 Nicole Hugo 74,78
12 Carma Mostert 74,11
13 Jayden Hartslief 73,78
14 Franna Karsten 73,44
15 Larissa Coetzer 72,89
16 Zaskia Muller 70,44
17 Janco v/d Berg 70,11
18 Ashlyn Jansen 70,00
19 Stephan Kriel 69,22
20 Werner Nel 69,11
Graad 10
1 Johané van Coller 89,00
2 Christelle van Zyl 86,14
3 Tahlita Landman 85,13
4 Nkité Pretorius 84,00
5 Nadia Engelbrecht 82,29
6 Hano Kriel 81,88
7 Megan-Lee Pretorius 80,71
8 Zany Beneke 80,13
9 Evarné Myburgh 80,00
10 Janus Coetzee 79,00
11 Nicole Zealand 78,29
12 Renée Muller 77,86
13 Richelle Abreu de Silva
77,63
14 Renské Bruwer 77,13
15 Ivor Thompson 76,43
16 Hanu Visagie 76,25
17 Melissa Westraadt 76,00
18 Donatien Welthagen 75,50
19 Marlien Smalberger 75,44
20 Manie van Niekerk 75,29
Graad 11
1 Lumé v/d Merwe 92,75
2 Annabella Zitzke 91,71
3 Wilmari Crous 84,57
4 Naas van Rooyen 84,00
5 Shandré Botha 82,43
6 Tanya Fourie 82,29
7 Esmari Basson 80,29
8 Anlu Keeve 78,57
9 Heino Griessel 78,38
10 Eliana du Toit 78,14
11 Yzelle Fourie 77,71
12 Joos Theron 77,00
13 Tharicha de Beer 76,71
14 Anja van der Merwe 76,57
15 Christien Potgieter 76,00
16 Lezanne Geldenhuys 74,57
17 Christiaan Hennings 74,29
18 Jeline van Biljon 73,71
19 Delana Gravett 72,43
20 Anri Muller 72,14
Graad 12
1 Clarissa de Jonge 87,50
2 Jolize Kleingeld 87,17
3 Jolanda Lombard 85,50
4 Brian van Niekerk 84,67
5 Jaap Erasmus 83,17
6 Shanicé Prinsloo 82,17
7 Hano Strydom 82,00
8 Marlize Nel 81,83
9 Janet van Niekerk 81,00
10 Danica van Zyl 80,00
11 Wian Viljoen 78,67
Abrie Visagie 78,67
13 Jannie Crous 78,33
14 Esmie Rossouw 78,17
15 Lirischka Strydom 77,17
16 Steven Engelbrecht 77,00
17 André van Zyl 76,67
18 Misa van Niekerk 76,00
19 Lettie van Zyl 74,83
20 Janke Goodchild 74,33
KYKNET - “Ontbytsake” Kamera, ligte, AKSIE!
“Hier sal jou kind groei, om ambisieus die lewe in te gaan om net die beste vir sy of haar naaste te wil gee. Met goeie koshuis, ‘n restaurant en gimnasium op die terrein, staan Die Afrikaanse Hoërskool Kroonstad trots met ryke tradisies en blinkoog kinders as produk…”
Hierdie is „n uittreksel van ons
insetsel wat op 5 Mei 2018 op KYKNET se Ontbytsake
uitgesaai gaan word. Ons is trots en opgewonde om ons skool en sy kinders op hierdie gewilde program ten toon te stel. Om een van die 5% Afrikaanse skole in Suid-Afrika te kan wees, top gehalte kinders te lewer wat die geleentheid het om aan sport, kultuur en sosiale geleenthede, gehalte akademie in „n gedissiplineerde en veilige ruimte te kan presteer die afgelope 61 jaar, kan nét as „n voorreg beskou word.
Die skool was „n miernes van bedrywigheid vandag om almal op hulle plekke te kry en toesprake te onthou, als tot groot vermaak om die geleentheid te kan hê om op tv te kan verskyn. Ons IS TROTS op ons skool en daarom kon ons nié hierdie geleentheid laat verby gaan om vir die hele land te wys watter gehalte skool in die hartjie van die Vrystaat lê nie.
Wees saam met ons #TROTSROOI soós die afgelope 60 jaar sodat ons kan voortbou op ons tradisies, Afrikaans en ons kultuur.
CAT 8ste vak BETALING asseblief!
Alle klasgeld moet VOOR die begin van die eksamen betaal wees asseblief! Ons vra u samewerking in dié verband. Kontak mev. Wilneldi Oliver indien nodig.
GASVRYHEIDSTUDIES
Ons is tans besig om kosboeke te versamel vir „n klein biblioteek wat ons by die Restaurant wil begin. Indien daar enige ou resepteboeke of enige kosboeke is wat u nie meer gebruik nie, sal ons bly wees as u dit aan ons kan skenk. Ou tydskrifte is ook enige tyd welkom. Stuur dit asb. na mev. Suzelle Strydom.
GRAAD 9-PROJEK
Jaglooitjies
Hierdie jaar is daar 5 pryse te wen!
1ste = 2 x Blesbokke om te jag en
oornag vir 4 persone
2de = 1 x Blesbok om te jag
3de = 1 x Blesbok om te jag
4de = 1 x Springbok-karkas
5de = 1 x Springbok-karkas
Ondersteun asseblief ons gr. 9‟s
deur by hulle kaartjies te koop. Die
trekking van gelukkige wenners sal
op 4 Junie 2018 gedoen word.
Kontak mev. Claassen by
0726975780 vir navrae.
Toneeloptredes
Graad 12
8:00 - 8 Mei @ R80 “Onderwêreld”
8:00 - 17 Mei @ R80 “Mis”
Graad 11
8:00 - 31 Julie @ R70 “My Japan”
Geld moet vooraf by die finansiële kantoor inbetaal word en die kwitansie
na die kind se Afrikaanse onderwyseres geneem word.
ONTHOU ELVIS
BLUE-OPTREDE!! 3 Mei 2018
18:30 vir 19:00 by
KROON Boma
Ma’s wat Omgee
Kom bid saam op Maandae om 7:30 in die sportkamer.
ALLE Ma’s is Welkom
Uitslag van sport @ Voortrekker (Tuis)
14 April 2018
Rugby: Span AHS Voortrekker
1ste span 25 33
2de span 0 37
0/16 A 7 73
0/15 A 0 54
0/14 A 10 12
0/14 B 10 19
Netbal: Span AHS Voortrekker
1ste span 28 32
2de span 19 21
3de span 8 20
0/16 A 9 18
0/15 A 9 39
0/14 A 11 22
0/14 B 9 12
0/14 C 18 5
Dogtershokkie: Span AHS Voortrekker
1ste span 0 7
2de span 0 6
0/16 A 0 2
0/16 B 0 7
0/14 A 0 7
“„n Vriendin versterk jou met
haar gebede,
seën jou met haar liefde, en bemoedig jou
met haar hoop”
~ANONIEM~
VERANDERING
LET DAAROP DAT DIE LIGABEPALINGS AS VOLG
VERANDER HET:
21 April 2018 Rooies vs Hentie Cilliers (tuis)
12 Mei 2018
Rooies vs Welkom Gimnasium (tuis)
PROGRAM
VOLGENDE 2 WEKE
20 April Vrydag
Boekkontrole D 2
Tennis: Dogters 0/15: @ Bloues Seuns 1ste: @ AHS 0/15 Dogters 1ste: @ SS
SKAAK: Rooies vs Marquard Gekombineerd (tuis)
21 April Saterdag
Rooies vs HENTIE CILLIERS (tuis)
Netbal: Fezile Dabi-proewe (Sasol)
23 April Maandag
BL-vergadering om 18:00 D 3
24 April Dinsdag
D 4
Fezile Dabi-hokkie: H/S Viljoenskroon vs Rooies (weg)
Formele bal (dans)
25 April Woensdag
Rugby: 1ste D 5 Rondte Griffons-proewe
Hokkie: MEISIES NVS-proewe: 1ste Ronde te VUT (Vanderbijl) 0/14, 0/16, 0/18 (8:30 – 17:00)
26 April Donderdag
D 6
27 April Vrydag
Publieke Vakansiedag VRYHEIDSDAG (geen skool) Juf. Marthie Kleynhans verjaar
30 April Maandag
SKOOL VAKANSIEDAG (geen skool)
1 Mei Dinsdag
Openbare Vakansiedag WERKERSDAG (geen skool)
Hokkie: SEUNS Finale NVS-proewe te VUT (Vanderbijl) 8:00 – 16:30
2 Mei Woensdag
D 7
3 Mei Donderdag
TOETSPERIODE D 1
Boerevereniging: Uitstappie
Netbal: vs AHS Sasol (tuis)
4 Mei Vrydag
Hokkie: Meisies: D 2 Finale Ronde NVS-proewe te Bethlehem (9:00 – 17:00)
Landloop: Liga 1 ATKV Redenaars:
1ste Rondte Netbal: 0/14 & 0/16-
proewe Tennis:
Dogters 1ste
Span vs Parys Seuns 1
ste Span vs
Parys Seuns 0/15 vs Parys Dogters 0/15 vs SS
Afsnydatum vir betaling van 2de kwt se Wi-Fi by koshuis
Toetsdatums
Datum Gr
Vak
4 Mei 8 Wisk: Projek uit
9 Wisk: Projek uit
VERJAARSDAE
Suzanné du Toit (20 April) Tshepiso Mpholo (21 April) Francois Erasmus (23 April)
Linda Rood (24 April) Juan Kruger (25 April)
Donatien Welthagen (25 April) Elisna Eloff (26 April)
Nkite Pretorius (26 April) Juf. Marthie Kleynhans (27 April)
BAIE GELUK!