2011 december

24
Jaargang 18 Nr. 11 022-913 1796 Piketberg se koerant vir Piketberg se mense... Lees binne Diamant bruilof vir Andries en Elsa...p8 70 Jaar knopie vir Lettie...p8 Deon groet Die Piketber- ger...p9 Boland rolbal...p15 El Roi kosprojek...p16 Steynville Primêr Hoofleiers...p20 Malie Coetzee 100...p21 Pas getroudes...p22 www.piketberg.com R2,00 Desember 2011 AUTO ELECTRICAL SPECIALIST ONE STOP MOTOR PART SHOP PIKETBERG 022 913 1939 022 913 2404 Alle korrespondensie aan [email protected] Belowende Blondies Juné van der Westhuizen en Janeske Rade- man is twee studente wat deur Magdaleen van Zyl ingeskryf is vir SATCH. Hulle het op Stel- lenbosch gaan deelneem en toe deurgedring na die nasionale rondte in Johannesburg. Janeske het aan prosa deelgeneem en het nasionaal drie silwer medaljes verower. Juné het aan prosa en modelwerk deelgeneem en Juné van der Westhuizen, Magdaleen van Zyl en Janeske Rademan Foto: Berenice Scheepers het een silwer, een goud en een plati- num medalje verower en het nou die geleentheid om volgende jaar na Amerika te gaan. Dis ‗n ongelooflike prestasie vir dié twee blondies van Piketberg en juffrou-blond is baie baie trots op haar leerlinge. wens hiermee al ons getroue kliënte „n Geseënde Kersfees en voorspoedige 2012 toe Let asb op ons winkel-ure tydens die Feesseisoen: 16 Desember 2011: 7.30 - 20.00 25 Desember 2011: GESLUIT 26 Desember 2011: 7.30 - 20.00 31 Desember 2011: 7.30 - 20.00 01 Januarie 2012: GESLUIT

Upload: piketberg-tourism

Post on 26-Mar-2016

368 views

Category:

Documents


17 download

DESCRIPTION

 

TRANSCRIPT

1

Jaargang 18 Nr. 11 022-913 1796

Piketberg se koerant

vir Piketberg se

mense...

Lees binne Diamant bruilof vir Andries en Elsa...p8 70 Jaar knopie vir Lettie...p8 Deon groet Die Piketber-ger...p9 Boland rolbal...p15 El Roi kosprojek...p16 Steynville Primêr Hoofleiers...p20 Malie Coetzee 100...p21 Pas getroudes...p22

www.piketberg.com

R2,00

Desember 2011

A U T O E L E C T R IC A L S P E C IA L IS T

O N E S T O P M O T O R P A R T S H O P

P IK E T B E R G

0 2 2 9 1 3 1 9 3 9

0 2 2 9 1 3 2 4 0 4

Alle korrespondensie aan [email protected]

Belowende Blondies

Juné van der Westhuizen en Janeske Rade-man is twee studente wat deur Magdaleen van Zyl ingeskryf is vir SATCH. Hulle het op Stel-lenbosch gaan deelneem en toe deurgedring na die nasionale rondte in Johannesburg. Janeske het aan prosa deelgeneem en het nasionaal drie silwer medaljes verower. Juné het aan prosa en modelwerk deelgeneem en

Juné van der Westhuizen, Magdaleen van Zyl en Janeske Rademan Foto: Berenice Scheepers

het een silwer, een goud en een plati-num medalje verower en het nou die geleentheid om volgende jaar na Amerika te gaan. Dis ‗n ongelooflike prestasie vir dié twee blondies van Piketberg en juffrou-blond is baie baie trots op haar leerlinge.

wens hiermee al ons getroue kliënte „n

Geseënde Kersfees en voorspoedige 2012 toe

Let asb op ons winkel-ure tydens die Feesseisoen:

16 Desember 2011: 7.30 - 20.00 25 Desember 2011: GESLUIT 26 Desember 2011: 7.30 - 20.00 31 Desember 2011: 7.30 - 20.00 01 Januarie 2012: GESLUIT

2

Om ‘n plek te hê As iemand sy plek ken, is dit ‘n groot kompliment. Dit beteken hy weet wanneer om wat te sê en te doen. Die woord ―plek‖ het meer betekenisse – jyt ‗n lekker plek (huis) en jy bly in ’n mooi

plek (dorp). Jy kry plek in die span, vind ’n plek in ’n vriendekring en hou vir mekaar plek in die ry. Om ‘n plek te hê, gee rustigheid en sekuriteit. Leer vir Onderwyser en mense waarsku jou om jou kollegas se sitplekke in die personeelkamer te respekteer. Met smaak word vertel uit die ou tyd hoe mense die kerk verlaat het omdat ander hulle plekke op die kerkbanke gevat het. Ek weet regtig nie hoekom die gedagte aan ―op dieselfde plek sit” vir ons vreemd is nie. Het jy al jouself getoets? Woon twee of drie dae ‘n konferensie by en die waarborg is feitlik 100% dat jy op dieselfde plek gaan sit, by dieselfde venster met jou uitsig op die spreker dieselfde. Hoeveel te meer by jou werk en in die kerk. Ek het ‘n paar maande gelede my plek in die kerk verruil vir ‘n ander plek, en was dit nou lekker toe iemand die moed het om my te vra waarheen ek verdwyn het. Iets in my het geweet iemand gee genoeg om en daarom die besorgdheid. Ek is net na ‗n ander plek, by ‘n ander venster met ‘n ander uitsig. Ons gaan Kersfees in en word herinner daaraan dat Jesus gebore is om uiteindelik in ons plek te sterf sodat ons ‘n plek in die Hemel kan hê. Wat ’n waarheid! Dit gee vir my sekuriteit. Sjoe, is ek bly Iemand hou vir my plek.... Marietha

Redaksioneel

Klavierstemmer Stem, herstel, koop, verkoop

en restoureer klaviere. Lid van Klavierstemmersvereniging.

Opgelei te Worcester. Kontak Wessel de Beer

023 232 0422 of 082 704 3276

Skakel met Deon van Dyk om in te teken op Die Piketberger teen R90 vir 11 uitgawes (Mei tot April) per

pos in RSA en R130 per jaar vir 11 uitgawes na die buiteland. (Nuwe intekentariewe vanaf April.)

Redaksie

([email protected])

Redakteur: Kenneth Smit

Mede-redakteur, berigte en foto‟s: Marietha Goosen 022-913 1796;

Advertensiebestuur-der: Deon van Dyk 022-913 1529

Uitleg: Barbie Breunissen en

Kenneth Smit

Redaksioneel geborg deur Dr. Herold Truter

Volblad: R420 Halfblad: R290

Kwartblad: R195 Agsteblad: R120 Ander groottes op aanvraag.

DIE PLASING VAN FOTO’S IN HIERDIE UITGAWE WORD

GEBORG DEUR DOKTER SCHEEPERS.

Gesoek Huis om te Huur

Dink u daaraan om u huis te verhuur aan iemand wat so goed daarna sal kyk soos uself?

Ons soek na 'n huis om te huur vanaf Februarie 2012, in of naby Piketberg. Ons huur op die oomblik 'n huis in die Noord-Kaap en het dus goeie verwysings. Belangrik vir

ons is dat ons Staffie nie sal kan ontsnap nie! Skakel asseblief 072 954 6564 Denise Nel

Jasper en Johanna Coetzee van Stellenbosch skryf... 'n Eeu gelede is ons moeder en ouma, Malie Coetzee, op 21 Oktober op die plaas Goedehoop, Aurora distrik, ge-bore. Dit was 'n groot voorreg om hierdie dag saam met haar te gedenk in Huis AJ Liebenberg, waar sy al die af-gelope 10 jaar 'n inwoner is. Toe ons 'n paar uur na die teeparty daar wegry, was ons met dankbaarheid vervul. Dankbaar teenoor 'n dorp en sy mense wat nie ons weer-lose bejaardes vergeet nie. Ons het groot waardering vir Lilla en haar span van Huis AJ Liebenberg wat met deernis en sorg na haar omsien. Baie dankie vir die Be-heerraad van die tehuis wat fondse bewillig het vir die funksie en vir Ezette Mouton se optrede as seremonie-meester. Die plaaslike Spar het by wyse van 'n baie spe-siale verjaardagkoek en goeie wense hulle gelukwense oorgedra en Raadslid Johan Botha het 'n verjaardag-boodskap van die Premier, Helen Zille kom oordra. Aan belangstellendes wat blomme, eetgoed en geskenke vir Ouma gebring het, sê ons baie dankie. Baie dankie vir ‗n pragtige funksie en dankie aan 'n dorp wat nie vergeet nie.

Te Huur Koringberg—Klein gemeubileerde huisie, water en

elektrisiteit ingesluit. R2000,00 pm. Tel 022 423 8015 Sel 0767406395

Lilla Treurnicht skryf ... Baie, baie dankie vir julle besoeke op 4 en 11 November by Huis AJ Liebenberg. Dit was regtig so lekker om julle hier te kon ontvang en julle sal nooit besef wat dit vir ons inwoners en personeel beteken het nie. Al die kaartjies, blomme, drukkies, liedjies, presentjies en eetgoed, vir ons almal was dit 'n fees. Baie dankie vir al jul liefde en vriendelikheid wat julle saamgebring het. Aan elke Kix-kind en Kix-leier stuur ons Kersgroete van almal hier. Briewe vervolg op bl 4

Briewe van ons lesers

3

LOXTON MOTORS Langstraat 60

Piketberg 022 913 1136

24 uur Brandstof Verkope

Verkope van motor en trekker onderdele

Herstelwerk en dienste van voertuie, vragmotors, trekkers, spuitpompe en ander plaas implemente.

Kontak ons gerus vir ‘n kwotasie

Baie dankie vir u getroue ondersteuning die afgelope

jaar Mag u ‘n Geseënde Kersfees hê en ‘n Voorspoedige

Nuwejaar Geniet u vakansie en kom veilig terug!

BESTE WENSE

Jaco, Belinda en Personeel

4

Klere vir die vrou met

Winkel 022-913 2418

022-942 1787

Riana Smit 022-942 1787

082 921 1977

Hoender en Noedelslaai 100g noedels 50g hoenderfillette 30ml mayonnaise 120g gekapte pynappel Gekapte seldery Gekapte soetrissie (indien verkies)

Metode: Kook hoender tot gaar. Laat afkoel en sny fyn. Geur met sout. Kook noedels in soutwater tot sag, dreineer en spoel af in kouewater. Gooi hoender en noedels in slaai-bak. Meng pynappel, seldery en soetrissies by. Gooi mayonnaise by en meng deur. Laat koud word in yskas. Bedien met ‗n groenslaai.

Lewer 4 porsies. Dit kan as ‘n ligte ete voorgesit word.

Kekkel & Kraai

Langstraat 79

Piketberg

022-913 2297

Geskenkbewys kan gewen word met die aankoop van Green Cross skoene

Nuwe Somervoorraad beskikbaar.

Froggie, Green Cross en Tsonga skoene beskikbaar

Johan Smit van Eendekuil skryf... Hoe sê mens dankie? Ek onthou die liedjie, DANKIE, van Lance James en die reël wat lui - "Hoe sê mens dankie na soveel jare". Vir my en Marietjie was dit net vir een jaar dat ons met ons kleinkind, Jonathan, op Eendekuil kom woon het, maar dis nie moeilik om DANKIE te sê nie, want na 'n jaar het Eendekuil en sy mense in ons harte kom inkruip, het ons vir hulle lief geword. Hulle is omgee-mense. Na my aftrede uit die onderwys, vestig ons op Hartenbos. My kleinkind, word deel van ons lewe en ons bring hom na Laerskool Eendekuil vir gr 7 om die atmosfeer van 'n klein skool te beleef nadat Taurette Sindroom by hom gediag-noseer is. Eendekuil is nie heeltemal vreemd vir ons nie. Ekself word groot op Paleisheuwel en my vrou op Piketberg. Toe die skoolhoof van Laerskool Eendekuil, mnr Coetzee, in 1979 sterf, doen ek aansoek, kom vir die onderhoud, maar my lewenspad sou my eers in 2011 weer na Eendekuil bring. Gou word ons deel van die skoolopset. Ons huur die skoolhoofwoning, word verkies op die skoolbeheerraad en werk lekker saam met won-derlike mense. Dankie, Cassie Rossouw, jy het die span briljant gelei - puik voorsitter; Jimmy Wiggins ken die skool, want het hier skoolgegaan - neem sterk standpunt in; die kalme Henrico van der Merwe; Rita Brand - hard-werkende en puik sekretaresse; en die personeel. Baie dankie, dit was aangenaam vir my en my vrou om met fondinsamelings te help en die kersie op die koek die skool se 100-jarige reunie saam te vier. Dit bring my by die personeel. Die skoolhoof, Marié Grobbelaar, is 'n kap-tein duisend. Waarom die skip moes sink (skool sluit sy deure einde van die jaar permanent), is beslis nie haar of die bemanning se skuld nie. Getalle vermindering het die boot laat omslaan. Hoede af vir hierdie heldinne! Marié Grobbelaar, Lydia le Roux, Leanda Barnard, Mariaan Compion, Annemarie Smit en Ensa Smit, die sekre-taresse. Julle het ons kinders die lewenswaardes, kennis en om nog kind te wees, geleer. Hoe sê ons DANKIE vir wat julle hierdie jaar vir Jonathan beteken het. Bonatuur-like wysheid was soms nodig. Ook dit het nie kortgekom nie. Ons salueer jullle en sal julle nooit vergeet nie. Ons vertrek einde van die jaar, maar dié mooi herinneringe van Eendekuil gaan saam: Die skool en personeel se onbaatsugtige bystand. Ds Frikkie Louw se diep en hartroerende preke. Tannie Libbie se lekker eetgoedjies. Al die vriendelike mense aan wie Jonathan kaartjies ver-koop het. Vriende wat ons gemaak het. Die vriendelikheid van die mense by Tokkie se Winkel, die Koöperasie, die Polisie, die Munisipalitieit, Divan en Tanya by die Biblio-teek, die Hotel, duikklopper Jaco de Waal vir al die "tools" se leen, die Kerkkantoor. Dankie aan al die Kix-Tannies, Elsa, Antoinette, Beatrix en Anelize. Julle was blomme in Jonathan en die kinders se lewens. Ek wens ek kon elke naam noem. Voel ingesluit, want glo my, elkeen van u in Eendekuil sal vir altyd in ons gebede wees. Ons groet tot ons mekaar eendag weer ontmoet. Die Piketberger spreek namens die gemeenskap van Piketberg hulle spyt uit oor 'n baie goeie skool wat toemaak. Bg brief is soos menige mense voel oor die afgelope 100 jaar. -Red.

Briewe vervolg

Johan en Marietjie Smit en hul kleinseun, Jonathan.

5

Winkelshoek

6

022-913 2646

Ons is nog steeds u

Nommer 1 voorsiener van

die nuutste DVD’s

Dankie vir u

volgehoue

ondersteuning!

Kom loer in om ons

“specials” te sien!

MEDIESE PRAKTISYNS

Drs Smit & Morrison

Hoofstraat 60 Main Street PIKETBERG

7320

022-913 1172 alle ure / all hours

022 913 1907

Besigheidsure / Business Hours Ma - Vry 08:00 - 17:30 Mo - Fri

Sat 08:00 - 13:00

DUPMEUBELS Kompetisie wenner van DSTV pakket

Mnr. G.J. Erlank van Porterville en Jacques du Plessis met die oorhandiging van „n DSTV

pakket wat mnr Erlank gewen het met 'n ge-

lukkige trekking te Dup Meubels

Foto verskaf

Dup Meubels het weer 'n gelukkige trekking waar twee

persone elk 'n DVD speler kan wen met aankope van

R1 000 of meer te Dup Meubels vanaf 1 November 2011

tot 31 Desember 2011

Piet Bruwer se stories vervolg…. deur Pierre Steenkamp

Die goudmyn langs die Piketberg-Redelinghuys pad As ‗n mens van Piketberg na Redelinghuys ry, kry jy ‗n

entjie anderkant Het Kruis, ‗n skerp draai in die pad net

voordat ‗n mens met ‗n bruggie oor die rivier ry. Kort an-

derkant hierdie bruggie is daar ‗n koppie aan die linker-

kant van die pad. In die koppie was daar vroeër ‗n goud-

myn. ―n Skag is van die bokant van die koppie laat sak en

daar is ook ‗n skag horisontaal gegrawe. Toe ek laas daar

was, was beide nog sigbaar. Die hoeveelheid goud was

egter te min om die myn ekonomies vatbaar te maak. Die

storie het egter ‗n kinkel. As jy na die koppie aangery

kom, sien jy dat die teerpad na regs swenk, terwyl daar ‗n

wit gruispad reguit aangaan en deur die kan van die kop-

pie beweeg. Die storie loop so dat die ingenieur wat die

Piketberg-Redelinghuys pad gebou het, die pad so effens

van sy oorspronklike rigting laat afwyk het om sodoende

deur die koppie te gaan. Met dié dat die gruis klaar los-

gewerk is met die padwerke sou dit maklik vir hom wees

om vir goud daarin te soek. Die owerhede in Kaapstad

het egter van sy planne te hore gekom en die ingenieur is

afgedank en die pad is op sy huidige roete aangelê. Ek

en Piet het toe een Saterdag so in 1994 se omgewing ‗n

groep kinders uit van die skole in Piketberg en omgewing

op ‗n uitstappie na die goudmyn asook rotstekeninge in

die Verlorenvlei omgewing geneem. Ek glo dat van die

kinders nog die uitstappie sal onthou. Miskien kan hulle

hul ervaring van die dag met ons deel.

Soek!!!!!

Strooi om te baal!

Skakel Michael Smuts 083 603 0007

7

4U VERVOER

vir die vervoer van bousand, klippe, stene, sement, implemente, palette, vrugte en groente, veevoere, lewende hawe, koring, sement, kunsmis, rommel …

6 ton en 8 ton platbak vragmotors

2 X 6 m³ tipper, en ligter voertuie

Voldoende transito dekking. Vooraf

bespreking noodsaaklik.

Kontak Fourie Lötz vir 'n kwotasie

082 660 2470 022-913 3984

Ons reël alles en maak die kos.

Ons maak u funksie vir u maklik. Reël

alles van begin tot opruim.

Verskaf alles (kos, eetgerei,

alle glase ens.)

Fourie Lötz beskikbaar om self die braaiwerk te doen @ bekostigbare prys

VIR KWALITEIT EN GOEIE PRYSE

EK KAN SPOG MET DIE WORS

Digger Loader werk

Uitgrawe van grond en sand

Skakel Adam 078 148 1771 of

Fourie Lötz 082 660 2470

022-913 3984

PLAASVLEIS PIKETBERG Kloofstraat 34

2 Spitbraaie en/of -braaier te huur

Tuis gebak ook beskikbaar

Ons verwerk ook vleis en wild wat by ‘n goedgekeurde

abattoir geslag is

Dankie vir u ondersteuning in 2011

Voorspoed vir die Kersfees en 2012

Mag alles ten goede wees Vrede

Johan de Villiers

Johan de Villiers verruil Piketberg vir “mees Suidelike Punt”

Johan de Villiers stof einde November Piketberg se stof van sy voete af om hulle in die koel Struisbaaise seesand te gaan ingrawe. Sy winkelspore loop terug tot 1966 waar hy as skoolseun van Ceres naweke en vakansies by Baumanns gewerk het. Vandaar het sy pad deur Laings-burg Koöperasie, Bredasdorp Verbruikers en Clanwilliam se Ramskop Verbuikers geloop. Hy en sy vrou, Juliana, het hulle gedurende 2008 in Piketberg kom vestig waar hy hom by die Boland Superspar-span aangesluit het. Onder sy leiding het Boland Superspar die nasionale “Golden Cleaver award” asook 2x “Slaghuis van die Jaar” in die Wes-Kaap gewen. Johan sal deur vriende, kollegas en kliënte gemis word vir sy goeie menseverhoudings, sy vriendelike diens en sy stem ”oor die lug!” Sy pos word intern gevul deur bestaande, bekwame personeel. Johan sal vanaf Desember in die hoedanigheid van Winkelbes-tuurder by OK Grocer op Struisbaai werksaam wees. Piketbergers & Boland Superspar wens hulle alle voor-spoed toe vir die toekoms!

Die Piketberger stem saam met die ou gesegde ―Piketberg se verlies is Struisbaai se wins‖. Baie dankie vir jou goeie gesindheid die afgelope paar jaar. Ons beste wense vergesel jou en jou gesin. Lees Piketberg se nuus op die web.

8

Minimax Vervoer

Ons vervoer enigiets van trekkers, implemente, beams, bins, palette, stene, kafbale, meubels, sement,

losmaat asook bourommel en vullisverwydering.

Te huur vir bestuursoefenlesse en uitpassering (kode10 /C1)

Deelvragte ook beskikbaar 1x 8 ton trok en

Ligter voertuig met sleepwa

André Yardley 079 994 5435

OPLEIDING MENSLIKE HULPBRONNE ADMINISTRASIE WERWING, KEURING EN PLASING ARBEIDSVERHOUDINGE

Hofstraat 1 Posbus 365 Piketberg

7320

022-913 2933 Faks: 022-913 2959

Dave Ferguson 083 306 2572 E-pos [email protected]

Diamant Bruilof Andries en Elsa Mostert het hulle 60ste huweliksher-denking gevier. Hulle is op 3 November 1951 op Stellen-bosch getroud. Hulle woon sedert 1953 op Redelinghuys. Oom Mostert is 93 jaar oud en tannie Elsa is 80 jaar oud. Oom Mostert was skoolhoof van 1976 tot 1982 by Laer-

skool Redelinghuys. Hulle is twee geliefdes op die dorp

en in die omgewing.

Andries en Elsa Mostert het op Donderdag 3 Novem-ber 2011 hulle diamante bruilof gevier.

Foto: André Mostert

VLV lede Riana Richter (voorsitter), Dinette Lochner (sekretaresse) en Marthie du Toit (sameroeper Open-

bare Sake) by Lettie le Roux (voor). Foto: Verskaf

Onthou om te herwin in die deurskynende sakke.

70 jaar knopie vir Lettie le Roux By ‗n onlangse byeenkoms van VLV Piketberg is ‗n 70 jaar lidmaatskapkenteken aan Lettie le Roux oorhandig. Sy het in April 1939 by die VLV-tak van Van Rhynsdorp aangesluit en is sedert Januarie 1947 ‗n lojale lid van VLV Piketberg. Lettie het oor baie jare deur haar voorbeeld en insette die pad vir jonger lede aangedui. ―‘n Nuwe besem vee skoon, maar ‗n oue ken die hoekies!‖ Anoniem

9

Elmirique uit Holland skryf ...

Die tyd gaan so gou verby wanneer 'n mens die lewe die

meeste geniet. Dit begin nou winter raak hier en dis net

koud. Soggens is daar baie ys op die karre, lyk amper

soos sneeu. Ek geniet nog my tyd baie by my familie vir

wie ek au pair en dis elke dag 'n groot plesier om by hulle

te wees en deel van hul gesin uit te maak. Aan die einde

van November het ons 'n au pair dag vir al die au pairs

van Travel Active en dan gaan ons 'n Sinterklaas viering

hê en vir hom ontmoet. Dis die Nederlanders se "kers-

vader". Die kinders is almal in 'n gelukkige bui, want hulle

moet mos soet wees om 'n geskenk te kan ontvang en

hulle moet liedjies sing voor slaaptyd. Dis nog 'n nuwe

ding van hul kultuur wat ek beleef. Ek wil net almal in

Piketberg 'n Geseënde Kersseisoen toewens en mag al-

mal 'n Voorspoedige 2012 beleef. Julle sal in die Nuwe

Jaar weer van my lees, eers gaan ek ‗n rukkie België toe

saam met 'n vriendin vir Kersfees en my verjaarsdag...

Groete daar!

Te Koop in Porterville Dubbelverdieping siersteenhuis, drie slaapkamers met mat en igk; 2 volledige badkamers; studeer– en tv-kamer; oopplan met spens; lugversorgers; aluminium vensters met diefwering; skuifdeure met Trellidors; veiligheidshekke; toegeboude patio; besproeiing; motorhuis met plek vir ± vier motors. Oppervlak van erf: 1660m² Prys: R2 900 00,00 Kontak Marietjie Bucknall Tel: 022 931 2317 / Sel: 083 690 7225 n.u.

Deon van Dyk tree einde Desember uit as Advertensiebestuurder van Die Piketberger. Ons bedank hom vir al sy op en af ryery om elke maand genoeg adverteerders te hê sodat Die Piketberger kan verskyn. Dankie vir die noukeurigheid waarmee jy die rekeninge gedoen het, sodat die boeke elke maand geklop het. As oud onderwyser van PHS was hy betrokke by die beginjare van die koerant en het van-weë sy lojaliteit, hom skitterend van sy taak gekwyt. Sy opvolger is Margaret Smit. Adverteerders word genooi om Margaret te kontak by 022-913 1777 alle ure of 083 708 1525 of [email protected]

Ons groet vir Deon

ACVV Residensiële fasiliteit vir Ouer Persone

Huis AJ Liebenberg, Piketberg

VAKANTE BETREKKING : HOOF

Rig asb. navrae aan Voorsitter Mev E Liebenberg

Tel No 022 913 2008

Sel No 0845818560

Diensaanvaarding : 1 Feb. 2011

Aansoeke sluit : 25 Nov 2011

10

SANLAM

11

VLV projek

Tydens ‗n onlangse vergadering van Vroue van Môre –

projek van VLV Piketberg – het die wêreldbekende Elbeth

Liebenberg, ‗n lid van die tak, vir dertig vroue geleer hoe

om polistereen balle met lap oor te trek en met kraletjies

en blinkertjies af te rond. Behalwe die projekleier Marthie

du Toit het ses VLV-lede gehelp om die vroue touwys te

maak. Hulle was met reg trots en gretig om hul selfgema-

akte kersballe op ‗n spesiale plekkie in hul huis op te

hang.

VLV Leefstyl Tydens VLV Piketberg se Leefstyl vergadering op 27 Ok-tober 2011 het Christo van Schalkwyk die lede weg-gevoer na sy fabriek Oregon & More in Piketberg. Hy het nie net die vergaderlokaal in ‗n ―vertoonkamer‖ met meu-bels omskep nie, maar ook ‗n draaibank saamgebring en behendig en vinnig ‗n kapstok se hake met Birmaanse kiaathout uitgedraai, die artikel voltooi en aan die tak ge-skenk om uit te loot. Christo het rondom die onderwerp Restourasie en Riempies gesels. Inheemse woude van boekenhout en geelhout is uitgeroei en aan die verdwyn. Die gewilde Oregon hout kom oorspronklik van Oregon in Kanada. Tussen 1902 en 1960 is bootvragte oregon uit Engeland na Suid-Afrika verskeep en is o.a. aangewend vir meubels en houtwerk in baie geboue. Vandaar die gesogtheid en goeie kwaliteit van deure, kosyne, rame, vloere en vloerlyste in baie van ons antieke geboue. Goeie raad van Christo is om veral nie van meubels ge-

maak van Birmaanse kiaathout ontslae te raak nie. Dit

raak skaars en die hout is onverganklik.

Die ene konsentrasie terwyl VLV-lid Elné Eksteen help.

Hester Bendini, Elbeth Liebenberg (aanbieder van die werkswinkel) en Gerty Paulse.

Die trotse Vroue van Môre saam met Elbeth Lieben-

berg en hul voltooide lapballe. Foto‘s: Verskaf

Christo van Schalkwyk

by sy draaibank besig

om 'n kapstok te voltooi

tydens sy demonstrasie

by die VLV-vergadering

Foto: Verskaf

Die volgende Piketberger verskyn op 26 Januarie 2012. Berigte en advertensies moet ons bereik teen 17 Januarie om 5nm.

12

REG. NO. 2006/152059/23

Professionele Installeerders van

Warm Water Verhitting Swembad Verhitting

Die Tyd is Nou: Die toestel wat help om jou swembad langer Om die grootste krag gebruiker in u Huishouding te gebruik deur die jaar. met tussen 60 – 80% te sny. Die son word gebruik as gratis verhitter. Ons natuurlike hulpbron, die son, is ± 89% van Die swembad is ‗n plesier, maar kan ‗n die jaar beskikbaar en gratis tot u diens. groter plesier wees. Sit daardie ekstra paar rand terug in u begroting en laat die son die werk doen.

*Geen Middelman, *Personlike Diens, *Bekostigbare Installasies, *15 Jaar Paneel Waarborg

Die Maatskappy doen die werk omdat dit ‘n passie is, nie net nog ‘n werk nie.

Ons dien die gemeenskap met die beste.

Areas: Piketberg, Citrusdal, Porterville, Moorreesburg, Velddrift, Hopefield, Langebaan, Darling, Malmesbury, Saldanha, Vredenburg, Laaiplek, St. Helenabaai en omliggende dorpe en plase.

Vir Enige Navrae Kontak Shane Capes Cell: 079 475 6016

Faks: 021 945 1529

Epos: [email protected]

13

Silver Threads Klub besoek Huis AJ Liebenberg

Daar is heerlik saam gesing en gekuier. As deel van die NID se 130ste Bestaansjaarviering het NID op 31 Oktober tot 5 November 2011 twee 130 Jaar Gedenklope vir Dowes aangebied. Die doel was enersyds om groter bewustheid rondom Doofheid en gehoorverlies te kweek, tweedens om die NID en ons dienste beter bek-end te stel en derdens om fondse te genereer om hierdie dienste aan Dowes en persone met gehoorverlies te kan lewer. Daar was vyf persone wat gedurende die week van 31 Oktober tot 4 November braaf genoeg was om die 130km ter viering van die 130 bestaansjare van NID te voltooi. Op Saterdag 5 November was daar 10 spanne wat elkeen een been van 13 km van die 130 km vanaf Piketberg tot Worcester afgelê het. NID wil graag die drawwers, gemeentes, Burgemeesters, raadslede en gemeenskappe van die Bergrivier, Breërivier en Witzenberg Munisipaliteit, hartlik bedank vir hul wonderlike ondersteuning tydens die Gedenkloop.

Nasionale Instituut vir Dowes 130km Gedenkloop vir Dowes

Hier is die vyf drawwers wat die 130km oor vyf dae voltooi het. Tim Stones (Hardhorend), Maryna Vos

(Doof), Magda Knoetze, Natale Roelofse (NID Adjunk Direkteur) en Hein Koch. Foto: Verskaf

ER Rosant Trust

Die ER Rosant Trust borg al sedert 2006 die

musieklesse van leerlinge uit die Piketberg

omgewing. Op die foto is vanjaar se twee leerders in

die middel Lesley-Anne Adams en Geraldo Witbooi,

en die twee verteenwoordigers van die Trust, Amy da

Silva en Fredeline Wolhuter. Die leerders neem

Musiek by Komien van der Westhuizen.

Foto: Marietha Goosen

Mary du Toit (Leidster) en mev Visagie geniet tee en skons saam met die inwoners.

Naomi Benjamin en haar vriendin saam met Gert Afrikaner. Foto‘s: Verskaf

Die Leeskringdames het met hul afsluiting „n gesellige oggend by Laffies Grill gehad. Daar is lek-

ker gelag tydens die stomstreke speletjie. Belangstel-lendes kan Gerna Croeser kontak by 022 913 6093.

Foto: Les Aylward

Leeskring

André Terblanché en Johann Enslin tree op 27 November om 19:30 op in die NG Kerk.

14

Arbeidskolom

Willem Coetsee, HR Dinamik, Kaapstad

Jaar-eind funksies Dit is daardie tyd van die jaar al weer waar werkgewers en werknemers funksies bywoon vir Kersfees of die normale Jaar-

eind funksies. Jaar-eind funksies gee besighede en hul personeel die geleentheid om te reflekteer op die jaar se sukses en/of probleemareas in ‗n baie rustige atmosfeer. By baie geleenthede is die Jaar-eind funksie die geleentheid waarby werkgewers hulle dank uitspreek teenoor hul personeel vir die afgelope jaar se harde werk en prestasies, maar Jaar-eind funksies het ook die potensiaal om beserings en wangedrag mee te bring omdat, soos by meeste funksies, daar onder andere alkohol betrokke is. Dit is daarom belangrik dat werkgewers die volgende in gedagte moet hou en ook met hul personeel dit moet bespreek voor die funksie; Herinner personeel dat die maatskappy beleide ook geld

by die Jaar-eind funksies, byvoorbeeld dissiplinêre beleide. Bedien alkohol verantwoordelik. Voorsien voedsel en ook nie-alkoholiese drankies. Kies ‗n veilige plek vir die funksie waar daar ook publieke vervoer beskikbaar is. Indien daar nie publieke

vervoer beskikbaar is nie, moet die werkgewer die verantwoordelikheid neem om vervoer vir die personeel te reël. Indien die werkgewers die funksie verlaat, moet

personeel besef dat hul nou self verantwoordelik is vir hul eie veiligheid. Bestuur moet ‗n voorbeeld kan stel deur verantwoordelik

op te tree. Maak personeel en bestuur spesifiek attent op seksuele

teistering, aangesien hierdie in baie gevalle probleme veroorsaak by sulke funksies.

Alhoewel die Kersfees seisoen en Jaar-eind funksies net een keer ‗n jaar gebeur vir ‗n baie kort periode, is dit belangrik dat besighede die nodige alkohol, dwelm en teistering beleide in plek moet hê vir onder andere hierdie tipe geleenthede. Met die ontwikkeling en implementering van bogenoemde beleide kan die volgende in gedagte gehou word; Sluit in die dokument ‗n verklaring in van die tipe gedrag

wat verwag word van personeel. Verklaar die verantwoordelikheid wat die besigheid gaan

of sal neem. Maak seker die beleid spreek pro-aktiwiteit. ‗n

Beleidsdokument hoef nie net ―moenies‖ te wees nie. Verseker dat alle personeel ingelig word oor die

beleidsdokument en bevestig dat almal die inhoud daarvan verstaan. Waar die beleidsdokument verwys na wangedrag, moet

die werkgewer voorsiening in die dissiplinêre kode maak vir die tipe oortreding en hoe daarmee gedeel gaan word. Sluit ook in waar en hoe ondersteuning gebied kan word

deur die maatskappy of besigheid in onder andere alkohol of dwelm verslawing ens.

Wanneer die bogenoemde in plek is, bly die totale verantwoordelikheid steeds jou eie om veilig by so ‗n werksfunksie te wees. Onthou om nie misbruik te pleeg nie, jy ken jou limiete. Sien om na jouself en sodoende ook jou kollegas. Hierdie funksies is om die jaar se sukses te vier en doen so verantwoordelik!

Die volgende rubriek is geneem uit ‘n Oos-Kaapse koerant met vergunning

van die skrywer, Pieter Rademan Dís hoekom ek ‘n

onderwyser is ―Meneer, hoekom jy is ‗n onder-wyser?‖ vra een van die Engelsmanne in my Afrikaans-klas die ander dag. Onmiddellik het ek die standaardant-woorde gereed: ek glo in ordentlike opvoeding en opleiding, ek voel veilig in ‗n omgewing waar daar behoorlike strukture is (dis nou my skool, nie noodwendig die wyer onderwyssisteem nie); ek hou daar-van om met jongmense te werk. Alles goeie antwoorde wat beslis bydra tot my liefde vir die onderwys. Maar ek wens ek kan vir hierdie seun sê wat die werklike dieper redes vir my onbeskryflike liefde vir die onderwys is. Maar ek weet ook dat wat ek éintlik wil sê, beslis as corny beskou sal word deur die jongelinge voor my. Daarom volstaan ek by die mooi, standard antwoord wat ek sopas aangebied het. Die knapie knik immers tevrede. En in my kop begin my opregte, éérlike antwoord, wat ek eintlik so graag wou gee, gestalte kry: Seun, ek is gek na die onderwys omdat kinders soos jy – ten spyte van jou onvermoë om behoorlike Afrikaans te praat, steeds genoeg respek vir my vak het om in hierdie klas met my in my taal te probeer praat. Of wanneer jy my in die gange raakloop, my in Afrikaans groet en aan-spreek. Ongeag die sterk moontlikheid om baie foute te maak, probeer jy dit wat ek vir jou leer, toepas buite die grense van wat nodig is. Hoe sê ek, sonder om corny te klink, dat ‗n Maandagog-gend se eerste skoolklok my opgewonde maak? Die eer-ste skoolklok van die week klink ánders: in daardie eerste skrilgeluid lê die baie opwinding wat die week inhou, op-gesluit. Dís die tipe dinge van skoolhou wat my elke dag lekker laat voel om hier te wees. Daarmee saam betower die vroegoggendreuk van ‗n skoolgebou my, die vreemde kombinasie van dou op die varsgesnyde gras van ‗n rugbyveld en die bietjie stow-werigheid wat in die gange hang nadat die vloere gevee is en die reuk van die baie houtafwerkings in die gebou, gemeng met handboeke en skooltasse. Dis die dinge wat my tref en onsigbaar iets binne my wakkermaak, dalk ‗n stille wete dat ek in die wieg gelê is om elke dag in hier-die milieu te werk en te lééf. In my klas is dit die vakkennis wat gedeel word en die lewenskennis wat probeer bemeester word, wat uitstaan, maar veral ook die stil oomblikke met wit bordkryt in die hand en my gesig ‗n paar sentimeter weg van die bord, wat my diep tref en die wit stowwerigheid van die bordkryt wat teen 15:00 nog aan my hande kleef, laat my goed voel. Of wanneer ons ‗n gedig ontleed of moeiliker werk verduidelik en ek in die kinders se oë kan sien iets is in hulle koppe aan‘t gebeur, weet ek dis hier waar ek moet wees; dis hoekom ‗ek ‗n onderwyser is‘. By die atletiekoefening, as Marius en Stuart eers stadiger hardloop en dan heeltemal omdraai om vir Hugh, wat baie ver agter is, te wag sodat hy die laaste rondte saam met hulle kan hardloop, word ek geïnspireer deur opregte sportmanskap. Of as ‗n topkind op die verhoog staan en sy hoofseun-balkie word aangesteek en ek die ek-kan-dit-nie-glo-nie-uitdrukking, gemeng met die uit-jou-nate-opgewondenheid in sy oë kan sien, dan weet ek ek is op die regte plek. Vervolg op bl.18

15

Boland Dames Rolbal Piketberg Rolbalklub kan met reg spog oor sy lede se prestasies. Drie lede, Alta Vos, Dale Gentle en Marianna Kirsten het aan die Boland Dames trips kompetisie deel-geneem. Hulle het hulle staal gewys teen spanne waarin daar verskeie Boland spelers was. Hulle dring ongelukkig nie deur na die volgende rondte nie, maar hulle het hulle goed van hulle taak gekwyt. Marianna en Dale neem aan

die Boland Dames pare deel. Hulle word in 'n seksie geloot wat baie strawwe kompe-tisie is. Hulle verras vriend en vyand deur as wenners uit die stryd te tree. Ongeluk-kig kon hulle nie die uitklopwedstryd wen nie. Dit bly egter 'n baie goeie prestasie. Marianna en Dale

word ook opgeneem in

die Boland C dames

span. Op 12 en 13 No-

vember 2011 verteenwoordig hulle Boland in 'n ontwik-

kelingstoernooi teen Suidkaap. Boland wen die toernooi.

Die span waarvan Marianna en Dale deel is, is onoor-

wonne vir die toernooi. Voorwaar 'n baie goeie prestasie.

Marianna word opgeneem in 'n oefengroep waaruit 'n

Bolandspan gekies sal word om in Desember teen WP en

Suidkaap te speel. Piketberg Rolbalklub is baie trots op

sy spelers wat so goed doen. Robal is lank nie meer net

'n sport vir die ouergarde nie. Die jongste speler tydens

die toernooi teen Suidkaap is net 15 jaar oud. Piketberg

rolbalklub wil almal, oud en jonk, nooi om te kom speel.

Kontakpersone: Sonia Richter 084 589 1332 of Marianna

Kirsten 072 071 6060.

Little Village Kwekery 10 jaar Little Village Kwekery is vanjaar 10 jaar tot u diens in die middel van Piketberg. ‘n Besoek aan hierdie kwekery met sy pragtige struike is beslis ‘n moet, jy sal verbaas wees watter lushof agter daardie muur skuil. Little Village Kwekery is geleë in Die Trek, langs die Soetkysie Sentrum. Loer gerus in en kry 10% afslag op enige aankope vir die hele Desember-

maand. Baie dankie aan elke lojale ondersteuner en vir die vriendelikheid uit die gemeenskap. Mag u elkeen 'n

Geseënde Kersfees hê en 'n Voorspoedige 2012 ingaan.

Dale Gentle en Marianna Kirsten. Foto: Marietha Goosen

Klassiek tot Kerskous

The Piketberg Police, who where performing crime pre-vention duties, seized drugs including dagga, mandrax and tik. The catch of the month of October was 5.6 kg dagga seized by Cst Ashley Africa. The 25 year old man, Brandon Blows, was found guilty and fined R6 000.00 or one year imprisonment. In another case Abraham Klaase was found guilty for the possession of dagga and fined

R600.00 or 90 days imprisonment and the 18 year old, Jaywin Fortuin, was sentenced to 90 days community service for the same offence. The in-ternal project TOP COP inspired members to 49 suspects arrested for drugs and people driving under the influence of alcohol. Sgt Jonathan Otto was the top cop for October month with seven drug arrests. In the first week of November members had already arrested 20 suspects for the possession of drugs, 14 possession

of dagga, 3 possession of tik and 3 for possession of mandrax. Cst Timothy Kok is leading for the new month. During the crime prevention blitz, Piketberg SAPS also arrested several people for crimes such as housebreak-ing and theft, assault, theft, shoplifting and rebellious be-havior. The police is calling on the community to assist with interaction that can lead to the arrest of drug dealers and smugglers. The stop and searches as well as the 60 second roadblock enhances effective service delivery, maximum visibility as well as cleaning of the streets for possible potential criminals of serious crimes.

Project Top Cop

Hannelize Gravell (viool) en Louise Visser (fluit) het gesorg vir „n interessante Vrouediens afsluiting met

die tema “Klassiek tot Kerskous”. Foto: Marietha Goosen

Kerssang 27 November

Little village kwekery

Joop Visser

Die Trek, langs Soetkysie Sentrum Posbus 446, Piketberg, 7320 022-914 5626 083 265 1870 [email protected]

Cst Ashley Africa

16

El Roi Kosprojek se Groentetuin Sjoe! Dis met GROOT opgewondenheid dat ons kan rap-porteer dat die groentetuin besig is om vorm te kry. Daar sal ongeveer 70 vrywillige leerders van Steynville Se-kondêr betrokke wees. Hulle is verdeel in agt groepe. Elke groep sal ‘n stukkie grond kry vir die jaar om hulle groente te verbou onder die toesig van verskeie kun-diges. Leerders word gemotiveer om gedurende oestyd hulle eie inisiatief te gebruik om hulle groentes te bemark en te verkoop. Die groep wat die grootste wins toon, sal aangewys word as die wenners vir 2012. Om hierdie leerders die vaardighede aan te leer om hul eie groente te verbou is ook ‘n belegging in hul toekoms deurdat elk-een leer hoe om fisies kos op die tafel te sit. Hulle leer dat ons moet werk vir dit wat ons wil hê. Ons moet buite ons boksies dink en entrepreneurs met nuwe idees wees. Dis met ‘n groot verwagting dat ons, ons asems ophou om te sien hoe ons Pa stukkie vir stukkie alles in plek laat val. Weereens BAIE DANKIE aan Mnr Kamfer, skoolhoof van Steynville Sekondêr en die res van die personeel vir al julle hulp en ondersteuning van hierdie projek. Ons is dankbaar vir jul opregte liefde teenoor hierdie kinders en vra nederig omverskoning vir die foutiewe inligting van verlede maand waar na Mnr. Saal (onder-hoof) verwys is as die skoolhoof. Weereens baie jammer vir enige on-gerief.

Kersfees inkopie ervaring

6-10 Desember Iza Schreuder skryf...

Ek is ‗n groot aanhanger van alle Kersmarkte en het elke

jaar kilometers ver gery om dit by te woon. Na elke mark

het ek so ryk gevoel en is my sintuie en kreatiwiteit so

geprikkel dat ek begin droom het van ‗n mark hier in

Piketberg. Met hierdie mark wou ek ander Piketbergers

ook bederf. My droom kon ek deel met vriendinne wat

dieselfde passie vir mooigoed as ek het en na baie

gesprekke en kosteberekenings het ons besluit dat ons

hierdie droom ‗n werklikheid gaan maak. ‗n Droom word

toe ‗n groot verrassing. Verlede jaar het ons ons eerste

mark gehou en wat ‗n groot verrassing was dit nie. Met

goeie ondersteuning van die publiek was dit ‗n reuse suk-

ses. So ‗n groot sukses dat ons besef het die behoefte

na ‗n mark is groot en dat ons definitief hiermee moet

voortgaan. Daar is gedroom van uitstallers en ‗n groter

lokaal, hierdie het alles realiseer en ons moes van die

Klubhuis skuif na die skoolsaal. Ons kan met trots sê dat

ons meer as 40 uitstallers het, plaaslike uitstallers ook,

met die pragtigste produkte. Hierdie uitstallers is aan

keuring blootgestel sodat ons net die beste en mooiste

vir Piketberg kan bied. Met Kersfees om die draai is hier-

die die ideale geleentheid om Kersfees inkopies te kom

doen. Daar is geskenke vir groot en klein en die lekkerste

eetgoed. Koffie sal heeldag brou en die koffiewinkel sal

toegerus wees met heerlike soetigheid asook mid-

dagetes. Die mark begin op 6 Desember en sal aanhou

tot 10 Desember. Ons sal oop wees elke dag vanaf

09h30 – 18h00 en Saterdag vanaf 09h00 - 14h30. Hier-

die is nou een van daardie dinge wat jy nie mag misloop

nie, so bring gerus vriende en vriendinne en kom bederf

julle sintuie en jou geliefdes met asemrowende mooi ges-

kenke.

Iza Schreuder, Elna Schreiber, Jo-Anne Lubbe en

Mariaan Marais. Foto: Gisela Lambrechts

Hier verskyn van die vrywillige leerders van Steynville vir die

groentetuin en die onder-skoolhoof. Op inlas regs is Mnr Kamfer,

skoolhoof Foto‘s en berig deur Emily Rossouw

Geseënde Kersfees

PIRB REG.NR.2859/03 Gelisensieerd om loodgieter

sertifikate uit te reik. EMAIL:[email protected]

17

Vier fees -magdaleen van zyl-

5 November 2004 sit ek voor ‗n onko-loog wat vir my sê dat die uitslae van die biopsies gekom het en dat ek ‗n 50% kans het op oorlewing. (Ek wou nooit hierdie feite bekend maak nie,

want ek was so bang mense dink ek‘s besig om dood te gaan en ek wou natuurlik nie hê my kinders of ouers moes dit weet nie, nou kan ek dit maar sê, want dit kan niemand meer skade doen nie.) Wat praat die man tog, het ek in my enigheid gedink. Ek kry dan nie eers verkoue nie. My siektes wat ek deur my hele lewe al gehad het, kan ek op my een hand tel: skarlakenkoors in standerd een, griep in standerd vier, weer griep toe die kinders kleinerig was, die varkgriep so ‗n jaar of wat gelede en kanker. Ander mense kry kanker. Partykeer iemand wat ‗n mens ken en dan dink jy dis vreeslik erg dat jy iemand ken wat kanker het, maar dit raak jou ook nie heeltemal so erg nie, jy lê besoek af, dra dalk kos aan, maar voel dit nie heeltemal nie. Maar as jy daar voor iemand sit wat vir jou sulke nuus gee? My eerste reaksie was dat my kinders okay moet wees en hoe kan hulle as hulle die volle waarheid weet, het ek gedink. Gelukkig is deel van my ongelooflike seëninge my ouers en kon hulle net dadelik in my huis intrek en sou die boeties skaars agter-kom dat hulle ma nie daar is nie. God gee ‗n mens on-gelooflike krag, baie meer as wat jy eers voor bid, want my twee kinders moes so swaar trek, aan ‗n ma wat kanker het, ‗n egskeiding tussen hul ouers en ‗n trekkery van hul geliefde plaas af. Deur elke dag en week en jaar het God hulle, my ouers en veral vir my, opgelig en in sterk arms rondgedra. Deur die afgelope sewe jaar was daar telkens toetse en tellings wat nie positief was nie, ‗n gewas aan my nier, dan weer ‗n klein onskadelike gewas aan die ander nier en dan die grootste gedeelte van 2010 wat ek pyn gehad het, maar ietwat van ‗n bangbroek was vir ‗n operasie. Toe die operasie uiteindelik November 2010 gedoen is en al die kwaad weereens uitgesny kon word, was ek op ‗n wolkie. Ek glo ALTYD dat die kanker NOOIT weer gaan hervat nie en daarom vier ek alweer fees. Dit is alweer November en dit is nou sewe jaar sedert die aanvanklike diagnose van kanker en hier spring ek rond, stap soggens tussen drie en vier kilometer (al is my bene permanent styf omdat van my limfkliere verwyder is en dit pyn in die nag), ek werk, lei ‗n vol en gesonde lewe en het hope energie. God is groot en al-magtig! By God is alles en enige iets moontlik. November is my feesvier-maand, maak dit sommer joune

ook. Vier fees omdat jy gesond is, omdat jy lewe, omdat

jy mense het wat vir jou lief is, omdat jy kan werk, omdat

jy jou sintuie kan gebruik, omdat jy kos het, omdat jy bly-

plek het, omdat jy mooi dinge om jou kan sien en ervaar,

omdat ons op so ‗n mooi plek soos Piketberg bly, omdat

jy familie het, omdat jy LEEF, omdat jy God ken. Vier

Fees!

Vervolg van bl.15 Of wanneer diegene wat nié opgeroep is om ‗n prefek-balkie te ontvang nie, moedig en sterk aangaan en op ander terreine bydraes lewer, besef ek telkens weer hoe ek as onderwyser help bydra tot die karakterbou van ons kinders. Ek besef elke Maandag dat ek op die regte plek is as ek 950 manne uit volle bors die volks- en veral die skoollied hoor sing. Ek weet dat ek geen ander beroep wil hê nie as ek na ‗n lang sportdag op pad terug in die skoolbussie hoor hoe die kinders met respek van hulle ouers en vriende en meisies praat. Ek weet dis my plek dié as ek sien hoe hulle opstaan as volwassenes verbystap en met ‗n vinnige handgebaar en behoorlike oogkontak groet en hulle doen dit omdat hulle wil. Ek raak opgewonde as ek met sakrekenaar en potlood laataand die rapportpunte vir die kwartaal uitwerk en ek kan sien ‗n leerling is amper by sy mikpunt wat ons aan die begin van die jaar gestel het. Selfs die knop op my maag die aand voor die kinders ek-samen skryf, laat my op ‗n manier lekker voel, want dis ‗n kombinasie van spanning, maar ook opwinding omdat ek wéét hulle gaan goed doen. Of as hulle dan aan die einde van hulle matriekjaar vinnig by my klaskamer inhardloop om te kom vra of ek gesien het hoe goed hulle toe gedoen het . . . dís tevredenheid en werksvreugde in die hoogste graad. Dit, my liewe seun, dít en nog baie ander ‗onsêbare‘ dinge, is hoekom ek ‗n onderwyser is en sal bly. Ek hoop dat elke opvoeder die positiewe boodskap en veral die betekenis van Onderwysersdag werklik sal in-neem en sal weet dat as jy jou álles vir die kinders gee om hulle op die lewenspad voor te berei, jy eintlik elke dag Onderwysersdag vier.

Verkope Dirk 083 646 8718 Gilbert 083 603 3446 Onderdele 022 913 1142 Flippie & Kenneth

Besproeiing 022 913 1142 Arno & George Muller 083 284 2654 Pierre 083 461 8221

“Ek het geplant, Apollos het natgegooi, maar

dit is God wat laat groei het. 1 Kor. 3:6”

Aan al ons familie en vriende : Vrede & Vreugde

vir die Feesgety. Mag ons die Here saam loof in

2012, want Hy dra ons elke dag! Liefde, Vivian & Ora Turner & families

18

Toerisme NID lei Piketbergers op

Piketberg Toerisme Buro het onlangs in samewerking met die Nasionale Instituut vir Dowes (NID) ‗n gratis drie-ure opleidingsessie oor die impak van gehoorverlies in die werkplek vir hul lede en belangstellendes aangebied. Dié werkswinkel het die behoeftes van gehoorgestremdes ook in die toerisme-bedryf en op ander gebiede in die samelewing uitgelig en kursusgangers ‗n deernisvolle kykie in die wêreld van die gehoorgestremde gegee. Die Instituut, wat vir meer as 130 jaar al dienste aan dowes en persone met verskillende grade van gehoorver-lies lewer, het by monde van hul sprekers mnre Tim Stones, Niel Laufs en Hennie Krog, verskeie aspekte aangeraak waaronder gebaretaal, hulpmiddels beskik-baar vir gehoorgestremdes, die verskillende grade en voorkoms van doofheid, doof-blindheid en etiket rondom die hantering van en interaksie met hierdie persone. Die NID het die 1994 statistieke rondom gehoorgestremdheid in Suid-Afrika en die verskillende provinsies aan die teen-woordiges bekendgemaak en die hoë voorkoms daarvan in ons onmiddellike omgewing beklemtoon. Volgens hier-die statistieke is 109 000 mense in die Wes-Kaap ―uiters‖ hardhorend en 218 000 hardhorend, syfers wat defini-tiewe bewustheid van gehoorgestremdes en hul be-hoeftes onder die publiek noodsaak. Hulle het die gehoor aangemoedig om ‗n positiewe gesindheid teenoor per-sone met gehoorverlies te openbaar, bewus te wees van hul behoeftes en hul op alle vlakke in die samelewing te akkommodeer. Mense het dikwels meer empatie met fisieke gestremdheid en blindheid omdat hul die gebrek kan sien, terwyl die frustrasies van persone met ‗n ge-hoorprobleem misgekyk word. Op ‗n vraag aan mnr Tim Stones of hy homself as gestrem beskou, was sy antwoord, ―I am not disabled, the environment can be disabling.‖ Die missie van die NID is om alle persone met gehoorverlies te bemagtig om hul volle potensiaal te bereik deur onderrig, ontwikkeling, opleiding, maatskaplike dienste en geestelike sorg. Hul streef daarna om hierdie dienste te voorsien en dit toe-ganklik te maak, liefdadigheidsaktiwiteite te bevorder en fondse in te samel vir hierdie doel. Persone wat belang-stel om as ―horende vennote‖ betrokke te raak of meer oor die NID se werksaamhede te wete wil kom kan die Piketberg Toerisme Beampte, Ansel van Schalkwyk, kontak by 022 913 2063 of ‗n e-pos stuur na [email protected]

Niel Laufs (NID), Ansel van Schalkwyk (Toerisme

Beampte), Hennie Krog (NID), Jan du Toit (Voorsitter

Piketberg Toerisme Buro) en Tim Stones (NID).

Berig en foto‘s Berenice Scheepers

Lede van Piketberg Toerisme Buro en ander belang-stellendes het onlangs 'n opleidingsessie van die Nasionale Instituut vir Dowes (NID) by De Berge

Gastehuis bygewoon. Foto en berig verskaf

Te Koop Bank - R1500.00

Mikrogolf/konveksieoond - R500.00 Stoof ingebou, net gereed vir opkoppel - R2000

Kontak Erina Grobbelaar Sel.083-2332-966 Huis.022-942-1707

Werk.022-913-1750

Frans Bothma Motorbakwerke

ASR gegradeerde paneelkloppers en

spuitverwers vir Santam, Mutual en Federal

asook alle ander assuransiemaatskappye

Goedgekeurde Insleepdiens

24 uur

022-913 1645

082 421 3987 na ure

Beste wense vir die feesgety. Dankie vir u volgehoue ondersteuning deur die jaar.

19

Madelene Nelson (assistente) help Jay-Will Swart met die ondersoekproses. Hy word ondersteun deur Dea-con Morrison en Joshua Engelbrecht hou hulle dop.

PHS Graad 7-afskeid

Foto’s: Kenneth Smit

Foto’s beskikbaar by Foto First

Graad R se ogies skitter

'n Groot dankie aan Hattingh Oogkundiges van Piketberg

wat al die Graad R-leerders van PHS se ogies ondersoek

het om toekomstige leer te vergemaklik vir elkeen. Dit

was sowaar 'n prettige leer-ervaring en dan so 'n nood-

saaklike deel van elke jong leerder se ontwikkeling. Baie

dankie aan Dr Hattingh en sy personeel vir hulle bereid-

willigheid en geduld. Dit word opreg waardeer.

Vakansie Biblioteek Vakansie Die Piketberg Biblioteek bied ‗n vakansieprogram aan

vanaf 12 tot 15 Desember 2011. Alle onder 12‘s kan vanaf 12:00 tot 13:00 kom speel,

maak en versier saam. ‗n Handwerk oggend word aangebied vir almal bo 12 jaar oud. Dit is ‗n Kersfees handwerk oggend en is van 09:00

tot 12:00 vanaf 12 tot 15 Desember 2011. Ons gaan verf, hekel, brei en versier. Kom vind meer uit by die biblioteek.

Vir ‗n lekker lees vakansie kom neem boeke uit.

By Madelene Nelson (assistente) is agter Leandrié Fourie, Jana Bruwer en Elsje Basson. Voor Alna Dip-

penaar, Whitney Pienaar en Ezri Joubert. Foto‘s: Verskaf

Kix besoek Huis AJ Liebenberg

20

Talent vir die Toekoms

Die volgende Gr R-leerders van PHS het deelgeneem

aan die Wes-Boland Eisteddfod vir voordrag en olv Ilse

Bruwer het hulle pragtig gevaar. Baie geluk aan julle el-

keen. Ons hou julle dop vir optredes in die toekoms!

Agter Whitney Pienaar (silwer), Jana Bruwer (silwer), Elsje Basson (silwer) en Henco Kruger (silwer). Voor

Jay-Will Swart (silwer), Craig Duncan (silwer), Ilse Bruwer, Annette Bruwer (Goud en Cum Laude) en

Ezri Joubert (brons). Foto: verskaf

Steynville Primêr 2012 VRL

Op die foto links is Hagan Thomas en Silique

Klaase, die hoofseun en hoofmeisie van Steynville

Primêr vir 2012

Steynville Primêr se VRL vir 2012 is agter Lorentia Lewis, Anne-Marie Swarts, Marinique Langeveldt,

Wilmien Benjamin, Cloë February, Marshallé De Wee en Silique Klaase, hoofmeisie. Voor is Ethon

Davids,Raynaldo Hieman, Monroé van Rooy, Elmo Pietersen, Hagan Thomas, hoofseun, Kealin Brink en

Marcuin Booys.

Die volgende Piketberger verskyn op 26 Januarie 2012. Berigte en advertensies moet ons bereik teen 17 Januarie om 5nm.

Stuur na [email protected]

Foto’s: Marietha Goosen

KIX-kinders bring vreugde na Huis AJ Liebenberg

Twi Smit geniet dit saam met Hanré van der West-huizen wat haar met `n heerlike pakkie verras het.

Deon Adriaanse, verpl. S. Baadjies en Brandon Venter verkeer gesellig saam.

Lettie le Roux se bed was omring van KIX-maatjies. Schalk Visagie kry „n laaste drukkie in voor hulle

vertrek.

21

Malie Coetzee

100 jaar

William, Irene en Helene Kitshoff skryf...

Dit voel nog steeds SO onwerklik! Die pad is nog maar

styl en swaar, maar met genade klim ons die berg stap

vir stap. Baie dankie aan almal wat ons ondersteun het

met die skielike heengaan van ons seun, ouboet en

kleinseun. Julle liefde, drukkies, telefoonoproepe, sms‘e,

kaartjies, blomme, kuiertjies en eetgoed is opreg waar-

deer. Ons deur staan oop vir enige een wat wil kom

inloer. ‗n Spesiale dankie aan almal wat ook vir ouma

Enna in hierdie moeilike tyd in liefde toegevou het.

Daar is lank gewag en uitge-sien na Malie Coetzee se 100ste verjaarsdag. Pragtig gedekte tafels, mooi blomme, gelukwensinge van oraloor en smaaklike eetgoed het gesorg dat hierdie besondere mylpaal in Malie se lewe behoorlik ge-vier is. Op die vraag wat haar geheim vir haar hoë ouderdom is, het sy geantwoord dat jy te alle tye eerlik moet lewe, stadig moet eet en so 'n bietjie kan jok oor jou ouderdom. Haar familie het hulle waardering uitgespreek teenoor haar vir haar onberispelike voorbeeld en vaste geloof in God. Die Piketberger het saam fees gevier en deel graag die fotobeeld met die lesers.

Malie saam met haar liewe niggies Stienie Stander en

Christina Smit. Malie is hulle oorlede pa‟s se jong-

ste suster.

Saam met Suster Booys

Malie ontvang blomme van Lilla Treurnicht en Elsabé Liebenberg.

Foto’s : Marietha Goosen

Die jaarlikse opkomende boeredag by Voorberg Gevan-genis is gehou op 20 Oktober 2011. Hierdie dag word aangebied deur die Departement van Landbou, privaat instansies en Voorberg Gevangenis. 60 Opkomende boere het die dag bygewoon waar hulle deeglik ingelig is oor veemiddels, lenings deur Kaap Agri, bemarking van diere en nadoodse ondersoek. Boere het ook meer vertel oor hulle eie boerderybedrywighede en inligting is uitgeruil. Opkomende boere word bygestaan deur die Departement van Landbou en die volgende dien-ste word gratis aan hulle gelewer: - Beeste word getoets vir Tuberkulose en Brucellose, - Beeste word geënt teen Miltsiekte en Brucellose, - Kudde bestuurprogramme word verskaf. - Bystand word verleen met die verkryging van ‗n geregistreerde brandmerk. Indien daar enige opkomende boere is wat met vee boer kan Hendrik Hagen geskakel word by 082 896 9570 vir bystand. Bedankings gaan aan Kaap Agri, Afrivet, BKB en in besonder Piet Lourens van Voorberg Gevangenis vir hulle borge en bydraes tot hierdie suksesvolle dag.

Opkomende Boeredag

Dr Davey, staatsveearts, demonstreer met behulp van orgaanmonsters hoe om ‟n nadoodse ondersoek

siekte bepaling te doen. Foto: Hendrik Hagen

2012 Kwartale Kwartaal 1: 11 Januarie tot 23 Maart Kwartaal 2: 10 April tot 22 Junie Kwartaal 3: 16 Julie tot 28 September Kwartaal 4: 8 Oktober tot 7 Desember

Dankie aan alle lojale adverteeders. Ondersteun ons adverteerders.

22

PHS VRL Aartjie na sy Vaartjie

Drie van PHS se Laerskoolleerderraadslede se pa's was op hulle dag ook leiers van PHS en Die Kasteel

Seuns-koshuis. Links is Jannie Stander (1987) met sy dogter Janét, en regs is dr Bennie Smit (1970) met sy

seuns, Bendert en Barend. Foto: Marietha Goosen

PHS Tennis Baie dankie aan Winkelshoek vir die borg van die eerste tennisspan van Hoërskool Piketberg se klere.

Christine van der Merwe wen die Priscilla Basson wisseltrofee vir die Beste

Prestasie (90%) in die UNISA klavier eksamen

by Komien van der Westhuizen.

Agter is Coreen van Wyk, Junanri Richter, Carike Wiggins, Jani Truter, Juné van der Westhuizen, Riaan

Carstens (Winkelshoek) en Marius Scholtz (skoolhoof). Voor is Robert Edmonds, Philip Robert-

son, Wynand Smit en Johan Stephan.

Die volgende leerlinge was deel van die Wes-Boland Tennisspan wat op Worcester deelgeneem het. Robert Edmonds, Phillip Robertson, Hanneke Augustyn, Jean-Pierre Burger en Jani Truter.

Foto‘s: Helene Edmonds en Lindie Jordaan

Lourens Louw van Malmesbury en Runé

Theron van Piketberg is op 1 Oktober 2011 in die huwelik bevestig te Rie-

beek Kasteel by Het Vlok

Landgoed. Foto verskaf

Musiektoekennings

Twee Piketbergers wat na baie jare die knoop

deurgehaak het, is Julian Theron en Riana van

Niekerk. Die twee oud-PHS‟ers gaan reeds van skooldae af uit. Hulle is op 1 Oktober 2011 op

Highlands Estate in die huwelik bevestig.

Foto verskaf

Christo Smit en Judy Palm het na baie jare

terug weer herontmoet en op 29 Oktober 2011 mekaar ewige liefde

beloof te Nooitgedacht by Stellenbosch.

Foto: Herman Agenbag Fotografie

Die Bolandsuperspar Musiekbeurs is vanjaar

toegeken aan Marijke Jordaan. By haar is

Komien van der Westhuizen.

Pas getroudes

23

Inkleurkompetisie Wennertjies R1000 Koopbewys Wenner

Tops Kompetisie Wenners

Al wat jy hoef te doen om vir die trekking te kwali-fiseer, is om vir R200 of meer te koop en die strokie

in die houer voor in die winkel te gooi.

Gedurende die Wêreldbeker rugbytoernooi het Boland Super-spar „n “Our Blood is Green” veldtog geloods. Deel daarvan was om die kinders te betrek en „n inkleurkompetisie te hou. Hierdie talentvolle spannetjie bo was die gelukkige wenners in hul ouderdomsgroepe. Die wenner 2-4 jaar was Stephanie Weideman (afwesig met neem van foto); 5-7 jaar Marshurell George; 8-10 jaar Bianca Heydenrych; 11-13 jaar Allison Diederick (Foto Middel) Sy het „n MP3-speler gewen.

Leon Visser was die wenner van „n rugby-trui. Hy moes „n bottel Wellington brandewyn koop om in aanmerking te kom vir die trekking.

Pieter-Hugo Wium en Magda vd Westhuizen het elk „n rug-bytrui gewen. Pieter-Hugo moes Cadbury sjokolade en „n

Shield deodorant koop om te kwalifiseer, en Magda twee Powerades.

Mascot Wenner

Baie geluk aan Mev D Heyns wat Oktober die gelukkige wenner van die R1000 koopbewys trekking was. Hester Hagen (Bestuurder) oorhandig haar koopbewys aan haar.

Wêreldbeker Rugbytrui wenners

“Lucky Lucy Foundation” ontvang dierekos skenking

B e r y l - A n ne d u Plessis, verteen-woordiger van die Lucky Lucy Founda-tion, neem hier diere-kos in ontvangs van Johan de Villiers (Bestuurder). Beryl-Anne help ook met die verspreiding van dierekos aan ander

dierewelsynorganisasies, soos Weskus DBV, LEAPS, Afri-can Tails ens. Enige iemand wat „n helpende hand wil uitsteek, kan Beryl-Anne kontak by die Munisipaliteit.

Charlene Erasmus het „n voetspa gewen. Sy moes „n 6-pak Brutal Fruit koop om in die trekking te kom. Hier oorhandig Shirene Okkerstein haar prys aan haar.

Groenvlei Primêr Fondsinsameling

Groenvlei Primêr het op 19 November „n dinee gehou ter fondsin-sameling. Links ont-vang Louwna Steen-kamp „n donasie van Johan de Vill iers (Bestuurder).

Regs: Annemarie Burger moes „n Freddie Hirsch produk (slaghuis)

koop om in aanmerking te kom vir die trekking. Johan de Villiers oorhandig haar oulike prys!

24

Tannie Malie vier „n eeu!

PHS “Trolley Dash” Wenner

Bokomo Kompetisie Wenner Totsiens Elna, Welkom Tertia!

Amanda Smit van Velddrif en haar dogtertjie het heerlik pret gehad toe hulle as wen-ners van PHS se “Trolley Dash” Boland Superspar vir twee minute op horings kon neem! Amanda kon vir twee minute deur die winkel hard-loop en haar mandjie met produkte van haar keuse volmaak. Links verskyn Marius Scholtz (Skoolhoof PHS) saam met Amanda en haar dogtertjie (wat die waentjie gestoot het) voordat hulle deur die betaalpunt is.

Tannie Malie Coetzee van Huis A.J Liebenberg het Oktober haar 100ste verjaardag gevier. Boland Superspar het haar die oggend gaan verras met „n koek, met „n eetbare foto van haarself, daarop. Tannie Malie het hierdie besondere mylmaal “slegs aan die Here se genade” toegeskryf. Op die foto links verskyn Cindy Coet-zee (kleindogter); Tannie Malie en Maria Swarts (Supervisor Bakkery, Boland Superspar).

Agter staan Elna Kruger (PRO). Foto: Marietha Goosen

Die lewe loop sy draaie, en met hierdie uitgawe groet Elna Kruger (regs op foto) Piketberg en sy mense. Agv haar man se verplasing, verhuis hulle na Worcester sodra die skool sluit. Tertia Roux (links op foto) is terug uit Abu Dhabi en neem by haar oor as PRO van Boland Superspar.

Johan de Villiers verlaat ook die diens van Boland Super-spar. Sien berig elders.

Pensioenarisklub November wenner Maria Brown was hierdie maand die gelukkige pen-sioenarisklub wenner wat gratis inkopies ter waarde van R248 (die bedrag van haar aankope) gewen het. Hier oorhandig Johan de Villiers haar koopbewys aan haar.

Alle persone wat ouer as 60 is, is welkom om aan te sluit by Boland Superspar se Pensioenarisklub. Ver-skeie voordele soos gratis koffie in ons koffiewinkel

en afslag op inkopies kan geniet word!

Hermien Ros-souw was die gelukkige wen-ner van „n Weber b r a a i - s k o t t e . Helmien moes s l e g s t w e e Bokomo pro-dukte koop om vir die trekking te kwalifiseer, en haar strokie in die houer voor in die winkel gooi.

Johan de Villiers (Bestuuder) oor-handig die Weber braaiskottel aan

die gelukkige wenner, Helmien Ros-souw.

Laataand Inkopies vir u gerief

Kassier van die maand

Boland Superspar poog om die bes opgeleide kassiere wat die mins moontlik foute maak, te hê. Hulle word maandeliks beoordeel en Deidre Benjamin het Oktober met die louere weggeloop! Geluk Deidre!

Sondag: 18 Desember 7h30-7h00

Vrydag: 23 Desember 7h30-22h00

Saterdag: 24 Desember 7h00-21h00

Verbly „n kinderhartjie hierdie Kersfees

Voor in Boland Superspar staan „n Kersboom met name van behoeftige kinders daarop. Indien u „n presentjie wil koop vir „n kind, trek „n naam, neem die kind se ouderdom in ag en merk die presentjie met die kind se naam daarop. Plaas dit dan in die waentjie wat daarvoor beskikbaar gestel is. Die presentjies word op 23 Desember aan hulle uit-gedeel.

Baie welkom aan Tertia!