2017 (1).…  · web viewoueraande word aan die begin van elke kwartaal gereël, ... blou of swart...

29
INHOUDSOPGAWE (Hersien: Feb 2017) BESKRYWING 1. VISIE 2. MISSIE 3. BELANGRIKE INLIGTING 4 AKADEMIESE INLIGTING 4.1 Kursusse 4.1.1 Graad 8 en 9 4.1.2 Graad 10, 11 en 12 4.1.3 Addisionele fooie 5. DEELNAME AAN SKOOLPROGRAM 6. STELSEL VAN SKOLASTIESE REKENSKAP 6.1 Graad 8 tot Graad 12 7. ANDER BELANGRIKE GEGEWENS 7.1 Christelike waardes 7.2 Onderwyshulp aan leerders 7.3 Bywoning 7.4 Studie 7.5 Tuiswerk 8. DRAG 8.1 DOGTERS 8.1.1 Klasdrag 8.1.2 Atletiek 8.1.3 Netbal 8.1.4 Hokkie 8.1.5 Tennis

Upload: vuthien

Post on 01-Nov-2018

216 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: 2017 (1).…  · Web viewOueraande word aan die begin van elke kwartaal gereël, ... Blou of swart chino gholfbroek of langbroek. Slegs skoolpette. 8.2.9SKAAK. Skooldrag (formeel)

INHOUDSOPGAWE(Hersien: Feb 2017)

BESKRYWING

1. VISIE

2. MISSIE

3. BELANGRIKE INLIGTING

4 AKADEMIESE INLIGTING4.1 Kursusse4.1.1 Graad 8 en 94.1.2 Graad 10, 11 en 124.1.3 Addisionele fooie

5. DEELNAME AAN SKOOLPROGRAM

6. STELSEL VAN SKOLASTIESE REKENSKAP6.1 Graad 8 tot Graad 12

7. ANDER BELANGRIKE GEGEWENS7.1 Christelike waardes7.2 Onderwyshulp aan leerders7.3 Bywoning7.4 Studie7.5 Tuiswerk

8. DRAG8.1 DOGTERS8.1.1 Klasdrag8.1.2 Atletiek8.1.3 Netbal8.1.4 Hokkie8.1.5 Tennis

8.2 SEUNS8.2.1 Klasdrag8.2.2 Atletiek8.2.3 Rugby8.2.4 Hokkie8.2.5 Tennis8.2.6 Krieket

Page 2: 2017 (1).…  · Web viewOueraande word aan die begin van elke kwartaal gereël, ... Blou of swart chino gholfbroek of langbroek. Slegs skoolpette. 8.2.9SKAAK. Skooldrag (formeel)

8.3 DOGTERS EN SEUNS

8.4 NAVRAE8.5 OUERBESOEK

8.6 LEERDERLEIERS

9. HUURGELD: HANDBOEKE

10. SKOOLGELDBYDRAE

11. SPORT, VERENIGINGS EN KULTUUR11.1 Sport11.2 Vereningings11.3 Kultuur11.4 Vak-olimpiades

12. HELDERSIG KOSHUIS12.1 Inwoning12.2 Koshuistoelating

13. KLUBHUIS

14. TOELATINGSVEREISTES EN AANSOEK OM TOELATING

15. GEDRAGSKODE EN SKOOLREëLS

16. SKOOLBUSTARIEWE

17. BUSDIENSTE VANAF STRUISBAAI EN NAPIER

18. EREKODE

19. SKOOLLIED

Page 3: 2017 (1).…  · Web viewOueraande word aan die begin van elke kwartaal gereël, ... Blou of swart chino gholfbroek of langbroek. Slegs skoolpette. 8.2.9SKAAK. Skooldrag (formeel)

1.

Geagte Ouer(s)

Hoërskool Bredasdorp het deur die jare bekendheid verwerf vir sy ryke tradisies, skooltrots en fantastiese prestasies op akademiese, kulturele-, sport- en geestelike gebied.

Hoërskool Bredasdorp is die mees suidelike hoërskool in Suid-Afrika en dus ook op die kontinent van Afrika. Die hoërskool het in 1915 tot stand gekom en die eerste 6 matrikulante het die matriekeksamen aan die einde van 1918 afgelê.Die leerdertal is 489 in 2017 met 26 opvoeders.

Hierdie is ‘n multikulturele dubbelmediumskool wat beide Afrikaans en Engels Huistaal en Addisionele Taal aanbied.

Betrokke leerders is gelukkige leerders! Die skool bied verskeie buitemuurse aktiwiteite aan waaraan die leerders kan deelneem om elke kind ten volle te ontwikkel.

Sou u besluit om u kind by ons in te skryf, wil ons u graag uitnooi om saam met die personeel as ‘n span te werk om sodoende net die beste opvoeding aan u kind te bied. U is outomaties (as ouer van ‘n ingeskrewe leerder) lid van ons OOV (Ouer-onderwyservereniging). Sluit gerus by die Ondersteunersklub aan by die BD Shoppe om gratis toegang tot sportdae te kry, asook ander byvoordele.

Ons vertrou dat u kind gelukkig in Hoërskool Bredasdorp sal wees.

Die uwe

GM RETIEFSKOOLHOOF

Page 4: 2017 (1).…  · Web viewOueraande word aan die begin van elke kwartaal gereël, ... Blou of swart chino gholfbroek of langbroek. Slegs skoolpette. 8.2.9SKAAK. Skooldrag (formeel)

2.

1. VISIE

Waar Visionêre leiers deur samewerking, passie en integriteit ontwikkel.

2. MISSIE

* AKADEMIE - Lewenslange passievolle leerPositiewe leeromgewingOptimale prestasie

* SPORT - Passievolle deelnameGehalte afrigtingGevestigde strukture en dissipline

* KULTUUR - Passievolle meelewingBlootstelling en ontwikkelingGehalte

1. BELANGRIKE INLIGTING

3.1 Posadres: Hoërskool BredasdorpPosbus 255BREDASDORP7280

3.2 Straatadres: Bondstraat, Bredasdorp

3.3 Telefoon: (028) 424-1210

3.4 Faksimilee: (028) 424-2207

3.5 E-pos: [email protected]

3.6 Webadres: www.hsbredasdorp.co.za

3.7 Skooltye: Ma tot Don: 07:30 – 14:15Vrydae: 07:30 – 13:30

3.8 Skoolhoof: Mnr G.M Retief

3.9 Adjunkhoof: Mnr W.E Matthys

3.10 Departementshoofde: Mnr C. van Niekerk (Sport)Mev J. van Aardt (Akademie + Kultuur)

Page 5: 2017 (1).…  · Web viewOueraande word aan die begin van elke kwartaal gereël, ... Blou of swart chino gholfbroek of langbroek. Slegs skoolpette. 8.2.9SKAAK. Skooldrag (formeel)

3.

3.11 Admin: Finansies: Mev M. WesselsMnr P. Smit (Debiteure, kassiere)

Algemeen: Mev S. Kotzé (ouers)Mev A. v/d Heever (leerders, personeel)

3.12 Voorsitter Beheerliggaam: Mnr Déan Kleynhans082 894 0413

3.13 OOV Sameroeper: Mev Ilze Terblanche082 835 1772

3.14 Ondersteunersklub: Mnr Kosie van Zyl082 873 3281

3.15 Mediaskakelbeampte: Mev L. van Schalkwyk

3.16 SGOS-Skakelonderwyser: Mev M. Stoman

3.17 Koshuis: Heldersig KoshuisSuperintendent: Mnr C. van Niekerk(028) 425-1045

Matrone: Me S. HopleyTelefoon: (028) 424-1257

Page 6: 2017 (1).…  · Web viewOueraande word aan die begin van elke kwartaal gereël, ... Blou of swart chino gholfbroek of langbroek. Slegs skoolpette. 8.2.9SKAAK. Skooldrag (formeel)

4.

4. AKADEMIESE INLIGTING4.1 KURSUSSE4.1.1 GRAAD 8 EN 9 (2017)

LEERAREAS1. Tale (Afrikaans en Engels) (Huistaal of Eerste Addisionele Taal)2. Wiskunde3. Natuurwetenskappe (LW en FW)4. Menslike- en Sosiale Wetenskappe (Geskiedenis en Geografie)5. Skeppende Kunste (Klasmusiek, Kuns, Dans en Drama)6. Lewensoriëntering7. Ekonomiese Bestuurswetenskappe (EBW)8. Tegnologie

4.1.2 GRAAD 10, 11 EN 12 (2017)Leerders moet sewe vakke neem.

A. FUNDAMENTEEL (4 VERPLIGTE VAKKE)

Veld

1. Huistaal (1ste Taal): Afrikaans* / Engels*2. Eerste Addisionele Taal (2de Taal): Engels* / Afrikaans*

(Beide Afrikaans en Engels kan as huistale geneem word)Daar moet egter een Huistaal wees.

Menslike en Sosiale Studies

3. Lewensoriëntering

Wiskundige Wetenskappe

4. Wiskunde* of Wiskundige Geletterdheid*

Page 7: 2017 (1).…  · Web viewOueraande word aan die begin van elke kwartaal gereël, ... Blou of swart chino gholfbroek of langbroek. Slegs skoolpette. 8.2.9SKAAK. Skooldrag (formeel)

5.

B KERNKies 2 vakke uit verkieslik een veld.

VELD VAKNatuur-, Wiskundige, Rekenaar-, en Lewenswetenskappe

Rekenaaraanwendingstegnologie RTTInligtingstegnologie IT*Lewenswetenskappe (Biologie)*Fisiese Wetenskappe (Skeinat)*

VELD VAKMenslike en Sosiale Studies Geografie*

VELD VAKBesigheids-, Handels- en Bestuurstudies

Rekeningkunde*Besigheidstudies*

VELD VAKVervaardigings- Ingenieurswese en Tegnologie

IGO* (Ingenieursgrafika en ontwerp)

VELD VAKDienste Verbruikerstudies*

ToerismeB-Graad Kwalifikasie (Matrikulasievrystelling)*Vakke wat toelating tot ‘n naskoolse graadkursus sal verseker.‘n Leerder moet 4 vakke met ‘n * bo 50% slaag, om te kwalifiseer vir ‘n naskoolse graadkursus.

Belangrike vakkombinasies:1. Wiskunde is verpligtend vir leerders wat IT en/of Rekeningkunde en/of

Fisiese Wetenskappe wil neem.

Vakveranderings:1. Gr. 10 leerders kan tot 30 Junie van vak verander.2. Gr. 11 leerders kan een vak verander voor 31 Maart 2017.3. Gr 12 leerders MAG nie vakke verander nie!

Page 8: 2017 (1).…  · Web viewOueraande word aan die begin van elke kwartaal gereël, ... Blou of swart chino gholfbroek of langbroek. Slegs skoolpette. 8.2.9SKAAK. Skooldrag (formeel)

6.

C. OPSIEKies een vak uit dieselfde veld as waaruit die Kernafdeling se twee vakke gekiesIs of kies een vak uit die vakke van enige veld wat die skool aanbied.

GRAAD 10 (2017)

Afrikaans*Engels*LO (Lewensoriëntering)Wiskunde / Wiskundige Geletterdheid (Wisk/Gelet)*

Kies een vak uit elk van die volgende 4 groepe waarvan Wiskunde of Wiskundige Geletterdheid een moet wees.

GROEP 1

Geografie / Geography (GEO)*Rekenaartoepassingstegnologie RTT / CATIngenieurs Grafika Ontwerp/Engineering Graphics Design (IGO/EGD)*Lewenswetenskappe / Life Sciences (LW/LS)*Besigheidstudies / Business Studies (BS)*Verbruikerstudies / Consumer Studies (VERB / CS)*

GROEP 2

Toerisme/Tourism (TOER/TOUR)*Fisiese Wetenskappe / Physical Sciences (FW/PS)*Besigheidstudies / Business Studies (BS)*Ingenieurs Grafika Ontwerp/Engineering Graphics Design (IGO/EGD)*

GROEP 3

Inligtingstegnologie IT*/ Information Technology IT*Rekenaartoepassingstegnologie RTT / CATLewenswetenskappe / Life Sciences (LW/LS)*Wiskunde W /Mathematics M*Wiskunde Geletterdheid WG / Mathematical Literacy ML*Verbruikerstudies / Consumer Studies (VERB / CS)*

GROEP 4

Rekenaartoepassingstegnologie RTT / CATWiskunde W /Mathematics M*Wiskunde Geletterdheid WG / Mathematical Literacy ML*Toerisme/Tourism (TOER/TOUR)*

Page 9: 2017 (1).…  · Web viewOueraande word aan die begin van elke kwartaal gereël, ... Blou of swart chino gholfbroek of langbroek. Slegs skoolpette. 8.2.9SKAAK. Skooldrag (formeel)

7.GRAAD 11 (2017)

Afrikaans*Engels*LO (Lewensoriëntering)

Kies een vak uit elk van die volgende 4 groepe waarvan Wiskunde of Wiskundige Geletterdheid een moet wees.

GROEP 1

Lewenswetenskappe / Life Sciences (LW/LS)*Wiskunde W / Mathematics M*Mathematical Literacy ML / Wiskundige Geletterdheid WG*Geografie / Geography (GEO)*Rekeningkunde/Accounting (REK/ACC)*

GROEP 2

Wiskunde W / Mathematics M*Mathematical Literacy ML / Wiskundige Geletterdheid WG*Toerisme/Tourism (TOER/TOUR)*Fisiese Wetenskappe / Physical Sciences (FW/PS)*

GROEP 3

Toerisme/Tourism (TOER/TOUR)*Ingenieurs Grafika Ontwerp/Engineering Graphics DesignBesigheidstudies / Business Studies (BS)*Besigheidstudies / Business Studies (BS)*Rekenaartoepassingstegnologie/Computer Applications Technology (RTT/CAT)Verbruikerstudies / Consumer Studies (VERB / CS)*Lewenswetenskappe / Life Sciences (LW/LS)*

GROEP 4

Verbruikerstudies / Consumer Studies (VERB / CS)*Fisiese Wetenskappe / Physical Sciences (FW/PS)*Rekenaartoepassingstegnologie/Computer Applications Technology (RTT/CAT)Besigheidstudies / Business Studies (BS)*Inligtingstegnologie IT*

Page 10: 2017 (1).…  · Web viewOueraande word aan die begin van elke kwartaal gereël, ... Blou of swart chino gholfbroek of langbroek. Slegs skoolpette. 8.2.9SKAAK. Skooldrag (formeel)

8.GRAAD 12 (2017)

Afrikaans*Engels*LO (Lewensoriëntering)

Kies een vak uit die volgende 4 groepe waarvan Wiskunde of Wiskundige Geletterdheid een moet wees.

GROEP 1

Fisiese Wetenskappe / Physical Sciences (FW/PS)*Geografie / Geography (GEO)*Toerisme / Tourism (TOER/TOUR)Besigheidstudies / Business Studies (BS)*Ingenieurs Grafika Ontwerp/Engineering Graphical Design (IGO/EGD)*

GROEP 2

Fisiese Wetenskappe / Physical Sciences (FW/PS)*Rekeningkunde REK / Accounting ACC*Lewenswetenskappe / Life Sciences (LW/LS)*Toerisme / Tourism (TOER/TOUR)Verbruikerstudies / Consumer Studies (VERB / CS)*

GROEP 3Inligtingstegnololgie / Information Technology (IT)*Rekenaartoepassingstegnologie/Computer Applications Technology (RTT/CAT)Verbruikerstudies / Consumer Studies (VERB / CS)*Wiskunde W / Mathematics M*Mathematical Literacy ML / Wiskundige Geletterdheid WG*

GROEP 4

Wiskunde W / Mathematics M*Mathematical Literacy ML / Wiskundige Geletterdheid WG*Lewenswetenskappe LW / Life Sciences LS*Besigheidstudies / Business Studies (BS)*Ingenieurs Grafika Ontwerp/Engineering Graphical Design (IGO/EGD)*

4.1.3 Addisionele fooie:

Soos bepaal deur Resolusie 1, van 20 November 2007, is besluit deur ouersdat leerders wat RTT, IT, IGO en Verbruikerstudies (Gr 10, 11, 12) neem, R110 per kwartaal per vak betaal.

9.

Page 11: 2017 (1).…  · Web viewOueraande word aan die begin van elke kwartaal gereël, ... Blou of swart chino gholfbroek of langbroek. Slegs skoolpette. 8.2.9SKAAK. Skooldrag (formeel)

5. DEELNAME AAN SKOOLPROGRAM

‘n Leerder moet deelneem aan die opvoedingsprogramme soos deur die skool voorgeskryf, tensy vrystelling skriftelik deur die skool verleen is of die ouers skriftelik toestemming gee dat die leerder daarvan vrygestel word.

6. STELSEL VAN SKOLASTIESE REKENSKAP

6.1 GRAAD 8 TOT 12

Afsonderlike graadvergaderings sal binne die eerste 2 weke van die skooljaar plaasvind om relevante inligting aan ouers oor te dra. Terugvoering aan ouers oor die leerders se vordering sal 3 keer geskied, naamlik aan die begin van die tweede, derde en vierde kwartaal tydens oueraande. Leerders ontvang rapporte aan die einde van elke kwartaal.

Gedurende die jaar vind deurlopende evaluering plaas en waar probleemgevalle sou opduik, sal ouers daaromtrent ingelig word.

6.2 GRAAD 12 ONDERHOUDE

Individuele onderhoude asook groepsonderhoude word met gr. 12 leerders gevoer na afloop van die Junie-eksamen om hulle aan te moedig of aan te praat waar nodig.

7. ANDER BELANGRIKE GEGEWENS

7.1 CHRISTELIKE WAARDES

Tensy ‘n ouer uitdruklik op die toelatingsvorm aangedui het dat hy/sy beswaar het teen christelike onderrig, ontvang ‘n leerder opvoeding wat op die Bybel gefundeer is. Dit sluit Skriflesing en gebed tydens skoolfunksies, en VCSV periodes (opsioneel) in.

7.2 ONDERWYSHULP AAN LEERDERS

Die skool sal ouers kontak in verband met hulpverlening waar probleme waargeneem word. Ouers kan ook die skool nader indien daar vermoed word dat ‘n leerder leerprobleme het. Oueraande word aan die begin van elke kwartaal gereël, sodat ouers die onderwysers kan spreek.

10.

Page 12: 2017 (1).…  · Web viewOueraande word aan die begin van elke kwartaal gereël, ... Blou of swart chino gholfbroek of langbroek. Slegs skoolpette. 8.2.9SKAAK. Skooldrag (formeel)

7.3 BYWONING

Dit is absoluut noodsaaklik dat die leerders die skool gereeld bywoon. Indien ‘n leerder om een of ander werklike ernstige rede afwesig is, moet hy/sy wanneer hulle weer die skool bywoon, ‘n brief ter verduideliking bring. Afwesigheid vir afsprake tydens eksamens en toetsreekse is nie toelaatbaar nie. ‘n Mediese sertifikaat word vereis vir afwesigheid gedurende hierdie tydperke.

7.4 STUDIE

‘n Vasgestelde studieroetine word aanbeveel. Hersiening moet ‘n integrale deel van elke dag se studiesessie vorm. Gr. 8 leerders behoort daagliks 2 uur of meer aan tuiswerk en leerwerk te bestee.

7.5 TUISWERK

Leerders is verplig om ‘n tuiswerkboek aan te skaf. Huiswerk word daagliks gegee, selfs in die toetsreekstyd.Wees asseblief behulpsaam met die kontrolering van tuiswerk.

11.

Page 13: 2017 (1).…  · Web viewOueraande word aan die begin van elke kwartaal gereël, ... Blou of swart chino gholfbroek of langbroek. Slegs skoolpette. 8.2.9SKAAK. Skooldrag (formeel)

8. DRAG (Verkrygbaar by De Jagers)

8.1.1 DOGTERS (Klasdrag)

Somer

(Eerste en Vierde Kwartaal)

Winter

(Tweede en Derde Kwartaal)1. Vlootblou skoolbaadjie met wapen 1. Dieselfde

2. Skooldas nie verpligtend 2. Skooldas verpligtend

3. Vlootblou romp 3. Dieselfde

4. Kort wit sokkies 4. Vlootblou lang kouse

5. Ligblou katoenhemp 5. Soos in somer

6. Swart kunsleer- of leerskoene

(toeryg of met gespe). Die haksool

mag nie meer as 3cm hoog wees

nie. “Baby Doll” skoene

toelaatbaar, mits dit binne-in

versterk is.

6. Swart skoene (soos in somer)

7. Gewone of moulose vlootblou V-

nek trui (opsioneel)

7. Soos in somer

8. Sweetpakbaadjie (slegs indien dit

reën)

8. Soos in somer

9. Eerstespan-baadjie of provinsiale

kleure (slegs Vrydae)

9. Soos in somer

10. Slegs vlootblou kleure in hare 10. Soos in somer

11. BD-hemp (vir LO periodes) 11. Soos in somer

12.

8.1.2 ATLETIEK

Page 14: 2017 (1).…  · Web viewOueraande word aan die begin van elke kwartaal gereël, ... Blou of swart chino gholfbroek of langbroek. Slegs skoolpette. 8.2.9SKAAK. Skooldrag (formeel)

Vlootblou of swart broekie (standaard atletieksnit of rekbroeke) of hokkiebroekie Atletiekfrokkie. Reis: BD-hemp, skoolsweetpak met tekkies

8.1.3 NETBALEerstespan: Geborgde uitrustingAnder spanne: Skoolnetbalhempie; Vlootblou netbalromp (huur by skool of koop aan)Reis: BD-hemp, skoolsweetpak met tekkies

8.1.4 HOKKIEEerstespan: Geborgde uitrustingAnder spanne: Vlootblou romp/broek; blou hemp (huur by skool of koop aan); rugbysokkiesReis: BD-hemp, skoolsweetpak met tekkies

8.1.5 TENNISEerstespanne: Geborgde baadjieAnder spanne:Blou broek/romp en HSB tennishemp (koop by skool)Slegs skoolsweetpakke/skoolklereSlegs skoolpette

13.

8.2.1 SEUNS (Klasdrag)

Page 15: 2017 (1).…  · Web viewOueraande word aan die begin van elke kwartaal gereël, ... Blou of swart chino gholfbroek of langbroek. Slegs skoolpette. 8.2.9SKAAK. Skooldrag (formeel)

Somer

(Eerste en Vierde Kwartaal)

Winter

(Tweede en Derde Kwartaal)1. Vlootblou skoolbaadjie met wapen 1. Dieselfde

2. Skooldas nie verpligtend (ook nie

vir saalbyeenkomste)

2. Skooldas verpligtend

3. Grys broek (lank of kort) 3. Soos in somer

4. Grys sokkies (lank met kortbroek) 4. Soos in somer

5. Ligblou katoenhemp (kort- of

langmouhemp waarmee ‘n das

gedra kan word)

5. Soos in somer

6. Swart kunsleer- of leerskoene

(toeryg of met gespe). Bronx of

Grasshoppers. Geen Dacotas nie.

6. Soos in somer

7. Vlootblou V-nek truin of vlootblou

moulose trui (opsioneel)

7. Soos in somer

8. Sweetpakbaadjie (slegs indien dit

reën)

8. Soos in somer

9. Lyfband is verpligtend met

langbroek. Die lyfband moet

swart, donkerbruin, grys of

vlootblou wees.

9. Soos in somer

10. Eerstespan-baadjie of provinsiale

kleure (slegs Vrydae)

10. Soos in somer

11. BD-hemp (vir LO periodes) 11. Soos in somer

14.

8.2.2 ATLETIEK

Page 16: 2017 (1).…  · Web viewOueraande word aan die begin van elke kwartaal gereël, ... Blou of swart chino gholfbroek of langbroek. Slegs skoolpette. 8.2.9SKAAK. Skooldrag (formeel)

Vlootblou of swart broekie; standaard atletieksnit, rugbybroek of rekbroek; atletiekfrokkie. Reis: BD-hemp, skoolsweetpak met tekkies.

8.2.3 RUGBY

Reis: Skooldrag of BD-hemp, sweetpak in spanverband.Spanne: O/19A, O/19B, O/16A, O/15A, O/14A: Geborgde uitrusting (deur afrigter bepaal)Ander spanne: Skooltrui, vlootblou broek, rugbykouse

8.2.4 HOKKIE

O/19-A span – Geborgde hemp, broek en kouseAnder spanne: Vlootblou broek, blou hemp, rugbykouseReis: BD-hemp, skoolsweetpak met tekkies.

8.2.5 TENNIS

1ste span: Geborgde baadjieAnder spanne: Blou broek en HSB-hemp (koop by skool)(slegs koolsweetpakke/skoolklere).Slegs skoolpetteSeuns: Geen juweliersware

8.2.6 KRIEKET

Reis: Krieketdrag en skoolbaadjieWedstryd: Wit lang broek en HSB kriekethempSlegs skoolpette

8.2.7 GHOLF

Skool gholfhempBlou of swart chino gholfbroek of langbroekSlegs skoolpette

8.2.9 SKAAK

Skooldrag (formeel)

15.

8.3 DOGTERS EN SEUNS

Page 17: 2017 (1).…  · Web viewOueraande word aan die begin van elke kwartaal gereël, ... Blou of swart chino gholfbroek of langbroek. Slegs skoolpette. 8.2.9SKAAK. Skooldrag (formeel)

8.3.1 ‘n Vlootblou sweetpakbaadjie mag slegs gedra word skool toe as dit die oggend reën.

8.3.2 Vlootblou truie kan gedra word soos benodig. Moulose V-nek truie (pull-overs) is ook toelaatbaar.

8.3.3 Skoolbaadjies kan daagliks gedra word of soos deur die skoolhoof bepaal.Skoolbaadjies is egter verpligtend vir beide seuns en dogters tydens elke saalbyeenkoms. Die dogtershemp mag uithang. Indien ‘n trui gedra word, moet die hemp ingesteek wees.

8.3.4 Provinsiale kleure en eerstepanbaadjies mag slegs Vrydae gedra word.

8.4 TWEEDEHANDSE KLEREBANK

Navrae i.v.m. tweedehandse skooldrag kan u by die BD Shoppe navraag doen. (Mev Amy Neethling – 082 958 9753)

8.5 OUERBESOEK

Ouers moet tydens skoolure eers aanmeld by die sekretaresse. Hulle mag nie klasse besoek nie.

8.6 LEERDERLEIERS

Die VRL-leerderleiers is verantwoordelik vir die uitvoering van spesifieke take soos aan hulle opdrag.

9. HUURGELD: STUDIEMATERIAAL

‘n Bedrag van R550-00 vir bruikhuur van handboeke is betaalbaar op ‘n bepaalde dag in Januarie voor die aanvang van die skool by Mnr Piet Smit.Ouers kan egter handboeke en skryfboeke by boekwinkels of ander leerders koop.

16.

10. SKOOLGELDBYDRAE

Page 18: 2017 (1).…  · Web viewOueraande word aan die begin van elke kwartaal gereël, ... Blou of swart chino gholfbroek of langbroek. Slegs skoolpette. 8.2.9SKAAK. Skooldrag (formeel)

10.1 **R13 750-00 per jaar (**R1 250-00 per maand) OOR ELF MAANDE (van Januarie tot November ) vir grade 8 tot 12 vooruitbetaalbaar.

10.2 Volgens Revolusie 3 van 14 Nov 2013, is deur ouers bepaal dat ouers wat volle kwytskelding kry van skoolgeld, steeds R600-00 per maand oor 11 maande moet betaal.

10.3 Die skool verkies dat ouers skoolgeld per debietorder betaal.

10.4 Kaartfasiliteite (debiet- en kredietkaart) is beskikbaar.

11. SPORT, VERENIGINGS EN KULTUUR

11.1 SPORT11.1.1 Somer: Tennis, Krieket, Atletiek, Skaak, Toutrek11.1.2 Winter: Rugby, Netbal, Hokkie (seuns en dogters), Skaak, Tennis11.1.3 Buite-sport (by ‘n klub, maar skool gee erkenning vir prestasies)

Muurbal, Onderwaterhokkie, Swem, Karate, Gholf, Fietsry, Hengel,Perdruiterskuns, Rolbal, Skopboks, Skiet, Jeugskou.Volgens Revolusie 1 van 20 November 2007, is bepaal deur die ouers dat leerders wat hierdie buitesporte neem addisionele fooie sal betaal om daaraan deel te neem.

11.2 VERENIGINGS11.2.1 Skool: VCSV

11.3 KULTUUR11.3.1 Musiek: Skoolkoor, Eisteddfods, Uitvoerings11.3.2 Kreatiwiteit: Skoolkoerant, Eisteddfods, Skryfkuns-kompetisie11.3.3 Debat en Redenaars11.3.4 Drama11.3.5 Dans11.3.6 Buite: Ballet en Kuns Volgens Revolusie 1 van 20 November 2007, is bepaal deur die ouers dat

leerders wat buitekultuursoorte neem addisionele fooie aan die klubs sal betaal om daaraan deel te neem.

17.

11.4 VAK-OLIMPIADESOlimpiades vir die volgende vakke vind gedurende die jaar plaas.

Page 19: 2017 (1).…  · Web viewOueraande word aan die begin van elke kwartaal gereël, ... Blou of swart chino gholfbroek of langbroek. Slegs skoolpette. 8.2.9SKAAK. Skooldrag (formeel)

(Leerders kan opsioneel daaraan deelneem).Wiskunde AfrikaansVerbruikerstudie EngelsRekeningkunde Wetenskappe

12. HELDERSIG KOSHUIS

12.1 INWONING

Die skool beskik tans oor Heldersig Koshuis vir seuns en dogters. Die koshuis word slegs vanaf Maandagoggend 06:00 tot Vrydagmiddag 15:00 bedryf.

Koshuisgelde is **R1 610-00 per maand betaalbaar op dieEERSTE SKOOLDAG van elke maand vanaf Januarie tot Oktober.Sou die betaling ‘n kwartaal agterstallig wees, moet die leeder die koshuis verlaat.

12.2 KOSHUISTOELATING

‘n Kind wat kwalifiseer vir toelating tot ‘n skool, mag ook tot die koshuis toegelaat word; inagnemend die beskikbaarheid van plek in die koshuis en of die ouer die finansiële verpligtinge kan nakom. Elke leerder in die koshuis moet jaarliks heraansoek vir toelating tot die koshuis doen. Dit sluit ook ‘n deposito van R1 610-00 in wat deel vorm van die volgende jaar se koshuisgeld.

13. KLUBHUIS

Die klubhuis behoort aan die skool. Dit word bedags deur die leerders gebruik as ‘n snoepie, en gedurende naweke deur die OOV by sportbyeenkomste. Dit is egter te huur vir buite-persone of instansies, verkieslik oor naweke.Besprekings kan by me. Adelé van den Heever by die skool (028) 424-1210 gemaak word.Die tariewe is as volg:Klubhuis - R900Kombuis - R500Snoepie - R300

Skoonmaakdienste teen R300 per funksie is opsioneel en moet vooraf met me. van den Heever gereël word.

18.

14. TOELATINGSVEREISTES EN AANSOEK OM TOELATING

Page 20: 2017 (1).…  · Web viewOueraande word aan die begin van elke kwartaal gereël, ... Blou of swart chino gholfbroek of langbroek. Slegs skoolpette. 8.2.9SKAAK. Skooldrag (formeel)

Aansoekvorms om toelating is by die skool verkrygbaar.

Inskrywings vind deurlopend deur die voorafgaande jaar plaas.Om teleurstelling te voorkom, word u versoek om u aansoek vroegtydig in te dien. Laat inskrywings word wel aanvaar, mits ons maksimum getal leerders per graad nie oorskry word nie. Inskrywings wat betyds afgehandel word, help ons met die beplanning vir die nuwe jaar.

Alle nuwe leerders en ouers moet ‘n onderhoud met die skoolhoof of lede van die Beheerliggaam hê, voordat toelating gegee sal word.

Vir die inskrywing moet u asseblief die volgende voltooi:a. Aansoek vir toelating tot die Hoërskool Bredasdorp.b. Afskrif van leerder se identiteitsdokument/geboortesertifikaatc. Afskrif van leerder se nuutste skoolrapport.d. Afskrif van beide ouers se ID-dokumente.

15. GEDRAGSKODE EN SKOOLREëLS

Beskikbaar by sekretaresse se kantoor.

16. SKOOLBUSTARIEWE

Indien leerders met skoolbussie vervoer word, is volgens Resolusie 2, soos bepaal op 20 November 2007, leerders verplig om R30 te betaal vir ‘n enkelrit verder as Napier. 4 kaartjies kan egter vir R100 eenmalig by mnr Smit vooraf gekoop word.

17. BUSDIENSTE VANAF STRUISBAAI EN NAPIER

Die busdiens van Struisbaai word deur privaat persone bedryf. Ouers van Struisbaai tref self reëlings daarvoor. Die WKOD het ‘n busdiens van Napier na Bredasdorp en terug.

19.18. EREKODE

Dit is my strewe:

Page 21: 2017 (1).…  · Web viewOueraande word aan die begin van elke kwartaal gereël, ... Blou of swart chino gholfbroek of langbroek. Slegs skoolpette. 8.2.9SKAAK. Skooldrag (formeel)

1. Om te alle tye my skool te dien en sy naam hoog te hou.2. Om sy leuse “Arbeid Adel”, uit te leef op alle terreine van die lewe.3. Om hoflik en met respek op te tree teenoor die onderwysers en leerders van my

skool.4. Om altyd eerlik, betroubaar, opreg en hulpvaardig te wees.5. Om in nederigheid steeds hoër te mik tot voordeel van myself, die skool en die

gemeenskap.6. Om die christelike beginsels waarop ons skool gebou is, daadwerklik uit te leef.

MY SKOOL IS MY TROTS!SKOOLLIED

Woorde: mnr. M. BurgerMusiek: mev. E. Wessels

1. Wyd omsoom deur suidste stranden golwend goue graan,Troon trots Bredasdorp Hoër'n ligbaan oor ons land.

Refrein:Ons sal saamdra deur die leweEn tot volle wasdom groei,"Arbeid Adel" - die stempel van ons skool

2. Spel en werk veredel onsVleg heg die goue vagVan kennis, liefde,trouVir ons self en kerk en land.

Refrein:Ons sal saamdra deur die leweEn tot volle wasdom groei,"Arbeid Adel" - die stempel van ons skool