2017 afr.docx · web viewwaar kinders siek word tydens skoolure sal babbel & krabbel die...

22
Liewe ouers, U en u kind(ers) word hartlik verwelkom by Babbel & Krabbel Kleuterskool. Ons onderneem om die beste diens in belang van u kind(ers) te lewer. Om hierdie doel te verwesenlik, word u vriendelik versoek om u te vergewis van die inhoud van die aangehegte vorms, waarna dit voltooi en onderteken moet word. Aangeheg, vind asseblief die volgende: 1. Skoolreëls (bl 3-5) 2. Skoolfonds (bl 5-7) 3. Inskrywingsvorm (bl 9-12) 4. POPI-wet kennisname (bl 13) 5. Vrywaringssertifikaat (bl14) 6. Onderneming om skoolfonds te betaal en kennisname van inhoud van hierdie skrywe (bl 15) Dankie vir die vertroue wat u in ons stel in die vorming van u kind. Vriendelike groete Hanlea van Schalkwyk 1 084 369 6446

Upload: phamdien

Post on 16-Apr-2019

219 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: 2017 AFR.docx · Web viewWaar kinders siek word tydens skoolure sal Babbel & Krabbel die kind(ers) se ouers kontak en moet die kind(ers) so gou moontlik afgehaal word. Waar aansteeklike

Liewe ouers,

U en u kind(ers) word hartlik verwelkom by Babbel & Krabbel Kleuterskool. Ons onderneem om die beste diens in belang van u kind(ers) te lewer.

Om hierdie doel te verwesenlik, word u vriendelik versoek om u te vergewis van die inhoud van die aangehegte vorms, waarna dit voltooi en onderteken moet word.

Aangeheg, vind asseblief die volgende:1. Skoolreëls (bl 3-5)2. Skoolfonds (bl 5-7)3. Inskrywingsvorm (bl 9-12)4. POPI-wet kennisname (bl 13)5. Vrywaringssertifikaat (bl14)6. Onderneming om skoolfonds te betaal en kennisname van inhoud van hierdie

skrywe (bl 15)

Dankie vir die vertroue wat u in ons stel in die vorming van u kind.

Vriendelike groeteHanlea van Schalkwyk

1

084 369 6446

Page 2: 2017 AFR.docx · Web viewWaar kinders siek word tydens skoolure sal Babbel & Krabbel die kind(ers) se ouers kontak en moet die kind(ers) so gou moontlik afgehaal word. Waar aansteeklike

Babbel & Krabbel Kleuter-en

bewaarskool

Ouerhandleiding

Ons missie:

Om ‘n gelukkige, verreikende en stimulerende milue vir u kind te skep, waar hy geborge sal voel.

Om, om te sien na die kind se fisiese, geestelike, emosionele en intelektuele behoeftes. Om ‘n veilige omgewing te skep gedurende daaglikse versorging. Om ‘n diens te lewer aan ouers en die gemeenskap.

2

Page 3: 2017 AFR.docx · Web viewWaar kinders siek word tydens skoolure sal Babbel & Krabbel die kind(ers) se ouers kontak en moet die kind(ers) so gou moontlik afgehaal word. Waar aansteeklike

SKOOLREëLSDie bestuur en personeel van Babbel & Krabbel, onderneem as verteenwoordigers van die skool, om op u aanvraag en versoek u kind(ers) te versorg met inskrywing, alleenlik volgens die bepalings van hierdie ooreenkoms en die reels soos van tyd tot tyd vasgestel. Jaarbeplannerdatums word jaarliks deelgemaak van hierdie ooreenkoms.

A. VERSORGINGSTYE & BOETES

Die versorgingstye van u kind(ers) is vanaf 06:15 tot 17:30, Maandae tot Vrydae. GEEN na-uurse versorging word toegelaat sonder die registrasie vir die diens nie. Indien ouer(s) nie die kind(ers) teen sluitings tyd afhaal nie sal ‘n boetefooi bereken teen R300-00 per uur of gedeelte van ‘n uur, aan Babbel & Krabbel te betaalbaar wees.

Babbel & Krabbel is nie oop tydens publieke vakansiedae en oor naweke nie.

B. VAKANSIES

Babbel & Krabbel sluit elke jaar vir die Desember vakansie, naamlik die tweede Vrydag van die maand, stiptelik om 14:00nm en heropen weer die tweede werksdag in Januarie.

Die skool sluit geen ander skoolvakansies gedurende die jaar nie.

C. AANSTEEKLIKE SIEKTES

Babbel & Krabbel is nie gemagtig om enige medisyne toe te dien indien dit nie in lyn is met ons medisynebeleid nie. ALLE medisyne moet soggens in die medisyneregister aangeteken word en in die medisynekas geplaas word en antibiotika in die yskas geplaas.

Stel asb die skool in kennis indien u kind(ers) siek is.

Waar kinders siek word tydens skoolure sal Babbel & Krabbel die kind(ers) se ouers kontak en moet die kind(ers) so gou moontlik afgehaal word. Waar aansteeklike siektes gediagnoseer is moet kind(ers) tuis versorg word totdat hulle nie meer aansteeklik is nie. Aansteeklike siektes sluit in:

Alle kindersiektes Ooginfeksie

3

Page 4: 2017 AFR.docx · Web viewWaar kinders siek word tydens skoolure sal Babbel & Krabbel die kind(ers) se ouers kontak en moet die kind(ers) so gou moontlik afgehaal word. Waar aansteeklike

Diaree Mangelontstekening (Tenminste 48 uur) Bronchitis Longontsteking ens.

*** Slegs in die geval waar ‘n mediesesertifikaat aan die skool voorsien word ter bevestiging dat die kind(ers) se toestand nie langer aansteeklik is nie, sal kind(ers) weer ontvang word.

Koorsmedisyne sal slegs toegedien word indien toestemming deur die ouer ontvang is. In die geval waar kind(ers) koors ontwikkel gedurende skoolure, sal telefonies toestemming verkry word waarna dit deur die betrokke onderwyseres in die medisyneregister aangeteken sal word.

D. KOPLUISEKopluise maak van tyd tot tyd hulle verskyning in enige skool en Babbel & Krabbel sien hierdie saak in ‘n baie ernstige lig.Indien daar, met inspeksie, kopluise op kind(ers) se koppe gevind word sal ouers versoek word om onmiddellik hul kind(ers) by die skool te kom haal. Geen kind(ers) sal verder by die skool ontvang word indien ALLE tekens van luise en nete van die kop verwyder is nie.

*** Geen uitsondering sal op hierdie gebied gemaak word nie.

E. PERSONEELOuers van Babbel & Krabbel wat deur enige pesoneellid genader word vir werksgeleenthede of ‘n aanbieding aan enige personneellid maak, aanvaar aanspreeklikheid vir enige verlies of skade wat Babbel & Krabbel as gevolg daarvan ly.

F. VEILIGHEIDSBELEID

a. SekuriteitstoegangOuers behoort almal in besit te wees van ‘n skooluitgereikte veiligheidsskyfie. Dis die enigste wyse waarop toegang tot die skool se perseel verkry kan word.Ouers/ander familielede/besoekers wat nie in besit is van skyfies nie MAG NIE DEUR ANDER OUERS TOEGELAAT WORD OM TOEGANG TE KRY NIE.Ouers is kan die persoon buite laat en kantoorpersoneel versoek om die persoon te spreek en die nodige toegang te weier of toe te staan.GEEN uitsondering sal en mag gemaak word in hierdie verband nie en ek versoek dat elke ouer die selfde beginsel volg.

b. Afhaal van kindersDie veiligheid van die kinders en personeel is van kardinale belang. Ons word genoodsaak om addisionele veiligheidsmaatreels in plek te stel om te verseker dat

4

Page 5: 2017 AFR.docx · Web viewWaar kinders siek word tydens skoolure sal Babbel & Krabbel die kind(ers) se ouers kontak en moet die kind(ers) so gou moontlik afgehaal word. Waar aansteeklike

veiligheid gehandhaaf word. Met onmiddellike effek sal geen oproepe of “What’s app” boodskappe meer aanvaar word met betrekking tot afhalingsreelings nie. SLEGS skriftelike toestemming, in die kontakboekie of per e-pos sal aanvaar word. Toestemming moet deur ouers/ voogde aan die skool gegee word indien daar gereël is dat ‘n ander persoon anders as die ouers/voogde kleuters kom afhaal. Die aanpassing van die reels word gedoen aangesien dit ‘n risiko vir die kleuters en skool is.

Ouers/voogde word verder versoek om die betrokke persoon se ID document (afskrif) in te sluit by die skriftelike toestemming, Persone wat kleuter kom afhaal, moet die kantoor besoek om die betrokke kleuter uit te teken en die afskeurstrokie aan die relevante onderwyseres te toon voordat toesig oorgegee sal word. Die ID dokument sal die skool in staat stel om die persoon se identiteit te verifieer. Hierdie reel geld ook vir oumas en oupas (of ander persone) wat in die besit van ‘n veiligheidsskyfie is. ‘n Staande reeling kan wel met die kantoor en onderwyseres getref word maar uittekenprosedure moet gevolg word soos hierbo aangedui.

Ons wys daarop dat GEEN uitsondering in hierdie verband gemaak sal word nie aangesien ons nie ‘n presedent wil skep en soedoende verwarring veroorsaak nie. Ouers moet ag gee aan die skool se sekuriteitsbeleid en wanneer die voorgeskrewe proses gevolg word, behoort daar geen onsmaaklike insidente voor te kom nie.

Ons eerste prioriteit is om ons kleuters se veiligheid te verseker en ook om te verseker dat ons onderwyseresse en versorgingsbeamptes behoorlik ingelig bly te alle tye. Ons besef dat hierdie proses in die begin baie ongerief sal veroorsaak maar daar kan nie ‘n prys gestel word op ons kinders se veiligheid nie en daarom sal uitsonderings nie geduld word nie.

Dit is die verantwoordelikheid van elke onderwyserres, versorgingsbeampte, ouer en familielede om veiligheid en sorg eerste te stel, ongeag. Almal se deurlopende ondersteuning en begrip in hierdie saak word hoog opprys gestel en ons bedank almal byvoorbaat daarvoor.

G. SPEELGOED EN KOS

Speelgoed:Kleuters word nie toegelaat om enige speelgoed van die huis af saam te bring skooltoe nie. Alle items sal gekonfiskeer word en aan die einde van die jaar terugbesorg word aan sy eienaar. Babbel & Krabbel neem verder geen verantwoordelikheid vir die toestand waarin die items terugbesorg word nie.

Kos:Babbel & Krabbel verseker dat elke kleuter elke dag gesonde en gebalanseerde etes kry. Dit is dus die beleid dat geen kleuter enige kos of koeldrank mag saambring tensy daar

5

Page 6: 2017 AFR.docx · Web viewWaar kinders siek word tydens skoolure sal Babbel & Krabbel die kind(ers) se ouers kontak en moet die kind(ers) so gou moontlik afgehaal word. Waar aansteeklike

spesiale reelings getref is of wanneer dit deur die skool versoek word in die geval van ‘n skoolpiekniek nie.

SKOOLFOOIEA. SKOOLFONDS

Die skoolfonds per maand is streng vooruit betaalbaar voor/op die 7de dag van elke maand.Fooie is betaalbaar oor 11 maande sodat daar geen fooi vir Desember betaalbaar is nie. Hierdie is slegs geldig vir kinders wat in Januarie inskryf. Kinders wat later in die jaar ingeskryf word moet steeds ‘n verminderde fooi vir Desember betaal.

Fooie sluit ontbyt, middagete, verversings, daaglikse versorging, opleiding, twee (2) uitstappies en vier (4) poppekaste in sowel as die maandelikse tissues, toiletpapier en wetwipes (3 maande – 2 jaar).

***GEEN pro-rata terugbetalings sal gemaak word indien kinders ons gedurende die jaar verlaat nie.

B. REGISTRASIEFOOI‘n Eenmalige registrasiefooi is betaalbaar by die ondertekening van hierdie ooreenkoms en is nie terugbetaalbaar aan die ouer nie.

C. VERHOGING VAN FOOIEDie verhoging van skoolfonds geskied jaarliks op 1 Januarie. Verhogings word gedurende Oktober vasgestel en dan aan alle ouers gekommunikeer deur middel van ons Skool Communicator , Facebookblad en per omsendbriewe.

D. WYSE VAN BETALING

Internet/elektroniese en kontant betalings is aanvaarbare metodes van betaling. Indien u elektroniese betalings maak, gebruik asb u rekeningkode (verkrygbaar van kantoor) as verwysing sodat betalings maklik geallokeer kan word. Kontantbetalings moet asb by die kantoor in betaal word sodat daar onmiddellik ‘n kwitansie uitgereik kan word.

*** Geen kontant inbetalings in die bank nie asb.

*** GEEN kontant betalings mag aan onderwyseresse gegee word of in u kind se kontakboekie gesit word nie. Ons aanvaar geen verantwoordelikheid vir gelde wat wegraak indien die korrekte prosesure m.b.t. inbetalings nie gevolg word nie.

*** Dit bly elke ouer/voog se verantwoordelikheid om ‘n kwitansie as bewys van kontant betaling van die kantoor te kry.

E. HERREGISTRASIE‘n Herregistrasiefooi is betaalbaar vir elke kind tussen Oktober en Desember. Die fooi dien as bevestiging dat u kind(ers) die volgende jaar deel van Babbel & Krabbel gaan wees.

6

Page 7: 2017 AFR.docx · Web viewWaar kinders siek word tydens skoolure sal Babbel & Krabbel die kind(ers) se ouers kontak en moet die kind(ers) so gou moontlik afgehaal word. Waar aansteeklike

F. ADMINISTRASIEKOSTES VIR LAAT BETALINGSAdministrasiekoste ten opsigte van laat betalings van R50-00 per dag is addisioneel betaalbaar indien die betaling van fooie vir die versorging van u kind(ers) die skool later as die sevende (7) dag van ‘n maand bereik. Indien fooie nog uitstaande is teen die 15de van die maand, behou die skool die reg voor om die kontrak met onmiddellike effek te kanselleer en sal kind(ers) nie ontvang word vir verdere versorging voor die rekening op datum gebring is nie.Ouers/voogde wat werksaam is by die Staatsdiens en skoolfooie teen die 15de van ‘n maand betaal, word grasie gegee tot en met die 20ste van die maand om skoolfooie te vereffen.

G. KENNISGEWING VAN STAKING VAN BYWONINGKennisgewing moet skriftelik een kalendermaand (op die 1ste van ‘n maand) vooruit gegee word wanneer u kind(ers) die skool verlaat. Die fooi vir die kennismaand is tenvolle betaalbaar al sou die kind(ers) weens watter rede ookal nie Babbel & Krabbel tydens die kalendermaand bywoon nie.

H. NIE-BYWONING Geen korting word gegee tydens kind(ers) se afwesigheid weens siekte vakansie of indien die skool sluit tydens die Desember vakansie nie. Ouers is aanspreeklik vir die volle fooi (asof die kind(ers) die skool bywoon) vir enige lengte van tyd wat hulle by Babbel & Krabbel afwesig was. Die laaste datum waarop kennis van staking van bywoning kan geskied, is op 1 Oktober vir die einde van Oktober. Geen kennisgewings sal gedurende November en Desember aanvaar word nie. Geen uitsonderings sal op hierdie reels gemaak word nie. Indien u nie duidelikheid hieromtrent het nie, bespreek dit dan asb met die ondertekening van hierdie ooreenkoms.

SKOOLFOOIE 2017Registrasiefooi: R1,100-00Babas tot en met 2 jaar R3,100-00 Kleuters (reeds ge”pottytrain”) R2,890-00Graad R R2,900-00Her-registrasie vir 2018 R 170-00Snoepiegeld *** ingesluit by skoolfooi

Babbel & Krabbel Kleuterskool bankbesonderhedeStandardbank LytteltonTjekrekening nommer: 012 323 373Takkode: 010 945Verwysingsnommer: Kind se naam en van

7

Page 8: 2017 AFR.docx · Web viewWaar kinders siek word tydens skoolure sal Babbel & Krabbel die kind(ers) se ouers kontak en moet die kind(ers) so gou moontlik afgehaal word. Waar aansteeklike

8

Page 9: 2017 AFR.docx · Web viewWaar kinders siek word tydens skoolure sal Babbel & Krabbel die kind(ers) se ouers kontak en moet die kind(ers) so gou moontlik afgehaal word. Waar aansteeklike

INSKRYWINGSVORMA. TOELATINGSINLIGTING

Kind se naam en van: _________________________________________________________Datum van inskrywing: ________________________________________________________Datum waarop toelating verlang word: ___________________________________________

B. BESONDERHEDE VAN KIND

Van: __________________________ Geboortedatum: ___________________Volle name: ____________________ Geslag: ___________________________Noemnaam: ___________________ Ouderdom met inskrywing: ___________Huisadres: _____________________ Posadres: _______________________________________________________ _______________________________________________________________ _______________________________________________________________ _________________________________

C. BESONDERHEDE VAN VADER:

Van: _________________________ Telefoonnommer (h): _______________Naam: _______________________ Telefoonnommer (w): _______________Beroep: ______________________ Selfoonnommer: ___________________ID nr: ________________________ Epos adres: ________________________Werkgewersadres: ____________________________________________________________________________________________________________________________

D. BESONDERHEDE VAN MOEDER:

Van: _________________________ Tel nommer (h): ____________________Naam: _______________________ Tel nommer (w): ___________________Beroep: ______________________ Selfoonnommer: ___________________ID nr: ________________________ Epos adres: ________________________Werkgewersadres: ____________________________________________________________________________________________________________________________

Huwelikstatus van ouers:Getroud / geskei / ongetroud / Weduwee / Wewenaar / ander (spesifiseer) _________

9

Page 10: 2017 AFR.docx · Web viewWaar kinders siek word tydens skoolure sal Babbel & Krabbel die kind(ers) se ouers kontak en moet die kind(ers) so gou moontlik afgehaal word. Waar aansteeklike

Huistaal:Afrikaans / Engels / Noord sotho / Suid sotho / Zulu / Venda / Xhosa / Pede / TshwanaAnder: (spesifiseer) _____________________________________________________

E. BESONDERHEDE VAN NAASBESTAANDES:

Volle name en van, adres en telefoonnommers van twee (2) naasbestaandes of vriende:

1. Van: _______________________ Tel nommer (h): ____________________Naam: _____________________ Tel nommer (w): ____________________Selfoonnommer: ____________ Epos adres: ________________________Adres: __________________________________________________________________________________________________________________________

2. Van: _______________________ Tel nommer (h): ____________________Naam: _____________________ Tel nommer (w): ____________________Selfoonnommer: ____________ Epos adres: ________________________Adres: __________________________________________________________________________________________________________________________

F. PERSOONLIKE INLIGTING VAN KIND

Aard van geboorte: Normaal / KeisersneeVoeding: Bors / BottelIs baba prematuur gebore? Ja / Nee

Op watter ouderdom het u kind die volgende mylpale bemeester?Omgerol: __________________ Gesit: ______________________Geloop: ____________________ Begin praat: _________________

Is u kind teen die volgende ge-immuniseer?Pokke: Ja / Nee Tuberkulose: Ja / Nee Polio: Ja / Nee Witseerkeel/Kinkhoes: Ja / Nee

Enige aansteeklike siektes wat u kind gehad het?_____________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

*** ‘n Afskrif van die immuniseringskaart moet die inskrywingsvorm vergesel.

Meld asb enige spesiale probleme:Duimsuiery / Medisinale allergieë / Voedsel allergieë / Kind is ‘n bloeier (verskaf asb detail):______________________________________________________________________________________________________________________________________________________

10

Page 11: 2017 AFR.docx · Web viewWaar kinders siek word tydens skoolure sal Babbel & Krabbel die kind(ers) se ouers kontak en moet die kind(ers) so gou moontlik afgehaal word. Waar aansteeklike

______________________________________________________________________________________________________________________________________________________

Gebruik u kind kroniese medisyne? Ja / Nee Indien wel, watter tipe medisyne en wat behels die toediening daarvan? (verskaf asb meer detail): ____________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

Ander kinders in die gesin:Naam: __________________ Geslag: ______________ Ouderdom: ___________Naam: __________________ Geslag: ______________ Ouderdom: ___________Naam: __________________ Geslag: ______________ Ouderdom: ___________Naam: __________________ Geslag: ______________ Ouderdom: ___________

G. ALGEMENE INLIGTING

1. Huisdokter:Naam: _____________________________Tel nommer: (w)______________________Tel nommer: (h)______________________Tel nommer: (s)______________________

2. Mediesefonds:Naam van fonds:______________________Plan: _______________________________Nommer: ___________________________Afhanklike kode:______________________

*** ‘n Afskrif van die mediesefondskaart moet die inskrywingsvorm vergesel.

Het u enige beswaar dat u kind ingeval van ‘n noodsituasie behandeling by enige mediese praktisyn kry? _____________________________________________________________________________

Vorige skool bygewoon: _____________________________________________________________Algemene gesondheid van u kind: _____________________________________________________Opmerkings:_________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

11

Page 12: 2017 AFR.docx · Web viewWaar kinders siek word tydens skoolure sal Babbel & Krabbel die kind(ers) se ouers kontak en moet die kind(ers) so gou moontlik afgehaal word. Waar aansteeklike

____________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

H. GEMAGTIGDE PERSONE VIR DIE AFHAAL VAN KIND(ERS)

Hiermee gee ek, _____________________ ouer/voog van ___________________ toestemming dat hy/sy afgehaal mag word deur die volgende persone:

1. Daaglikse afhaal van kind(ers):

Van: _____________________ Tel nommer (h): ____________________Naam: ___________________ Tel nommer (w): ____________________

Selfoonnommer: ___________ Epos adres: ________________________ Verwantskap: ______________ ID nommer: ________________________

Van: _____________________ Tel nommer (h): ____________________Naam: ___________________ Tel nommer (w): ____________________

Selfoonnommer: ___________ Epos adres: ________________________ Verwantskap: ______________ ID nommer: ________________________

2. Ander gemagtigdes:

Van: _____________________ Tel nommer (h): ____________________Naam: ___________________ Tel nommer (w): ____________________Selfoonnommer: ___________ Epos adres: ________________________Verwantskap: ______________ ID nommer: ________________________

Van: _____________________ Tel nommer (h): ____________________Naam: ___________________ Tel nommer (w): ____________________

Selfoon nommer: ___________ Epos adres: ________________________ Verwantskap: ______________ ID nommer: ________________________

Ouer se reg tot toesig:Indien ‘n ouer, om watter rede ookal, toesig oor kind(ers) verloor, is dit die ouer met wettige toesig se verantwoordelikheid om die nodige dokumentasie en hofbevele aan die skool te verskaf, vir so ‘n reeling om in gebruik gestel te word. Babbel & Krabbel sal nie verantwoordelik gehou word indien die nodige dokumentasie nie ontvang is nie, en kind(ers) as gevolg daarvan verkeerdelik aan ‘n ouer besorg word.

12

Page 13: 2017 AFR.docx · Web viewWaar kinders siek word tydens skoolure sal Babbel & Krabbel die kind(ers) se ouers kontak en moet die kind(ers) so gou moontlik afgehaal word. Waar aansteeklike

_____________________ ___________________Handtekening ouer/voog Datum

Regte en verantwoordelikheid in terme van die POPI (Protection of Personal Information) wet.

Alle persoonlike inligting verskaf deur ‘n ouer of gemagtige persoon aan Babbel & Krabbel Kleuterskool aangaande hulle kind(ers).

1. Die inligting sal net gebruik word vir die oorspronklike doeleinde. Die inligting sal nie misbruik word vir enige ander doeleinde as die redes hoekom dit oorspronklik ingesamel was nie, teensy die wet dit anders vereis of spesiale toestemming word gegee aangaande die inligting wat vir ander doeleindes gebruik sal word.

2. Die ouer gee toestemming aan Babbel &Krabbel Kleuterskool dat alle kontakbesonderhede aangaande die ouer deur gegee kan word aan ‘n ander ouer wat jou kind na ‘n verjaarsdag partytjie toe wil nooi.

Ja

Nee

_____________________ ___________________Handtekening ouer/voog Datum

13

Page 14: 2017 AFR.docx · Web viewWaar kinders siek word tydens skoolure sal Babbel & Krabbel die kind(ers) se ouers kontak en moet die kind(ers) so gou moontlik afgehaal word. Waar aansteeklike

VRYWARINGSSERTIFIKAAT

Kind se naam en van: _________________________________________________________

A. MAGTIGING VIR BEHANDELING IN NOODGEVALLE

In ‘n noodgeval, waar ouer(s) en/of alternatiewe persone nie beskikbaar is en/of nie opgespoor kan word nie, magtig ek/ons hiermee as ouer(s)/voogd(e) van bogenoemde kind(ers), die hoof en personeellede van Babbel & Krabbel om gemelde kind(ers) namens my intussen vir behandeling na ‘n dokter of hospitaal te neem.

B. VERSORGING EN VERVOER

Hiermee stel ek, ________________________ ID nommer _______________________ die eienaars, bestuurder, hoof en personeel van Babbel & Krabbel vry van enige skade of verlies, regsgedinge, eise skadevergoeding, aksies, aanspreeklikheid, kostes en uitgawes wat mag ontstaan as gevolg van verliese en of beskadiging aan die persoon en kind(ers) se eiendom, sowel as beserings wat my kind(ers) kan opdoen gedurende skoolbesoek op bogemelde perseel en op uitstappies.

Ek gee ook verder toestemming dat my kind uitstappies soos deur die Kleuterskool gereël, mag meemaak. Ek stel die eienaars, hoof en personeel van Babbel & Krabbel vir die vervoer van my kind(ers) na en van uitstappies en ingeval van noodgevalle, vry van enige eis vir skade of verlies wat mag ontstaan as gevolg van ‘n ongeluk of enigeiets onvoorsiens.

Geteken te ___________________________ op die __________ dag van _______________20_____

______________________ ___________________________________Handtekening ouer/voog namens Babbel & Krabbel Kleuterskool

14

Page 15: 2017 AFR.docx · Web viewWaar kinders siek word tydens skoolure sal Babbel & Krabbel die kind(ers) se ouers kontak en moet die kind(ers) so gou moontlik afgehaal word. Waar aansteeklike

ONDERNEMING OM SKOOLFONDS TE BETAAL

Hiermee onderneem ek/ons ouer(s)/voog(de) van _____________________ om skoolfooie voor/op die 5de dag van elke maand te betaal. Ek bevestig dat alle skoolfooie ten opsigte van versorging van my kind(ers) aan Babbel & Krabbel verskuldig is. Indien ek versuim om hierdie ooreenkoms na te kom sal ek verantwoordelik gehou word vir enige regskostes, rente of invorderingskostes wat voortspruit uit die nie betaling van die skoolfooie.

Ek aanvaar die volle implikasies en verantwoordelikhede wat die skoolreels aan my opdra. Enige skenkings/bydrae wat in die skoolreels gemeld word sal met die aanmelding van my kind(ers) aan die skoolpersoneel oorhandig word. Ek erken hiermee dat die skenkings/bydrae die skool se uitsluitlike eiendom is.

Geteken te ___________________________ op die __________ dag van _______________20_____

______________________ ___________________________________Handtekening ouer/voog namens Babbel & Krabbel Kleuterskool

_________________________________________

INHOUD VAN OUERHANDLEIDING EN ONDERNEMING OM TE ONDERHOU

Ek/ons, die ouer(s)/voog(de) van _______________________ erken hiermee ontvangs van die Ouerhandleiding en bevestig dat ek/ons myself/onsself deeglik vergewis het met die inhoud daarvan. Ek/ons onderneem om te verseker dat beide ek/ons as ouer(s) en my/ons kind(ers) die skoolreëls sal gehoorsaam .

Ek/ons neem kennis van my/ons verantwoordelikhede as ouer(s) in samewerking met die personeel van Babbel & Krabbel om te verseker dat ons kind(ers) die bes moontlike sorg ontvang.

Geteken te ___________________________ op die __________ dag van _______________20_____

15

Page 16: 2017 AFR.docx · Web viewWaar kinders siek word tydens skoolure sal Babbel & Krabbel die kind(ers) se ouers kontak en moet die kind(ers) so gou moontlik afgehaal word. Waar aansteeklike

______________________Handtekening ouer/voog

16