babaland · 2018-07-25 · 3 kennisgewing van afwesigheid indien u kind afwesig gaan wees, moet u...

17
A Place like Home (PTY) LTD 2012/217699/07 Partridgelaan 137, Allen Grove, Kempton Park Mensieland is ‘n Christelike privaatskool en ons streef na individuele sorg. Elke klassie het sy eie juffrou en assistent. Ons voorsien vir kinders van geboorte – 5 jaar. Babaland se ruim en skoon babahuis bied baie liefde en verskillende ruimtes vir klein babatjies en kruipertjies. Ons het 3 mylpaal klassies en die res van die skool is opgedeel in ouderdomsgroepe van 2jr – 5jr. Ons skoolfonds sluit in: - Daaglikse ontbyt, middagete en versnapperinge - Vakansiepret - Sport - Musiek - Kinderkliniek - Haarsalon [email protected] 011 394 0722 Babaland

Upload: others

Post on 05-Jan-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Babaland · 2018-07-25 · 3 Kennisgewing van afwesigheid Indien u kind afwesig gaan wees, moet u asseblief die skool voor 8 uur in kennis stel. Laatkom van kinders U kind/ers moet

A Place like Home (PTY) LTD

2012/217699/07

Partridgelaan 137, Allen Grove, Kempton Park

Mensieland is ‘n Christelike privaatskool en ons streef

na individuele sorg.

Elke klassie het sy eie juffrou en assistent.

Ons voorsien vir kinders van geboorte – 5 jaar.

Babaland se ruim en skoon babahuis bied baie liefde en verskillende ruimtes vir klein babatjies en kruipertjies.

Ons het 3 mylpaal klassies en die res van die skool is opgedeel in ouderdomsgroepe van 2jr – 5jr.

Ons skoolfonds sluit in: - Daaglikse ontbyt, middagete en versnapperinge - Vakansiepret - Sport - Musiek - Kinderkliniek - Haarsalon

[email protected] 011 394 0722

Babaland

Page 2: Babaland · 2018-07-25 · 3 Kennisgewing van afwesigheid Indien u kind afwesig gaan wees, moet u asseblief die skool voor 8 uur in kennis stel. Laatkom van kinders U kind/ers moet

2

Mensieland & Babaland

Prospektus 2019

Filosofie

Ons doel is om kinders die geleentheid te bied om te leer in ’n warm, vriendelike en ontspanne omgewing,

met verskeie speelondervindings waarin hulle kan ontwikkel tot hul volle potensiaal. Deur te speel leer

kinders sosiale vaardighede, selfvertroue, onafhanklikheid, selfuitdrukking en kommunikasie.

Die leerprogram help om u kind se fisiese-, sosiale-, emosionele-, intellektuele- en taalvaardighede te

ontwikkel. Elke kind ontwikkel volgens sy eie vermoëns en ons organiseer geleenthede wat aanvaarbaar

is vir hul ontwikkelingsbehoeftes, belangstellings en ‘n eie leerstyl. Kinders leer deur aktief te ondersoek,

deur interaksie met maats en deur met verskeie kunsmateriale te eksperimenteer.

Skool ure

Maandag tot Vrydag vanaf 06:30 tot 17:30

Halfdag: Maandag tot Vrydag vanaf 06:30 tot 13:00

Kinders wat die skool voldag bywoon moet asseblief teen 17:30 reeds opgelaai wees.

‘n Boete van R100, vir elke 15 minute of ’n gedeelte daarvan, sal die einde van die maand op u

rekening aangedui word, of van u deposito verhaal word, wanneer u u kind laat kom oplaai.

Die skool word GLAD NIE oopgesluit voor 06:30 nie, aangesien die personeel besig is om ander

takies in die oggend te verrig.

Verwys asb ook na ons BYSTANDKLUB op bladsy 7.

Neem asb kennis dat die personeel gedurende die vakansies soms om die beurt verlof kry.

Skool se termyne

Die skool sluit glad nie gedurende die jaar nie, behalwe vir Desembermaand, en

skoolvakansiedae. Sien bylaag D vir datums.

Datums sal aan die begin van die jaar aan u bekend gemaak word.

Die skool sal gesluit wees op publieke vakansiedae, Saterdae en Sondae.

Indien ’n vakansiedag op ’n Dinsdag of Donderdag val sal die eienaars hulle diskresie gebruik

om te besluit of die Maandag of Vrydag ’n skooldag is.

Tydens vakansies word ’n vakansieprogram gevolg.

Rook Verbode

Rook is streng verbode op Mensieland se perseel en in die parkeerarea.

Page 3: Babaland · 2018-07-25 · 3 Kennisgewing van afwesigheid Indien u kind afwesig gaan wees, moet u asseblief die skool voor 8 uur in kennis stel. Laatkom van kinders U kind/ers moet

3

Kennisgewing van afwesigheid

Indien u kind afwesig gaan wees, moet u asseblief die skool voor 8 uur in kennis stel.

Laatkom van kinders

U kind/ers moet asb teen 8 uur reeds by die skool wees, aangesien die juffrouens

met hul dag se roetine moet begin.

Indien u laat is, moet u self vir u kind se ontbyt sorg. Ontbyt gaan ongelukkig nie uitgehou

word nie.

Oplaai van u kind

U moet asseblief duidelik op u kind se registrasievorm aandui wie verantwoordelik sal

wees om u kind by die skool te kom oplaai.

Indien ’n ander persoon u kind moet oplaai, moet u asseblief die kantoor vroegtydig daarvan in

kennis stel. U kind se veiligheid kom eerste in hierdie verband.

Kinders moet asb by hul onderskeie klassies opgelaai word in die middae.

Voltooi die uittekenregister.

Kommunikeer ook asb hierdie reëls aan mense wat u kindertjies kom oplaai.

HEG ASB‘N AFSKRIF VAN AL DIE PERSONE WAT U KIND MAG OPTEL SE ID DOKUMENT AAN.

Allergieë

Indien u kind vir enige iets wat in ons kossies voorkom allergies is, moet u asb vir daardie betrokke dag

sy/haar eie kossies inpak. Ons kan ongelukkig nie aan almal se dieët-gewoontes aandag skenk nie. ’n

Spyskaart sal in ontvangs vertoon word.

Wagklas (vir Peuters en kleuters)

Daar sal in die oggende vanaf 06:30 tot 07:15, en in die middae weer vanaf 16:30 tot 17:30 ’n

wagklas wees.

U kan u kind/ers by hierdie klassies aflaai in die oggende, en weer hier ontvang in die middae.

Daar sal personeel wees wat hier na u kind/ers sal omsien. In die oggende sal die juffrou of

assistent die kinders om 07:15 in die wagklas ontvang en klas toe neem.

Wasgoed

Alle vuil klere ens. sal in u kind se sakkie huistoe gestuur word. Maak asb. elke aand seker dat die vuil

goedjies uitgehaal word en met skones vervang word.

Page 4: Babaland · 2018-07-25 · 3 Kennisgewing van afwesigheid Indien u kind afwesig gaan wees, moet u asseblief die skool voor 8 uur in kennis stel. Laatkom van kinders U kind/ers moet

4

Rustyd (slegs voldagkinders)

Kinders het ‘n rustyd nodig gedurende die dag, sodat hulle kan ontspan en rustig wees. Almal moet rus, en

geen uitsondering sal gemaak word nie.

Verjaarsdae

Ons moedig ouers aan om ’n verjaarsdagkoek of ander klein eetgoedjies saam te stuur vir u kind se

verjaarsdag, vir die maatjies in sy/haar klas. ’n Tydjie sal ingeruim word om vir die verjaarsdagmaatjie te

sing en die verjaarsdageetgoed te geniet. Moet asb geen speelgoedjies stuur nie.

Telefone

Mensieland het 2 lyne: ’n landlyn en ‘n selfoon. Skakel ons gerus op hierdie nommers. Moet asb nie sms’e

of BBM’s stuur nie. Ons kan nie waarborg dat dit beantwoord gaan word nie. Moet asb ook nie die staf op

hul private nommers skakel nie.

Staf kan ook nie gedurende kantoor-ure na die kantoor geroep word vir oproepe nie. Die kantoor sal met

graagte u boodskappies aan die staf gaan oordra.

Speelgoed

Kleuters moet asseblief nie hulle eie speelgoed (insluitende Cd’s, Dvd’s of boeke) van die huis af saambring

nie. Indien u kind speelgoed bring, sal ons dit bêre, indien ons bewus is daarvan. Indien ons nie bewus is

daarvan nie, sal ons geen verantwoordelikheid vir die verlies of skade aan speelgoed aanvaar nie.

Besittings

Maak SEKER dat al u kind se persoonlike besittings GEMERK is.

Dit is u verantwoordelikheid om al u kind se persoonlike besittings elke dag huistoe te neem, en

seker te maak dat alles in die sakkie is. Die personeel sal u ook hiermee bystaan.

Kinders se gedrag

Stel die skool asb in kennis van enige verandering rakende u huishoudelike sake, bv. egskeiding; wanneer u

verhuis; siekte of dood; indien u kind nie ’n goeie nagrus gehad het nie; of wanneer een van die ouers

uitstedig is. Hierdie dinge het ’n geweldige uitwerking op ’n kind, en dit sal die skool help om u kind se

gedrag beter te verstaan. Die skool sal ten alle tye hierdie inligting konfidensiëel hanteer en nie aanwend

vir enige ander doel buiten waarvoor in hierdie ooreenkoms voorsiening gemaak word nie.

Page 5: Babaland · 2018-07-25 · 3 Kennisgewing van afwesigheid Indien u kind afwesig gaan wees, moet u asseblief die skool voor 8 uur in kennis stel. Laatkom van kinders U kind/ers moet

5

Hekke by voordeur

Maak asb seker dat daar geen ander kinders saam met u uitgaan wanneer u die skool verlaat nie.

Parkering

Ry asb stadig by die linkerkantste hek in, en parkeer teen een van die grensmure, en ry weer

later stadig uit by die regterkantste hek.

Druk u toeter gedurende die dag by die linkerkantste hek.

Neem asb kennis dat u verantwoordelik is vir u kind se veiligheid op die parkeerterrein.

Moet asb nie voor die stoep of agter die personeel se parkeerplekke parkeer nie. Dit belemmer

die verkeersvloei.

Beserings

Alle beserings wat mag plaasvind deur die verloop van die dag sal aangeteken word in die boodskapboek.

Bytery

Kindertjies tussen 1 en 3 jaar byt mekaar. Ons weet nie hoekom dit gebeur nie. Dit kan wees omdat hul

tandjies kry en hul mondjies seer is, of dit kan ’n kommunikasie probleem wees. Ons sal u in kennis stel

wanneer u kind byt, maar moet dit asb nie persoonlik opneem nie. Saam sal ons ’n oplossing vir die

probleem probeer kry.

“Potty training”

Geen “Potty training” word in die winter gedoen nie. Ons begin na die winter op 1 September daarmee.

Medisyne beleid

Alle voorgeskrewe medisyne moet aangeteken word in die Medisyneboek en moet in die

medisynekas geplaas word. (babas in Babaland se medisyne word aan die opsigters oorhandig.)

Dit is u verantwoordelikheid om u kind se medikasie te onthou wanneer u kind opgelaai word.

U moet ook met die persone wat u kind kom oplaai reël om dit namens u te neem.

Geen medisyne moet in u kind se sakkie gelos word nie. Daar gaan ’n boete gehef word

wanneer ons medisyne in ’n tassie kry.

Geen vitamines sal deur die skool toegedien word nie. Dit moet u asseblief by die huis doen.

Siektes

Kinders wat by die skool siek word, se ouers sal gekontak word om hulle te kom haal.

Kinders moet nie skool toe gestuur word onder die volgende omstandighede nie:

Page 6: Babaland · 2018-07-25 · 3 Kennisgewing van afwesigheid Indien u kind afwesig gaan wees, moet u asseblief die skool voor 8 uur in kennis stel. Laatkom van kinders U kind/ers moet

6

- indien u kind diarree het (meer as 3 stoelgange in ‘n paar uur), of as vomering (meer as

as een keer in 24 uur) plaasvind. As u kind vomeer nog voor ontbyt, is dit ’n duidelike

aanduiding dat iets skort, en hy / sy moet dan liefs tuisbly.

- as daar sere in u kind se mond voorkom, wat aansteeklik mag wees.

- indien u kind ’n veluitslag het, saam met ’n hoë koors. ’n Mediese dokter moet dan

bevestig dat dit nie aansteeklik is nie.

- ’n koors van 38.5 C, tesame met ander siektesimptome soos hoes, moeilik asemhaal,

huil, ongewone slaperigheid, lusteloosheid.

- ‘n ooginfeksie of “pink eyes” met ’n aanhoudende waterige afskeiding.

- enige van die aansteeklike kindersiektes soos TB, Pampoentjies, Impetigo (bak-

teriële velinfeksie), Hepatitis A, Waterpokkies, Masels, Kroep, Duitse masels (Rubella),

Gordelroos of Keelinfeksies.

- Kopluise

- Asemhalingsprobleme, met ’n asemhalingstempo van oor 50 per minuut.

- Indien u kind enige van bogenoemde het wat aansteelik kan wees, sal ons u kind slegs

toelaat wanneer u dokter per brief bevestig dat die toestand nie aansteeklik is nie.

- Ons kan ongelukkig nie aan versoeke voldoen om kinders nie te laat buite speel nie. Indien

u voel u kind mag nie buite speel nie, moet u liefs u kind tuis versorg todat hy/sy beter is.

- Verwys asb ook na ons KINDERKLINIEK op bladsy 7.

DAAGLIKSE BENODIGDHEDE (VIR KLEUTERS EN PEUTERS)

Die volgende moet elke dag in u kind se sakkie gepak wees. (Merk alles asb. duidelik)

1 Stelletjie skoon klere, ’n baadjie of truitjie, kousies (vir die winter). (Meer kleertjies indien ons

besig is met toiletroetine)

1 Skoon kombersie.

’n Hoed of pet.

Smeer self soggens vir u kind/ers sonbrandroom aan. U kan ook die roompies saamstuur, sodat ons

weer in die middag kan aansmeer as dit nodig is.

Eie kam/haarborsel.

Weggooidoeke - indien nodig (genoeg vir die typerk wat u kind by die skool is), boudjiesalf en “wet-

wipes”. (vir Peuters)

’n Klein waterbotteltjie.

’n Dun waslappie.

Page 7: Babaland · 2018-07-25 · 3 Kennisgewing van afwesigheid Indien u kind afwesig gaan wees, moet u asseblief die skool voor 8 uur in kennis stel. Laatkom van kinders U kind/ers moet

7

DAAGLIKSE BENODIGDHEDE (VIR BABAS)

Die volgende moet elke dag in u kind se sakkie gepak wees. (Merk alles asb. duidelik)

3 Stelletjies skoon klere, ’n baadjie of truitjie, kousies (vir die winter) .

2 Spoegdoeke.

Minimum van 8 weggooidoeke, boudjiesalf en “wet-wipes”.

Babaformule en bottels wat gesteriliseer is.

Babapap sal in die oggend voorsien word, en fyn kookkos in die middag.

Algemeen (vir babas)

Elke kind sal sy/haar eie mandjie in die babakamer hê, waarin sy/haar doeke, boudjiesalf, wet-wipes

ens. geplaas sal word.

Elke baba benodig 'n groot plat kussing, 2 kussingslope, 2 kombersies en 2 paslakens.

Elke baba sal ook sy/haar eie mandjie in die kombuis hê, waarin sy/haar bottels, formule, fopspeen

ens. geplaas sal word.

Elke baba sal sy/haar eie campcot hê.

Geen drastoeltjies of stootkarretjies sal by die skool toegelaat word nie, a.g.v. stoorspasie.

Geen pakke doeke nie asseblief. Bring slegs die nodige doeke vir die dag.

Kommunikasie

U sal ’n kommunikasieboek ontvang. Gaan dit elke aand na vir nuusbriewe ens.

Vir babas en peuters: U moet vir ons alles oor u kind se roetine skryf, bv. drinktye, slaaptye, ens.

aangesien ons by u roetine wil inval.

Hierdie boek moet elke dag terug skool toe gestuur word, asseblief.

Beëindiging van kontrak

Skriftelike kennisgewing van een kalendermaand word vereis indien u kind die skool gaan

verlaat.

Ouers bly verantwoordelik vir Desember se fooie, indien kennis gedurende Oktober en

November gegee word.

Kinders wat die skool verlaat om Gr R toe te gaan se deposito sal gebruik word as deel van

betaling vir die laaste maand. (tensy hulle vanaf Gr R ons naskool sentrum, A Place Like Home

ook gaan bywoon. In so geval word die deposito oorgedra.)

Page 8: Babaland · 2018-07-25 · 3 Kennisgewing van afwesigheid Indien u kind afwesig gaan wees, moet u asseblief die skool voor 8 uur in kennis stel. Laatkom van kinders U kind/ers moet

8

Finansies en Fooie per maand (sien bylaag D)

Fooie is maandeliks vooruitbetaalbaar voor of op die 4de van die maand.

Fooie is in 12 maandelikse paaiemente betaalbaar gedurende die jaar, ongeag skoolvakansies

of afwesigheid.

Fooie is onderworpe aan verandering met vroegtydige kennisgewing.

Geen tjeks sal aanvaar word nie.

Fooie wat na die 4de dag van die maand betaal word, is onderhewig aan ’n R50,00 boete per dag.

Hierdie boetes sal automaties van u deposito verhaal word.

Mensieland behou die reg om u te oorhandig aan ’n prokureur en u kontrak te beindig indien u

nie aan die vereiste voldoen nie.

Geen kontant sal op die perseel aanvaar word nie. Fooie moet per internet of debietorder in

ons rekening betaal word.

’n Volle maand se skoolfooie moet inbetaal word as deposito. Dit moet saam met registrasie

betaal word en is terugbetaalbaar wanneer u die skool kennis gee, indien u kind se skoolfooie

nie agterstallig is nie.

Die verskil tussen die deposito en die skoolfonds van toepassing tydens die kennismaand, moet

voor die 4de dag van die kennismaand betaal word. Neem ook asb kennis dat geen rente oploop

teen die deposito tydens die tydperk wat ons dit hou nie.

Buitemuurse aktiwiteite

Daar sal ’n lys opgeplak word in Januarie sodat u kan sien watter aktiwiteite by die skool

aangebied word.

Hierdie aktiwiteite word tussen uself en die betrokke persone van die aktiwiteite gereel.

Betaal asb die betrokke aktiwiteite se gelde direk in hulle rekeninge.

Enige navrae of probleme moet ook direk met hulle uitgesorteer word.

Ekstra by Mensieland:

KINDERKLINIEK

Ons het besef dat daar ‘n groot aanvraag is vir wanneer kinders siek word en ouers verlof moet neem om

na hulle kinders om te sien. Daarom het ons besluit om ‘n “kinderkliniek” of soos ons almal dit ken, ‘n

“siekeboeg”, by die skool oop te maak. Ons het ‘n aparte wendy daarvoor ingerig en basiese medisyne en

goeie sorg word gebied. Kinders sal in isolasie gehou word en aangesien Mensieland ‘n gekwalifiseerde

verpleegster en apteekbystand het, kan ons hierdie diens bied.

Hoe werk dit?

Page 9: Babaland · 2018-07-25 · 3 Kennisgewing van afwesigheid Indien u kind afwesig gaan wees, moet u asseblief die skool voor 8 uur in kennis stel. Laatkom van kinders U kind/ers moet

9

Indien u gekontak word wanneer u kind siek is, sal ons u die keuse bied om u kind te kom haal of om u kind

in die kliniek te laat opneem. Teen geen ekstra koste nie.

HAARSALON

Ons het besluit dat dit in die beste belang van elke kind is om al van kleins af te verstaan dat netheid en

persoonlike higiëne baie belangrik is. Meisies se lang hare moet asb gevleg wees. U kan dit self by die huis

of by ons salon vroeg elke oggend laat doen.

Seuns se hare moet ten alle tye netjies en uit die gesigte wees.

Hoe werk dit?

Ons het ‘n salon ingerig agter Babaland. Meisies se hare word elke oggend netjies gevleg. Seuns se hare

word op aanvraag gesny en netjies gehou. Wanneer ons dink dit is nodig ssal on sook met u kommunikeer.

Dit sal gedoen word teen geen ekstra koste nie. Alle mensies by Mensieland sal een keer in twee weke

behandel word vir luise. Dit is ‘n “maintenance spray” wat aangewend sal word deur ons haarkapster.

Hierdie behandeling word gratis aangebied.

BYSTANDKLUB

Ons het besef dat al hoe meer ouers sukkel om hulle kinders betyds by die skool op te laai in die middag.

Ons bied dan vir u die geleentheid om aan te sluit by ons “Bystandklub”.

Hoe werk dit?

Die klub sal oop wees tot 18h30 in die aande teen ‘n vaste fooi van R100 per maand, addisioneel tot die

skoolfonds, en daarna R10 per uur vir elke uur wat die diens gebruik word. Ons vra egter dat u ons voor

16:30 sal laat weet as u nie daar sal wees teen gewone toemaak tyd nie, sodat die opsigter kan reëlings

tref. Ouers wat nie aangesluit is nie, kan nie gebruik maak van hierdie fasiliteit nie en sal steeds R100 vir

elke 15 minute gepenaliseer word op die dag van laatkom.

MUSIEK

Daar word ‘n musiekles 2 keer per week per klas aangebied deur Mensieland self. Dit sluit instrumente,

sang en sommer net lekker ritme en spel in. en Hierdie les word gratis aangebied as deel van ons

dagprogram.

Probleme

Page 10: Babaland · 2018-07-25 · 3 Kennisgewing van afwesigheid Indien u kind afwesig gaan wees, moet u asseblief die skool voor 8 uur in kennis stel. Laatkom van kinders U kind/ers moet

10

Voel asb vry om enige probleme, voorstelle en ongelukkighede ter enige tyd te kom bespreek met die

onderstaande persone:

Etes – Bella (Isabella) Bence

Finansies – Marelise en Alida

Personeel – Alida

Skoolwerk – Juffrou Belinda

Dit sal verseker dat ons saam die beste vir u klein mensie kan bied

VORMS

VOLTOOI DIE VOLGENDE VORMS EN BESORG TERUG AAN MENSIELAND:

1. PROSPEKTUS – PARAFEER ASB ELKE BLADSY VAN DIE PROSPEKTUS

2. INSRYWINGSVORM : BYLAAG A

3. VRYWARING EN TOESTEMMING : BYLAAG B

4. PROSPEKTUS AANVAARDING : BYLAAG C

5. FOOIE EN TERMYNE : BYLAAG D

Mensieland groete!

Page 11: Babaland · 2018-07-25 · 3 Kennisgewing van afwesigheid Indien u kind afwesig gaan wees, moet u asseblief die skool voor 8 uur in kennis stel. Laatkom van kinders U kind/ers moet

11

INSKRYWINGSVORM

Voldag Halfdag

Datum van leerder se 1ste skooldag: ______________________

Kind se besonderhede:

Van en volle name van kind: ___________________________________________________________

Noemnaam van kind: ________________________ Geboortedatum: __________________________

Huistaal: ________________________________ Geslag: Seun Dogter

Huisadres: ___________________________________________________________________

Posadres: ___________________________________________________________________

Telefoon (H): ________________________________

Vader se besonderhede:

Naam en van: ______________________________________________________________________

ID no.: _____________________________________________________________________

Beroep : ______________________________________________________________________

Werksadres : ______________________________________________________________________

E-pos adres: ______________________________________________________________________

Tel (W) : ________________________________ Selfoon: ____________________________

Moeder se besonderhede:

Naam en van: _____________________________________________________________________

ID no.: _____________________________________________________________________

Beroep : _____________________________________________________________________

Werksadres: _____________________________________________________________________

Epos adres: _____________________________________________________________________

Tel (W): ________________________________ Selfoon: ___________________________

Bylaag A

REK NR: ________

KANTOOR GEBRUIK

Page 12: Babaland · 2018-07-25 · 3 Kennisgewing van afwesigheid Indien u kind afwesig gaan wees, moet u asseblief die skool voor 8 uur in kennis stel. Laatkom van kinders U kind/ers moet

12

Huwelikstatus van ouers:

Getroud Geskei Woon saam Weduwee Wewenaar

Ander: _________________________

Allergieë of ander mediese probleme: (bv. Siektetoestande, vrese, epilepsie, bysteek ens.)

____________________________________________________________________________________

Huisdokter: __________________________ Dokter tel. no.: _____________________________

Dokter se straatadres: __________________________________________________________________

Mediesefonds: ___________________________ Mediesefondsnr: ___________________________

Hiermee gee ek toestemming dat 5ml Paracetamol aan my kind gegee mag word, indien die onderwyser dit nodig vind

in gevalle van pyn of koors.

Ja Nee

Wie bring u kind skool toe in die oggend? __________________________________________________

WIE LAAI U KIND OP IN DIE MIDDAG?

Naam & Van: ______________________________________________________________________

ID nr: ______________________________________________________________________

Kontak nr: ______________________________________________________________________

Naam & Van: ______________________________________________________________________

ID nr: ______________________________________________________________________

Kontak nr: ______________________________________________________________________

Page 13: Babaland · 2018-07-25 · 3 Kennisgewing van afwesigheid Indien u kind afwesig gaan wees, moet u asseblief die skool voor 8 uur in kennis stel. Laatkom van kinders U kind/ers moet

13

Naam & Van: ______________________________________________________________________

ID nr: ______________________________________________________________________

Kontak nr: ______________________________________________________________________

HEG ASB‘N AFSKRIF VAN AL DIE PERSONE WAT U KIND MAG OPTEL SE ID DOKUMENT AAN.

Kontakpersone in geval van nood:

Naam & Van: ______________________________________________________________________

ID nr: ______________________________________________________________________

Kontak nr: ______________________________________________________________________

Naam & Van: ______________________________________________________________________

ID nr: ______________________________________________________________________

Kontak nr: ______________________________________________________________________

Enige ander belangrike inligting:

____________________________________________________________________________________

____________________________________________________________________________________

____________________________________________________________________________________

Waar het u van ons gehoor?: _____________________________________________________________

Page 14: Babaland · 2018-07-25 · 3 Kennisgewing van afwesigheid Indien u kind afwesig gaan wees, moet u asseblief die skool voor 8 uur in kennis stel. Laatkom van kinders U kind/ers moet

14

Rekening:

Persoon verantwoordelik vir die vereffening van die rekening: _______________________________

Moet al die kinders op een rekening gekoppel word? __________________________________________

Ek aanvaar MENSIELAND se reëls en die toepassing daarvan soos in die prospektus van die skool vervat. Artikel 41 (5A

en B) van die Suid-Afrikaanse Skolewet, Wet 84 van 1996, stel dit onomwonde dat ouers vir hulle kinders se skoolfonds

aanspreeklik is. Ek is daarom verplig om dit te betaal. Deur ondertekening van hierdie dokument stem ek in daartoe

dat indien die skool as ‘n party in ‘n regsgeding met ‘n ouer betrokke raak, mag die party wat slaag met die eis,

regskostes van die skuldige party verhaal.

GETEKEN TE KEMPTON PARK OP HIERDIE ______ DAG VAN _________________________ 20____.

Ouer 1: ______________________ Ouer 2: ______________________

Datum: ______________________

Page 15: Babaland · 2018-07-25 · 3 Kennisgewing van afwesigheid Indien u kind afwesig gaan wees, moet u asseblief die skool voor 8 uur in kennis stel. Laatkom van kinders U kind/ers moet

15

VRYWARING EN TOESTEMMING

Hiermee gee ek, die ondergetekende, toestemming aan Mensieland vir die volgende:

1. Dat daar foto’s van my kind se prestasies ens. geneem mag word om moontlik in die plaaslike

koerant, webblad, facebook of nuusbrief te publiseer.

2. Dat my kind deur ’n Mensieland personeellid vervoer mag word na ‘n mediese sentrum of dokter in

geval van nood, indien ek dit nie self kan doen nie. Mensieland onderneem om u eers telefonies te

kontak.

3. In geval van punt 2 hierbo, vrywaar ek Mensieland van enige aanspreeklikheid, om welke rede ookal,

tydens die vervoer van my kind tensy nalatigheid bewys kan word.

4. Dat ek Mensieland vrywaar van enige beserings wat my kind of ek as ouer/voog, mag opdoen op die

perseel, asook op die parkeerarea van Mensieland tensy nalatigheid bewys kan word.

5. Dat ek as ouer/voog verantwoordelik is vir alle mediese kostes t.o.v my kind, hetsy gedek deur ’n

mediese fonds of nie.

6. In geval ‘n besering dit mag vereis, sal dit gereël word dat paramedici die beseerde kind op

Mensieland se terrein sal behandel, en vervoer na ‘n hospitaal of dokter.

Geteken te __________________ op hierdie ____ dag van _________________ 20__

_____________________ _________________________

Ouer 1 Naam van kind

_____________________ _________________________

Ouer 2 vir Mensieland (en hoedanigheid

Bylaag B

Page 16: Babaland · 2018-07-25 · 3 Kennisgewing van afwesigheid Indien u kind afwesig gaan wees, moet u asseblief die skool voor 8 uur in kennis stel. Laatkom van kinders U kind/ers moet

16

PROSPEKTUS AANVAARDING

(PARAFEER ASB ELKE BLADSY VAN DIE PROSPEKTUS)

Hiermee aanvaar ek/ons, ________________________________, as ouers of voogde van ___________________ al

die reëls en regulasies van Mensieland soos dit uiteengesit is in die Prospektus.

Ek / ons onderneem dat my/ons kind, ___________________________, Mensieland sal bywoon

vanaf____________________ 20__.

Ek/ons aanvaar en onderneem ook om die fooie per maand per kind voor of op die 4de dag van elke maand te betaal,

en dat _______________________________ die persoon is wie verantwoordelik is vir die vereffening van die

rekening.

HEG ASB‘N AFSKRIF VAN BEIDE OUERS/VOOGDE SE ID’S AAN, ‘N AFSKRIF VAN U MEDIESEFONDS KAART EN ‘N BEWYS

VAN ADRES.

Geteken te __________________________ op hierdie ____ dag van _________________ 20__

___________________ __________________________

Ouer 1 Naam van kind

___________________ ___________________________

Ouer 2 Vir Mensieland(en hoedanigheid

Bylaag C

Page 17: Babaland · 2018-07-25 · 3 Kennisgewing van afwesigheid Indien u kind afwesig gaan wees, moet u asseblief die skool voor 8 uur in kennis stel. Laatkom van kinders U kind/ers moet

17

TERMYNE EN FOOIE VIR 2019:

Termyne vir 2019:

Mensieland open op 7 Januarie 2019, en volg ‘n vakansie-program. Die skool open amptelik 09 Januarie 2019.

Termyne vir 2019 Open Sluit

Termyn 1 09 Januarie 2019 15 Maart 2019

Termyn 2 02 April 2019 14 Junie 2019

Termyn 3 09 Julie 2019 20 September 2019

Termyn 4 01 Oktober 2019 04 Desember 2019

NEEM ASB KENNIS DAT DIE SKOOL OP ALLE PUBLIEKE VAKANSIEDAE GESLUIT IS.

Skoolfooie vir 2019:

Voldag Voldag Voldag Halfdag Halfdag Halfdag Registrasie Pakket *DEPOSITO

(1e kind) (2e kind) (3e kind) (1e kind) (2e kind) (3e kind) (Eenmalig) (Jaarliks) (Eenmalig)

R2220 R2050 R1950 R2010 R1900 R1750 R400

Babas:

R400

Ander:

R500

Volle maand

skoolfonds

Fooie is betaalbaar aan:

A Place Like Home

ABSA Bank

Takkode: 632005

Rekening No. 4081064059

Verwysing: Rekening nr. / Kind se Naam en Van

UITGESLUIT BY DIE SKOOLFOOIE: JAARLIKSE KOSTUUMGELD VIR SKOOLKONSERT, BYSTANDKLUB EN IN-EN-

UISTAPPIES

Nota: ’n Dagfooi van R120 per dag is betaalbaar vir klein mensies wat net wil kom kuier. (Indien hier plek is.)

_____________________

Ouers

Bylaag D