2020 | oberammergau · 2019. 4. 7. · 2020 | oberammergau toer 1: 8 - 19 september 2020 kosse eie...

10
2020 | OBERAMMERGAU Toer 1: 8 - 19 SEPTEMBER 2020

Upload: others

Post on 11-Mar-2021

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: 2020 | OBERAMMERGAU · 2019. 4. 7. · 2020 | OBERAMMERGAU Toer 1: 8 - 19 SEPTEMBER 2020 KOSSE EIE AAN DIE STREEK: • In Israel gaan jy smul aan Falafels & Shawarmas. • Die vis

2020 | OBERAMMERGAUToer 1: 8 - 19 SEPTEMBER 2020

Page 2: 2020 | OBERAMMERGAU · 2019. 4. 7. · 2020 | OBERAMMERGAU Toer 1: 8 - 19 SEPTEMBER 2020 KOSSE EIE AAN DIE STREEK: • In Israel gaan jy smul aan Falafels & Shawarmas. • Die vis

INLEIDING:Sluit aan by jou wonderlike gasheer, Gerrie Pretorius, op hierdie unieke reis deur die Heilige Land met sy ryke geskiedenis. Eers loop ons in die spore van Jesus en verfris ons geheuens van sy lewensverhaal. Daarna vertrek ons na die prentjiemooi Alpse dorp Oberammergau, in Beiere, om die ongelooflike Passiespele by te woon. Tussendeur, oornag ons ook vir ‘n aand in München, hoofstad van Beiere en besigtig ‘n paar besienswaardighede.

GEMAKLIKE 4* AKKOMMODASIE:Israel: 4-ster hotelle in drie ongelooflike bestemmings:• Tel Aviv – Grand Beach Hotel (of soortgelyk)• Tiberias – Sea of Galilee Hotel (of soortgelyk)• Jerusalem – Grand Court Hotel (of soortgelyk)

München:• Hotel Platzl (of soortgelyke 4*)

Oberammergau:Twee nagte se verblyf in tradisionele, prentjiemooi 2, 3 of 4-ster gastehuise/hotelle in Oberammergau of buurdorpies. (Sal nader aan die tyd bevestig word. LW. Enkelkamers nie altyd beskikbaar nie.)

2020 | OBERAMMERGAUKOSTE: Vanaf R58 984.00 p/persoon wat deel of R69 992.00 p/enkel persoon

Toer 1: 8 - 19 SEPTEMBER 2020

Page 3: 2020 | OBERAMMERGAU · 2019. 4. 7. · 2020 | OBERAMMERGAU Toer 1: 8 - 19 SEPTEMBER 2020 KOSSE EIE AAN DIE STREEK: • In Israel gaan jy smul aan Falafels & Shawarmas. • Die vis

UNIEKE ONDERVINDINGS:• Tel Aviv se lewendige naglewe en ‘n heildronk op die toer. • Sesarea (en ‘n gepaste roomys!). • Nasaret, Jesus se tuisdorp en die uitsig oor die Armageddon Vallei.• Die See van Galilea en ‘n besigtiging van “Jesus se boot”. • ‘n Plesiervaart op die See van Galilea.• Kapernaum opgrawings, o.a. die huis van Petrus se moeder. • Vir middagete, vis van Simon Petrus, in Galilea.• Leer meer van wynprodusering naby Galilea, opgevolg met ‘n

wynproe natuurlik. • Die magtige Masada fort wat uitkyk oor die Dooie See.• Dryf op die Dooie See.• Jerusalem – die skouspelagtige uitsig vanaf Olyfberg, en ‘n voetslaan

deur die tonnel van Hiskia.• Jerusalem – ‘n besoek aan die Mahane Yehuda mark, waar jy gaan

smul aan Falafels en Shawarmas.• Jerusalem – Klank & Lig Skou.• München – Klink ‘n bier by die Hofbrauhaus.• Oberammergau – ‘n onvergeetlike dorpie en natuurlik die Passiespele!

HOOGTEPUNTE VAN DIE TOER: • Verken die geskiedenis van Israel in Sesarea, Nasaret en al langs die

See van Galilea.• Vaar op die See van Galilea.• Wynproe by Galilea.• Verken die Ou Stad van Jerusalem, asook die oeroue Via Dolorosa, die

Davidson Museum se opgrawings en die bekende Westelike Muur.• Stap af met die pad van Palmsondag en raak stil in die Tuin van

Getsemane. • Die Dooie See met sy misterieuse, helende water. • München se karaktervolle Marientplatz en die Hofbrauhaus.• Die Passiespele (Kategorie B/2 sitplekke).

ONS VYFSTER DIENS:• Ons hoogservare Israeliese toergids is ‘n kenner van die geskiedenis, asook die Bybelse- en kulturele agtergrond van hierdie opwindendende land. • Elkeen is in verbinding met die toergids d.m.v. radio-beheerde oorfone met ‘n goeie radius, sou jy afdwaal van die groep. (Gerrie staan ook te alle tye

by om seker te maak jy jy raak nie verlore nie.)• Alle vervoer geskied in luukse busse met lugverkoeling. • Alle ingangsfooie is ingesluit by die prys van die toer. • Kategorie B/2 sitplekke by die Passiespele, asook Engelse vertalings van die dialoog.

2020 | OBERAMMERGAUToer 1: 8 - 19 SEPTEMBER 2020

Page 4: 2020 | OBERAMMERGAU · 2019. 4. 7. · 2020 | OBERAMMERGAU Toer 1: 8 - 19 SEPTEMBER 2020 KOSSE EIE AAN DIE STREEK: • In Israel gaan jy smul aan Falafels & Shawarmas. • Die vis

2020 | OBERAMMERGAUToer 1: 8 - 19 SEPTEMBER 2020

KOSSE EIE AAN DIE STREEK:• In Israel gaan jy smul aan Falafels & Shawarmas. • Die vis van Simon Petrus is sedert die Bybelse tyd gewild en ons gaan uitvind hoekom. • Produsering van wyn in Israel is ‘n oeroue kuns en ons gaan uitvind hoe dit gedoen word in Galilea. • Halva op die Yehuda Mahane Mark wat jou mond sal laat water.• Duitsland se gerookte vleise is legendaries en ons gaan beslis ‘n draai maak by die Viktualienmarkt. • Hofbrauhaus se bier is ‘n moet.

INGESLUIT BY DIE PRYS VAN DIE TOER: TOER• Retoer ekonomiese klas vliegtuigkaartjie vanaf Johannesburg.• Huidige lughawebelasting (onderhewig aan verandering).• Groepstoerversekering. • Alle vervoer in ‘n luukse lugversorging bus.• Vertrekbelasting in Israel @ $50 pp.• 6 nagte se verblyf in Israel (Tel Aviv, Galilea, Jerusalem) - aandete, bed

& ontbyt.• 2 nagte se verblyf in Oberammergau (bed, ontbyt & ‘n hoofmaal).• 1 nag se verblyf in München (bed & ontbyt). • Offisiële Oberammergau Passiespele 2020 kaartjies (Kategorie B/2).• Gerrie Pretorius, as gasheer, asook ‘n verteenwoordiger van Sure

Voyager Travel om hand by te sit.

UITGESLUIT BY DIE PRYS VAN DIE TOER:• Middagetes, aandetes en alle drankies (tensy gespesifiseer).• Fooitjies ($100).• Kruiersfooitjies by hotelle.• Persoonlike uitgawes.• Aansoek vir Duitse visum.• Binnelandse vlugte indien nodig.

ETES EN DRANKIES• 1 Verwelkomingsdrankie• 1 Wynproe• 10 Buffet-ontbyte (BO) • 2 Tradisionele middagetes in Israel (TM)• 6 Buffet-aandetes in Israel (BA) • 2 Tradisionele aandetes in Oberammergau• 1 Tradisionele kosproe by die Viktualienmarkt in München• 1 Bier by die Hoffbrauhaus in München

Page 5: 2020 | OBERAMMERGAU · 2019. 4. 7. · 2020 | OBERAMMERGAU Toer 1: 8 - 19 SEPTEMBER 2020 KOSSE EIE AAN DIE STREEK: • In Israel gaan jy smul aan Falafels & Shawarmas. • Die vis

2020 | OBERAMMERGAUToer 1: 8 - 19 SEPTEMBER 2020

Woensdag, 9 Sept Ons land in Tel Aviv gedurende die namiddag en gaan direk na ons hotel om in te boek.

Na ‘n verwelkomingsaandete, vat ons die pad en wandel al langs die Promenade. Sodra ons kele droog is, stop ons vir ‘n komplimentêre verwelkomingsdrankie iewers waar dit gesellig lyk.

L’Chaim! Op ‘n ongelooflike ervaring wat vir ons voorlê! (A)

Donderdag, 10 SeptVanmôre geniet ons ‘n oriënteringstoer van Israel se opwindende, kommersiële hoofstad. Daarna vertrek ons na Galilea en stop in Sesarea, hoofstad van Judea, eens onder Romeinse heerskappy.

Ons besoek die opgrawings van ‘n Kruisvaarder stad, ‘n Romeinse hawe,

‘n kanaal, asook ‘n amfiteater gerestoureer tot sy voormalige glorie. Geniet ook ‘n vertoning van ‘n baie insiggewende video oor Sesarea tydens sy bestaan vroeërjare. Bederf jouself later met die smaaklikste roomys wat jy nog ooit geproe het.

Ons beweeg verder na die dorp, Nasaret, met ‘n interessante opelug museum en lewendige uitbeeldings van hoe die dorp gefunksioneer het in Jesus se tyd.

Ons stop vlugtig by die Berg van Jesus se Verwerping, vir ‘n uitsig oor die Vallei van Megiddo (of Armageddon) – volgens die Bybel die plek waar die magte van goed en kwaad dit gaan uitbaklei tydens die wêreld se vergaan. Vandaar ry ons verder tot by ons hotel in Galilea en geniet aandete. (OA)

DAG TOT DAG REISPLAN:

Page 6: 2020 | OBERAMMERGAU · 2019. 4. 7. · 2020 | OBERAMMERGAU Toer 1: 8 - 19 SEPTEMBER 2020 KOSSE EIE AAN DIE STREEK: • In Israel gaan jy smul aan Falafels & Shawarmas. • Die vis

2020 | OBERAMMERGAUToer 1: 8 - 19 SEPTEMBER 2020

Vrydag, 11 Sept Ons begin die dag met ‘n besoek aan die historiese Boot van Galilea wat terugdateer na die tyd van Jesus. Die boot was vir eeue bewaar in modder en is intussen sorgvuldig en baie noukeurig herwin. Dit gaan jou asem wegslaan.

Daarna beweeg ons na Kapernaum vir fasinerende argeologiese opgrawings. Onder andere, die moeder van Petrus se huis, waar Jesus glo tuisgegaan het tydens sy verblyf in Galilea. Tyd gaan spandeer word by hierdie wonderbaarlike plek.

Vir middagete gaan Gerrie jul bederf met vis van Simon Petrus, tradisioneel en gepas vir ons dag in Galilea. Daarna, skop ons skoene uit en ontspan tydens ‘n bootvaart op die See van Galilea, net soos in die tyd van Jesus.

Dan verander ons heeltemal van rigting en vaar die heuwels in om te leer oor wynprodusering, opgevolg met ‘n wynproe. L’chaim! Aandete by die hotel. (OMA)

Saterdag, 12 Sept Ons mik suid na die Dooie See, ry deur die skilderagtige Jordaniese Vallei en besoek een van die imposantste voorbeelde van historiese ingenieurswerk, menslike uithouvermoë and dapperheid by Masada. Ons vat die kabelkar tot bo-op die berg en hoor een van die mees ongelooflikste stories wat ooit vertel is, terwyl jy op die plek staan waar die tragedie afgespeel het.

Uiteindelik, tyd vir ‘n ondervinding van jou lewe – dryf op die Dooie See! Bring jou swembroek en koerant!

Daarna, vat ons die pad noord na die Goue Stad, Jerusalem en boek in by ons hotel.

Aandete by die hotel. (OA)

Page 7: 2020 | OBERAMMERGAU · 2019. 4. 7. · 2020 | OBERAMMERGAU Toer 1: 8 - 19 SEPTEMBER 2020 KOSSE EIE AAN DIE STREEK: • In Israel gaan jy smul aan Falafels & Shawarmas. • Die vis

2020 | OBERAMMERGAUToer 1: 8 - 19 SEPTEMBER 2020

Sondag, 13 SeptOns tyd in Jerusalem gaan besig, tog baie insiggewend wees. Die plek drup van geskiedenis en ons gaan soveel moontlik met jou deel.

Ons slaan te voet deur die tonnel van Hiskia – nog ‘n ingenieurswonder – uitgegrawe in die rotse onder die Stad van Dawid rondom 700 BC. Jy kan kies tussen die droë- of nat roete, beide ‘n asemrowende ervaring.

Daarna besoek ons die bekende Klaagmuur van die tempel en kan jy self ‘n persoonlike gebed op ‘n stukkie papier skryf, styf opvou en tussen die krake van die magtige betonblokke indruk.

Besoek die bad van Bethesda in die Ou Stad en stap deur ‘n gedeelte van die Via Dolorosa.

Volgende gaan jy bederf word met die beste Falafels en Shawarmas. Berei jou smaakknoppies voor vir ‘n Middel Oosterse proe-sensasie!

Die asemrowende uitsig oor die Tempelberg, vanaf Olyfberg, is ‘n moet – of jy nou Joods, Moslems of ‘n Christen is. Jerusalem word gesien as die heiligste stad en hordes inwoners deel ‘n klein spasie in die Tempelberg area. Jy gaan verstom staan.

Daarna loop ons af met die Palmsondag pad, tot by die voet van Olyfberg en die Tuin van Getsemane en raak stil in die Kerk van Alle Nasies.

Later vergesel Gerrie jul na die hart van Jerusalem se marklewe, die feestelike Yehuda Mahane Mark, of die “Shuk”, soos die plaaslike inwoners dit noem. Gee jouself oor aan die vriendelike stalletjie-eienaars wat roep en wink om hul lekkernye te proe. Vars- en droë vrugte, gebak, neute,

lekkergoed en natuurlik, Halva – dosyne verskillende geure watertand Halva.

Aandete by die hotel. (OMA)

Maandag, 14 Sept Vanmôre besoek ons die hartroerende Yad Vashem, monument en huldeblyk aan die Holocaust.

Later reis ons na die fasinerende en innoverende Davidson Museum, met opgrawings van oorspronklike Romeinse strate en nog meer.

Ons draai terug na ons hotel vir ons laaste aandete in Jerusalem. (OA)

Page 8: 2020 | OBERAMMERGAU · 2019. 4. 7. · 2020 | OBERAMMERGAU Toer 1: 8 - 19 SEPTEMBER 2020 KOSSE EIE AAN DIE STREEK: • In Israel gaan jy smul aan Falafels & Shawarmas. • Die vis

2020 | OBERAMMERGAUToer 1: 8 - 19 SEPTEMBER 2020

Dinsdag, 15 Sept Ons groet Israel en vlieg na ons volgende opwindende bestemming – München, Duitsland.

Met aankoms, reis ons na die Aldstadt omgewing vir een nag se verblyf in München, die pragtige hoofstad van Beiere.

Ons gaan beslis tyd hê om te wandel na die Ou Dorp gedeelte (Aldstadt) tot by die hart van egte, tradisionele Beierse kos – die Victualienmarkt. Stap gerus rond en proe al die Duitse lekkernye wat aangebied word.

‘n Besoek aan München sal nie volwaardig wees sonder ‘n bier by die bekende Hoffbrauhaus nie. As die massiewe een liter biere jou afskrik, probeer gerus die halwe liter!

Steeds honger? Bestel vir jou ‘n Eisbein, oorgenoeg vir twee om te deel, of probeer hul Bratwurst. (Aandete op eie onkoste.)

Ons keer terug na die hotel om ons reis môre verder te vat. (O+Happie op Mark)

Woensdag, 16 SeptVanmôre verlaat ons München en reis suid na Oberammergau, waar die Passiespele aangebied word. (Vir die oningeligdes onder ons: die Passiespele is ‘n opvoering van Jesus se lewe wat elke 10 jaar aangebied word.)

Hierdie klein dorpie akkommodeer tot en met 5000 mense op ‘n slag vir elke vertoning, deur die naburige dorpies ook te betrek. (Meer as ‘n

halfmiljoen mense woon die opvoerings by vanaf Mei tot Oktober!)

Die organisering hiervan is ongelooflik en alles verloop seepglad. Nie net vervoer hulle elke lid van die gehoor na die teater en terug na hul verblyf ná die vertoning nie, hulle neem ook almal terug na hul verskeie akkommodasies tydens pouse, om aandete te gaan geniet en bring almal weer terug na die teater vir die laaste helfte van die vertoning. Absoluut prysenswaardig.

Die opvoering is in Duits, maar almal word voorsien van ‘n teks in Engels. Tog, sal jy vind jy raak so meegevoer met die storie wat jy so goed ken, dat jy bykans nooit die vertaling raadpleeg nie.

Bykans elke liewe inwoner van die dorp neem deel aan die spele. Dit word beskou as een van die grootste produksies ter wêreld. ‘n Fasinerende ervaring.

Aandete by jou akkommodasie in Oberammergau of naburige dorp. (OA)

Page 9: 2020 | OBERAMMERGAU · 2019. 4. 7. · 2020 | OBERAMMERGAU Toer 1: 8 - 19 SEPTEMBER 2020 KOSSE EIE AAN DIE STREEK: • In Israel gaan jy smul aan Falafels & Shawarmas. • Die vis

2020 | OBERAMMERGAUToer 1: 8 - 19 SEPTEMBER 2020

Donderdag, 17 Sept Die groot dag vir óns vertoning het uiteindelik aangebreek.

Voel vry om die oggend (tot en met middagete) die omgewing op jou eie te verken. Die hele area is prentjiemooi met sy houtgekerfde huisies in helder kleure geverf.

Staan gereed by jou verblyf teen middagtyd vir jou vervoer na die teater.

Almal word teruggeneem om 19h00 vir aandete en weer opgelaai vir die laaste helfte van die vertoning. (OA)

Vrydag, 18 Sept Ons vertrek in die oggend terug na München se lughawe vir ons terugvlug na Suid-Afrika.

Saterdag, 19 SeptOns arriveer op OR Tambo in die oggend en ons koppe zoei met alles wat ons beleef het.

Page 10: 2020 | OBERAMMERGAU · 2019. 4. 7. · 2020 | OBERAMMERGAU Toer 1: 8 - 19 SEPTEMBER 2020 KOSSE EIE AAN DIE STREEK: • In Israel gaan jy smul aan Falafels & Shawarmas. • Die vis