2021 | leef jou reis - portugal · ons maak gereed vir ons vlug en begin ons reis in porto,...

9
2021 | LEEF JOU REIS - PORTUGAL Datums: 22 – 31 MEI 2021

Upload: others

Post on 19-Jul-2020

6 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: 2021 | LEEF JOU REIS - PORTUGAL · Ons maak gereed vir ons vlug en begin ons reis in Porto, Portugal! DAG 2: SONDAG, 23 MEI 2021 Direk nadat ons geland het in die pragtige stad, Porto,

2021 | LEEF JOU REIS - PORTUGAL

Datums: 22 – 31 MEI 2021

Page 2: 2021 | LEEF JOU REIS - PORTUGAL · Ons maak gereed vir ons vlug en begin ons reis in Porto, Portugal! DAG 2: SONDAG, 23 MEI 2021 Direk nadat ons geland het in die pragtige stad, Porto,

INLEIDING:7 ongelooflike nagte in Porto en Lissabon – ‘n opwindende program propvol ongelooflike herinneringe in ‘n land wat meer en meer tevoorskyn tree as ‘n outentieke toerisme-bestemming. Hierdie land is ook al aangewys as die een plek waar jy nog ware kultuur kan ervaar…

DAG 1: SATERDAG, 22 MEI 2021Ons maak gereed vir ons vlug en begin ons reis in Porto, Portugal!

DAG 2: SONDAG, 23 MEI 2021 Direk nadat ons geland het in die pragtige stad, Porto, vertrek ons na ons hotel, boek in en trek ‘n waslap deur die blaaie. Die res van die dag, is jy vry om hierdie opwindende stad, op die oewers van die Dourorivier, op jou eie te begin verken. Die stad bied bekoorlike uitsigte, uitlokkende promenades en hope vars lug. Gaan proe eerstehands hoekom Porto wêreldbekend is vir sy port. Vanaand eet ons vir die eerste keer saam in ‘n tipiese Portugese restaurant. Oornag in Porto. Ingesluit aandete.

COST: €2 049 PP WAT DEEL (2X ENKELBEDDENS / DUBBELBED) €2 855 PER ENKEL PERSOON.

Datums: 22 MEI – 31 MEI 2021PORTUGAL 2021 |

Page 3: 2021 | LEEF JOU REIS - PORTUGAL · Ons maak gereed vir ons vlug en begin ons reis in Porto, Portugal! DAG 2: SONDAG, 23 MEI 2021 Direk nadat ons geland het in die pragtige stad, Porto,

DAG 3: MAANDAG, 24 MEI 2021Na ontbyt, verken ons Porto te voet; ontdek die plaaslike inwoners se gunsteling plekke en leer meer oor hul fassinerende geskiedenis. Later vanmiddag, gaan ons aanboord op ‘n tradisionele houtboot, die sogenaamde Barco Robelo, seil op die Dourorivier en verkyk ons aan die prag van Porto en Vila Nova De Gaia met ‘n skemerkelkie in die hand. Barco Robelo is een van vele soortgelyke bote, wat voorheen gebruik was, om port vanaf die Douro Vallei te vervoer na die wynkelders van Vila Nova De Gaia.Vanaand bederf Gerrie almal met die proe van plaaslike port and stel ook jou proeknoppies bekend aan Petiscos, tradisionele Portugese peuselhappies.Middagete op jou eie onkoste. Oornag in Porto.

Ontbyt en aandete ingesluit.

DAG 4: DINSDAG, 25 MEI 2021‘n Volle dag om Porto, propvol besienswaardighede, te verken. Voel vry om dit op jou eie te doen, of vergesel Gerrie jou na al sy gunsteling plekke. O.a. Livrario Lello, die uitmuntende boekwinkel wat JK Rowling se Harry Potter reeks geïnspireer het, asook die unieke Sao Bento treinstasie met sy blou en wit teëls. Ons sluit die voormiddag af by die ikoniese Bolhao Mark, wat jou mond sal laat water. Hierdie is die mark waar die “locals” hul inkopies doen en wil ons jou by Leef Jou Reis jou alless wys. Porto is ‘n klein plekkie maar is ons hotel gerieflik geleë sodat jy maklik hierdie dorpie op jou eie kan verken.Vanmiddag is almal vry om op hul eie te verken. Gaan doen inkopies in die vele uitlokkende winkels; gryp jou kamera vir pragtige foto’s van die Cais de Ribeiro, of gaan wandel langs die promenade en asem vars lug in. Jy kan altyd weer op ‘n boot klim en die wynplase langs die Dourorivier gaan besoek, om wyn te proe en iewers middagete te geniet. Middag- en aandete op jou eie onkoste. Oornag in Porto. Ontbyt ingesluit.

Datums: 22 MEI – 31 MEI 2021

PORTUGAL 2021 |

Page 4: 2021 | LEEF JOU REIS - PORTUGAL · Ons maak gereed vir ons vlug en begin ons reis in Porto, Portugal! DAG 2: SONDAG, 23 MEI 2021 Direk nadat ons geland het in die pragtige stad, Porto,

DAG 5: WOENSDAG, 26 MEI 2021Vandag vertrek ons na Lissabon, via Coimbra en besoek hul beroemde Universiteit, een van die eerstes in Europa. ‘n Besoek aan hul biblioteek is opsioneel. Geniet middagete voor ons vertrek na die Middeleeuse dorpie, Obidos. Die prentjiemooi Obidos, omring met ‘n Middeleeuse muur en kleurvolle bougainvillea en kanferfoelie wat die wit huise verfraai, sal jou asem wegslaan. Gaan wandel deur die ronde-klip-strate en koop geskenke vir die arme drommels wat moes agterbly by die huis. Maak definitief van die geleentheid gebruik om die plaaslike kersielikeur te proe, voor ons verder vertrek na Lissabon. Nadat ons by ons hotel ingeboek het, vat Gerrie ons na een van sy gunsteling plaaslike uithangplekke. Die Bairro-Alto buurt het musiek, gesellige kroeë en restaurant om elke hoek en draai en is dit hier waar almal van ons saam iets gaan drink en ‘n heildronk drink op die begin van ‘n nuwe en opwindende avontuur saam in die pratige stad.

Middagete op eie onkoste.Oornag in Lissabon. Ontbyt en verwelkomingsdrankie ingesluit.

DAG 6: DONDERDAG, 27 MEI 2021Ons skop af met ‘n oriënteringstoer van Lissabon; stop o.a. by Belem, waar Gerrie ons vir ‘n goeie 3.5 ure al sy gunsteling plekke gaan wys. Wandel in die tuine en drink die uitgestrekte, netjiese terreine van Mosteiro dos Jerónimos en Torre de Belém in. Beide hierdie geboue, verklaar as UNESCO Erfenis Terreine, het die verskriklike aardbewing van 1755 deurstaan en is vandag die mees kosbaarste historiese geboue in Portugal. Gaan besoek die katedraal waar Vasco da Gama glo aanbid het en waar sy oorskot glo begrawe is.Nog ‘n besienswaardigheid wat nie gemis moet word nie, is die ongelooflike Royal Carriage Museum. Iewers deur die dag, gaan jy bederf word met ‘n beroemde Belem Vlatert, “Pasteis de Belém” – jy gaan jou vingers aflek! Ons gaan jou ook die mooi storie agter die bekende “melktertjies / nata” van

Datums: 22 MEI – 31 MEI 2021

PORTUGAL 2021 |

Page 5: 2021 | LEEF JOU REIS - PORTUGAL · Ons maak gereed vir ons vlug en begin ons reis in Porto, Portugal! DAG 2: SONDAG, 23 MEI 2021 Direk nadat ons geland het in die pragtige stad, Porto,

Portugal vertel wat vandag wêreldwyd bekend is.

Ons is nog nie klaar gesmul nie… Later vanmiddag neem Gerrie ons na sy gunsteling, gastronomiese plek, die Time Out Mark. ‘n Fees van plaaslike, uitgestalde kosse wag op jou. Die res van die dag en vanaand is jy vry om te kom en gaan soos jy wil. Aandete en middagete op eie onkoste.Oornag in Lissabon. Ingesluit ontbyt.

DAG 7: VRYDAG, 28 MEI 2021Verken vandag op jou eie tyd en tempo – Gerrie kan verskeie plekke aanbeveel. Maak van die geleentheid gebruik en neem ‘n toer na bestemmings rondom Lissabon, o.a. die pragtige Sintra en die wonderlike vissersdorpie, Caiscais. Die moontlikhede is legio vir jou tweede laaste dag in Lissabon. Later vanaand, neem Gerrie jou na sy gunsteling Fado restaurant, met ‘n tipiese Folklore en Fado vertoning, terwyl ons aansit vir aandete. Hierdie is

ongetwyfel die beste Fado musiek wat jy ooit sal hoor en deel jy in ‘n egte Portugese ervaring. Lissabon het egter soveel wat jy moet beleef en is ‘n Trêm-Rit op Trêm 28 wat ons ten sterkste kan aanbeveel.Middagete op jou eie onkoste.Oornag in Lissabon. Ingesluit ontbyt en aandete.

DAG 8: SATERDAG, 29 MEI 2021Ons laaste dag in Portugal. Verken en geniet die oggend op jou eie, kamera in die hand vir ongelooflike foto’s.

Ontmoet Gerrie vir ons laaste middagete saam, by die oudste restaurant in Lissabon, Café Restaurante Martinho da Arcada, wat die beste tradisionele Bacalhau (wat ‘n tradisionele visgereg is van Portugal) bedien. Oppad daarheen, stap ons verby atmosferiese plekke en besoek die unieke Poppe Hospitaal en Museum. Een van die vreemdste ervarings van jou lewe wag op jou.

Datums: 22 MEI – 31 MEI 2021

PORTUGAL 2021 |

Page 6: 2021 | LEEF JOU REIS - PORTUGAL · Ons maak gereed vir ons vlug en begin ons reis in Porto, Portugal! DAG 2: SONDAG, 23 MEI 2021 Direk nadat ons geland het in die pragtige stad, Porto,

Gaan geniet ‘n skemerkelkie en aandete by een van die vele kroeë / restaurante met ‘n pragtige uitsig van die brug oor die water. Of gaan snuffel rond in die menige klein winkeltjies. Vanaand ontmoet Gerrie almal vir ‘n vaarweldrankie en ruil kontakbesonderhede uit met nuwe vriende. Aandete op eie onkoste.Oornag in Lissabon. Ingesluit ontbyt en middagete.

DAG 9: SONDAG, 30 MEI 2021Net na ontbyt, verlaat ons die hotel. Met ‘n oggend nog tot ons beskikking, gaan besoek ons die LX Factory, ‘n baie unieke mark, propvol moontlike geskenke en aandenkings. Jy wil dit verseker nie mis nie want hierdie ou fabriek is omskep in een van die grootste vlooimarkte van Portugal.Ons vertrek laatmiddag, na die lughawe vir ons vlug terug na Suid-Afrika.Ontbyt ingesluit.

DAG 10: MAANDAG, 31 MEI 2021Ons land in Johannesburg. Tyd om te groet met ‘n kop vol ongelooflike herinneringe saam met Gerrie.

Datums: 22 MEI – 31 MEI 2021

PORTUGAL 2021 |

Page 7: 2021 | LEEF JOU REIS - PORTUGAL · Ons maak gereed vir ons vlug en begin ons reis in Porto, Portugal! DAG 2: SONDAG, 23 MEI 2021 Direk nadat ons geland het in die pragtige stad, Porto,

KOSTE?€2049-00 pp wat deel (2x enkelbeddens / dubbelbed) €2855-00 per enkel persoon.

Slegs landreëlings.PLUS, die vliegtuigkaartjie van ongeveer R12 540-00 (sal bevestig word).

Bankbesonderhede:GJ PretoriusABSA, Mosselbaai tak: 632005Rekeningnommer: 2078183449Verwysing: PORTUGAL + NAAM EN VAN

INGESLUIT: • Retoer ekonomiese klas vliegtuigkaartjie (Johannesburg na Porto / Lissabon na Johannesburg).• Huidige lughawebelasting (onderhewig aan verandering).• Groepstoerversekering vir persone jonger as 70jr. ‘n Spesiale kwotasie beskikbaar vir persone ouer as 70jr. • Toergids.• Vervoer in luukse, lugversorgde busse.• 7 nagte se verblyf in goedgeleë 4*-hotelle: 3 nagte in Porto & 4 nagte in Lissabon. • Daaglikse ontbyt.• ‘n Staptoer van Porto (2 voormiddae). • 2 aandetes in Porto.

• Rabelo Bootrit, plus skemerkelkie. • 2 aandetes in Lissabon. (Een daarvan met ‘n tradisionele Fado vertoning).• 1 afsluitingsmiddagete in Lissabon.• Ingangsfooi tot die Royal Carriage Museum.• ‘n Tradisionele Belem Pasteis.• Besoek aan die opwindende LX Factory Mark.• ‘n Laaste skemerkelkie met Gerrie in Lissabon.• Fooitjies aan toerpersoneel en busbestuurders. • Gerrie Pretorius as uitmuntende gasheer.

UITGESLUIT: • Aandetes, middagetes en drankies (tensy gespesifiseer).• Addisionele toere (níé gespesifiseer).• Persoonlike uitgawes.• Opsionele uitstappies.• Persoonlike versekering vir persone ouer as 70jr.• Visums.• Binnelandse vlugte na en van Johannesburg.

Datums: 22 MEI – 31 MEI 2021

PORTUGAL 2021 |

Page 8: 2021 | LEEF JOU REIS - PORTUGAL · Ons maak gereed vir ons vlug en begin ons reis in Porto, Portugal! DAG 2: SONDAG, 23 MEI 2021 Direk nadat ons geland het in die pragtige stad, Porto,

HOU ASB IN GEDAGTE• Besprekings is gebasseer op ‘n ‘voorkeur aan eerste besprekings gemaak’-basis. Jou deposito verseker jou plek op hierdie opwindende toer saam met Gerrie. • ‘n Nie-verhaalbare deposito van R10 000 is betaalbaar met bespreking. • Die volgende betaling van R5000 is betaalbaar teen 1 November 2020.• Die uitstaande bedrag is betaalbaar teen 10 Maart 2021. • Ons behou die reg om die reisplan te verander, sou dit nodig wees. • Jou paspoort moet geldig wees vir 6 maande ná ons terugkeer, m.a.w. 5 Desember 2021 en moet beskik oor ten minste 2 skoon bladsye.• Die prys van die toer is uitgewerk in Euro’s vir die landreëlings. Jou deposito’s word dadelik oorbetaal na Portugal, sodra ons dit ontvang. Jy sal hersiende state ontvang na elke betaling, om tred te hou met die uitstaande bedrag. (Die bedrae sal in Euro’s aangedui word.) • Die prys van die toer is gebasseer op ‘n toergroep van 42 persone. As die groep kleiner is, sal dit die finale prys beïnvloed. Ons hou julle deurgans op hoogte. • Die prys is gebasseer op elektroniese oorbetalings. Kredietkaart- en kontantinbetalings gaan gepaard met ‘n ekstra fooi wat nie ingesluit is by die prys nie. • Met u handtekening op die Leef Jou Reis besprekingsvorm, aanvaar jy die bepalings en voorwaardes soos uiteengesit op die Leef Jou Reis webwerf. Op versoek kan dit ook aan jou ge-epos word.

WAT VOLGENDE? Stappe om te volg om jou plek te verseker op hierdie onvergeetlike toer na Portugal.

• Stap 1. Stuur jou epos-adres en selnommer aan ons.• Vul die vorm in wat teruggestuur word en epos dit terug met ‘n kopie van jou paspoort en bewys van betaling van deposito. • Stap 2. Ons stuur vir jou erkenning van ontvangs, plus ‘n gedetailleerde reisprogram met wenke en wat om te beplan. Ons stig ‘n WhatsApp groep nader aan die tyd waarop Gerrie met jul alle verdere inligting en reëlings sal deel.• Step 3. Raak opgewonde en begin uitsien na ‘n ongelooflike toer wat voorlê!

Datums: 22 MEI – 31 MEI 2021

PORTUGAL 2021 |

Page 9: 2021 | LEEF JOU REIS - PORTUGAL · Ons maak gereed vir ons vlug en begin ons reis in Porto, Portugal! DAG 2: SONDAG, 23 MEI 2021 Direk nadat ons geland het in die pragtige stad, Porto,

VIR MEER INLIGTING KONTAK ONS GERUS:Selfoon: +27 82 923 3626

Epos: [email protected]: www.gerriepretorius.co.za | www.goingplacesnow.com

Leef jou Reis met Gerrie Pretorius

Leef jou Reis Vriende @GerrieOfficial @Gerriepret