21. die koning word gesalf...48 25. die here verskyn aan salomo by gibeon 1 konings 3: 4 - 15 dawid...

20
43 21. Die koning word gesalf 1 Samuel 9 en 10 Die volk sê vir Samuel: “Gee ons ‘n _____________ om ons te rig.” Die HERE kies vir ___________ . Saul is nie ‘n goeie koning nie. Hy is ongehoorsaam. Samuel sê: “Die ____________ het die koningskap gegee aan iemand wat beter is as jy.” Ons mag ook ____________ wees. ___________ is ons groot Koning. Christus vra gehoorsaamheid bo alles (1 Sam 15: 22).

Upload: others

Post on 26-Sep-2020

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: 21. Die koning word gesalf...48 25. Die Here verskyn aan Salomo by Gibeon 1 Konings 3: 4 - 15 Dawid wys _____ aan om na hom koning te word. Die Here verskyn aan Salomo in ‘n droom

43

21. Die koning word gesalf 1 Samuel 9 en 10

Die volk sê vir Samuel: “Gee ons ‘n _____________ om ons te rig.” Die HERE kies vir ___________ .

Saul is nie ‘n goeie koning nie. Hy is ongehoorsaam. Samuel sê: “Die ____________ het die koningskap gegee aan iemand wat beter is as jy.”

Ons mag ook ____________ wees. ___________ is ons groot Koning.

Christus vra gehoorsaamheid bo alles (1 Sam 15: 22).

Page 2: 21. Die koning word gesalf...48 25. Die Here verskyn aan Salomo by Gibeon 1 Konings 3: 4 - 15 Dawid wys _____ aan om na hom koning te word. Die Here verskyn aan Salomo in ‘n droom

44

22. Dawid en Goliat 1 Samuel 17: 1 - 18: 13

Maar Dawid sê vir die Filistyn (Goliat):

“Jy kom na my met ‘n swaard en met ‘n spies en met ‘n lans, maar ek kom na jou in die Naam van die _____ van die leërskare, die God van die slagordes van Israel wat jy uitgedaag het...” (1 Sam 17: 45).

“Vandag sal die _____ jou in my hand oorlewer...” (1 Sam 17: 46).

Opdrag• Lees die teks saam hardop.

• Hoekom was Dawid nie bang om teen die reus Goliat te veg nie? Onderstreep dit met rooi.

• Hoekom moet Dawid teen Goliat veg? Onderstreep dit met blou.

• Dawid weet dat hy dit nie self kan doen nie, maar die _______ sal hom help om Goliat te verslaan. Onderstreep dit met groen.

Page 3: 21. Die koning word gesalf...48 25. Die Here verskyn aan Salomo by Gibeon 1 Konings 3: 4 - 15 Dawid wys _____ aan om na hom koning te word. Die Here verskyn aan Salomo in ‘n droom

45

• Hoekom wil jy altyd vir die Naam van die Here opkom?

____________________________________________

____________________________________________

• Jesus Christus het selfs tot in die ___________ sy Vader se Naam geëer.

‘n Slingervel

Die slingervel was van gebreide rieme of vlegwerk met ‘n holte

waarin die klip gelê het. (1 Sam 25: 29; Spr 26: 8)

Page 4: 21. Die koning word gesalf...48 25. Die Here verskyn aan Salomo by Gibeon 1 Konings 3: 4 - 15 Dawid wys _____ aan om na hom koning te word. Die Here verskyn aan Salomo in ‘n droom

46

23. Dawid word koning 2 Samuel 2: 1 - 11

Dawid moet lank wag om _________________ te wees. Hy moet vir koning ______________ vlug. Die Here bly _______________. Hy spaar Dawid keer op keer. Dawid spaar koning Saul se lewe. Hoekom?

________________________________________________

Dawid in Jerusalem2 Samuel 5 - 7

Eindelik word Dawid koning van die hele volk! Die Here seën Dawid. Die stad Jerusalem word ook die _________________-stad genoem.

Teken hoe Dawid gesalf word

Page 5: 21. Die koning word gesalf...48 25. Die Here verskyn aan Salomo by Gibeon 1 Konings 3: 4 - 15 Dawid wys _____ aan om na hom koning te word. Die Here verskyn aan Salomo in ‘n droom

47

24. Dawid in Jerusalem 2 Samuel 5 - 7

Dawid bring die _______________ van die verbond na Jerusalem. Die eerste keer laai hulle die ark op ‘n ________________. Dit is ________________. Daarna doen Dawid dit soos die Here dit wil hê - die ark word deur die _______________ gedra. Dawid is so bly en ____________ voor die ark uit. Migal is _____________ . Dawid sê vir haar:

“... ja, voor die aangesig van die Here sal ek vrolik wees!” (2 Sam 6: 21b).

‘n Voorstelling van die verbondsark

Page 6: 21. Die koning word gesalf...48 25. Die Here verskyn aan Salomo by Gibeon 1 Konings 3: 4 - 15 Dawid wys _____ aan om na hom koning te word. Die Here verskyn aan Salomo in ‘n droom

48

25. Die Here verskyn aan Salomo by Gibeon

1 Konings 3: 4 - 15

Dawid wys ______________ aan om na hom koning te word. Die Here verskyn aan Salomo in ‘n droom. Hy mag kies net wat hy wil hê!

Kleur in wat Salomo kies

Die Here is oneindig goed - Hy gee Salomo selfs meer...

“Ja, selfs wat jy nie begeer het nie, sal ek jou gee, rykdom sowel as eer...”

“...En as jy in my weë wandel, en my gebooie onderhou sal ek jou dae verleng” (1 Kon 3: 13, 14).

Page 7: 21. Die koning word gesalf...48 25. Die Here verskyn aan Salomo by Gibeon 1 Konings 3: 4 - 15 Dawid wys _____ aan om na hom koning te word. Die Here verskyn aan Salomo in ‘n droom

49

26. Bou van die tempel 1 Konings 5 - 8

Salomo kon vir die Here ‘n pragtige __________ bou. Die Here het gewys dat Hy daar wil woon en gedien wil word, want _________________________________.

Die Here het Salomo en die volk ryklik geseën, maar Salomo het met baie vroue getrou! Hulle het hom ver____. Hy het selfs aan hulle afgode ge________.

Die Here vat sy koningskap weg. Die Here bly _____ aan sy belofte aan Dawid. Uit sy ___________ sal die Verlosser gebore word. Rehabeam mag twee stamme _____________ en ______________ behou.

Salomo se tempel

Page 8: 21. Die koning word gesalf...48 25. Die Here verskyn aan Salomo by Gibeon 1 Konings 3: 4 - 15 Dawid wys _____ aan om na hom koning te word. Die Here verskyn aan Salomo in ‘n droom

50

27. Elía by die spruit Krit 1 Konings 17: 2 - 6

Elía beteken ______________________________.

Koning _____________________ was baie goddeloos. Hy trou met ‘n heidense koningin.

Niemand mag meer die _______________ dien nie.

Almal moet nou voor _________________ kniel.

Maar die Here bewaar sy kinders.

Elía bid dat dit nie sal ____________ nie, sodat almal weer sal sien dat die _____________ alleen God is! Die Here versorg Elía by die spruitjie __________. So sorg Hy daagliks vir ons. Ons moet Hom daarvoor ___________ en prys.

Page 9: 21. Die koning word gesalf...48 25. Die Here verskyn aan Salomo by Gibeon 1 Konings 3: 4 - 15 Dawid wys _____ aan om na hom koning te word. Die Here verskyn aan Salomo in ‘n droom

51

28. Elía by Sarfat 1 Konings 17: 7 - 16

Jesus sê: “_____________________________________________________________________________________.“ (Matt 6: 11).

Dit beteken dat die Here vir ons elke dag _________ om Jesus ontwil. Boonop kry ons die __________ lewe as ons in Jesus ______. Watter groot liefde en ______________!

Dit wil die Here ook vir die weduwee van ____________ wys. Elía bring vir haar groot redding. Haar ______ en ________ sal nie minder word nie.

Die Here wil haar ook leer dat Hy om ________ ontwil ons sondes wil vergewe, en selfs die ____________ lewe vir sy kinders wil gee. Elía bid dat die Here haar seun weer __________ sal maak.

So mag ons almal as Jesus weer kom, _____________ _____________ en ewig by Hom________.

Page 10: 21. Die koning word gesalf...48 25. Die Here verskyn aan Salomo by Gibeon 1 Konings 3: 4 - 15 Dawid wys _____ aan om na hom koning te word. Die Here verskyn aan Salomo in ‘n droom

52

29. Naäman word van sy melaatsheid genees

2 Konings 5: 1 - 19

Naäman was die leërowerste van die koning van _______________.

Hy was ‘n baie ____________ man. Naäman was _______________. ‘n Joodse slawemeisie vertel vir sy vrou van die profeet van die Here. Naäman gaan na __________. Elisa laat Naäman weet: “Gaan heen, was jou _________ maal in die Jordaan ... en jy sal rein wees” (2 Kon 5: 10b).

Naäman het kwaad geword. Hy is te belangrik daarvoor! Eindelik het hy toegegee, en hy was heeltemal ____________.

Naäman het die ____________ van Israel geloof.

“... nou weet ek dat daar geen God op die hele aarde is nie, behalwe in Israel” (2 Kon 5: 15b).

Ons mag die Here altyd loof en dank. Om Christus ontwil word ons van ons sondes ______________.

Page 11: 21. Die koning word gesalf...48 25. Die Here verskyn aan Salomo by Gibeon 1 Konings 3: 4 - 15 Dawid wys _____ aan om na hom koning te word. Die Here verskyn aan Salomo in ‘n droom

53

30. Die profeet Jona Jona 1 en 2

Jona wou nie na _________ gaan nie. Hy wou hê die Here moet hulle ________. Jona probeer op ‘n skip na _________ weg te vlug. Die Here vergeet Jona nie. Hy stuur ‘n groot _____. Die matrose vrees vir hulle lewens! Jona is die skuldige.

Jona sê: “Neem my en gooi my in die see; dan sal die see om julle heen bedaar” (Jona 1: 12a).

Daarna het die see stil geword. “Toe het die manne die Here gevrees.” Die Here het ‘n groot __________ gestuur. Die vis het Jona ingesluk. Jona was ____ dae en _____ nagte in die vis se maag. Jona het tot die Here _________ en sy sonde _____. Die Here het die vis beveel om Jona op droë grond uit te __________.

Christus het op die ______ dag uit die dood opgestaan. Om sy ontwil mag Jona en ons weer lewe tot eer van die Here.

Page 12: 21. Die koning word gesalf...48 25. Die Here verskyn aan Salomo by Gibeon 1 Konings 3: 4 - 15 Dawid wys _____ aan om na hom koning te word. Die Here verskyn aan Salomo in ‘n droom

54

Job en sy vrou

Page 13: 21. Die koning word gesalf...48 25. Die Here verskyn aan Salomo by Gibeon 1 Konings 3: 4 - 15 Dawid wys _____ aan om na hom koning te word. Die Here verskyn aan Salomo in ‘n droom

55

31. Die boek JobLees die teks in die Bybel en beantwoord dan die vrae

1. Was Job vroom en opreg? (Job 1: 1) ________

2. Vir wie vra die Here: “Waar kom jy vandaan?” (Job 1: 7) ______________

3. Wat het gebeur met Job se seuns en dogters? (Job 1: 19) ____________________

4. Job was baie bedroef. Het hy toe gesondig? (Job 1: 22) _________________

5. Waarmee het Satan daarna vir Job getref? (Job 2: 7) _______________

6. Wie het by Job kom kuier en hom nie herken nie? (Job 2: 11) ______________

7. Job vervloek nie vir God nie, maar sy __________ (Job 3: 3)

8. Job was eers ryk maar toe verloor hy alles! Tog het Job volhard om nie die Here te vloek nie. Hy het aanvaar wat oor hom gekom het. Toe het die Here die lot van Job verander, hy het weer ryk geword. Lees Job 42: 10 - 17. Vertel wat jy gelees het.

9. En Job het gesterwe, oud en ___________.

10. Die boek Job leer ons hoe ons in tye van swaarkry op God moet bly vertrou.

Page 14: 21. Die koning word gesalf...48 25. Die Here verskyn aan Salomo by Gibeon 1 Konings 3: 4 - 15 Dawid wys _____ aan om na hom koning te word. Die Here verskyn aan Salomo in ‘n droom

56

32. Daniël aan die koninklike hof te Babel

Daniël 1

Juda het die Here, hul God vergeet! Die Here laat hulle na _________ in ballingskap gaan. Die Here vergeet nooit sy beloftes nie. Ook in Babel gee Hy profete om sy volk te ver__________. Hulle sal weer eendag mag __________ gaan en die Verlosser sal gebore word.

Wat ‘n ryke troos. Die Here __________ Daniël en sy _____ vriende: ______________, ______________ en ______________.

Koning Nebukadnesar wil hê dat hulle alles van Babel moet leer. Hulle moes die Here vergeet! Daniël en sy drie vriende bly ______________ aan die Here se wet. Hulle mag nie van die vleis en ___________ neem nie.

Die Here seën die _____________. Hy maak Daniël en sy drie vriende voorspoedig. Toe hulle na ‘n tyd getoets word, was hulle _____________ as die ander.

Jesus Christus was in alles gehoorsaam aan sy Vader. Selfs tot die ______________ toe.

Page 15: 21. Die koning word gesalf...48 25. Die Here verskyn aan Salomo by Gibeon 1 Konings 3: 4 - 15 Dawid wys _____ aan om na hom koning te word. Die Here verskyn aan Salomo in ‘n droom

57

33. Die droom van Nebukadnesar oor die groot beeld

Daniël 2

Koning Nebukadnesar het ‘n onstellende droom gehad. Hy roep dadelik al sy towenaars en wyse manne. Hulle moet vir hom die _____________ en die betekenis vertel.

Hulle kan mos met die ____________ praat. Anders word hulle in _______________________! Die towenaars en wyse manne is magteloos. Selfs Daniël en sy vriende se lewens is nou in gevaar...

Daniël vertrou dat die Here hulle sal bewaar, sodat die Here se Naam ___________ sal word. Daniël vertel aan die koning die droom en die betekenis.

So wil die Here vir koning Nebukadnesar leer dat nie hy nie, maar Jesus _____________ Koning is vir ewig!

Page 16: 21. Die koning word gesalf...48 25. Die Here verskyn aan Salomo by Gibeon 1 Konings 3: 4 - 15 Dawid wys _____ aan om na hom koning te word. Die Here verskyn aan Salomo in ‘n droom

58

Kom ons kleur in en vertel met byskrifte

Page 17: 21. Die koning word gesalf...48 25. Die Here verskyn aan Salomo by Gibeon 1 Konings 3: 4 - 15 Dawid wys _____ aan om na hom koning te word. Die Here verskyn aan Salomo in ‘n droom

59

34. Die goue beeld in die dal Dura Daniël 3

Koning Nebukadnesar bly hoogmoedig! Hy maak ‘n reuse beeld oorgetrek met ___________. Al die belangrike mense in sy ryk moet voor die skitterende beeld buig. So nie word hulle in die ____________ gegooi. Toe die eerste toon van die orkes speel, val almal neer... behalwe die ______________.

Die koning gee hulle nog ‘n kans, maar die vriende staan vas in die geloof. “As onse God wat ons dien, in staat is om ons te verlos, dan sal Hy ons uit die brandende vuuroond en uit u hand, o koning verlos” (Dan 3: 17).

Die Here het sy engel gestuur en hulle van die vlamme gered. Koning Nebukadnesar moes erken dat daar geen god soos die ___________ is nie.

Page 18: 21. Die koning word gesalf...48 25. Die Here verskyn aan Salomo by Gibeon 1 Konings 3: 4 - 15 Dawid wys _____ aan om na hom koning te word. Die Here verskyn aan Salomo in ‘n droom

60

35. Ester

Knip die prentjies op p. 61 uit en plak dit in die regte volgorde:

Page 19: 21. Die koning word gesalf...48 25. Die Here verskyn aan Salomo by Gibeon 1 Konings 3: 4 - 15 Dawid wys _____ aan om na hom koning te word. Die Here verskyn aan Salomo in ‘n droom

61

Ester

37

5 8

61

2 4

Page 20: 21. Die koning word gesalf...48 25. Die Here verskyn aan Salomo by Gibeon 1 Konings 3: 4 - 15 Dawid wys _____ aan om na hom koning te word. Die Here verskyn aan Salomo in ‘n droom

62