21 julie 2019 - ngk onrusrivierhartklop.ngkonrusrivier.co.za/pdf/hartklop 21 julie 2019.pdf ·...

8
VANOGGEND SE BOODSKAP DEUR Ds Michiel de Kock Jesus Christus die volmaakte offer, eens en vir altyd (Heb 10:1-25) Gemeente vanoggend vier ons nagmaal. Dan loof ons God vir hierdie wonderlike en ontsaglike groot waar- heid, dat die volle prys eens en vir altyd vir ons sonde betaal is. Geen mensklike offer kon dit maak nie, net die volmaakte offer van Jesus self. Geen sonde is te groot nie. Toe Jesus gesterf het, het die voorhangsel in die tempel geskeur. Nou kan ons met vrymoedigheid na God toe gaan. Ons kan in ‘n persoonlike verhouding met Hom staan. In Jesus is ons vir God afgesonder. Deur Sy volmaakte offer kry ons volle geloofseker- heid en die ewige lewe. Niks meer maak skeiding tussen ons en God nie. Die vraag is nou of dit vir u persoonlik waar geword het? Deel van u DNA, u diepste identiteit geword het? Dan die 2de vraag, hoe beïnvloed dit ons lewens? Het ons lewens oop kanale geword waardeur hierdie groot waarheid sigbaar vloei na almal rondom ons? Die vergifnis en onmeetbare liefde van Jesus is vir alle mense, ongeag hoe groot hulle sonde was wat hulle teen God en teen ons gepleeg het, net soos wat Jesus dit vir jou en my gedoen het. Dit is waartoe die tekens van die nagmaal ons roep. Net deur Jesus is dit moontlik. Mag God u hierin ryklik en baie diep seën. HARTLIK WELKOM! Wees eerlik. Het u al ooit ‘n boek gelees en dan word die verhaal só spannend dat jy net eers die laaste hoofstuk moet lees om te sien wat die uitkoms is ...? Jy kan dit met ‘n boek doen, maar jy kan dit nie met sport doen nie. Verlede naweek het die TV se sportkanale ‘n goeie dosis spanning en afwagting aangebied – Halep wen die vroue titel op Wimbledon. SA se Daryl Impey wen die 9de skof van die skouspelagtige Tour de France (en hy doen dit met trots in ‘n trui met die SA vlag daarop!) Djokovic wen sy 5de Wimbledon titel in ‘n hoogs spannende stryd. Engeland en Nieu-Seeland speel gelykop, maar dan wen Engeland in die uiters spannende Super Over’ (wat ‘n vraagteken laat?). En intussen maak die Protea Netbalspan in Liverpool ons trots. Tot die laaste minuut weet jy nie wie die wenner is nie. Jy moet maar in spanning wag en kyk. Daar is ongelukkig ook ‘n ander en afbrekende spanning. In ons gesinne bring siekte ‘n oordosis spanning. Eers die diagnose, dan die remedie, dan die prognose en nou die wag in spanning ... In ons gemeenskap is daar spanning. Eers die bande wat brand, dan die onderhandelinge en nou die wag in spanning ... In ons land is daar dié droogte. Eers die moedeloosheid, dan die biddae en nou die wag in spanning ... Goeie nuus. Daar is tog ‘n Boek met baie hoofstukke en ons mag blaai na die laaste hoofstuk om te sien hoe hierdie dramas sal eindig – goed of sleg? Wie wen en wie verloor? In die laaste hoofstukke van hierdie Boek van God skep ek weer moed: Ek lees van ‘n positiewe uitkoms. Ek lees van ‘n “nuwe hemel en ‘n nuwe aarde.” Ek lees van “trane wat afgedroog word”. Ek lees van ‘n “nuwe begin” (Opb. 21v1-5). En dan verdwyn my spanning en onsekerheid, want ek lees dat ek (in en een met Christus) ‘n oorwinnaar is! God se Boek handel oor die swaarkry, maar eindig altyd goed. Die wenners word aangekondig. Ek en jy is die wenners! Daar is hekkies op ons pad, maar ons transendeer die hekkies! Jou en my toekoms is vir seker en verseker! Ons is lede van die wenspan. Jesus is die Man van die Dag. Hy is Kaptein. SDG AANDDIENS VANAAND @ 18:00 Ons nooi graag alle tieners, ouers, jongmense en jonk van gees. Kom sing saam, luister en gesels saam. U is almal hartlik welkom! DEURKOLLEKTE VANOGGEND Spes. Koll. VGK Mount Pleasant 21 Julie 2019 Wees LIG!

Upload: others

Post on 20-Aug-2021

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: 21 Julie 2019 - NGK ONRUSRIVIERhartklop.ngkonrusrivier.co.za/pdf/Hartklop 21 Julie 2019.pdf · 2019. 9. 6. · Jy kan dit met ‘n boek doen, maar jy kan dit nie met sport doen nie

VANOGGEND SE BOODSKAP

DEUR Ds Michiel de Kock

Jesus Christus die volmaakte offer,

eens en vir altyd (Heb 10:1-25)

Gemeente vanoggend vier ons nagmaal. Dan loof ons God vir hierdie wonderlike en ontsaglike groot waar-heid, dat die volle prys eens en vir altyd vir ons sonde betaal is. Geen mensklike offer kon dit maak nie, net die volmaakte offer van Jesus self. Geen sonde is te groot nie.

Toe Jesus gesterf het, het die voorhangsel in die tempel geskeur. Nou kan ons met vrymoedigheid na God toe gaan. Ons kan in ‘n persoonlike verhouding met Hom staan. In Jesus is ons vir God afgesonder. Deur Sy volmaakte offer kry ons volle geloofseker-heid en die ewige lewe. Niks meer maak skeiding tussen ons en God nie.

Die vraag is nou of dit vir u persoonlik waar geword het? Deel van u DNA, u diepste identiteit geword het? Dan die 2de vraag, hoe beïnvloed dit ons lewens? Het ons lewens oop kanale geword waardeur hierdie groot waarheid sigbaar vloei na almal rondom ons? Die vergifnis en onmeetbare liefde van Jesus is vir alle mense, ongeag hoe groot hulle sonde was wat hulle teen God en teen ons gepleeg het, net soos wat Jesus dit vir jou en my gedoen het. Dit is waartoe die tekens van die nagmaal ons roep. Net deur Jesus is dit moontlik. Mag God u hierin ryklik en baie diep seën.

HARTLIK WELKOM! Wees eerlik. Het u al ooit ‘n boek gelees en dan word die verhaal só spannend dat jy net eers die laaste hoofstuk moet lees om te sien wat die uitkoms is ...? Jy kan dit met ‘n boek doen, maar jy kan dit nie met sport doen nie. Verlede naweek het die TV se sportkanale ‘n goeie dosis spanning en afwagting aangebied – Halep wen die vroue titel op Wimbledon. SA se Daryl Impey wen die 9de skof van die skouspelagtige Tour de France (en hy doen dit met trots in ‘n trui met die SA vlag daarop!) Djokovic wen sy 5de Wimbledon titel in ‘n hoogs spannende stryd. Engeland en Nieu-Seeland speel gelykop, maar dan wen Engeland in die uiters spannende ‘Super Over’ (wat ‘n vraagteken laat?). En intussen maak die Protea Netbalspan in Liverpool ons trots. Tot die laaste minuut weet jy nie wie die wenner is nie. Jy moet maar in spanning wag en kyk. Daar is ongelukkig ook ‘n ander en afbrekende spanning.

In ons gesinne bring siekte ‘n oordosis spanning. Eers die diagnose, dan die remedie, dan die prognose en nou die wag in spanning ... In ons gemeenskap is daar spanning. Eers die bande wat brand, dan die onderhandelinge en nou die wag in spanning ... In ons land is daar dié droogte. Eers die moedeloosheid, dan die biddae en nou die wag in spanning ...

Goeie nuus. Daar is tog ‘n Boek met baie hoofstukke en ons mag blaai na die laaste hoofstuk om te sien hoe hierdie dramas sal eindig – goed of sleg? Wie wen en wie verloor? In die laaste hoofstukke van hierdie Boek van God skep ek weer moed: Ek lees van ‘n positiewe uitkoms. Ek lees van ‘n “nuwe hemel en ‘n nuwe aarde.” Ek lees van “trane wat afgedroog word”. Ek lees van ‘n “nuwe begin” (Opb. 21v1-5). En dan verdwyn my spanning en onsekerheid, want ek lees dat ek (in en een met Christus) ‘n oorwinnaar is! God se Boek handel oor die swaarkry, maar eindig altyd goed. Die wenners word aangekondig. Ek en jy is die wenners! Daar is hekkies op ons pad, maar ons transendeer die hekkies! Jou en my toekoms is vir seker en verseker! Ons is lede van die wenspan. Jesus is die Man van die Dag. Hy is Kaptein. SDG

AANDDIENS VANAAND @ 18:00 Ons nooi graag alle tieners, ouers, jongmense en jonk

van gees. Kom sing saam, luister en gesels saam. U is almal hartlik welkom!

DEURKOLLEKTE VANOGGEND Spes. Koll. VGK Mount Pleasant

21 Julie 2019

Wees LIG!

Page 2: 21 Julie 2019 - NGK ONRUSRIVIERhartklop.ngkonrusrivier.co.za/pdf/Hartklop 21 Julie 2019.pdf · 2019. 9. 6. · Jy kan dit met ‘n boek doen, maar jy kan dit nie met sport doen nie

WAT GEBEUR HIERDIE WEEK BY DIE KERK?

DINSDAG 23 JULIE SOPKOMBUIS 18:00 KOMMUNIKASIEBEDIENING VERGADER IN DIE MAAL-RUIMTE. Kom sluit aan by hierdie energieke span en kom deel jou gawes. Ons wil almal graag nooi - selfs al het jy nie die “skills” nie, ons sal jou graag leer. Welkom!!

ONRUSRIVIER DIENSSENTRUM Haarkapper: Mariaan Visser (082 877 8546) is ons haarkapper. Kliniek: Ons kliniek is oop op Dinsdae vanaf 10h00 - 12h00. Kontak vir sr. Calitz by 073 152 5623 vir 'n afspraak. Versorgers: Indien u ‘n versorger benodig, kontak vir sr. Ronel Calitz (073 152 5623). Maandae tot Vrydae van 8h00 – 13h00. 10h00: Kom speel speletjies soos Rummikub met Joan / Hannie. Sitkamer om 10h00: Ondersteuningsgroep vir familielede van mense wat aan Alzheimer/Demensie ly.

WOENSDAG 24 JULIE 18:00 BYBELSKOOL by NG Hermanus U is baie welkom! Ons lees die Ou Testament met nuwe oë. Ons ontdek vir Jesus reeds in Genesis 1 as Skepper van die hemel en aarde. Ons vind vir Jesus reeds in Genesis 3 as ons Verlosser.

Hierdie verrassende onthulling van die Here Jesus vul my met nuwe verwondering en aanbidding. Ek kan nou nie langer voor Jesus staan nie, ek moet voor Hom kniel. Hy is groot en almagtig. U word uitgenooi om saam te kom kniel! Welkom. Bring jou Bybel saam. Navrae by Clifford ([email protected])

ONRUSRIVIER DIENSSENTRUM Voete- en handeversorging: Kontak vir Marilyn by 082 532 6931 en maak 'n afspraak. Daar is verskillende fooie vir lede/nie-lede. Onthou hierdie diens is ook vir mans. Trimgim: Mathilda Roos (bio-kinetikus) sien u op Woensdae om 15h00 in die OnsTeater by die Dienssentrum. Trimgimfooie is R55 per maand vir lede van die Dienssentrum en R70 vir nie-lede. Kontak vir Mathilda by 082 339 1085.

DONDERDAG 25 JULIE 09:00 BYBELSKOOL by NG Onrusrivier 16:00 GESAMENTLIK HANDE VAT oor kultuurgrense heen van gelowiges van Mount Pleasant, Hawston, Zwelihle, Onrus en Hermanus in die kerkie te Mount Pleasant, skuins oorkant die Mall. Navrae: Elsa Marais 082 373 6629.

ONRUSRIVIER DIENSSENTRUM Naaldwerk om 9h30 - 10h00: Marlene Burger help om klere te verstel. Haar nommer is 028 316 3363 of 072 140 5807. Bring u klere op 'n Donderdagoggend en bespreek die verstellings met haar. Sy sal vir u noem wat haar prys vir die klere se verstel is. Sitkamer om 10h00: Die Boekklub. Kom besoek ons Boekklub en kom luister na boekvoorlesings/bespreking. Kom bied aan om ‘n nuwe boek wat u gelees het te kom bespreek. Sommige per-sone sit en naaldwerk doen terwyl daar gelees word. Bring dus u naaldwerk saam. 10:30 SPOELKLIPPE KUIEROGGEND (sien bl 8 vir meer inligting)

VRYDAG 26 JULIE 09:30 - 11:30 KOLWYNTJIE TEETUIN IS OOP! Nooi gerus u vriende en familie en kom geniet ‘n heerlike oggend saam.

SATERDAG 27 JULIE 08:00 MANNE-ONTBYT (MAALRUIMTE) Ons luister na ‘n uitstekende spreker, geniet ‘n heerlike ontbyt saam en dan geniet ons die rugby op die grootskerm. Welkom!

09:00 HUIS LETTIE THERON BASAAR IN DIE GROBBELAARSAAL Kom ons ondersteun hulle en geniet ‘n heerlike oggend met die lekkerste eetgoed en mooigoed te koop. (HLT BENODIG ASB NOG: 3 kg gasbottels vir die pannekoek om te leen. Kontak of bring asb so gou moontlik vir Erika. Dit moet asseblief baie goed gemerk word. Ons sal dit weer terug aan hulle besorg. Baie dankie!!)

SONDAG 28 JULIE GEBED VOOR DIE DIENS: Kom bid gerus saam in die gebedskamer. Ons dra die diens en woord op aan die Almagtige Vader. U is almal baie welkom! WYKE DIENSBEURTE Teebeurt (Maalruimte) (Wyk 27)

09:00 EREDIENS Dr Clifford Heys gaan voor. U is baie welkom! Komende Sondag – die 28ste - preek Clifford. En hy laat weet:

“Ek gaan vir julle voorlees uit ‘n boek waarin die naam GOD

nie voorkom nie.

Glo my, hierdie boek is meer spanningsvol as ’n TV-drama of

sepie!

Ek wil hierdie drama aan die vroue in ons gemeente opdra.

Ek wil vertel hoe die wêreldgeskiedenis geskryf word.

Ek wil vertel hoe die afwesige God vroue gebruik om volkere

te red! (Wêreldleiers skryf nie die geskiedenis nie.)

Ek wil sê dat die woordjie ‘toevallig’ eerder ‘Godvallig’ geskryf

moet word.” Wekom!

18:00 AANDDIENS Ds Anton Duvenhage nooi alle tieners, jongmense, ouers en jonk

van gees. Kom sing saam, kom gesels saam. Welkom!

Page 3: 21 Julie 2019 - NGK ONRUSRIVIERhartklop.ngkonrusrivier.co.za/pdf/Hartklop 21 Julie 2019.pdf · 2019. 9. 6. · Jy kan dit met ‘n boek doen, maar jy kan dit nie met sport doen nie

WAARNA KAN ONS UITSIEN?

ONS NOOI U ALMAL UIT NA ‘N

COUNTRY-AAND VRYDAG 2 AUGUSTUS @ 18:00

Kom geniet ‘n wonderlike aand van saamkuier en musiek in die sysaal en maalruimte. Die “Grey Matter Band” gaan ons bederf met hul musiek en ons waarsku u nou

reeds: Maak seker u het u dansskoene aan, want ons gaan skoffel!!

Daar gaan ook heerlike eetgoed en drinkgoed in die maalruimte beskikbaar wees om te koop. So alle

kokke kan die aand bietjie afvat!

TOEGANG: Slegs donasies, wat gaan vir ons gemeente se bediening. Kom ons maak ook so ‘n verskil!

KLEREDRAG: Ons nooi u almal om lekker “Country” klere aan te trek. Daar gaan lekker pryse wees vir die

paartjie wat die beste “Country-klere” dra. “Mr & Mrs Country!!” Ook ‘n paar ander pryse!

SIEN JULLE DAAR!!

NOG SPESIALE DATUMS VIR U DAGBOEK

15 - 28 JULIE Dr Wilhelm Burger is op verlof. Ons bid hom en Alna

alle seën, rus en vreugde toe.

SONDAG 21 JULIE @ 18:00 (direk na die diens) Die Kommunikasiebediening gesels saam met alle tieners en jongmense om hul insette te kry oor kommunikasie in

die gemeente.

DINSDAG 23 JULIE @ 18:00 (Maalruimte) Die Kommunikasiebediening het ‘n groot vergadering met

al die verskeie afdelings in die bediening. Ons gesels saam oor die hele visie van kommunikasie in

Onrusgemeente. Ons nooi graag alle belangstellendes om saam te kom gesels, dink en droom.

MAANDAG 29 JULIE @ 18:00 (Sysaal)

Ons nooi alle Wyksleiers en Dienswerkers om saam te kom gesels oor Onrusgemeente se Wykestelsel. Ons het u insette nodig om saam te besin oor die

pad vorentoe.

DINSDAG 30 JULIE @ 08:30 (Ark) Bestuurspanvergadering. Baie dankie vir u voorbidding

vir wysheid en onderskeidingsvermoë.

DINSDAG 6 AUGUSTUS @ 19:00 (Sentrum) Die KAMERAde Fotobediening hou hul maandelikse

byeenkoms. Kom geniet die spreker en foto’s.

21 - 25 AUGUSTUS Die manne reik uit na Vosburg

KERKRAAD STILWORD EN BEPLANNINGSDAE

17 & 18 Augustus en vergadering 26 Augustus. Baie dankie vir u volgehoue gebed vir ons leiers.

DONDERDAG 29 AUGUSTUS @ 18:00 (Maalruimte)

Ons nooi die hele Erediensbediening om saam te kom ge-sels oor hoe ons ‘n verskil kan maak in God se koninkryk.

ONS NOOI GRAAG

ALLE MANNE NA ‘N

MANNE-

ONTBYT SAT 27 JUL @ 08:00

MAALRUIMTE BY DIE GEMEENTE

(BESPREEK ASB TEEN MAANDAG 22 JULIE) Kom luister gerus na ‘n uitstekende spreker en geniet

‘n heerlike ontbyt @ slegs R80pp.

NA DIE SPREKER KYK ONS SAAM DIE RUGBY TERWYL DIE VUUR BRAND

(Springbokke teen die All Blacks)

Besprekings by die kerkkantoor

(028) 316-2116

Vir enige verder navrae, kontak gerus vir

Pieter Vorster op 081 399 0557

KAMERAde FOTOBEDIENING 6 AUG @ 19:00 Onrus KAMERAde nooi die gemeente uit na ‘n AV aand op Dinsdagaand 6 Augustus om 19h00 in die maalruimte. Av staan vir “Audio Visual” en is ‘n samestelling van ‘n aantal fotobeelde wat met gepaste musiek ‘n emosionele eenheid vorm wat een of ander boodskap aan die kyker wil oordra. Elke Av is so tussen 3 en 8 min lank en sal u dus nie verveeld raak nie. Ons gaan na ‘n aantal werke van plaaslike kunstenaars kyk en ook enkeles van oorsee. Dit sluit in ‘n besoek aan Platvika in Kroasië, Malawi meer, New Zeeland se “Ring of Fire” en standbeelde ter ere van perde in Skotland. Die res van die Av’s wat ons gaan wys, moet vir u ‘n ver-rassing wees. In al hierdie verskeidenheid van Av’s sal u die handewerk van God kan raaksien en daaroor in ver-wondering wees.

Die aanbieding is gratis maar ons vra ‘n donasie van R20pp. As u dit baie geniet het kan natuurlik ‘n baie groter donasie maak. Die fondse wat ons insamel is vir ons Kommunikasie bediening se werk. U is almal BAIE WELKOM! Navrae: Gerhard van Helsdingen 083 306 9332

Page 4: 21 Julie 2019 - NGK ONRUSRIVIERhartklop.ngkonrusrivier.co.za/pdf/Hartklop 21 Julie 2019.pdf · 2019. 9. 6. · Jy kan dit met ‘n boek doen, maar jy kan dit nie met sport doen nie

It is winter again, and one of the most deadly diseases in the Western Cape has raised its head again. Seasonal Affective Dis-order is a real type of depression people experience during the winter. My name is Marthunis J Barnard, I am a 36-year-old male, I work in a senior position of a corporate company, and I suffer from depression. The only way I am able to function on a daily basis is to surround myself with the right support and loving people. And talking about this devastating disease openly is a way for me to show that you are not a sissy if you suffer from this dis-ease. This disease knows no gender or race. Over the years I have lost 3 friends due to the insecurity people feel when they suffer from this disease. Our economy is tanked, people are without jobs and times are really really tough. If you feel you may need help with SAD or depression please reach out today, I did so at the age of 32 and it changed my life forever. I have a Xhosa friend and he jokingly always said that in their culture depression does not exist its a white man thing. This can not be further from the truth, there is no gender or race line in depression. Here are some handy numbers to save on your phone today, you never know when you may need them: Adcock Ingram Depression and Anxiety Helpline - 0800 70 80 90 ADHD Helpline - 0800 55 44 33 Department of Social Development Substance Abuse Line 24hr helpline - 0800 12 13 14 - SMS 32312 Suicide Crisis Line - 0800 567 567 SADAG Mental Health Line - 011 234 4837 Akeso Psychiatric Response Unit 24 Hour - 0861 435 787 Marthunis J Barnard CEO - MyWhaleCoast Depression Survivor Feel free to call me if you ever need to chat, my door is open to anyone. 0714456088. MORE ABOUT SAD

SYMPTOMS In most cases, seasonal affective disorder symptoms appear during late fall or early winter and go away during the sunnier days of spring and summer. Less commonly, people with the opposite pattern have symptoms that begin in spring or sum-mer. In either case, symptoms may start out mild and become more severe as the season progresses. Signs and symptoms of SAD may include: Feeling depressed most of the day, nearly every day Losing interest in activities you once enjoyed Having low energy Having problems with sleeping Experiencing changes in your appetite or weight Feeling sluggish or agitated Having difficulty concentrating Feeling hopeless, worthless or guilty Having frequent thoughts of death or suicide Fall and winter SAD Symptoms specific to winter-onset SAD, sometimes called win-ter depression, may include: Oversleeping Appetite changes, especially a craving for foods high in carbohy-

drates Weight gain Tiredness or low energy

SPRING AND SUMMER SAD Symptoms specific to summer-onset seasonal affective disorder, sometimes called summer depression, may include: Trouble sleeping (insomnia), Poor appetite, Weight loss, Agitation or anxiety

SEASONAL CHANGES IN BIPOLAR DISORDER In some people with bipolar disorder, spring and summer can bring on symptoms of mania or a less intense form of mania (hypomania), and fall and winter can be a time of depression. WHEN TO SEE A DOCTOR It's normal to have some days when you feel down. But if you feel down for days at a time and you can't get motivated to do activities you normally enjoy, see your doctor. This is especially important if your sleep patterns and appetite have changed, you turn to alcohol for comfort or relaxation, or you feel hopeless or think about suicide. CAUSES The specific cause of seasonal affective disorder remains un-known. Some factors that may come into play include: Your biological clock (circadian rhythm). The reduced level of

sunlight in fall and winter may cause winter-onset SAD. This decrease in sunlight may disrupt your body's internal clock and lead to feelings of depression.

Serotonin levels. A drop in serotonin, a brain chemical (neurotransmitter) that affects mood, might play a role in SAD. Reduced sunlight can cause a drop in serotonin that may trigger depression.

Melatonin levels. The change in season can disrupt the balance of the body's level of melatonin, which plays a role in sleep patterns and mood.

RISK FACTORS Seasonal affective disorder is diagnosed more often in women than in men. And SAD occurs more frequently in younger adults than in older adults. Factors that may increase your risk of seasonal affective disorder include: Family history. People with SAD may be more likely to have

blood relatives with SAD or another form of depression. Having major depression or bipolar disorder. Symptoms of de-

pression may worsen seasonally if you have one of these conditions.

Living far from the equator. SAD appears to be more common among people who live far north or south of the equator. This may be due to decreased sunlight during the winter and longer days during the summer months.

COMPLICATIONS Take signs and symptoms of seasonal affective disorder serious-ly. As with other types of depression, SAD can get worse and lead to problems if it's not treated. These can include: Social withdrawal, School or work problems, Substance abuse Other mental health disorders such as anxiety or eating disorder Suicidal thoughts or behaviour. Treatment can help prevent complications, especially if SAD is diagnosed and treated before symptoms get bad.

SEASONAL AFFECTIVE DISORDER - HOW TO GET HELP!

Kontak gerus enige van ons leraars of vir Erika Oosthuysen of Chookie Naude indien u ondersteuning nodig het. Ons wil u graag help en daar is verseker HOOP! (Kontaknommers op agterkant van Hartklop)

Page 5: 21 Julie 2019 - NGK ONRUSRIVIERhartklop.ngkonrusrivier.co.za/pdf/Hartklop 21 Julie 2019.pdf · 2019. 9. 6. · Jy kan dit met ‘n boek doen, maar jy kan dit nie met sport doen nie

GEBEDE VIR SIEKTE & BEMOEDIGING

CHEMO / BESTRALING / BEHANDELING: Alet Gerber, Kobie Swart, Louis van Dyk, Johann du Preez

IN DIE HOSPITAAL EN AANSTERK TUIS: Zanmari (Joe en Sandra Nel se dogter), Flick du Toit, Hanlie van der Westhuizen, Herman Scheepers, Alta Pienaar, Anneke Joubert, Ida de Villiers, Muriel Pretorius, Tersia & Pierre van Onselen

SIEKTE / SORGEENHEID / BEMOEDIGING: Peet Geyser, Werner Setzkorn, Helena Becker, Maggie Swart, Stuart McFarlane, Ernie Stephan, Martha Swart, Minnie Erasmus

OP ONS KNIEË VOOR HOM

Heilige Gees, neem ons gebed aan as ‘n dankoffer

en lofoffer wat vol van U vrug is.

MAANDAG 22 JULIE GELOOF: Ons bid dat die Heilige Gees ons sal versterk in ons geloof en ons leer van vertroue in HOM. DINSDAG 23 JULIE HOOP: Dankie Here vir die hoop wat ons elke dag van U ontvang. WOENSDAG 24 JULIE LIEFDE: Jesus, vul ons met U liefde vir mense, alle mense, selfs ons vyande. Dankie dat ons dit van U kan vra. DONDERDAG 25 JULIE VREDE: Here God, ons bid vrede vir ons land, vrede in ons ge-meenskap, vrede in ons gemeente, vrede in ons gesinne en ook vrede in ons eie harte. Ons weet dit kom net van U. VRYDAG 26 JULIE VREUGDE: Jesus, kom leer ons van die vreugde wat in U woon. Leer ons om die ware vreugde, nie wêreldse vreugde, te leef, uit te deel, te beleef. SATERDAG 27 JULIE VRIENDELIKHEID: Heilige Gees, maak ons bewus en leer ons dat vriendelikheid teenoor alle mense eintlik so maklik kan wees. Help ons om U naam te vereer deur ons optrede. SONDAG 28 JULIE NEDERIGHEID: Here God, vandag is ons op ons knieë voor U. Ons kom in totale afhanklikheid na U in eerbied en nederigheid.

Dankie vir U groot genade vir elkeen

van ons.

ONS BID VIR ONS GEMEENSKAP Eerstens opregte waardering vir al u getroue gebede vir ons gemeenskap met sy verskeidenheid van mense en kultuurgroepe. Hoewel ek oortuig is dat daar by al meer mense ‘n gewilligheid is om mekaar te wil hoor, en ons besig is om positief vorentoe te beweeg, is dit ook juis hier waar een van ons grootste uitdagings lê. Daarom die volgende versoeke asb: Dat elke lid van ons gemeenskap selfonder-soek sal doen en sal vra hoe wil Jesus Christus hê dat ek moet leef en my medemens deur Sy oë raak te sien. Dat elkeen bereid sal wees om jouself in die ander se skoene te plaas voordat jy ‘n besluit oor hom / haar neem. Dat elkeen sal vra dat die Heilige Gees jou lewe volmaak van Jesus se liefde en vergifnis. Dat die feit dat Jesus jou so lief het dat HY vir jou gesterf het en opgestaan het, sigbaar word in jou daaglikse omgang met alle ander mense. Dat in die Naam van Jesus Christus ons Heer, ons sal bid en staan teen alle afbre-kende woorde en gedagtes en boodskappe ook op die sosiale media. Dat in die plek daarvan ons God se insig, wysheid en liefde sigbaar sal maak. Dat ons baie indringend sal bid vir alle mense wat haatspraak uitspreek teen blanke, bruin, swart of buitelandse mense, ja dat mense wat bewustelik of onbewustelik in die negatiewe afbrekende taal en dade van die bose, juis die bose se saak bevorder, daarmee sal stop en na God sal soek. Ons dank die Here vir die werk van die Hermanus Stakeholders forum waar ‘n ruimte geskep word om deur gesprek en luister mekaar

te hoor en opbouend vorentoe te beweeg. Ons bid dat alle mense, instansies en groepe ‘n onkeerbare wil sal hê om binne die wil van

God, die beste vir ons dorp en hele gemeenskap te soek en in alle besluite Godddelike wysheid en insig te toon. Dat van alle eie be-

lang en magsbeheptheid afstand gedoen sal word. Ons dank God vir elke leier wat soek na die eer van God en daarin prakties leef en

afbrekende gedrag tot ‘n einde help bring. Ons bid vir alle leiers, geestelikeleiers sowel as politieke- en sakeleiers in al die gemeen-

skappe, om in waarheid voor hulle mense en voor GOD te staan en dat ons Here die wat nie in Hom glo nie sal aanraak en omkeer, en

die wat sê dat hulle Christene is sal vorm om Christus in alles te weerspieël. Kom ons bid dan ook by die naam vir ons leiers uit alle

gemeenskappe en groepe. Mag die Here God ons genadig wees om SY wil in alles te soek en te doen. Michiel de Kock

Page 6: 21 Julie 2019 - NGK ONRUSRIVIERhartklop.ngkonrusrivier.co.za/pdf/Hartklop 21 Julie 2019.pdf · 2019. 9. 6. · Jy kan dit met ‘n boek doen, maar jy kan dit nie met sport doen nie

NUWE GEMEENTE WEBWERF www.ngkonrusrivier.co.za

Dit is met GROOT opgewondenheid dat ons u almal wil nooi om na die nuwe webwerf te gaan kyk. Die heel

nuutste inligting, nuus en gebeure is daar beskikbaar.

U kan ook die heel nuutste HARTKLOP daar gaan lees!

EN DIE BESTE NUUS!! Ons het nou ons eie YOUTUBE kanaal!

Al die PREKE word hier opgelaai en u kan dit nou enige plek, enige tyd, regoor die wêreld kyk!

Gaan SUBSCRIBE gerus om in kennis gestel te word wanneer nuwe video’s opgelaai word.

** SUBSCRIBE **

GODSTORIES EN GELEENTHEDE

NUWE ONDERSTEUNINGSGROEP

Daar is heelwat mans en vrouens in verhoudings/huwelike waar die een die ander emosioneel en/of fisies mishandel. Soms is die eggenoot/e nie eers bewus daarvan dat hulle die ander per-soon afkraak/afbreek/seermaak nie. Mense wat in hierdie ver-houdings is begin hulleself blameer vir foute en hulle selfbeeld begin al hoe meer daaronder ly. Hulle word deur die mishan-delaar as die skuldige party voorgehou. Mense in hierdie ver-houdings het baie hulp nodig. Moenie luister na opmerkings dat die mishandelaar gaan verander nie - hulle het intensiewe hulp nodig. Ek raak al hoe meer bewus van hierdie probleem in ons omgewing. Ek wil graag 'n groep stig vir mans/vrouens wat op die een of ander manier mishandel word. Dit is 'n baie sensi-tiewe onderwerp en sal baie sensitief/vertroulik deur my hanteer word. Indien u belangstel in hierdie groep kontak my asseblief via whatsapp sodat 'n dag, datum en plek beplan kan word. Kom ondersteun mekaar. Kom kry hulp en advies by ander wat in dieselfde magtelose situasie is. Erika Oosthuysen - 079 322 0998. BAIE WELKOM!

MUSSIES VOL LIEFDE

Ek het vier jaar gelede aan die dames wat saam met my sopkook in Sopgroep 5, die uitdagings gestel: “Kom ons brei 67 mussies vir Mandeladag en gaan deel dit uit by die sopafleweringspunte en kleuterskole”. Hulle het my toe verras met 118 mussies. Vandaar af het die musse elke jaar net meer geword. Tot nou toe het ons al + 1000 musse uitgedeel (hierdie jaar was dit 385!). Uitdeelpunte sluit in: Die Mount Pleasant Soppunt, Hermanus Provinsiale Hospitaal (veral vir VAS babatjies), Luhkanyo Laerskool (hierdie jaar vir die spesiale groep kinders) en verskeie bewaarskole en keluterskole soos Krappies en Krefies (Hawston), Little Fishes (Zwelihle), Duifies en Kuifies (Mount Pleasant) asook Mark en Juliana Arendse se kleuterskool, Little Buzy Beez in Hawston. In die groep is ook die reeling dat die dames wat nie brei nie, koop vir ons die lekkers en pakkies skyfies wat saam met die musse uitgedeel word. Ons is ook baie dankbaar vir die helpende hande van vriendinne wat vir ons help brei en hekel. Elke keer wanneer ons die musse gaan uitdeel, ontvang ons eintlik soveel meer as wat ons kan gee. Die vreugde op die gesiggies, die verbasing by sommige oor hulle net iets met liefde ontvang, die dankbaarheid by mense wat regtig nie het nie - dit is mos nou Jesus-liefde!! Hierdie is maar net ons beskeie manier om waarlik Jesus se liefde te gaan uitdeel op ‘n tasbare manier. Indien u belangstel of navrae het hoe u ook dalk so iets kan begin of by ons wil inskakel, kontak my gerus op 083 298 6145. Dalene Pauls.

Page 7: 21 Julie 2019 - NGK ONRUSRIVIERhartklop.ngkonrusrivier.co.za/pdf/Hartklop 21 Julie 2019.pdf · 2019. 9. 6. · Jy kan dit met ‘n boek doen, maar jy kan dit nie met sport doen nie

WOORDSOEK - SIMBOLE IN DIE BYBEL Wanneer ons in die Bybel lees van die

reënboog, weet ons dat dit n simbool is vir die verbond tussen God en die aarde. So is daar ook baie ander simbole in die Bybel. ‘n Blokraai is saamgestel en 20 simbole is gebruik. Gebruik die leidrade hieronder om Simbole in simboolkolom te vind en in te skryf Die beginblok se beginpunt te bepaal en in te skryf.

Beginbloknommer se samestelling is: A = kolomnommer

Syfer 3 is reel 3. Kleinletter r is na regs, l na links, o is op,

a is af en s is skuins op of af.

BEGIN

BLOK SIMBOOL

SKRIF-VERWYS

VERKLARING HOEVEEL LETTERS

A3 r REËNBOOG Gen 9:13

Eks 19:16

Simbool van God se verbond met aarde

8 letters

Eks 19:16 Simbool van God

se majesteit 10 letters

Eks 12:3-5

2 Kron 30:17 Simbool van Paasfees 3 Letters

Hand 2:3 Simbool van die

Heilige Gees

4 letters Meervoud

Gen 3:1;

Op 20:1-3

Simbool van die satan

5 Letters

Ps 38:2-3 Simbool van God

se oordeel 4 Letters Meervoud

Ps 2:9 & 2:27 Simbool van God

se heerskappy 6 Letters

Eks 19:16 Simbool van God

se majesteit 7 letters

Eks 19:16 Simbool van God

se majesteit 4 letters

Eks 19:19 Simbool van God

wat praat 10 letters

Jes 6:1

Openb 4:2

Simbool van God se heerskappy

5 letters

Dan 7:9

Openb 1:14-17

Simbool van die Heilige Gees

7 letters

Een woord

Mat 3:16

Mark 1:10

Simbool van die Heilige Gees

4 letters

Ps 18:3 &

Ps 40:2-4

Simbool van stabiliteit

4 letters

Ps 90:5-6

1 Petrus 1:24

Simbool van mens se weerloosheid

4 letters

Eks 10:12

Joel 1:4

Simbool van God se oordeel

10 letters

Mat 3:16

Mark 1:10

Simbool van die Heilige Gees

4 letters

Rigters 14:18 Simbool van sterkte 4 letters

IXTHUS Simbool van ‘n

Christen

3 letters Grieks

Mat 8:23-27 Simbool van beskerming

4 letters

SIMBOLE: Boot, Donderweer, Duif, Gras, Lam, Leeu, Reënboog, Pyle, Rook, Rots, Septer, Slang, Springkane, Trompette, Troon, Vure, Vis, Weerlig, Wind, Wit, Wolk.

Page 8: 21 Julie 2019 - NGK ONRUSRIVIERhartklop.ngkonrusrivier.co.za/pdf/Hartklop 21 Julie 2019.pdf · 2019. 9. 6. · Jy kan dit met ‘n boek doen, maar jy kan dit nie met sport doen nie

DS MICHIEL DE KOCK 028 316 4174 (K)

083 468 8194 [email protected]

DR WILHELM BURGER 028 316 2110 (K)

083 448 1651 [email protected]

DS ANTON DUVENHAGE 072 477 3185

[email protected]

DR CLIFFORD HEYS 028 316 4895 082 37 55 410

[email protected]

VOORSITTER KERKRAAD Piet Vorster 081 399 0557

[email protected]

EVANGELIS Chookie Naudé 072 355 9633

[email protected]

MAATSKAPLIKE WERKER Dr Erika Oosthuysen

028 316 3115 (K) 079 322 0998

[email protected]

KOMMUNIKASIEBEAMPTE

Karin de Bruin 084 305 2086

[email protected]

ONTVANGS Mervian van der Merwe

084 875 7875 [email protected]

REK BEAMPTE Hanna de Jager 082 441 9759

[email protected]

ADMIN BEAMPTE Martie Verster 084 510 4618

[email protected]

KOSTER Deon van der Kooi

072 273 1494

KERKKANTOOR

Maandae - Vrydae

08h00 - 13h00

Tel (028) 316-2116

Bergstr 57, Onrus

SENDING (GBO) Geloofbelofteoffer

Bank: ABSA Rek. 916 9799 886

ngkonrusrivier.co.za

Gaan “like” ons gerus

NG Onrusrivier

Posbus 25 Onrusrivier 7201

DANKOFFERS NG Kerk Onrusrivier

Bank: ABSA Rek. 406 215 2718

ONRUSRIVIER DIENSSENTRUM

ALGEMENE INLIGTING

(028) 316 1745 PLAASBOTTER is beskikbaar by die Dienssentrum teen R50 vir 500g van Dinsdae tot Vrydae vanaf 9h00 - 12h30.

KOEKSISTERS is daagliks beskikbaar by die Dienssentrum teen R30 per dosyn. Vra net vir Joan/Hannie.

LEDEGELD (LET WEL): Ledegeld is vanaf 1 Maart betaalbaar by Hannie/Joan teen R400 per individu en R600 per egpaar. Ongelukkig is daar vir alle organisasies/sportklubs waaraan ‘n mens behoort jaargelde te betaal. By die Dienssentrum is dit ook so. Ons probeer regtig om vir ons lede spesiale aanbiedings te maak. U kry goedkoper tee/eetgoed by die teetuin, goedkoper maaltye by ons wegneemetes, goedkoper fooie vir voete/hande/hare/

trimgim. Daar is ook ‘n Lentetee jaarliks wat net vir ons lede is. So, as u bo 60 jaar is, kom sluit aan en geniet dit wat die Dienssentrum vir u bied. Let asseblief op dat die voete, hande, trimgim, hare se pryse vanaf 1 Maart verhoog is. KOLWYNTJIE TEETUIN VRYDAE 09:30 - 11:30 Kom geniet die heel beste koek en koffie in die dorp teen slegs R35pp vir nie-lede (koffie en iets te ete). En nog beter - R25pp vir lede. ‘n Ekstra koppie koffie is R10. Kom geniet die gasvryheid en vriendelikheid! Nooi gerus u verjaardaggroepe/selgroepe/Bybelstudie-groepe en kom kuier saam. Kontak Siska asb ten minste 14 dae voor die tyd om te be-spreek vir groot groepe op 082 762 2732. ONTHOU ASB: Groepe betaal asb ‘n R100 deposito met bespreking. BAIE DANKIE EN BAIE WELKOM!

DIENSSENTRUM, SPOELKLIPPE EN AEROBICS!

SPOELKLIPPE KUIEROGGEND 25 JUL @ 10:00 (Dienssentrum)

Alle “Spoelklippe” word hartlik uitgenooi na ‘n Koek en tee kuier oggend. U hoef niks te bring nie. Koek en tee gratis!! Die rede is om meer Spoelklipvriende te ontmoet, en ons lys met name op datum te bring van die wat werklik wil saam kuier. Dalk kan van u met ander voorstelle kom om sodoende seker te maak dat die groep gelukkig en tevrede is soos tans.

Die huur van bus gedurende die week kan vir volgende jaar of wat nie altyd beskikbaar wees nie, en ek sal graag u opinie wil hê hoe jul voel oor ‘n Saterdag

vir saam kuier as ons ver wil ry. Die volgende uitstappie vir Augustus sal by ons oggend tee bespreek word. Ek het tans 50 persone op my lys

Antwoord asb slegs Ja of Nee so spoedig moontlik. Hoop ons sien jul almal !!! Hannetjie (082 452 0780)

MK EN DIE “GOLDEN GIRLS” Elke Vrydagoggend word daar geoefen dat dit spat by

Onrusrivier se eie Aerobics-klas. Dalene Pauls (083 298 6145) het hom ontmoet by die Kansa Relay waar hy

oefeninge daar aangebied het. Na die tyd het ‘n paar vriendinne besluit om in te skakel en het vir ‘n ruk sy

klasse bygewoon in Mount Pleasant. Hulle nader hom toe om te hoor of hy dit in Onrus kan aanbied, en die res is geskiedenis! Vir ‘n 1 1/2 jaar word daar al heerlik ge-oefen. MK doen dit graag omdat hy ‘n verskil in die hele gemeenskap wil maak. En so begin die klasse: “Are you

ready, because I am!” Kontak Dalene en oefen saam!

Lekker saamkuier!