26 augustus 2018 - bergsigdv.co.zawoensdag 9.15 – 10.00 sal kan kom help met ‘n christe-like...

6
Bergsig Boodskap 26 Augustus 2018 26 Aug: Bybelsondag & Ds. Wynand Breytenbach afskeid om 19:15 24- 26 Aug: Bevrydingskursus 30 Aug: Seniors Basaar 31 Aug – 2 Sept: Mannekamp 8 Sept: Leiersberaad 9 Sept: Oupa- en- Ouma dag Glow Kidz 08:15 Klassieke diens Ouditorium Dr. Kobus de Jager 10:00 Informele diens Ouditorium Arno Mattheus Glow Kidz diens (Saal) Bea Pretorius 18:00 @6 Aanddiens Ds. Wynand Breytenbach Deuroffer: Instituut vir Blindes 26 Augustus 2018, BYBELSONDAG VELDTOG: DEEL JESUS Me, myself and I - selfgerig / eiegeregtig - net my lewe, my gesin, my familie, my huis, my kar, my parkeerplek, myne myne. Soms moet mense eers Jesus se liefde beleef, voor hulle dit kan begryp. Om Jesus se liefde te leef, betken dat ons vir verhoudings-, en versorg- ingshonger mense in ons leefwêreld sal TYD maak, OMGEE en hulle BE- HOEFTES BEDIEN. So word Jesus se liefde sigbaar, tasbaar en voel- baar. Beleef mense van ons as Christene liefde, aan- vaarding en omgee in plaas van veroordeling, meerderwaardigheid en liefdeloosheid? Dont tell them Jesus loves them, till you are ready to love them too …” (Echo jeugontwikkel- ing se leuse) Deel Jesus OMGEE uitdaging 08:15 Klassieke diens Ouditorium Ds. Philip Scholtz 10:00 Informele diens Ouditorium Ds. Philip Scholtz Glow Kidz diens (Saal) Bea Pretorius 18:00 @6 Diens Arno Mattheus Deuroffer: CAD 2 September 2018, DOOP VELDTOG: DEEL JESUS, BIDDAG VIR DOWES Lukas 5 : 12-16 Leef die liefde van Jesus deur omgee Deel van ons OMGEE UITREIK uitdaging is dat lidmate, gesinne, klein- groepe of individue tydens die Deel Jesus Preekreeks hulle betrokkenheid by ʼn Bergsig Projek of gemeen- skapsprojek bevestig en tydens die vierde kwartaal ons OMHELSING tema uitleef deur spesifiek die projekleiers en projek- spanne te ondersteun en in deernis te omhels, veral met die aanloop na Kers- fees en behoeftes wat pro- jekte mag hê in die tyd. Inligting oor die verskillen- de projekte en hulle be- hoeftes verskyn in die GGO brosjure, op die plakkate soos opgeplak in die kerksentrum asook op die webblad. Kleingroepe gaan ingedeel word by Bergsig se uitreikprojekte as deel van die kleingroep-uitreik gebedstrategie. Stuur asseblief vir ons fotos en getuienisse van julle betrokkenheid by die projekte na kommu- [email protected] Teen 16 September wil ons graag ʼn lys in die eredienste aan die ge- meente wys van indi- vidue, gesinne en kleingroepe wat die uitdaging aanvaar het en bevestig het dat hulle tydens die vierde kwartaal Jesus se liefdevolle omhelsing aan projekleiers of pro- jekspanne gaan uitleef. Ons groet Ds. Wynand Mens sukkel om n alleen vooraangesig foto van Wynand te kry. Hy moet altyd êrens uitgesny word tussen n klomp mense waar hy besig is met n aktiwiteit. Hy is lief vir God, vir Afrika, vir kuns, vir mense en minder bevoor- regte mense en help hulle graag. Ons gaan Wynand mis en stuur die beste wense saam met hom!

Upload: others

Post on 09-Jun-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: 26 Augustus 2018 - bergsigdv.co.zaWoensdag 9.15 – 10.00 sal kan kom help met ‘n Christe-like gebaseerde opbouende/motiveringslessie vir die Graad 4 en Graad 6 klasse by die skool

Bergsig Boodskap 26 Augustus 2018

26 Aug: Bybelsondag & Ds.

Wynand Breytenbach afskeid

om 19:15

24-26 Aug: Bevrydingskursus

30 Aug: Seniors Basaar

31 Aug – 2 Sept: Mannekamp

8 Sept: Leiersberaad

9 Sept: Oupa-en-Ouma dag

Glow Kidz

08:15 Klassieke diens Ouditorium Dr. Kobus de Jager

10:00 Informele diens

Ouditorium

Arno Mattheus

Glow Kidz diens (Saal)

Bea Pretorius

18:00 @6 Aanddiens Ds. Wynand Breytenbach

Deuroffer: Instituut vir Blindes

26 Augustus 2018, BYBELSONDAG VELDTOG: DEEL JESUS

Me, myself and I -

selfgerig / eiegeregtig -

net my lewe, my gesin,

my familie, my huis, my

kar, my parkeerplek,

myne … myne.

Soms moet mense eers

Jesus se liefde beleef,

voor hulle dit kan begryp.

Om Jesus se liefde te

leef, betken dat ons vir

verhoudings-, en versorg-

ingshonger mense in ons

leefwêreld sal TYD maak,

OMGEE en hulle BE-

HOEFTES BEDIEN. So

word Jesus se liefde

sigbaar, tasbaar en voel-

baar.

Beleef mense van ons as

Christene liefde, aan-

vaarding en omgee in

plaas van veroordeling,

meerderwaardigheid en

liefdeloosheid?

“Don’t tell them Jesus

loves them, ‘till you are

ready to love them too

…” (Echo jeugontwikkel-

ing se leuse)

Deel Jesus OMGEE uitdaging

08:15 Klassieke diens Ouditorium Ds. Philip Scholtz

10:00 Informele diens Ouditorium Ds. Philip Scholtz Glow Kidz diens (Saal) Bea Pretorius

18:00 @6 Diens

Arno Mattheus

Deuroffer: CAD

2 September 2018, DOOP VELDTOG: DEEL JESUS, BIDDAG VIR DOWES

Lukas 5 : 12-16 Leef die liefde van Jesus deur omgee

Deel van ons OMGEE UITREIK uitdaging is dat lidmate, gesinne, klein-groepe of individue tydens die Deel Jesus Preekreeks hulle betrokkenheid by ʼn Bergsig Projek of gemeen-skapsprojek bevestig en tydens die vierde kwartaal ons OMHELSING tema uitleef deur spesifiek die

projekleiers en projek-spanne te ondersteun en in deernis te omhels, veral met die aanloop na Kers-fees en behoeftes wat pro-jekte mag hê in die tyd.

Inligting oor die verskillen-de projekte en hulle be-hoeftes verskyn in die GGO brosjure, op die plakkate soos opgeplak in die kerksentrum asook op die webblad.

Kleingroepe gaan ingedeel word by Bergsig se uitreikprojekte as deel van die kleingroep-uitreik gebedstrategie.

Stuur asseblief vir ons foto’s en getuienisse van julle betrokkenheid by die projekte na [email protected]

Teen 16 September wil ons graag ʼn lys in die eredienste aan die ge-meente wys van indi-vidue, gesinne en kleingroepe wat die uitdaging aanvaar het en bevestig het dat hulle tydens die vierde kwartaal Jesus se liefdevolle omhelsing aan projekleiers of pro-jekspanne gaan uitleef.

Ons groet Ds. Wynand Mens sukkel om ’n alleen vooraangesig foto van Wynand

te kry. Hy moet altyd êrens uitgesny word tussen ’n

klomp mense waar hy besig is met ’n aktiwiteit. Hy is lief

vir God, vir Afrika, vir kuns, vir mense en minder bevoor-

regte mense en help hulle graag. Ons gaan Wynand mis

en stuur die beste wense saam met hom!

Page 2: 26 Augustus 2018 - bergsigdv.co.zaWoensdag 9.15 – 10.00 sal kan kom help met ‘n Christe-like gebaseerde opbouende/motiveringslessie vir die Graad 4 en Graad 6 klasse by die skool

Bladsy 2 Bergs ig Boodskap

Skakel Annamaré by (021) 976 4106 uitbreiding 103, as jy betrokke

wil raak by uitreikprojekte of e-pos na [email protected]

ATTIE VAN WYK SKOOL

Twee van die Attie van Wyk spanlede se saailand het verskuif en ons benodig dus 2 vrouens wat vir ons elke Woensdag 9.15 – 10.00 sal kan kom help met ‘n Christe-

like gebaseerde opbouende/motiveringslessie vir die Graad 4 en Graad 6 klasse by die skool.

Wanneer die Here hierdie taak op jou hart lê is jy wel-kom om vir Nelda Rousseau te kontak by [email protected] of per Whatsapp of skakel by 083 235 1400

ECHO HUIS UITREIKGELEENTHEID 23 AUGUSTUS Die geleentheid van ‘n groot sukses. Ongeveer 12 per-sone van ons kerk het bygewoon. Volgende week sal ons fotos plaas. Baie dankie vir elkeen se deelname en bydraes.

Die idee was om gemeentelede die geleentheid te bied om een van die ECO huise waarby ons betrokke is te gaan besoek. (’n ECO huis is ’n heenkome vir jong-mense wat uit moeilike omstandighede kom, maar geen ander woonplek het nie.)

Op ’n Donderdagaand eet die inwoners van die huise en die gemeenskap saam. Ons lidmate het saam gesels en eet en so meer geleer oor die projek.

Durbanville Kinderhuis Golf dag

Dis weer daardie tyd van die jaar om met u gholf-talente ’n goeie daad of twee te doen vir die kinders by die Dur-banville Kinderhuis deur ’n vierbal te bespreek, ’n bof of setperk te borg of ’n finansiële donasie te maak. Ons nooi u graag uit om ons Jaarlikse Gholf dag te ondersteun op Vrydag 2 November 2018 by die Durbanville Gholfbaan. Borg asb. 'n vierbal teen R4,000-00 of 'n nat gat teen R 2,000-00. 'n Pryswenners ete, asook geskenkpakkie maak deel uit van die vierbal. Kontak asseblief vir Angelina Snyman by [email protected] of 021 975 6822 om u vierbal te bespreek.

Lesotho besoek 28 Sept - 6 Okt

Bergsig ondersteun die Semonkong Children’s Centre in Lesotho vanaf Nov 2017. Fondse van Bergsig af het gehelp om geboue op te knap, ’n groentetuin aan te lê ens. Lees meer hieroor in die GGO brosjure.

Lidmate is welkom om saam te gaan. Lees meer op die webblad of kry ’n inligtingsblad by die sydeure en voor-portaal of bel Jaco by 0730176662

’n Groot behoefte is: ‘n voertuig en bestuurder.

Die Magdalenahuis kort dringend skenkings van nie-bederfbare kos.

Gee asb. by die kerkkantoor af en merk vir Magdalenahuis.

Om meer uit te vind oor die projek lees gerus in die GGO brosjure daaroor.

VERSIERDE PLAATKOEKE Ons is op soek na drie dames wat kan help plaat-

koeke bak/borg vir kinders in die

kinderhuis se verjaarsdae.

Die verwagting is tussen 3-6 versierde

plaatkoeke per jaar.

As jy hiermee kan help bel Christa Kemp by:

021-976 6210 / 082 3911615

RUTERWACHT GEMEENTE

Daar is ‘n groot behoefte in Ruyterwacht NG Gemeente vir kos en warm klere en komberse. Indien u spesifiek hier wil help, laai dit by die kerk af of betaal in en merk baie duidelik “Ruyterwacht.”

Page 3: 26 Augustus 2018 - bergsigdv.co.zaWoensdag 9.15 – 10.00 sal kan kom help met ‘n Christe-like gebaseerde opbouende/motiveringslessie vir die Graad 4 en Graad 6 klasse by die skool

WIL JY GRAAG DIE DIENS BYWOON,

MAAR JY KAN NIE? Die 10:00 en @6

Aanddienste om 18:00

word lewendig ge-

beeldsend

(“livestream”) op

You Tube.

HET JY ’n PREEK GEMIS? Ons poog om alle preke op die web beskikbaar te

stel vir lidmate om te luister. Met groot uitsonder-

ing ondervind ons soms tegniese probleme en is

dit nie moontlik nie. Gaan luister gerus by

www.bergsigdv.co.za by die skakel

MEDIA/preke.

05:45 Vrydagoggende

Luister ook na getuienisse by

www.tgifcape.co.za

Bladsy 3 Bergs ig Boodskap

Om vrywillig deel te word van

die kerk se algemene

WhatsApp ‘broadcast’ groep

stuur jou naam en van na:

071 529 9491

Bel ds. Mizelle by 083 394 1101 om deel van die gebedsketting te word of e-pos na: [email protected]

Durbanville-Bergsig se leiersberaad vind op 8 Septem-

ber 2018 plaas by die kerksentrum en dis die groot be-

plannings geleentheid in die jaar wanneer mense bid,

dink, gesels oor wat die volgende tydperk vir Bergsig

inhou.

Bergsig verheerlik Jesus Christus as ons Verlosser en

wil dit graag bly doen. Ons gebed is dat die beplanning

Hom sal eer.

Bid asb. saam vir dié geleentheid.

Louis Genis Via Nazionale 60, 083 984 4360 Vrou oorlede Troos en bemoediging

Wallace en Lené Albertlyn Vue Des Monds Baba mediese Herstel en bemoediging

Eduard Hattingh Primulalaan 43, 074 822 5217 Motorfietsongeluk Herstel en bemoediging

JC Smith Richterstraat 8., 082 563 0408 Mediese behandeling Herstel en bemoediging

Babs Schoeman Summer Places 2, 021 975 4965 Mediese behandeling Herstel en bemoediging

Dirk Carstens Pelicanstraat 15, 021 976 6444 Kanker Herstel en bemoediging

Johan Haasbroek Vierlandenstraat 24, 021 976 0425 Beroerte Herstel en bemoediging

Alida Nel La Gratitude 25 Mediese behandeling Herstel en bemoediging

Hercules Stander Blanc de Noirstr. 26, 021 975 4193 Beenmurgkanker Herstel en bemoediging

Danie en Alida Muller Zandkloofweg 10, 076 177 7626 Kanker Herstel en bemoediging

Elri du Preez Penniesingel 1, 084 592 9595 Mediese behandeling Herstel en bemoediging

Hanno Fourie Joostenbergweg 1, 082 822 1531 Mediese behandeling Genesing en bemoediging

Vir bydraes of versoeke, skakel Elize 021 976 4106

Compassion is not a virtue - it is a commitment. It's not something we have or don't have -

it is something we choose to practice. Brené Brown

Vandag is Bybelsondag en ons fokus spesifiek op die Bybel en die voorreg om die volledige Bybel in elkeen van ons 11 amptelike landstale te hê.

Ons is diep bewus van die voorreg om ook in die Byb-elbehoeftes van Afrikaanssprekendes te voorsien. Die groot nuus is dat Die Bybel: ’n Direkte Vertaling na verwagting teen die einde van 2020 sal verskyn. Die Bybelgenootskap herdenk sy 200ste bestaansjaar in Suid-Afrika in 2020 en ons is opgewonde om weer ’n Bybel vir die volgende geslagte Afrikaanssprekendes bekend te stel.”

Vat vandag jou Bybel en dank God dat jy vrylik toe-gang het tot Sy Woord. Lees dit daagliks en ver-kondig die Evangelie verantwoordelik by elke geleent-heid wat jy moontlik kan kry.

Gee gerus ook vir iemand ’n Bybel wat nie een het nie. Daar is ‘n 1 miljoen Bybel projek vir 1 miljoen kinders byvoorbeeld.

Page 4: 26 Augustus 2018 - bergsigdv.co.zaWoensdag 9.15 – 10.00 sal kan kom help met ‘n Christe-like gebaseerde opbouende/motiveringslessie vir die Graad 4 en Graad 6 klasse by die skool

Bladsy 4 Bergs ig Boodskap

DURBANVILLE & BERGSIG SENIORS

ONS HOU BASAAR

Datum: Donderdag, 30 Aug 2018 Tyd: 9:00

Plek: Bergsig kerksaal

Kom ondersteun en kuier saam met ons seniors.

GEBAK, PANNEKOEK, POED-ING, KERRIE & RYS, JAFFELS,

KOFFIE & TEE

**************

Lede wat die uitstappie op Don-derdag, 27 Sept 2018 na Klub My-konos, Bouzouki Restaurant, wil meemaak, moet op 30 Aug 2018

hul R100 per lid betaal.

ISRAEL TOER 2019 Ons baie opgewonde om jou te nooi na Bergsig se

Israel toer 16 – 25 Maart 2019 gelei deur Ds Johan Els en Pastoor Rykie Steyn van Menorah Toere.

Ons gaan dit aanpak as ’n Geestelike Pelgrimstog en jy kry ‘n geleentheid om die plekke te sien waarvan ons

elke dag in die Bybel lees.

Die koste is R 33 100 (bereken op S1 = R 14) en ’n deposito van R 3000 is betaalbaar om jou

plek te verseker. Opskud, daar is nog net 10 plekke oop van die 30 plekke. Kontak gerus vir Ds Johan Els by 084 672 0626 of Esther Goosen by 076 183 4568 of

[email protected] vir toer inligting.

Kerkraad nuus: Baie geluk en voorspoed vir die termyn

Voorsitter: Peter Montgommery Onder Voorsitter: Jouke Bekket

Lede nuut verkies:

Abrie Coetzee Junita de Swardt

Ruben Fick Stella Malan

Coenie Pretorius Murray Steenkamp Johan Swanepoel

Navrae: Pieter Henning, Gemeentebestuurder

Page 5: 26 Augustus 2018 - bergsigdv.co.zaWoensdag 9.15 – 10.00 sal kan kom help met ‘n Christe-like gebaseerde opbouende/motiveringslessie vir die Graad 4 en Graad 6 klasse by die skool

Bladsy 5 Bergs ig Boodskap

NG GEMEENTE DURBANVILLE-BERGSIG

Vakature: Jeugbedienaar Die NG Gemeente Durbanville-Bergsig bestaan uit onge-veer 3,270 belydende lidmate en ongeveer 1,523 dooplid-mate.

Hierdie gemeente is reeds in 1982 gestig en het mettertyd gegroei en uitgebrei tot ‘n makro-gemeente wat in liefde omsien na die welsyn van sy naaste, met besondere aandag aan haar jeug.

Verantwoordelikhede

Instandhou en uitbou van die jeugbedieningsaksies, (Gr 0 tot 6) 80% fokus

Bestuur van juniorjeug se kategeseleiers

Pastorale begeleiding van die juniorjeug

Aktiewe betrokkenheid by laerskole en bou van verhoudings

Aanbied van jaarlikse jeugkampe

Verleen hulp met tienerbediening, (Gr 7 tot 12) 20% fokus

Vereistes

Jong, energieke en innoverende persoon

Passie om kinders na Jesus te lei

Toepaslike tersiêre kwalifikasie in Jeugwerk

Vorige soortgelyke ervaring in ‘n gemeente sal ‘n pluspunt wees

Goeie menseverhoudinge, veral in spanverband

Vergoeding sal volgens sinodale riglyne en na gelang van relevante ondervinding bepaal word.

Navrae: Ds. Johan Els ([email protected])

Aansoeke: Voorsitter van Diensverhoudinge ([email protected])

Sluitingsdatum: 3 September 2018 om 12:00

Aanstellingsdatum: So gou moontlik

DIT IS TYD OM TE SING Ons beleef ʼn tydperk

van knellende droog-

tes en vrese oor die

ekonomie, geweld,

burgerlike onrus en

politieke onseker-

heid. As gelowiges

glo ons God is daar;

Hy is betrokke by

ons lewe en

geskiedenis, en Hy

roep ons om self ʼn

verskil te gaan maak.

Uiteindelik kom sy

Koninkryk deur al hierdie donkerte en onsekerhede heen

en breek in mense se lewe aan.

Om hierdie belydenis uit te leef, bied die NG Kerk van

Wes-Kaapland en Bybel-Media op Saterdag 8 Sep-

tember 2018 ʼn massa-saamsinggeleentheid in die

Kaapstadse stadsaal aan. Ons sal saam sing om aan

God die eer te bring, om ons nood voor God neer te

lê en om ons hoop op God te plaas.

ʼn Massakoor van ongeveer 500 koorlede, saamgestel uit

20 gemeentes se kore, en die volle Kaapstadse Filhar-

moniese Orkes, sal die samesang begelei. Daar is plek

vir slegs 1 000 mense en kaartjies is beskikbaar teen

R200 elk. Geen wins word

gemaak nie. Alle inkomste

sal gebruik word om

uitgawes te dek en

soortgelyke “Dis Tyd om

te Sing”-geleenthede in

ander stede aan te bied.

Tydens die

saamsinggeleent-heid sal

24 van die bekendste

geloofsliedere van die

kerk saamgesing word.

Dié liedere is deur eeue

heen aan gelowiges

bekend. Dit het ons geloof

gevorm en mense deur moeilike tye in hulle lewe gedra.

Dis Tyd om Te Sing se massa-saamsinggeleentheid is ʼn

openbare getuienis van gelowiges wat sê: “Here, hoor

ons,” maar ook: “Here, hier is ons. Stuur ons.”

Die byeenkoms is die eerste van sy soort in ons land.

Soortgelyke byeenkomste word in ander sentra van die

land beplan. Ons droom is om dit ʼn jaarlikse gebeurtenis

te maak en só deur samesang ons getuienis uit te leef.

Navrae oor kaartjies: by Alida

[email protected]

Page 6: 26 Augustus 2018 - bergsigdv.co.zaWoensdag 9.15 – 10.00 sal kan kom help met ‘n Christe-like gebaseerde opbouende/motiveringslessie vir die Graad 4 en Graad 6 klasse by die skool

NG Kerk Durbanville-Bergsig

021 976 4106 • [email protected] • www.bergsigdv.co.za

Facebook: Durbanville-Bergsig kerk - Sy ligdraers Straatadres: H/v. Boland- en Proteaweg, Durbanville 7550

Posadres: Posbus 479, Durbanville, 7551 Kantoor-ure: Ma tot Vry 08:00 - 14:00

Leraars en kantoorpersoneel kan daagliks by die kerkkantoor gebel word.

24 uur nood vir geestelike & emosionele ondersteuning 071 196 4191 / [email protected] S33 48.966 O18 39.728

Bankbesonderhede: NGK Durbanville-Bergsig, ABSA, 1410590154,Tak: 334810