gromar.co.zagromar.co.za/uploads/omsendbrief 3 van 2018.doc · web viewgraad 12 - christa de jager...

24
Posbus 888 * Groblersdal * 0470 * Tel. no.: (013) 262 5419/5334 Finansies E-pos: [email protected] o.za Admin E-pos: [email protected] Webadres: www.gromar.co.za (Loer gerus in op ons Bakkiesblad) Omsendbrief 3/2018 1 Februarie 2018 Geagte Ouers Ons gee graag vir u die volgende inligting deur: 1. HUISSPORT : Baie dankie aan al ons ouers wat as beamptes opgetree het tydens ons huissport. Sonder u harde werk as beamptes is so 'n atletiekbyeenkoms net nie moontlik nie. Baie dankie aan al die mammas en pappas wat by die verversings gesorg het dat almal se magies vol bly. Julle is werklik staatmakers en al julle harde werk gaan nie ongesiens verby nie. ‘n Besonderde dankie aan die Mamma-Komitee van 2018 vir al hul reëlings. (Hierdie mammas werk regtig hard agter die skerms) Hierdie mammas sal vir die res van die jaar met u as ouers in die spesifieke klasse, kommunikeer. Graad 1 - Magda Visser (076 349 9561) Graad 2 - Sally van Schalkwyk (060 509 4549) Graad 3 - Izelle Short (079 370 2820) Graad 4 - Bernadine Nel (083 494 4984) Graad 5 - Jukie Mallo (082 530 8930) Graad 6 - Katriena Smit (082 775 4865) Graad 7 - Sarie van der Merwe (082 441 0215) Graad 8 - Allouise Burger (079 505 8350) Graad 9 - Leonora Möller (083 292 7323) Graad 10 - Hester Bloemhof (082 787 1030) 1

Upload: others

Post on 25-Jan-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: gromar.co.zagromar.co.za/uploads/Omsendbrief 3 van 2018.doc · Web viewGraad 12 - Christa de Jager (082 717 7724) Baie dankie vir die ouers wat die dryfveer agter die dirigente was

Posbus 888 * Groblersdal * 0470 * Tel. no.: (013) 262 5419/5334Finansies E-pos: [email protected]

Admin E-pos: [email protected]: www.gromar.co.za (Loer gerus in op ons Bakkiesblad)

Omsendbrief 3/2018 1 Februarie 2018

Geagte Ouers

Ons gee graag vir u die volgende inligting deur:

1. HUISSPORT:

Baie dankie aan al ons ouers wat as beamptes opgetree het tydens ons huissport. Sonder u harde werk as beamptes is so 'n atletiekbyeenkoms net nie moontlik nie.

Baie dankie aan al die mammas en pappas wat by die verversings gesorg het dat almal se magies vol bly. Julle is werklik staatmakers en al julle harde werk gaan nie ongesiens verby nie.

‘n Besonderde dankie aan die Mamma-Komitee van 2018 vir al hul reëlings. (Hierdie mammas werk regtig hard agter die skerms) Hierdie mammas sal vir die res van die jaar met u as ouers in die spesifieke klasse, kommunikeer.

Graad 1 - Magda Visser (076 349 9561)Graad 2 - Sally van Schalkwyk (060 509 4549)Graad 3 - Izelle Short (079 370 2820)Graad 4 - Bernadine Nel (083 494 4984)Graad 5 - Jukie Mallo (082 530 8930)Graad 6 - Katriena Smit (082 775 4865)Graad 7 - Sarie van der Merwe (082 441 0215)Graad 8 - Allouise Burger (079 505 8350)Graad 9 - Leonora Möller (083 292 7323)Graad 10 - Hester Bloemhof (082 787 1030)Graad 11 - Machdel Smit (082 856 0239)Graad 12 - Christa de Jager (082 717 7724)

Baie dankie vir die ouers wat die dryfveer agter die dirigente was. U sal met my saamstem dat die dirigente hulle baie goed van hul taak gekwyt het.

Baie geluk aan die Giffies wat die atletiek gewen het. Ons sal volgende week die span bekend maak wat die sangbeker gewen het.

Baie geluk aan die volgende atlete wat aangewys is as die Victor en Victrix Ludorm vir die dag.

1

Page 2: gromar.co.zagromar.co.za/uploads/Omsendbrief 3 van 2018.doc · Web viewGraad 12 - Christa de Jager (082 717 7724) Baie dankie vir die ouers wat die dryfveer agter die dirigente was

Victor Ludorm 0/6 tot 0/9: Juan Janse van Rensburg

Victrix Ludorm O/6 tot O/9: Meané van Staden

Victor Ludorm O/10 tot O/13: Wian Smit

Victrix Ludorm O/10 tot O/13: Jurien Janse van Rensburg

Victor Ludorm O/14 tot O/16: Lean Vosloo

Victrix Ludorm O/14 tot O/16: Marga Genis

Victor Ludorm O/17 tot O/19: Heinrich Oberholzer

Victrix Ludorm O/17 tot O/19: Marné de Jager

2. INSPEKSIE:

Daar sal eerskomende Vrydag, 2 Februarie 2018 net na die saalopening hare-, naels- en skooldrag inspeksie gehou word.

3. BOSVELD ATLETIEK:

Baie sterkte aan die leerlinge wat eerskomende Saterdag aan die Bosveld Atletiek byeenkoms gaan deelneem.

4. NOORD-STREEK ATLETIEK:

Die Noord-Streek atletiekbyeenkoms word deur Marmer op Saterdag, 10 Februarie aangebied by Marmer. Daar word ouers benodig wat as beamptes kan werk. Ons moet 1 beampte vir elke 6 atlete stuur.

Indien daar nie genoeg beamptes is nie sal die Noord-Streek byeenkoms nie kan plaasvind nie. Voltooi asseblief die onderstaande skeurstrokie en stuur voor of op Maandag, 5 Februarie 2018 terug.

Ons gee graag vir u die reëlings deur soos ontvang vanaf Marmer:

Tye:

Beamptes kom bymekaar : 07:00 op vierkant by die skool.Opening: 07:30Eerste item: 08:00

Registrasie van Atlete :

Registrasiegeld beloop R30 per atleet en moet voor of op Maandag, 5 Februarie inbetaal word by die klasregister personeel. Atlete mag aan 6 items deelneem en atlete neem deel in hulle groen hempie en navy broek). Geen ander atletiekdrag sal toegelaat word nie.

2

Page 3: gromar.co.zagromar.co.za/uploads/Omsendbrief 3 van 2018.doc · Web viewGraad 12 - Christa de Jager (082 717 7724) Baie dankie vir die ouers wat die dryfveer agter die dirigente was

Beamptes:

Soos altyd moet daar beamptes by elke byeenkoms wees en ons maak weer staat op u almal wat sal help as beamptes. Voltooi asseblief die skeurstrokie so gou moontlik aangesien die beamptelys na Marmer teruggestuur moet word voor Dinsdag, 6 Februarie 2018 om 12:00. (Sit asseblief op 1ste keuse en 2de keuse waar u as beampte wil diens doen) Beamptes moet ‘n wit hemp en wit of navy broek aantrek.

5. OMSENDBRIEWE:

Omsendbriewe is die enigste manier hoe die skool met u kan kommunikeer en as u nie die omsendbriewe kan oopmaak op die D6 nie, moet u asseblief die kantoor daarvan in kennis stel so gou as moontlik.

U kan skeurstrokies beantwoord d.m.v. ‘n “Whats App” op die klasgroep of u kan op ‘n stukkie papier terug antwoord.

6. RUGBY- EN NETBAL:

Indien daar ouers is wat bereid is om te help met Rugby- of Netbal afrigting vir Oos-Transvaal of die Bokkieweek, vra ons dat julle julle CV's voor of op Maandag, 5 Februarie 2018, na die skoolkantoor stuur.

Daar sal elke Woensdag vanaf 14:30 tot 15:30 rugby fiksheid oefeninge aangebied word deur mnr. Evert Smit vir die laerskool leerlinge. Vanaf 17:00 sal mnr. Flippie Nieman die hoërskool leerlinge neem vir rugby fiksheid.

7. ONWELKOME GASTE:

Dit het onder ons aandag gekom dat “onwelkome gaste” op sommige van ons leerlinge se koppe opgemerk is. Ons doen ‘n ernstige beroep op u om u kind/ers se koppe na te gaan en indien nodig, behandeling toe te pas.

Die volgende produkte word aanbeveel:

Daar is ‘n “Controlice” luiskam of die Tawwe Tienie ControliceLiecebuster-kam (vir langer hare) om die aanwending te vergemaklik en te versnel.

Spuit botteltjie “Hair Placenta” – enige soort, te koop by die meeste winkels. Dit word gebruik as die basis en laat sommer die hare blink en stimuleer groei.

“Tea Tree” olie – gooi 5 druppels per 100ml placenta in. Skud goed. Spuit elke oggend voor skool so ‘n paar vinnige spuite op die kop. (Veral die haarlyn agter in die nek)

Meng so 10 druppels Tea Tree olie en 5 druppels Eucalyptus olie by gewone sjampoo en was elke aand daarmee.

LET WEL:

Alle beddegoed, bekleedsels en klere moet deeglik, ten minste 2 maal per week, gewas en gestryk word. Tuimeldroog dit dan op ‘n baie warm temperatuur.

3

Page 4: gromar.co.zagromar.co.za/uploads/Omsendbrief 3 van 2018.doc · Web viewGraad 12 - Christa de Jager (082 717 7724) Baie dankie vir die ouers wat die dryfveer agter die dirigente was

8. VRYWARINGSVORM:

Hierby aangeheg ‘n Vrywaringsvorm (Bylaag A) wat voltooi moet word en voor of op Maandag, 5 Februarie terugstuur moet word na u klasregister. Dit is belangrik dat u hierdie vrywaringsvorm moet voltooi aangesien dit dan vir hierdie jaar vir alle skool uitstappies, kultuur- en sport byeenkomste ook geldig sal wees.

9. “HARTJIE- MY-LIEFIE BAL/SOKKIE”:

Daar word ‘n “Hartjie-my-Liefie Bal/Sokkie” aangebied vir die Hoërskool leerlinge.

Inligting is as volg:

Wanneer : Woensdag, 14 Februarie 2018

Waar : Lapa by skool

Drag : Semi-Formeel

Koste : R50 per persoon (Ete ingesluit)

Die snoepie sal beskikbaar wees.

10. MNR. EN MEJ. “HARTJIE-MY-LIEFIE” ETE:

Die Graad 11 leerline nooi al die Graad 1 tot Graad 7 leerlinge uit na ‘n heerlike aansit ete en kuier geleentheid. Bring ‘n maatjie saam as jy wil.

Bespreek vroegtydig om teleurstelling te voorkom.

Wanneer : Donderdag, 15 Februarie 2018

Waar : Lapa by skool

Tyd : 17:30 – 19:30

Drag : Semi-Formeel (Langbroek en mooi rokkie)

Koste : R60 per persoon (Ete en een koeldrank ingesluit)

Die Graad 11 leerlinge doen die bediening. Moet dit nie misloop nie!!!

11. VLOOT BLOU T-HEMDE:

Vloot blou T-hemde word benodig vir die Oos-Transvaal Atletiek byeenkoms van 3 Maart. Bestellings kan geplaas word by mev. Almari Genis @ R80 per hempie. Dit is goeie kwaliteit – 100% katoen. Groottes sal op die D6 volgens mates deurgegee word.

12. WIT SKOOL HEMDE:

Wit skool hemde wat geen skoolwapen op het nie, moet so gou moontlik ‘n skoolwapen op die sak geborduur word. Mev. Sunel Aucamp (Groblersdal Workwear – 082 821 5911) doen borduring. Daar is nou al hoe meer leerlinge wat net wit hempies dra sonder die skoolwapen. Die wit hemde sonder skoolwapens is nie aanvaarbaar nie.

4

Page 5: gromar.co.zagromar.co.za/uploads/Omsendbrief 3 van 2018.doc · Web viewGraad 12 - Christa de Jager (082 717 7724) Baie dankie vir die ouers wat die dryfveer agter die dirigente was

13. KWARTAAL PROJEK - KANKER :

Hierdie kwartaal word fondse ingesamel vir die Kankervereniging van Groblersdal. Alle geldjies word by die voogpersoneel inbetaal en die oorhandiging sal Donderdag, 22 Maart 2018 plaasvind.

14. REDENAARS:

Al die graad 1 tot 11-leerlinge moet in Kwartaal 1 in die Afrikaanse-klas ʼn redenaar-toespraak lewer vir ʼn Mondeling-punt. Die BCVO Kultuurraad skryf jaarliks die temas vir die Redenaars voor en ons wil vanjaar poog dat alle leerlinge ten minste aan die eerste rondte in die klaskamer deelneem en so ervaring kry in redeneer vermoë. Dit is ʼn verpligte deel van die sillabus.

BCVO TEMAS VIR 2018 REDENAARS

1 Offer / offers

2 Bome

3 Eerlikheid

4 Ink

5 Wit

6 Spore

7 Hartseer

BELANGRIKE RIGLYNE:

1 Elke leerling moet een van bogenoemde temas kies en ʼn beredeneerbare onderwerp formuleer.

2. Die toespraak moet van goeie navorsing getuig. Minstens drie verskillende bronne moet duidelik en sinvol vermeld word. Onthou, Wikipedia is NIE ʼn bron nie.

3. Leerlinge mag nie gekoopte toesprake lewer nie. Iemand anders (soos ouers) mag ook nie die toespraak skryf nie. Beperkte hulp mag egter verleen word om die toespraak af te rond. Die toespraak moet die leerling se eie insette bevat en moet op die vlak van die leerling aangebied word. Indien ʼn leerling moeilike terme gebruik moet hy/sy die betekenis verstaan en dit korrek uitspreek.

4. Toesprake mag nie afgelees word nie. Beperkte, natuurlike gebruik van notas is aanvaarbaar. Oogkontak met die gehoor is uiters belangrik.

5. Gebruik asseblief die BCVO Kultuurraad se beoordelingsvorm wat in die Kultuurhandleiding beskikbaar is vir evaluering in die klaskamer. Die punt uit 100 word dan verwerk na die punt wat vir Voorbereide Praatjie toegeken moet word, bv. 20.

5

Page 6: gromar.co.zagromar.co.za/uploads/Omsendbrief 3 van 2018.doc · Web viewGraad 12 - Christa de Jager (082 717 7724) Baie dankie vir die ouers wat die dryfveer agter die dirigente was

Tyd: Gr. 1 – 3 1 tot 3 minute

Gr. 4 – 6 2 tot 4 minute

Gr. 7 – 9 3 tot 5 minute

Gr. 10 – 11 5 tot 7 minute

Die Graad 12-leerlinge wat aan die BCVO Redenaarskompetisie deelneem, moet ook 5 tot 7 minute praat, maar die IEB se tydsbeperking vir die Voorbereide Toespraak in die klas is 4 tot 5 minute.

Skoolredenaars is dan eers gedurende die 2de kwartaal.

Bylaag C hierby aangeheg met Redenaars Riglyne.

Laerskool: Maandag, 21 Mei 2018 Hoërskool: Woensdag, 23 Mei 2018

Begin asseblief dadelik met jul toesprake as julle nog nie begin het nie!

15. LOERIE HUIS:

Die Loerie Huis is ‘n Jeugsentrum vir kinders wat tydelik uit hul ouerhuise gehaal word deur Maatskaplike Werkers omdat omstandighede tuis nie gunstig is vir ‘n kind om in groot te word nie. Die sentrum bied ‘n veilige hawe vir hierdie kinders totdat omstandighede by die huis verbeter het en die Maatskaplike Werkers toestemming gee dat die kinders kan teruggaan na hul ouerhuise. Die Loerie Huis sorg dat die kinders skoolopvoeding ontvang en sorg ook vir Tersiêre onderrig as dit nodig is.

Saterdag, 17 Maart 2018 gaan die Graad 11 en 12 leerders die huis besoek. Hulle wil probeer om die nodige items in te samel om dit dan ook daardie dag aan die sentrum te skenk. Daar gaan ook met die kinders gespeel word en die leerlinge gaan uit hul pad uit gaan om hulle vir ‘n paar uur te bederf.

Hulle vra dan asseblief vir enige skenkings van die volgende items op die behoeftelys: (Lys is verskaf deur Loerie Jeugsentrum Trust)

Kruideniersware, vleis en groente, medies (medisyne), muur en dakwaaiers vir die dogters- en seunskamers (huidige waaiers nou in swak of in nie-werkende toestand), los matte, lessenaars, somersnagklere vir die dogters en seuns, 2 x groot elektriese braaipanne, 2 x 4-sny broodroosters, klimrame, enige tweedehandse klere en skoene. (Ons aanvaar ook enige tweedehandse meubels, elektriese toebehore, breekgoed, ens.)

Bylaag C hierby aangeheg met ‘n naamlys van die leerlinge en hul groottes. Indien u vir ‘n spesifieke kind ‘n pakkie wil opmaak, vra ons dat u dit mooi sal verpak met die kind se naam daarop.

Indien u maandelikse finansiële bydraes vir die dag tot dag uitgawes en aankope van onder meer kruideniersware, vleis en groente, medies (medisyne), skooluitgawes, diesel, petrol, lone, ensovoorts wil doen, kan u betalings doen in hul bankrekening. Kontak die skool vir hierdie

6

Page 7: gromar.co.zagromar.co.za/uploads/Omsendbrief 3 van 2018.doc · Web viewGraad 12 - Christa de Jager (082 717 7724) Baie dankie vir die ouers wat die dryfveer agter die dirigente was

inligting. Geliewe daarop te let dat Loerie Huis ingevolge Artikel 18(a) geregistreer is en wel sertifikate vir belastingdoeleindes kan uitreik.

16. TOETSROOSTERS:

Bylaag D – Laerskool Toetsrooster en Bylaag E – Hoërskool Toetsrooster hierby aangeheg. Die toetsroosters is ook op die D6 gelaai onder Bronne – Eksamenroosters.

17. MAJUBAFEES:

Al die inligting vir die Majubafees hierby aangeheg – Bylaag F.

18. SKOOLFONDS:

Skoolfonds vir Januarie 2018 was reeds betaalbaar en is ook nou betaalbaar vir Februarie 2018.

Die skoolfondsstate word maandeliks op die 25ste per e-pos gestuur. Dit bly u plig om die skool te kontak indien u nie ‘n skoolfondsstaat ontvang nie.

19. VERKENNERS ETE:

Bylaag G hierby aangeheg.

20. KOSHUIS EN NASORG:

Die volgende reëlings geld van volgend week af:

17.1 As ‘n kind net vir een nag in die koshuis wil slaap / of slegs vir een middag in die koshuis wil eet en nasorg wil doen: Bring vroeg die oggend die geld saam skool toe en betaal by mev. Brenda van Rooyen. Sy gee vir hom/haar ‘n kwitansie. Hierdie kwitansie dien as ‘n bewys van betaling wat by die koshuis gewys moet word. Indien daar nie ‘n kwitansie is nie, sal die kind nie toegelaat word om in die koshuis te slaap nie en sal daar ook nie vir hom ‘n middagete gereed wees nie. (Mev. Brenda van Rooyen laat weet dan ook telefonies vir Tannie Annatjie (Koshuis matrone) wie slaap en/of wie eet in die koshuis)

Ons vertrou dat u hierdie reëling so sal aanvaar.

Voltooi asseblief die aangehegte skeurstrokie en stuur so gou moontlik terug.

GEDAGTE:

“Daar is verstand nodig om ‘n huis te bou, insig om sy fondamente te lê, en kennis om sy kamers te vul met allerhande kosbare en mooi goed”. Spreuke 24:3 - 4

Gromar groete

7

Page 8: gromar.co.zagromar.co.za/uploads/Omsendbrief 3 van 2018.doc · Web viewGraad 12 - Christa de Jager (082 717 7724) Baie dankie vir die ouers wat die dryfveer agter die dirigente was

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Ek _______________ ouer van ______________ in Graad ___ neem kennis van Omsendbrief 3/2018.

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Ek/Ons _________________________ ouers van _________________________ Gr. ______ is bereid om as beamptes op te tree by die Noord-Streek Byeenkoms.

Eerste keuse : __________________ Tweede keuse: _____________________

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Bedrag van R__________ hierby aangeheg vir my kind/ers se registrasiegelde vir die Noord-Streek Atletiekbyeenkoms.

Ek sal ‘n oorbetaling per internet doen vir my kind se registrasie vir die Noord-Streek Atletiekbyeenkoms.

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Ek ______________________________ neem kennis van die Vrywaringsvorm hierby aangeheg en volledig voltooi.

8

Page 9: gromar.co.zagromar.co.za/uploads/Omsendbrief 3 van 2018.doc · Web viewGraad 12 - Christa de Jager (082 717 7724) Baie dankie vir die ouers wat die dryfveer agter die dirigente was

BYLAAG A

Posbus 888 * Groblersdal * 0470 Tel. no.: (013) 262 5419/5334

Finansies E-pos: [email protected] Admin E-pos: [email protected]

VRYWARINGSVORM

Hiermee verleen ek ___________________________________________ (volle name en van)

ID Nommer ____________________ as ouer/voog van ____________________ graad ____ ,

____________ graad _____, ______________ graad ____, _____________ graad _____, toestemming dat hy / sy / hulle aan atletiek, rugby, netbal, hokkie, landloop, tennis, krieket, skaak, kultuur (skool/streek/nasionaal) asook alle skool en opvoedkundige uitstappies mag deelneem.

Ek vrywaar CVO Gromar Privaatskool, Personeel, en Organiseerders of hulle verteenwoordigers van enige skade of gebeurlikhede wat mag ontstaan as gevolg van my kind(ers) se deelname. Ek aanvaar dat alle redelike voorsorg getref sal word vir die veiligheid en welstand van my kind / ers en ek aanvaar verantwoordelikheid vir die betaling van mediese rekeninge en / of hospitaalrekeninge, indien van toepassing, in geval van siekte of besering. Ek dra my magte as ouer/voog oor aan die Organiseerders of hulle gemagtigde verteenwoordiger indien mediese behandeling vir die kind nodig mag wees.

Ek versoek dat die verantwoordelike persone op die volgende sal let (noem asseblief aspekte waarvan die onderwyspersoneel bewus moet wees, bv allergieë, geneigdheid tot abnormale bloeding, epileptiese aanvalle, ens).

___________________________________________________________________________________

Kontaknommer van ouer:

Kontaknommer van naasbestaande:

Naam van mediese fonds:

Mediese fondslidnommer:

Huisdokter en telefoonnommer:

___________________ _________________ Handtekening van ouer Datum

9

Page 10: gromar.co.zagromar.co.za/uploads/Omsendbrief 3 van 2018.doc · Web viewGraad 12 - Christa de Jager (082 717 7724) Baie dankie vir die ouers wat die dryfveer agter die dirigente was

BYLAAG B

REDENAARS RIGLYNE:

Redenaars is ‘n wonderlike vaardigheid om te hê en ons wil elke kind aanmoedig om deel te neem!

DIE SKRYF EN SAAMSTEL VAN DIE TOESPRAAK:

Die DOEL van redenaarskompetisies is om kinders te lei om met selfvertroue op te tree en uiteindelik ook self toesprake te skryf wat beantwoord aan die vereiste kriteria.

1) RIGLYNE:

Die toespraak moet BEREDENEREND wees – leerling moet kan redeneer oor die onderwerp en die standpunt moet sterk beklemtoon word. Anders is dit ‘n inligtingstoespraak. Kies dus die onderwerp so dat die leerling daaroo ‘n standpunt kan hê. (Went: ‘n vraag werk gewoonlik goed – “Moet skooldrag verpligtend wees”?)

Ten minste 3 standpunte of meer by ouer leerlinge. Staaf jou standpunt met ‘n bron.

Inleiding en slot moet moet treffend wees – onthou jy moet jou gehoor oortuig van jou standpunt.

Nie nodig om handgebare te gebruik nie. Indien wel, moet dit natuurlik wees en min.

Maak oogkontak met gehoor, staan regop, praat duidelik en stadig.

Moenie ritmies praat nie. Gebruik jou stem – hoog, lag, hard, sag, ens.

BAIE BELANGRIK:

Praatjies moet binne beraamde tyd wees. Te kort of te lang toesprake word gepenaliseer. Lees en oefen dit dus vooraf en neem die tyd!

2) OUERS VAN JONGER LEERLINGE:

U mag u kinders help en leiding gee. ‘n Goeie wenk is om met die kind te gesels oor moontlike onderwerpe; probeer vasstel waarby die kind aanklank sal vind en waarvan hy iets weet.

Let asseblief op na die volgende:

Die onderwerp moet vir die kind se ouderdom / geslag / ontwikkelingspeil geskik wees.‘n Gr 1 kind kan nie ‘n toespraak skryf wat ‘n Matrikulant oor sy woorde sal laat struikel nie.

Gebruik TAAL wat die kind self sou gebruik.

Gebruik VOORBEELDE wat binne die leer- en ervaringswêreld van die kind bestaan.

Gee geleentheid vir die kind se eie opinie – “ Ek dink ...” (dit word verwag!)10

Page 11: gromar.co.zagromar.co.za/uploads/Omsendbrief 3 van 2018.doc · Web viewGraad 12 - Christa de Jager (082 717 7724) Baie dankie vir die ouers wat die dryfveer agter die dirigente was

Daar moet navorsing gedoen word; en na BRONNE verwys word!

Maak gebruik van koerante, tydskrifte, die internet, ens. Verskillende bronne vereis verskillende inligting bv. ‘n boek se skrywer, ‘n koerant of tydskrif se datum. Haal dan aan en

erken die bron volledig; (Bv. “Ek lees in “Beeld” van Saterdag, 19 Oktober 2005, dat alle vakansiedae wat helde vereer, afgeskaf gaan word .....”.)

Hierdie soort aanhalings moet natuurlik feitlik korrek wees, anders kan mens jou blootstel aan lastergedagtes.

Gr 1 – 3 leerlinge mag bv. na hul ouers/ooms/tannies/oupas en oumas as bron verwys (Bv. “My mamma sê ......” of “My Pa het gelees dat .....”).

Gr 1 – 3 leerlinge mag die Bybel as bron gebruik.

3) STRUKTUUR van ‘n redenaars toespraak lyk soos volg:

Die INLEIDING van die toespraak is uiters belangrik. Maak dit sterk en treffend; iets ongewoons. Jou onderwerp (afgelei uit die gegewe tema) moet verkieslik in jou inleidende paragraaf na vore kom (Bv. “Ek is oortuig dat selfone ons kinders van hul jeug beroof ...”).Moenie begin met “Ek praat vandag oor ...”.

Die VOORSITTER word aangespreek aan die begin van jou toespraak of na ‘n KORT inleidende paragraaf. (Bv. Geagte Voorsitter en maats ...kyk vir die voorsitter wanneer jy hom/haar aanspreek).

Hierna volg 3 argumente wat deur voorbeelde gestaaf word om jou standpunt te belig.

Die SLOT moet eweneens sterk en treffend wees. ‘n Samevatting van wat gesê is. Die gehoor moet hiermee finaal OORTUIG word om die spreker se standpunt te ondersteun. Sluit af met ‘n samevatting van jou onderwerp.

Mooi en geskikte aanhalings uit gedigte werk dikwels baie goed as slot of inleiding; maar dit MOET WERK. Dit help nie om net ‘n aanhaling by te sleep as dit niks met die saak te doen het nie! (NB – weereens met erkenning aan die digter of skrywer daarvan).

4) VOORKOMS EN HOUDING: ALGEMENE WENKE:

Leerlinge moet netjies lyk! Formele skooldrag is verpligtend. GEEN Woensdag-drag of variasies op skoolklere nie (Iemand wat aankom met ‘n sweetpak en tekkies lyk nie na ‘n dinamiese spreker nie).

Sorg dat jou hare netjies is. Geen haarslierte wat in die oë hang of gejelde ystervark-kuifies nie!

Skoene moet blinkskoon wees. Dra sommer ‘n lappie in jou sak om die lastige stoffies af te vryf voor jy gaan praat!

Houding: Stap regop en neem jou plek met selfvertroue in. Dan kry almal sommer by voorbaat die indruk: HIER KOM ‘N DING!

11

Page 12: gromar.co.zagromar.co.za/uploads/Omsendbrief 3 van 2018.doc · Web viewGraad 12 - Christa de Jager (082 717 7724) Baie dankie vir die ouers wat die dryfveer agter die dirigente was

Onder geen omstandighede word daar kougom gekou nie!!! Net so min as wat ‘n mens kougom kou in die kerk, hofsaal of enige openbare plek – dit is gewoon swak maniere!

Wees ENTOESIASTIES! Haal die gehoor oor om met JOU saam te stem; wees SELF oortuig van jou standpunte.

KATEDER: Dit is elkeen se keuse om die kateder te gebruik of nie. Ek wil aanbeveel dat jy dit NIE doen nie; want jou LYFTAAL speel ‘n belangrike rol wanneer jy praat; en die kateder steek jou hele lyf weg.

NOTAS: Jy mag notas gebruik. Pasop vir TE VEEL klein kaartjies wat jy kan laat val of deurmekaar kan maak. Hou by twee of hoogstens drie van ‘n gemaklike grootte en GEBRUIK dit! Plak die notas op verkieslik swart of donkerblou papier. Dit maak dit minder steurend vir die mense wat na jou kyk.

Kyk na die beoordelings vorms hierby aangeheg, as ‘n aanduiding vir beoordelings kriteria.Geniet die voorbereiding!

12

Page 13: gromar.co.zagromar.co.za/uploads/Omsendbrief 3 van 2018.doc · Web viewGraad 12 - Christa de Jager (082 717 7724) Baie dankie vir die ouers wat die dryfveer agter die dirigente was

BYLAAG C

13

Page 14: gromar.co.zagromar.co.za/uploads/Omsendbrief 3 van 2018.doc · Web viewGraad 12 - Christa de Jager (082 717 7724) Baie dankie vir die ouers wat die dryfveer agter die dirigente was

BYLAAG D

Laerskool Toetsrooster Kwartaal 1

DAG DATUM GRAAD 4 GRAAD 5 GRAAD 6 GRAAD 7

Don 01/02 Wisk

Vry 02/02 Geografie

Ma 05/02

Di 06/02 Afrikaans Gesk

Wo 07/02 Lewenswetenskap

Do 08/02 Wetenskap Geografie Engels

Vry 09/02 Engels Wetenskap Wetenskap Rek

Ma 12/02 ATLETIEK NAWEEKDi 13/02 BYBELKENNIS RONDTE 1Wo 14/02 Geografie

CLOAfrikaans Tegnologie

CLODon 15/02 Geskiedenis Afrikaans Bybel

CLOAfrikaans

Fisiese WetenskapVry 16/02 PAARDEKRAAL

Ma 19/02 Wiskunde Wiskunde Wiskunde

Di 20/02 CLO Gesk Geografie

Wo 21/02 Engels Engels Geskiedenis

14

Page 15: gromar.co.zagromar.co.za/uploads/Omsendbrief 3 van 2018.doc · Web viewGraad 12 - Christa de Jager (082 717 7724) Baie dankie vir die ouers wat die dryfveer agter die dirigente was

BYLAAG E

Hoërskool Toetsrooster Kwartaal 1

DAG DATUM GRAAD 8 GRAAD 9 GRAAD 10 GRAAD 11 GRAAD 12

Don 01/02 Geskiedenis Wisk.Wisk.

Geletterdheid

IGO

Vry 02/02 AfrikaansToorberg

Ma 05/02 Kamp Rek Kamp

Di 06/02 Engels Engels BiologieRTT

BesigheidstudieFW Chemie/ LBP

Chemie

Wo 07/02 Wisk RTT/CLO BesigheidstudieEng

BiologieRTT

RTTLWet

Don 08/02 CLO Geografie Rek/IT/GeografieToerisme

Rek/IT/GeografieToerisme

RekGeografie

Vry 09/02 RTT Gesk CLO CLO LBP

Ma 12/02 ATLETIEK NAWEEKDi 13/02 BYBELKENNIS RONDTE 1Wo 14/02 Besigheidstudie/

GeografieWisk IGO Engels Engels

Don 15/02 VALENTYNSBALVry 16/02 PAARDEKRAAL

Ma 19/02 Rek Besigheidstudie\Lewenswetenskap

VB. OpdragChemie

VB. OpdragFisika

VB. Opdrag

Di 20/02 Lewenswetenskap Fisiese Wetenskap LBP Wisk.Wisk. G

IGO

Wo 21/02 AfrikaansFisieseWetenskap

Afrikaans Afrikaans Afrikaans Chemie

BYLAAG F

15

Page 16: gromar.co.zagromar.co.za/uploads/Omsendbrief 3 van 2018.doc · Web viewGraad 12 - Christa de Jager (082 717 7724) Baie dankie vir die ouers wat die dryfveer agter die dirigente was

16

Page 17: gromar.co.zagromar.co.za/uploads/Omsendbrief 3 van 2018.doc · Web viewGraad 12 - Christa de Jager (082 717 7724) Baie dankie vir die ouers wat die dryfveer agter die dirigente was

17

Page 18: gromar.co.zagromar.co.za/uploads/Omsendbrief 3 van 2018.doc · Web viewGraad 12 - Christa de Jager (082 717 7724) Baie dankie vir die ouers wat die dryfveer agter die dirigente was

18

Page 19: gromar.co.zagromar.co.za/uploads/Omsendbrief 3 van 2018.doc · Web viewGraad 12 - Christa de Jager (082 717 7724) Baie dankie vir die ouers wat die dryfveer agter die dirigente was

BYLAAG G

19