30 da e - home - jericho wallsjwipn.com/pdf/ramadan 2007 booklet - afr.pdfeffens mag verskil van...

24
30-Dae Gebedsfokus vir Moslems in die wêreld tydens Ramadaan 13 Sept 12 Okt 2007 Verkorte weergawe Volledige weergawe is beskikbaar by http://www.30-days.net

Upload: doantruc

Post on 20-Apr-2018

253 views

Category:

Documents


9 download

TRANSCRIPT

Page 1: 30 Da e - Home - Jericho Wallsjwipn.com/pdf/Ramadan 2007 Booklet - AFR.pdfeffens mag verskil van land tot land. Die vastyd eindig op die eerste aanskouing van die nuwe maan, wat aan

30-Dae

Gebedsfokus vir

Moslems in die wêreld

tydens Ramadaan

13 Sept – 12 Okt

2007

Verkorte weergawe

Volledige weergawe is beskikbaar by http://www.30-days.net

Page 2: 30 Da e - Home - Jericho Wallsjwipn.com/pdf/Ramadan 2007 Booklet - AFR.pdfeffens mag verskil van land tot land. Die vastyd eindig op die eerste aanskouing van die nuwe maan, wat aan

2

Hierdie oproep tot gebed dat God Sy Seun Jesus Christus aan Moslems sal openbaar, het begin tydens 'n byeenkoms van Christenleiers in die Midde-Ooste in 1992. Hierdie manne en vroue het sterk aangevoel dat God 'n begeerte het om soveel as moontlik mense op te roep om vir Moslems in die wêreld te bid. Die gebedsbeweging is beplan om saam te val met die

Islamitiese maand van Ramadaan. In 2007 begin Ramadaan min of meer op 13 September en eindig op 12 Oktober, alhoewel dit effens mag verskil van land tot land. Die vastyd eindig op die eerste aanskouing van die nuwe maan, wat aan die einde van die 30 dae gebeur. Om te bid gedurende die maand van Ramadaan beteken nie dat ons ons vereenselwig met die Moslem praktyke van vas en gebed nie, maar dit gee ons die geleentheid om te identifiseer met hulle, deur vir hulle te bid gedurende 'n betekenisvolle gebeurtenis in hulle geestelike lewe. Die gebedsriglyne wat ons in hierdie gebedsgids gee is om Christene te inspireer en leiding te gee oor hoe om vir die Moslem-wêreld te bid. Dit is alles behalwe volledige inligting. Daarom moedig ons u aan om verdere inligting te bekom om sodoende groter begrip vir die Moslem-wêreld en God se aktiwiteite onder die Moslems te kry. As u graag die volledige Ramadaan gebedsgids wil kry, kan ons dit vir u aanstuur per e-pos of u kan dit self van die Internet verkry. Vra 'n vriend om u te help as u nie toegang het tot die Internet of e-pos nie. U kan ons kontak by [email protected]

Die vyfde pilaar van Islam: Die maand van Ramadaan (13 September – 12 Oktober 2007) Ramadaan strek oor 30 dae, wanneer die Moslems gedurende die daglig ure niks eet nie. Dit is die vyfde pilaar van Islam en is verpligtend vir Moslems en deel van die goeie werke wat hulle moet doen om hemel toe te gaan. Honderde miljoene Moslems sal vanjaar gedurende Ramadaan vas. Elke Moslem sal minstens een keer in sy lewe Mekka besoek. As Christene glo ons dat die pad na versoening met God en dus ook na die hemel, is om die offer aan te neem van Jesus ons Verlosser aan die kruis. Ons goeie werke sal nie vir ons die Ewige lewe verkry nie, maar as Christene doen ons goeie werke uit dankbaarheid en om God se liefde aan mense te demonstreer. Laat ons dan gedurende hierdie 30 dae vir die Moslems bid:

• Dat God Sy Seun Jesus Christus en Sy toereikendheid aan hulle sal openbaar. • Vir 'n begrip van God se genade, barmhartigheid, vergiffenis en liefde in die harte van Moslems.

• Vir God se barmhartigheid oor al Sy werke en ook oor al die mense wat Hy geskep het (Ps.145:9; Ps.103:22; Ps.103:8; Ps.57:3; Ps.89:14).

• Laat ons nie met veroordeling en vrees bid nie, maar met harte vol medelye. • Laat ons bid met hoop dat God alle Moslems met Hom sal versoen deur Christus

Jesus.

• Laat ons bid dat God die Moslems sal seën en hulle genees en herstel tot 'n persoonlike verhouding met Hom.

• Bid dat hulle God as hulle Vader sal sien. Die heersende gees in Islam is 'n gees van vaderloosheid. Moslems het 99 name vir Allah, maar hy word nooit gesien as 'n God van liefde of 'n Vader nie.

Page 3: 30 Da e - Home - Jericho Wallsjwipn.com/pdf/Ramadan 2007 Booklet - AFR.pdfeffens mag verskil van land tot land. Die vastyd eindig op die eerste aanskouing van die nuwe maan, wat aan

3

• Bid vir vroue en kinders wat misbruik word en wat basiese regte in van die Moslemgemeenskappe ontneem word.

• Bid dat God Homself aan Moslems sal openbaar deur visioene, drome, tekens en wonders.

Dag 1: 13 September 2007

Oproep om gebed vir Algiers Moslems word oral in die wêreld opgeroep om vyf keer per dag te bid. In baie stede kan die oproep uit al die plaaslike moskees gelyk gehoor word. In die vroeë more word die frase: Gebed is beter as slaap by die oproep gevoeg wat die volgende woorde insluit: Allah (god) is die grootste, ek getuig daar is geen god behalwe Allah. Ek getuig dat Mohammed die Boodskapper van God is, kom om te bid, kom na voorspoed, daar is geen god behalwe Allah. (Alhoewel die woord Allah deur beide Moslems en Arabiese Christene gebruik word wanneer verwys word na die God van Abraham, Moses, Dawid en Jesus, is daar radikale verskille tussen die Moslem en Christen begrip van die karakter en geaardheid van wie God is).

• Bid vir die meer as twee miljoen mense wat in die groter Algiers woon. Daar is waarskynlik honderde Christene uit 'n Moslem agtergrond onder die Arabiere en die Berbers wat deel is van die bevolking.

• Baie jongmense in Algiers is verskeur tussen die Westerse jeug kultuur en tradisionele wortels. Bid dat hulle die Vader sal vind (Luk.15:11-32).

• Bid dat huisgroepe sal floreer in die stad en voorstede van Algiers (Hand.20:20, 21:8, 28:30, Rom.16:5).

(Jy kan na die oproep tot gebed in Arabies luister op die webruimte http://www.30daysfire.net . Meer foto's van Algiers kan gesien word op die webruimte http://www.dziria.com/photos.htm).

Dag 2: 14 September 2007

Gebed vir Beiroet Die muezzin sluit sy oproep tot gebed oor die luidspreker af. Instede daarvan om na die moskee te gaan, besluit die jongman om in sy woonstel op sy eie gebedsmat te bid. Hy doen eers die reinigingsritueel. In sy beknopte badkamer begin hy deur eerstens sy voorneme te verklaar om homself te reinig en te bid. Dan was hy sy hande drie keer tot by die gewrig. Hy spoel sy mond drie keer met water en reinig sy neusgate deur water drie keer op te snuif. Hy gaan voort deur sy hele gesig drie keer met albei hande te was van die bokant van sy voorkop tot onderkant sy ken en van oor tot oor. Hy was sy arms tot by sy elmboë drie keer en sluit af deur sy ore en albei voete te was.

• Beiroet se Moslems reinig hulleself aan die buitekant vir gebed, maar baie vind dat onregte, wonde en versoekings hulle gedagtes vul. Deur ware vrede by God te vind kan hulle vry raak om ook ander te vergewe en lief te

Page 4: 30 Da e - Home - Jericho Wallsjwipn.com/pdf/Ramadan 2007 Booklet - AFR.pdfeffens mag verskil van land tot land. Die vastyd eindig op die eerste aanskouing van die nuwe maan, wat aan

4

hê. Bid dat hulle die God sal ontdek wat waarlik reinig en vergewe (Matt.18:23-35, Rom.5:1-5).

• Bid dat die kerk in Libanon 'sout en lig' sal wees in die stad en dat God verheerlik sal word in alles wat gedoen en gesê word. Daar is 'n groot aantal nie-praktiserende 'kulturele' Christene onder die Libanese (Matt.5:14-16, Rom.12:1-2).

• God het Sy eie planne en bedoelinge met Israel, maar tog is dit vir Libanon se Moslems (en Christene) baie moeilik om Israel lief te hê of te waardeer. Bid dat die God wat beide Arabiere en Jode liefhet, ten volle deur die kruis openbaar sal word (Ef.3:6).

Dag 3: 15 September 2007

Gebed vir Riyadh, die hoofstad van Saoedi-Arabië Islam gebed bestaan uit 'n demonstrasie van respek aan God. Vir Moslems is die doel van gebed om Allah formeel te onthou en toewyding aan hom te betoon. Moslems glo dat Islamitiese gebed hulle harte reinig en hulle help om sterk te staan teen morele sonde. Alhoewel Moslems dikwels opreg soek daarna om God te vereer deur hulle gebede, soek hulle nie regtig daarna om God te ontmoet in 'n Christelike sin nie. Die kommunikasie is slegs eenrigting. Geen Moslem verwag ooit dat God met hom sal praat nie. Dit is die diepgaande verskil tussen Islamitiese en Christelike gebed.

• Bid vir die stad Riyadh. Alhoewel nie al 4,5 miljoen inwoners van Riyadh werklik vyf keer op 'n dag bid nie, bid 'n groot persentasie gereeld. Vra dat hulle almal 'n groter honger sal hê om die lewende God te ken en met Hom te kommunikeer (Jer.31:34, Joh.17:3).

• 'n Aansienlike aantal buitelandse Christene woon ook in Riyadh. Baie van hulle is bediendes en werkers, dikwels van Asiatiese agtergrond. Bid dat hulle, soos Josef en Daniël wat in vêr lande gedien het, sal kan getuig van Christus (Gen.39-41, Dan.1-2).

• Baie Moslems is besonder sensitief vir drome. Bid vir openbarings van die opgestane Messias.

Islam verduidelik Moslems glo in Allah, wat uniek, almagtig, genadig en barmhartig is teenoor alle Moslems. Die Islamitiese geloof word uitgeleef volgens vyf 'pilare' wat aangehang moet word as jy hoop op redding. Die vyf pilare is: 1. Die opsê van die geloofsbelydenis (shahada) - 'Daar is geen God behalwe Allah en Mohammed is sy profeet'.

Page 5: 30 Da e - Home - Jericho Wallsjwipn.com/pdf/Ramadan 2007 Booklet - AFR.pdfeffens mag verskil van land tot land. Die vastyd eindig op die eerste aanskouing van die nuwe maan, wat aan

5

2. Gebed (salat) - op vyf vasgestelde tye per dag. 3. Aalmoese gee (zakat) - Beide verpligtend en vrywillige gawes aan die armes. 4. Vas (saum) - Veral gedurende die 'heilige' maand Ramadaan. 5. Pelgrimstog (hajj) - Ten minste een keer in 'n leeftyd na Mekka, bekend as Hajj. Al sou 'n Moslem al hierdie pilare nakom, is daar steeds geen waarborg van vergiffenis nie. Daar is geen boetedoening vir sonde in Islam nie en Moslems glo in die algemeen dat hulle godsdienstige dade hulle kan reinig van sonde. Hulle plaas daarom die klem op goeie dade.

Dag 4: 16 September 2007

Gebed vir die Nyl-delta gebied Die Nyl-delta is een van die digsbevolkte gebiede in Egipte en in die Midde-Ooste en is die tuiste vir min of meer 32 miljoen mense wat in verskeie groot dorpe en duisende klein dorpies woon. In die gebied is twintig groot stede, elkeen met 'n bevolking van 90 000 tot 500 000 mense. Die plaaslike bevolking vermeerder elke jaar met 500 000 mense. Die oorweldigende meerderheid van die mense in die Nyl-delta is Moslems. (Vir meer inligting sien: http://www.peopleteams.org/niledelta).

• Bid vir vrymoedigheid vir alle gelowiges (beide die gevestigde sowel as nuwe gelowiges), wat tot gevolg sal hê dat die evangelie duisende kere op een dag met mense gedeel sal word.

• Bid dat gesinne almal na die Here sal kom, sodat hulle hulle huise sowel as hulle harte aan die Here sal toewy.

• Bid dat mense sal luister na die Christelike radio en die satellietuitsendings wat in die delta gehoor kan word.

Waaruit bestaan Moslems se gebedsrituele? Die volgende is 'n basiese verduideliking. Al die mans staan skouer aan skouer met hulle gesigte in die rigting van Mekka. Elkeen lig sy hande langs sy ore en hulle begin hulle gebede deur die Moslem oproep (sien 13 Sept.) op te sê. Dan resiteer die groep stil 'n gedeelte van die Koran, genoem Al-Fatiha (1ste hoofstuk genoem 'n 'sura') 'In die Naam van God, mees genadige, mees barmhartige. Lof aan God, die Here van die Wêrelde; Mees Genadige, mees Barmhartige; Meester van die Dag van Oordeel. U alleen aanbid ons en U alleen vra ons vir hulp. Wys ons die reguit pad, die pad van dié aan wie U genade betoon het, hulle wie se deel nie toorn is nie en wat nie wegdwaal nie.' Elke man konsentreer verder op sy gebede as hulle almal nog 'n deel van die Koran, genoem die Sura Al-Iklas (Hoofstuk 112), resiteer. Daarna buig die hele groep gedeeltelik en herhaal drie keer: 'Eer aan my God wat die grootste is.' Dan, terwyl hulle regop staan, sê hulle; 'God hoor die een wat Hom prys. O, ons God, alle lof aan U.' Dan buig hulle met hulle voorkop op die vloer en almal herhaal drie keer: 'Allahu Akbar, O God, Eer aan U, die Allerhoogste.' Ten slotte sê almal gelyk 'Allahu Akbar' en lig hulle bolywe op terwyl hulle op hulle knieë bly staan. Terwyl hulle 'n tweede keer neerbuig herhaal hulle drie keer; 'Eer aan my Here, Allerhoogste' en 'Allahu Akbar.' Hierdie reeks

Page 6: 30 Da e - Home - Jericho Wallsjwipn.com/pdf/Ramadan 2007 Booklet - AFR.pdfeffens mag verskil van land tot land. Die vastyd eindig op die eerste aanskouing van die nuwe maan, wat aan

6

aksies en herhaalde frases word 'n 'raka'ah' genoem (of 'n gebedsrondte). Gedurende die vyf verpligte daaglikse gebedstye voltooi Moslems gewoonlik 17 gebedsrondtes (2-4 vir elke gebedstyd). In 50 jaar sal 'n Moslem wat gereeld bid die hele gebedsritueel ten minste 300 000 keer herhaal.

Dag 5: 17 September 2007

Gebed vir Koeweit Koeweit is 'n baie klein landjie in vergelyking met die omliggende lande, met 85% Moslems en 15% is Christene, Hindoes en Zorastrianiste. Baie Christene in Koeweit glo dat die Here hulle geroep het om 'n lighuis vir die omliggende nasies te wees. 'n Geestelike leier in Koeweit skryf, 'Gedurende die afgelope nege jaar het ons gesien dat die Here 'n diep proses begin het om die einddoel van hierdie land te vervul deur die pastore van elke gemeente bymekaar te bring. Die pastore is nie besorg oor hulle plaaslike gemeentes nie, maar kyk uit na die goddelike transformasie en seën vir Koeweit.'

• Baie mense in Koeweit ontdek Christus, hoofsaaklik deur na satelliet televisie te kyk. Plaaslike Christene behoort die mense wat Christus ontdek te leer, dissipelleer en toe te rus. Bid dat hulle die Here se voorbeeld sal volg soos geliefde kinders (Ef.5:1).

• Bid dat die Here sal voortgaan om 'n koninkryksgesindheid onder die gelowiges te bou, eerder as om op die aktiwiteite van individuele gemeentes te fokus (Matt.6:33). Bid vir leiers wat Christus se voorbeeld navolg (1Tim.3:1-13).

• Bid dat gelowiges in Koeweit goddelike waardes sal uitleef in hulle besigheidstransaksies met ongelowiges (Kol.4:5).

• Bid dat God Homself aan die jonger geslag Christene en nie-Christene sal openbaar. Sommige het die geleentheid om toegewyde Christene te leer ken deur reise en uitgebreide studie in die buiteland (miskien soos die man in Hand.8:26-40). Dank die Here vir die magtiging wat ontvang is om kerkgeboue te bou.

Getuienis uit Taiwan Ahlee, 'n Indonesiër wat in Taiwan woon het gereeld Christelike aanbiddingsdienste bygewoon. Drie jaar tevore het sy teruggegaan na Indonesië om haar tuisdorp te besoek. 'n Buurvrou het haar aangemoedig om 'n armband (amulet) van 'n toordokter vir beskerming te neem. Die gevolg was dat Ahlee steeds kerk toe gegaan het en haar Indonesiese Bybel gelees het, maar geestelik baie min gegroei het. Een dag het sy 'n voormalige Boeddhis in die kerk ontmoet. Hy het aan haar verduidelik dat hy ook 'n armband gehad het, maar dit weggegooi het toe hy besef het dat dit sy verhouding met Christus benadeel. Daarna het sy lewe verander. Ahlee het sy advies gevolg en haar amulet weggegooi. Sy het haar geloof alleen in Christus geplaas en ware lewe gevind.

Page 7: 30 Da e - Home - Jericho Wallsjwipn.com/pdf/Ramadan 2007 Booklet - AFR.pdfeffens mag verskil van land tot land. Die vastyd eindig op die eerste aanskouing van die nuwe maan, wat aan

7

Dag 6: 18 September 2007

Gebed vir Katar Ons sê dankie vir so baie wat in Katar gebeur het sedert die eerste keer vir '30 Dae' gebid is in 1998. In Mei 2005 het verteenwoordigers van verskeie Christelike kerke 'n ooreenkoms met die regering van Katar onderteken vir 'n 50 jaar huurkontrak vir 'n groot eiendom in die hoofstad Doha, waarop hulle ses kerkgeboue op hulle eie onkoste wil bou. Die nuwe grondwet maak uitdruklik voorsiening vir vryheid van aanbidding, vryheid van samekoms en openbare byeenkomste, alhoewel daar sommige beperkings is. Katar is miskien die beste bekend as die tuiste van Al-Jazeera, die omstrede nuuskanaal wat in Arabies uitsaai op satelliet televisie. Katar (900 000 mense waarvan meer as 90% Moslems is) het die potensiaal om tot 'n derde van die wêreld se natuurlike gas hulpbronne te voorsien. Al hierdie dinge het Katar een van die wêreld se rykste lande gemaak.

• Bid vir die kerk bouprojek in die hoofstad Doha. Daar was oponthoude en sommige Moslem media het beswaar gemaak teen die projek.

• Bid dat die nominalisme, immoraliteit en on-geestelike gedrag in die Christelike gemeenskap baie sal afneem. Dit is die enigste manier waarop hulle die Moslems se respek sal afdwing en ware goddelike verandering in die land sal teweegbring.

• Bid vir goeie en doeltreffende joernalistiek deur die Al-Jazeera nuuskanaal en dat baie Christus sal kies. Die Arabiese wêreld word grootliks deur hierdie uitsendings beïnvloed.

Dag 7: 19 September 2007

Gebed vir Tunisië se Moslems Tunisië bly buite die internasionale nuus. Tunisië word gekenmerk deur stabiliteit en voorspoed. Beide Islam en sekularisme beïnvloed die denke en waardes van die meeste Tunisiërs. Dit is relatief maklik om met Tunisiërs oor die evangelie te praat, alhoewel baie nie belangstel in geestelike dinge nie. Sommige wat genesing en bevryding in die Naam van Jesus Christus ervaar het, erken dat Jesus hulle lewens verander het, maar gee steeds nie hulle lewens aan Hom oor nie. Ander verklaar hulle geloof, maar maak nie 'n oorgawe nie.

• Die vrees vir vervolging eerder as werklike vervolging is 'n groot kwessie vir die meeste gelowiges. Alhoewel direkte vervolging en inhegtenisname deur die polisie seldsaam is, vrees baie gelowiges om uitgestoot te word deur hulle familie en vriende. Bid vir eenheid en vertroue onder plaaslike gelowiges.

• Bid vir hulle wat Christus deur genesings, drome en bevryding ervaar het,

Page 8: 30 Da e - Home - Jericho Wallsjwipn.com/pdf/Ramadan 2007 Booklet - AFR.pdfeffens mag verskil van land tot land. Die vastyd eindig op die eerste aanskouing van die nuwe maan, wat aan

8

om werklik 'n oorgawe aan Christus te maak (Ef.5:11-20).

• Bid vir wysheid vir regeringsleiers, veral om die land te beskerm teen radikale Islamisme (Rom.13:1-5).

Twee getuienisse uit die Xinjiang Provinsie in Sjina 'n Christen wat in 2006 in Xinjiang studeer het, het saam met 'n plaaslike jongman in 'n slaapsaal geslaap. Sy plaaslike kamermaat het kort tevore 'n gelowige geword, nadat hy Jesus in 'n droom ontmoet het, maar hy het nie die Bybel verstaan nie. So het die Christen sy mentor en leermeester geword. Hulle het hulle elke dag in die Waarheid verdiep. In 2007 het die Christen teruggegaan na Xinjiang en ontdek dat die man reeds 'n groep gelowiges begin het, maar hy was bang dat sy Moslem familie daarvan sou uitvind en hom doodmaak. 'n Christen het 'n Uyghur broer in Xinjiang ontmoet. Die Uyghur man vertel toe dat hy Matteus 6:12 gelees het: ' en vergeef ons ons oortredings soos ons ook dié vergewe wat teen ons oortree;' het hy dadelik almal wat iets aan hom geskuld het bymekaar geroep en vir hulle gesê, 'Aangesien Jesus al my skuld vergewe het, vergewe ek ook julle skuld.' Al hierdie mense het dadelik in Jesus geglo. Bid asseblief vir hierdie en ander Christene in Sjina vir groei in hul kennis van God en dat hulle sy liefde persoonlik sal ervaar.

Fokus op Oos en Sentraal–Asië: Dag 8-13

Dag 8: 20 September 2007

Gebed vir die Donxiang van Sjina Die Donxiang mense is die vierde grootste van Sjina se tien Moslemgroepe. Die grootste konsentrasie van die Donxiang woon in die ruwe, droë berge van die Gansu provinsie, ander word gevind in die Qinghai, Ningxia en Xinjiang provinsies in die noord-weste van Sjina, suid van Mongolië en noord-oos van Tibet. Deur die geslagte het hulle vermeng met Han, Mongoolse, Hui en Tibetaanse mensegroepe. As gevolg van hulle afgesonderdheid in die afgeleë noord-weste van Sjina vir etlike eeue, het die Donxiang hulle eie ongeskrewe taal gevorm wat verwant is aan die Mongoolse taal. Volgens die regering se statistieke is die Donxiang van die armste en mins geletterde van Sjina se 55 etniese minderhede. Daar is moontlik 200 Christene onder die Donxiang, maar die meeste van hulle is nie in huisgroepe of gemeentes georganiseer nie. (Sien 'n International Herald Tribune artikel deur Jim Yardley: http://www.iht.com/articles/2006/03/07/news/china.php).

• Vra die Here om Sjinese Christene te stuur om tussen die Donxiang te woon en die evangelie aan hulle te verkondig. Mag daar ook geleenthede wees om hulle te help met mediese, opvoedkundige, sosiale en landbou projekte.

• Bid dat die Here die harte van die Donxiang sal oopmaak sodat hulle in Sy koninkryk kan kom.

Page 9: 30 Da e - Home - Jericho Wallsjwipn.com/pdf/Ramadan 2007 Booklet - AFR.pdfeffens mag verskil van land tot land. Die vastyd eindig op die eerste aanskouing van die nuwe maan, wat aan

9

• Bid vir deeglike dissipelskap van die Donxiang gelowiges sodat hulle kan vrug dra in hulle gemeenskappe.

Dag 9: 21 September 2007

Gebed vir die Moslem Kasakke van Wes-Mongolië Die nomadiese Kasakke het sedert die 19de eeu in die hoë berge en valleie van Wes-Mongolië met hulle kuddes geswerf. Vandag is die Kasakke in die provinsie Bayan-Olgi om en by 87 000 of omtrent 88% van die provinsie se bevolking, terwyl hulle oor die land slegs 4% van die totale Mongoolse bevolking (ongeveer 110 000 mense) verteenwoordig. Tradisioneel is die Mongoolse Kasakke Sunni Moslem terwyl die res van die bevolking geassosieer word met Tibetaanse Boeddhisme. Sedert die 1990's het 35 000 tot 50 000 Mongole Christus aangeneem. Voorheen was slegs 'n paar dosyn Christene. Die Kasakke in Bayan-Olgi het tot dusver onaangeraak gebly deur hierdie gebeure.

• Bid dat die evangelie op 'n kultureel sensitiewe manier aan die Kasakke van Mongolië verkondig sal word en dat hulle hulle hoop in God sal plaas (Jes.40:31).

• Bid dat Mongoolse Christene en ander opnuut pogings sal aanwend om die Goeie Nuus van die Messias na die Kasak minderheid in Wes-Mongolië te neem.

Getuienis uit Kirghizstan 'n Groep Christene is gevra om vir die siekes in 'n Kirghizstanse hospitaal te bid. Na aanvanklike probleme is die groep binne die hek toegelaat. Die bestuurder het gesê, 'Ek mag julle nie binne ons hospitaal gebou toelaat nie, maar ek kan nie die geleentheid laat verby gaan dat sommige van hierdie mense dalk genees word nie. Baie pasiënte is toe uit die hospitaal gebring en onder groot bome laat sit. Tussen hulle was 'n ou vrou wat die groep se

aandag getrek het. Sy het na 'n venster op die 2de vloer gewys en gesê, 'Dit is my kamer. Een jaar gelede het ek op my bed gelê toe 'n man deur die muur geloop het en by my bed kom staan het. Hy het gesê, 'My naam is Jesus. Jy ken my nie nou nie, maar na een jaar sal ek my diensknegte stuur en hy sal jou van my vertel.' Die vrou het verder gesê, 'Vandag is presies een jaar later en nou het julle my van Jesus vertel, maar ek is 'n Moslem. As ek hierdie Jesus aanneem sal die enigste familie wat ek het teen my draai.' Iemand in die groep het gesê, 'Maar Jesus sal jou die Ewige lewe gee.' Die vrou het uiteindelik haar sonde bely en in geloof Jesus aangeneem en sy is genees.

Dag 10: 22 September 2007

Gebed vir Balkh en Mazari Sharif (Stede in Noord-Afganistan) Die Balkh provinsie in Noord-Afghanistan het 'n bevolking van 1,6 miljoen met die Oesbekis en Tadjiks in die meerderheid, alhoewel daar betekenisvolle Hazara en Pashtun minderhede

Page 10: 30 Da e - Home - Jericho Wallsjwipn.com/pdf/Ramadan 2007 Booklet - AFR.pdfeffens mag verskil van land tot land. Die vastyd eindig op die eerste aanskouing van die nuwe maan, wat aan

10

is. Mazari is die provinsiale hoofstad met ongeveer 240 000 inwoners. 'n Mens kan die beroemde Blou Moskee (Rawze-e-Sharif) wat in die 14de eeu gebou is, in die middel van die stad besoek. Die stad het 'n belangrike bestemming vir pelgrimstogte van Shiite (Shi'a) Afghane geword en ook van baie Sunni pelgrims, veral gedurende Nauroz ('n 40 dae Nuwejaar feesviering wat volgens die Persiese kalender op 21 Maart begin).

• Bid dat pelgrims na die Blou Moskee wat genesing, vryheid en wysheid soek, Jesus persoonlik sal ontmoet.

• Bid dat die nuwe gelowiges in die gebied gesonde en lewegewende verhoudings sal bou en vir oop deure om invloed uit te oefen en te getuig. Bid veral dat die stad Balkh (vandag Wazirabad) 'n Christelike getuienis sal kry.

• Die politieke en militêre situasie in Afghanistan bly onstabiel. Nasionale en plaaslike leiers het moed, ywer en wysheid nodig om goed te regeer in die huidige omstandighede.

Dag 11: 23 September 2007

Gebed vir die Uyghurs van Xinjiang Die Uyghurs is 'n Turkse bevolkingsgroep wat woon in antieke stede rondom oases van die Taklamakan woestyn, wat nou bekend is as Xinjiang, Sjina. 'n Bevolking van 10 miljoen is versprei oor 'n gebied so groot soos Frankryk, Duitsland, Spanje en die Verenigde Koninkryk saam, met slegs 'n geraamde 150 volgelinge van Jesus Christus. Daar is ernstige spanning tussen die Sjinese regering en die Uyghur bevolking, onder andere oor die regering se ateïstiese Kommunistiese gesindheid teenoor Islam.

• Bid dat die Here die demoniese owerhede en magte sal verbreek wat die verspreiding van die evangelie verhinder om die Uyghur mense vry te maak met die vryheid wat slegs Christus kan bring.

• Bid veral vir 'n deurbraak in die stad Kashgar. • Bid vir die voltooïing van die Bybel in Uyghur en dat die mense dit sal kan bekom. Die Nuwe Testament vertaling is onlangs voltooi, maar baie dele van die Ou Testament moet nog vertaal en gepubliseer word. Die Uyghur Bybel is onwettig in Xinjiang.

Dag 12: 24 September 2007

Gebed vir Nuristan in Afghanistan Die mees ontoeganklike provinsie in Afghanistan, Nuristan, vorm die ruggraat van die Hindu Kush bergreeks in Noord-Afghanistan. Moeilike toegang en die langtermyn vyandelikheid met die naburige Pashtun stamme, het die isolasie van die Nuristan mense vererger. Die gebied is steeds feitlik heeltemal onontwikkel. In 1865 het twee Pastun gelowiges hulle lewens gewaag om die evangelie na die Nuristan mense te neem. In daardie tyd was die Nuristan 'n eiland

Page 11: 30 Da e - Home - Jericho Wallsjwipn.com/pdf/Ramadan 2007 Booklet - AFR.pdfeffens mag verskil van land tot land. Die vastyd eindig op die eerste aanskouing van die nuwe maan, wat aan

11

van animisme in 'n oënskynlik onbeperkte see van Sentraal-Asiese Islam. Die boodskap is met entoesiasme ontvang en die Nuristan het 'n uitnodiging gerig aan leraars van die Goeie Nuus om weer te kom en meer te vertel. Dis tragies, maar niemand het ooit teruggekom nie. Dertig jaar later, moontlik deur inligting van die Britte te gebruik, het die Amir van Kabul die Nuristan binnegeval en die mense met die swaard gedreig om tot Islam te bekeer.

• Bid vir toegang vir meer werkers, veral mediese personeel, wat gewillig is om in moeilike plekke te dien. Bid vir begrip, beskerming en wysheid vir die werkers.

• Bid vir kontakte met eerbare en vredeliewende mense wat deure kan oopmaak vir die evangelie (Matt.10:11).

• Bid vir drome en visioene van Jesus om die Nuristan voor te berei vir Sy boodskap.

Dag 13: 25 September 2007

Gebed vir buitelandse Moslemwerkers in Taiwan Taiwan het 'n bevolking van omtrent 22 850 660 waarvan omtrent 3% Christene is. Islam het Taiwan die eerste keer in die 17de eeu bereik. In 1949 het sowat 20 000 Moslems, meestal soldate en staatsdienswerkers, uit Sjina gevlug na Taiwan. Twee moskees is in die stede Taipei en Kaohsiung gebou om aan die behoeftes van die Moslemgemeenskap te voldoen. In 1989, om 14 groot konstruksie projekte uit te voer, het die Taiwanese regering buitelandse werkers gewerf om die arbeidstekort op te los. Sedert daardie tyd het die gebruik van buitelandse werkers 'n groot bron van goedkoop arbeid in Taiwan geword. Sommige Taiwanese gemeentes en bedieninge het uitgereik na die verskillende etniese groepe. Hulle benodig Bybels en ander literatuur in verskillende tale. Baie Taiwanese Christene gebruik ook buitelandse werkers in hulle huise.

• Bid dat die Here meer Taiwanese Christene sal laat uitreik na die Moslems rondom hulle.

• Bid dat die Here meer plaaslike Christenwerkers sal oprig wat gewillig sal wees om die tale en kulture van die buitelandse werkers te leer sodat hulle verhoudings kan bou met die doel om hulle na Christus te lei.

• Bid dat die Here die harte van groot getalle buitelandse werkers sal oopmaak vir die evangelie.

• Bid dat die nodige Christelike literatuur, brosjures, traktaatjies, klank en videomateriaal in verskillende tale beskikbaar sal raak.

Getuienisse uit die Verenigde State Haitham was 'n sagteware ingenieur wat met Jessica, 'n vrou uit 'n Christelike agtergrond, getrou het. Selfs toe sy uiterlik Islam aangeneem het, het Jessica se Christenfamilie gereeld

Page 12: 30 Da e - Home - Jericho Wallsjwipn.com/pdf/Ramadan 2007 Booklet - AFR.pdfeffens mag verskil van land tot land. Die vastyd eindig op die eerste aanskouing van die nuwe maan, wat aan

12

vir haar en Haitham gebid. Jessica se vader het gereeld teenoor Haitham getuig en 'n egte wandel met Christus uitgeleef. Die gevolg was dat Haitham meer godsdienstig geword het. Hy het die Koran hardop gelees en het weer gereeld begin bid. Hy het 13 keer die pelgrimstog na Mekka onderneem, op soek na vrede. Hy het selfs van 'n verlate heuwel in Saoedi- Arabië na God geroep: 'God van Abraham! As U werklik is, openbaar Uself aan my!' En dit is presies wat God gedoen het. Toe Haitham die Nuwe Testament begin lees, het hy die belangrikheid van Christus besef. Wat hy gelees het is bevestig deur 'n reeks drome en visioene. Teen daardie tyd het sy vrou reeds Islam verlaat en weer haar lewe aan Christus toevertrou. Een Sondag het sy Haitham uitgenooi om saam met haar kerk toe te gaan. Tydens die diens het God met Haitham gepraat en hy het daardie môre sy lewe aan Christus gegee. Hy en sy vrou werk nou albei in hulle tuisdorp vir die Here. Maryam, 'n Shiitiese Moslem hoërskoolleerling het verlang na vrede en aanvaarding, dinge wat sy nie in haar onstabiele huislike omgewing en die Moslemgemeenskap ervaar het nie. Toe haar ouer suster 'n plaaslike Christelike jeuggroep begin besoek het, was Maryam nuuskierig, maar bekommerd dat haar suster Islam gaan verlaat. By die skool het die ander Moslemleerlinge haar suster berispe, Maryam het probeer om haar te verdedig, maar sy het geen oortuigende argumente gehad nie. Een dag het Maryam haar suster gevra of sy kon saamgaan na die jeugbyeenkoms. Daar het sy ware Christene ontmoet wat vir haar lief was en die ware leerstellings van Christus vir haar gewys het. Ander het tyd geneem om versigtig en deeglik haar vrae oor die lewe van Christus en die leerstellinge van die Bybel, te beantwoord. Agt jaar later, na 'n radikale verandering in haar lewe en te midde van teenstand van haar Moslem-familie, dien sy Jesus in 'n Moslem-omgewing.

Fokus op Europa en die Amerikas: Dag 14-17

Dag 14: 26 September 2007

Gebed vir die Republiek van Georgië Die Republiek van Georgië grens aan die Swart See met 'n bevolking van 4 661 473 waarvan 83.9% Ortodokse Christene is, 5,5% van ander Christelike affiliasie is, 9,9% Moslem en 0,7% Ateïste/Agnosties. Daar is drie hoof Moslem bevolkingsgroepe in Georgië: etnies Azeris (in die landelike streke van Tbilisi), etnies Georgiese Moslems of Ajara (in die suid-weste) en etnies Chechen Kists (in die noord-ooste). Elkeen van hierdie hoof mensegroepe het 'n bepaalde geskiedenis. Islam het steeds 'n baie duidelike invloed in die streek. Daar is verskeie madrassahs (Moslem godsdienstige skole) in Georgië.

• Bid vir die Azeri. Die Bybel en die JESUS-Film is beskikbaar is die Azeri taal, maar die evangelie moet op 'n kultureel doeltreffende manier gebring word met die klem op dissipelskap.

• Bid vir die Kists en die Moslems van die Ajaria gebied. Bid vir wysheid, guns en geleenthede vir Christene wat in die gebied uitreik (1Kor.16:9).

• Bid vir Christene. Verhoudings tussen die Georgiese Ortodokse Kerk en

Page 13: 30 Da e - Home - Jericho Wallsjwipn.com/pdf/Ramadan 2007 Booklet - AFR.pdfeffens mag verskil van land tot land. Die vastyd eindig op die eerste aanskouing van die nuwe maan, wat aan

13

Protestantse gemeentes was nie altyd positief nie. Liefde, wedersydse respek en groter begrip is nodig. Mag Christene versterk word in hulle geloof, werk en getuienis (Joh.17:17-21).

Dag 15: 27 September 2007

Gebed vir die Mirpuris in Brittanje Mense wat hulle oorsprong het in die Mirpur distrik in Pakistan vorm omstrent 70% van die Pakistanse bevolking van omtrent 747 000 in Brittanje. In die laat 1950's en vroeë 1960's het die Pakistanse regering beplan om die Mangla Dam in die Mirpur ongewing te bou en hulle het duisende plaaslike mense gevra om te trek. In daardie tyd het die Britte mannekrag nodig gehad, hoofsaaklik vir hulle tekstielfabrieke en dit het die deur oopgemaak vir talle Mirpuris om te emigreer. Baie van die verplaasde Mirpuris het na Brittanje verhuis en in fabrieke begin werk, meestal in Bradford, Engeland. Meer as die helfte van sommige dorpies het na die Verenigde Koninkryk verhuis om hulle in die nywerheidstede te vestig. Die Mirpuris is steeds 'n grootliks onbereikte groep. Daar is net enkele gelowiges onder hulle in Brittanje. Sommige van hulle het erge vervolging en lyding beleef.

• Bid dat meer Britse Christene sal uitreik na die Mirpuris en dat baie vir hulle sal begin bid. Bid ook dat Christelike werkers vanoor die wêreld gewillig sal wees om onder hulle te kom bedien.

• Bid vir die enkele kruis-kulturele werkers wat wel onder die Mirpuris werk vir wysheid oor hoe om hulle doeltreffend te bereik. Vra dat hulle spoedig 'n geestelike deurbraak onder die Mirpuris sal sien.

• Bid vir die paar Mirpuri gelowiges vir beskerming en dat hulle die evangelie met kulturele sensitiwiteit en insig sal kan deel. Vra ook vir die vestiging van groepe waar Mirpuri Moslem-agtergrond gelowiges die Here saam kan aanbid.

Islam verduidelik: Sunni Moslems: Maak daarop aanspraak dat hulle in die eerste plek die woord van God in die Koran volg en die tradisies van Mohammed, eerder as menslike leiers. (Sunnis verteenwoordig meer as 80% van alle Moslems wêreldwyd). Shi'a (Shiite) Moslems: Die Shiite glo dat Mohammed sy skoonseun Ali, aangewys het om hom op te volg as leier van die Moslem gelowiges. Hulle glo dat die wettige leiers van Islam die nakomelinge van Ali is. (Shiite verteenwoordig omtrent 15% van alle Moslems wêreldwyd). Daar is sterk verskille tussen die twee groepe en verskeie lande loop ernstig deur onder oorlog en geweld as gevolg van hierdie verskille.

Page 14: 30 Da e - Home - Jericho Wallsjwipn.com/pdf/Ramadan 2007 Booklet - AFR.pdfeffens mag verskil van land tot land. Die vastyd eindig op die eerste aanskouing van die nuwe maan, wat aan

14

Dag 16: 28 September 2007

Gebed vir Moslem Koerde in Kanada Omtrent ses duisend Koerde woon nou in Suidelike Ontario, Kanada. Die meeste Koerde in Hamilton kom van Noord-Irak. Meer as 90% van die Koerde in Hamilton is uit 'n Moslem agtergrond, alhoewel sommige kommuniste of ateïste is en 'n paar is Zoroastriërs. Baie Kanadese Koerde het deesdae hulle Moslem identiteit afgeskud, met 'n paar wat selfs daarteen gedraai het. Alhoewel hulle steeds in God glo is hulle agterdogtig teenoor enige godsdiens. In die laaste jare het sommige plaaslike Christene pogings aangewend om Christus te verkondig aan die Koerde van Ontario en het probeer om 'n Koerdiese huiskerk beweging te vestig.

• Alhoewel daar 'n oopheid vir die evangelie is en sommige Koerde hul geloof in Christus verklaar het, is baie teensinnig om hulle te verbind. Bid asseblief dat die Here baie Koerde sal lei om Christus te ontdek en hulle nuutgevonde geloof op 'n Koerdiese manier uit te lewe.

• Bid dat Kanadese gelowiges hulle Koerdiese vriende sal kan wys hoe om Christus te volg. Mag die Here Jesus Christus geëer word deurdat Koerde die Weg, die Waarheid en die Lewe vind (Joh.14:6).

• Bid dat God drome en visioene sal stuur sodat die Koerdiese gemeenskap hulle geestelike behoefte sal insien en God se voorsiening deur Christus sal aanneem.

Dag 17: 29 September 2007

Gebed vir Guyana, Suid-Amerika Guyana is die tuiste van enorme groot reënwoude, riviere en watervalle. Met net meer as driekwartmiljoen mense is Guyana 'n kulturele mengsel van verskillende etniese groepe, met 10% Moslems, 35% Hindoes, 5% ander godsdienstige affiliasies en 50% Christene (alle denominasies). Die eerste Moslems wat na Guyana gekom het was waarskynlik Fulanis uit Afrika. Ten spyte daarvan dat hulle 'n minderheidsgeloof is in 'n land waar die helfte van die bevolking hulleself as Christene identifiseer, het Islam daarin geslaag om 'n hoë profiel te handhaaf. Die voormalige President Hamilton Green het volgens berig hom tot Islam bekeer en in 1998 het Guyana amptelik aangesluit by die Organization of Islamic Conference (CIO). (Sien die CIO Guyanese webruimte by http://www.ciog.org.gy).

• Bid dat positiewe Christelike musiek en TV uitsendings uitgesaai kan word en dat die Moslem jongmense daardeur beïnvloed sal word.

• Daar is 'n aantal Bybelkolleges in Guyana. Bid vir die opleiding van gelowiges wat ook die Moslems kan bereik. Sommige Moslems het tot geloof in Christus gekom.

Page 15: 30 Da e - Home - Jericho Wallsjwipn.com/pdf/Ramadan 2007 Booklet - AFR.pdfeffens mag verskil van land tot land. Die vastyd eindig op die eerste aanskouing van die nuwe maan, wat aan

15

• Ernstige misdaad is 'n toenemende probleem. Bid dat God se beginsels aan jongmense geleer kan word en dat die jeug bewaar sal word van dwelms en bendes.

Getuienis uit Maleisië Mense uit Islamitiese agtergrond vind hulleself soms in kultusgroepe. 'Rob" ('n skuilnaam) het betrokke geraak in so 'n groep bekend as 'Sky Kingdom' wat in die noorde van Maleisië gevestig is. Die groep het 'n soort eenheid tussen alle godsdienste verkondig. In Februarie 2005, het 'n Christen begin getuig teenoor Rob, wat graag die waarheid wou leer ken. Rob was van jongs af baie betrokke by die kultusgroep en is selfs opgelei in wit en swart magie (toordery), maar hy was nie tevrede nie. Uiteindelik in die somer van 2005 is hierdie groep onwettig verklaar deur die Maleisiese regering. Godsdienspolisie het kultuslede gesoek in die omgewing van die kultushoofkwartier. Die groep se lede het almal gevlug, Rob ook. Uiteindelik, vasgekeer deur die polisie met honde, hy het geweet sy lewe is in gevaar. Hy het probeer om sy kennis te gebruik om te ontsnap, maar hy kon nie. Rob het uiteindelik tot Jesus geroep; 'Isa ('n Moslem term vir Jesus) as U God is, verlos my nou!' binne minute het hy gevoel of hy opgelig word en buitekant die gebied van die polisie se soekgeselskap gegooi word. 'n Dorpenaar met 'n motorfiets het hom ver weggeneem. Van daardie oomblik af het hy begin glo dat Isa werklik die Here is en hy wou meer van hom leer. Later het baie van sy vriende ook begin glo in die Messias Jesus.

Fokus op Suid-Oos Asië: Dag 18-20

Dag 18: 30 September 2007

Gebed vir Singapoer: Die Leeu stad Singapoer bestaan uit 62 klein eilande en een groot eiland (600vk km) net suid van Maleisië. Dit het die hoogste lewensstandaard is Asië (11de wêreldwyd), 'n bevolking van 4,5 miljoen mense, waarvan 40% Boeddhiste is, 15% het geen godsdienstige affiliasies nie, 13,9% is Moslem en 15% is Christene. Die regering handhaaf 'n semi-amptelike verhouding met die Moslem gemeenskap deur die Islamic Religious Council (MUIS). 'n Christen het onlangs die geleentheid gehad om te bid vir 'n Maleisiese Moslem en om die evangelie aan hom te bring. Hy het openlik geluister, maar wou nie 'n besluit vir Christus neem nie.

• Bid dat die Here plaaslike Christene die geleenthede, opleiding en die vermoë sal gee om Christus aan die Maleisiërs, Pakistani, Indiërs en ander gemeenskappe op toepaslike manier (Jes.60:1-3), te verkondig en vir 'n openheid by die mense om die boodskap te ontvang.

• Bid dat Christene daarin sal slaag om verhoudings te bou met Moslems om sodoende die pad vir hulle oop te maak om die goeie nuus te hoor (Rom.10:14).

• Bid dat gelowiges wat in besighede betrokke is in staat sal wees om die evangelie met hulle Moslem sakemanne te deel (Ps.49:6-8).

Page 16: 30 Da e - Home - Jericho Wallsjwipn.com/pdf/Ramadan 2007 Booklet - AFR.pdfeffens mag verskil van land tot land. Die vastyd eindig op die eerste aanskouing van die nuwe maan, wat aan

16

Getuienis uit Indonesië 'n Indonesiese egpaar uit 'n Moslem agtergrond het Christene genooi om hulle te help met hulle besigheid. Die Christene het uiteindelik hulle oortuigings met die Moslem egpaar gedeel. Die man en vrou het tot bekering gekom en het selfs begin om Christelike byeenkomste in hulle huis te hou.Later was daar sterk teenstand van die dorp se leier wat die egpaar verbied het om die Christene te sien. Die man en vrou was verplig om 'n afstand te reis om hulle Christenvriende te sien. Die hele dorpie was Moslem en ander mense het spoedig ook deelgeneem aan die teenstand/vervolging. Die egpaar se besigheid van rysverkope het daaronder gely. Spoedig wou niemand by hulle rys koop nie en hulle geloof is werklik op die proef gestel. Vir een maand is hulle inkomste baie verminder, maar die vrou se geloof was sterk en sy het geglo dat God hulle sal help. Die volgende maand het sy rys verkoop soos nog nooit tevore nie; die egpaar het meer wins gemaak as in baie vorige maande. Hulle het God se getrouheid ervaar!

Dag 19: 1 Oktober 2007

Gebed vir Semarang en die Noordkus van Java Die Indonesiese eiland Java, is met 'n bevolking van 124 miljoen mense, die digbevolkste eiland in die wêreld. Meer as 90% van die inwoners is Moslem - wat omtrent 10% van die wêreld se Moslems verteenwooordig. Die Jawa Pesisir Lor mense wat in en rondom Semarang woon is bekend as die Jawa Pesisir Lor. Hulle is net een van honderde etniese groepe in Indonesië, maar hulle is 'n baie belangrike groep as gevolg van hulle getalle en Islam verbintenis. Die Jawa Pesisir Lor bevolking van omtrent 18 600 000 is in twee groepe verdeel, wes en oos van die kusstad Semarang. Die meerderheid is Sunni Moslems, maar daar is ook sommige Sufis tussen hulle.

• Bid vir manne en vroue wat vrede bring om deure oop te maak in die Islamitiese gemeenskap in Semarang en tussen die Jawa Pesisir Lor mense. Letterlik honderde kerkgeboue is afgebrand en duisende gelowiges vervolg in Indonesië. Ongelukkig assosieer Moslems dikwels Christenskap met die immorele gedrag van sommige nominale Christene. Bid dat ware gelowiges meer sigbaar sal raak en guns sal vind by die Moslems (Hand.2:42-47).

• Bid dat meer godsdiensleiers en leraars Christus sal leer ken en hulle volgelinge sal beïnvloed vir die koninkryk van God (Hand.6:7).

• Bid dat die liefde en genade van die Here Jesus die Messias (Isa Al Masih soos hulle Hom noem) meer en meer sigbaar sal word en dat die argumente wat valslik opgerig word teen die Here en Sy volgelinge vernietig sal word (2Kor.10:3-5, Matt.10:16).

Page 17: 30 Da e - Home - Jericho Wallsjwipn.com/pdf/Ramadan 2007 Booklet - AFR.pdfeffens mag verskil van land tot land. Die vastyd eindig op die eerste aanskouing van die nuwe maan, wat aan

17

Dag 20 – 2 Oktober 2007

Gebed vir Brunei: Die ryk nasie wat Christene onderdruk Die klein landjie, Negara Brunei Darussalam, beter bekend as Brunei, in Suidoos-Asië, het 'n Moslemland geword in die 15de eeu. Brunei is baie ryk aan olie en die Sultan is een van die rykste mense in die wêreld. Die regering vorder nie belansting in nie, maar verskaf gesondheidsdienste, pensioene, opvoeding en hulp vir mense wat dit nie kan bekostig nie, hulp om die Hajj na Mekka te onderneem. Die nasionale grondwet verklaar, 'Die godsdiens van Brunei Darussalam sal die Moslem godsdiens wees.' Die Islamitiese Shari'a wet in Brunei vervang siviele wet en dit reguleer alle aspekte van die lewe. Die lewe is moeilik vir Christene in Brunei. Evangelisasie is streng verbode. Indonesiese Christelike uitsendings, wat opgevang kan word in Brunei, help tog. Alhoewel dit nie moontlik is om Bybels of Christelike boeke binne die land te koop nie, kan Christelike literatuur vir persoonlike gebruik ingeneem word van naburige Maleisië.

• Bid vir die sensitiewe situasie van buitelandse Christene wat in Brunei werk. Bid dat hulle lewens 'n voorbeeld sal wees vir die mense om hulle.

• Bid vir 'n roering in die harte van die mense. Mag Jesus homself openbaar deur drome en visioene. Mag die Here op maniere werk soos net Hy kan om mense na Homself te trek.

• Bid vir die koninklike familie en hulle invloed op elke vlak. Dink aan die Sultan se 'tweede' vrou, Azrinaz Makar Hakim; Kroonprins Billah en sy vrou Sarah (Hand.16:31). Die parlement het nou weer begin vergader nadat dit vir 20 jaar gesluit was.

Getuienis uit Kenia Stel u voor 'n Somali Moslemvrou in haar tradisonele klere kom u kerkdiens binne en wag net vir 'n geleentheid om vorentoe te gaan en 'n oorgawe aan Jesus te maak? Wat sou u doen? Dit is presies wat in 'n kerk in Nairobi gebeur het aan die begin van Ramadaan verlede jaar. Baie kerklidmate was waarskynlik baie verbaas om die Moslem kleredrag te sien en hulle moes gewonder het, 'Is dit 'n terroris wat die kerk binnesypel? Wat gaan ons doen as sy moeilikheid gaan maak tydens die diens? Wat dan? Maar die vrou het vorentoe gegaan en haar geloof in Christus verklaar. Sy het later aan die plaaslike gelowiges vertel, 'Ek het lankal gewag vir 'n geleentheid om 'n Christen te word. Ek gee nie om dat dit die heilige maand van vas, Ramadaan is nie. Ek wil Christus nou aanneem.' Terwyl sy later haar vreugde met 'n ander Christen gedeel het, het sy haar arms opgelig en uitgeroep, 'Ek is vry! Ek is 'n vry vrou!' Plaaslike Christene het haar ook gehelp om ander Somalivroue wat Christus aangeneem het, te ontmoet en sy was so verbaas om te sien dat daar ook ander was.

Page 18: 30 Da e - Home - Jericho Wallsjwipn.com/pdf/Ramadan 2007 Booklet - AFR.pdfeffens mag verskil van land tot land. Die vastyd eindig op die eerste aanskouing van die nuwe maan, wat aan

18

Dag 21: 3 Oktober 2007

Gebed vir Djiboeti in Oos-Afrika Die Republiek van Djiboeti is die tweede kleinste land in Afrika met 94% Moslems. Die land gaan gebuk onder ten minste 50% werkloosheid. Onder die Somaliërs (meestal Issas) is daar 'n paar klein groepies Christene wat ook bymekaar kom. Hulle vertel van wonderlike drome oor hoe die Messias Sy Woord aan hulle oorhandig terwyl Hy hulle water gee om te drink en vrugte om te eet en vir hulle vertel dat Hy vir hulle sal sorg. Drome is baie belangrik vir die Somaliër gelowiges want hulle kan dikwels nie lees nie.

• Bid dat die stad Djiboeti 'n hawe van vrede en 'n lighuis wat inskyn in Somalië, Etiopië en die Midde-Ooste sal word.

• Verskeie Christene kon praktiese hulp verleen met onderwys, geletterdheid, landbou en vertalingsprogramme. Bid dat hierdie pogings baie vrug sal dra.

• Bid vir die vestiging van inheemse gemeentes onder die Afars en die Somaliërs. Daar is daaglikse Christelike uitsendings in beide tale.

• Volgens Operation World, is Darfur een van die mins-geëvangeliseerde gebiede op die aarde. Uit die meer as 6 miljoen mense, in 35 mensegroepe, is daar minder as 500 Christene. Bid vir 'n openbaring van Jesus deur drome, visioene en deur proklamasie van die Woord van God.

Dag 22: 4 Oktober 2007

Gebed vir vryheid in Liberië Liberië is 'n etnies en godsdienstig 'n land van verskeidenheid. Dit bestaan uit 16 hoofstamme en 5% van die bevolking word na verwys as Americo-Liberians. Baie Moslems wat in die hoofstad Monrovië woon het van ander lande na Liberië gekom. Hulle teenwoordigheid is baie sigbaar met baie moskees, Islamitiese Skole en mense wat tradisionele Islamitiese kleredrag dra. Islam is beslis besig om te groei in Liberië. Die kerk is in die embrio-stadium, beide wat grootte en diepte van Christelike ervaring betref. Die heidendom is sterker as ooit. Baie Liberiese Christene weet min of niks van Islam nie.

• Die Poro en Sande geheime verenigings leer jongmans en vroue om 'bo-natuurlike krag' te soek. Bid vir die mense wat vasgevang is in hierdie verenigings om vry te kom van die kettings van duisternis.

• Die begin- en eind-datums van Ramadaan veroorsaak elke jaar konflik. Bid dat die konflik 'n geleentheid sal word om die evangelie te bring.

• Die kerke is nie behoorlik toegerus om na die Moslems uit te reik nie of om nuwe gelowiges op te lei nie. Bid vir praktiese opleiding vir Christene en vir mense wat tot geloof kom.

Page 19: 30 Da e - Home - Jericho Wallsjwipn.com/pdf/Ramadan 2007 Booklet - AFR.pdfeffens mag verskil van land tot land. Die vastyd eindig op die eerste aanskouing van die nuwe maan, wat aan

19

Dag 23: 5 Oktober 2007

Gebed vir die Mauritanië woestyn Mauritanië is 'n Islamitiese republiek. Die regstelsel is 'n kombinasie van Shari'a (Islamitiese wet) en Franse siviele regstelsel. 'n Imam het die JESUS-Film in 'n moskee in die binneland vertoon. Die Imam is later dood en dis moeilik om die gevolge van die vertoning te bepaal, maar daar moet voortgegaan word om sulke saad te plant. Daar is, deur die Here se genade, Mauritaniërs in baie ander lande van die wêreld wat volgelinge van Jesus is.

• Bid vir 'n openbaring van die liefde van God aan die hele bevolking van meer as 'n miljoen mense in Mauritanië. Daar is dikwels spanning tussen stamme (Fulani,Maures, Wolof, ens.), wat tot geweld kan lei.

• Die meeste Mauritaniërs beleef uiterste armoede wat 'n gevoel van hopeloosheid en wanhoop tot gevolg het. Bid vir oplossings vir die armoede in die land.

• Ten spyte van die greep van Islam oor die land, word animisme deur die meeste mense beoefen. Die diepgewortelde vrees vir bose geeste (bekend as jinn) hou baie mense vas. Baie mense soek bonatuurlike hulp deur waarsêery en okkultiese praktyke. Bid vir God se tussenkoms wat die mense sal bevry van die mag van die okkulte en vir Christene om sterk te staan (Ef.6:10).

Dag 24: 6 Oktober 2007

Gebed vir die Berta mense in Ethiopië en Soedan Ongeveer 160,000 van die Berta (ook bekend as die Wetawit) mense woon in Benishagul, een van die mins-ontwikkelde gebiede in Ethiopië. Slegs 9.7% van die mense is geletterd. Die meeste Berta Moslems is ernstig oor hulle godsdiens alhoewel dit vermeng is met inheemse gelowe en praktyke. 'n Handjievol Christene woon verspreid oor die hele gebied en in naburige lande.

• Bid vir meer moed, liefde en wysheid by Christene van ander bevolkingsgroepe in die omgewing om die Berta met die evangelie te bereik op 'n manier wat hulle sal verstaan en wat kultureel aanvaarbaar sal wees.

• Bid vir die plaaslike gelowiges vir vervulling met die Heilige Gees. (Ef.5:17-20)

• Bid dat die Berta Bybelvertaling spoedig voortgesit sal word. • Bid vir meer geleenthede vir die Berta mense om te kan leer lees sodat hulle die Bybel in hulle eie taal sal kan lees wanneer dit vertaal is.

Page 20: 30 Da e - Home - Jericho Wallsjwipn.com/pdf/Ramadan 2007 Booklet - AFR.pdfeffens mag verskil van land tot land. Die vastyd eindig op die eerste aanskouing van die nuwe maan, wat aan

20

Dag 25: 7 Oktober 2007

Drome en visioene Baie Moslems dwarsoor die wêreld sal gedurende die volgende aantal nagte lang tye in gebed deurbring. Baie van hulle sal bid vir goddelike ingryping vir knellende behoeftes. Die sogenaamde 'Nag van Krag' (die 27ste nag van Ramadaan) is een van die betekenisvolste nagte van die Islamitiese jaar. Dié nag word ook soms Die Nag van die Dekreet of Noodlot genoem. Moslems word dikwels aangemoedig om dwarsdeur die nag wakker te bly om vir seën en vergifnis te bid.

• Bid dat baie Christene, veral gedurende die volgende 48 uur, sal bid dat Moslems die Here Jesus Christus sal ontmoet deur visioene en drome.

• Bid dat God Hom bonatuurlik gedurende die Nag van Krag sal openbaar en dat baie 'n openbaring sal kry van Jesus Christus as hulle Verlosser.

• Bid vir daardie Moslems wat waaragtig die Here se hulp gedurende hierdie tyd soek. Bid dat hulle 'n openbaring van Sy genade sal kry en sal verstaan dat hulle hoop in Jesus is. (Ef.1:17-18)

Fokus op Suid-Asië – Dag 26-30

Dag 26: 8 Oktober 2007

Gebed vir Chittagong, Bangladesh Die diepwater hawestad van Chittagong in Bangladesh is die kulturele middelpunt vir die Chittagoonse bevolkingsgroep wat na raming ongeveer 14 miljoen sterk is. Die Chittagone is die grootste bevolkingsgroep in die wêreld wat nie 'n Bybel in hulle eie taal het nie. Die Here het 'n aantal jare gelede vir 'n groep Chittagoonse gelowiges 'n visioen gegee om die JESUS film in hulle taal te vertaal. Die reaksie op hierdie bedieningshulpmiddel is tot dusver baie positief. Slegs 'n handjievol Christene beywer hulle om hierdie volkegroep met die evangelie te bereik en die getal gelowiges is na raming minder as 300. Aangesien baie min Chittagone geletterd is (minder as 10% van vroue in dorpies) is oudio opnames van die Skrif, storie vertellings en video projekte noodsaaklik vir die aanbieding van die evangelie.

• Bid vir werkers wat hulle sal verbind om na hierdie groep uit te reik. • Bid vir die klein groepie Chittagoonse gelowiges wat dapper uitreik met beperkte hulpmiddels.

• Bid vir die vestiging van 'n Chittagoonse gebedsnetwerk onder gelowiges wêreldwyd. Daar is 'n konstante behoefte aan gebed vir hierdie groot, maar verwaarloosde bevolkingsgroep.

Getuienis uit Indië

My naam is Rachid. Ek is in 'n Moslem gesin gebore. In 1999 is ek getroud en het teruggekom na my geboortestad. Al het ek goed geld verdien, het ek geen vrede in my lewe gehad nie. Ek het sigare gerook, gedrink en kaart gespeel vir geld. In ons gesin het ons altyd rusie gemaak,

Page 21: 30 Da e - Home - Jericho Wallsjwipn.com/pdf/Ramadan 2007 Booklet - AFR.pdfeffens mag verskil van land tot land. Die vastyd eindig op die eerste aanskouing van die nuwe maan, wat aan

21

al het ek elke Vrydag na die moskee gegaan. Toe ontmoet ek vir Ramchand. Hy het my van Jesus vertel en verduidelik dat Hy werklik lewe. Maar terwyl ek die Bybel gelees het, het ek baie vrae in my gemoed gehad. Een dag was ek besig om te bid en het ek vir die Here gevra om my van rook te verlos, want ek was 'n kettingroker. Ek het in God geglo en Sy verlossing in Christus ontvang. Die Here het my vrygemaak van my verslawing. Daarna het ek 'n opleidingsprogram saam met 'n Christengroep gedoen wat my verder gehelp het. Vandag vertel ek vir Moslems hoe hulle ook vir Christus kan ontdek.

Dag 27: 9 Oktober 2007

Gebed vir vergete Firozabad Firozabad in Indië is 'n stad met 'n halfmiljoen mense, waarvan 50% Moslem en 50% Hindoe of Jain is. Firozabad word die glas-hoofstad van Indië genoem en duisende kinders werk onder haglike omstandighede vir lae lone in die 300 glasfabrieke, besig om glasarmbande te verf en te poleer. Die stad gaan gebuk onder armoede en ongeletterdheid en daar is baie besoedeling as gevolg van die glasnywerheid. Daar is sover bekend geen gelowiges in die stad nie.

• Bid dat die Here werkers sal oprig om die evangelie aan die mense te bring (beide kort- en langtermyn werkers). Bid vir geestelike onderskeiding terwyl hulle bedien en navorsing doen.

• Bid dat die Here deur Sy Woord en Christelike televisieprogramme met die jeug van die stad sal praat.

• Bid vir die talle kinders wat as goedkoop arbeid in die glasfabrieke gebruik word en vir 'n werklike oplossing vir die probleem van besoedeling.

• Meer as drie miljoen mense is dakloos gelaat deur die 2005 Kashmir aardbewing. Gedurende die winter van 2006 het omtrent twee miljoen oorlewendes nog nie behoorlike behuising gehad nie. Bid steeds vir die heropbou van die stad.

Islam verduidelik

Die 27ste dag van Ramadaan word genoem die Nag van Krag of die Nag van die Noodlot. Die Moslems glo dat dit die nag is waarin Mohammed die eerste openbaring van die Qur'aan ontvang het.

Dag 28: 10 Oktober 2007

Gebed vir Moslem Universiteite in Indië Die Jamia Millia Islamia (JMI) is die grootste Moslem universiteit in Delhi met 10,400 studente en meer as 1,500 dosente en personeel. Die Jamia Markazu naby Kolkata het onlangs een van die belangrikste kulturele en opvoedkundige instellings in Kerala (Suid-wes Indië) geword. Baie Indiese Moslem studente en universiteitspersoneellede is betrokke by en ondersteun die Students Islamic Movement of India (SIMI) wat amptelik onwettig verklaar is. Hierdie groep is aktief besig om die Indiese gemeenskap te oriënteer met Islam waardes in die plek van

Page 22: 30 Da e - Home - Jericho Wallsjwipn.com/pdf/Ramadan 2007 Booklet - AFR.pdfeffens mag verskil van land tot land. Die vastyd eindig op die eerste aanskouing van die nuwe maan, wat aan

22

Hindoeïsme en sekularisme. SIMI en ander soortgelyke groepe speel 'n belangrike rol in die bevordering van fundamentalistiese Islam wêreldwyd.

• Bid dat Moslem studente en personeel die geleentheid sal kry om Christene te ontmoet wat 'n godvresende lewenstyl, tesame met die gesindheid van 'n dienskneg handhaaf. Bid vir bo-natuurlike ontmoetings met die Here deur drome en visioene.

• Bid dat studente ontvanklik sal wees vir die evangelie en volgelinge van Jesus sal word. Bid dat hulle gemeentes sal plant tussen hulle eie mense wanneer hulle huis toe gaan na afloop van hulle studies.

• Bid vir goddelike wysheid, doeltreffende benaderings en vennootskappe tussen die Christene wat teenoor Moslem universiteitstudente en personeellede getuig.

Nog 'n getuienis uit Indië

My naam is Akbar. 'n Skrifgedeelte uit die boek van die profeet Jesaja 65:1 beteken vir my baie; 'Ek het my wil openbaar aan 'n volk wat nie na my gevra het nie. Ek het my laat vind deur mense wat my nie in die gebed gesoek het nie.' Hierdie woord van God het waar geword in my lewe en in die lewens van my hele familie. Ek is my ouers se sesde kind. My ouer broer, Mustapha het eendag, terwyl hy in die pad geloop het, skielik 'n stem gehoor wat sy naam roep; 'Mustapha, Mustapha, Ek is die Here jou God.' Dit was vir hom 'n vreemde ervaring. Nog nooit het so iets met hom gebeur nie. Binne die volgende paar uur het Mustapha hom in 'n Christelike byeenkoms bevind en het hy tot geloof in Jesus, die Messias, gekom. Ek en my ander gesinslede het my broer se bekering verwerp, totdat iemand naby aan ons gesin eendag 'n bonatuurlike genesing in ons huis beleef het. Dit het my aandag getrek en ek het self die Bybel begin lees. Uiteindelik het ek verstaan dat God se vergifnis in Christus Jesus 'n geskenk is vir alle mense en dat 'n mens dit nie deur goeie werke kan verkry nie en ek het ook in die Here begin glo. Mettertyd het een na die ander van my gesinslede ook in die evangelie begin glo. Die Here het ons harte oopgemaak soos wat Hy ook Lydia se hart oopgemaak het (Hand.16:14).

Dag 29: 11 Oktober 2007

Gebed vir Nashik, Maharashtra, Indië Nashik, met 4 miljoen mense (0.5% Christene en 6.7% Moslems) is 'n medium-grootte, vinnig groeiende stad langs die Godavari rivier, nie vêr van Mumbai nie. Die tempels en die trappe op die rivieroewer maak Nashik een van die heiligste plekke vir Hindoes reg-oor die wêreld. Eenkeer elke 12 jaar huisves die stad miljoene Hindoes wat deelneem aan die pelgrimsfees van Kumbh Mela. Die oorgrote meerderheid Moslems in Nashik (soos oral in Indië), is Sunni Islam, wat deur die geslagte beïnvloed is deur die Hindoeïstiese godsdiens en kultuur. Daar is sover bekend geen bedieninge wat na Nashik se Moslems uitreik nie, maar dit beteken nie dat God nie besig om onder hulle te werk nie. Baie Christengelowiges in Nashik bid vir die Moslemgemeenskap.

• Bid dat die Here arbeiders in die strate, stegies, huise en gesinne van Nashik sal instuur om Christus aan die Moslemgemeenskap te verkondig.

Page 23: 30 Da e - Home - Jericho Wallsjwipn.com/pdf/Ramadan 2007 Booklet - AFR.pdfeffens mag verskil van land tot land. Die vastyd eindig op die eerste aanskouing van die nuwe maan, wat aan

23

• Bid dat die Here Christene in die gebied sal beweeg om vooroordele te laat staan en die Moslemgemeenskap lief te hê en te versorg.

• Bid dat God Sy Gees sal uitstort sodat die Moslems honger en dors sal word om God en Sy Woord te leer ken (Luk.24:27-32).

Dag 30: 12 Oktober 2007

Gebed vir die Zikri Baluch van Suid-Asië Die Zikri Baluch (ongeveer 750,000) is gekonsentreer in die Baluchistan Provinsie van Pakistan. 'n Groot aantal Zikri’s woon ook in die gebied rondom Karachi en in Iran. Hulle beleef vervolging, meestal deur Sunni Moslems. Twee Zikri vissers het onlangs getuig dat Jesus gedurende 'n storm op see aan hulle verskyn en hulle gered het. Bid dat baie meer Zikri vissers 'n ware ontmoeting met Christus sal hê en vissers van mense sal word.

• 'n Klein aantal Zikri het volgelinge van Jesus geword. Bid vir hulle groei in geloof en vir ‘n begrip vir God se weë. (1 Kor. 13).

• Bid ook dat hierdie nuwe gelowiges hulle geloof aan hulle familie en vriende bekend sal maak sodat volledige gesinne en stamme volgelinge van Jesus sal word.

• Bid dat die belangrikste godsdienstige leiers van die Zikri Jesus sal leer ken deur die Skrif, getuienisse, drome, visioene, genesings, ens. sodat hulle volgelinge ook Jesus as hulle Verlosser sal aanneem.

Laat ons vandag tyd neem om Vader te dank dat hy ons gebede van die afgelope 30 dae vir die Moslems gehoor en reeds baie daarvan beantwoord het.

Ons verhef ons stemme Here en bring aan U lof: “Aan U wat op die troon sit, en aan die Lam, behoort die lof en die eer, die heerlikheid en die krag, tot in alle ewigheid.” (Op.5:13) Nie aan ons nie, Here, nie aan ons nie, maar aan u Naam kom die eer toe, want dit is U wat liefde en trou bewys. (Ps.115:1) Prys, dienaars van die Here, prys die Naam van die Here! Die Naam van die Here moet geloof word, nou en vir altyd. Van waar die son opkom tot waar dit ondergaan, moet die Naam van die Here geprys word! Hoog bo al die nasies heers U Here, U mag strek selfs oor die hemele. Wie in die hemel of op die aarde is soos U Here ons God, wat hoog woon en hier onder alles sien? Die geringe help U op uit die stof, die arme laat U van die ashoop af opstaan (Ps.113:1-7) Ons loof U Here!

Page 24: 30 Da e - Home - Jericho Wallsjwipn.com/pdf/Ramadan 2007 Booklet - AFR.pdfeffens mag verskil van land tot land. Die vastyd eindig op die eerste aanskouing van die nuwe maan, wat aan

24

By: John Mulinde (Uganda) A testimony of John Mulinde from Uganda - their seeking after God as a nation in desperate times, up to where God showed them His calling for them as the nation of Uganda. It will help you to understand how we as Christians must and can make a difference in our nations. This message is more relevant than ever. You may order the CD from us at Jericho Walls Prayer Network a cost of R20. Tel. +27 12 365 3213 Fax. +27 12 365 3214 Email: [email protected] Website: www.jwipn.com

Travail of a NationTravail of a NationTravail of a NationTravail of a Nation

DeurDeurDeurDeur: : : : John Mulinde (Uganda)John Mulinde (Uganda)John Mulinde (Uganda)John Mulinde (Uganda)

‘n Getuienis van John Mulinde van Uganda – in hulle, as die nasie van Uganda, se soeke na God in baie moeilike tye, tot

waar God Sy roeping vir hulle as die Ugandese nasie openbaar het.

Dit kan u help om te verstaan hoe ons as Christene ‘n verskil in ons land kan en moet maak. Hierdie boodskap is baie

relevant vir ons tyd.

Bestel gerus die CD by Jerigo Mure Gebedsnetwerk; die koste is R20.

Tel. +27 12 365 3213 Faks. +27 12 365 3214 Epos: [email protected] Web: www.jwipn.com