4 d e k w a r t a a l 2 0 1 3 abrahamkriel · pdf file4 d e k w a r t a a l 2 0 1 3 i e f b l...
TRANSCRIPT
4 D E K W A R T A A L 2 0 1 3
AbrahamKriel O N S V ERS OR G 160 GE T R AU MA TI S EER DE K IND ERS .
W E C A RE F OR 160 T R AU M AT IS ED CH I LDR EN . Kinderhuis
Tel: 014 717 5264
I N H I E R D I E
U I T G A W E
Die Hoof 1
Skoolverlaters 2
Behoeftes 3
AKK Skooltjie 4
Wenslyste 5
Kinderhuis-
basaar
6
Oud Kinder-
huiskind groet
7
Geestelike
versorging
8
Personeel 9
S AK E V A N B E LA NG
Ons RESEPTE-BOEK
is steeds beskikbaar in
Afr en Eng en kos
R150 per eksemplaar.
Ons pos dit ook met
graagte! Totale koste
met posgeld R200 vir
normale pos met
versekering. Kontak
asb vir Gezina
082 897 3877
Uit die Hoof se pen Die jaar is besig om ten einde te spoed! En soos aan die einde van elke jaar is mense oral besig om te dink aan Kersfees. Die dae word afgetel sodat ons grootoog na die baie geskenke kan kyk, want mense wil mos vir mekaar op die wyse wys dat daar omgeeliefde is. En dit is ook seker reg so dat daar uitgereik word na mekaar toe, want dit bring mos ‘n groot opgewondenheid by almal van ons. Vir sommige van die kinders by die Kinderhuis is daar ook ‘n opgewondenheid, want hulle skop nou die stof van die inrigting van hulle voete af, want hulle verlaat die inrigting vir goed om die grootmenswêreld te betree. Die vraag wat mense altyd vra is wat word dan nou van die jongmense. Die leser kan gerus slaap, want ons probeer om vir elkeen ‘n plek te kry waar hy/sy kan begin. Niemand word sommer net die wêreld ingestuur sonder ‘n heenkome nie. Verder is daar ook donateurs wat ons help om vir die jong mense ‘n skeidingpakket te gee wat die basiese goedere bevat soos byvoorbeeld potte, panne, ‘n ketel, ‘n
strykyster, messe en vurke: sommige jare meer en sommige jare minder. Waaroor ons natuurlik baie dankbaar is. Dit is ook vir ons ‘n riem onder die hart dat soveel van die oud-Kinderhuiskinders terugkom huis toe om te sê dat die inrigting vir hulle goed was en dat hulle lewenswaardes hier aangeleer het wat hulle in die lewe buite die Kinderhuis goed te pas gekom het. Ons grootste taak was om die beste aan die kinders te gee wat aan ons sorg toevertrou is. Dit is nie net ‘n kwessie van skool toe gaan en huis toe kom nie, want daar is ‘n verskeidenheid aktiwiteite waaraan die kinders kan deelneem buite die Kinderhuis. Deur die loop van die jaar is daar oor die aktiwiteite gerapporteer. Dit beteken dus dat as ‘n kind wil, kan hy hom uitleef op die gebied waarin hy/sy ookal ‘n belangstelling toon. Dit sal ook gepas wees om aan ons donateurs baie dankie te sê vir dit wat hulle vir die Kinderhuis beteken het, want sonder hulle sou ons nie kon doen wat ons gedoen het nie. Ons wil dan ook vra om ons nie in die toekoms te vergeet nie. ONS
HET U BAIE NODIG! Omdat hierdie die laaste NUUSBRIEF van die jaar is,wil ek ook van die geleentheid gebruik maak om die personeel hartlik te bedank vir die werk wat hulle die afgelope jaar gedoen het. Hier wil ek niemand uitsluit nie. Want elkeen het op sy/haar gebied ‘n bydrae gemaak: van die persoon wat die tuine versorg tot die Bestuur wat rigting en koers aan die aktiwiteite van die inrigting moet gee. Elkeen se werk word opreg waardeer , want elkeen is nodig om die groot skip op die water te hou. Mag u almal ‘n baie geseënde Kersgety beleef – vol vreugde en omgeeliefde en mag die nuwe jaar vir u almal net voorspoed inhou met die oog altyd gevestig op die Groot Meester wat beskik oor ons lewens. Aan God al die eer.
Fanie Lombard
Skoolverlaters
Voornemende
Finansies
B L A D S Y 2 A K K N Y L S T R O O M N U U S B R I E F 4 D E K W A R T A A L 2 0 1 3
Ons Bankbesonderhede:
Absa Modimolle Rek. No.: 1100 140 000 (Tjekrekening) Takkode: 632005
Alle donateurs word bedank en ontvang ‘n Artikel 18A-kwitansie, dus versoek ons dat u asseblief u kontakbe-
sonderhede vir ons sal deurgee indien u ‘n donasie maak
BAIE DANKIE DAT U BEMOEIENIS MAAK MET DIE KINDERHUIS IN NYLSTROOM
U BETROKKENHEID IS VAN ONSKATBARE WAARDE VIR DIE AFVLERKKINDERS IN ONS SORG!
Epos: [email protected] Faks: 0865707639 Tel.: 014 717 5264 X215
Nog ‘n jaar is amper verby en ons kan met groot dankbaarheid terugkyk na ‘n wonderlike 2013. Ons moes weereens baie hard werk om ons uitgawes en inkomste te laat klop en daar is maar altyd die bekommernis of ons genoeg fondse gaan in om in 2014 al ons verpligtinge na te kom. Op die oomblik het ons twee groot projekte, naamlik die Wenslyste en die Kerspamflette. Ons is so dankbaar vir die donateurs wat betrokke is by hierdie projekte, dit gee ons sommer moed vir 2014 en dit maak so ‘n groot verskil aan die
kinders se lewens. Kontak ons gerus indien u ook betrokke wil raak. Daar moet ook onthou word dat skenkings in die vorm van vleis, groente, klerasie (gebruikte), kruideniersware ens. ‘n groot verskil maak aan ons uitgawes, want fondse hoef dan nie gebruik te word vir die aankope nie. Ons wil dit beklemtoon dat ALLE DONASIES, in watter vorm ook al, ‘n groot verskil maak. Ons benodig ook geldelike donasies om ons verpligtinge, soos salarisse, munisipale rekeninge, onderwys en opleiding, mediese uitgawes ens. na te kom.
Baie dankie aan elkeen wat die afgelope jaar by ons betrokke was op veral finansiële gebied. U het beslis ‘n verskil gemaak aan ons situasie! Ons gebed is dat u ons in die toekoms ook sal ondersteun.
MAG U ‘N WONDERLIKE KERSTYD BELEEF EN ELKE DAG DIE HEER SE VREDE EN VREUGDE IN U LEWE ERVAAR! Irene Breedt : Administratiewe
Bestuurder
Ons skoolverlaters presteer.
Elleroy Swarts en Duncan Grobler
het gedurende September ‘n
basiese praktiese loodgieter-kursus
met vlieënde vaandels geslaag by
PCD Loodgieter Kollege Pretoria. Danksy hul kinderversorger,
Eugene Lansdell, het hul die geleentheid gekry om hierdie kursus
te loop. PCD Kollege het goedgunstiglik ‘n beurs toegeken vir
beide seuns se gevorderde loodgieterskursus in 2014. Albei die
seuns het ‘n vooruitsig om in 2014 ‘n voltydse betrekking te
bekom. Maatskaplike Afdeling
Susan Strijdom Spesiale Skool Se Prysuitdeling
Die Abraham Kriel Kinderhuis se leerders het besondere prestasies behaal tydens die skool se prysuitdeling. Verskeie goue diplomas in Akademie en Sport is ontvang. Ons kan werklik op ons leerders trots wees. Baie Geluk! Maatskaplike Afdeling
Skoolverlaters Program Die laaste bydrae tot ons
skoolverlaters se toekomsbeplanning
is deur Mev Irene Breedt (AKK se
finansiële bestuurder) hanteer. Sy
het ‘n finansiële inset gelewer
waarmee ons studente opgelei is om
hul finansies verstandig te bestuur.
Hulle het onder andere geleer hoe
om ‘n begroting op te stel en
daarvolgens hulle finansies te
bestee.
Maatskaplike
Afdeling
Daar was ‘n groot behoefte aan ‘n siekekamer en ons wil net baie dankie sê aan die borge wat dit moontlik gemaak het om ons kliniek te kon uitbrei. Ons is ook bevoorreg dat twee plaaslike
dokters ons hier kan uithelp om kinders pro deo te sien. Dankie aan DR's Botha, man en vrou, jul hulp word hoog waardeer. Verder het ons maar steeds 'n be-hoefte aan vitamienes soos Bio-strath wat die kinders help met hul studies. Ons tieners het ook 'n
behoefte aan gesigwas vir die vel kondisies. Ons was bevoorreg om 'n tandarts vir 'n hele week hier by die Kinderhuis te kon gehad het. Dit is 'n initiatief van Bar-loworld dat die mobiele tandarts mondhigiëne bevorder deur Suid-Afrika. Ons is baie dankbaar dat hul ons oorweeg het. Liesel Potgieter
BL
AD
SY
3
A
KK
N
YL
ST
RO
OM
N
UU
SB
RI
EF
4
D
E
KW
AR
TA
AL
2
01
3
Dankie aan ons engele. Nog ‘n jaar is verby en die Kombuis wil dankie sê aan
almal wat dit vir ons moontlik gemaak het deur die jaar, om vir ons kinders elke dag ‘n gesonde bord kos te kon voorsit.
Dankie dat ons altyd op u kan staatmaak om in ons behoeftes te voorsien. Dis nou weer Kersseisoen en vakansie en nie al ons kinders gaan huis toe nie. Ons wens ons kon vir hulle bederf soos wat die wat uit kon gaan vir die vakansie
bederf gaan word. Daar gaan ‘n paar kampe wees waarop hulle gaan. Ons be-hoefte is droë pap, koeldrank, beskuit, pakkies braaivleis, suiker, olie, kaas, koue-vleis, vrugte of enige bederf waaraan u kan dink om ‘n kinderhart bly te maak wat die vakansie nie by ‘n geliefde gaan wees nie. Dankie dat ons weet u gaan dit vir ons kinders ‘n wonderlike feestyd maak met u skenkings. Ronel Schwartz en Judith Dreyer
Behoeftes vir ons huise en kinders Die volgende items moet maandeliks deur ons aangekoop word en neem ‘n
groot deel uit ons begroting. Dalk wil u van hierdie items verskaf om
sodoende te help om ons begroting te laat klop:
Klerekruik Die jaar staan einde se kant toe en aan elke donateur wil die Klerekruik baie dankie sê vir hul bydraes deur die jaar het sy of dit nuut of gebruikte klerasie was. Sonder skenkings en mense se oop harte en hande sal dit nie moontlik wees om ons kinders toe te rus met klere, skoene, sporttoerusting en selfs linne nie. Dit is wonderlik om te sien hoe 'n kind se selfver-troue 'n hupstoot kry sodra hy/sy sien hul gaan nie meer afsteek teenoor ander kinders "daar buite" nie. Die Klerekruik kan wel nie voorsien volgens die modes nie, maar kan uit skenkings toesien dat die kinders netjies en versorg voorkom. Skenkings word gesorteer en die bestes word vir ons kinders terug gehou en die res wat nie gebruik kan word nie, word verkoop om sodoende weer vir die Kinderhuis 'n inkomste te genereer. Die Klerekruik het 'n jaarlikse begroting vir aankoop van klerasie, maar dit word streng beheer en net die nodigste word daarmee aangekoop. Dus is ons baie dankbaar vir enige vorm van skenkings van gebruik-te klerasie en skoene hoe gering ookal. Die personeel in die Klerekruik wens elke donateur en diegene wat betrokke is by ons kinders 'n Geseënde en Voorspoedige 2014 toe en met ons oë gerig op Jesus ons Hoop.
Edna Prigge
Lip ice Toiletpapier Relaxer Moisturiser Kamme en borsels
Doom Blue Death Seeppoeier Afdroogvadoeke Skottelgoedseep
Skropborsels Sagte besems Harde besems Verestoffers Swart skoenpolitoer
Dweils Tissues Pinegel Bleikmiddel Staalwol, sponsies
Kombuis
Kliniek
B L A D S Y 4 A K K N Y L S T R O O M N U U S B R I E F 4 D E K W A R T A A L 2 0 1 3
Die 2013 skooljaar het met ‘n spoed
tot ‘n einde gedrafstap.
Ons wil baie graag van hierdie geleentheid ge-
bruik maak om erkenning te gee aan al die per-
soneel wat hierdie jaar by ons kinders betrokke
was en steeds is, vir hul mooi gesindheid en gewillige
samewerking.
Die volgehoue hulp en ondersteuning met hul
huiswerk van die Kinderversorgers en vrywil-
ligers word opreg waardeer. Ook die ander
personeel wat op die terreine help en ondersteun en die
moeite gedoen het om ons lentekonsert en na die
kinders se skoolwerk te kom kyk, word met groot
dankbaarheid raakgesien. Dit beteken vir elkeen van
ons kinders ontsettend baie.
Die twee onderwysers van die AKK skooltjie was hard
besig met die finale assessering vir die jaar. Almal het
duime vasgehou dat al die gepraat, gedreig, gesoebat
en herhaal, herhaal, herhaal deur die jaar vrugte afgew-
erp het en dat iemand, êrens iets bygeleer het.
Ons het wonderlike skenkings van verskeie
buite persone en instansies deur die jaar
gekry en is baie dankbaar vir die wonderlike
gesindheid en volgehoue belangstelling in
ons skooltjie.
Daar word ook al weer hard beplan aan aktiwiteite vir
volgende jaar en daar is sekere items wat benodig word
wat die onderrigtaak baie sal vergemakllik.
Die volgende behoeftes is raakgesien:
Afrikaanse leesboeke Gr1 tot
Gr5 vlak.
Engelse leesboeke Gr1 tot Gr5 vlak.
Kunsmateriaal en idees vir eenvoudige handvaar-
digheidsprojekte. (verf, gom, gekleurde karton,
ens.).
"Gluegun" met gom stokkies.
Enige ander handwerkapparaat wat sny, kap,
plak, gate maak ens, kan vergemaklik.
Dat die afdak verleng word tot in die hoek
van die junior klas as beskerming teen die
son en reën.
‘n Klim en klouter apparaat aan die voorkant van
die skool.
Plastiese 'slip on' oortreksels, plastiek lêers, ens.
Een of meer staan potloodskerpmakers.
‘n Groot guillotine.
Enige bruikbare skoolmateriaal is altyd welkom.
Izanne Maritz en Betha McClintock
AKK Skool
Computers
Irene Breedt and Annie le Roux with Peter Hagedoorn and his family
We were so excited when we received 26 com-
puters all the way from Belgium during Septem-
ber this year. Every house ( 15 altogether ), our
own AKK school, as well as the computer room
on the premises, were well provided for and
blessed. Unfortunately we had to spend a R1000
on each computer to load the necessary programs
and we are short on funds for 10 more comput-
ers to make them useful as well. We are hanging
in there.
They also brought us 5 laptops for our matricu-
lants, but we also have to load the necessary pro-
grams on them as well and are lacking funds at
the moment. Peter Hagedoorn, who orga-nised
everything, his wife and family visited the Chil-
dren's Home on the 6th of November 2013 and
they were very impressed with the standard of
work we achieve at the Home.
We are really grateful for the passion they
demonstrated to help our children.
Irene Breedt
Die behande-
lingsdienste
het 'n afskeid
vir ons skool-
verlaters
gehou. Die
geleentheid is
gehou by
Casamento, 'n
pragtige
onthaalarea
wat die
Kinderhuis
altyd so goedgesind is. Almal het behoorlik
uitgehang vir die geleentheid. Die tema van die
aand was "eet rondom die wereld".
Die skoolverlaters het gesmul aan die kos en
lekker rinkink op die dansbaan.
Liesel Potgieter
Skoolverlatersafskeidsfunksie
B L A D S Y 5 A K K N Y L S T R O O M N U U S B R I E F 4 D E K W A R T A A L 2 0 1 3
Strome van seën ontvang die Skoolverlaters ‘n Mens staan klein voor ‘n
Grootheid wat ongekend is! Hierdie
jaar was regtig die uiterste in die
sestien en ‘n half jaar wat ons by die
Kinderhuis is.
Elke jaar beywer ek myself om
seker te maak die Skoolverlaters kry
‘n hupstoot in die lewe deur aan
elkeen ‘n skeidingspakket te voor-
sien.
So sorg Vida Nell van Randpark en
al haar aardse engele dat die kinders
met die basiese kombuis-
toerusting toegerus word en sy doen
dit al vir ‘n paar jaar. Toe kom
Lyzette Gomes van
“ADVENTURES FOR LOVE” van
Johannesburg oor my pad en hulle
besluit toe om dit as deel van hul
jaarlikse projekte te maak en koop
toe in in die saak. Hulle kies ‘n in-
stansie elke jaar en wissel dit af.
Vida en ek maak toe planne en ons
besluit toe dat sy/hulle
gaan ‘n eerste doen
deur aan elke kind ‘n
pakket te oorhandig
met kruideni-
ersware,
skoonmaakmiddels
en toiletware. Sy loop
toe die ekstra myl en
gee aan elke kind nog
ekstras ook. By ‘n mooi
ontbytgeleentheid met die heer-
likste kos en pragtig gedekte tafels,
het sy dit aan die kinders oorhandig.
Strome, liewe lesers, strome van
seën.
Lyzette hulle het die oorhandiging
net daarna hanteer en afgewyk van
die basiese lys en nog ekstras gaan
koop sodat die kinders net kan in
trek
en leef.
Net soos ‘n
regte mamma dit sou doen sodat
haar kind tog net nie moet tekort hê
nie. Elke kind het ook 'n ges-
kenkbewys ontvang om leemtes aan
te vul of om hul voedselvoorraad in
die maande wat kom aan te vul.
HOE Sê MENS/DIE JONG MENSE
DANKIE? Ons kan dit doen deur
die woorde in Matteus 7 : 7 tot 12.
Gezina Lombard
Vriende van ons se dogter, me Annalet Mulder, hou
skool by Hoërskool Menlopark . Sy staan ook elke jaar
in beheer van hul skool se
liefdadigheidsweek. Hulle ge-
bruik slegs een week om fondse
te in om onder verskeie
welsynsinstansies te verdeel en
uit te deel. So noem sy een keer
aan haar ouers dat die projek so
groot word dat sy nog instansies
kan help. Ons vriende noem toe
aan haar van ons Kinderhuis. So
het ons vanjaar vir die 4e keer ‘n
tjek van hul af ontvang. Hulle
help kinders, gesinne en diere en
moet die kinders dan ook
namens die instansie die be-
dankings hanteer. So het Reolar-
dus Coetzer en Angelique Ferguson ons vanjaar vergesel en hul
goed van hul taak gekwyt. Weereens loop ‘n mens se gemoed oor
om met dankbaarheid die gawe van gee tasbaar te ervaar. Dankie
Menlopark Hoërskool vir die voorbeeld en tradisie wat jul vol-
hou! Doen so voort!
Gezina Lombard
Wenslyste Elke jaar wanneer die wenslyste die ku-
berruimte ingestuur word, het ‘n mens ‘n
beklemming in jou hart, want jy weet
nooit wat die reaksie daarop gaan wees
nie. Die Here seën dit nog elke jaar en wil
ons net dankie sê aan almal wat gehoor-
saam is aan die gedagte wat die Here hulle
gee om onvermoeid hierdie, asook vorige
Kerstye, ‘n tyd te maak van liefde, omgee
en uitreiking. Ons waardeer alles en weet
net u laat ons kinders baie spesiaal voel.
Mag u almal ‘n wonderlike feesseisoen
met u geliefdes ervaar!
Gezina Lombard
Hoërskool Menlopark
doen dit weer
B L A D S Y 6 A K K N Y L S T R O O M N U U S B R I E F 4 D E K W A R T A A L 2 0 1 3
Kinderhuisbasaar 1 Maart 2014 Ons poog altyd om ons beplanning vooruit te doen en
so het ek dit goed gedink om ‘n Kinderhuisbasaar te
reël en wel op Saterdag 1 Maart 2014 op die terrein
van die Kinderhuis. U moet onthou dat ons nie soos
gemeentes kan staatmaak op die gemeentelede nie of
soos by skole op die ouers nie. Ons het u nodig om
die poging ‘n sukses te maak. Aan elke huis is ‘n tafel
toegeken en vertrou ons dat gemeentes, omgeegroepe
en/of individue hul hulp sal aanbied.
As u kan koek bak, beskuit bak of ‘n bobaas bakster
is met klein koekies moet u asb. nie die lus om ons te
help onderdruk nie. Onthou ons het ‘n vleistafel ook
en alle bydraes is welkom.
Daar is elke tafel denkbaar en volop speletjies en ook
‘n spookhuis…………..
DIE BELANGRIKSTE NOG IS DAT U DIE DAG
KOM ONDERSTEUN! Merk dit noual op u nuwe
kalender of dagboek. SIEN U DAAR!!!
Gezina Lombard
Jan en Charmaine Kruger doen
dit weer!
Die naweek van die 18e Oktober
het ons saam met 8 dogters die
middag vertrek na De Villa
Lodge toe naby Loskopdam en
het die Krugers ons daar inge-
wag. Ons het so heerlik gebly en
geëet en die dogters het baie
hard gewerk op die gholfdag
self. Hulle is op die hande gedra.
My moederhart wou oorloop
van trots omdat daar van die
kinders se skilderye opgeveil is
en hulle ‘n mooi bedrag vir die
Kinderhuis so geïn het. Ons
eerste “quilt” het ook ‘n mooi
bedrag ingesamel.
Die gholfdag self was ‘n groot
sukses en kan die Krugers regtig
trots voel op hulself. Dis harde
werk, maar hierdie keer was die
eerste prys ‘n wonderlike
jagnaweek geborg deur die Pot-
gieters van Motsomi en dit was
‘n groot aantrekkingskrag. Knap
gedaan liewe vriende van die
Kinderhuis!
Gezina Lombard
Kranspoort Gholfdag
Ons eie Naaldwerkprojek
Omdat ons gereeld gevra word om
veilingsitems te lewer wat mense bv by 'n
fees of gholfdag ten bate van ons opveil,
het die gedagte ontstaan om handge-
maakte produkte te maak. Omdat ons dit
bywoon het ons gesien die persone teen-
woordig stel baie daarin belang.
Pat en Ria van Kempton Park het naai-
masjiene geskenk vir die projek en so het
ek begin met 'n groepie senior dogters en
twee kollegas wat toe ook vermenigvul-
dig het, en ons het begin met ons eerste
"Quilt". Die entoesiasme het hoogty
gevier. My kollegas het die voortou
geneem met tonne entoesiasme. Christelle
Snyman het die finale werk gedoen en
ons eerste "Quilt" is tydens 'n
gholfdagveiling verkoop vir die mooi be-
drag van R3600. Van die dogters was die
dag teenwoordig en dink ek dit was vir
hulle ook 'n lewensles. Ons werk tans aan
'n lente "Quilt" vir 'n veiling in Maart.
Knap gedaan almal. Weet net dat vele
hande maak ligte werk.
Gezina Lombard
B L A D S Y 7 A K K N Y L S T R O O M N U U S B R I E F 4 D E K W A R T A A L 2 0 1 3
Hierdie tyd van die jaar is altyd vir
my persoonlik ‘n slegte tyd by die
Kinderhuis in die sin dat nie al ons
kinders die voorreg het om
uitgeplaas te word by
vakansievriende nie. Dis hierdie
tyd van die jaar wat families
reëlings tref om bymekaar te wees,
opgewonde raak oor spesiale etes,
geskenke self maak of beplan,
uitstappies reël en net ‘n tyd binne
gaan van omgee en liefde.
Daarom reël ek graag kampe vir
die inblykinders en dit het kostes
soos die brandstof, tolgelde en
voedsel, maar ek poog altyd om
borge te kry en die Here doen die
res!
So gaan die eerste groep al van die
2e tot die 6e Desember BOUL-
DERS toe naby Crecy op die Mar-
ble Hall pad. Die 2e groep gaan
vanaf die 10e tot die 15e Desem-
ber Motsomi Safaries toe naby
Derdepoort op die Botswana
grens. Die derde kamp is vanaf die
24e Desember tot die 2e Januarie
2014 by DIE DRIFT naby Polo-
kwane. Met hierdie kamp poog
ons veral om met borge se onder-
steuning, vleis te koop om te braai,
gaskoeldrank, yoghurt en vars
vrugte, ens. te voorsien en dan
natuurlik Kersdag self baie spesi-
aal te maak. Ons is so dankbaar vir
die goedgesindheid van die ei-
enaars van die betrokke kampe.
Kinders en personeel kom altyd
vol glimlaggies terug.
As daar van die lesers by hierdie
projek wil betrokke raak, kan hulle
gerus die Kinderhuis /Gezina ska-
kel.
Gezina Lombard
Louise Laird Ek was 10 jaar oud toe ek Kinderhuis toe gekom het. Na
'n jaar het my boetie, Bennie, gekom en hy was 2 jaar
oud. Ek het in Mopanie en Sering gewoon waar die
kleuters was en ek was hoofdogter by hulle en het ge-
help met hul versorging.
Ek was vir 7 jaar in die Kinderhuis en het in 1987 klaar
gemaak by Susan Strijdomskool.
Ek het by Saambou gaan werk, maar na 3 jaar het hulle
toegemaak. Daarna gaan werk ek by AVBOB. Ek het in
1991 getrou en twee seuns is uit die huwelik gebore nl
Wimpie en Wynand. Ons het geskei en in 2010 trou ek
met James en het ons 'n saamgestelde familie. Ons ver-
huis na Nieu Zeeland in No-
vember vanjaar, want Consul
het toegemaak in Suid-Afrika
en het James sy werk verloor.
Ons hoop om 'n beter heen-
kome en toekoms daar te vind.
Ek het my ma in 2009 in Wit-
bank opgespoor en het haar uit
haar omstandighede verwyder
en vir twee jaar versorg voor sy oorlede is op die oud-
erdom van 65 jaar in 2011. Ons herontmoeting was vir
my 'n skok en groot aanpassing, maar ek moes "closure"
kry. My pa weet ek nie veel van nie - net dat hy ook
oorlede is.
Ek en Bennie kom goed klaar en ek sal hom mis, maar
nou werk ek aan myself - dis tyd!
Dit was goed om terug te kom Kinderhuis toe en om iets
te doen uit dankbaarheid vir wat die plek vir my beteken
het. My raad aan al die huidige inwoners is om daarna
te strewe om die beste JY te wees. Maak van elke
geleentheid gebruik en dien die Here, want net Hy dra
jou deur moeilike omstandighede.
Soos ds Wollie gedroom het, het Patricia
Koekemoer ook gedroom om eendag die hele
Kinderhuis Voortrekkermonument toe te neem
op 'n uitstappie. Dit het die 16e November 2013
'n realiteit geword. Borge het ingekoop en het
Pat en Ria Botha 4 busse gereël om almal te
vervoer. Wat 'n voorreg was dit nie om die
boodskap van Rodney Seale aan te hoor asook
om op te tree in die ruimte van die Sentofaag
nie!
Die kanonskoot was 'n fees en 'n besonderse
ervaring vir almal, maar as jy die kinders vra,
was die ete en bederf die heel lekkerste. Dit was
moeë lywe wat teruggekeer het en baie moeite is
gedoen om alles glad te laat verloop, maar Patri-
cia .....oor en oor die moeite werd!! Ons dank
die Here vir jou en jou familie se
lewens. Gezina Lombard
Desember se vakansiekampe
F
E
E
S
P
A
R
T
Y
T
J
I
E
B L A D S Y 8 A K K N Y L S T R O O M N U U S B R I E F 4 D E K W A R T A A L 2 0 1 3
September Seevakansie
Twee denominasies (AGS en APK) het reeds in
Januarie 2013 al begin saamwerk om ’n see
vakansie in Richardsbaai vir die huise Taaibos,
Essenhout en Tambotie moontlik te maak. Daar
was vreeslik baie moeite gedoen om die
vakansie vir die kinders ‘n belewenis te maak.
Vir meeste van
die kinders
was dit die
eerste keer wat
hulle die see
gesien het en
hulle kon ook
nie wag om
hulle voete in
die water te
kry nie. Hie-
ruit het wonderlike vriendskappe asook
vakansievriende gespruit. Die Desem-
bervakansie is daar reeds van ons kinders wat
weer vir die nuwe vriende gaan kuier. Dit was
inderdaad vir die kinders ‘n onvergeetlike
vakansie/ervaring gewees. Baie dankie aan
elkeen wat saam gewerk het om dit vir die
kinders moontlik te maak.
Marieta Koekemoer
‘n Week het gevorder tot ‘n
maand, ‘n maand tot ‘n kwartaal
en ‘n kwartaal tot ‘n semester en
uiteindelik tot hier waar ek
myself nou bevind na amper
twee jaar se betrokkenheid by
AKKH. Baie dinge het in
hierdie twee jaar verander:
verhoudings het verdiep, nuwe
mense is ontmoet en baie insig
en ervaring is opgedoen. Ten
spyte hiervan is daar iets wat
altyd dieselfde sal bly: die taak
wat ons almal het. Om die
kinders die beste heenkome te
gee, geestelik, fisies en
materieel, maak nie saak wat
hulle agtergrond nie. Dat elkeen
van hulle streef na liefde en
omgee, al is dit soms op baie
denkbare wyses, is ‘n feit.
Dit is vir my lekker om te kan
sê dat elkeen wat namens die
kinderhuis betrokke is in hierdie
kinders se lewens daarna streef
om juis dit vir hulle te gee.
Wat die pastorale/geestelike sy
van hierdie betrokkenheid
betref, kon ek nie vir ‘n beter
span gevra het nie. Die
kategese wissel van vet pret na
ernstig oor die dinge van die
lewe en natuurlik oor God. Dit
voel vir my of die kinders my al
meer begin vertrou en die 2 jaar
pad wat ek tot dusver saam met
hulle gestap het werklik begin
vrugte afwerp. Tydens baie van
my berading sessies leer die
kinders my dikwels meer as wat
ek voel ek kan vir hulle bied.
Ten spyte van moeilike tye en
die feit dat ‘antwoorde’ dikwels
nie bestaan nie, kan ek steeds sê
dit is ‘n plesier om by die
kinders se lewens te mag
betrokke wees en hulle in myne!
Theo van Zyl
Stofpad 4 X 4 doen dit weer Die 4x4 groep o.l.v Uys van Rooyen het die
Kinderhuis weer die naweek van 22 - 24 No-
vember 2013 besoek. 'n Besonderse groep
manne en vroue. Daar is herstelwerk gedoen
aan die bestaande klimrame, ook deur hulle
opgerig, en 4 nuwe swaaie is opgerig. Die
vroue het o.l.v. George en Marlene, besluit
om 'n enorme partytjie vir die kinders te hou
en daarna huis toe te stuur met armsvol
bederf. Die kinders was mal oor die lootjies
trek en die wen van pryse. Die kinders moes
egter by die boeke kom, want die eksamen is
in volle swang en sê die kinders die wors is
die lekkerste wat hulle nog ooit geëet het.
Dankie ooms en tannies!! Ons geniet ons
swaaie en bederf.
Gezina Lombard
Geestelike versorging
Kontakbesonderhede /Contact details
Landlyn/ Landline : 014 717 5264
Faks/ Fax : 086 5707 646 / 014 717 3659
Epos/ email : [email protected]
Bankbesonderhede/ Banking details:
ABSA Modimolle 1100 140 000
Takkode/ Branch code: 632 005
Abraham Kriel Kinderhuis,
Nylstroom
De Beer Straat 12
Modimolle
B L A D S Y 9 A K K N Y L S T R O O M N U U S B R I E F 4 D E K W A R T A A L 2 0 1 3
Voor ons afsluit 'n kinder sê ding of twee:
Nadat Brittany 'n ruk gespook het om die bot-
teltjie met pille oop te maak, verduidelik ma dat
die prop "Kinderproof" is en dat sy sal moet
help. Met groot oë vra Brittany : "Maar hoe het
die botteltjie geweet dis ek wat hom wil oop-
maak?"
Susan was besig om vrugtesap te
drink toe sy begin hik.
"Moet asseblief nie weer
vir my van hierdie sap
gee nie," sê sy "...dit laat
my tande hoes!"
Webwerf/Website :
Ons Sê Totsiens vir:
Mona Barnard
(Sekretaresse Maatskaplike
werkers)
en Chris en Carin Pienaar
(Kinderversorger en drywer). Ons wens hulle sterkte en
seën toe op hul pad verder.
Fiona Pretorius (Sekretaresse
Maatskaplike werkers)
Ons Sê Welkom aan:
Jaareindfunksie van die Personeel Op 14 November is ‘n
Jaareindfunksie vir ons personeel
gehou. Dit was ‘n wonderlike
aand van saamkuier en die
Country tema het groot byval
gevind. ‘n Paar het soos regte
cowboys gelyk!
Die twee dames in die kombuis het
deur beskuit en koeke te bak en te
verkoop, genoeg fondse ingesamel
sodat almal dit gratis kon bywoon.
Aangesien dit mnr Fanie Lombard
en Gezina se laaste jaareindfunksie
by ons was, is daar spesiale moeite
gedoen om dit vir hulle ‘n
besondere aand te maak.