4.2.2.3 plakkate 4.2.2.4 beeldende en skone kunste, en foto's€¦ · ook 'n voorbeeld....

47
Chu en Hsu (1979:237-254) wys daarop dat veral Sjina bekend is vir die sukses waarmee hul diepgaande verandering met behulp van die alternatiewe media, soos die strokiesprent en kinderprenteboeke teweeg gebring het. Gedurende die Vietnam-oorlog het die VSA in hul intensiewe propaganda-oorlog veral van strokiesprentboeke gebruik gemaak om die bevolking op te lei en in te lig oor demokratiese prosesse, regte en verpligtinge van burgers. Chandler (1981:176) verwys na 'n strokiesprentboek met eenvoudige karikature en byskrifte wat in stamdialekte aangewend was om die dorpe se selfontwikkelingsprogram te stimuleer en eenheid te bevorder. 4.2.2.3 Plakkate Plakkate het verskeie voordele as *n vorm van kommunikasie, o.m. vanwee die lae koste en die snelheid waarmee dit eenvoudige boodskappe (slagspreuke) kan versprei. In Hoofstuk 5 word meer volledig aan hierdie kommunikasievorm aandag gegee, aan die hand van 'n gevallestudie van plakkate van die ECC. 4.2.2.4 Beeldende en skone kunste, en foto's Die beinvloedingsrol van beelde is welbekend deur die aanwending daarvan in reklame en die advertensiewese. Dat "kunsbeelde" vir oorredingsdoeleindes aangewend kan word, blyk uit wat Gordon (1971:49) se : "Artists are particularly sensitive to persuasion and seem often disposed to severe unilateral positions as to the nature and place of intention in art. Certain artists, however, maintain that their art and creative processes have no meaning without a starting point rooted in intention".

Upload: others

Post on 20-Aug-2020

3 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: 4.2.2.3 Plakkate 4.2.2.4 Beeldende en skone kunste, en foto's€¦ · ook 'n voorbeeld. 4.2.3.3. Begrafnisse Die rol wat begrafnisse in onder meer die verbode Ierse Republikeinse

Chu en Hsu (1979:237-254) wys daarop dat veral Sjina bekend is vir die sukses waarmee hul diepgaande verandering met behulp van die alternatiewe media, soos die strokiesprent en kinderprenteboeke teweeg gebring het.

Gedurende die Vietnam-oorlog het die VSA in hul intensiewe propaganda-oorlog veral van strokiesprentboeke gebruik gemaak om die bevolking op te lei en in te lig oor demokratiese prosesse, regte en verpligtinge van burgers. Chandler (1981:176) verwys na 'nstrokiesprentboek met eenvoudige karikature en byskrifte wat in stamdialekte aangewend was om die dorpe se selfontwikkelingsprogram te stimuleer en eenheid te bevorder.

4.2.2.3 Plakkate

Plakkate het verskeie voordele as *n vorm van kommunikasie, o.m. vanwee die lae koste en die snelheid waarmee dit eenvoudige boodskappe (slagspreuke) kan versprei. In Hoofstuk 5 word meervolledig aan hierdie kommunikasievorm aandag gegee, aan die hand van 'n gevallestudie van plakkate van die ECC.

4.2.2.4 Beeldende en skone kunste, en foto's

Die beinvloedingsrol van beelde is welbekend deur die aanwending daarvan in reklame en die advertensiewese. Dat "kunsbeelde" vir oorredingsdoeleindes aangewend kan word, blyk uit wat Gordon (1971:49) se : "Artists are particularly sensitive to persuasion and seem often disposed to severe unilateral positions as to the nature and place of intention in art. Certain artists, however, maintain that their art and creative processes have no meaning without a starting point rooted in intention".

Page 2: 4.2.2.3 Plakkate 4.2.2.4 Beeldende en skone kunste, en foto's€¦ · ook 'n voorbeeld. 4.2.3.3. Begrafnisse Die rol wat begrafnisse in onder meer die verbode Ierse Republikeinse

Die Markteater in Johannesburg, die twee kunsgalerye op die kampus van die Universiteit van die Witwatersrand, en FUBA (Federated Union of Black Artists) bied gereeld uitstallings van veral swart skilders, beeldhouers en fotograwe. Die ECC het bv. in Februarie 1987 'n uitstalling van foto's en sketse en ander uitbeeldings van "krygsgevangenes" by die Markteater aangebied as deel van hul veldtog teen Nasionale Diensplig. ( Sien plakkaat 19, Hoofstuk 6.3.5).

4.2.3 Daadmedia

4.2.3.1 Dramatiese en uitvoerende kunste

Politieke en sosiale boodskappe kan ook in die verhoogkuns aangewend word om 'n afwykende boodskap van die norm te versprei.

Gardner (1979:64) se die teater is ft baie onderskatte medium, en verwys na Brittanje waar daar 'n sterk groep van toegewyde en linksgesinde teatergroepe sedert 1980 bestaan, en wat veral groepe soos feministe, anderskleuriges en homoseksuele se sake verdedig.As na hierdie medium.verwys word, word terme soos die "populere" en "gemeenskapsteater" gebruik.

Gedurende Oktober 1986 het die ECC ook 'n kabaret in 'n hotel in Rosebank, Johannesburg, opgevoer, genoem "Noise and Smoke", en wat volgens 'n ECC-woordvoerder 'n sukses was.*

* Soos meegedeel in 'n persoonlike onderhoud met nasionale sekretaresse op 17 Junie 1987 te Johannesburg.

Page 3: 4.2.2.3 Plakkate 4.2.2.4 Beeldende en skone kunste, en foto's€¦ · ook 'n voorbeeld. 4.2.3.3. Begrafnisse Die rol wat begrafnisse in onder meer die verbode Ierse Republikeinse

Veral lande wat bekommerd is oor hul nasionale ontwikkeling het gedurende die afgelope jare die belangrikheid van tradisionele kanale van kommunikasie besef, en begin om dit aan te wend. Ons tref verwysings in die literatuur na hierdie alternatiewe media, wat neffens die massamedia bestaan, aan, asook bewyse dat dit in sekere gemeenskappe reeds eeue gebruik is, goed aanvaar word en 'n hoe geloofwaardigheid onder die gemeenskap het. So vind ons bv. die singende digters in Noordoos-Brasil (Cantadores), die teatergroepe in Oos-Java (Ludruk) en die volksteater in Indie (die Bhavai). Rice & Paisley (1981:131) se dat hierdie media met groot sukses in die genoemde lande aangewend is om veral die gemeenskap oor bv. gesinsbeplanning voor te lig.

Ook die VSA het tydens die Vietnam-oorlog gebruik gemaak van die medium "To sing a song", waarin propaganda op hierdie onderhoudende wyse versprei is (Chandler, 1981:138).

Resente voorbeelde van teateropvoerings in Suid-Afrika, is die verhoogstuk "On the Border" wat handel oor die negatiewe houding van 'n dienspligtige jeens die Weermag.

Die bekende satirikus Pieter-Dirk Uys se verhoogoptredes handel ook gewoonlik oor die heersende sosiale en politieke klimaat, waarin hy spot met regeringsaangeleenthede en politieke persoonlikhede. Hoewel die overte boodskap vermaaklik is, is dit duidelik dat sodanige satire effektief as 'n medium van kommunikasie aangewend kan word.

Page 4: 4.2.2.3 Plakkate 4.2.2.4 Beeldende en skone kunste, en foto's€¦ · ook 'n voorbeeld. 4.2.3.3. Begrafnisse Die rol wat begrafnisse in onder meer die verbode Ierse Republikeinse

4.2.3•2 Protesoptogte

Die rol van protesoptogte en demonstrasies om 'n boodskap oor te dra, is welbekend. Een van die redes vir die sukses daarvan, is benewens die klem op aksie en die mobiliseringseffek daarvan, asook die emosionele opwelling wat daarmee gepaard kan gaan.

Die War Resisters League (1986:6), 'n bekende anti-oorlog groep in die VSA, beveel onder daadkommunikasie die volgende metodes of "media" aan : veldtogte, saamtrekke of byeenkomste, opmarse, burgerlike ongehoorsaamheidsorganisasies ("civil disobedience organizing"), opleiding in nie-gewelddadige veldtogte, vredestigtings, "vigils" (of 'n waak), oorlogsbelastingteenstande, boikotte, en stakings (veral by studente).

Hierbenewens kan sodanige optredes ook hoogs nuuswaardig vir die pers, en visueel treffend oor TV wees, wat die boodskap dan wyer deur die konvensionele medianetwerk uitdra (sien Schlesinger, et al., 1983: Clutterbuck, 1981; en Schmid & De Graaff, 1982).

In die Suid-Afrikaanse politieke en kommunikasiegeskiedenis is onder meer Sharpeville (1961) en Soweto (1976) voorbeelde hiervan. Die resente betogings en protesvergaderings by sekere universiteite is ook 'n voorbeeld.

4.2.3.3. Begrafnisse

Die rol wat begrafnisse in onder meer die verbode Ierse Republikeinse Leer se propaganda-veldtogte speel, is 'n voorbeeld van die kommunikasie-waarde van die emosies wat deur 'n oop graf ontketen word (Curtis, 1984). (Sien Aanhangsel 6 vir 'n plaaslike voorbeeld).

Page 5: 4.2.2.3 Plakkate 4.2.2.4 Beeldende en skone kunste, en foto's€¦ · ook 'n voorbeeld. 4.2.3.3. Begrafnisse Die rol wat begrafnisse in onder meer die verbode Ierse Republikeinse

In die huidige onrus in Suid-Afrika, en veral sedert die onluste van 1976, het begrafnisse van slagoffers van skermutselings tussen die opstandiges en die veiligheidsmagte 'n hoogs emosionele en politieke kleur. Dit bied 'n geleentheid om emosies soos verontregting te kommunikeer, wat as basis vir verdere verset kan dien.

Na 'n soortgelyke voorval tussen die veiligheidsmagte en die opstandiges by Uitenhage in 1985, was etlike swartes in die daaropvolgende skermutselings gedood. 'n Massabegrafnis is gehou waartydens verskeie politieke uitsprake gemaak is en wat wye persdekking geniet het.

4.2.3.4 Shebeens

Omdat die shebeen so 'n prominente plek in die swart gemeenskap inneem en as forum vir gesprek en verspreiding van inligting dien, kan dit in hierdie konteks as alternatiewe medium gesien word.

Gedurende die 1976-onluste is boodskappe hoofsaaklik deur shebeens versprei met groot snelheid en effektiwiteit. Die eksklusiwiteit van sekere van die shebeens en die feit dat elke shebeen 'n spesifieke soort klient bedien is baie stimulerend vir goeie "broederskap", en die kans dat wrywing kan ontstaan vanwee groepskohesie is minimaal. Nuwe kliente word ook slegs deur bestaande kliente gewerf. Skosana (The Star, 18 Okt.1976:9) tref Vi vergelyking tussen die Suid-Afrikaanse shebeen en die Koreaanse teekamer waar tee gedrink word, mense rus en ontspan, besigheidsmanne mekaar ontmoet, en wat bowenal as informele inligtingsentrum dien.

Page 6: 4.2.2.3 Plakkate 4.2.2.4 Beeldende en skone kunste, en foto's€¦ · ook 'n voorbeeld. 4.2.3.3. Begrafnisse Die rol wat begrafnisse in onder meer die verbode Ierse Republikeinse

4.2.3.5 Toesprake

Die gebruik van toesprake deur alle groepe, ook afwykende groepe, is so vanselfsprekend dat hier nie op uitgebrei word nie.

4.2.4 Klankmedia

4.2.4.1 Musiek

As deel van die politieke kultuur kan musiek en die lied 'n effektiewe kommunikasie instrument in die hande van "afwykende" groepe aangewend word wat hulle dit primer ten doel stel om die bestemming se politieke bewussyn oor *n bepaalde aangeleentheid te verskerp. So se Ohlgren & Berk (1977:137) "Rock music was born of a revolt against the sham of Western culture: it was direct and gutsy and spoke to the senses. As such it was profoundlysubversive. It still is".

Een voorbeeld is die liedjies van Molly Jackson en Woody Guthrie wat in die 1930's veral in die werkersklas- en vakbondstryde gebruik was. Die lojaliteite van hierdie skrywers en sangers was uitgesproke vir die saak en groep. Na die ontstaan van subversiewe musiek in die 1960's, het die alternatiewe musiekkultuur verskeie teikens aangeval soos gemeenskapskontrole, die oorlog in Vietnam, die kommersiele waardes van die gemeenskap, werkersetiek en instellings soos die huwelik (sien Gardner, 1979:46).

Die sogenaamde reggae-musiek het 'n protesboodskap en word dikwels aangewend om opstand te propageer. Ook in Suid-Afrika is daar verskeie groepe wat oor "bevryding" sing, soos Ladysmith Mambazo, Miriam Mekeba ('n uitgewekene uit Suid-Afrika), David Kramer en

Page 7: 4.2.2.3 Plakkate 4.2.2.4 Beeldende en skone kunste, en foto's€¦ · ook 'n voorbeeld. 4.2.3.3. Begrafnisse Die rol wat begrafnisse in onder meer die verbode Ierse Republikeinse

Hotline. Daarteenoor kan die loodsing van sogenaamdevredesliedjies van die Buro van Inligting ook as uitgesproke propaganda gesien word.

Derrick Thema (in Inside South Africa, Maart 1987:24) se swart musiek het h politieke dimensie en daar kan verwag word dat hierdie musiek in die nabye toekoms 'n sterker politieke instelling sal kry.

Die ECC verkoop tans 'n kasset genoem "Forces Favourites" met liedjies van verskeie popgroepe daarop en wat standpunt inneem teen Nasionale Diensplig. (Sien Aanhangsel 7 vir kassetomslag).

4.2.4.2 Radio

Rewolusionere en propagandisties-afwykende organisasies kan effektief van die radio as medium gebruik maak om bepaalde boodskappe te versprei. So is die gebruik van talle radiosenders soos Radio Tanzanie, Radio Zambie, Radio Hongarye en Radio USSR, om propagandaboodskappe teen die RSA uit te saai (ook binne die kaders van die Republiek), algemeen. Die boodskappe oor hierdie senders is onverbloemd gekant teen die RSA, en maak openlik gebruik van bewese en erkende propagandategnieke. (Van hierdie senders kan op enige sterk kortgolf-ontvangstoestel in Suid-Afrika opgevang word).

Plaaslike voorbeelde van alternatiewe radio is onder meer Radio 5 en 702, wat as spreekbuise vir veral minderheidsgroepe, wie se norme afwyk van die erkende establishment s'n, dien. So word daar bv. programme oor homoseksualisme en dwelmmisbruik aangebied, en luisteraars kan inbel om hul mening, wat dikwels ten gunste van sodanige verskynsels is, te lug. 'n Soortgelyke voorbeeld is al die swart senders op Suid-Afrikaanse lug, wat veral musiek (liedjies) met politieke temas rondom die onderdrukking van die massa en hul bevryding sentreer.

Page 8: 4.2.2.3 Plakkate 4.2.2.4 Beeldende en skone kunste, en foto's€¦ · ook 'n voorbeeld. 4.2.3.3. Begrafnisse Die rol wat begrafnisse in onder meer die verbode Ierse Republikeinse

4.3 Samevatting

In hierdie hoofstuk is gesien dat alternatiewe media nie slegs in die tradisionele vorme van koerante en tydskrifte aangetref word nie, maar dat talle ander media ook aangewend word om alternatiewe en afwykende boodskappe te versprei.

Die media word in woord-, beeld-, klank- en daadkommunikasiegroepe aangetref en elke groep het talle verskyningsvorme. Hierdie verskeie verskyningsvorme is funksioneel ten opsigte van boodskapverspreiding, in die sin dat veral afwykende groepe van hierdie media gebruik maak om hul afwykende en dikwels radikale boodskap aan hul bestemmings te kommunikeer.

Talle van hierdie media sluit aspekte van populere kultuur in, soos musiek en die dramatiese kunste, en die feit dat die populere kuns baie oorredend kan wees - dus ook vir die doeleindes van afwykende en radikale boodskappe - word deur verskeie skrywers bevestig.

In hierdie diagram word die verskeie groepe kommunikasiemedia grafies voorgestel :

FIGUUR 4.1VERSKYNINGSVORME VAN ALTERNATIEWE MEDIA

Woordmedia Beeldmedia Daadmedia Klankmedia

KoerantTydskrifPamfletPlakkersGraffiti

PlakkaatFilmStrokiesprent Skone kunste Beeldende kunste FotosUitstallingsMuseumsStandbeelde

ProtesoptogteToesprakeBegrafnisseTeaterDramatiese en uitvoerende kunste

Waak ("vigil")

Plate en kas- sette

RadioMusiek

LetterkundeT-hemdeBoeke

Page 9: 4.2.2.3 Plakkate 4.2.2.4 Beeldende en skone kunste, en foto's€¦ · ook 'n voorbeeld. 4.2.3.3. Begrafnisse Die rol wat begrafnisse in onder meer die verbode Ierse Republikeinse

HOOFSTUK 5

PLAKKATE AS ALTERNATIEWE MEDIUM

5.1 Inleiding

Alternatiewe media is 'n wye begrip waarvan die bekendste en mees algemene publikasies koerante en tydskrifte is. Dit beperk egter nie alternatiewe media tot die genoemde vorme nie, en talle ander manifestasies van alternatiewe media, wat "radikale boodskappe" versprei, word aangetref.

Ellul (1965:10) se dat elke medium se effektiwiteit in 'n bepaalde eienskap gelee is wat van ander media verskil. In 'npropagandaveldtog, se hy, kan verskeie media meewerk om die individu op *n spesifieke eiesoortige manier te bereik en hom "nuut" laat reageer op dieselfde tema - in dieselfde rigting maar steeds anders. Elke ander medium is by uitnemendheid geskik vir h sekere soort propaganda.

Plakkate is vanwee verskeie redes, wat in hierdie hoofstuk breer ondersoek sal word, 'n effektiewe alternatiewe medium om boodskappe van veral radikale groepe te versprei.

Wanneer Jacques Ellul (1965:10) van die verskeie moontlikhede om propagandaboodskappe te versprei melding maak, se hy pertinent dat die plakkaat 'n baie geskikte draer vir oorredingskommunikasie is en ook dat dit veral aangewend kan word om diegene sonder motorvoertuie goed te bereik, soos studente en skoliere op kampusse en soldate op weermagsbasisse.

Page 10: 4.2.2.3 Plakkate 4.2.2.4 Beeldende en skone kunste, en foto's€¦ · ook 'n voorbeeld. 4.2.3.3. Begrafnisse Die rol wat begrafnisse in onder meer die verbode Ierse Republikeinse

5.2 Veranderlikes in oorredingskommunikasie

Bostrom (1983:35) wys daarop dat oorreding *n intrinsieke element van kommunikasie vorm omdat oorreding die skepping, verandering of versterking van response ten doel het. Kommunikasie of inligting as sulks kan nie houdings of gedrag NIE skep, verander of versterk nie.

Oorredingskommunikasie, waarvan propaganda een tegniek is, wend talle tegnieke aan. By oorreding is daar altyd 'n kommunikator teenwoordig wat gebruik maak van spesifieke media wat sy boodskap op h spesifieke bestemming rig met 'n spesifieke doel (om houdings of gedrag te verander, te versterk of te vorm). Daar moet dusrekening gehou word met bepaalde boodskap-veranderlikes, intensie- en senderveranderlikes en mediumveranderlikes, wat elkeen bepalend sal wees vir die sukses van die oorredingsboodskap.

Boodskap-veranderlikes verwys na daardie tegnieke en metodes wat die kommunikator kan aanwend om sy boodskap mee in te klee. Sommige van die bekendste tegnieke is deur die Instituut vir Propaganda-ontleding geldentifiseer, en word vandag nog gebruik. Meyerhoff (1965:16) meld ook dat sommige oorredings- en propagandategnieke, wat uiters suksesvol is soos bv. die van die Russe, ontleen is aan die VSA se bekendste advertensietegnieke. Die aanslag in die oorredingsboodskap kan ook wissel van ernstige, humoristiese, rasionele, emosionele of gekombineerde boodskap, wat visueel of akoesties aangebied word. Daar is laastens ook bepaalde kodes wat gebruik kan word, nl. taal, gesigsuitdrukkings, grafiese kodes (gedruk en geskrewe), kleur, klank, beweging, vergroting en drie-dimensionaliteit (Fourie, 1977:123).

Page 11: 4.2.2.3 Plakkate 4.2.2.4 Beeldende en skone kunste, en foto's€¦ · ook 'n voorbeeld. 4.2.3.3. Begrafnisse Die rol wat begrafnisse in onder meer die verbode Ierse Republikeinse

Die taal wat in 'n boodskap gebruik word is van die belangrikste oorredende elemente van 'n boodskap. Die regte slagspreuk, die regte identifikasie, die toepaslikste simbool kan alles kritieke sleutels tot die sukses van die oorredingsboodskap wees.

Kommunikasie handel oor simbole en hul betekenis, en Bostrom (1983:169) se dat simbole die hoofsaaklike middel is waardeur die mens identiteit verkry. Hy verwys na die universiteitinstrukteur wat wou bewys dat 'n vlag groot simboliese waarde het. Hy het die landsvlag (VSA) verbrand en sy ontslag en arres was voldoende bewys vir sy teorie. Ook Lerner (1977:5) se : "Propaganda is the distinctive instrument which manipulates only the symbols by which people think, feel, believe ; it works with threats and promises to affect people's hopes and fears. It shapes human aspirations to what should happen and human expectations of what will happen". En verder : "When communication seeks to persuade - i.e. when it operates as propaganda - it manipulates symbols to shape attitudes that will condition (facilitate or constrain) the future behaviour of its targets".

Stylelemente is ook van groot belang in die oorredingsboodskap, en faktore soos luisterbaarheid, woordeskat-diversiteit, realisme en verifieerbaarheid, is belangrike aspekte. Die struktuur - logika, implisietheid , eksplisietheid en volgorde - is van belang. Wat intensie- en senderveranderlikes betref, is dit nodig dat die kommunikator weet wat hy wil bereik. Daarbenewens is die status en geloofwaardigheid van die sender ook van belang vir die bestemming om die boodskap te aanvaar. Intensie is nie h menslike interaksie-kategorie nie, maar 'n doelwit wat daarop gerig is om 'n ander persoon se logiese of sielkundige prosesse binne te dring.

Page 12: 4.2.2.3 Plakkate 4.2.2.4 Beeldende en skone kunste, en foto's€¦ · ook 'n voorbeeld. 4.2.3.3. Begrafnisse Die rol wat begrafnisse in onder meer die verbode Ierse Republikeinse

Mediumveranderlikes verwys juis na die gebruik van verskeie media ten einde 'n oorredingsboodskap te kommunikeer. In die 1930's het die Minister van Propaganda in Duitsland, dr Joseph Goebbels, die totale beheer van die staat oorgeneem. Hy het films laat maak, Wagner se musiek aangemoedig en Amerikaanse jazz, veral die van Gershwin, ontmoedig. So was nie net die massamedia propaganda-instrumente nie, maar ook die kunste.

Bostrom (1983:5) beklemtoon dat die kunste nog altyd ft belangrike rol in die vorming van houdings en gedrag in enige kultuur gespeel het, en se dat liedjies, toneelstukke en novelles altyd intense oorredingsvermoe besit het. "The greatest of our novelists and playwrights have always taken political positions in their work. Persuasion is currently not confined to messages delivered in straight-forward ways. John Lennon may have been a more effective persuader in the long run than John Kennedy". Ohlgren & Berk (1977:137) word ook weer hier opgehaal as hulle se dat die populere kunsvorm, hetsy 'n wals van Strauss of h cowboy-film van Howard Hawkes, nog altyd oorredend was.

Dit is duidelik dat die medium wat vir die verspreiding van die oorredingsboodskap gebruik word, sorgvuldig gekies moet word ten einde die beste effek te bereik. Ons kom dus weer terug na McLuhan se teorie dat die medium inderdaad die boodskap is.

5.3 Plakkate as kommunikasiemediuin

5.3.1 Historiese oorsprong

Die eerste grafiese afdrukke in die geskiedenis is reeds in 1451 deur Durer gebruik, en hy word steeds vandag as die vader van die

Page 13: 4.2.2.3 Plakkate 4.2.2.4 Beeldende en skone kunste, en foto's€¦ · ook 'n voorbeeld. 4.2.3.3. Begrafnisse Die rol wat begrafnisse in onder meer die verbode Ierse Republikeinse

moderne afdruk beskou, beide ten opsigte van styl en tegniek. Verkiesingsplakkate is reeds gebruik tydens die Vlaamse koningdom-verkiesings, waar kandidate publisiteit verkry het by wyse van afdrukke waarvan die doel die skepping van 'n populere beeld was (Philippe, 1980:30).

Die plakkaat het sedertdien, veral in die politieke konteks van leiersfigure, al meer populer geraak want die grafiese afdruk is by uitnemendheid 'n massa-medium, se Philippe - dit is universeel, direk, onmiddellik en pittig (1980:9).

Yanker (1972:16) sien 1967 as die begin van 'n toenemende plakkaat- produksie en "poster Consciousness", wat saamgehang het met die Vietnam-oorlog en die ekologiese bewussynswording. Die Eerste Wereldoorlog het egter reeds 'n onvergelyklike aanslag van plakkate meegebring, veral toe Goebbels aan die bewind van die propaganda-veldtog in Duitsland was. Soortgelyke plakkate in Brittanje gedurende dieselfde tydperk het ook van hierdie metode gebruik gemaak om patriotisme te verkondig en te bepleit.

Die plakkaat het unieke kwaliteite wat dit van ander media onderskei, bv. dat dit nie vervlietend is nie, en 'n blywende indruk laat. Televisie het ironies genoeg, bygedra tot die effektiwiteit van plakkate omdat dit die mens meer prentbewus gemaak het en minder bewus van die geskrewe boodskap. Yanker (1972:35) haal L F Peters aan wat se dat televisie en die film die mens se piktoriese ondervinding verhoog het sodat die gedrukte plakkaat sekond§r tot die beeld-plakkaat geword het.

Page 14: 4.2.2.3 Plakkate 4.2.2.4 Beeldende en skone kunste, en foto's€¦ · ook 'n voorbeeld. 4.2.3.3. Begrafnisse Die rol wat begrafnisse in onder meer die verbode Ierse Republikeinse

Ook J M Peters (1974:25) se dat talle funksies vervul kan word met behulp van vormgewing deur beelde of beeldreekse. Die plakkaat word 'n soort observasie-instrument, en fungeer as 'n belewingsmiddel. Die beeld word ook 'n uitdrukkingsmiddel waarmee dinge visualiseerbaar gemaak word.

5.3.2 Kenmerke en eienskappe van plakkate

Die waarde van kuns in propaganda is juis daarin gelee dat abstrakte politieke idees verstaanbaar gemaak word vir die gewone mens deur middel van beelde. By plakkate word dit gedoen deur visuele beelde met 'n geskrewe boodskap te kombineer.

Philippe (1980:20) se dat die politieke grafiese voorstelling by uitnemendheid 'n taal vir die "cultivated minority" is. "Whatever its intentions, the art remained in spirit, in visual vocabulary, and in symbolic shorthand the language of a cultivated elite". Hy se voorts dat die grafiese revolusie van 1789 'n nuwe taal meegebring het, en die grafiese voorstelling of "prent" het gewone boodskappe meer verstaanbaar gemaak. Dit was meer gewelddadig, meer direk en meer effektief. Simbole was altyd eenvoudig. Die plakkaat het die politieke prent van daardie era se waardigheid gepreserveer en selfs ontwikkel.

Verder : "Prints always lent hearty support to the revolutionaries in their attempts to publicize their feelings" (p 116). Die War Resisters League in New York, wat die Suid-Afrikaanse ECC ondersteun, (1986:136) se plakkate is waarskynlik die goedkoopste en mees algemene metode van kommunikasie oor die beweging of organisasie se doelwitte, terwyl die effektiwiteit direk berus op inhoud, ontwerp en verspreiding. 'n Kritieke vraag by die

Page 15: 4.2.2.3 Plakkate 4.2.2.4 Beeldende en skone kunste, en foto's€¦ · ook 'n voorbeeld. 4.2.3.3. Begrafnisse Die rol wat begrafnisse in onder meer die verbode Ierse Republikeinse

beoordeling van plakkate is hoe doeltreffend die effek is, en watter kriteria daar vir die meting van sodanige doeltreffendheid bestaan . Dikwels word die reaksie van die bestemming of groep waarop die boodskap gerig is - of hulLe van die plakkaat hou al dan nie en of dit mooi is - gebruik. Erlank (1980:61) s§ : "Some studies of safety poster effectiveness have used as a criterion the ability of the viewer to remember its contents. There is no evidence that the viewer acts on what he remembers. In fact, his behavior may be motivated subconsciously by something he does not remember at all".

Die plakkaat het besondere eienskappe wat dit toeganklik vir sekere oorredingsboodskappe maak. Dit laat h blywende indruk, dit is goedkoop en dus ook toegankliker vir kleiner groepe, en is ook die ideale instrument om mee te eksperimenteer en risiko's te loop. Dit kan "n groot sirkulasie he, en dus in areas penetreer wat ander media nie bereik nie. Die geskikste plek vir plasing, se die War Resisters League (1986:136), is enige plek waar daar Vi redelike vloei van voetgangers is (winkels, kantore se bulletinborde, kampusse, woonstelle se portale, koshuise en die straat). Laastens is die beeld ook duursaam.

Met die hoofsaaklike kenmerke van alternatiewe media (sien Hoofstuk 3) in gedagte, kan talle daarvan ook by plakkate as kenmerke gemeld word. Dit besit dikwels geen winsmotief nie en dit handel hoofsaaklik oor die beywering vir die saak. Daar is nie *n baie groot begroting nodig alvorens h effektiewe plakkaat versprei kan word nie, en die beplanning en produsering kan deur min personeel hanteer word met behulp van bekwame drukkers.

Daar hoef nie aan bepaalde instansies verantwoording gedoen te word met betrekking tot die inhoud nie (m.a.w. sekere kodes hoef nie gevolg te word nie, hoewel die heersende noodtoestand in Suid-Afrika

Page 16: 4.2.2.3 Plakkate 4.2.2.4 Beeldende en skone kunste, en foto's€¦ · ook 'n voorbeeld. 4.2.3.3. Begrafnisse Die rol wat begrafnisse in onder meer die verbode Ierse Republikeinse

sekere boodskappe verbied). Die plakkaat kan goed benut word deur minderheids- of afwykende groepe, veral as hul bestemming goed gedefinieer is, sodat hulle byvoorbeeld hul plakkate net op kampusse hoef te versprei, sou hul bestemming dienspligbeswaarders wees.Die inhoud van die plakkaatboodskap kan totaal buite die van die hoofstroommedia val, en kan 'n buite-parlementere funksie vervul, selfs al sou dit 'n politieke plakkaat wees (vgl. ECC se plakkate tydens die Algemene Verkiesing). Die inhoud is meestal subjektief van aard omdat die suksesvolle plakkaatboodskap op slagspreuke en simbole berus.

Die kyker kan in sy eie tyd kyk en dit laat speling vir interpretasie en begrip van die boodskap toe. Schocker (in Yanker, 1972:35 en 77) se die plakkaat kan nie vermy word nie - slegs blindes, bedleendes en gevangenes kan nie die boodskap sien of ontvang nie.

Die basiese elemente van 'n suksesvolle plakkaat, volgens Yanker, is eenvoud, helderheid, balans, klem, eenheid en opvallendheid. Daar moet op 'n bepaalde styl en aanbieding besluit word, en simboliese aanbieding en verteenwoordiging is van groot belang. Hy noem voorts van die belangrikste plakkaattegnieke met die oog op oorreding, wat intrinsiek ook die funksie van plakkate is : appel vir gesag, die suikerpil-effek, beeldskepping, aanval, appel vir vooroordeel en spesiale belange, appel vir simpatie, beperkte alternatiewe, gesteelde konsepte wat nuwe betekenis kry, cliches en vals oorsaak/effek.

Arno Scholz (in Yanker, 1972:27) gee verskeie riglyne vir 'n suksesvolle plakkaat. Daar moet so min as moontlik op die plakkaat verskyn en die ontwerp en letters moet so gerangskik word dat die

Page 17: 4.2.2.3 Plakkate 4.2.2.4 Beeldende en skone kunste, en foto's€¦ · ook 'n voorbeeld. 4.2.3.3. Begrafnisse Die rol wat begrafnisse in onder meer die verbode Ierse Republikeinse

verbyganger se oog dadelik getrek word. Die plasing van die plakkate moet uiteraard oordeelkundig beplan word en 'n goeie kriterium om in gedagte te hou is hoe die betrokke plakkaat neffens andere sal vertoon. Die teks en onderwerp moet minstens 15 meter ver leesbaar wees en harmonieuse kleurkombinasies, se hy, kan bydra tot die sukses van die medium. Die ontwerp en teks moet mekaar komplementeer, die styl moet modern wees en laastens moet die ontwerp nie die boodskap self oorheers nie.

Ook Erlank (1980:63) verwys na verskeie vereistes van plakkate wat hyself na aanleiding van h studie oor die effek van padveiligheidsplakkate bevind het. Konkrete en feitelike inligting is noodsaaklik en die beeld moet saaklik en eenvoudig wees. Daarbenewens moet die onderwerp aktueel-relevant en belangrik en op 'n spesifieke situasie toegespits wees. Die plakkaat se boodskap moet maklik verstaanbaar wees, en die woorde en beelde moet aanvullend wees en nie die plakkaat te vol laat lyk nie. Indien moontlik, se Erlank, sal dit help as die aanspraak op die bestemming positief kan wees en hierdie bestemming se behoeftes en eienskappe moet so gexdentifiseer wees dat 'n homogene en anonieme massa nie die teiken is nie. Die plakkate moet voortdurend getoets word vir doeltreffendheid en uiteraard moet dit goed versprei word om die bestemming te bereik.

Die boodskap van die plakkaat kan rasioneel of emosioneel wees, figuurlik of nie-figuurlik (m.a.w. abstrak teenoor piktories). Die boodskapformulering is dikwels baie intuitief en emosioneel, wat kwalitatiewe ontledingstegnieke daarvan noodsaak. Bekende simbole is volop, soos bv. die swastika, die kruis, landsvlae, gewere en vredestekens. Omdat hierdie simbole bekend is by die bestemming, is

Page 18: 4.2.2.3 Plakkate 4.2.2.4 Beeldende en skone kunste, en foto's€¦ · ook 'n voorbeeld. 4.2.3.3. Begrafnisse Die rol wat begrafnisse in onder meer die verbode Ierse Republikeinse

die taak eerstens om die bestaande simbool se betekenis uit te wis. Bekende aanbiedingsmetodes is uitbeelding d.m.v. fotografie of illustrasie, allegorie en metafore, heraldiese groepering (waar simbole teenoor of neffens ander simbole geplaas word - in die seel van die president van die VSA word die arend (wat oorlog simboliseer) teenoor die olyftak (vrede) gesien) - en karikatuur.

5.3.3 Aanwending van plakkate

Plakkate Word in byna alle werelddele as 'n medium vir die oordrag van boodskappe aangewend. Die plakkaat, veral vir doeleindes van oorreding, is 'n wereldfenomeen, se Yanker (1972:21). Plakkate kan boodskappe aanwend om politieke, kommersiele en militere oogmerke te bevorder.

Daar word kortliks na enkele suksesvolle plakkaatveldtogte, deur middel waarvan houdingsverandering bewerkstellig is, verwys.

Die gebruik van plakkate om anti-rookveldtogte te bedryf is algemeen en McAlister (in Rice & Paisley, 1981:94) se dat hoewel plakkate nie *n onmiddellike effek het nie, dit wel oor die langtermyn daartoe kan bydra om mense van 'n saak bewus te maak, soos bv. van die nadele van rook. Soortgelyke veldtogte ten opsigte vanhartaanvalvoorkoming en gesinsbeplanning word veral plaaslik en oorsee deur gesondheidsdepartemente geloods.

Een van die mees suksesvolle en beroemde brandvoorkomingsveldtogte wat ooit van stapel gestuur is, is in 1942 in die VSA begin. Met behulp van onder meer plakkate was die beeld van Smokey Bear so suksesvol dat dit bykans openbare besit is in die vorm van talle gekommersialiseerde items soos plate, speelgoed, pette en strokiesprente (Rice & Paisley, 1981:150-159).

Page 19: 4.2.2.3 Plakkate 4.2.2.4 Beeldende en skone kunste, en foto's€¦ · ook 'n voorbeeld. 4.2.3.3. Begrafnisse Die rol wat begrafnisse in onder meer die verbode Ierse Republikeinse

Ook Chandler (1981:164-166) verwys na die VSA se openbare gesondheidsprogram wat met behulp van propaganda-boodskappe in plakkate bedryf is tydens die Vietnam-oorlog, toe miljoene plakkate en pamflette met belangrike onderwerpe daarop, versprei was.

Die verskillende funksies van plakkate word deur Yanker (1972:39) omskryf as oorreding, herdenking, aankondigings, fondsinsameling, satire en kritiek.

5.3.3.1 Kommersiele aanwending

Onder kommersiele aanwending tref ons veral funksies van reklame en advertensies aan waar die kommunikator van oorredingstegnieke gebruik maak om sy produk te propageer. Ekonomiese oorwegings is hier oorheersend.*

Die funksie van aankondigings en herdenking kom ook ter sprake as plakkate gedruk word soos dat hierdie kerk 'n basaar of kermis hou, dat daar Vi boeresportdag iewers plaasvind, of dat die kersie- of aartappelfees binnekort gehou word.

Tans word daar in Suid-Afrika 'n wye veldtog teen dwelmmisbruik van stapel gestuur wat veral op die jeug gemik is. Operasie Honger gebruik jaarliks duisende plakkate in hul veldtog wat die saak van die hongeres bepleit. Vi Anti-besoedelingsveldtog, soos die van "Zibi" om Suid-Afrikaanse kinders te motiveer, gebruik ook op groot skaal plakkate as medium om die boodskap oor te dra.

* Hierdie kategorie omvat ook daardie plakkate wat in die kommersiele handel verkoop word. Die plakkaat het 'n kommersiele kunsitem geword wat in boekhandels en plakkaatwinkels verkoop word.

Page 20: 4.2.2.3 Plakkate 4.2.2.4 Beeldende en skone kunste, en foto's€¦ · ook 'n voorbeeld. 4.2.3.3. Begrafnisse Die rol wat begrafnisse in onder meer die verbode Ierse Republikeinse

Hierdie, en talle ander voorbeelde, wys dat plakkate wyd gebruik word as kommunikasiemedium.

5.3.3.2 Politieke aanwending

Verkiesingsplakkate omvat h groot hoeveelheid van alle plakkate wat jaarliks versprei en opgestel word. Dit word gebruik om die kandidate in die verkiesing te identifiseer en die party te bevorder. Hierdie plakkate word op die plaaslike en nasionale vlak aangetref. Dit is veral by hierdie plakkate wat daar gebruik gemaak word van die klassieke propagandategnieke. Finn, et al., (1983:46) se dat die plakkaat by uitstek vir politieke kommunikasie aangewend word. In hierdie konteks is plakkate al met "vampire advertising" vergelyk juis omdat dit die aandag van die onbedagte persoon kry, en daarom word plakkate ook juis aangebring waar dit voortdurend in die oog van die verbyganger of passasier is. Benewens die politieke aanwending tydens bv. verkiesings, kan plakkate ook aangewend word as 'n medium vir breer politieke temas.

Volgens Philippe (1980:278) sluit die feit dat grafiese kuns Vi politieke wapen geword het, aan by die mees basiese en atavistiese menslike begeerte om iets uit te skree, of dan ten minste die radikale reduksie van ideologiee tot slagspreuke. Ook se hy dat 1968 ongeveer die waterskeiding vir die aanwending van politieke grafiese kuns was, waartydens daar h kultuur ontstaan het wat gese het "we can have the world we want". Hierdie grafiese genre druk *n bewussyn van massamedium-idiome uit, waaruit 'n kaleidoskoop van innovatiewe verbeeldings vloei. Hy meld ook dat die plakkate wat uit hierdie tyd ontspring het, getuig van die algemene gesogte politiese groepering van die tyd, nl. identifikasie met die linkse tradisies (278, en Yanker,1972:16).

Page 21: 4.2.2.3 Plakkate 4.2.2.4 Beeldende en skone kunste, en foto's€¦ · ook 'n voorbeeld. 4.2.3.3. Begrafnisse Die rol wat begrafnisse in onder meer die verbode Ierse Republikeinse

Die plakkaatherlewing was verder aangevuur deur die opstande in Parys gedurende 1968, asook tydens die kulturele revolusie in Sjina, waarvan Chu (1977:233) se : "There are so many tatzepao (character posters) now in the government agencies, that sharply colored 'no smoking' signs had to be put up. Indeed, tatzepao are plentiful. You see them from one floor to another, on all walls, on windows, at staircases and inside offices. In corridors, strings of ropes were stretched from one wall to another to hang the reams and reams of posters". Hoewel Mao nie hierdie ongewone en effektiewepropagandamedium uitgevind het nie, is dit wel deur hom ontwikkel en gevestig. Hoewel dit voorheen vir propagandadoeleindes elders aangewend was, was die gebruik daarvan as medium vir massakommunikasie-boodskappe egter iets nuuts. Chu en Hsu (1979:47) haal Mao aan wat gese het : "Like language, it (the character poster) has no class nature. It can be used by the bourgeoisie as well as by the proletariat".

Onder politieke aanwending van plakkate kan ook gekyk word na plakkate se aanwending onder toestande van oorlog en konflik wat altyd 'n politieke basis het.* Verdedigings-obligasies kan so verkoop word en dan is daar uiteraard die teenpropaganda-tegnieke waarmee die vyand se troepe en magte gedemoraliseer word asook die bevolking van die betrokke land verwar word. Regeringsgefundeerde plakkate kan ook gebruik word om propaganda oor teenstanders en wereldtoestande te versprei. Hierdie propaganda kan of intern of ekstern aangewend word.

Gedurende die Vietnam-oorlog het die Joint United States Public Affairs Office en die Military Assistance Command saam 13 800 000 plakkate in 1969 vir doeleindes van die sielkundige sy van die oorlog gedruk en versprei. (Chandler : 1981).

Page 22: 4.2.2.3 Plakkate 4.2.2.4 Beeldende en skone kunste, en foto's€¦ · ook 'n voorbeeld. 4.2.3.3. Begrafnisse Die rol wat begrafnisse in onder meer die verbode Ierse Republikeinse

Politieke grafiese kuns word in sulke situasies van konflik en oorlog deur beide kante met dieselfde tegnieke en oogmerke aangewend, net soos soldate mekaar afmaai met identiese wapens. Met behulp van plakkate het oorlog *n massa-aangeleentheid geword (Philippe,1980:202).

Plakkate van oorlogsbeswaarders kan hieronder geklassifiseer word omdat hulle in konflik met die onderliggende beleid en die houding en optrede van die publiek met betrekking daartoe wil verander.

Haste (1977:147) verwys na die sogenaamde pasifiste wat glo dat oorlog uit en uit moord is. In 1914 is die No Conscription Fellowship in Brittanje op die been gebring, wat veral met godsdienstige anti-oorlogsgroepe saamgewerk het en ook baie intellektuele ondersteuning gehad het. Haste beweer dat hierdie groep se propagandametodes van die beste georganiseer was van bykans enige groep. Die groep het veral van pamflette en plakkate gebruik gemaak asook 'n gereelde tydskrif, die Tribunal, versprei. Die patriotiese pers het met eenvormige vyandigheid teenoor al die anti-oorloggroepe gereageer en het deur 'n kombinasie van metodes die beeld van verraaier rondom die groepe opgebou. In die afwesigheid van regeringsoptrede, het die patriotiese pers hul eie suksesvolle veldtog van stapel gestuur om hierdie anti-oorlog en pro-vrede aktiviste te diskrediteer (Haste, 1977:149).

5.4 Gevolgtrekking

Plakkaatboodskappe, wat essensieel op propagandategnieke steun, impliseer die gebruik van simbole, 'n teks en beelde om die bestemming te oorreed of te beinvloed. Yanker (1972:15) beklemtoon die feit dat alle groepe wat met massabestemmings kommunikeer,

Page 23: 4.2.2.3 Plakkate 4.2.2.4 Beeldende en skone kunste, en foto's€¦ · ook 'n voorbeeld. 4.2.3.3. Begrafnisse Die rol wat begrafnisse in onder meer die verbode Ierse Republikeinse

'i ,propagandisties is uit die aard van die tegnieke wat in plakkate gebruik word. Vanwee die kort boodskap en die beperkte*konSentrasiespan van kyker kan 'n plakkaat nie anders asvereenvoudig wees nie, omdat rasionele en lang argumente nie deur *n plakkaat gekommunikeer kan word nie.

Omdat die plakkaat spontaan ook deur kleiner groepe gebruik kan word, bly dit 'n hoogs toeganklike medium vir arm en kleiner organisasies en groepe, bv. studente, of bepaalde organisasies, soos oorlogsbeswaarders. Propagandaplakkate het Yi unieke funksie, nl. die verspreiding van kontroversiele idees na massagehoor. Daarom is dit'n hoogs effektiewe metode om politieke en ander kwessies deur middel van toepaslike visuele simbole uit te beeld en te populariseer.

Indien iemand sy teenstander of vyand as sleg wil uitbeeld, gebruik hy h monster as simbool vir daardie persoon of groep. Dieplakkaatpropagandis se taak met sy medium is om ou simbole uit te wis, nuwe assosiasies daar te stel en dit met nuwe simbole te vervang. Hierdie funksie is in sekere gevalle moeiliker as ander omdat die bron of kommunikator letterlik 'n gewetenskrisis moet skep deur gevestigde simbole aan te val en nuwes daar te stel. Dit neem bestaande simbole uit ander media en skep alternatiewe simbole daarvoor.

Die waarde van kuns in propaganda berus juis daarop dat abstrakte, meestal politieke idees verstaanbaar gemaak word deur visuele beelde en by plakkate word dit gedoen deur die visuele beeld met *n geskrewe boodskap te kombineer. Teen hierdie agtergrond is dit duidelik dat 'n persoon of organisasie met politieke of ander oogmerke van plakkate gebruik kan maak vir die verspreiding van oorredings- en beinvloedingskommunikasie.

Page 24: 4.2.2.3 Plakkate 4.2.2.4 Beeldende en skone kunste, en foto's€¦ · ook 'n voorbeeld. 4.2.3.3. Begrafnisse Die rol wat begrafnisse in onder meer die verbode Ierse Republikeinse

HOOFSTUK 6

<n ONTLEDING VAN ECC-PLAKKATE

6.1 Inleiding

In hierdie hoofstuk word na plakkate van die ECC, as een van die verskyningsvorme van alternatiewe media gekyk. Die EndConscription Campaign,* 'n organisasie wat hom vir die beeindiging van nasionale diensplig beywer, se ontstaan en struktuur sal kortliks beskryf word as voorspel tot sy werkswyse en aanwending van plakkate in die veldtog.

'n Reeks van 23 plakkate, wat vanaf Julie 1985 tot Mei 1987 verskyn het, sal aan die hand van voorafbepaalde kategoriee ontleed en bespreek word.

Die afkorting ECC word vry algemeen gebruik om na die organisasie te verwys. Hoewel daar h komitee is wat die aktiwiteite beheer, verwys die organisasie na homself as End Conscription Campaign, waarskynlik in 'n poging om die organisasie so vaag as moontlik te hou om juridiese ver- volging of administratiewe cptrede te probeer voorkom. END (Eindig Nasionale Diensplig) is die Afrikaanse been van die organisasie, wat egter nie baie aangetref word nie, omdat dit nie baie suksesvol was nie.

Page 25: 4.2.2.3 Plakkate 4.2.2.4 Beeldende en skone kunste, en foto's€¦ · ook 'n voorbeeld. 4.2.3.3. Begrafnisse Die rol wat begrafnisse in onder meer die verbode Ierse Republikeinse

6.2 Die End Conscription Campaign (ECC)

6.2.1 Ontstaan

Die ECC ontstaan na aanleiding van gewetensbeswaardes* wat geweier het om nasionale diensplig te doen in die lig van hul gewetenswroeginge oor oorlog. Oor hul ontstaan se die ECC : "Between 1979 and 1983 there was a steady stream of conscientious objectors who went to prison rather than into the SADF or into exile. Some of them were pacifists, some of them objected in particular to fighting an unjust war upholding apartheid. Consciences were stirred, opposition to serving in the SADF swelled" (ECC-pamflet : What is the End Conscription Campaign?).

Die wegbereiders vir hierdie beweging was die Konferensie van die SA Katolieke Biskoppe, die Black Sash en Nusas. As gevolg van 'n sameloop van verskeie faktore word die ECC in Oktober 1983 in Kaapstad gestig. Tydens die loodsingvergadering, waar sprekers soos Allan Boesak, Sheena Duncan en Alex Boraine optree, word 'n "Declaration of Intent" uitgereik. 'n Verbatim-weergawe van hierdie

Om as 'n godsdiensbeswaarde geklassifiseer te word, moet fo persoon se godsdienstige oortuigings in stryd wees daarmee om in 'n vegtende hoedanigheid in enige gewapende mag diens te doen, enige instandhoudingstake van 'n gevegsaard in die gewapende magte te verrig en in 'n militere uniform gekleed te wees; of om enige militere opleiding te ondergaan of enige taak in of in verband met enige gewapende mag te verrig (Verdedigingswet No. 44 van 1957, artikel 72D). Die Survey of Race Relations (1984:576) verwys ook spesifiek na die Wysigingswet op Verdediging No. 34 van 1983, waarin •n vierde kategorie van beswaardes bygevoeg is, nl. nie-godsdienstige beswaardes wat op morele en etiese gronde weier om diens te doen, en strafbaar is met 6 jaar gevangenisstraf.

Page 26: 4.2.2.3 Plakkate 4.2.2.4 Beeldende en skone kunste, en foto's€¦ · ook 'n voorbeeld. 4.2.3.3. Begrafnisse Die rol wat begrafnisse in onder meer die verbode Ierse Republikeinse

verklarmg „ord in C0SAWR- , * oorsese orga„lsa3ie uat gewetensbeswaardes in Suid-Afrika bystaan an hulp aan hull. v.rl.en s. publikasie "Resister" (F.bruarie/Maart 1095:6) aangetref anhangsel 8 ). In hiendie publikasie verwys COSAWR ook na homself

as die "external auppont base" vir die Suid-Afrikaanse veldtog teen

Oor die Verdedigingswet (Wet No. 44 van 1957), wat in 1963 gewyaig is, se die ECC : ..... this ^ ^ lnadequate ^ ^

punitive. People began to see it was not so „uch the narrowness ofCO recognition which waa the problem. but conscription itself(kursivenng bygevoeg). (ECC-pamflet: What is the End Conscription Campaign?).

Aan die hand van voorefgaande blyk dit dat die ECC se doelwitte »yer strek as h veldtog vir alternatie.e vorn,e van diensplig *veldtog is .at vanuit Pssifisn,e teen diensplig i„ dle SA Veermag ^sodamg is. Die Nasionale President, Nic Borsin, sS gedurende Junie

(Frontline, Junie 1987;7, dat die Ec(, ^ ^"largest-ever-anti-apartheid group working .... in South Africa„ ls

Committee on South African War Resistance

Page 27: 4.2.2.3 Plakkate 4.2.2.4 Beeldende en skone kunste, en foto's€¦ · ook 'n voorbeeld. 4.2.3.3. Begrafnisse Die rol wat begrafnisse in onder meer die verbode Ierse Republikeinse

6.2.2 Struktuur

ln Nasionale Uitvoerende Komitee met 'n heeltydse nasionale sekretaresse in Johannesburg, en 'n rondreisende nasionale organiseerder, bestuur die aktiwiteite van die organisasie onder die leiding van h nasionale president.

D:’.s 2CC het 9 takke in Suid-Afrika - Durban, Pietermaritzburg, Oos-London, Grahamstad, Port Elizabeth, Stellenbosch, Kaapstad, Johannesburg en Pretoria. Hiervan is minstens 3 kantore by kampusse. ( Sien Aanhangsel 9 vir organigram)

Elke takkantoor het sy eie Uitvoerende Komitee wat met die Nasionale Uitvoerende Komitee skakel. Die onderskeie streekskomitees behartig die aktiwiteite in daardie streek ter bevordering van die ECC se doelstellings op die plaaslike terrein.

Die ECC dien as oorkoepelende binding vir ongeveer 52 lede-organisasies, wat kerk-, vroue-, studente-, politieke en menseregte-organisasies insluit (Pamflet : The End Conscription Campaign). Die ECC glo dat hul sterkte juis gelee is daarin dat hulle "bree ondersteuning" geniet van mense met "politieke,

Page 28: 4.2.2.3 Plakkate 4.2.2.4 Beeldende en skone kunste, en foto's€¦ · ook 'n voorbeeld. 4.2.3.3. Begrafnisse Die rol wat begrafnisse in onder meer die verbode Ierse Republikeinse

godsdienstige en kulturele belange" (Frontline, Junie 1987:7). Die War Resisters League (1986) is juis van mening dat 'n verskeidenheid van groepe en oganisasies van groot belang is vir oorlogteenstanders omdat sodanige groepe, elk met eie voordele en moontlikhede, die organisasie se hand sterk om 'n verskeidenheid van geidentifiseerde subkulture en -groepe te bereik.

Kerkleiers speel ook 'n belangrike rol in die "progressiewe" leierskap van die gemeenskap, terwyl die beginsels van feministiese groepe en die van sg. nie-gewelddadige organisasies opvallend ooreenstem, want beide glo dat die doel die middele heilig (WRL, 1986:106). Vakbonde kan ook net soveel help om die uiteindelike doel te bereik aangesien hierdie unies uitsluitlik bestaan om die waardigheid van die werkers te beskerm (WRL, 1986:116).

Elke streek het weekliks of twee-weekliks 'n algemene vergadering waar praktiese en beleidsbeslissings geneem word. Die werklike aktiwiteite van die veldtog word dan deur verskeie sub-komitees (kerkgroep, skoolgroep, kultuurgroep en mediagroep) gedoen, terwyl twee ander meer informele groepe hulle vir werwing en kontak beywer, asook vir die opleiding van nuwe lede. Daar word werkswinkels en seminare aangebied waar aktuele kwessies bespreek word. Elke plaaslike voorsitter woon die Nasionale Komitee se vergaderings by om die oorhoofse doelstellings en nasionale strategie te bespreek.

Page 29: 4.2.2.3 Plakkate 4.2.2.4 Beeldende en skone kunste, en foto's€¦ · ook 'n voorbeeld. 4.2.3.3. Begrafnisse Die rol wat begrafnisse in onder meer die verbode Ierse Republikeinse

6.2.3 Doelstellings

Ten einde die ECC se doelstellings, soos deur die organisasie geformuleer, sinvol te bespreek, moet as vertrekpunt die SA Weermag se taak en funksies, soos omskryf in die Verdedigingswet (Wet No. 44 van 1957, artikel 1), gegee word. Diens en opleidingsplig van Suid-Afrikaanse burgers hou verband met "diens ter verdediging van die Republiek" (militere diens) en "optrede ter verdediging van die Republiek" (militere optrede): in oorlogstyd, of in verband met die nakoming van die verpligtings van die Republiek wat uit enige ooreenkoms tussen die Republiek en enige ander Staat ontstaan; of ter voorkoming of onderdrukking van enige gewapende konflik buite die Republiek wat die veiligheid van die Republiek bedreig of mag bedreig. Behoudens hierdie Wet kan elke blanke man wat in die Republiek woon, verplig word om tussen sy twaalfde en sewentiende jaar opleiding as kadet te ondergaan, en tussen sy sewentiende en sy vyf-en-sestigste jaar in die SA Weermag diens soos voorgeskryf, te doen. Hierdie diens het ten doel om die Republiek te verdedig, terrorisme te voorkom of te onderdruk, binnelandse onluste te voorkom of te onderdruk, en die lewens, gesondheid of eiendom, ter instandhouding van die noodsaaklike dienste, te verrig.

Die ECC se motivering is gelee " ... in the fundamental belief that individuals should have the freedom to choose whether or not to participate in the SADF" (ECC-pamflet: What is the End Conscription Campaign?).

Hul hoofsaaklike oogmerk is uiteraard die beeindiging van die huidige dienspligstelsel. Die ECC spesifiseer dat hulle nie soseer teen vrywillige nasionale diens gekant is as teen verpligte krygsdiens nie. Die ECC-lede is wel bereid om die land steeds by

Page 30: 4.2.2.3 Plakkate 4.2.2.4 Beeldende en skone kunste, en foto's€¦ · ook 'n voorbeeld. 4.2.3.3. Begrafnisse Die rol wat begrafnisse in onder meer die verbode Ierse Republikeinse

wyse van nasionale projekte soos die bou van hospitale vir swartes, die oprigting van parke in Alexandra, die verbetering van ouetehuise en dies meer te dien (ECC-pamflette : Working for a Just Peace).

Die ECC se dat Suidwes-Afrika "onwettig" beset" word, en dat 'n "onregverdige oorlog teen buurstate" gevoer word. Dienspligtiges help met die toepassing en verdediging van 'n "apartheidsbeleid", en diegene wat weier, word met die keuse van 'n uitgeweke lewe of h moontlike ses jaar in die tronk gekonfronteer. Laastens is die ECC daarvan oortuig dat die finansiele koste van die oorlog die armoede van die RSA verskerp, en dat daardie geld eerder in die belang van vrede aangewend moet word (ECC-pamflet : Count the Cost of War).

Een van die ECC se grootste besware is gemik teen die gebruik van soldate en Nasionale Dienspligtiges in swart woonbuurte, en daar- om bepleit hulle 'n alternatiewe, nie-militgre diens vir almal in Suid-Afrika, en vra dat veral gewetensbesware* gerespekteer sal word. Hulle beywer hulle vir "opbouende gemeenskapsdiens" wat oor rassegrense heen reik, en "brQe na 'n beter toekoms bou" (ECC- pamflet : Werk vir 'n Regverdige Vrede).

* Die wetsartikel oor godsdiensbeswaardes maak voorsiening slegs vir religieuse besware, en nie politieke besware wat bv uit pasifisme ontstaan nie (sien bladsy 107 vir omskrywing van pasifisme), en indien sodanige besware wel aangeteken word, is dit strafbaar met 6 jaar gevangenisstraf (Wysigingswet op Verdedging No 34. van 1983).

Page 31: 4.2.2.3 Plakkate 4.2.2.4 Beeldende en skone kunste, en foto's€¦ · ook 'n voorbeeld. 4.2.3.3. Begrafnisse Die rol wat begrafnisse in onder meer die verbode Ierse Republikeinse

Die ECC is van mcning dat daar- wol vrndevolle a 1 terriat. i owe vir oorlog is, en verwys na hulself as 'n bree groepering van godsdienstige, pasifistiese, studente- en politieke organisasies, wat verenig is rondom die oortuiging dat verpligte diens in Suid-Afrika onnodig is, en geen bydrae tot 'n "vredevolle alternatief" vorm nie. Hulle pleit vir meer alternatiewe vir dienspligtiges, aangesien slegs godsdienstige pasifiste tans geakkommodeer word (ECC-pamflet : Who is ECC?). Die ECC sehoofsaaklike doelstellings word in die "Declaration of Intent" (Aanhangsel 10) saamgevat.

Omdat die ECC se besware ook politieke oogmerke dien (wat duidelik blyk vanuit die feit dat hulle politieke lede-organisasies het, en hul eie uitsprake (ECC Focus, Augustus 1987:12)), word hier kortliks verwys na enkele politici se uitlatings oor die ECC.

Daar is steun en teenkanting vanuit die blanke politieke arena oor die organisasie, soos blyk uit die toesprake van LP's wat aan die debat oor die Begrotingspos: Verdediging in die pas afgelope sitting deelgeneem het.

Mnr Danie van Gend, NP-LP vir Groote Schuur (Hansard : September 1987:kolom 5995) se dat die ECC streef na die beeindiging van verpligte nasionale diensplig. Teen hierdie agtergrond poog die organisasie om die SA Weermag as bedreiging vir vrede en as "bewaker van 'n onregverdige stelsel" voor te hou; om dieverdedigingsbesteding verdag te maak; om die skoolkadetstelsel en kapelaansdiens in diskrediet te bring; en om oorsese steun vir hul veldtog, wat geldelike steun insluit, te verkry.

Page 32: 4.2.2.3 Plakkate 4.2.2.4 Beeldende en skone kunste, en foto's€¦ · ook 'n voorbeeld. 4.2.3.3. Begrafnisse Die rol wat begrafnisse in onder meer die verbode Ierse Republikeinse

Mnr Hulley van die PFP verwys na die voormalige leier van die PFF, dr Van Zyl Slabbert se toespraak vir die PFP se beleidstandpunt oor die ECC. Dr Van Zyl Slabbert (Hansard, Mei 1985:kolom 6655) het by daardie geleentheid beklemtoon dat die PFP ten gunste van die uitfasering van militere diensplig is, omdat die party van mening is dat selektiewe blanke, verpligte militere diensplig h "bron van konflik en spanning" in 'n veelvolkige land kan word. Sodoende kan die status en paraatheid van die SA Weermag in die toekoms ondermyn word. Die PFP se standpunt beteken egter nie dat daar geen weermag behoort te wees nie, maar dat dit vrywillig moet wees.

Mnr Van Rensburg, voormalige PFP-lid wat egter as Onafhanklike in die laaste verkiesing gestaan het, verwys ook daarna dat die PFP se Jeugbeweging gedurende 1987 besluit het om weg te beweeg van die kapitalistiese ekonomiese stelsel, en 'n meer sosio-demokratiese of welsynstaatbestel voor te staan, en "om sterker bande met meer radikale organisasies, soos die End Conscription Campaign en die United Democratic Front te smee" (Hansard, Februarie 1987:kolom 971).

Dit is duidelik dat die ECC hulself as h pasifistiese organisasie beskou wat beswaar teen die huidige dienspligstelsel aanteken. Tydens 'n ECC-verteenwoordiger, Laurie Nathan, se besoek in Junie 1987 aan die VSA (as gas van die United Nations en War Resisters League van New York), het die New York City Council 'n besluit aanvaar waarin die werk van die ECC in Suid-Afrika ondersteun word. Hierin word die "abhorrence of apartheid" en "support for ECC and all the democratic organisations working for peace with justice in South Africa" beklemtoon. Hierdie besware is dus nie soveel teen die dienspligstelsel, as teen die SA Weermag en hul verbondenheid met die bestaande regime in Suid-Afrika gekant nie.

Page 33: 4.2.2.3 Plakkate 4.2.2.4 Beeldende en skone kunste, en foto's€¦ · ook 'n voorbeeld. 4.2.3.3. Begrafnisse Die rol wat begrafnisse in onder meer die verbode Ierse Republikeinse

In antwoord op 'n artikel van die Nasionale President (Frontline, Junie 1987:7) se Heitman (Frontline, Oktober/November 1987:38) dat die ECC se belangrikste doelstelling, naamlik om druk op die Regering te plaas om die dienspligwet te verander, "but a means to an end" is; "the end being the removal of the present government".

6.2.4 Werkswyse

Die War Resisters League, 'n groot pasifistiese organisasie in die VSA, en gesetel in New York (1986:14) se dat pasifisme of geweldloosheid die enigste metode is om op 'n konfliksituasie (soos die Nasionale Dienspligstelsel in Suid-Afrika) te reageer, omdat dit die mag het om fundamentele veranderinge mee te bring. Die gebruik van nie-gewelddadigheid, se die organisasie (WRL, 1986:12) is so oud as die geskiedenis self, en daar word talle voorbeelde gevind van mense wat op nie-gewelddadige wyse geweier het om deel te he aan onregverdighede ("injustices"). Wat egter nuut is, is die fusie van nie-geweld met die stryd van die massa teen onderdrukking. (Die Nasionale President van die ECC se dat die organisasie nie teen alle geweld per se is nie, en dat daar pasifiste sowel as nie-pasifiste aan die veldtog deelneem (Frontline, Junie 1987:7).

In 'n "Organizers Manual" van die WRL word talle onderwerpe soos pasifisme, (wat volgens die publikasie aansluit by sosialisme), anargisme en politiek, bespreek (WRL, 1986). 'n Geskilpunt onder sommige pasifiste handel daaroor of alle geweld, ongeag die doel of omstandighede waaronder dit plaasvind of dit veroorsaak, verdoem moet word. Die War Resisters League (1986:14) voel dat so "n standpunt van morele neutraliteit onmoontlik is. "Our unwavering commitment to non-violence does not mean that we are hostile to revolutionary movements. Clearly we have to distinguish between the

Page 34: 4.2.2.3 Plakkate 4.2.2.4 Beeldende en skone kunste, en foto's€¦ · ook 'n voorbeeld. 4.2.3.3. Begrafnisse Die rol wat begrafnisse in onder meer die verbode Ierse Republikeinse

violence of the current regime in South Africa - which is criminal - and that of those struggling against it, which, by contrast, is tragic. Those who remain neutral are to a degree complicit with the status quo which perpetuates violence".

Hier moet spesifiek melding gemaak word van die feit dat die ECC moreel en finansieel deur die War Resisters League ondersteun word (Cape Times, 1987:13), asook dat COSAWR ook morele en finansiele ondersteuning aan Suid-Afrikaanse gewetensbeswaardes, en ook die ECC verleen (COSAWR Resister: Februarie/Maart 1985:6).

Teen die bogenoemde agtergrond sien die ECC sy eerste taak om almal wat teen nasionale diensplig gekant is, te verenig en bymekaar te bring. Die volgende stap is om mense bewus te maak van die aard en bedrywighede van die SA Weermag. Sodoende poog die ECC om die Regering te dwing om kennis te neem van hierdie sentimente oor diensplig, om besware te erken en 'n alternatiewe vorm vir verpligte diens daar te stel (ECC-pamflet : Who is ECC?).

Die ECC se belangrikste motief is op die oog af alternatiewe vorme van nasionale diensplig. Hy beywer hom veral vir die reg van individue om 'n vrye keuse oor hul toekoms te maak. Hierdie denklyn hang saam met die beskouing oor kapitalisme versus sosialisme. "Capitalism trains men and women to follow orders. Socialism believes in political freedom, in free speech, in democracy" (WRL, 1986:21). Die ECC se media versprei juis hierdie boodskap dat die individu toegelaat moet word om sy eie keuse te maak.

Page 35: 4.2.2.3 Plakkate 4.2.2.4 Beeldende en skone kunste, en foto's€¦ · ook 'n voorbeeld. 4.2.3.3. Begrafnisse Die rol wat begrafnisse in onder meer die verbode Ierse Republikeinse

Die organisasie bou in sy veldtog teen nasionale diensplig verskeie veldtogte rondom bepaalde temas soos "Working for a Just Peace", "ECC's Right to Speak", "Tie a Yellow Ribbon Campaign - Troops out of the Townships", en "National Peace Festival".

"It is through these projects and campaigns that the ECC is contributing towards the type of society where peace and justice will be a reality, and where war and inequality will be past history" (ECC-pamflet : What is the End Conscription Campaign?).

Dit kom voor of die bestaande staatsbestel bevraagteken word ten einde die moreel van die veiligheidsmagte te verswak : "The more support our opponents lose, the less likely they will be able to sustain their oppression, and the more they will be forced to

9

change. A desirable outcome of a conflict depends not only on the unity and morale of one side, but also on the morale - or lack of it - on the other side" (WRL, 1986:14).

In hierdie veldtogte benut die ECC verskeie vorme van media. Hierdie media (dit word in die volgende paragraaf bespreek), vertoon verskeie van die prominente kenmerke van die alternatiewe media (sien Hoofstuk 3), soos dat daar geen advertensies in aangetref word nie, en dus geen of min inkomste hierdeur gegenereer word nie; dat daar hoogs selektief en baie subjektief van fotos en opskrifte, sowel as artikels en berigte gebruik gemaak word; en dat talle van

Page 36: 4.2.2.3 Plakkate 4.2.2.4 Beeldende en skone kunste, en foto's€¦ · ook 'n voorbeeld. 4.2.3.3. Begrafnisse Die rol wat begrafnisse in onder meer die verbode Ierse Republikeinse

die berigte of artikels 'n radikale of anargistiese* kleur het. Die ECC maak self die uitspraak dat hulle 'n aktivistiese groep is in een van hul publikasies (Out of Step, 1987:8), wat juis een van die belangrikste kenmerke van die alternatiewe media en hul kommunikators is.

Die ECC benut talle vorme van media, soos plakkate, pamflette, baniere, buf ferplakkers, popmusiekkasette en films, asook ’.ie kulturele vorms van kommunikasie, soos teater (sien Aanhangsel 11 vir ECC-media ). 'n Kabaret is gedurende Oktober 1986 opgevoer, genaamd "Noise and Smoke". Filmvertonings met anti-oorlog temas en -onderwerpe word vertoon, en soms word daar selfs pamflette na die vertoning uitgedeel waarin die film bespreek word, soos na 'n vertoning van "Hair" in Johannesburg (Aanhangsel 12).

Daarbenewens reel die ECC ook pieknieks en feeste, soos die National Peace Festival gedurende 1987 wat met feeste en pieknieks in verskeie stede gepaard gegaan het. Die WRL (1986:72) se dat sodanige "vredesfeeste" effektief is omdat dit diegene wat geweld afkeur, byeenbring; dit mense meer leer omtrent die geskiedenis, metodes, style en tradisies van nie-geweld; dit die eie gemeenskap

Die onderliggende filosofiese basis van anargisme behels 'n positiewe en negatiewe beginsel. Anargiste is teen alle vorme van ge'institusionaliseerde gesag, soos gesimboliseer deur die Regering en Staat, en is vir die "vryheid" van die individu om sy/haar lewe te beheer. Sosiale anargisme is 'n politieke filosofie vir aktiviste, eerder as teoretici, aldus die WRL (1986:23).

Page 37: 4.2.2.3 Plakkate 4.2.2.4 Beeldende en skone kunste, en foto's€¦ · ook 'n voorbeeld. 4.2.3.3. Begrafnisse Die rol wat begrafnisse in onder meer die verbode Ierse Republikeinse

- Ill -

binne die organisasie verenig rondom die beplanning vir die geleentheid; dit nuwe geleenthede vir verdere betrokkenheid in nie-gewelddadige strewes skep; nuwe bruikbare persone bekendstel en laastens publisiteit aan die veldtog verleen.

Die publikasie (WRL, 1986:179), verwys ook pertinent na 'n "vigil" of waak vir sekere sake ("causes") wat ten beste 'n baie delikate en hoogs emosionele instrument vir kommunikasie is. Die ECC se waak vir Philip Wilkerson, 'n gewetensbeswaarde (waarvan daar ook 'n plakkaat ontleed word), is 'n goeie voorbeeld van hierdie "kommunikasiemedium".

6.2.5 Samevatting

Uit die ECC se doelwitte en werskwyse, en sy eie uitsprake, blyk dit duidelik dat die organisasie 'n belangegroep is, wie se oogmerke dui- delik verskil of "afwyk" van die waardestelsel van die bree blanke massa wat die gevestigde orde steun, of verandering binne die geves- tigde orde nastreef.

Die ECC wil 'n "alternatiewe" waardestelsel bevorder, en dit volg logies dat die organisasie veral van alternatiewe media, soos geidentifiseer na aanleiding van die algemene kenmerke van die alternatiewe media, gebruik sal maak in die lig van hul afwykende boodskap wat nie altyd, volgens die lede, voldoende tot die konvensionele media toegelaat word nie.

Page 38: 4.2.2.3 Plakkate 4.2.2.4 Beeldende en skone kunste, en foto's€¦ · ook 'n voorbeeld. 4.2.3.3. Begrafnisse Die rol wat begrafnisse in onder meer die verbode Ierse Republikeinse

Dit blyk duidelik uit die uitlatings van die WRL en COSAWR dat organisasies wat teen oorlog gekant is en dit teenstaan, uit watter hoofde ook al, gemeenskaplike kenmerke en werkswyses het, soos sosialistiese en anargistiese oortuigings, en die aanwending van bepaalde media om hierdie "afwykende boodskap" te versprei.

Daar moet in gedagte gehou word dat die grens tussen "wettige" en "onwettige" optrede, volgens die toepaslike wette, baie nou is. In hierdie verband se Stuart (1986:133) : "In the last few years, a strong anti-conscription movement has developed in South Africa. This movement treads a thin line between legality and illegality. Its call is one which directs itself against the policy of carpulsory conscription for certain population groups in South Africa. Such a call does not transgress the prohibition contained in Section 121, because it does not directly call upon persons not to render military service. Statements by pacifist or disarmamentorganisations, or their members, may be published so long as they do not constitute a direct call upon persons not to comply with their obligations under the Defence Act" (kursivering bygevoeg). Hoewel dit gemeen kan word dat die organisasie nie teen die Staat en Regering is nie, maar slegs teen diensplig, kan dit so blyk omdat die ECC hom nie direk teen die Regering uitspreek nie, maar slegs indirek.

Die ECC is dus benewens vir 'n alternatiewe stelsel van nasionale diens, minstens indirek gekant teen die bestaande dienspligstelsel en die SA Weermag. Voorts is geweld per se nie verkeerd vir 'n sogenaamde pasifistiese organisasie nie : "Violence is fine as long as it is being practised by the side which one approves", se Heitman (Frontline, Oktober/November 1987:38) van die ECC.

Page 39: 4.2.2.3 Plakkate 4.2.2.4 Beeldende en skone kunste, en foto's€¦ · ook 'n voorbeeld. 4.2.3.3. Begrafnisse Die rol wat begrafnisse in onder meer die verbode Ierse Republikeinse

6.3 Ontleding van ECC-plakkate

•n Ontleding van die inhoud van 23 ECC-plakkate word in hierdie afdeling bespreek.

6.3.1 Metode

Inhoudsontleding word omskryf as 'n "... systematic, objective analysis of written communications for the purpose of making judgements about the communications, their sender and related political variables. Content analysis may be broken down into a number of related operations ..."(Plano, et al.,1982:27).

Die belangrikste eienskappe van inhoudsontleding is dat dit altyd in 'n sosiale konteks plaasvind; dat dit van toepassing is op die bepaling van die invloed van kommunikasieboodskappe; en dat dit veral ook toepaslik is op die sintaktiese en semantiese taalvlakke. Dit moet voorts objektief, sistematies en kwantifiseerbaar wees (sien onder meer Krippendorff, 1969 & Holsti, 1969).

Kotze & Van Wyk (1980:80) se die tegniek is gebaseer op die ontleding van die frekwensie van 'n woord, sin of tema, en dat dit 'n effektiewe wyse is om begrip oor politieke onderwerpe tot kommunikasiebronne aan te vul.

Inhoudsontleding word aan die hand van voorafbepaalde kategoriee gedoen, wat wedersyds uitsluitend moet wees. Ondubbelsinnigheid en "uitputtendheid", wat voorkom dat leemtes in die ontledings gelaat word, is ook van die belangrikste vereistes vir die daarstelling van kategoriee.

Page 40: 4.2.2.3 Plakkate 4.2.2.4 Beeldende en skone kunste, en foto's€¦ · ook 'n voorbeeld. 4.2.3.3. Begrafnisse Die rol wat begrafnisse in onder meer die verbode Ierse Republikeinse

Inhoudsontleding is hoofsaaklik kwantitatief van aard, wat verwys na frekwensietellings van items in die onderskeie kategoriee. Kwantitatiewe analise verwys veral na 'n statistiese tegniek om beskrywende data oor inhoudskenmerke of -veranderlikes te kry. Dit tabuleer die frekwensie van die inhoudskenmerke soos dit in die ontledings na vore kom (George, 1959:78). Inhoudsontleding word ook dikwels op propaganda-boodskappe toegepas (propaganda-ontleding). By boodskappe met 'n meer "propagandistiese inhoud" is kwantitatiewe ontledings egter dikwels gebrekkig, omdat propagandaboodskappe 'n meer latente (teenoor manifeste) inhoud het. Om hierdie leemte te vul, word daar bykomend van meer kwalitatiewe ontledings gebruik gemaak.

Kwalitatiewe ontledings verwys na verskeie aspekte van navorsing, onder meer na 'n impressionistiese en buigsame prosedure om beskrywende waarnemings oor inhoudskenmerke te maak. Kwalitatiewe ontledings veronderstel 'n tweeledige benadering teenoor die kwantitatiewe metode se eksakte metingmetodes. Veral buigsaamheid is van groot belang, omdat die kommunikators van propaganda dikwels irrelevante inhoud in hul boodskappe insluit en hul strategies dikwels verander word. Daarbenewens is strukturele boodskappe van groot belang in propaganda- of oorredingskommunikasie (George, 1959:89).

Waar die ECC se plakkate in hierdie studie ontleed sal word, sal daar benewens die kwantitatiewe ontleding ook na kwalitatiewe ontledings verwys word.

6.3.2 Reuse van plakkate vir ontleding

Verskeie probleme is met die bepaling van die populasie waaruit Vi steekproef getrek kon word, ondervind.

Page 41: 4.2.2.3 Plakkate 4.2.2.4 Beeldende en skone kunste, en foto's€¦ · ook 'n voorbeeld. 4.2.3.3. Begrafnisse Die rol wat begrafnisse in onder meer die verbode Ierse Republikeinse

Elke tak van die ECC organiseer sy eie streeksgebonde veldtog rondom 'n nasionale tema wat dikwels vir al die kantore geld. Dieonderskeie tak- en kampuskantore soos Johannesburg, Durban, Witwatersrand en Grahamstad stel hul eie plakkate op en versprei dit. Dit beteken dus dat plakkate slegs in enkele gevalle landswyd uitgereik en versprei word.

Sekere van die ECC se aktiwiteite en plakkate val onder die bepalings van die Nasionale Noodtoestand, wat op 12 Junie 1986 afgekondig is (Staatskoerant 10279 van 12 Junie 1986). Verskeie van die organisasie se media is hiervolgens verbode. Uit vrees vir polisie-optrede is talle plakkate vernietig. Die gevolg is dat die ECC se nasionale argief, wat in Kaapstad gelee is, nie 'n volledige rekord van alle plakkate het nie. Laastens word daar geen datum op die plakkate aangetref nie, wat meegebring het dat die nasionale sekretaresse* die vrystellingsdatum by benadering herroep het.

•n Bykomende faktor by die keuse van plakkate, is dat die organisasie hoofsaaklik plakkate rondom bepaalde veldtogte opstel en versprei, hoewel daar enkele "langtermyn-plakkate" is wat *n deurlopende nasionale waarde het.

Plakkate wat verskyn het tussen Junie 1985 tot Mei 1987 (24 maande), en wat wel opgespoor kon word, is in die ontleding gebruik. Volledigheidshalwe word enkele plakkate wat tussen Julie en September 1987 verskyn het, aanvullend bespreek. Vir dieontledings word daar dus *n totaal van 23 plakkate gebruik.

* Persoonlike mededeling deur nasionale sekretaresse te Johannesburg op 9 September 1987.

Page 42: 4.2.2.3 Plakkate 4.2.2.4 Beeldende en skone kunste, en foto's€¦ · ook 'n voorbeeld. 4.2.3.3. Begrafnisse Die rol wat begrafnisse in onder meer die verbode Ierse Republikeinse

6.3.3 Kategoriee

Die hoofsaaklike kategoriee waarin die plakkate van die ECC ontleed sal word, sal kyk na simbole, slagspreuke of trefwoorde, wat op elke plakkaat aangetref word, en veldtogte waartydens die plakkaat uitgereik is asook na die kantoor van vrystelling. Hierbenewens sal daar ook gekyk word na die gebruik van kleur in, en die ontwerp/styl van die plakkate.

6.3.4 Rangskikking van plakkate

As eerste stap in die ontleding self moes die beskikbare plakkate georden word. Dit is chronologies gedoen, en die plakkate is volgens datum genommer. (Tabel 6.1).

Page 43: 4.2.2.3 Plakkate 4.2.2.4 Beeldende en skone kunste, en foto's€¦ · ook 'n voorbeeld. 4.2.3.3. Begrafnisse Die rol wat begrafnisse in onder meer die verbode Ierse Republikeinse

TABE1- 117 -

L 6.1No. Onderwerp (titel) Datum Uitgereik deur

1 Stop the Call Up Junie 1985 Wits*

2 Towards a Just Peace in SA Junie 1985 Nasionaal

3 SADF get out September 85 Kaapstad

4 He doesn't look like a terrorist Oktober 85 Durban

5 No apartheid War Oktober 85 Johannesburg

6 Eindig Nasionale Diensplig November 85 Nasionaal

7 Troops out of the Townships November 85 Johannesburg

8 Stop the Call Up (kalender) Desember 85 Johannesburg

9 Day of Concern April 1986 Kaapstad

10 Peace Rally April 1986 Johannesburg11 Towards a Just Peace Mei 1986 Kaapstad12 Stop SADF Terror Mei 1986 Nasionaal

13 Toys are for cuddling Desember 86 Durban

14 Don't give a war toy this Christmas Desember 86 Durban

15 Do I have to fight in the SADF? Januarie 87 Wits

16 A Civil war is not very relaxing Februarie 87 Johannesburg

17 On Trial Maart 1987 Wits

18 Vigil Maart 1987 Kaapstad19 Prisoners of War Maart 1987 Johannesburg20 Algemene Verkiesing in SA April 1987 Nasionaal21 Is War the Cost of Living Mei 1987 Nasionaal22 WAR Mei 1987 Kaapstad23 ECC-fair Mei 1987 Nasionaal

* Universiteit van die Witwatersrand

Page 44: 4.2.2.3 Plakkate 4.2.2.4 Beeldende en skone kunste, en foto's€¦ · ook 'n voorbeeld. 4.2.3.3. Begrafnisse Die rol wat begrafnisse in onder meer die verbode Ierse Republikeinse

Fotos van plakkate

t h e c a l l u p

Hieronder volg fotos van die plakkate, met 'n meegaande op.o-.ing onderaan elke bladsy.

ianiTflflBSD COHSOBnnOB OAMBUSN

PEACE FESTIVAL

28-30 JUNE(wrrs .mnyEESOT.CONTACT YOUB. LOCAL BCC AT.

Simbool = • 0°rl°gs*°SS" = SAW/oorlog

Trefwoord

Veldtog

Kleur

Ontwerp/styl

Opmerkings

Call Up, Peace

Stop the Call Up

Rooi

Modern en geometries

Treffend, opvallende kleurkombinasies,min teks

Page 45: 4.2.2.3 Plakkate 4.2.2.4 Beeldende en skone kunste, en foto's€¦ · ook 'n voorbeeld. 4.2.3.3. Begrafnisse Die rol wat begrafnisse in onder meer die verbode Ierse Republikeinse

No 2

Simbool

Trefwoord

Veldtog

Kleur

Ontwerp/styl

Opmerkings

Duiwe, breek ECC-ketting = vrede oorwin oorlog en onderdrukking

Call Up, Just peace

Stop the Call Up

Geel

Modern en geometries

Opvallende styl, lees maklik; veral ECC-ketting is opvallend.

f> f4 i

1

Page 46: 4.2.2.3 Plakkate 4.2.2.4 Beeldende en skone kunste, en foto's€¦ · ook 'n voorbeeld. 4.2.3.3. Begrafnisse Die rol wat begrafnisse in onder meer die verbode Ierse Republikeinse

No 3

Simbool

Trefwoord

Veldtog

KleurOntwerp/styl Opmerkings

Onrusvoorvalle gemerk met SAW-kenteken = SAW

SADF, Border

Troops out of the townships

Rooi

Realistiese skets

Die gebruik van rooi suggereer die antagonisme teenoor SA. Die boodskap is dat die grens nou binne SA is, en dat die SAW onwettig buite SA se grense is.

Page 47: 4.2.2.3 Plakkate 4.2.2.4 Beeldende en skone kunste, en foto's€¦ · ook 'n voorbeeld. 4.2.3.3. Begrafnisse Die rol wat begrafnisse in onder meer die verbode Ierse Republikeinse

Collection Number: AG1977

END CONSCRIPTION CAMPAIGN (ECC)

PUBLISHER: Publisher:- Historical Papers Research Archive

Location:- Johannesburg

©2013

LEGAL NOTICES:

Copyright Notice: All materials on the Historical Papers website are protected by South African copyright law and may not be reproduced, distributed, transmitted, displayed, or otherwise published in any format, without the prior written permission of the copyright owner.

Disclaimer and Terms of Use: Provided that you maintain all copyright and other notices contained therein, you may download material (one machine readable copy and one print copy per page) for your personal and/or educational non-commercial use only.

People using these records relating to the archives of Historical Papers, The Library, University of the Witwatersrand, Johannesburg, are reminded that such records sometimes contain material which is uncorroborated, inaccurate,

distorted or untrue. While these digital records are true facsimiles of paper documents and the information contained herein is obtained from sources believed to be accurate and reliable, Historical Papers, University of the Witwatersrand has not independently verified their content. Consequently, the University is not responsible for any errors or

omissions and excludes any and all liability for any errors in or omissions from the information on the website or any related information on third party websites accessible from this website.

This document is part of a collection held at the Historical Papers Research Archive at The University of the

Witwatersrand, Johannesburg, South Africa.