42.6 die nuwe lewe (ledemate is vir mekaar verantwoordelik ...€¦ · soms kan jy ʼn wesenlike...

3
42.6 DIE NUWE LEWE (Ledemate is vir mekaar verantwoordelik 2) 1. Ysbreker: Wanneer is snaaks nie meer snaaks nie 2. Openingsgebed, verwelkoming en gesinsverklaring: 3. Afkondigings en sang: 4. Lees Romeine 12: 5 en 1Korintiërs 12: 26 5. Dit is waar dat as een deel van die liggaam ly, die hele liggaam ly. Wat staan die res van die liggaam dan te doen? (Dink aan die wittbloed- liggaampies in jou bloed met infeksie) Witbloedliggaampies gaan veg waar die liggaam seergekry het (infeksies, wonde). Wanneer lidmate seerkry, moet ander naderstaan en troos. Dit moet die emosie wek soos wat ʼn boetie/sussie na die een wat seergekry het toe stap en probeer meeleef; soms kan jy ʼn wesenlike verskil maak, ander kere is net jou blote teenwoordigheid en belangstelling vertroostend genoeg 6. Het Romeine 12: 15 enige verband met 1Kor 12: 26? Wat is die verantwoordelikheid van gelowiges teenoor mekaar? Die verband tussen bg 2 tekste is dat gelowiges na mekaar toe moet leef. Soms is daar geen ander ondersteuningsraamwerk behalwe medegelowiges nie. Van die sterkste bande wat daar bestaan, is tussen gelowiges. Ons het dieselfde Hoof, dieselfde Gees woon in ons, dieselfde bloed het ons van ons sonde gereinig (lees gerus Ef 4: 3-6). 7. Praat oor die mate van opoffering waaroor Paulus in Gal 4: 15 skryf. Wat is ons bereid om vir mekaar te doen? Paulus sê dat hy en die Galasiërs só heg aan mekaar verbind was, dat hulle as’t ware hulle oë vir hom sou gee as hy dit sou vra (besondere groot opofferings sou maak). Hy is hanteer asof Christus self. Soms wil ons nie vinger verroer om iemand se probleme te help verlig nie, want ons is bloot te gemaksugtig 8. Bespreek: Jesus kom gee sy heel beste vir sondaars, ons moet bereid wees om dit ook vir mede-sondaars te doen Johannes beklemtoon dat ons liefde nie lippetaal moet wees nie. Jesus gee sy lewe, ons moet ook daartoe bereid wees (1Jn 3: 16 ev). Daar is ook aardse behoeftes wat aandag moet kry. Jesus het dit prakties in Mt 25: 35 ev uitgespel 9. Prakties: Gaan maak seker dat jy nie ʼn lidmaat is wat heeltyd vra en niks wil gee nie 10. Sake vir gebed: 11. Tekste en tee: (Ons is saam die liggaam van Christus, maar dit ook afsonderlik 1Kor 12: 27; Beywer julle vir ander se belange 1Tess 5: 15; Mense wat vir Christus liefhet en iets van (sy) lyding verstaan, is “mekaar-mense” 1Pt 1: 7) S O N D A G 12 Maart 2017 Lydensweek 2 Heuwelsein Draers van die lig ... Leef stil voor God Alle nuwe lidmate! Hartlik welkom hier by ons! Ons hoop dat jy hier tuis is en jou liefde vir Jesus hier wil uitleef. Gee asb. jou naam na die diens in die voorportaal by die ouderling op en iemand sal jou kontak. By Kruiskerk, meld asb by die leraar aan. Huisbesoek: Indien u ʼn behoefte aan huisbesoek het, kontak asb u Blok-leraar. Indien u bewus is van iemand wat dringend huisbesoek benodig kan u ons daaroor skakel. Dr Charles—079 895 3911 Blokke D/F, E/G, H/I, L en M. Ds Mauritz—079 895 3916 Blokke A, B, C, J/K, N, O Ons is hier vir u! Laat weet asb jou leraar van siekte, veral hospitalisasie. Die hospitale het nie meer lyste beskikbaar waarmee ons lidmate kan opspoor nie. As jy ons nie laat weet nie, kan ons jou nie besoek nie ... en dis vir ons dominees baie sleg as dit gebeur. Laat weet ook asb wanneer persone step downs” toe gaan Ouers met peuters wat formele diens bywoon, is welkom om in die kapel te gaan sit. Daar is klank en beeld en dit laat die kinders ook deel van die diens voel Tee: u word genooi om saam te kom tee drink by die luik by die saal. Jeugwerker: Elna vd Walt (0824625507) 09:00 Formele diens: Dr Charles Teks: Lukas 22: 48, Johannes 12: 3-7 en Maeus 27: 3-5 Tema: Judas — Geen salf aan te smeer... 09:50 Kinderkerk (Voorskool—Gr. 2): Ds Mauritz 09:50 Kategese 10:30 Kruiskerk: Ds Mauritz Teks: Lukas 22 : 47—48 Tema: Et tu Brute 15:00 Diens vir Sothosprekendes: Ds Mauritz 18:00 Aanddiens: Ds Mauritz Teks: Johannes 3 : 1—17 Tema: Vang jy dit? Diakens aan diens: 12 Maart Lourens, Manus, Ina de Jager, Ina Visser, Rika Deon 19 Maart Margaret, Magriet, James, Petrusa, Deon LYDENSTYD: Die volgende klompie Sondae gaan die leraars preek oor persone rondom Jesus op sy lydenspad. Elke Sondag gaan ’n plakker uitgedeel word met die oog daarop

Upload: others

Post on 31-Jul-2020

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: 42.6 DIE NUWE LEWE (Ledemate is vir mekaar verantwoordelik ...€¦ · soms kan jy ʼn wesenlike verskil maak, ander kere is net jou blote teenwoordigheid en belangstelling vertroostend

42.6 DIE NUWE LEWE (Ledemate is vir mekaar verantwoordelik 2)

1. Ysbreker: Wanneer is snaaks nie meer snaaks nie

2. Openingsgebed, verwelkoming en gesinsverklaring:

3. Afkondigings en sang:

4. Lees Romeine 12: 5 en 1Korintiërs 12: 26

5. Dit is waar dat as een deel van die liggaam ly, die hele liggaam ly. Wat staan die res van die liggaam dan te doen? (Dink aan die wittbloed- liggaampies in jou bloed met infeksie) Witbloedliggaampies gaan veg waar die liggaam seergekry het (infeksies, wonde). Wanneer lidmate seerkry, moet ander naderstaan en troos. Dit moet die emosie wek soos wat ʼn boetie/sussie na die een wat seergekry het toe stap en probeer meeleef; soms kan jy ʼn wesenlike verskil maak, ander kere is net jou blote teenwoordigheid en belangstelling vertroostend genoeg 6. Het Romeine 12: 15 enige verband met 1Kor 12: 26? Wat is die

verantwoordelikheid van gelowiges teenoor mekaar? Die verband tussen bg 2 tekste is dat gelowiges na mekaar toe moet leef. Soms is daar geen ander ondersteuningsraamwerk behalwe medegelowiges nie. Van die sterkste bande wat daar bestaan, is tussen gelowiges. Ons het dieselfde Hoof, dieselfde Gees woon in ons, dieselfde bloed het ons van ons sonde gereinig (lees gerus Ef 4: 3-6). 7. Praat oor die mate van opoffering waaroor Paulus in Gal 4: 15 skryf. Wat is

ons bereid om vir mekaar te doen? Paulus sê dat hy en die Galasiërs só heg aan mekaar verbind was, dat hulle as’t ware hulle oë vir hom sou gee as hy dit sou vra (besondere groot opofferings sou maak). Hy is hanteer asof Christus self. Soms wil ons nie vinger verroer om iemand se probleme te help verlig nie, want ons is bloot te gemaksugtig 8. Bespreek: Jesus kom gee sy heel beste vir sondaars, ons moet bereid wees om dit ook vir mede-sondaars te doen Johannes beklemtoon dat ons liefde nie lippetaal moet wees nie. Jesus gee sy lewe, ons moet ook daartoe bereid wees (1Jn 3: 16 ev). Daar is ook aardse behoeftes wat aandag moet kry. Jesus het dit prakties in Mt 25: 35 ev uitgespel 9. Prakties: Gaan maak seker dat jy nie ʼn lidmaat is wat heeltyd vra en niks wil gee nie 10. Sake vir gebed:

11. Tekste en tee: (Ons is saam die liggaam van Christus, maar dit ook

afsonderlik 1Kor 12: 27; Beywer julle vir ander se belange 1Tess 5: 15; Mense wat vir Christus liefhet en iets van (sy) lyding verstaan, is “mekaar-mense” 1Pt 1: 7)

S O N D A G 12 Maart 2017

Lydensweek 2

Heuwelsein

Draers van die lig ... Leef stil voor God

Alle nuwe lidmate! Hartlik welkom hier by ons! Ons hoop dat jy hier tuis is en jou liefde vir Jesus hier wil uitleef. Gee asb. jou naam na die diens in die voorportaal by die ouderling op en iemand sal

jou kontak. By Kruiskerk, meld asb by die leraar aan. Huisbesoek: Indien u ʼn behoefte aan huisbesoek het, kontak asb u Blok-leraar. Indien u bewus is

van iemand wat dringend huisbesoek benodig kan u ons daaroor skakel. Dr Charles—079 895 3911 Blokke D/F, E/G, H/I, L en M.

Ds Mauritz—079 895 3916 Blokke A, B, C, J/K, N, O Ons is hier vir u! Laat weet asb jou leraar van siekte, veral hospitalisasie. Die hospitale het nie meer lyste beskikbaar waarmee ons lidmate kan opspoor nie. As jy ons nie laat weet nie, kan ons jou nie

besoek nie ... en dis vir ons dominees baie sleg as dit gebeur. Laat weet ook asb wanneer persone “step downs” toe gaan

Ouers met peuters wat formele diens bywoon, is welkom om in die kapel te gaan sit. Daar is klank en beeld en dit laat die kinders ook deel van die diens voel

Tee: u word genooi om saam te kom tee drink by die luik by die saal. Jeugwerker: Elna vd Walt (0824625507)

09:00 Formele diens: Dr Charles Teks: Lukas 22: 48, Johannes 12: 3-7 en Matteus 27: 3-5

Tema: Judas — Geen salf aan te smeer...

09:50 Kinderkerk (Voorskool—Gr. 2): Ds Mauritz

09:50 Kategese

10:30 Kruiskerk: Ds Mauritz Teks: Lukas 22 : 47—48 Tema: Et tu Brute

15:00 Diens vir Sothosprekendes: Ds Mauritz

18:00 Aanddiens: Ds Mauritz Teks: Johannes 3 : 1—17 Tema: Vang jy dit?

Diakens aan

diens:

12 Maart Lourens, Manus, Ina de

Jager, Ina Visser, Rika Deon

19 Maart Margaret, Magriet,

James, Petrusa, Deon

LYDENSTYD: Die volgende klompie Sondae gaan die leraars preek oor persone rondom Jesus op sy lydenspad. Elke Sondag gaan ’n plakker uitgedeel word met die oog daarop

Page 2: 42.6 DIE NUWE LEWE (Ledemate is vir mekaar verantwoordelik ...€¦ · soms kan jy ʼn wesenlike verskil maak, ander kere is net jou blote teenwoordigheid en belangstelling vertroostend

LET WEL:

Dink groen: Daar is 2 kiste in die Lapa: 1 vir wit papier en 1 vir tydskrifte/advertensieblaaie/koerante. Plaas jou papier asb. in die regte kis vir herwinning. Plaas op jou eie sypaadjie bottels en plastiek in groen sakke vir persone wat rommel versamel.

Sondag 19 Maart is dit langnaweek. Dus GEEN Kruiskerk, Kinderkerk, kategese of Sothodiens nie. Ook GEEN aanddiens nie.

26 Maart—Bybelbasaar

31 Maart—Skole sluit

ONS BID VIR NOORD KOREA

Noord Korea het ʼn bevolking van bykans 23 miljoen mense, meestal bestaansboere. Daar word gereken dat 2 miljoen al van honger en ontbering gesterf het, terwyl 200 000 in tronke as vyande van die staat opgesluit is. Dis ʼn land wat in totale isolasie en uit vrygewigheid buite die land leef. Tog is dit ʼn oorlogsugtige land wat buurlande en enige ander kritiese land gedurig met oorlog dreig (veral aavalle met moontlike kernwapens). Deur heeltyd te hamer op “beveiliging van die land”, word ander lande se veiligheid in gevaar gestel. Die land wat eers die “Jerusalem van die Ooste” was het ʼn ondergrondse kerk wat geensins deur die regering verdra word nie. Jesus se Naam is totaal onbekend. Bid vir oop grense sodat die evangelie kan kom na ʼn ontredderde bevolking; ...vir die lydende kerk - hulle bloed is immers die saadbedding van die kerk; ...vir die Waarheid om die leuens wat geleer word, te verdryf

TSUMKWE-uitreik 2017:

Ons gaan hierdie jaar weer DV na Tsumkwe uitreik, hierdie keer na

habitatte/gebiede waar ons in die verlede nog nie was nie. Ons soek veral

mense wat met een van die volgende groepe kan/wil werk: kinders/tieners/

bejaardes/mans/vroue, ens.

Kontak Ds Mauritz (079 895 3916) asb teen 31 Maart

indien jy navrae het en/of wil saamgaan.

XHARIEP PROJEK: Daar is ‘n deurlopende behoefte aan seep, tandepaste, tandeborsels en sanitêre doekies vir behoeftige leerders van die skole waarby Heuwelkruin-gemeente betrokke is. Gee u bydrae asseblief by die kerkkantoor af. Volgende uitreik is 15 Maart. Br Manus Conradie is ons sameroeper vir Xhariep.-uitreike

Die MESSIAS-Oratorium wat deur die OSM en ALUMNI VOICES op 21 en 22 April in die ODEION by die Universiteit van die Vrystaat aangebied word is in samewerking met

die Erediens-kommissie van die NG KERK in die Vrystaat; Die werk is gekies om saam te val met die 2017 feesviering van REFORMASIE 500

Skakel5: Ek wil na U heilige temple buig en U Naam roem om U liefde en trou, want U het U Naam en U Woord bo alles gestel. Toe ek na U geroep het, het U my gebed verhoor. As die nood my oorval, hou U my in die lewe. U regterhand red my. Die Here sal vir my / ons alles goed laat afloop. Dankie Here U sal herleweing gee. Aan U liefde is daar geen einde nie Ps. 138:2,3,7,8. Heuwelkruin: Here wys ons die pad wat ons moet loop. Ons hoop is op U gevestig Ps. 143:8.

LIEF EN LEED

Jan van der Westhuizen (H/I) Herstel tuis na breinoperasie

Hanna en Ian Robb (A) Erg verswak weens kanker en beroerte

Barbara Koster se moeder, T Anna, is oorlede (vroeër van Heuwelkruin)

Kleuters tree by ons 2 erdedienste op vanoggend—dankie vir julle sang

Ons is op soek na Liedboeke wat nie gebruik word nie. Benodig dit vir aanddienste

BYBELSTUDIES: Maandag: 16:30 Vrouebybelstudie—Helena Myburgh 051 436 5572 Dinsdag: 09:00 Vrouebybelstudie—Marietjie Janse van Rensburg 083 285 2412 09:00 Vrouebybelstudie—Maritha Meyburgh 079 763 6118 09:00 Bybelstudie—Hermine Watson 082 819 9623 Woensdag: 09:00 Vrouebybelstudie—Ds Mauritz 079 895 3916 Donderdag: 09:30 Boek-vir-Boek Bybelstudie—Ds Mauritz 079 895 3916 Vrydag: 08:30 Vrouebybelstudie—Dr Charles 079 895 3911

OMGEEBEDIENINGS: Maandag: 16:30 Gebedsgeleentheid—Christine du Toit 073 413 7790 19:00 Omgeegroep—Jannie Botha 084 294 8540 Dinsdag: 07:30 Omgeegroep (Manne) Ebben van Zyl 082 829 6170 18:00 Omgeegroep (Blok M) Robbie Robbertze 082 808 017 (elke 2e week) 18:00 -19:00 Omgeegroep (Blok O ) Fanie Snyman 082 780 8039 18:00 Omgeegroep (Blok D/G) Johannes Beckmann 079 883 9743 18:30 Omgeegroep (Blok C) Christa Mitchell 083 302 0430 18:30 Omgeegroep (Blok B) Johan Lamprecht 083 262 1419 18:30 Omgeegroep (Blok H/I) Jan van der Westhuizen 082 269 6144 19:00 Omgeegroep (Blok J/K) Johann du Toit 072 477 1314 19:00 Omgeegroep (Algemeen) — Dr Charles Mitchell 079 895 3911 19:00 Omgeegroep (Dames) Ina Visser 083 407 1515 19:00 Omgeegroep (Mans) Jacques Olivier 082 807 2523 19:00 Omgeegroep (Blok A) Fanie van Rensburg 083 455 1386 Woensdag: 09:30 Omgeegroep—Issie van Aswegen 082 921 6375 14:30 Naaldwerkgroep—Clasina Theunissen 072 759 1732 19:00 Christ@Work vir jong volwassenes — Elna van der Walt 082 462 5507

Page 3: 42.6 DIE NUWE LEWE (Ledemate is vir mekaar verantwoordelik ...€¦ · soms kan jy ʼn wesenlike verskil maak, ander kere is net jou blote teenwoordigheid en belangstelling vertroostend

LUKAS 22: 48, JOHANNES 12: 3-7 EN MATTEUS 27: 3-5 GOD GEE STEEDS GELEENTEHEID OM NABY AAN HOM TE WEES Ons sing tot dié God wat toelaat dat ons Hom ons Vader mag noem Hierdie Here gee vrede wat in die moeilikste tye, ons verstand te bowe gaan Die Here waarsku betyds teen dié dinge wat in ons geloofspad staan Ons bely dat ons God se leiding en vergifnis nodig het Ons luister net weer aandagtig na wat ons geloofslewens sinvol maak Sing van harte - uit jou hart tot God se hart ʼn Gemeente oes wat sy in die koninkryk belê GOD ONTLEED GRAAG ONS LEWENS DEUR SY WOORD EN GEES Kom ons bid dat ons ook kan luister (...na wat God sê)

Inleiding: Tema: Judas – “Geen salf aan te smeer...” P1 Stukkende beursie – P2 Stukkende fles – P3 Stukkende lewe –

Slot: Ons hoor deur gebed watter nood daar in ons eie en ander se lewens is MAAK ‘N VERSKIL TERWYL DAAR NOG GELEENTHEDE DAARVOOR IS Ons sing tot God aan Wie als behoort & wat als in diens kan neem Sonder God se seën is ons uitgelewer aan onsself en die wêreld AMEN (Ons Vader)

Lied 266

Vonkk 2: 1-2

Lied 308: 2,4,5

Christ@work “Leef wat jy glo …” Kom gesels saam.

Dankie vir u gereelde en getroue dankoffers. Vir u gerief, veiligheid en ’n konstante inkomste vir die gemeente, word u vriendelik gevra om elektroniese inbetalings te oorweeg. Neem asb u lidmaatnommer saam wanneer u daarvoor gaan reël.

NG Gemeente Heuwelkruin, ABSA; Rek no: 470 583 266; Takkode: 632 005; Verw: U lidmaatnr

TOKOLOHO KERKBOU PROJEK: Baie dankie vir die skenkings ontvang! Ons kort nog R 13 000 op die begroting hiervoor. Bydraes tot die projek kan by die kerkkantoor inbetaal word. Navrae: leraars, finansiële voorsitter of Getuienis se kommissievoorsitter van Heuwelkruin. Bid asseblief dat daar voorsien sal word!

Op Sat 25 Maart is ‘n konferensie by NG Gemeente Pellissier oor die Boek Openbaring, aanbieder Stephan Joubert, koste R120 pp. Besprekings sluit 19 Maart. Kontak Karin 072 158 0225 of Marietjie 084 607 1205 vir besprekings. Kontak vir Sonja Jansen (071 202 3972) indien jy belangstel maar vervoer benodig.

BLOK D—G BRAAI: Ons hou DV op Sondag 19 Maart 2017 11:00 ons blok braai. Bring asseblief jou eie vleis, drinkgoed en eetgerei. Johannes sal almal se vleis braai. Houtskool, brood, botter en konfyt sal voorsien word. Daar sal gereël word vir slaaie en nagereg. Ons sien uit om jou daar te sien!!

UIT DIE KERKRAADSVERGADERING: Sr Margaret Olivier is leierdiaken en br Manus Con-

radie onder-leier (dankie vir julle diensbaarheid) ; Herkies Willa Benadé; Stoffel Ciliiers;

Marius Klopper; James Grundlingh; Petrusa Gerdener. Gekies: Johann du Toit (E/G); Dip-

pies Dippenaar (O). Ons vra voorbidding vir die roeping van hierdie pesrone.

Webwerf weer in werking na sabotering daarvan

Kategese reik maandeliks uit na Ailquandi se siekeboeg; (vandag 3-de uitreik)

Getuienisseminaar deur ds Robbie du Toit in Augustus;

Jeug gaan motiveringsspreker reël vir onderwysers van Xhariepuitreik-skole

Leraars moet hierdie jaar sabbatsverlof neem of dit ontbeer

Op 17 Maart vertrek ‘n aantal teologiese student van die Universiteit van die Vrystaat na Durban vir ‘n sendingtoer. Hulle sal plekke van aanbidding besoek, ‘n erediens van die RCA waar Ds Nitra Moonsammy predikant is bywoon, ingelig word oor die Biblia- sending aan die seelui en ook met seelui gesprek voer, en ook die Diakonia-bediening in die middestad van Durban bywoon. Nie al die studente kan die koste dra nie. ‘n Bydrae in hierdie verband sal hoog op prys gestel word. Kontak asseblief vir Prof Pieter Verster by [email protected] of 0514364466.