ronde 4.pdfronde 4 september 2016 09:00 ds henry stopforth 18:30 ds etienne pheiffer wanneer laas...

2
Ronde 4 September 2016 09:00 Ds Henry Stopforth 18:30 Ds Etienne Pheiffer W anneer laas het jy na ʼn mede gemeentelid, die kerkkantoor of na jou predikant uitgereik met ʼn versorgende hart en hand? Saam met woordverkondiging en gebed vorm die liefdevolle versorging van mekaar die hartklop en essensie van enige ware gemeente. Kerkeenheid en die egtheid van gemeente wees begin en lê in die eerste plek op gemeentevlak. Dit beteken dat ons mekaar moet bedien, mekaar moet versorg, vir mekaar moet bid, mekaar se laste moet dra, mekaar moet vergewe en bo alles mekaar moet liefhê. Dit beteken ook dat ons elkeen ons spesifieke gawes wat die Gees vir ons gegee het, moet uitleef en gebruik tot opbou van mekaar en die gemeente. Een lidmaat kan nie in isolasie, op sy eie, funksioneer nie. Vir die liggaam om waarlik te lewe en te werk, moet die lede vas aan mekaar wees en moet elke ledemaat van die liggaam sy funksie ten volle vervul. Die versorging binne 'n gemeente, is die taak van die hele gemeente. Hoe sterker ons as geloofsfamilie in hierdie versorging staan, hoe groter is die impak en invloed wat ons as gemeente ook op die res van die dorp, omgewing en wêreld het. As ons besef dat Jesus die Hoof is van die Rondekerk, en dat dieselfde Gees, Jesus se Gees, in ons elkeen woon, deur ons elkeen werk en ons aan mekaar vasbind, dan kan ons nie anders as om in liefdevolle eenheid te leef en mekaar te versorg nie. Dan sal elke lidmaat sy gawes uitleef en sy funksie binne die liggaam vervul, want Jesus is ons Leier en ons Hoof, ons Here en ons Koning, vir wie ons dien en gehoorsaam met ons hele lewe. Ons versorg mekaar nie omdat die kerkkantoor of die dominee so mooi gevra het nie, maar omdat Jesus die Here en die Hoof is van hierdie gemeente – en omdat ons essensie dan juis gaan staan of val by die liefdevolle versorging van mekaar, van ander en van God se aarde. Laat ons mekaar versorg soos wat Jesus ons versorg: in liefde, onselfsugtig en onvoorwaardelik. Versorg mekaar; versorg die aarde as God se Rentmeesters E k is gebore in Springs, waar my pa steeds woon. Ek is die “middelste kind” met twee boeties, waarvan een slegs 7 minute ouer as ek is. Na skool wou ek die Hoëveld agterlaat en het op Stellenbosch gaan swot. Daar het ek my man, Emil, ontmoet en uiteindelik het alle paaie teruggelei na die Hoëveld en land ons op Secunda… waar ons steeds baie gelukkig is. Ons is geseën met drie kinders. Wian (13), Jean (11) en Mia (8). Ek is baie lief vir my gesin en geniet die voorreg om voltydse ma te wees. Ons gesin geniet dit om saam flieks te kyk of diere te soek in die wildtuin. Verder is ek baie lief vir lees, kuier met hartsvriendinne en die natuur. ʼn Bietjie oefening is ook nie te versmaai nie. Ek geniet ʼn goeie grappie, veral my kinders en gesin se humor en het onlangs afgekom op ʼn sê-ding wat ek graag sou wou toepas in my huis – “if it's fun: you are not in trouble”. Ek het groot geword in ʼn huis waar my ouers, veral my ma, die Here met oorgawe gedien het. Op universiteit het ek geweldig gegroei in my verhouding met die Here. Dit was ʼn geseënde tyd met die geestelike leiers op my pad. Ek is my ouers ewig dankbaar dat hulle nie daarop aangedring het dat ek “nie so ver gaan nie” en Stellenbosch, veral Studentekerk kon beleef. Deur die jare het ek beleef dat God getrou is en jou nooit los nie. Dat ek niks alleen hoef aan te pak nie en dat Hy Sy vrede vir jou beloof. Ek het na ons troue in 1997 ingeskakel by die Rondekerk, waar Emil toe reeds twee jaar lidmaat was. En ons is steeds hier. Deur die jare het ek maar gehelp by die basaars en die gemeente se aktiwiteite soos en waar ek kon gegewe klein kindertjies. As ek enigiets vir een dag kon doen sou ek ongestoord heeldag my boek wou lê en lees… of op my eie gaan fliek met ʼn bak popcorn en jellytots. Rondefees: Waar is jy betrokke? Ek het vir Roly Poly (Poedingtafel) aangeneem, nadat ek verlede jaar daar betrokke geraak het daar en dit vreeslik geniet het. Beskryf die Rondefees in 3 woorde. De Bruyn is of was vir my nog altyd sinoniem met die Rondefees en dis ook hoe ek die fees sou beskryf – lig, laf en lewe!

Upload: others

Post on 02-Nov-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Ronde 4.pdfRonde 4 September 2016 09:00 Ds Henry Stopforth 18:30 Ds Etienne Pheiffer Wanneer laas het jy na ʼn mede gemeentelid, die kerkkantoor of na jou predikant uitgereik met ʼn

Ronde4 September 2016

09:00 Ds Henry Stopforth

18:30Ds Etienne Pheiffer

Wanneer laas het jy na ʼn

mede gemeentelid, die

kerkkantoor of na jou predikant

uitgereik met ʼn versorgende

hart en hand?

Saam met woordverkondiging

en gebed vorm die liefdevolle

versorging van mekaar die

hartklop en essensie van enige

ware gemeente. Kerkeenheid en

die egtheid van gemeente wees

begin en lê in die eerste plek op

gemeentevlak. Dit beteken dat

ons mekaar moet bedien,

mekaar moet versorg, v i r

mekaar moet bid, mekaar se

laste moet dra, mekaar moet

vergewe en bo alles mekaar

moet liefhê. Dit beteken ook dat

ons elkeen ons spesifieke gawes

wat die Gees vir ons gegee het,

moet uitleef en gebruik tot

opbou van mekaar en die

gemeente.

Een lidmaat kan nie in isolasie,

op sy eie, funksioneer nie. Vir die

liggaam om waarlik te lewe en te

werk, moet die lede vas aan

mekaar wees en moet elke

ledemaat van die liggaam sy

funksie ten volle vervul. Die

versorging binne 'n gemeente, is

die taak van die hele gemeente.

H o e s t e r k e r o n s a s

ge loo f s fami l i e in h ie rd ie

versorging staan, hoe groter is

die impak en invloed wat ons as

gemeente ook op die res van die

dorp, omgewing en wêreld het.

As ons besef dat Jesus die Hoof

is van die Rondekerk, en dat

dieselfde Gees, Jesus se Gees, in

ons elkeen woon, deur ons

elkeen werk en ons aan mekaar

vasbind, dan kan ons nie anders

as om in liefdevolle eenheid te

leef en mekaar te versorg nie.

Dan sal elke lidmaat sy gawes

uitleef en sy funksie binne die

liggaam vervul, want Jesus is ons

Leier en ons Hoof, ons Here en

ons Koning, vir wie ons dien en

gehoorsaam met ons hele lewe.

Ons versorg mekaar nie omdat

die kerkkantoor of die dominee

so mooi gevra het nie, maar

omdat Jesus die Here en die

Hoof is van hierdie gemeente –

en omdat ons essensie dan juis

gaan s taan of va l by d ie

l iefdevolle versorging van

mekaar, van ander en van God se

aarde. Laat ons mekaar versorg

soos wat Jesus ons versorg: in

l i e f d e , o n s e l f s u g t i g e n

onvoorwaardelik.

Versorg mekaar; versorg die aarde as God se Rentmeesters

E k is gebore in Springs,

waar my pa steeds

w o o n . E k i s d i e

“middelste kind” met twee

boeties, waarvan een slegs 7

minute ouer as ek is. Na skool

wou ek die Hoëveld agterlaat

en het op Stellenbosch gaan

swot. Daar het ek my man,

Emil, ontmoet en uiteindelik

het alle paaie teruggelei na die

Hoëveld en land ons op

Secunda… waar ons steeds

baie gelukkig is.

Ons is geseën met drie

kinders. Wian (13), Jean (11) en

Mia (8). Ek is baie lief vir my

gesin en geniet die voorreg om

voltydse ma te wees.

Ons gesin geniet dit om saam

flieks te kyk of diere te soek in

die wildtuin. Verder is ek baie

l i e f v i r l e e s , k u i e r m e t

hartsvriendinne en die natuur.

ʼn Bietjie oefening is ook nie te

versmaai nie.

Ek geniet ʼn goeie grappie,

veral my kinders en gesin se

h u m o r e n h e t o n l a n g s

afgekom op ʼn sê-ding wat ek

graag sou wou toepas in my

huis – “if it's fun: you are not in

trouble”.

Ek het groot geword in ʼn huis

waar my ouers, veral my ma,

die Here met oorgawe gedien

het. Op universiteit het ek

geweldig gegroei in my

verhouding met die Here. Dit

was ʼn geseënde tyd met die

geestelike leiers op my pad.

Ek is my ouers ewig dankbaar

d a t h u l l e n i e d a a r o p

aangedring het dat ek “nie so

ver gaan nie” en Stellenbosch,

veral Studentekerk kon beleef.

Deur die jare het ek beleef dat

God getrou is en jou nooit los

nie. Dat ek niks alleen hoef aan

te pak nie en dat Hy Sy vrede

vir jou beloof.

Ek het na ons troue in 1997

ingeskakel by die Rondekerk,

waar Emil toe reeds twee jaar

lidmaat was. En ons is steeds

hier. Deur die jare het ek maar

gehelp by die basaars en die

gemeente se aktiwiteite soos

en waar ek kon gegewe klein

kindertjies.

As ek enigiets vir een dag kon

doen sou ek ongestoord

heeldag my boek wou lê en

lees… of op my eie gaan fliek

met ʼn bak popcorn en jellytots.

Rondefees: Waar is jy betrokke?

E k h e t v i r R o l y P o l y

(Poedingtafel) aangeneem,

nadat ek verlede jaar daar

betrokke geraak het daar en dit

vreeslik geniet het.

Beskryf die Rondefees in 3

woorde. De Bruyn is of was vir

my nog altyd sinoniem met die

Rondefees en dis ook hoe ek die

fees sou beskryf – lig, laf en

lewe!

Page 2: Ronde 4.pdfRonde 4 September 2016 09:00 Ds Henry Stopforth 18:30 Ds Etienne Pheiffer Wanneer laas het jy na ʼn mede gemeentelid, die kerkkantoor of na jou predikant uitgereik met ʼn

Gelukkige verjaarsdagRondekerk Dagboek Gebedsversoeke

Bydraes. 1. Debietorderstelsel 2. Internetbetaling.ABSA tjekrekening nr. 1510151506NG Kerk Secunda3.Per koevert in dankofferkissies.Sending NG Sendingprojek ABSA tjekr rek:1510591107ARK BoufondsNG Kerk BoufondsABSA tjek rek:4072698748 Algemene kontak inligting:Tel: 017 631 3470/8Faks: 088 017 631 3479E-Pos: [email protected]

GemeenteOns bid saam vir:- Uzané Niewoudt wat wag vir ʼn beenmurgskenker. - Die “Shut Down” by Sasol.- Doll Klue se gesondheid.- Adri Visser, se algemene gesondheid. Sodat sy op 10 Oktober kan voortgaan met geskeduleerde oogoperasie.- Vissie Visser se gesondheid- Gesinne en families waar familielede verslaaf is aan dwelms en drank.- Droogte in die land. - Loof God vir die groei in die gemeente die afgelope tyd.- Matrieks met die rekordeksamen.- Algemene gesondheid in die dorp.SendingMaria Visser-Petra Instituut.Bid vir wysheid en die Here se seën op die groot jaarlikse begrotingsvergadering wat tans by Petra aan die gang is. Bid vir al die opleidingsgeleenthede wat beplan word asook dat hulle hul kapasiteit sal kan vergroot. Bid nog steeds vir Petra se finansies.Marie en Lourens Laureti- PNGBid vir die Laureti`s wat deur siekte en baie teenspoed soos inbrake, rekenaars wat breek en ander noodsaaklike items soos yskaste en sonpanele wat net ingee – nog moedig voortgaan met hul evangelisasie in die bos. Bid ook vir Lourens en die ander gemeentes soos Lele en Bologo met die Evangelisasiewerk wat gedoen word en die wonderlike geleenthede om die Evangelie uit te dra.Ernst Toerien- Rusland Bid dat die vuur vir die werk om die Goeie Nuus te versprei en gemeentelede te leer sal aanhou ten spyte van “vervolging” en moontlike boetes omdat hulle evangeliseer. Bid ook vir Betsie wat weer Sondagskoolklasse in Russies gaan aanbied. Bid vir wysheid om te weet watter woorde om waar te gebruik en watter om glad nie te gebruik nie.

Afkondigings

September

Gemeente-ete12:00 in die ARK. R 50 pp bespreek en betaal voor of op 7 September by INFO

toonbank of kerkkantoor. Daar is ‘n gesamentlike poedingtafel, bring jou gunsteling poeding saam en geniet ander se gunsteling poeding. Bring jou eie drinkgoed ook saam.

11

Kinderkrans14:30-15:30 – Pret saam maats. Almal welkom!

7

ARK-Sondag terugvoerBaie dankie vir almal se bydra tot Die ARK. Die totale bydrae vir Die ARK was R 11 090. Ons skuld op Die ARK is ongeveer R1.8 miljoen.

- Hein en René Schmidt met die geboorte van hulle baba.

Feesviering

Selfdegeslagverhouding gesprekOns nooi die gemeente uit om deel te neem aan hierdie

gesprek.

25

Verjaar Noemnaam Van

04/ 09 Christoffel Gous

04/ 09 Anjo Slabbert

04/ 09 Martin Slabbert

04/ 09 Monique Van Niekerk

05/ 09 Christo Bester

05/ 09 Annelize Kruger

05/ 09 Billy Mathee

05/ 09 Jan Meyer

05/ 09 Heubie Van Der Walt

06/ 09 Louwrens De Vries

06/ 09 Amanda Mostert

06/ 09 Kevin Oosthuizen

06/ 09 Douglas Preston

06/ 09 Rassie Ras

06/ 09 Madrè Smal

06/ 09 Henda Van Den Bergh

07/ 09 Lené Botha

07/ 09 Annika De Vries

07/ 09 Danie Eksteen

07/ 09 Johan Eksteen

07/ 09 Frikkie Els

07/ 09 Corne Hinrichsen

07/ 09 Hein Hurter

07/ 09 Morné Malan

07/ 09 René Nel

07/ 09 Robert Pretorius

07/ 09 Magriet Swanepoel

07/ 09 Patricia Swanepoel

08/ 09 Jackie Gilliland

08/ 09 Donette Maree

08/ 09 Lizél Peyper

08/ 09 Lynette Scholtz

08/ 09 Annaline Smith

08/ 09 Rupert Stander

08/ 09 Jaci Strauss

08/ 09 Henk Van Heerden

08/ 09 Heaven-Leigh Venter

09/ 09 Ricárdo Jonker

09/ 09 Petro-Ree Naude

09/ 09 Santie Pretorius

09/ 09 Martin Prinsloo

09/ 09 Adelé Schoeman

10/ 09 Marlize Alberts

10/ 09 Brendan Enslin

10/ 09 Pieter Ferreira

10/ 09 Ryno Oosthuizen

10/ 09 Corné Van Der Wath

10/ 09 Alta van der Westhuizen

BybelsondagKollekte by die deure sal vir die Bybelgenootskap gaan.Daar is ook koevertjies by die

deur wat jy kan gebruik.Die kinders gaan ʼn muntlegging hou en jy word gevra om hulle te ondersteun.

11

Bloedskenk13:00-19:00 in die ARKDankie vir jou tyd!

5

RondefeesOns benodig steeds twee mense wat bereid sal wees om onderskeidelik die lekkergoed- en jafeltafel te koördineer. Skryf gerus jou naam op by die Rondefees-tafel of kontak ds Mariëtte. Baie dankie.