5. die kerk word vervolg - christelikemedia.org · katakombes. wanneer ‘n mens in rome is kan jy...

4
Die kerk word vervolg Die Jode het ‘n spesiale plek in die Romeinse Ryk gehad. Al die ander volke is gedwing om een keer per jaar aan die keiser te offer en moes ook in die leër van die Romeine veg. Die Jode was egter vrygestel hiervan. Die Romeine het die Christene ook as deel van die Jode gesien en hulle daarom met rus gelaat. Omdat die Christene hulself rustig gedra het en vir hul siekes, armes en weduwees gesorg het, is hulle met agting behandel deur almal. Vervolging onder die Jode Uiteindelik het die Jode nie meer toegelaat dat die Christene in die sinagoges bymekaar kom nie, en moes die Christene op ander plekke vergader. Die Jode het selfs die Christene begin vervolg: In 31 word die diaken Stefanus gestenig. Petrus en Johannes word in die tronk gegooi. In 44 word Jakobus gedood. Ons weet ook van Saulus wat baie Christene vervolg het. Vervolging onder die heidene Dit het die aandag van die Romeine getrek. Hulle het besef dat die Christene nie deel was van die Jodedom nie. Die Christene het ook nie saamgedoen aan die feeste vir die afgode en die keiser nie. Hulle wou nie die keiser as god aanbid en vereer nie. Die Romeine het die Christene nou begin haat. Die Christene is ook van die volgende beskuldig: Byeenkomste in die aand word gesien as vergaderings waar towery bedryf word. Die Bybel word as toorboek gesien. By die nagmaal sou kinders geslag en hulle bloed gedrink word. In 49 n.C. het keiser Claudius al die Jode uit Rome uitgeban. Ook die Christelike kerk is hierdeur geraak. In 64 n.C. is ‘n groot gedeelte van Rome in puin gelê deur ‘n yslike brand. Keiser Nero, wat die Christene gehaat het, omdat hulle nie vir hom wou offer nie, het die skuld van die brand aan die Christene gegee. Dit het veroorsaak dat daar ‘n groot vervolging teen die Christene begin het. Christene is vir die wilde diere gegooi, verbrand en gemartel. Hierdie mense wat met hulle lewe betaal het om die Here te bly dien, word martelare genoem. Ook keiser Domitianus het die Christene vervolg. Later is alle Christene wat weier om die keiser te aanbid, deur die staat vervolg, gestraf en gedood. In die tweede eeu en veral in die jare 249-251 n.C onder keiser Decius, is die Christene baie wreed vervolg.

Upload: others

Post on 17-Jul-2020

2 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: 5. Die kerk word vervolg - christelikemedia.org · katakombes. Wanneer ‘n mens in Rome is kan jy hierdie katakombes nog sien. Die vervolgers van Christus se kerk het gedink dat

Die kerk word vervolg Die Jode het ‘n spesiale plek in die Romeinse Ryk gehad. Al die ander volke is gedwing om een keer per jaar aan die keiser te offer en moes ook in die leër van die Romeine veg. Die Jode was egter vrygestel hiervan. Die Romeine het die Christene ook as deel van die Jode gesien en hulle daarom met rus gelaat. Omdat die Christene hulself rustig gedra het en vir hul siekes, armes en weduwees gesorg het, is hulle met agting behandel deur almal. Vervolging onder die Jode Uiteindelik het die Jode nie meer toegelaat dat die Christene in die sinagoges bymekaar kom nie, en moes die Christene op ander plekke vergader. Die Jode het selfs die Christene begin vervolg:

• In 31 word die diaken Stefanus gestenig. • Petrus en Johannes word in die tronk gegooi. • In 44 word Jakobus gedood. • Ons weet ook van Saulus wat baie Christene vervolg het.

Vervolging onder die heidene Dit het die aandag van die Romeine getrek. Hulle het besef dat die Christene nie deel was van die Jodedom nie. Die Christene het ook nie saamgedoen aan die feeste vir die afgode en die keiser nie. Hulle wou nie die keiser as god aanbid en vereer nie. Die Romeine het die Christene nou begin haat. Die Christene is ook van die volgende beskuldig:

• Byeenkomste in die aand word gesien as vergaderings waar towery bedryf word.

• Die Bybel word as toorboek gesien. • By die nagmaal sou kinders geslag en hulle bloed gedrink word.

In 49 n.C. het keiser Claudius al die Jode uit Rome uitgeban. Ook die Christelike kerk is hierdeur geraak. In 64 n.C. is ‘n groot gedeelte van Rome in puin gelê deur ‘n yslike brand. Keiser Nero, wat die Christene gehaat het, omdat hulle nie vir hom wou offer nie, het die skuld van die brand aan die Christene gegee. Dit het veroorsaak dat daar ‘n groot vervolging teen die Christene begin het. Christene is vir die wilde diere gegooi, verbrand en gemartel. Hierdie mense wat met hulle lewe betaal het om die Here te bly dien, word martelare genoem. Ook keiser Domitianus het die Christene vervolg. Later is alle Christene wat weier om die keiser te aanbid, deur die staat vervolg, gestraf en gedood. In die tweede eeu en veral in die jare 249-251 n.C onder keiser Decius, is die Christene baie wreed vervolg.

Page 2: 5. Die kerk word vervolg - christelikemedia.org · katakombes. Wanneer ‘n mens in Rome is kan jy hierdie katakombes nog sien. Die vervolgers van Christus se kerk het gedink dat

In die martelaarsboeke kan ons die geskiedenis en name van die martelare lees. Die bekendstes was: • Biskop Simon van Jerusalem (opvolger van Jakobus, die broer van Jesus) wat in 107 gekruisig

is. • Ignatius van Antiochië, leerling van Johannes, wat in Rome deur wilde diere verskeur is. • Biskop Polycarpus wat op 86-jarige leeftyd in smirna verbrand is. • Die geleerde justinus wat in 166 in Rome gedood is. • Die 90-jarige biskop Pothinus wat in `n tronk gedood is. • Die slavin Blandina wat op verskriklike wrede manier gedood is. • Die jong meisie Perpetua wat in 202 in Kartago doodgemartel is.

Hierdie is maar `n paar name van `n lang lys kinders van God wat vir hulle geloof gesterf het. Die Satan het hard probeer om die kerk op hierdie wyse uitteroei. Deur die vervolgings en die vrees vir vervolgings heen het God sy kerk bly bewaar. Die Heilige Gees het kragtig bly werk in die mense se harte en hulle vertroos in tye van nood. God bly getrou aan sy beloftes. Niks en niemand kan dit keer nie. Die blye Evangelie is ons redding.

Christene in `n goddelose wêreld Vanaf 64 n.C. is die Christene dikwels vervolg. Nie alle k eisers het hulle egter ewe veel gehaat nie, daar was ook rustiger tye. Wanneer die gelowiges vervolg is, het hulle in die geheim kerkdienste gehou. In Rome het hulle daarvoor grotte en steengroewe gebruik. Ons noem dit katakombes. Wanneer ‘n mens in Rome is kan jy hierdie katakombes nog sien. Die vervolgers van Christus se kerk het gedink dat die Christene in die geheim vergader om teen die keiser in opstand te kom, dat daar planne beraam word om die keiser dood te maak.

Dit is egter nie waar nie. Te midde van die vervolgings en valse beskuldigings bly die Christene aan die owerheid gehoorsaam. As gelowiges moet ons onderdanig wees aan die regering. As die regering egter van ons eis om verkeerde dinge te doen, moet ons meer gehoorsaam wees aan God se Woord as aan hulle wat Christus se koningskap nie wil erken nie. In Hand 4: 18-20 lees ons byvoorbeeld dat Petrus en Johannes steeds die Woord bly verkondig, al sê die Joodse Raad hulle mag nie, “want hulle moet aan God meer gehoorsaam wees as aan mense”. Ten spyte van al die vervolgings het God se Kerk bly groei. In die jaar 200 n.C. was daar in Rome ongeveer 20 000 Christene. Die getal van volheid voor Christus se wederkoms, die kinders van God oor al die eeue heen, sal vol kom. God bly getrou.

Page 3: 5. Die kerk word vervolg - christelikemedia.org · katakombes. Wanneer ‘n mens in Rome is kan jy hierdie katakombes nog sien. Die vervolgers van Christus se kerk het gedink dat

Vrae: 1. Wat het gewys dat die Jode ‘n

spesiale plek in die Romeinse Ryk

gehad het?

______

2. Op watter maniere het die Jode die

Christene vervolg ?

______________________________

______________________________

______________________________

______________________________

______________________________

______________________________

3. Noem drie martelare wat deur die

Jode gesterf het.

___________________________________________________________________________________

___________________________________________________________________________________

4. Hoekom dink jy wou die Christene nie die keiser vereer nie?

___________________________________________________________________________________

5. Waarvan het keiser Nero die Christene beskuldig ? _______________________________________

___________________________________________________________________________________

___________________________________________________________________________________

6. Waarvan is die Christene nog beskuldig ?

___________________________________________________________________________________

___________________________________________________________________________________

___________________________________________________________________________________

Page 4: 5. Die kerk word vervolg - christelikemedia.org · katakombes. Wanneer ‘n mens in Rome is kan jy hierdie katakombes nog sien. Die vervolgers van Christus se kerk het gedink dat

7. Hoe het die Romeine probeer om die kerk te verwoes?

___________________________________________________________________________________

___________________________________________________________________________________

___________________________________________________________________________________

8. Noem twee keisers wat die Cchristene baie wreed vervolg het.

___________________________________________________________________________________

9. Noem `n paar Christenmartelare.

___________________________________________________________________________________

___________________________________________________________________________________

___________________________________________________________________________________

10. Waar het die Christene in die geheim bymekaar gekom?

___________________________________________________________________________________

___________________________________________________________________________________

11. Wat is ‘n martelaar?

___________________________________________________________________________________

___________________________________________________________________________________

12. Hoe kan ons sien dat die Here sy kerk tog bewaar in moeilike tye?

___________________________________________________________________________________

___________________________________________________________________________________

___________________________________________________________________________________

13. In watter lande word die Christene nog vir hul geloof vervolg ?

___________________________________________________________________________________

___________________________________________________________________________________

14. Wat kan ons vir hierdie Christene doen ?

___________________________________________________________________________________

__________________________________________________________________

__________________________________________________________________