6 afrika… · web viewwerk word ingehandig as skole weer begin. maak asb seker jou naam, van en...

16
18 Mei 2020 Gedigte Maandag Oefening Leerders moet hul werk netjies in ‘n boek of op ‘n los papier voltooi. Werk word ingehandig as skole weer begin. Maak asb seker jou naam, van en datum is op die papier of in die boek. Ouers moet asb werk nasien wanneer memorandum beskikbaar is. Vraag 1 : Moenie my in 'n blik druk nie: 1. Wat is die titel van die gedig? (1) 2. Hoekom, volgens die gedig wil die spreker nie in 'n blik gedruk word nie? (1) 3. Uit hoeveel versreëls bestaan elke strofe? (1) 1

Upload: others

Post on 29-May-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: 6 Afrika… · Web viewWerk word ingehandig as skole weer begin. Maak asb seker jou naam, van en datum is op die papier of in die boek. Ouers moet asb werk nasien wanneer memorandum

18 Mei 2020 Gedigte

MaandagOefening

Leerders moet hul werk netjies in ‘n boek of op ‘n los papier voltooi. Werk word ingehandig as skole weer begin. Maak asb seker jou naam, van en datum is op die papier of in die boek. Ouers moet asb werk nasien wanneer memorandum beskikbaar is.

Vraag 1 : Moenie my in 'n blik druk nie:

1. Wat is die titel van die gedig? (1)

2. Hoekom, volgens die gedig wil die spreker nie in 'n blik

gedruk word nie? (1)

3. Uit hoeveel versreëls bestaan elke strofe? (1)

4. Uit hoeveel strofes bestaan die gedig? (1)

5. Watter strofe maak gebruik van paarrym? Skryf al die rymwoorde neer. (2)

6. Skryf 2 selfstandige naamwoorde in strofe 2 neer. (2)

7. Skryf die antoniem vir sag neer. (1)

8. Voltooi die volgende trappe van vergelyking:

______________________, beter, _______________________ (2)

1

Page 2: 6 Afrika… · Web viewWerk word ingehandig as skole weer begin. Maak asb seker jou naam, van en datum is op die papier of in die boek. Ouers moet asb werk nasien wanneer memorandum

Vraag 2: Maandag malligheid:

9. Waar speel strofe 2 af? (1)

10. Op watter dag vind die gedig plaas? (1)

11. Watter soort rym word in die gedig gebruik? Gee 'n voorbeeld. (2)

12. Wie is die spreker in die gedig? (1)

13. Skryf 'n lidwoord uit versreël drie neer: (1)

14. Gee 'n voorbeeld van alliterasie in die eerste versreël. (1)

15. Skryf die intensiewe vorm van die woord stil neer. (1)

16. "Die wekker my weer wakker gil" is 'n voorbeeld van personifikasie.

Hoekom is dit so? (1)

2

Page 3: 6 Afrika… · Web viewWerk word ingehandig as skole weer begin. Maak asb seker jou naam, van en datum is op die papier of in die boek. Ouers moet asb werk nasien wanneer memorandum

19 Mei 2020 Leesbegrip

DinsdagOefening

Leerders moet hul werk netjies in ‘n boek of op ‘n los papier voltooi. Werk word ingehandig as skole weer begin. Maak asb seker jou naam, van en datum is op die papier of in die boek. Ouers moet asb werk nasien wanneer memorandum beskikbaar is.

Die verhaal van Racheltjie de BeerVolgens oorlewering was die

twaalfjarige Racheltjie de Beer in

1843 met haar ouers en sesjarige

boetie, Japie, op die trekpad op

soek na grond in die binneland toe

hulle onderweg op ’n reeds

gevestigde boer se plaas oornag

het. ’n Kalfie genaamd Frikkie,

waarvoor die kinders baie lief was,

raak weg, en die kinders is deel

van die soekgeselskap.

Tydens die soektog dwaal die twee

kinders af van die ander mense.

Racheltjie besef dat hulle moet bly stap. ’n Sneeustorm bars los en dit

word nag. Racheltjie weet teen hierdie tyd dat hulle verdwaal het en dat

hulle skuiling sal moet kry vir die nag. Sy vind ʼn groot miershoop wat

reeds tevore deur ʼn erdvark uitgehol is. Racheltjie en Japie kan nie albei

in die holte pas nie. Onbaatsugtig trek sy egter al haar klere uit, trek dit

vir haar boetie aan en beveel hom om in die miershoop te klim. Dan

gaan lê sy voor die bek van die uitgeholde miershoop as verdere

beskerming vir kleinboet Japie... waar haar lewelose liggaampie die

volgende dag gevind word. Danksy haar eindelose liefde het Japie die

3

Page 4: 6 Afrika… · Web viewWerk word ingehandig as skole weer begin. Maak asb seker jou naam, van en datum is op die papier of in die boek. Ouers moet asb werk nasien wanneer memorandum

nag in die sneeu oorleef.Vul die ontbrekende woorde in nadat jy die teks gelees het:

Racheltjie de Beer was (a) jaar oud.

Haar boetie, (b) was (c) jaar oud.

’n (d)__________________ genaamd (e) ,

waarvoor die kinders baie lief was, raak weg, en die kinders is deel van die

(f)______________________________.

’n (g) bars los en dit word nag. Racheltjie weet teen

hierdie tyd dat hulle (h) het en dat hulle (i)_________ sal

moet kry vir die nag. Sy vind ‘n groot (j) wat reeds

tevore deur ‘n (k) ___ uitgehol is. Racheltjie en Japie kan nie albei

in die holte pas nie. (l)______________________ trek sy egter al haar (m) uit,

trek dit vir haar boetie aan en beveel hom om in die miershoop te klim. Dan gaan lê

sy voor die bek van die (n)_________________ miershoop as verdere beskerming

vir kleinboet Japie ... waar haar lewelose liggaampie die volgende dag gevind word.

Danksy haar eindelose (o) het Japie die nag in die sneeu

oorleef.

Skryf die antwoord neer wat die beste pas: (5)1. “Agter die kap van die byl kom” beteken

a) Hout kap sodat dit reg lykb) Leuens vertelc) Die waarheid probeer uitvind

2. “Lukraak” betekena) Liggeraakb) Verstaanbaarc) Toevallig

3. “Verontwaardig” betekena) Vriendelikb) Viesc) Moedswillig

4. ’n Versinsel isa) ’n Leuenb) ’n Sleec) ’n Koerant

5. “Bespiegel” beteken a) Jy skryf ’n gedig vir ander om te leesb) Jy bewys ’n stelling verkeerd

4

Page 5: 6 Afrika… · Web viewWerk word ingehandig as skole weer begin. Maak asb seker jou naam, van en datum is op die papier of in die boek. Ouers moet asb werk nasien wanneer memorandum

c) Jy redeneer oor iets sonder dat jy bewyse het

20 Mei 2020 BegripstoetsWoensdagOefening

Leerders moet hul werk netjies in ‘n boek of op ‘n los papier voltooi. Werk word ingehandig as skole weer begin. Maak asb seker jou naam, van en datum is op die papier of in die boek. Sinne moet asb uitgeskryf word. Ouers moet asb werk nasien wanneer memorandum beskikbaar is.

In Genesis 19 vers 24 – 26 lees ons hoe die Here swael en vuur van uit die hemel uit laat reën het op Sodom en Gomorra. God het die stede en die hele vlakte verwoes en al hulle inwoners om die lewe gebring; selfs die plante in die omgewing is uitgeroei. Lot se vrou het in ’n soutpilaar verander toe sy omgekyk het na waar God besig was om die sondige Sodom en Gomorra met swael en vuur te verwoes.

Hierdie gebeure het plaasgevind by die Dooie See. Die oewer van die Dooie See is sowat 400m onderkant seevlak - die heel laagste plek op die aardoppervlak. Mineraalryke water vloei die meer binne - meestal vanuit die Jordaanrivier, maar ook uit verskeie seisoensriviere, wat vloei wanneer dit reën, maar andersins droë lope is.

Maar die water vloei nie dan weer vanuit die meer see toe nie. Die enigste manier waarop die water ontsnap, is deur verdamping. Die streek word in die somer so warm dat die verdampende water soms die meeroppervlak met ’n mis bedek. Met die verdamping van die water kristalliseer die opgeloste minerale in pragtige formasies uit.

Die Dooie See is só genoem omdat bloedmin dinge in sy pekelsout of in die omringende grond kan lewe. Maar navorsing toon dat die meer tog sekere lewende organismes onderhou. Hoewel geen visse daarin kan bestaan nie, lewe sekere bakterieë en soutgarnale tog in die water. Aan die oewers groei ook ’n klompie plante.

Van groot belang is die oorvloed tafelsout (natriumchloried) en ander stowwe wat goedkoop onttrek word vir gebruik in nywerhede. Die soutkonsentraat in die Dooie See is dan ook werklik so hoog dat dit onmoontlik is om daarin te swem. Maar ’n mens bly tog dryf sonder om te sink!

Trouens, die spa's aan die oewers lok jaarliks ’n groot menigte besoekers wat in die mineraalryke waters kom baai. Baie mense glo die water het helende eienskappe. Volgens Media24 (2011-08-31) het navorsing bewys dat slegs 20 minute se ronddryf in die Dooie See diabete help om hul bloedsuikervlakke te verlaag. Na 14 vrywilligers wat aan diabetes ly 20 minute in die water gedryf het, het hulle bloedsuikervlakke merkwaardig verlaag. ‘n Kontrolegroep van 6 gesonde vrywilligers het aan die toets deelgeneem en het geen verandering aan hul bloedsuikervlakke ervaar nie.

5

Page 6: 6 Afrika… · Web viewWerk word ingehandig as skole weer begin. Maak asb seker jou naam, van en datum is op die papier of in die boek. Ouers moet asb werk nasien wanneer memorandum

Skryf die regte antwoord neer:1. Uit watter boek in die Bybel word hierdie gebeure beskryf?

a) Genesis

b) Eksodus

c) Deuteronomium

2. Hoe het die Here Sodom en Gomorra verwoes?

a) Swael en reën

b) Vuur en reën

c) Swael en vuur

3. Die oewer van die Dooie see is sowat

a) 300 m onder seevlak

b) 400 m onder seevlak

c) 500 m onder seevlak

Dui aan of die volgende stellings waar of onwaar is.

4. Soutgarnale kan in die Dooie See oorleef.

5. Dit is duur om tafelsout uit die Dooie See te onttrek.

6. Mens dryf in die Dooie See omdat die soutgehalte in die water so hoog is.

7. Water vanuit die Dooie See vloei in die Jordaanrivier in.

8. Die water van die Dooie See vloei weer terug na die see.

Vul die regte antwoord in:9. Diabete se bloedsuikervlakke kan in die sout water (a)

deur (b) minute in die Dooie See te dryf.

21 Mei 2020 Begripslees

Donderdag

6

Page 7: 6 Afrika… · Web viewWerk word ingehandig as skole weer begin. Maak asb seker jou naam, van en datum is op die papier of in die boek. Ouers moet asb werk nasien wanneer memorandum

Oefening

Leerders moet hul werk netjies in ‘n boek of op ‘n los papier voltooi. Werk word ingehandig as skole weer begin. Maak asb seker jou naam, van en datum is op die papier of in die boek. Sinne moet asb uitgeskryf word. Ouers moet asb werk nasien wanneer memorandum beskikbaar is.

Gee die regte sakgeld

Kinders kan net leer hoe om geld reg uit te gee as hulle self met die geld moet werk. Dus moet jy begin om sakgeld te gee en daaruit moet hulle sekere dinge self betaal. Maar behoort hulle vir sakgeld te werk?

“Natuurlik,” sê Elize. “Hoe anders gaan hulle leer dat hulle eendag sal moet werk vir hul salaris? Maar moenie dat hulle vir alles werk nie – jy moet darem ’n deel gee sommer net omdat jy vir jou kind lief is.”

Venice stem saam. “As hulle vir alles moet werk, bly daar nie veel van sorgelose kindwees oor nie. ’n Kind moet steeds voel dat sy ma en pa vir hom sorg.

Besluit ook of jy sakgeld wil gee vir ’n bederf en of jy eerder ’n toelaag wil gee waaruit die kind sekere noodsaaklikhede moet koop.” Venice sien sakgeld eerder as ’n inlywing in finansiële verantwoordelikheid. “Ons voorsien immers in al die noodsaaklikhede.”

So doen jy dit:

Om te bepaal hoeveel sakgeld jy moet gee, is nie altyd maklik nie. Daar is sekere kenners wat reken die kind se ouderdom maal met R10 is ’n goeie

7

Page 8: 6 Afrika… · Web viewWerk word ingehandig as skole weer begin. Maak asb seker jou naam, van en datum is op die papier of in die boek. Ouers moet asb werk nasien wanneer memorandum

beginsel. Dus R50 vir ’n 5-jarige en R120 vir ’n 12-jarige. Maar Elize meen R100 is genoeg sakgeld vir ’n 12-jarige, veral as dit net vir bederf is.

Winston Meyer, ’n pa van drie seuns, glo dat kinders nie geld moet kry as beloning vir goeie prestasie nie. “Ons intellektuele vermoëns verskil tog. ’n Kind sal veel meer respek vir sy prestasie hê as hy weet dit is nie deur sy ouer gekoop nie.

Ek gee eerder vir ’n kind ’n vasgestelde bedrag per maand wat afwaarts aangepas word na gelang van hul optrede teenoor ons as ouers en hul broers. Sou hulle met mekaar baklei of versuim om ’n takie te doen waarvoor ek of hul ma gevra het, word hulle sakgeld ook met ’n persentasie ingekort. Op hierdie manier leer hulle om te dink voor hulle doen – dit werk ook wonderlik wanneer hulle besluit waarop hulle geld gaan bestee.

Beantwoord die volgende vrae by die ooreenstemmende nommer op die antwoordblad:

1. Watter formule kan gebruik word om vir kinders sakgeld te gee? (1)

2. Waarom glo Winston Meyer dat kinders nie geld moet kry as beloning vir

goeie prestasie nie? (1)

3. Waarom voel Elize dat kinders nie vir al hul sakgeld hoef te werk nie? (1)

4. Wat word bedoel met die sakgeld word “afwaarts aangepas”? (1)

5. Wat dink jy word bedoel met “sorgelose kindwees”? (1)

6. Hoeveel kinders het Winston Meyer? (1)

7. Waarom sê Elize dat dit belangrik is dat kinders moet werk

vir hul sakgeld? (1)

8. Wie stem saam met Elize dat kinders nie vir al hul sakgeld hoef

te werk nie? (1)

9. Wat is die gevolg daarvan as sakgeld met ‘n persentasie ingekort word

as die kinders met mekaar baklei of nie iets doen wat gevra is nie? (2)

22 Mei 2020 Begripslees

8

Page 9: 6 Afrika… · Web viewWerk word ingehandig as skole weer begin. Maak asb seker jou naam, van en datum is op die papier of in die boek. Ouers moet asb werk nasien wanneer memorandum

VrydagOefening

Leerders moet hul werk netjies in ‘n boek of op ‘n los papier voltooi. Werk word ingehandig as skole weer begin. Maak asb seker jou naam, van en datum is op die papier of in die boek. Ouers moet asb werk nasien wanneer memorandum beskikbaar is.

Oom Olifant, jou reuse dier!

‘n Olifant se slurp is in werklikheid ’n verlengde neus, maar dit werk boonop uitstekend soos ’n arm en ’n hand. En al is die olifant so ’n groot en logge dier, toon x-strale dat hy eintlik op die punte van sy tone loop wat deur ’n groot kussing beskerm word. Die pote is massief. Hulle lyk soos pilare wat van bo tot onder feitlik ewe breed is. En die voete is breed en rond.. Olifante het wel "knieë", maar wanneer hulle loop of hardloop, moet hulle altyd twee pote op die grond hê. Hulle kan glad nie spring nie. Die hare staan yl op die dik velle van hierdie diere.

Maar die olifant se slurp bly die wonderlikste van alles. Dit is in der waarheid ’n verlengde neus, dit werk ook boonop soos ’n arm en ’n hand. Deur die slurp om bosse, grasse of bome te krul, kan die olifant plantkos nader trek en dit met gemak in sy bek plaas om te vreet. Dis om dié rede dat die olifant-orde die Proboscidea genoem word, wat letterlik "eet met die neus" beteken.

9

Page 10: 6 Afrika… · Web viewWerk word ingehandig as skole weer begin. Maak asb seker jou naam, van en datum is op die papier of in die boek. Ouers moet asb werk nasien wanneer memorandum

Nog ’n besondere kenmerk van die olifant is sy ivoortande, wat soos horings vorentoe krul. Hierdie ivoortande is in werklikheid verlengde bo-snytande, en olifante het geen oogtande of voorkiestande nie. Daar is wel kiestande, wat meebring dat daar in die reël slegs vier tande op ’n slag in die bo- en onderkake is (die ivoortande uitgesluit).

Die reuse-kiestande word gebruik om hul plantkosse fyn te maal en word een ná die ander van agter af vervang namate hulle wegslyt. ’n Olifant kry ses stelle kiestande in sy lewe, met die gevolg dat sy lewensduur beperk is tot die tyd waarin hierdie ses stelle verweer. Dit is gewoonlik sowat sestig jaar.

Olifante se ivoortande is natuurlik baie gesog, maar dit het ook al byna die olifant se ondergang beteken. In Afrika is olifante voor die voet geskiet deur wilddiewe wat hul kosbare ivoor ten duurste aan die wêreld se rykes kon verkoop. In die laat jare tagtig het omgewingsbewustes met ’n wêreldwye veldtog begin om die ivoorhandel te probeer stopsit. In 1989 het die VSA en die Europese Gemeenskap (nou die Europese Unie genoem) toe alle ivoorinvoere verbied.

Olifante het ook, verbasend genoeg, geen sweetkliere nie. Dis waarom hulle so graag koel bly deur in poele en strome rond te rol. Die modder wat op hul vel droog word, beskerm hulle teen die son.

'n Olifant vreet tot 230 kilogram voer per dag en drink tot 190 liter water. Hy suig die water met sy slurp op en spuit dit dan in sy bek. Die uiters veelsydige slurp word ook gebruik om te trompetter ('n geluid voort te bring).

Nog ’n interessantheid is dat olifantbeendere nie murgholtes het nie, maar gevul is met ’n sponserige stof waarin die murg versprei is. Die olifant is nie net bekend as een van die grootste landlewende soogdiere nie, maar het 'n besondere groot brein. Olifante is inderdaad baie slim diere!

Beantwoord die volgende vrae:

10

Page 11: 6 Afrika… · Web viewWerk word ingehandig as skole weer begin. Maak asb seker jou naam, van en datum is op die papier of in die boek. Ouers moet asb werk nasien wanneer memorandum

1. Waarvoor help die modder wat droog word op die olifant se vel? (1)

2. Waarvoor gebruik die olifant sy slurp? (3)

3. Hoeveel stelle kiestande kry ‘n olifant in sy leeftyd? (1)

4. Wat gebeur met die olifant wanneer sy laaste stel kiestande verslyt? (1)

5. Waarom bly olifante koel? (1)

6. In die leesstuk word die olifant deur verskillende sinonieme beskryf

as “groot”. Skryf die drie woorde neer wat dieselfde beteken as “groot”. (3)

7. Verduidelik in konteks wat beteken die onderstreepte woord in

die volgende sin:

Die hare staan yl op die dik velle van hierdie diere. (1)

8. Hoe sal ʼn verbod op ivoorinvoer die olifant beskerm? (1)

Skryf of die volgende stellings waar of onwaar is:

9. ʼn Olifant se pote is van bo na onder amper ewe breed. (1)

10.Die olifant-orde is die Proboscidea omdat hulle grasvreters is. (1)

11. ʼn Olifant se beendere is gevul met murg waarin ʼn sponserige

stof in versprei is. (1)

11