6. die wêreld en kaartwerk - christelike media...15 6. die wêreld en kaartwerk (msw aardrykskunde)...

4
15 6. Die wêreld en kaartwerk (MSW Aardrykskunde) Op dié groot kaart kan jy sien hoe die wêreld sal lyk as dit platgestryk is. Die stukke land word kontinente of vastelande genoem. Daar is sewe kontinente en vier oseane. Opdrag Voltooi die opdrag in jou werkboek.

Upload: others

Post on 10-Aug-2020

3 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: 6. Die wêreld en kaartwerk - Christelike Media...15 6. Die wêreld en kaartwerk (MSW Aardrykskunde) Op dié groot kaart kan jy sien hoe die wêreld sal lyk as dit platgestryk is

15

6. Die wêreld en kaartwerk(MSW Aardrykskunde)

Op dié groot kaart kan jy sien hoe die wêreld sal lyk as dit platgestryk is. Die stukke land word kontinente of vastelande genoem. Daar is sewe kontinente en vier oseane.

OpdragVoltooi die opdrag in jou werkboek.

Page 2: 6. Die wêreld en kaartwerk - Christelike Media...15 6. Die wêreld en kaartwerk (MSW Aardrykskunde) Op dié groot kaart kan jy sien hoe die wêreld sal lyk as dit platgestryk is

16

As ’n reisiger in ’n vreemde dorp of stad kom, bestudeer hy eers die stadskaart of plattegrond sodat hy die plekke wat hy wil besoek maklik kan vind. Om ’n kaart te kan lees, moet jy weet watter kant is waarheen.

Wat is ’n kaart?Kyk na die volgende verduideliking:

’n Sleutel

Dit is die betekenis van simbole wat op ’n kaart gebruik word. As ’n mens iemand wil verduidelik waar om ’n sekere ding te soek, sê mens hy moet links, regs, agter of langs iets gaan soek. Die ding kan ook oos, wes, suid of noord lê. Hoe weet ’n mens waar noord, wes, oos of suid is?

Page 3: 6. Die wêreld en kaartwerk - Christelike Media...15 6. Die wêreld en kaartwerk (MSW Aardrykskunde) Op dié groot kaart kan jy sien hoe die wêreld sal lyk as dit platgestryk is

17

Vier hoofrigtings:

Ons kry vier hoofwindrigtings naamlik: noord (N)oos (O)suid (S)wes (W)

Vier tussenrigtings:

Tussen hierdie hoofwindrigtings kry ons nog vier rigtings wat ons tussenrigtings noem naamlik:

noord-oos (NO)suid-oos (SO)suid-wes (SW)noord-wes (NW)

Die rigting-ster hieronder wys vir jou hoe die windrigtings lê:

Bepaling van rigting

As die son skynDoen dié opdrag tuis: Wag tot twaalfuur op ’n sonnige dag. Gaan na die gras by jou huis. Sit ’n papier met ’n rigting-ster opgeteken op die grond neer. Neem nou ’n langstok en

Onthou: noord is altyd bo-aan enige kaart of papier

Page 4: 6. Die wêreld en kaartwerk - Christelike Media...15 6. Die wêreld en kaartwerk (MSW Aardrykskunde) Op dié groot kaart kan jy sien hoe die wêreld sal lyk as dit platgestryk is

18

hou dit regop met die onderpunt in die middel van jou rigting-ster. Onthou, die skaduwee val suid. Draai jou papier totdat die skaduwee op die S-lyn val. (Moenie die papier skeur nie.) Sit ’n paar klippe op die hoeke van die papier sodat dit nie wegwaai nie. Soek nou sekere bakens soos die motorhuis of swembad en kyk in watter rigtings die bakens lê van waar jy staan. Jy kan hierdie opdrag ook by ander plekke gaan uittoets.Onthou. Die son kom op in die ooste en gaan onder in die weste.

As die son nie skyn nieAs die son nie skyn nie, bepaal ’n mens rigting deur ’n kompas. ’n Kompas is meestal ‘n akkurate manier om rigting te bepaal. ’n Kompas het ’n wyserplaat soos ’n horlosie, maar in plaas van in ure, is die wyserplaat in die vier hoofwindrigtings verdeel.

Om die middaguur (12:00) wys die skaduwee suid

‘n Kompas

OpdragVoltooi die opdrag in jou werkboek.