6 maart 2016 hartklop - ngk onrusrivier...cansa relay for life dit is weer tyd vir die cansa...

8
VANOGGEND SE DIENS DR WILHELM BURGER (Matt. 6:11 en 6:25-34) DIE EENVOUD VAN BROOD IS EENVOUDIG GENOEG. "Gee ons vandag ons daaglikse brood". Hierdie is die eerste van die "ons" -bedes van die Ons Vader. Ons kry dit na die drie U-bedes - die om die heliging van God se Naam, die koms van sy koninkryk en dat sy wil sal geskied. Jesus gee ons die geleentheid om drie dinge van die Vader te vra: brood (fisieke behoeftes), vergifnis (geestelike behoeftes) en bewaring van al ons vrese. Dit is regtig so dat ons na die Here kan kom met al ons bekommernis en sorge. Die gebed om brood word in vier woordjies saamgevat: brood, ons, daagliks en vandag. Die groot vraag bly egter of dit vir ons genoeg sal wees? Ons almal saam in diens van JESUS CHRISTUS oral, altyd en in alles DEURKOLLEKTE VANDAG Sin Koll: BADISA Baie dankie vir u gebede en volgehoue ondersteuning Wees Lig! HARTLIK WELKOM “Gee ons vandag ons daaglikse brood ...” Tot nou toe het die Ons Vader Gebed gefokus op die Koning Sy Naam, Sy Koninkryk en Sy wil. Nou verlaat ons die Troonsaal en stap ons kombuis toe. Daar is leë broodblikke.... Wat is die brood waarvoor ons moet bid? Martin Luther sou gesê het dit is alles wat ons nodig het vir die lewe: skoon water, vars brood in die broodblik, ‘n verdienste, goeie gesondheid, ’n dak oor ons koppe, ‘n kombers op die bed, ‘n lewensmaat, ‘n gesin, goeie regering en vrede. Maar onthou één ding: Die gebed begin met die woord “Ons Vader”. Dit is ‘n “ons”-gebed. Wat ek vir myself bid, bid ek ook vir my naaste. 16 Eeue gelede was daar ‘n Griekse Biskop in Caesarea met die naam van Basil, Basil die Grote (329-379). Hy het hierdie bede gebid en bygevoeg: Die brood in my broodblik wat besig is om te muf, is nie my brood nie. Dit is die honger mense se brood. Die skoene in my kas wat ek nie meer dra nie, is nie my skoene nie. Dit is die skoene van hulle wat kaalvoet moet loop. Die klere weggepak in ‘n kas, is nie my klere nie. Dit is die klere van hulle wat nakend is. Die geld wat in ‘n spaarbank lê en depresieer, is nie my geld nie. Dit is die geld van die armes. Hierdie woorde is 16 eeue gelede gepreek, maar vandag nog steeds relevant. Dit laat my nuut bid: “Gee ONS vandag ONS dag se brood ...” U is baie welkom. Ons deel ons brood. Hartklop van die NG Gemeente Onrusrivier 6 MAART 2016 TEKS VIR DIE WEEK SONDAG 13 MAART DR CLIFFORD HEYS MATT 6:12 & PS 51 Ons lees komende Sondag die 5de pe- sie: “Vergeef ons ons oortredinge...” ‘n Psigiater maak die opmerking dat hy die helſte van sy pasiënte sou kon ontslaan, sou hulle aanvaar dat hulle skulde van die verlede vergewe is. U kommentaar. Waer remedie (oplossing) het die Jode vir hul skulde gehad? (vgl. Lev. 16 veral vers 20-22) Waarom is die offerbok met die naam ‘Vir Asasel’ die ‘sondebok’ genoem? En tog het hierdie offers van onskuldi- ge diere nie gewerk nie. Dit was soos ‘n man op die oop see en sterwende van die dors. Hy is aangewese is op seewater. Wat sê hierdie beeld van die OT offers? Wat was Jesus se remedie vir ons skulde? Hoekom word Hy die ‘Sondebok’ genoem? Lees Luk 23v34 Hoe verstaan u die woorde “soos ons ook vergewe”? Is dit moeilik om te vergewe? Clifford sal komende Sondag hierdie bede met ons behandel. AANDDIENS @ 18:00 DS MICHIEL DE KOCK “KRUISGENERASIE” ONS NOOI U ALMAL HARTLIK UIT NA DIE DIENS. TEENTRIX klasse direk na die aanddiens. Ons nooi ouers en jongmense om saam te kom kuier in die maalruimte met heerlike koffie/tee. ALMAL WELKOM!

Upload: others

Post on 04-Jul-2020

3 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

VANOGGEND SE DIENS DR WILHELM BURGER (Matt. 6:11 en 6:25-34)

DIE EENVOUD VAN BROOD IS EENVOUDIG GENOEG.

"Gee ons vandag ons daaglikse brood". Hierdie is die eerste van die "ons" -bedes

van die Ons Vader. Ons kry dit na die drie U-bedes - die om die heliging van God se

Naam, die koms van sy koninkryk en dat sy wil sal geskied. Jesus gee ons die

geleentheid om drie dinge van die Vader te vra: brood (fisieke behoeftes),

vergifnis (geestelike behoeftes) en bewaring van al ons vrese.

Dit is regtig so dat ons na die Here kan

kom met al ons bekommernis en sorge.

Die gebed om brood word in vier woordjies

saamgevat: brood, ons, daagliks en vandag.

Die groot vraag bly egter of dit vir

ons genoeg sal wees?

Ons almal saam in diens van

JESUS CHRISTUS

oral, altyd en in alles

DEURKOLLEKTE VANDAG Sin Koll: BADISA

Baie dankie vir u gebede en

volgehoue ondersteuning

Wees Lig!

HARTLIK WELKOM

“Gee ons vandag ons daaglikse brood ...”

Tot nou toe het die Ons Vader Gebed gefokus op die Koning – Sy Naam,

Sy Koninkryk en Sy wil. Nou verlaat ons die Troonsaal en stap ons kombuis toe.

Daar is leë broodblikke....

Wat is die brood waarvoor ons moet bid?

Martin Luther sou gesê het dit is alles wat ons nodig het vir die lewe: skoon

water, vars brood in die broodblik, ‘n verdienste, goeie gesondheid, ’n dak oor

ons koppe, ‘n kombers op die bed, ‘n lewensmaat, ‘n gesin, goeie regering en

vrede.

Maar onthou één ding:

Die gebed begin met die woord “Ons Vader”. Dit is ‘n “ons”-gebed. Wat ek vir

myself bid, bid ek ook vir my naaste.

16 Eeue gelede was daar ‘n Griekse Biskop in Caesarea met die naam van Basil,

Basil die Grote (329-379). Hy het hierdie bede gebid en bygevoeg:

Die brood in my broodblik wat besig is om te muf, is nie my brood nie. Dit is

die honger mense se brood.

Die skoene in my kas wat ek nie meer dra nie, is nie my skoene nie. Dit is die

skoene van hulle wat kaalvoet moet loop.

Die klere weggepak in ‘n kas, is nie my klere nie. Dit is die klere van hulle wat

nakend is.

Die geld wat in ‘n spaarbank lê en depresieer, is nie my geld nie. Dit is die

geld van die armes.

Hierdie woorde is 16 eeue gelede gepreek, maar vandag nog steeds relevant.

Dit laat my nuut bid: “Gee ONS vandag ONS dag se brood ...”

U is baie welkom. Ons deel ons brood.

Hartklop van die NG Gemeente Onrusrivier

6 MAART 2016

TEKS VIR DIE WEEK

SONDAG 13 MAART

DR CLIFFORD HEYS

MATT 6:12 & PS 51

Ons lees komende Sondag die 5de pe-tisie: “Vergeef ons ons oortredinge...” ‘n Psigiater maak die opmerking dat hy

die helfte van sy pasiënte sou kon ontslaan, sou hulle aanvaar dat hulle skulde van die verlede vergewe is. U kommentaar.

Watter remedie (oplossing) het die Jode vir hul skulde gehad? (vgl. Lev. 16 veral vers 20-22) Waarom is die offerbok met die naam ‘Vir Asasel’ die ‘sondebok’ genoem?

En tog het hierdie offers van onskuldi-ge diere nie gewerk nie. Dit was soos ‘n man op die oop see en sterwende van die dors. Hy is aangewese is op seewater. Wat sê hierdie beeld van die OT offers?

Wat was Jesus se remedie vir ons skulde? Hoekom word Hy die ‘Sondebok’ genoem? Lees Luk 23v34

Hoe verstaan u die woorde “soos ons ook vergewe”? Is dit moeilik om te vergewe?

Clifford sal komende Sondag hierdie bede met ons behandel.

AANDDIENS @ 18:00

DS MICHIEL DE KOCK

“KRUISGENERASIE”

ONS NOOI U

ALMAL HARTLIK

UIT NA DIE

DIENS.

TEENTRIX klasse direk na die

aanddiens. Ons nooi ouers en

jongmense om saam te kom kuier

in die maalruimte met heerlike

koffie/tee. ALMAL WELKOM!

ONS BID VIR ... Louis Stassen

Helena van Vuuren

Magriet Louw

Francois Snyders

Sarie van Staden

Cebella Krige

Marichen van Wyk

Francois Goosen

Corlise Steyn

Suzette Rust

Hannes Visser

Barney Roux

Doepie du Plessis

Lotte Joubert

Hennie Botha

Anna-Maria du Toit

Willma Burger

Deon van Riet, Scotty Smit

MEEGEVOEL

Met die Haumann familie, veral

broer Piet en suster Ohna, na die

heengaan van hul suster in Uiten-

hage.

Met Veronica Brand met die

heengaan van ‘n goeie vriend

oom Abie. VERSOEKE Annette 072 903 9189

NOODKETTING Sheila 084 800 0947

MA. 7 MAART DI. 8 MAART WO. 9 MAART

18:00 GEBEDSBYEENKOMS by United kerk.

Kom luister saam, bid saam, beplan saam.

*** HET U AL U BILTONG &

BROODAAND KAARTJIES GEKOOP?

NOU SLEGS R100PP. BESKIKBAAR BY

DIE DIENSSENTRUM.

SOPKOMBUIS

11:00 - 13:00 KLEREKAS

11:00 LOFDANSE vir volwassenes.

U is baie welkom om aan te sluit by hierdie

dansgroep. Kontak Veronica by

083 751 4319 vir enige navrae.

14:30 FLIEK: Seun (OnsTeater)

18:00 BYBELSKOOL (NG Hermanus)

DO. 10 MAART VR. 11 MAART SA. 12 MAART

09:00 BYBELSKOOL (NG Onrus)

09:30 - 11:30 Die KOLWYNTJIE TEETUIN

10:00 GEBED in die Gebedskamer. Kom bid

saam vir ons eredienste, Gemeente en ge-

meenskap.

18:00 BILTONG & BROOD &

STRANDVELDSTORIES tbv Onrus

Dienssentrum

CANSA RELAY FOR LIFE

(KLEINMOND)

WAT GEBEUR ALLES SONDAG 13 MAART ?

SESDE LYDENSWEEK

08:30 GEBEDSKAMER:

Ons bid saam vir die erediens. U is welkom.

09:00 EREDIENS: Dr Clifford Heys gaan

voor. Welkom.

15:30 SAAMKUIER by die DIENSSEN-

TRUM vir alle 50 plussers. Welkom!

18:00 BELYDENIS VAN GELOOF

AFLEGGING VIR ONS BELYDENISKLAS.

Ons nooi graag die hele Gemeente uit om

hierdie baie spesiale geleentheid by te woon

en saam die Here te loof en prys vir ons

pragtige jongmense.

WYKE DIENSBEURTE Teebeurt (Maalruimte) (Wyk 20)

KLEUTERKERK 3 - 6 jr tydens Erediens (Ark)

BYBELGROEPE Gr 1 - 5 tydens die Erediens

TEENTRIX Gr 6 - 11 @ 18:00 na die aanddiens.

Ons Vader, wanneer ons bid vir ons daaglikse brood, dan weet ons dit gaan oor veel meer. Dit bring U en Geld, U en arbeid en U en ekonomie bymekaar. Baie dankie

dat ons erken dat ons elke dag op U, Ons Vader, kan vertrou wanneer ons hierdie gebede bid.

Here, wanneer ons om ons “daaglikse brood” vra, erken ons daarmee dat U ons Voorsiener is. Ons kan nie in ons eie behoeftes voorsien nie, maar ons weet dat dit

wat ons nodig het, uit U hand voorsien sal word. Dankie Vader vir U genade en liefde.

Here, wanneer ons in Spreuke 30:8 lees: “moet my nie arm maak of ryk nie, gee my net die kos wat ek nodig het.” Ons Vader, dankie vir

ons brood en help ons om uitdelers te wees. Dat ons ook kan bydra tot ons kospakkies en die sopkombuis.

Vader, Ons Vader, ons weet dat kommer doen meer skade as wat dit help. Dit dui op gebrekkige geloof en begrip van U en dit haal ons uit rat

uit vir die dag. U woord gee ons hierdie belofte: “Daarom sê Ek vir julle: Moet julle nie bekommer oor julle lewe nie!”

Dierbare Vader, ons erken dat ons elke dag op U kan vertrou want U weet wat ons nodig het. U voorsien in alles en ons moet net op U, Ons

Vader, Seun en Heilige Gees vertrou. Dankie vir U onvoorwaardelike liefde.

NUWE JEUGLERAAR

Hierdie naweek gebeur die onderhoude

met die kortlys vir die nuwe Jeugleraar

vir Onrusgemeente. Ons vra u almal se

volgehou gebed sodat almal betrokke fyn

sal luister na Vader se aanbeveling.

Kom geniet ‘n heerlike

aand saam met

S.D. Fourie. Sy woon in

Franskraal en gaan vir

ons staaltjies oor die

Strandveld vertel.

Sy is ‘n toergids,

mede-eienaar van die

Strandveld Museum,

het al pryse gewen in

Radio Drama Kompe-

tisies en twee boeke

geskryf – onder andere

die Lanternswaaier.

Kom bespreek u plek by

Joan/Hannie by die

Dienssentrum.

#IMAGINE 2016 JEUGKAMP Waar: Mega Park, Bredasdorp

Wanneer: 1-3 April 2016

Ons nooi al ons tieners om te registreer en bespreek VOOR 29 MAART by die volgende link:

https://www.itickets.com/register/new/355678&referrer=onrus

(onrus in kleinletters)

Koste is R400 per tiener.

CANSA RELAY FOR LIFE

Dit is weer tyd vir die Cansa Overstrand

Relay For Life 2016. Die Relay vind plaas by

die Kleinmond Laerskool 12 & 13 Maart 2016.

Kom wees deel van die unieke deurnag gebeurtenis om die stryd van

die kankerpasient te herdenk. Ons dink dan weer aan die persone

wat die stryd teen kanker verloor het en vier die lewe van die

kanker oorwinaar. Die deurnag stap simboliseer die moegheid en

uitputting van die pasient wat deur behandeling gaan.

Vir verdere navrae en inskrywings, kontak

Maryna Voges – Kansa kantoor – 028 316 3678 / 073 6999 722

epos: [email protected]

BYBELSKOOL Die Skool is oop en u is welkom op Woensdae 18:00 by NG Her-manus en Donderdae om 09:00 by NG Onrusrivier. Prof Kobus Kellerman is besig met ‘n reeks oor Filippense. INDIEN U DIE BYBELSKOOL NOTAS PER EPOS WIL ONTVANG, STUUR ASB U EPOS ADRES NA [email protected] OF KONTAK MERVIAN BY DIE KERKKANTOOR. Navrae: Clifford by 028 316 4895.

VERKIES TOT DIE KERKRAAD

George Erasmus (Ouderling vir Wyksbediening - Hermanus-streek)

Verkies as Onder-voorsitter van die

Kerkraad

Johan Koekemoer

Ons bid hulle Vader se wysheid,

insig, liefde en

onderskeidingsvermoeë toe.

HARTLIK WELKOM ALLE NUWE INTREKKERS

Estelle Verster (wyk 1)

Hennie & Annabelle Greeff (Onrus Manor)

Rassie Erasmus (Negester)

Celia van Rensburg (Negester)

Rudi & Sue v d Berg met Kiara en Shakira (wyk 4)

Hannes & Caren v d Walt met Carike en Minke (wyk 30A)

Louise Cilliers (wyk 30 B)

Raymo & Leonie v Rooyen met Raynhardt en Lian (wyk 30 C)

Verona Drinkwater (Leisure Park)

Rietje & Niven Nolte (Leisure Park)

Elsa van Dyk (Leisure Park)

Juan & Yolande Pieterse met Alexa en Ruben (wyk 31)

Chrisna Maritz met André (wyk 33)

Danie & Tharina du Toit met Franco, Luka, Lian & Nine (wyk 34 B Fernkloof 3)

Manie & Hannelie Kitching (wyk 34 B Fernkloof 3)

Janli Roodt (wyk 34 B Fernkloof 3)

Jan & Tutu Wagener (wyk 34 B Voëlklip)

Mnr Willie van Zyl 03/03

Mnr Eben Engelbrecht 03/04

Ds Petrus Burger 03/08

Mev Johanna Olivier 03/08

Mev Marina Olivier 03/09

Mnr Hannes Nöthling 03/10

Mnr Tienie Schickerling 03/10

Mnr Johann Andersen 03/11

Mev Susan Esterhuizen 03/13

Mev Cedric Taylor 03/14

Mnr Kosie Krige 03/17

Mev Ita Botha 03/18

Mev Edith van Zyl 03/22

Mev Helené Lobb 03/23

Mnr Alex von Ludwig 03/23

Mev Babsie Strever 03/24

Mej Hester de Kock 03/27

Mev Mattie Oberholzer 03/27

Mnr Basie Strydom 03/27

Mev Ans Watermeyer 03/28

VERJAARSDAE BO 80

*** DAGSTUKKIE BOEK VAN ONRUSGEMEENTE ***

Ons is tans besig om Onrusgemeente se verhale en geskiedenis vas

te vang in ‘n pragtige dagstukkie boek wat deur Dr Clifford Heys

geredigeer word. MAAR … ons het jul verhale nodig.

Stuur asb Godstories, getuienisse, onthou-stories, lagstories, mooi

stories van jou onthou en beleef by Onrusgemeente. Sonder julle

kan hierdie boek nie gebeur nie. Stuur dit asb aan Clifford by

[email protected] of die kerkkantoor. Baie dankie!

AANDAG ALLE BESIGHEDE

WONDERLIKE GELEENTHEID

BORGE VIR NUWE BANIERE

Die Kommunikasiebediening is tans

besig om nuwe baniere te maak vir al

ons bemarking. Ons benodig asb

borge hiervoor.

VOORDEEL VIR U BESIGHEID?

Op die baniere sal staan:

Geborg deur … (en u besigheid se naam)

Vir die volgende minimum 5 jaar het

u dan wonderlike advertensie vir ‘n

eenmalige borgskap!!

Kontak asb vir Karin by die kerkkantoor

vir meer inligting hieroor. Dankie!

Ons nooi graag alle Geestelike leiers, Jeuglei-

ers, Gemeenskapleiers asook alle belangstellen-

des na hierdie byeen-koms. Ons gaan saamge-

sels oor Gebed in ons Gemeenskap asook die

komende Week van Gebed (en Gebedsmars).

Ons het u nodig om saam

te bid, saam te dink en saam te hoor.

Daniel Brink van Jerigo Mure is ons gasspreker.

Kom luister saam na Godstories van oor die hele land, wat besig is om te gebeur in Suid-Afrika! Ons werk dan ook saam aan ‘n Gebedstrategie vir ons

pragtige Gemeentes, Gemeenskap en omgewing.

SIEN JULLE ALMAL DAAR!

KERSPARTYJIE EINDE VERLEDE JAAR IN ZWELIHLE

asook ‘n heerlike KERSETE saam met die vroue van

Women to Women. Vir enige navrae oor die Zwelihle

Women to Women groep, kontak gerus vir Hettie Roux

by 073 143 8270. U is baie welkom om deel te word van

hierdie gesellige kuier-by-mekaar-bediening.

KOEKSISTERS TE KOOP

Koeksisters te koop teen R25 vir 12, op Vrydag

18 Maart 2016 vanaf 10:00 in die Maalruimte.

Die fondse word aangewend om bestanddele te koop

vir koeksisters en kleinkoekies vir die basaaar wat

op 30 April 2016 plaasvind.

Navrae: Ria Niemann

Sel: 082 971 8257

E-pos: [email protected]

PAASFEESDIENSTE “EK HET DORS”

Ons nooi u graag uit na die Paasfeesdienste vir 2016

wat as volg sal wees:

Sondag 20 Maart @ 09:00 - Palmsondag

Ma tot Do 21 - 24 Maart @ 18:30

Lydensweek meditasies (‘n halfuur stilword diens)

Vrydag 25 Maart @ 08:00 en 10:00

Goeie Vrydag Nagmaaldienste

Sondag 27 Maart @ 06:00 - Opstandingsdiens by die

kruis op die parkeerarea bokant kerk

Sondag 27 Maart @ 09:00

Feesdiens in die gemeentesentrum.

Volg die druppels na die stroom, tot by Jesus,

die Bron van Lewende Water!

Ons almal saam in diens van

Jesus Christus

Oral, Altyd en in Alles

PROGRAM 7 - 13 MAART

Onrusrivier Dienssentrum

“Deur die genade

van God”

HAARKAPPER: Ester du Toit vat ‘n ruskansie en is vir ‘n maand op verlof. Hou die Dienssentrum blad dop vir wanneer sy weer beskikbaar gaan wees.

KOM WEES KREATIEF: Sitkamer om 10h00 – 12h00: Kom op ‘n Dinsdag en sit koppe bymekaar en maak iets nuttigs. Dinsdag se beplanning is verf op porselein – eenvoudige proses en baie

mooi. Moet dit nie misloop nie. SKOONHEIDSTERAPEUT: Sabie Steyn doen masserings. Maak asseblief ‘n afspraak by 082 371 8811 vir 09h00 – 12h00. Rug, nek en skouer massering vir 30 min.: R30 (nie-lede R50) Onderbeen massering (voet en kuit) vir 15 min.: R20 (nie-lede R40) Vollyf massering vir 60 min.: R50 (nie-lede R70)

NAALDWERK: Rita Ferreira (028 316 2981) sal u met die regstel/verstelling van u kledingstukke help. Bring u kledingstuk op ‘n Dinsdag (09h30 – 10h00) na die Dienssentrum.

KLINIEK 10h00 – 12h00: Kontak sr. Ronel Calitz by 073 152 5623 en maak 'n afspraak. Sy kan gekontak word Maandag tot Vrydae: 08h00 – 13h00. Kontak sr. Calitz direk indien u versorger benodig.

TRIMGIM in Ark om 10h00 – 11h30: Trimgim deur Mathilda Roos (bio-kinetikus) Trimgimfooie is R35 per maand vir lede (R50 per maand vir nie-lede) ONSTEATER OM 14H30 FLIEK "SEUN". Dis weer die TWEEDE WOENSDAG van hierdie maand! Kom ontspan en fliek saam! Slegs donasie vir ons DIENSSENTRUM. SIEN JULLE DAAR! Slegs donasie!

VOETE- EN HANDE VERSORGING vanaf 08h00: Maak ‘n afspraak by Marilyn Prinsloo by 082 532 6931.

10h15: KOM BREI SAAM! Brei saam met psigiater, dr. Hoepie Howell

in die sitkamer. Brei help met visueel ruimtelike stimulasie, motoriese beplanning ens. Kom saam en luister na dr. Hoepie se voorlesings terwyl u lekker sit en brei.

Volle Pedikuur (60 min). (Toonnaels sny, vyl, skoonmaak, hakke skuur, afskilfering en massering van onderbeen en voete)

R75 (nie lede R95)

Mini pedikuur (30 min.) (Toonnaels sny, vyl en skoonmaak, hakke skuur)

R45 (nie lede R65)

Naellak (15 min.) R35 (nie lede R40)

Mans toonnaels sny en skoonmaak, hakke skuur R45 (nie lede R65)

Parafien waks behandeling (Vir stywe- of gewrigsontsteekte gewrigte of vir stadige sirkulasie, droë vel, bros droë naels ens.) Hande Voete Per gewrig

R55 (nie lede R75) R75 (nie lede R95) R45 (nie lede R65)

Verwydering van ongewenste gesigshare, wenkbroue en wimpers tinting Prys op aanvraag

DONDERDAG, 10 MAART

WOENSDAG, 9 MAART

DINSDAG, 8 MAART

MAANDAG, 7 MAART

BILTONG-EN-BROOD AAND: 11 Maart om 18h00 die aand in die sysaal. Kom geniet ‘n heerlike aand saam met S.D. Fourie. Sy woon in Franskraal en gaan vir ons staaltjies oor die Strandveld vertel. Sy is ‘n toergids, mede-eienaar van die Strandveld Museum, het al pryse gewen in Radio Drama Kompetisies en twee boeke geskryf – onder andere die Lanternswaaier. Die aand kos vir u R100 per persoon. Kom bespreek u plek by Joan/Hannie. Ons het slegs 120 kaartjies beskikbaar!

KOOP ‘N GESKENKBEWYS VIR DIE TEETUIN: Slegs R30 vir tee en koek. Dit is ‘n baie lekker verjaarsdag- of bederf geskenk vir u vriend/vriendin/kollega.

LEDEGELD DIENSSENTRUM: Ons nuwe finansiële jaar begin 1 Maart en dus is dit weer tyd vir die betaling van ledegeld. Ons ledegeld het dieselfde gebly! Betaal asseblief u ledegeld by Joan/Hannie by die Dienssentrum. TEE EN VERVERSINGS BY DIE DIENSSENTRUM: Vanaf 1 Maart kan u vanaf Maandag tot Donderdag teen R15 per persoon koffie/tee (tee/koffie is R5) met ‘n eetdingetjie by die Dienssentrum geniet vanaf 09h30 – 12h00. ONTHOU VRIENDE VAN DIE DIENSSENTRUM Ons wil u graag sien as ‘n “vriend van die Dienssentrum”. Sommige mense voel hulle is nog nie oud genoeg om aan te sluit nie maar wil as ‘n vriend bekend staan. Om te kwalifiseer as vriend is u welkom om ‘n donasie vir ons te gee en in ruil daarvoor sal ons u naam aanbring op ‘n lys wat in/by die Dienssentrum be-sigtig kan word. U moet ook vir ons ‘n vorm invul sodat ons u besonderhede kan kry – elke vriend van die Dienssentrum sal vir ons baie belangrik wees. Ons nooi u ook dan uit vir ‘n gratis koppie koffie/tee by die teetuin as blyk van dankbaar-heid. Kontak asb vir Joan/Hannie by die Dienssentrum. Baie dankie!

KONTAK NOMMERS DIENSSENTRUMNOMMER

028 316 1745 KONTAK VIR JOAN OF HANNIE

(09H30 – 12H30)

INDIEN U ENIGE INLIGTING

BENODIG.

ERIKA OOSTHUYSEN

Maatskaplike Werker

O28 316 3115 / 079 322 0998

SONDAGMIDDAE SAAMKUIER

OM 15:30 BY DIE DIENSSENTRUM

Vir alle 50 plussers. Nie seker wat om met jou Sondagmiddag te doen nie? Lus

vir gesels en lag en kuier? Kom geniet die ge-selskap en ‘n heerlike koppie tee/koffie. Mans en

vroue, enkel of getroud – u is almal baie wel-kom. Vir enige navrae: Hannie Koch 081 271 2290

Soutterte,appelringkoek, mango-kaaskoek, driehoek-kaaskoek

en nog vele meer!

Kom vier jou verjaardag by die KOLWYNTJIE en betaal slegs

R30 vir elke gas, tweede stukkie koek kos slegs R10!

Sit terug terwyl ons julle bedien met die liefde van JESUS.

Kontak Marie 028 316 4018 en ons reël alles!

BELANGRIKE INLIGTING OM TE ONTHOU

KOLWYNTJIE TEETUIN VRYDAG 11 MAART 09:30 – 11:30

ONDERSTEUNINGSGROEP vir mense/familie met neurologiese siektes soos Alzheimer, MS, MNS, dimensie vergader op MAANDAG, 7 MAART, om 11h00 - 12h00 by die Dienssentrum. Familie, vriende en die persoon self is welkom om die groep-byeenkoms by te woon.

DIE SPOELKLIPPE ondersteun die DIENSSEN-TRUM se brood- en biltongaand as 'n fondsinsameling, VRYDAG 11 MAART DV. Kaartjies is R130pp en is by die Dienssen-trum beskikbaar. SPOELKLIPPE: MY FAIR LADY - 30 JULIE DV Uitstaande busgelde van R155 pp is betaal-baar voor 31 Mei by die kerkkantoor. Baie dankie!

PASSIESPELE BY DIE OU HAWE OEFENING ELKE SONDAG @ 15:00 Kom wees deel van hierdie wonderlike opvoering by die ou hawe op Goeie Vrydag. Daar kort nog mense vir die opvoering. Kom! Ons het u nodig! Vir navrae, kontak Fanus by 078 483 3080.

KOSPAKKIES 14 MAART DV Geblikte soutvleis (boeliebeef) en bone in ta-matiesous (Baked beans) is effens min op die rak. Maar BAIE DANKIE vir almal se bydrae's!

SOPKOMBUIS Ons benodig nog asb sopkokers wat Dinsdae kan help sop kook by die kerk. Kontak asb vir Siska by 028 316 2109. SOP RYERS BENODIG: Oosie benodig mense wat sal help om sop uit te ry op 'n Dinsdag vanaf ongeveer 11h30 - 12h30. Dit is maksi-mum een uur van u dag wat in beslag geneem word. Dit is na Mount Pleasant en Zwelihle. Kontak asseblief vir Oosie by 072 375 4900.

LOOKING FOR SEWING MACHINES FOR LEARN TO EARN IN ZWELIHLE Do you have any sewing machines and espe-cially overlockers that you do not use any-more? Please donate it to our Sewing de-partment. Also in the same breath, we would like to thank all persons that donate material and other products to use for our training Facility, we do appreciate it tremendously. THANK YOU! Please contact: Leeanne van Vuuren|Hermanus Enterprise Development Facilitator TEL: 028 313 0564, CELL: 076 241 4884 E-MAIL: [email protected] www.learntoearn.org.za 'N BYBELSTUDIE KLEINGROEP is op soek na 'n Halleluja musiekboek - die ou dik grote met note. Kontak Joan 028-316 2876.

DS MICHIEL DE KOCK 028 316 4174 (K)

083 468 8194 [email protected]

DR WILHELM BURGER 028 316 2110 (K)

083 448 1651 [email protected]

DR CLIFFORD HEYS 028 316 4895

[email protected]

VOORSITTER KERKRAAD

Piet van Zyl 082 339 9871

[email protected]

EVANGELIS Chookie Naudé 072 355 9633

[email protected]

MAATSKAPLIKE WERKER Dr Erika Oosthuysen

028 316 3115 (K) 079 322 0998

[email protected]

KOMMUNIKASIE BEAMPTE

Karin de Bruin 084 305 2086

[email protected]

ONTVANGS

Mervian van der Merwe 084 875 7875

[email protected]

REK BEAMPTE

Rika Eveleigh 082 679 1312

[email protected]

ADMIN BEAMPTE

Hanna de Jager 082 441 9759

[email protected]

KOSTER

Hennie Davies 061 300 4577

Vir navrae en kommentaar

op die Hartklop [email protected] (Advertensies sluit Dins 12:00)

KERKKANTOOR ma - vry 08h00 - 13h00

Tel (028) 316-2116 [email protected]

www.ngkonrusrivier.co.za

DANKOFFERS NG Kerk Onrusrivier

Bank: ABSA

Rek. 406 215 2718

SENDING (GBO) Geloof Belofte Offer

Bank: ABSA

Rek. 916 9799 886

boek

wees

Vakansie-en Langtermynverhurings 23 Royal Centre, Main Road, Hermanus

Tel: (028) 312 4850

E-pos: [email protected]

HET U GEWEET?

Daar is baie spesiale sopkombuise in

Mount Pleasant (weekliks Dinsdae

om 11h00) en Hawston

(weekliks Woensdae om 14h00).

By hierdie sopkombuise word die

uitdeel van die sop en brood vooraf-

gegaan deur n kort woordbediening

en lofprysing. Enige belangstellendes

is welkom om enige van die byeen-

komste by te woon by die VGK

gemeentes van Mount Pleasant en

Hawston respektiewelik.

WELKOM!

Vir enige navrae, kontak asb vir

Dan Morkel by 082 373 3527.