6 suiderland republikein dinsdag 14 november 2017 daar...

1
Republikein 6 Dinsdag 14 November 2017 SUIDERLAND THE BEST PORT OF CALL FOR ANY & ALL AUTOMOTIVE NEEDS. E-MAIL: TEL: [email protected] [email protected] +264 (0) 63 225 414 (Sales) +264 (0) 63 224 186 (Service) VEHICLE SALES, SERVICE & REPAIRS VEHICLE SERVICE & REPAIRS ONLY FIND US ON FACEBOOK Pro-Edge Auto @AutomotiveSalesAndServices FOR UPCOMING NEWS, REVIEWS & SPECIAL OFFERS. VISIT OUR PAGE: TO GET A QUOTE OR TO BOOK A SERVICE. ProEdgeAutoNam.com Tanja Bause A lmal wat al Lüde- ritz besoek het, weet die wind kan verskriklik in dié kusdorp waai. Dit mag baie mense waarskynlik daarvan afsit om die dorp te besoek. Maar in Oktober en November sak tiental- le besoekers van oor die wêreld heen op Lüderitz neer, juis oor die wind. Dié besoekers kom uit 12 verskillende lande om aan die Lüderitz Speed Challenge deel te neem. Sowat 40 seilplank- en sweefskiryers probeer dan om weer eens hul eie rekords asook nasionale en wêreldrekords op die mensgemaakte kanaal te verbeter. Sedert die begin in 2007 is daar 12 wêreld- en 75 nasionale seilplank- en sweefskirekords opgestel. Vanjaar se deelnemers sluit die huidige wêreldkampioen- spoedseilplankryer, Twan Verseput van Nederland, en Björn Dunkerbeck van Spanje in. Laasgenoem- de is die oudste Red Bull- atleet en spog met 43 seil- planktitels agter sy naam. Sebastien Cattelan van Frankryk, die stigter van die Speed Challenge en die eerste sweefskiryer wat vinniger as 50 en 55 knope (101 km/h) gery het, neem ook deel. Nog ’n deelnemer is Mark Grin- nell van Suid-Afrika – die Afrika-kampioen en die tans derde vinnigste seil- plankryer. Japan neem ook dié jaar vir die eerste keer deel. Ander lande is: Namibië, Frankryk, Duitsland, die Verenigde Koninkryk, Swede, Noorweë, Switser- land, Italië en Nederland. “Dit is die enigste plek ter wêreld waar jy be- staande wêreldrekords kan opstel,” het Raffaello Gardelli, mede-organi- seerder en deelnemer, gesê. “Dit is die enigste kanaal waarvan die hoek reg is om rekords op te stel. Lüderitz het inder- daad die vinnigste water ter wêreld.” Die byeenkoms is die af- gelope jare deur Sophie Routaboul en Sebastien Cattelan gereël. Vanjaar bied Raffaello Gardelli en Mark Grinnell van borge Surf ’N’ Curve wat in Kaapstad gebaseer is, dit aan. Beide is toegewyde spoedseilplankryers. In 2015 het Antoine Albeau van Frankryk sy wêreldrekord vyf keer hier verbeter. Uiteindelik het hy 53.27 knope (98.55 km/h) gehaal. Karin Jaggi van Switserland het 46.31 knope (85.77 km/h) gehaal en daarmee die vinnigste vrou op water geword. Verseput het vlugbal vir Nederland gespeel, maar ná ’n kniebesering kon hy nie verder die sport beoefen nie. Hy het sowat vyf jaar gelede begin seil- plank ry. “Ek was verbaas toe ek die wêreldkampioen geword het omdat ek nog nie lank soos ander manne seilplank gery het nie. Maar dit is ’n won- derlike gevoel en ek kan nie wag om vir die eerste keer die Lüderitz-kanaal te betree nie,” het hy gesê. “Die sterk wind sal my help om my grense te toets. Ons kompeteer nie op die ope water nie; dit is ’n mensgemaakte kanaal wat sowat sewe meter breed is en jy jaag met ’n verskriklike spoed daar af. Dink so daaraan: Jy ry in ’n vinnige sport- motor teen 250 km/h in ’n klein straat af en aan beide kante van die pad is hoë, groot bome. Dis hoe dit voel,” het Verse- put gesê. Manfred Fuchs is vanjaar in beheer van die tydstelsel. “Daar is twee stelsels. Die een neem video en die tyd op sodat daar videobe- wyse is van wie die ryer was wat die spesifieke tyd opgestel het. Die rekenaar werk dan die presiese tyd uit. Die tweede stelsel werk met ’n ligstraal dus is daar geen bewyse van wie die persone was nie. Maar die voordele hiervan is dat die tyd nie uitge- werk moet word nie en onmiddellik op ’n skerm gesien kan word wat baie belangrik is vir die ryers en mede-deelnemers,” het Fuchs gesê. Michael Ellison, die amp telike waarnemer van die World Speed Sailing Record Council (WSSAC) van Engeland, sal deuren- tyd aanwesig wees om die rekords te bevestig wat opgestel word. Daar waar die wind waai, wil ons wees Die huidige wêreldkampioen-spoedseilplankryer Twan Verseput, Raffaello Gardelli (mede-organiseerder en deelnemer) en Manfred Fuchs wat in beheer is van die kameras. FOTO TANJA BAUSE DM0201700287665 For more informaon contact us at: Landline: +264 61 321 6600 | Email: [email protected] Website: www.letshego.com DO YOU NEED A LOAN? VISIT OUR KEETMANSHOP BRANCH TODAY. @letsheg .com om DM0201700288516 Karo van Tonder is tans die vinnigste vrou in Afrika op die water. Sy het 38.9 knope (72.04 km/h) gemiddeld oor 500 meter gehaal en daarmee ’n nuwe rekord vir vroue spoedseilplankryers in Afrika en Suid-Afrika by die Lüder- itz Speed Challge op gestel. FOTO PETE DAVIS

Upload: others

Post on 19-Mar-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: 6 SuiDerlaND Republikein Dinsdag 14 November 2017 Daar ...karolife.com/wp-content/uploads/2018/03/Namibian-News-Paper-Suiderland... · Die een neem video en die tyd op sodat daar

Republikein6 Dinsdag 14 November 2017SuiDerlaND

THE BEST PORT OF CALL FOR ANY & ALL AUTOMOTIVE NEEDS.

E-MAIL: TEL:

[email protected]

[email protected]

+264 (0) 63 225 414

(Sales)

+264 (0) 63 224 186 (Service)

VEHICLE SALES, SERVICE &

REPAIRS

VEHICLE S

ERVICE &

REPAIR

S

ONLY

RVIS

ICL

NLY

FIND US ON FACEBOOK

Pro-Edge Auto @AutomotiveSalesAndServices

FOR UPCOMING NEWS, REVIEWS & SPECIAL OFFERS.

VISIT OUR PAGE:

TO GET A QUOTE OR TO BOOK A SERVICE.

ProEdgeAutoNam.com

› Tanja Bause

Almal wat al Lüde­ritz besoek het, weet die wind kan

verskriklik in dié kusdorp waai.

Dit mag baie mense waarskynlik daarvan afsit om die dorp te besoek. Maar in Oktober en November sak tiental­le besoekers van oor die wêreld heen op Lüderitz

neer, juis oor die wind.Dié besoekers kom uit

12 verskillende lande om aan die Lüderitz Speed Challenge deel te neem. Sowat 40 seilplank­ en sweefskiryers probeer dan om weer eens hul eie rekords asook nasionale en wêreldrekords op die mensgemaakte kanaal te verbeter.

Sedert die begin in 2007 is daar 12 wêreld­ en 75

nasionale seilplank­ en sweefskirekords opgestel.

Vanjaar se deelnemers sluit die huidig e w ê r e l d k a m p i o e n ­spoedseilplank ryer, Twan Verseput van Nederland, en Björn Dunkerbeck van Spanje in. Laasgenoem­de is die oudste Red Bull­ atleet en spog met 43 seil­planktitels agter sy naam.

Sebastien Cattelan van Frankryk, die stigter van

die Speed Challenge en die eerste sweefskiryer wat vinniger as 50 en 55 knope (101 km/h) gery het, neem ook deel. Nog ’n deelnemer is Mark Grin­nell van Suid­Afrika – die Afrika­kampioen en die tans derde vinnigste seil­plankryer.

Japan neem ook dié jaar vir die eerste keer deel. Ander lande is: Namibië, Frankryk, Duitsland, die

Verenigde Koninkryk, Swede, Noorweë, Switser­land, Italië en Nederland.

“Dit is die enigste plek ter wêreld waar jy be­staande wêreldrekords kan opstel,” het Raffaello Gardelli, mede­organi­seerder en deelnemer, gesê. “Dit is die enigste kanaal waarvan die hoek reg is om rekords op te stel. Lüderitz het inder­daad die vinnigste water ter wêreld.”

Die byeenkoms is die af­gelope jare deur Sophie Routaboul en Sebastien Cattelan gereël. Vanjaar bied Raffaello Gardelli en Mark Grinnell van borge Surf ’N’ Curve wat in Kaapstad gebaseer is, dit aan. Beide is toegewyde spoedseilplankryers.

In 2015 het Antoine Albeau van Frankryk sy wêreldrekord vyf keer hier verbeter. Uiteindelik het hy 53.27 knope (98.55 km/h) gehaal. Karin Jaggi van Switserland het 46.31 knope (85.77 km/ h)

gehaal en daarmee die vinnigste vrou op water geword.

Verseput het vlugbal vir Nederland gespeel, maar ná ’n kniebesering kon hy nie verder die sport beoefen nie. Hy het sowat vyf jaar gelede begin seil­plank ry.

“Ek was verbaas toe ek die wêreldkampioen geword het omdat ek nog nie lank soos ander manne seilplank gery het nie. Maar dit is ’n won­derlike gevoel en ek kan nie wag om vir die eerste keer die Lüderitz­kanaal te betree nie,” het hy gesê.

“Die sterk wind sal my help om my grense te toets. Ons kompeteer nie op die ope water nie; dit is ’n mensgemaakte kanaal wat sowat sewe meter breed is en jy jaag met ’n verskriklike spoed daar af. Dink so daaraan: Jy ry in ’n vinnige sport­motor teen 250 km/h in ’n klein straat af en aan beide kante van die pad

is hoë, groot bome. Dis hoe dit voel,” het Verse­put gesê.

Manfred Fuchs is vanjaar in beheer van die tydstelsel.

“Daar is twee stelsels. Die een neem video en die tyd op sodat daar videobe­wyse is van wie die ryer was wat die spesifieke tyd opgestel het. Die rekenaar werk dan die presiese tyd uit. Die tweede stelsel werk met ’n ligstraal dus is daar geen bewyse van wie die persone was nie. Maar die voordele hiervan is dat die tyd nie uitge­werk moet word nie en onmiddellik op ’n skerm gesien kan word wat baie belangrik is vir die ryers en mede­deelnemers,” het Fuchs gesê.

Michael Ellison, die amp telike waarnemer van die World Speed Sailing Record Council (WSSAC) van Engeland, sal deuren­tyd aanwesig wees om die rekords te bevestig wat opgestel word.

Daar waar die wind waai, wil ons wees

Die huidige wêreldkampioen-spoedseilplankryer Twan Verseput, Raffaello Gardelli (mede-organiseerder en deelnemer) en Manfred Fuchs wat in beheer is van die kameras. Foto tanja Bause

DM0201700287665

For more information contact us at:Landline: +264 61 321 6600 | Email: [email protected]

Website: www.letshego.com

DO YOU NEEDA LOAN?

VISIT OUR KEETMANSHOPBRANCH TODAY.

Landline: +264 61 321 6600 | Email: [email protected] Landline: +264 61 321 6600 | Email: [email protected] Landline: +264 61 321 6600 | Email: [email protected]

DM0201700288516

Karo van Tonder is tans die vinnigste vrou in Afrika op die water. Sy het 38.9 knope (72.04 km/h) gemiddeld oor 500 meter gehaal en daarmee ’n nuwe rekord vir vroue spoedseilplankryers in Afrika en Suid-Afrika by die Lüder-itz Speed Challge op gestel. Foto Pete Davis