60ste huweliksherdenking - · pdf filehendra, albie se vrou, het hulle bederf met 'n heerlike...

Download 60ste Huweliksherdenking - · PDF fileHendra, Albie se vrou, het hulle bederf met 'n heerlike ontbyt. Op die foto staan van links: Bets Nordier ... Bron: Watertand Resepte vir oud

If you can't read please download the document

Upload: doancong

Post on 06-Feb-2018

239 views

Category:

Documents


8 download

TRANSCRIPT

  • 2 GEMEENSKAPSNUUS HEilbroN HErAld 17 FEbrUAriE 2017

    Jou een-stop winkel! Alles onder een dak

    Elsstraat 44 Heilbron Tel: 058 852 3033 Faks: 0583 0140-

    Room en suiker broodjie

    OK Grocer Heilbron se Deli afdeling het besluit om Valentynsdag spesiaal te maak. Dit was vrolik met rooi en wit versier en elkeen het 'n hartjie aan hulle kraag vasgemaak. In die foto is van links na reg: Florence Msimanga, Rebecca Sefatsa, Valerie Willers, Sophie Montioung, Josephine Motsieloa, Nina Adams, Sara Maduna, Emily Motaung, Lydia Khanye, Rebecca Mosuwe, Janetta Malherbe.

    60ste Huweliksherdenking

    Op Dinsdag 14 Februarie het Albie Schoeman die Dienssentrumlede se hartsnare geroer met sy gedigte. Hy het sy ervarige met hulle kom deel oor sy verskeie reise oor die wreld. Hy het ook diep gedigte gedeel wat hy geskryf het oor vriende en familie. Laaste het hy 'n video gewys van Vincent van Gogh. Mev. Ria van Vuuren beskryf hierdie byeenkoms as een van die kwartaal se hoogtepunte. Hendra, Albie se vrou, het hulle bederf met 'n heerlike ontbyt. Op die foto staan van links: Bets Nordier (nuwe lid en oud inwoner van Heilbron), Albie Schoeman, Dirk Claassen (bedanking) en Wilma Greyling (verjaar).

    BESTANDDELE 1 Pak winkeldeeg 1 koppie room 1 koppie bruinsuiker (of 1 pakkie bruin uie soppoeier)METODE Sit die helfte van die bruinsuiker en helfte van die room in 'n oondvaste bak. Maak bolletjies van die deeg en plaas dit daarin. Voeg die res van die room en suiker by. (As jy 'n soutbroodjie wil h, vervang die suiker met die uie soppoeier) Bak teen 180 C vir 45 minute met deksel op. Haal deksel af en bak vir verdere 15 minute.

    * Variasie - Maak room aan met Potato bake en en rasper dan kaas oor die bolletjies.Bron: Watertand Resepte vir oud en jonk.

    Gister was n besonderse dag vir Hennie (87) en Marietjie Roets (82). Op 16 Februarie 1957 het die paartjie die knoop deur gehak in die Heilbron NG Moederkerk. Oom Hennie is gebore en geto in Heilbron distrik en tannie Marietjie het hom ontmoet in 1952 toe sy verhuis uit Villiers om te kom verpleeg op Heilbron. Oom Hennie se pa het geboer, daarna het hy self grond gekoop. Vandag het hy nog een plaas waar hy self op boer met beeste en een is aan sy kleindogter verkoop. Die paartjie het twee kinders, Elize du Plessis wat nou in Australi woon en Hester en Hennie Roets wat nog in Heilbron woon. Hulle het dan ook vier kleinkinders en twee agterkleinkinders. In 2007 het oom Hennie en tannie Marietjie besluit om 'n woonstel te bou by Huis Bron-van-Heil en het op 22 Julie ingetrek. Tannie Marietjie is baie lief vir haar tuin en op haar muur hang 'n foto van hoe die tuin op die plaas gelyk het. Oom Hennie is nou weer lief vir sy beeste, daarom is hy steeds bedrywig op die plaas. Tannie Marietjie vertel dit vat baie geduld en genade om sestig jaar getroud te wees. Hulle is beide dankbaar dat hulle na soveel jare nog bymekaar kan wees.