69ste algemene kerkvergadering, agenda · 2020. 9. 21. · die nagmaal kernkomitee: erediens 5 7...

48

Upload: others

Post on 20-Feb-2021

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: 69ste Algemene Kerkvergadering, Agenda · 2020. 9. 21. · die Nagmaal Kernkomitee: Erediens 5 7 Formulier vir die bevestiging van die huwelik (4) Kernkomitee: Erediens 5 8 Alternatiewe
Page 2: 69ste Algemene Kerkvergadering, Agenda · 2020. 9. 21. · die Nagmaal Kernkomitee: Erediens 5 7 Formulier vir die bevestiging van die huwelik (4) Kernkomitee: Erediens 5 8 Alternatiewe
Page 3: 69ste Algemene Kerkvergadering, Agenda · 2020. 9. 21. · die Nagmaal Kernkomitee: Erediens 5 7 Formulier vir die bevestiging van die huwelik (4) Kernkomitee: Erediens 5 8 Alternatiewe

69ste Algemene Kerkvergadering, Agenda

Page 4: 69ste Algemene Kerkvergadering, Agenda · 2020. 9. 21. · die Nagmaal Kernkomitee: Erediens 5 7 Formulier vir die bevestiging van die huwelik (4) Kernkomitee: Erediens 5 8 Alternatiewe
Page 5: 69ste Algemene Kerkvergadering, Agenda · 2020. 9. 21. · die Nagmaal Kernkomitee: Erediens 5 7 Formulier vir die bevestiging van die huwelik (4) Kernkomitee: Erediens 5 8 Alternatiewe

72ste Algemene Kerkvergadering, Besluitebundel, Inhoudsopgawe

INHOUDSOPGAWE Bladsy MOSIE ....................................................................................................................... 1 TERMYNVERSLAG VAN DIE UITTREDENDE KOMMISSIE VAN DIE AKV .................. 1 TERMYNVERSLAG VAN DIE UITTREDENDE RAAD VAN FINANSIES ........................ 2 1. VIERING 1.1 INLEIDING .................................................................................................... 4 1.2 VERSLAE EN BESKRYWINGSPUNTE WAT MET DIE VIERING VAN DIE EVANGELIE VERBAND HOU ....................................................................... 4 2. GEMEENSKAP 2.1 INLEIDING .................................................................................................... 9 2.2 VERSLAE EN BESKRYWINGSPUNTE WAT MET GEMEENSKAP VERBAND HOU 2.2.1 OPSOMMING VAN EKUMENIESE WERKSAAMHEDE ................................ 9 2.2.2 BRUGBEDIENING IN DIE NHKA ................................................................... 9 2.2.3 KOMMUNIKASIE ........................................................................................... 9 2.2.4 ARGIEFKOMITEE ......................................................................................... 9 2.2.5 SP ENGELBRECHTMUSEUM ....................................................................... 10 2.2.6 WELSTANDSPROGRAM VIR PREDIKANTE ................................................ 11 2.2.7 STUDENTEGEMEENTES EN –BEARBEIDING ............................................ 11 2.2.8 HOMOSEKSUALITEIT .................................................................................. 12 2.3 BESKRYWINGSPUNTE WAT MET KERKORDEWYSIGINGS VERBAND HOU .............................................................................................................. 12 2.4 BESKRYWINGSPUNTE WAT NIE VERBAND HOU MET VERSLAE NIE .... 14 3. GETUIENIS 3.1 INLEIDING .................................................................................................... 19 3.2 VERSLAE EN BESKRYWINGSPUNTE WAT MET GETUIENIS VERBAND HOU 3.2.1 MISSIONALE BEDIENING ............................................................................ 19 3.2.2 KERNKOMITEE: KERK EN TEOLOGIE 3.2.2.1 Uitverkiesingsleer ........................................................................................ 19 3.2.3 BSA ............................................................................................................... 19 3.3 BESKRYWINGSPUNTE WAT NIE VERBAND HOU MET VERSLAE NIE .... 20 4. DIENS 4.1 INLEIDING .................................................................................................... 23 4.2 VERSLAE EN BESKRYWINGSPUNTE WAT MET DIENS VERBAND HOU 4.2.1 KURATORIUM VIR TEOLOGIESE OPLEIDING ............................................ 23 4.2.2 PROPONENTSEKSAMENKOMMISSIE ........................................................ 24 4.2.3 HTK ............................................................................................................... 24 4.2.4 FAKULTEIT TEOLOGIE EN RELIGIE AAN UP ............................................. 25 4.2.5 TEOLOGIESE OPLEIDINGSFONDS ............................................................. 25 4.2.6 ADV ............................................................................................................... 25 4.2.7 NHSV ............................................................................................................. 29 4.2.8 NHKA PREDIKANTEAFTREEFONDS ........................................................... 29 4.2.8.1 Prosedure by aansoek vir medies-ongeskiktheid ..................................... 29

Page 6: 69ste Algemene Kerkvergadering, Agenda · 2020. 9. 21. · die Nagmaal Kernkomitee: Erediens 5 7 Formulier vir die bevestiging van die huwelik (4) Kernkomitee: Erediens 5 8 Alternatiewe

ii

72ste Algemene Kerkvergadering, Besluitebundel, Inhoudsopgawe

Bladsy 4.2.8.3 Ledevergadering van die Predikanteaftreefonds ....................................... 29 4.3 BESKRYWINGSPUNTE WAT MET KERKORDEWYSIGINGS VERBAND HOU .............................................................................................................. 30 4.4 BESKRYWINGSPUNTE WAT NIE VERBAND HOU MET VERSLAE NIE .... 34 MOSIE ........................................................................................................... 35 4.5 GOEDKEURING VAN DIE REGLEMENTEBUNDEL .................................... 36 4.6 FINALE GOEDKEURING VAN DIE BEGROTING ........................................ 36

---oOo---

Page 7: 69ste Algemene Kerkvergadering, Agenda · 2020. 9. 21. · die Nagmaal Kernkomitee: Erediens 5 7 Formulier vir die bevestiging van die huwelik (4) Kernkomitee: Erediens 5 8 Alternatiewe

72ste Algemene Kerkvergadering, Besluitebundel, Beskrywingspunte

BESKRYWINGSPUNTE

DEEL NR BESKRYWINGSPUNT OORSPRONG BL

KONSTITUERING 1 Sinergie onderweg na 2025

Kommissie van die AKV 1

2 Besluite van die AKV Kommissie van die AKV 2

VIERING 3 Skrifbeskouing en kerkwees in die toekoms

Ring van Potchefstroom 4

4 VONKK-liedere Kernkomitee: Erediens 4

5 Gebruik van FLAM-liedere Kernkomitee: Erediens 4

6 Kinders se deelname aan die Nagmaal

Kernkomitee: Erediens 5

7 Formulier vir die bevestiging van die huwelik (4)

Kernkomitee: Erediens 5

8 Alternatiewe formulier vir die bevestiging van dienaars van die Woord

Kernkomitee: Erediens 5

9 Engelse vertaling van die formulier vir die bevestiging van die huwelik

Kernkomitee: Erediens 6

10 Engelse vertaling van die formulier vir die bediening van die Doop

Kernkomitee: Erediens 6

11 Formulier vir die bediening van die Doop aan volwassenes en kinders

Ring van Wes-Kaapland 7

14 Nuwe embleem van die Kerk

Ring van Heidelberg 9

18 Argief Argiefkomitee 9

20 Registrasie as 'n maatskappy sonder winsbejag

SP Engelbrechtmuseum 10

22 Welstandsprogram Kernkomitee: Gemeentelike Dienswerk

11

23 Studentegemeentes- en bearbeiding

Kernkomitee: Gemeentelike Dienswerk

11

26 Nuwe jeugbedieningsprojekte verklaar as groeipuntbediening

Ring van Vereeniging 12

27 Herroeping van Beskrywingspunt 41 van die 71ste AKV

Ring van Middelburg (Gemeente Waterval Boven)

12

28 Wysiging van Ordinansie 4.1.2

Kommissie van die AKV 12

29 Indeling van gemeentes by ringe

Kommissie van die AKV 14

31 Nougesette uitvoering van die besluite van die AKV

Ring van Middelburg 14

32 Kerk as veilige ruimte Hervormde Dosenteraad 15

33 Verteenwoordiging van vroue in die NHKA

Hervormde Dosenteraad 15

34 Seksuele teistering Hervormde Dosenteraad 15

Page 8: 69ste Algemene Kerkvergadering, Agenda · 2020. 9. 21. · die Nagmaal Kernkomitee: Erediens 5 7 Formulier vir die bevestiging van die huwelik (4) Kernkomitee: Erediens 5 8 Alternatiewe

ii

72ste Algemene Kerkvergadering, Besluitebundel, Beskrywingspunte

35 Arbeidspraktyk Hervormde Dosenteraad 16

36 Liggaam vir etiese sake Ring van Wes-Kaapland 16

37 Registrasie van huwelike Ring van Noordelike Pretoria

16

38 Nouer samewerking tussen die NHKA en die NGK

Dr FJ Labuschagne (algemene sekretaris: NHKA), gesekondeer deur dr BJ van Wyk

17

GETUIENIS 39 Opleiding en indiensstelling van evangeliste

Kuratorium 19

40 BSA BSA 19

41 GLOnet-mediaplatform Kernkomitee: Erediens 20

43 Bestaansreg van gemeentes

Ring van Oos-Kaapland 20

44 Voortsetting van groeipuntbediening

Ring van Vereeniging 21

45 Bystanddood Kernkomitee: Kerk en Teologie

21

DIENS 46 Dosentekorps aan die HTK

Kuratorium 23

47 Teologiese opleiding van deeltydse predikante

Ring van Wes-Kaapland 23

48 Teologiese opleiding Ring van Krokodilrivier 24

49 VBO vir dienaars van die Woord

Kommissie van die AKV 24

50 Affiliasie by 'n professionele liggaam

Ring van Middelburg 25

51 Teologiese Opleidingsfonds

Dr BJ van Wyk (fondssekretaris van die Teologiese Opleidingsfonds), gesekondeer deur dr FJ Labuschagne (algemene sekretaris: NHKA)

25

60 Wysiging van Ordinansie 4.2.2 (xxxi)

Kommissie van die ADV 26

61 Wysiging van Ordinansie 4.2.3 (xv)

Kommissie van die ADV 26

62 Wysiging van Ordinansie 4.7.3 (vii), (ix) en (xi)

Kommissie van die ADV 26

63 Wysiging van Ordinansies 4.1.2 (xxi) en 4.2.2 (xi)

Kommissie van die ADV 27

64 Wysiging van Ordinansie 4.11 (i)

Kommissie van die ADV 28

66 Werkgewersbydrae tot 'n predikant se pensioenfonds

Ring van Oos-Kaapland 29

67 Onttrekking uit die Fonds vir Sinodale Dienslewering

Raad van Finansies 29

68 Samestelling van die Raad van Finansies

Raad van Finansies 30

69 Omskrywing van benoeming in die Kerkorde

Ring van Vereeniging 30

Page 9: 69ste Algemene Kerkvergadering, Agenda · 2020. 9. 21. · die Nagmaal Kernkomitee: Erediens 5 7 Formulier vir die bevestiging van die huwelik (4) Kernkomitee: Erediens 5 8 Alternatiewe

iii

72ste Algemene Kerkvergadering, Besluitebundel, Beskrywingspunte

70 Versoek van 'n predikant om kragtens Ordinansie 3.2.14.2 van 'n gemeente losgemaak te word

Kommissie van die AKV 31

71 Beroep van predikant of proponent

Kommissie van die AKV 33

72 Handeling met eiendom Raad van Finansies 34

74 Gemeentelike Ondersteuningsfonds

Raad van Finansies 34

75 Beëindiging van Kerkgeldstelsel

Raad van Finansies 35

78 Standaardisering van rekeningkundige stelsels

Raad van Finansies 35

79 Nakomingsbeleid Raad van Finansies 35

80 Ouditprosedures en kostestruktuur by die afdeling Interne Oudit

Ring van Vereeniging 35

85 Gebruik van klank- en videostroming tydens deelname aan vergaderings

Raad van Finansies 36

86 Gebruik van e-pos en ander elektroniese kommunikasiemiddele vir besluitneming

Raad van Finansies 36

---oOo---

Page 10: 69ste Algemene Kerkvergadering, Agenda · 2020. 9. 21. · die Nagmaal Kernkomitee: Erediens 5 7 Formulier vir die bevestiging van die huwelik (4) Kernkomitee: Erediens 5 8 Alternatiewe
Page 11: 69ste Algemene Kerkvergadering, Agenda · 2020. 9. 21. · die Nagmaal Kernkomitee: Erediens 5 7 Formulier vir die bevestiging van die huwelik (4) Kernkomitee: Erediens 5 8 Alternatiewe

72ste Algemene Kerkvergadering

Besluitebundel

MOSIE Die NHKA bevestig ons afhanklikheid van God Drie-Enig om deur sy genade vreesloos, vreugdevol en onbelemmerd ons lewe in gehoorsaamheid en toewyding aan God Drie-Enig te leef.

Die Kerk betuig meelewing aan lidmate, ouderlinge, diakens en predikante wat verskeie uitdagings beleef in die huidige sosio-ekonomiese en politieke komplekse wêreld. Ons spreek waardering uit vir die ywer om voortdurend, as dienaars in die hand van God in Sy Koninkryk werksaam te wees.

TERMYNVERSLAG VAN DIE UITTREDENDE KOMMISSIE VAN DIE AKV

Die verslag word aanvaar, met die volgende wysiging: 2.8.5.3 Die Kommissie van die AKV magtig, kragtens Ordinansie 4.6.2

(xxiii) van die Kerkorde, namens die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika, die Litigasiekomitee, wat 'n komitee van die Kommissie van die AKV is, om na oorleg met die algemene sekretaris, alle stappe te neem wat nodig mag wees om enige aksie, aansoek of geding in enige geregshof of ander regsprekende liggaam of administratiewe tribunaal teen te staan of te begin, en in beide gevalle die aangeleentheid volledig deur te voer of te skik wat insluit die aanstelling van 'n persoon of persone om namens die Kerk op te tree, onderhewig daaraan dat die Kommissie by sy eerste vergadering, nadat 'n stap hiervolgens geneem is, ingelig word. Die algemene sekretaris of die voorsitter van die Litigasiekomitee word hiermee gemagtig om enige dokument te teken wat nodig mag wees om uitvoering te gee aan hierdie besluit en enige moontlike litigasie.

BESKRYWINGSPUNT 1: KOMMISSIE VAN DIE AKV SINERGIE ONDERWEG NA 2025 Alle gemeentes, ringskommissies en sinodale strukture streef deurlopend sinergie na. Die Kerk voer gesprek om die bediening aan lidmate en die gemeenskap te bevorder deur kerklike belange en dienste op alle vlakke te konsolideer en te optimaliseer. Die Kommissie van die AKV en die Raad van Finansies kry opdrag om alle sinodale poste, rade en komitees se werkopdragte te herbelyn om sodoende sinodale dienste verder te konsolideer en te optimaliseer.

Page 12: 69ste Algemene Kerkvergadering, Agenda · 2020. 9. 21. · die Nagmaal Kernkomitee: Erediens 5 7 Formulier vir die bevestiging van die huwelik (4) Kernkomitee: Erediens 5 8 Alternatiewe

Bladsy 2

72ste Algemene Kerkvergadering

Besluitebundel

TERMYNVERSLAG VAN DIE UITTREDENDE RAAD VAN FINANSIES

BESKRYWINGSPUNT 2: KOMMISSIE VAN DIE AKV BESLUITE VAN DIE AKV Die Raad vir Kerkregtelike Advies stel voor dat die volgende invoeging gemaak word in die Kerkorde as Ordinansie 4.4.4 (xviii):

Sonder dat dit nodig is om na 'n vorige besluit of besluite te verwys, vervang of wysig, na gelang van die geval, die nuutste besluit vorige besluite wat oor dieselfde of grootliks oor dieselfde onderwerp of onderwerpe as die nuutste besluit handel. In die geval van twyfel of 'n besluit 'n ander besluit vervang of wysig, is die uitleg van die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering in hierdie verband finaal. Die uitleg dien by die eersvolgende AKV vir bevestiging.

Die huidige Ordinansie 4.4.4 (xviii) word Ordinansie 4.4.4 (xix).

---oOo---

Page 13: 69ste Algemene Kerkvergadering, Agenda · 2020. 9. 21. · die Nagmaal Kernkomitee: Erediens 5 7 Formulier vir die bevestiging van die huwelik (4) Kernkomitee: Erediens 5 8 Alternatiewe
Page 14: 69ste Algemene Kerkvergadering, Agenda · 2020. 9. 21. · die Nagmaal Kernkomitee: Erediens 5 7 Formulier vir die bevestiging van die huwelik (4) Kernkomitee: Erediens 5 8 Alternatiewe

Bladsy 4

72ste Algemene Kerkvergadering

Besluitebundel

1. VIERING 1.1 INLEIDING

1.2 VERSLAE EN BESKRYWINGSPUNTE WAT MET DIE VIERING VAN DIE

EVANGELIE VERBAND HOU

BESKRYWINGSPUNT 3: RING VAN POTCHEFSTROOM SKRIFBESKOUING EN KERKWEES IN DIE TOEKOMS Die Kommissie van die AKV kry opdrag om verdere studie oor Skrifbeskouing en Skrifverstaan te doen, en gesprek te stimuleer. Ringe en gemeentes word by hierdie studie en gesprek ingesluit.

BESKRYWINGSPUNT 4: KERNKOMITEE: EREDIENS VONKK-LIEDERE * Die AKV handhaaf die besluit rakende die gebruik van VONKK-

liedere in die eredienste van die NHKA. * Die AKV handhaaf die NHKA se deelname aan die werksaamhede

van die VONKK-werkgroep. * Die vergadering versoek die VONKK-werkgroep om gereelde

toerustings- en inligtingsgeleenthede te reël om die Kerk bekend te stel aan die liedere wat tot die korpus toegevoeg is, en hoe dit in die erediens gebruik kan word.

* Die AKV handhaaf die besluit om vir die NHKA 'n sinodale lisensie van R50 000.00 uit te neem, in plaas daarvan dat elke gemeente apart op VONKK hoef in te teken. Dit verseker dat die NHKA deel van die bestuurspan van VONKK is en dat geen verdere vergaderingskoste of reiskoste vir lede van die NHKA betaalbaar is nie.

* Die AKV neem kennis van die onderneming van die direkteur van Bybel-Media dat die intekengeld vanuit die NHKA nie vir die breë werksaamhede van Bybel-Media gebruik sal word nie, maar uitsluitlik vir VONKK geoormerk sal word.

BESKRYWINGSPUNT 5: KERNKOMITEE: EREDIENS GEBRUIK VAN FLAM-LIEDERE * Gemeentes wat graag van FLAM-liedere gebruik wil maak, kan

skakel met ds JT Manders oor hoe om die liedere in 'n gemeente te implementeer.

Page 15: 69ste Algemene Kerkvergadering, Agenda · 2020. 9. 21. · die Nagmaal Kernkomitee: Erediens 5 7 Formulier vir die bevestiging van die huwelik (4) Kernkomitee: Erediens 5 8 Alternatiewe

Bladsy 5

72ste Algemene Kerkvergadering

Besluitebundel

* Gemeentes moet daarop let dat 'n CCLI-lisensie (naas die Liedboek-lisensie en die sinodale VONKK-lisensie) benodig word om FLAM-liedere in die eredienste te gebruik.

MOSIE

Gemeente Kathu en haar boere wil graag langs hierdie weg hulle dank en waardering uitspreek teenoor dr Chris Brits, die skriba van Gemeente Napier in die noorde van Nieu-Seeland, hulle leraar en die hele gemeente van bykans 100 Afrikaanssprekende lidmate, vir 'n droogtehulpskenking van R20 000.00. Hierdie skenking het daadwerklik ons boere se nood verlig en elke bietjie hulp dra by tot hoop. Ons bid vir hulp van bo – uitkoms en reën en God antwoord uit die hart van medegelowiges oorsee. Mag hierdie hoop wat gebring is ons ook so inspireer.

BESKRYWINGSPUNT 6: KERNKOMITEE: EREDIENS KINDERS SE DEELNAME AAN DIE NAGMAAL * Die vergadering neem nie tydens hierdie sitting 'n besluit oor

kinders se deelname aan Nagmaal nie. * Die Kommissie van die AKV word versoek om opdrag te gee dat

verdere studie gedoen word oor kinders se deelname aan Nagmaal. Studiestukke oor verskillende standpunte behoort betyds aan kerkrade beskikbaar gestel te word vir bespreking en kommentaar. Studiemateriaal moet ook die moontlike praktiese implementering verreken.

Teenstemme: * Pienaar RTI ds * Van der Walt CP ds.

BESKRYWINGSPUNT 7: KERNKOMITEE: EREDIENS FORMULIER VIR DIE BEVESTIGING VAN DIE HUWELIK (4) Die AKV keur die gebruik van die formulier vir die bevestiging van die huwelik (4) goed in die plek van Formuliere 1 tot 3.

Teenstem: * Steÿn JJ ds.

BESKRYWINGSPUNT 8: KERNKOMITEE: EREDIENS

Page 16: 69ste Algemene Kerkvergadering, Agenda · 2020. 9. 21. · die Nagmaal Kernkomitee: Erediens 5 7 Formulier vir die bevestiging van die huwelik (4) Kernkomitee: Erediens 5 8 Alternatiewe

Bladsy 6

72ste Algemene Kerkvergadering

Besluitebundel

ALTERNATIEWE FORMULIER VIR DIE BEVESTIGING VAN DIENAARS VAN DIE WOORD Die AKV keur die gebruik van die alternatiewe formulier vir bevestiging van die dienaars van die Woord naas die bestaande formulier goed, en versoek dat dit op die webblad van die Kerk aangebring word. Die volgende redaksionele wysigings word aanvaar: Predikante is deel van die kerk van die Here en moet daarom as lig vir die wêreld hulle dienswerk verrig. In hulle lof en aanbidding, hulle danksegging en onderlinge gemeenskap, hulle barmhartigheid en verkondiging van die Woord van die Here, laat hulle hulle lig in die wêreld skyn. Geliefde suster/broer, N, u is na hierdie gemeente beroep om die dienswerk soos die kerkraadsvergadering dit saam met u bepaal, te doen. Voordat u as dienaar van die Woord bevestig word, moet u eerlik op die volgende vrae antwoord … Al die teenwoordige dienaars van die Woord (uit al die kerke wat op dieselfde belydenisgrondslag as die NHKA staan) word nou na vore geroep om deel te neem aan die handoplegging of die gee van die regterhand van gemeenskap. Handoplegging [1 Handoplegging: Die predikant wat georden word, kniel. Die teenwoordige dienaars van die Woord staan voor of om die predikant wat georden word. Hy/sy/hulle plaas hulle regterhand(e) op die kop van die predikant wat georden word …

BESKRYWINGSPUNT 9: KERNKOMITEE: EREDIENS ENGELSE VERTALING VAN DIE FORMULIER VIR DIE BEVESTIGING VAN DIE HUWELIK Die AKV keur die gebruik van die Engelse vertaling van die formulier vir bevestiging van die huwelik goed, en versoek dat dit ook op die webblad van die NHKA geplaas word. Die volgende redaksionele wysigings word aanvaar:

We are gathered here in the Name of our Lord as witnesses for the purpose of joining in marriage NN and NN and to ask for God's blessing upon this union. Let us humbly call to mind what God in His Word teaches concerning the institution, purpose and obligations of the marriage state.

BESKRYWINGSPUNT 10: KERNKOMITEE: EREDIENS

ENGELSE VERTALING VAN DIE FORMULIER VIR DIE BEDIENING VAN DIE DOOP

Page 17: 69ste Algemene Kerkvergadering, Agenda · 2020. 9. 21. · die Nagmaal Kernkomitee: Erediens 5 7 Formulier vir die bevestiging van die huwelik (4) Kernkomitee: Erediens 5 8 Alternatiewe

Bladsy 7

72ste Algemene Kerkvergadering

Besluitebundel

Die AKV keur die gebruik van die Engelse vertaling van die alternatiewe formulier vir bediening van die Doop goed, en versoek dat dit in die plek van die bestaande Engelse formulier op die webblad van die NHKA geplaas word.

BESKRYWINGSPUNT 11: RING VAN WES-KAAPLAND FORMULIER VIR DIE BEDIENING VAN DIE DOOP AAN VOLWASSENES EN KINDERS Dit gebeur soms dat daar 'n volwassene sowel as 'n kind tydens dieselfde erediens gedoop word. Dit is prakties 'n probleem as albei formuliere gelees moet word. Daarom die beskrywingspunt om 'n formulier vir dié doel daar te stel.

---oOo---

Page 18: 69ste Algemene Kerkvergadering, Agenda · 2020. 9. 21. · die Nagmaal Kernkomitee: Erediens 5 7 Formulier vir die bevestiging van die huwelik (4) Kernkomitee: Erediens 5 8 Alternatiewe
Page 19: 69ste Algemene Kerkvergadering, Agenda · 2020. 9. 21. · die Nagmaal Kernkomitee: Erediens 5 7 Formulier vir die bevestiging van die huwelik (4) Kernkomitee: Erediens 5 8 Alternatiewe

Bladsy 9

72ste Algemene Kerkvergadering

Besluitebundel

2. GEMEENSKAP 2.1 INLEIDING

2.2 VERSLAE EN BESKRYWINGSPUNTE WAT MET GEMEENSKAP VERBAND

HOU

2.2.1 OPSOMMING VAN EKUMENIESE WERKSAAMHEDE

Die verslag in Bylae B word aanvaar.

2.2.2 BRUGBEDIENING IN DIE NHKA

Die verslag in Bylae C word aanvaar.

2.2.3 KOMMUNIKASIE

Die verslag in Bylae D word aanvaar.

BESKRYWINGSPUNT 14: RING VAN HEIDELBERG NUWE EMBLEEM VAN DIE KERK Die AKV bevestig die besluit van die Kommissie van die AKV om die Kerkwapen en die nuwe embleme (logo en voetwassing) te gebruik in alle kommunikasie wat binne die Kerk geskied, maar dat slegs die nuwe embleme (logo en voetwassing) gebruik word in kommunikasie na buite.

2.2.4 ARGIEFKOMITEE

Die verslag in Bylae E word aanvaar.

BESKRYWINGSPUNT 18: ARGIEFKOMITEE ARGIEF * Die AKV spreek sy dank uit teenoor die argivaris van die Kerk, mnr

Nándor Sarkady, asook ander personeel van die Sinodale Dienssentrum, vir die besondere toewyding waarmee die hervestiging van die Argief hanteer is na die verkoop van die Dirk van der Hoffgebou. Die professionele wyse waarop die argivaris die risiko's wat die verskuiwing van sensitiewe en baie ou materiaal bestuur het, verdien groot lof.

Page 20: 69ste Algemene Kerkvergadering, Agenda · 2020. 9. 21. · die Nagmaal Kernkomitee: Erediens 5 7 Formulier vir die bevestiging van die huwelik (4) Kernkomitee: Erediens 5 8 Alternatiewe

Bladsy 10

72ste Algemene Kerkvergadering

Besluitebundel

* Die AKV bevestig dat die bewaring van die Hervormde Kerk se erfenis en argiefstukke van groot belang is, en versoek die Argiefkomitee om alles in werking te stel om die veiligheid, ontsluiting en benutting van argivale bronne te bevorder.

* Gemeentes van die Hervormde Kerk word versoek om besondere moeite te doen met die instandhouding van notuleboek, asook doop- en lidmaatregisters. Ringskommissies word versoek om toesig uit te oefen oor die proses.

* Die AKV ondersteun die voorstel dat die Biblioteek van die Kerk by

'n gemeente wat toeganklik en gewillig is, gehuisves word. * Die AKV besluit om die Argief, Museum en Biblioteek deel te maak

van die HTK, in uitvoering van die AKV se vorige besluite om die HTK uit te bou.

* Om die voortgang van Bybels-reformatoriese en evangeliese

teologie in Suid-Afrika te bevorder, vestig die AKV 'n Sentrum vir Reformatoriese Teologie aan die HTK, met die opdrag om jaarliks teologiese konferensies aan te bied, 'n Suid-Afrikaanse Werkgemeenskap vir Reformatoriese Teologie te vestig en die THT uit te gee.

* Die AKV gee toestemming dat fondse vanuit die Teologiese

Opleidingsfonds aangevra kan word vir die aktiwiteite, indien nodig, asook fondse by privaat donateurs te werf.

* Die Kommissie van die AKV word versoek om 'n dagbestuur vir die

Sentrum vir Reformatoriese Teologie aan te wys, wat verantwoordelikheid sal aanvaar vir die Argief, Biblioteek, Museum, Konferensie en THT.

2.2.5 SP ENGELBRECHTMUSEUM

Die verslag in Bylae F word aanvaar.

BESKRYWINGSPUNT 20: SP ENGELBRECHTMUSEUM REGISTRASIE AS 'N MAATSKAPPY SONDER WINSBEJAG Die AKV gee opdrag dat die SP Engelbrechtmuseum as 'n maatskappy sonder winsbejag registreer, en as 'n maatskappy sonder winsbejag onafhanklik fondse mag werf om die Museum te befonds na gelang van 'n soortgelyke model as die OTM-tehuise en Rata. Die Museum word geleidelik oor die volgende drie jaar uit die sinodale begroting gefaseer. Die sinodale begroting dra die Museum se standaard onkostes tot tyd en wyl die Museum finansieel selfstandig is.

Page 21: 69ste Algemene Kerkvergadering, Agenda · 2020. 9. 21. · die Nagmaal Kernkomitee: Erediens 5 7 Formulier vir die bevestiging van die huwelik (4) Kernkomitee: Erediens 5 8 Alternatiewe

Bladsy 11

72ste Algemene Kerkvergadering

Besluitebundel

2.2.6 WELSTANDSPROGRAM VIR PREDIKANTE

Die verslag in Bylae G word aanvaar.

BESKRYWINGSPUNT 22: KERNKOMITEE: GEMEENTELIKE DIENSWERK WELSTANDSPROGRAM * Die vergadering neem met kommer kennis van die toenemende druk

waaronder predikante en pastoriegesinne verkeer. * Kerkrade en lidmate word opgeroep om opnuut moeite te doen met

die emosionele versorging van predikante. * Die vergadering spreek dank en waardering uit vir die onbaatsugtige

dienste gelewer vanuit die Welstandsprogram deur vrywillige beraders en predikante onder leiding van prof TFJ Dreyer.

2.2.7 STUDENTEGEMEENTES EN -BEARBEIDING

Die verslag in Bylae H word aanvaar.

BESKRYWINGSPUNT 23: KERNKOMITEE: GEMEENTELIKE DIENSWERK STUDENTEGEMEENTES EN –BEARBEIDING * Die vergadering spreek hom gunstig uit oor die bearbeiding van

studentelidmate van die Kerk. * Die Kommissie van die AKV oorweeg of die bestaande werkwyse om

studentebearbeiding aan die hand van studentegemeentes te behartig steeds die mees effektiewe en finansieel volhoubare werkwyse is.

* Alternatiewe wyses van die bearbeiding van studente en ander jong skoolverlaters, ook op ander plekke in die Kerk, word ondersoek en 'n aanbeveling word aan die 73ste AKV gemaak.

* Intussen word die finansiële versorging van werkruimtes vir

studentebearbeiding steeds gehandhaaf. Die beginsel van 'n jaarlikse besnoeiing van 5% in die subsidie word toegepas en studentegetalle word onder meer gebruik in die vasstelling van die subsidies wat toegeken word.

* Predikante en gemeentes word versoek om studente vanuit hul gemeentes aan te moedig om by die onderskeie studentegemeentes van die Kerk in te skakel.

Page 22: 69ste Algemene Kerkvergadering, Agenda · 2020. 9. 21. · die Nagmaal Kernkomitee: Erediens 5 7 Formulier vir die bevestiging van die huwelik (4) Kernkomitee: Erediens 5 8 Alternatiewe

Bladsy 12

72ste Algemene Kerkvergadering

Besluitebundel

* Kerkraadsvergaderings bekom jaarliks inligting van alle graad 11-leerders asook skoolverlaters wat uit gemeentes verhuis na tersiêre instellings. Die inligting (toekomstige adres en telefoonnommer) word na die onderskeie studentegemeentes gestuur.

BESKRYWINGSPUNT 26: RING VAN VEREENIGING NUWE JEUGBEDIENINGSPROJEKTE VERKLAAR AS GROEIPUNT-BEDIENING Die AKV besluit om nuwe jeugbedieningsprojekte wat oor gemeentegrense heen uitgerol word, te verklaar as groeipunte waar dit jongmense nader aan Christus en sy kerk bring. Hierdie projekte moet aan die vereistes van groeipuntbediening voldoen en ook voorsiening maak vir jongmense wat onder die radar van die Kerk opereer.

2.2.8 HOMOSEKSUALITEIT

BESKRYWINGSPUNT 27: RING VAN MIDDELBURG (GEMEENTE WATERVAL BOVEN) HERROEPING VAN BESKRYWINGSPUNT 41 VAN DIE 71STE AKV In die lig van die aanvaarding van Beskrywingspunt 41 van die 71ste AKV, bevestig die vergadering dat die bespreking van sake soos homoseksualiteit pastoraal van aard is en dus nie in 'n ruimte soos die AKV bespreek word nie; en die vergadering herbevestig die besluit geneem oor homoseksualiteit tydens die 71ste AKV.

Teenstemme: * Botha GS (jr) ds – slegs en die vergadering herbevestig die besluit geneem

oor homoseksualiteit tydens die 71ste AKV. * Pretorius C dr. * Pretorius SJ oudl – slegs en die vergadering herbevestig die besluit

geneem oor homoseksualiteit tydens die 71ste AKV.

2.3 BESKRYWINGSPUNTE WAT MET KERKORDEWYSIGINGS VERBAND HOU

BESKRYWINGSPUNT 28: KOMMISSIE VAN DIE AKV WYSIGING VAN ORDINANSIE 4.1.2 Ordinansies 4.1.2 (xxxix) tot (xlviii) wat soos volg lui: 4.1 KERKRAADSVERGADERING 4.1.2 WERKOPDRAG

Page 23: 69ste Algemene Kerkvergadering, Agenda · 2020. 9. 21. · die Nagmaal Kernkomitee: Erediens 5 7 Formulier vir die bevestiging van die huwelik (4) Kernkomitee: Erediens 5 8 Alternatiewe

Bladsy 13

72ste Algemene Kerkvergadering

Besluitebundel

(xxxix) tref reëlings vir hulp in noodsituasies (xl) sien toe dat die diakonale fonds aangevul word deur (a) offergawes by die Nagmaaltafel (b) offergawes by die erediens (c) oorbetalings van die Nederduitsch Hervormde Sustersvereniging

en bydraes, skenkings en erflatings (xli) vergader minstens vier keer per jaar en verder so dikwels nodig,

en word met Skriflesing, gebed en sang geopen (xlii) bepaal jaarliks vooruit die datum, tyd en plek van vergaderings (xliii) kom in 'n buitengewone vergadering byeen, soos bepaal deur die

voorsitter en skriba, en waarvan minstens vyf dae voor die vergadering deur die skriba kennis gegee word met vermelding van die doel van die vergadering

(xliv) kan oor dringende sake vóór of ná 'n erediens besluite neem,

mits 'n kworum teenwoordig is, 'n besluit eenparig geneem word en die besluite in die konsistorieboek aangeteken word

(xlv) sien toe dat konsistoriebesluite by die eersvolgende

geskeduleerde vergadering bekragtig word (xlvi) kerkrade sien toe dat herderlike briewe en kanselboodskappe al

die lidmate in die gemeente bereik (xlvii) sien toe dat die gemeente al die verpligtinge nakom (xlviii) is bevoeg om riglyne vir hulle eie vergaderings op te stel, mits dit

nie strydig is met die Kerkorde nie. word gewysig om soos volg te lees: 4.1 KERKRAADSVERGADERING 4.1.2 WERKOPDRAG (xxxix) tref reëlings vir hulp in noodsituasies (xl) sien toe dat die diakonale fonds aangevul word deur (a) offergawes by die Nagmaaltafel (b) offergawes by die erediens (c) oorbetalings van die Nederduitsch Hervormde Sustersvereniging

en bydraes, skenkings en erflatings 4.1.3 WERKWYSE

Page 24: 69ste Algemene Kerkvergadering, Agenda · 2020. 9. 21. · die Nagmaal Kernkomitee: Erediens 5 7 Formulier vir die bevestiging van die huwelik (4) Kernkomitee: Erediens 5 8 Alternatiewe

Bladsy 14

72ste Algemene Kerkvergadering

Besluitebundel

Die kerkraad (i) vergader minstens vier keer per jaar en verder so dikwels nodig,

en word met Skriflesing, gebed en sang geopen (ii) bepaal jaarliks vooruit die datum, tyd en plek van vergaderings (iii) kom in 'n buitengewone vergadering byeen, soos bepaal deur die

voorsitter en skriba, en waarvan minstens vyf dae voor die vergadering deur die skriba kennis gegee word met vermelding van die doel van die vergadering

(iv) kan oor dringende sake vóór of ná 'n erediens besluite neem,

mits 'n kworum teenwoordig is, 'n besluit eenparig geneem word en die besluite in die konsistorieboek aangeteken word

(v) sien toe dat konsistoriebesluite by die eersvolgende

geskeduleerde vergadering bekragtig word (vi) kerkrade sien toe dat herderlike briewe en kanselboodskappe al

die lidmate in die gemeente bereik (vii) sien toe dat die gemeente al die verpligtinge nakom (viii) is bevoeg om riglyne vir hulle eie vergaderings op te stel, mits dit

nie strydig is met die Kerkorde nie.

BESKRYWINGSPUNT 29: KOMMISSIE VAN DIE AKV INDELING VAN GEMEENTES BY RINGE 1. Ordinansie 2.2.1 wat soos volg lui:

Die Algemene Kerkvergadering bepaal watter gemeentes 'n ring vorm.

word gewysig om soos volg te lees: Die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering bepaal in oorleg met ringsvergaderings watter gemeentes 'n ring vorm.

2. Die AKV gee opdrag aan die Kommissie van die AKV om, in oorleg

met ringsvergaderings, 'n herindeling van ringe in die Kerk te maak.

2.4 BESKRYWINGSPUNTE WAT NIE VERBAND HOU MET VERSLAE NIE

BESKRYWINGSPUNT 31: RING VAN MIDDELBURG NOUGESETTE UITVOERING VAN DIE BESLUITE VAN DIE AKV

Page 25: 69ste Algemene Kerkvergadering, Agenda · 2020. 9. 21. · die Nagmaal Kernkomitee: Erediens 5 7 Formulier vir die bevestiging van die huwelik (4) Kernkomitee: Erediens 5 8 Alternatiewe

Bladsy 15

72ste Algemene Kerkvergadering

Besluitebundel

Saam met die kerk van alle eeue bely die Kerk dat God 'n drie-enige God is wat Homself in die Bybel openbaar as Vader, Seun en Heilige Gees. Die hoogste gesag in die Kerk is Jesus Christus. Die Kerk is liggaam van Christus saam met alle ander kerke. Die NHKA is verbonde aan die belydenis van die algemene Christelike kerk en is kerk van die reformasie. Die NHKA het 'n eie gestalte met 'n eie Kerkorde. Die Bybel is die bron van die Kerk se geloof en lewe. Die Kerk beoefen sy teologie vanuit 'n Bybels-reformatoriese perspektief. In sy teologie hou die Kerk rekening met die konteks waarin die evangelie ontstaan het en die konteks waarin die evangelie verkondig word. Die NHKA het 'n presbiteriaal-sinodale karakter.

Die AKV versoek predikante en kerkrade om nougeset uitvoering te gee aan die besluite van die AKV.

BESKRYWINGSPUNT 32: HERVORMDE DOSENTERAAD

KERK AS VEILIGE RUIMTE

Die 72ste AKV bevestig en besluit dat

* die Kerk 'n veilige ruimte vir alle mense behoort te wees. Dit beteken dat vroue en mans ewe menswaardig behandel word in alle fasette van kerkwees.

* die Kerk se belydenis oor God se onvoorwaardelike liefde vir alle mense in kerklike en teologiese taal gereflekteer kan word.

* respek vir mekaar se menswees, op grond van God se inklusiewe liefde, die leidende beginsel is vir optrede teenoor mekaar.

BESKRYWINGSPUNT 33: HERVORMDE DOSENTERAAD VERTEENWOORDIGING VAN VROUE IN DIE NHKA Die 72ste AKV bevestig dat * die Woord van God ons leer dat alle mense voor God gelyk is, en dat

God vir elke mens talente en gawes gegee het om in diens van God se koninkryk te gebruik.

* elkeen se dienswerk in die Kerk ewe waardevol is. * die Kerk alle mense se talente en gawes sal benut sodat ook vroue

betrokke sal wees by alle fasette van kerkwees: Rade, vergaderings, komitees en leierskapstrukture.

BESKRYWINGSPUNT 34: HERVORMDE DOSENTERAAD

Page 26: 69ste Algemene Kerkvergadering, Agenda · 2020. 9. 21. · die Nagmaal Kernkomitee: Erediens 5 7 Formulier vir die bevestiging van die huwelik (4) Kernkomitee: Erediens 5 8 Alternatiewe

Bladsy 16

72ste Algemene Kerkvergadering

Besluitebundel

SEKSUELE TEISTERING Die 72ste AKV bevestig en besluit dat * die Kerk 'n veilige ruimte vir alle mense behoort te wees. * verbale en fisiese seksuele teistering nie in ooreenstemming met die

evangelie is nie, en derhalwe nie vir die Kerk aanvaarbaar is nie. * die etiese kode van die Hervormde Kerk uitgebrei sal word om

seksuele teistering in te sluit. * 'n prosedure vir die aanmeld van seksuele teistering binne die

Hervormde Kerk ontwikkel sal word, en dat dit deel sal vorm van die Kerkorde se riglyne oor opsig en tug.

* 'n liggaam vir die aanmeld van seksuele teistering en onregverdige

arbeidspraktyk binne die Hervormde Kerk daargestel word.

BESKRYWINGSPUNT 35: HERVORMDE DOSENTERAAD ARBEIDSPRAKTYK Die 72ste AKV bevestig en besluit dat * die etiese kode van die Hervormde Kerk uitgebrei word om

onregverdige arbeidspraktyk in te sluit. * 'n prosedure vir die aanmeld van onregverdige arbeidspraktyk binne

die Hervormde Kerk ontwikkel word, en dat die prosedure opgeneem word in die Kerkorde onder die ter sake ordinansies.

* 'n liggaam binne die Hervormde Kerk daargestel word waar

onregverdige arbeidspraktyk aangemeld kan word.

BESKRYWINGSPUNT 36: RING VAN WES-KAAPLAND LIGGAAM VIR ETIESE SAKE Die AKV brei die Kernkomitee: Kerk en Teologie uit na Kernkomitee: Kerk, Teologie en Etiese Sake wat etiese aangeleenthede ondersoek en die Kerk daaroor adviseer (soos die eertydse Raad vir Etiek en Maatskaplike Sake).

BESKRYWINGSPUNT 37: RING VAN NOORDELIKE PRETORIA REGISTRASIE VAN HUWELIKE

Page 27: 69ste Algemene Kerkvergadering, Agenda · 2020. 9. 21. · die Nagmaal Kernkomitee: Erediens 5 7 Formulier vir die bevestiging van die huwelik (4) Kernkomitee: Erediens 5 8 Alternatiewe

Bladsy 17

72ste Algemene Kerkvergadering

Besluitebundel

Die NHKA tree in gesprek met die Departement van Binnelandse Sake oor die rompslomp en gepaardgaande tydverkwisting wat die huidige voorskrifte met betrekking tot die registrasie van huwelike vir predikante van die Kerk wat as huweliksbevestigers aangestel is, teweegbring.

BESKRYWINGSPUNT 38: DR FJ LABUSCHAGNE (ALGEMENE SEKRETARIS: NHKA), GESEKONDEER DEUR DR BJ VAN WYK NOUER SAMEWERKING TUSSEN DIE NHKA EN DIE NGK Gestruktureerde en meewerkende bediening word met gemeentes van ander reformatoriese kerke verdiep en verbreed. 'n Samewerkingsooreenkoms handel hoofsaaklik met samewerkende aksies wat besondere reëlings benodig. * Ordinansie 2.7.1 wat soos volg lui:

2.7 SAMEWERKING VAN GEMEENTES

2.7.1 Twee of meer gemeentes kan saamwerk om 'n predikant te beroep.

2.7.2 Hierdie samewerking vind plaas op versoek van die kerkrade van die betrokke gemeentes.

2.7.3 As die gemeentes in dieselfde ring geleë is, word die aansoek om saam te werk aan die ringskommissie gerig.

2.7.4 As die gemeentes in verskillende ringe geleë is, word die aansoek aan al die betrokke ringskommissies gerig.

word gewysig om soos volg te lees:

2.7 SAMEWERKING VAN GEMEENTES

2.7.1 Twee of meer gemeentes kan saamwerk om 'n predikant te beroep.

2.7.2 Sodanige samewerking is ook moontlik met gemeentes van ander reformatoriese kerke wat op dieselfde belydenisgrondslag staan as ons.

2.7.3 Hierdie samewerking vind plaas op versoek van die kerkrade

van die betrokke gemeentes. 2.7.4 Die aansoek om saam te werk, word gerig aan die ring

waarbinne die gemeente geleë is.

---oOo---

Page 28: 69ste Algemene Kerkvergadering, Agenda · 2020. 9. 21. · die Nagmaal Kernkomitee: Erediens 5 7 Formulier vir die bevestiging van die huwelik (4) Kernkomitee: Erediens 5 8 Alternatiewe
Page 29: 69ste Algemene Kerkvergadering, Agenda · 2020. 9. 21. · die Nagmaal Kernkomitee: Erediens 5 7 Formulier vir die bevestiging van die huwelik (4) Kernkomitee: Erediens 5 8 Alternatiewe

Bladsy 19

72ste Algemene Kerkvergadering

Besluitebundel

3. GETUIENIS

3.1 INLEIDING

3.2 VERSLAE EN BESKRYWINGSPUNTE WAT MET GETUIENIS VERBAND HOU

3.2.1 MISSIONALE BEDIENING

BESKRYWINGSPUNT 39: KURATORIUM OPLEIDING EN INDIENSSTELLING VAN EVANGELISTE Die vergadering besluit om nie Besluit 64 van die 71ste AKV rakende die opleiding en indiensstelling van evangeliste te implementeer nie.

3.2.2 KERNKOMITEE: KERK EN TEOLOGIE 3.2.2.1 Uitverkiesingsleer

Die verslag in Bylae L word met dank aanvaar. Die volgende voorstel ingedien deur prof E van Eck, drr DJC van Wyk en SM de Beer, en gesekondeer deur ds L Geel (sr), word aanvaar: * Die vergadering neem kennis van die verskillende interpretasies van

die uitverkiesingsleer soos verwoord in die gespreksdokument. * Die vergadering besluit om opdrag aan die Kommissie te gee om 'n

hedendaagse/eietydse interpretasie van die Dordtse Leerreëls te laat voorberei vir voorlegging aan die 73ste AKV.

* Die vergadering besluit, in lyn met 'n aanbeveling van die

dosentevergadering wat reeds in 2001 gemaak is, dat die wenslikheid van 'n eietydse kerkeie belydenisskrif verder ondersoek word om ons verstaan van die evangelie eietyds te verwoord.

3.2.3 BYBELGENOOTSKAP VAN SUID-AFRIKA (BSA)

Die verslag in Bylae M word aanvaar.

BESKRYWINGSPUNT 40: BYBELGENOOTSKAP VAN SUID-AFRIKA 1. Daar word met waardering kennis geneem van die werk van die

BSA, en die BSA word opnuut verseker van die Kerk se voorbidding en ondersteuning.

2. Dank word uitgespreek teenoor alle gemeentes, sakeondernemings en individue wat die Bybelgenootskap ondersteun het.

Page 30: 69ste Algemene Kerkvergadering, Agenda · 2020. 9. 21. · die Nagmaal Kernkomitee: Erediens 5 7 Formulier vir die bevestiging van die huwelik (4) Kernkomitee: Erediens 5 8 Alternatiewe

Bladsy 20

72ste Algemene Kerkvergadering

Besluitebundel

3. Dr KD Papp word bedank vir sy werk as organiserende sekretaris namens die Kerk by die BSA.

4. Die vergadering neem met dank kennis van die Afrikaanse vertaling van die Bybel wat DV in 2020 beskikbaar sal wees. Al die vertalers en ander kundiges van die Kerk wat daaraan deelgeneem het, word gelukgewens en van harte bedank vir hulle harde werk.

5. Kerkrade word versoek om DV Sondag 29 November 2020 in te rig as 'n spesiale dank- en feesgeleentheid rondom die Afrikaanse vertaling van die Bybel.

6. Die vergadering neem kennis van die voorstelle rakende die Jaar

van die Bybel 2020.

7. Kerkrade word versoek om DV Sondag 23 Augustus 2020 in te rig as Bybel-Sondag met 'n spesiale fokus op die Bybel. Gemeentes word versoek om op dié betrokke Sondag 'n spesiale offergawe op te neem wat spesifiek bedoel is vir die twee miljoen Bybels-projek in 2020.

8. Kerkrade word gewys op die staande besluit van die AKV dat die

erediensoffergawes van Hervormingsondag (die laaste Sondag in Oktober) gedurende November aan die BSA oorbetaal word as eerste bydrae van die nuwe finansiële jaar van die BSA.

9. Kerkrade word versoek om alles in hulle vermoë te doen om die bedrag (R55.00 per lidmaat vir 2019) wat die BSA benodig om een Bybel bekostigbaar beskikbaar te stel, jaarliks voor 31 Oktober direk aan die BSA oor te betaal.

3.3 BESKRYWINGSPUNTE WAT NIE VERBAND HOU MET VERSLAE NIE

BESKRYWINGSPUNT 41: KERNKOMITEE: EREDIENS GLONET-MEDIAPLATFORM Die AKV keur die Kerk se betrokkenheid by die GLOMedia-platform vir Afrikaanse kerke goed.

BESKRYWINGSPUNT 43: RING VAN OOS-KAAPLAND BESTAANSREG VAN GEMEENTES * Die AKV spreek waardering uit teenoor gemeentes wat in moeilike

omstandighede probeer oorleef. * Die vergadering moedig gemeentes aan om mekaar vanuit 'n

evangeliese perspektief te ondersteun. * Die SGB kry opdrag om wyses te bedink wat gemeentes wie se

Page 31: 69ste Algemene Kerkvergadering, Agenda · 2020. 9. 21. · die Nagmaal Kernkomitee: Erediens 5 7 Formulier vir die bevestiging van die huwelik (4) Kernkomitee: Erediens 5 8 Alternatiewe

Bladsy 21

72ste Algemene Kerkvergadering

Besluitebundel

volhoubaarheid in gedrang is, kan ondersteun om met hulle dienswerk voort te gaan.

BESKRYWINGSPUNT 44: RING VAN VEREENIGING VOORTSETTING VAN GROEIPUNTBEDIENING Die AKV keur dit goed dat voortgegaan word om nuwe missionale projekte as groeipunte te ondersteun.

BESKRYWINGSPUNT 45: KERNKOMITEE: KERK EN TEOLOGIE BYSTANDDOOD Die 72ste AKV besluit dat 'n studie onderneem word met die doel om 'n gespreksdokument vir die NHKA oor die saak van bystanddood/ geassisteerde dood saam te stel. Dit is noodsaaklik vir lidmate se besinning en vir die Kerk se deelname aan die publieke gesprek hieroor.

---oOo---

Page 32: 69ste Algemene Kerkvergadering, Agenda · 2020. 9. 21. · die Nagmaal Kernkomitee: Erediens 5 7 Formulier vir die bevestiging van die huwelik (4) Kernkomitee: Erediens 5 8 Alternatiewe
Page 33: 69ste Algemene Kerkvergadering, Agenda · 2020. 9. 21. · die Nagmaal Kernkomitee: Erediens 5 7 Formulier vir die bevestiging van die huwelik (4) Kernkomitee: Erediens 5 8 Alternatiewe

Bladsy 23

72ste Algemene Kerkvergadering

Besluitebundel

4. DIENS

4.1 INLEIDING

4.2 VERSLAE EN BESKRYWINGSPUNTE WAT MET DIENS VERBAND HOU

4.2.1 KURATORIUM VIR TEOLOGIESE OPLEIDING

Die verslag in Bylae N word aanvaar.

BESKRYWINGSPUNT 46: KURATORIUM

DOSENTEKORPS AAN DIE HTK

* Die AKV bevestig die beginsel dat die HTK uitgebou moet word. * Die hoof van die HTK, in oorleg met die Kuratorium, benoem

predikante van die NHKA met 'n nagraadse kwalifikasie in die teologie as dosente van die HTK op 'n kontraktuele basis om behulpsaam te wees met die doseerwerk by die HTK, en om medeverantwoordelik te wees vir die uitbou van Hervormde teologie.

BESKRYWINGSPUNT 47: RING VAN WES-KAAPLAND TEOLOGIESE OPLEIDING VAN DEELTYDSE PREDIKANTE

Die teologiese opleiding van die NHKA maak voorsiening vir 'n teologiese kwalifikasie wat – naas voltydse studie in die teologie – spesifiek ontwerp is vir persone wat reeds oor 'n beroepsgerigte kwalifikasie in 'n ander dissipline beskik, met die oog op dienswerk in 'n sosiaal vloeibare omgewing. Die volgende oorwegings word in ag geneem: * Die toelatingsvereiste vir sodanige kursus is 'n Nasionale Senior

Sertifikaat of gelykwaardige kwalifikasie. Dit maak voorsiening vir persone wat reeds in 'n beroep gevestig is.

* Die kursus bestaan uit 'n balans van teologiese en praktykgerigte

vakke soos benodig vir deeltydse bediening, met die moontlikheid van spesialisasie.

* Afhandeling van die studie word nie gekoppel aan tyd nie, maar aan

die voltooiing van die vereiste aantal modules. * Die kursus word landswyd uitgerol en maak gebruik van

gespesialiseerde studieleiers, wat op 'n ad hoc-basis aangestel word, vanuit die geledere van die Kerk.

* Die koste van die kursus word so laag moontlik gehou.

Page 34: 69ste Algemene Kerkvergadering, Agenda · 2020. 9. 21. · die Nagmaal Kernkomitee: Erediens 5 7 Formulier vir die bevestiging van die huwelik (4) Kernkomitee: Erediens 5 8 Alternatiewe

Bladsy 24

72ste Algemene Kerkvergadering

Besluitebundel

* Die Kommissie van die AKV, in oorleg met die HTK en Kuratorium, kom ooreen met 'n diensverskaffer rakende aangeleenthede soos inhoud en aanbieding.

* Dit staan onder toesig van die Kuratorium en word deur die

diensverskaffer in samewerking met die HTK, aangebied. * Die Diploma in Bediening is hoofsaaklik bedoel om lidmate,

kerkraadslede en kategete toe te rus vir dienswerk binne en buite die Kerk.

BESKRYWINGSPUNT 48: RING VAN KROKODILRIVIER TEOLOGIESE OPLEIDING Die Kommissie van die AKV, in oorleg met die Kuratorium en die dosente, ondersoek die moontlikheid van verkorting van die studiejare van teologiestudente.

4.2.2 PROPONENTSEKSAMENKOMMISSIE

Die verslag in Bylae O word aanvaar.

4.2.3 HTK

Die verslag in Bylae P word aanvaar.

BESKRYWINGSPUNT 49: KOMMISSIE VAN DIE AKV VBO VIR DIENAARS VAN DIE WOORD * Die AKV bevestig die belang van VBO vir alle bedienaars van die

Woord, insluitend emeriti, wat aan 'n werkruimte gekoppel is, asook beroepafwagtende predikante en proponente.

* Die Moderamen tree in gesprek met dienaars van die Woord wat nie

deel van die VBO-stelsel is nie, en moedig hulle aan om deel te neem.

* Gemeentes moedig hulle predikante aan om VBO te deurloop, en

bemagtig hulle deur die beskikbaarstelling van fondse en studieverlof.

* Gemeentes in 'n beroepsproses vergewis hulle van kandidate se

VBO-rekord.

Page 35: 69ste Algemene Kerkvergadering, Agenda · 2020. 9. 21. · die Nagmaal Kernkomitee: Erediens 5 7 Formulier vir die bevestiging van die huwelik (4) Kernkomitee: Erediens 5 8 Alternatiewe

Bladsy 25

72ste Algemene Kerkvergadering

Besluitebundel

* Proponente en beroepafwagtendes wat nie die jaarlikse VBO-koste kan dra nie, doen aansoek om kwytskelding van die koste en die Kerk begroot daarvoor.

BESKRYWINGSPUNT 50: RING VAN MIDDELBURG AFFILIASIE BY 'N PROFESSIONELE LIGGAAM Predikante van die NHKA affilieer by 'n professionele liggaam ten einde waarde toe te ken aan die VBO-punte wat predikante verwerf.

4.2.4 FAKULTEIT TEOLOGIE EN RELIGIE AAN UP

Die verslag in Bylae Q word aanvaar.

4.2.5 TEOLOGIESE OPLEIDINGSFONDS

Die verslag in Bylae R word aanvaar.

BESKRYWINGSPUNT 51: DR BJ VAN WYK (FONDSSEKRETARIS VAN DIE TEOLOGIESE OPLEIDINGSFONDS), GESEKONDEER DEUR DR FJ LABUSCHAGNE (ALGEMENE SEKRETARIS: NHKA) TEOLOGIESE OPLEIDINGSFONDS * Die AKV aanvaar die mikpunt van R10 000 000.00 as die kapitale

waarde van die Fonds. * Die Fondswaarde word jaarliks uit renteverdienste en skenkings met

'n persentasie gekoppel aan die inflasiekoers aangevul om voorsiening te maak vir inflasionêre druk.

* Die volle restant word jaarliks aangewend vir teologiese opleiding. * Die Raad van Finansies word versoek om in oorleg met die

Teologiese Opleidingsfonds soveel as moontlik aan studente te spandeer.

4.2.6 ADV

Die verslag in Bylae S word aanvaar.

Page 36: 69ste Algemene Kerkvergadering, Agenda · 2020. 9. 21. · die Nagmaal Kernkomitee: Erediens 5 7 Formulier vir die bevestiging van die huwelik (4) Kernkomitee: Erediens 5 8 Alternatiewe

Bladsy 26

72ste Algemene Kerkvergadering

Besluitebundel

BESKRYWINGSPUNT 60: KOMMISSIE VAN DIE ADV WYSIGING VAN ORDINANSIE 4.2.2 (xxxi) Ordinansie 4.2.2 (xxxi) wat soos volg lui: 4.2.2 WERKOPDRAG

Die ringsvergadering (xxxi) vaardig een predikant en twee diakens af wat die ringsvergadering

bygewoon het om sitting te neem op die Algemene Diakensvergadering

word gewysig om soos volg te lees: 4.2.2 WERKOPDRAG Die ringsvergadering (xxxi) vaardig een predikant en twee diakens af om sitting te neem op die

Algemene Diakensvergadering.

BESKRYWINGSPUNT 61: KOMMISSIE VAN DIE ADV WYSIGING VAN ORDINANSIE 4.2.3 (xv) Ordinansie 4.2.3 (xv) wat soos volg lui: 4.2.3 WERKWYSE

Die ringsvergadering

(xv) verkies nie lede van die Kommissies van die Algemene Kerkvergadering en Algemene Diakensvergadering as lede van die ringskommissie nie

word gewysig om soos volg te lees:

4.2.3 WERKWYSE

Die ringsvergadering

(xv) verkies nie lede van die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering as lede van die ringskommissie nie.

BESKRYWINGSPUNT 62: KOMMISSIE VAN DIE ADV

WYSIGING VAN ORDINANSIE 4.7.3 (vii), (ix) EN (xi)

Ordinansie 4.7.3 (vii), (ix) en (xi) wat soos volg lui:

Page 37: 69ste Algemene Kerkvergadering, Agenda · 2020. 9. 21. · die Nagmaal Kernkomitee: Erediens 5 7 Formulier vir die bevestiging van die huwelik (4) Kernkomitee: Erediens 5 8 Alternatiewe

Bladsy 27

72ste Algemene Kerkvergadering

Besluitebundel

4.7 ALGEMENE DIAKENSVERGADERING 4.7.3 WERKWYSE

(vii) kies uit die aanwesige afgevaardigdes 'n voorsitter, visevoorsitter, skriba en viseskriba, met inagneming van die beginsel dat niemand meer as twee termyne na mekaar as voorsitter of skriba gekies sal word nie

(ix) kies ses bykomende lede uit die afgevaardigdes om saam met die

voorsitter, visevoorsitter, skriba en viseskriba die Kommissie van die Algemene Diakensvergadering te vorm

(xi) kies tien sekundi vir die Kommissie van die Algemene

Diakensvergadering wat om die beurt gebruik kan word word gewysig om soos volg te lees: 4.7 ALGEMENE DIAKENSVERGADERING 4.7.3 WERKWYSE (vii) kies uit die aanwesige afgevaardigde diakens 'n voorsitter,

visevoorsitter, skriba en viseskriba, met inagneming van die beginsel dat niemand meer as twee termyne na mekaar as voorsitter of skriba gekies sal word nie

(ix) kies ses bykomende lede uit die afgevaardigdes, waarvan minstens

drie diakens moet wees, om saam met die voorsitter, visevoorsitter, skriba en viseskriba die Kommissie van die Algemene Diakensvergadering te vorm

(xi) kies tien sekundi vir die Algemene Diakensvergadering, waarvan

minstens vyf diakens moet wees.

BESKRYWINGSPUNT 63: KOMMISSIE VAN DIE ADV WYSIGING VAN ORDINANSIES 4.1.2 (xxi) EN 4.2.2 (xi) * Ordinansie 4.1.2 (xxi) wat soos volg lui:

4.1.2 WERKOPDRAG

Die kerkraad

(xxi) sien toe dat diakens afsonderlik vergader, indien daar 'n behoefte daarvoor is, om aandag te gee aan barmhartigheidsdiens, diakonale toerusting, diakonale diensgroepe, diakonale fondse en goedere waaruit hulpbehoewendes versorg word, en enige ander aangeleentheid wat aan die diakens opgedra is, en neem verder kennis van die besprekings op so afsonderlike vergaderings van diakens

Page 38: 69ste Algemene Kerkvergadering, Agenda · 2020. 9. 21. · die Nagmaal Kernkomitee: Erediens 5 7 Formulier vir die bevestiging van die huwelik (4) Kernkomitee: Erediens 5 8 Alternatiewe

Bladsy 28

72ste Algemene Kerkvergadering

Besluitebundel

word gewysig om soos volg te lees:

4.1.2 WERKOPDRAG

Die kerkraad

(xxi) sien toe dat 'n Komitee vir Diakonaat saamgestel word om aandag te gee aan barmhartigheidsdiens, diakonale toerusting, diakonale diensgroepe, diakonale fondse en goedere waaruit hulpbehoewendes versorg word, en enige ander aangeleentheid wat aan die diakens opgedra is, en neem verder kennis van die besprekings op sodanige afsonderlike vergaderings van diakens.

* Ordinansie 4.2.2 (xi) wat soos volg lui:

4.2.2 WERKOPDRAG

Die ringsvergadering

(xi) roep, indien nodig, komitees in die lewe, en stel toepaslike reglement(e) van orde op, mits dit nie in stryd is met die Kerkorde nie

word gewysig om soos volg te lees:

4.2.2 WERKOPDRAG

Die ringsvergadering

(xi) sien toe dat 'n ringskomitee vir diakonaat saamgestel word, roep, indien nodig, ander komitees in die lewe, en stel toepaslike reglemente op.

BESKRYWINGSPUNT 64: KOMMISSIE VAN DIE ADV WYSIGING VAN ORDINANSIE 4.11 (i) Ordinansie 4.11 (i) wat soos volg lui: 4.11 NEDERDUITSCH HERVORMDE SUSTERSVERENIGING (i) Die vrouelidmate bewys barmhartigheid saam met die diakens aan

lidmate en ander mense in nood. word gewysig om soos volg te lees: 4.11 NEDERDUITSCH HERVORMDE SUSTERSVERENIGING (i) Die vrouelidmate bewys barmhartigheid saam met die diakens en

alle ander gelowiges aan lidmate en ander mense in nood.

Page 39: 69ste Algemene Kerkvergadering, Agenda · 2020. 9. 21. · die Nagmaal Kernkomitee: Erediens 5 7 Formulier vir die bevestiging van die huwelik (4) Kernkomitee: Erediens 5 8 Alternatiewe

Bladsy 29

72ste Algemene Kerkvergadering

Besluitebundel

4.2.7 NHSV

Die verslag in Bylae T word aanvaar.

4.2.8 NHKA PREDIKANTEAFTREEFONDS

Die verslag in Bylae U word aanvaar.

BESKRYWINGSPUNT 66: RING VAN OOS-KAAPLAND WERKGEWERSBYDRAE TOT 'N PREDIKANT SE PENSIOENFONDS * Die Kommissie van die AKV, in oorleg met die Bestuursraad van die

NHKA Predikanteaftreefonds, stel ondersoek in na wyses hoe om deeltydse predikante, wat nie bydraende lede van die Pensioenfonds is nie, te help om bydraende lede te word.

* Indien enigsins moontlik en haalbaar, moet dit so spoedig moontlik

geïmplementeer word. * Die proses geskied in samewerking met die predikant en die

kerkraad.

BESKRYWINGSPUNT 67: RAAD VAN FINANSIES ONTTREKKING UIT DIE FONDS VIR SINODALE DIENSLEWERING Die Raad van Finansies kry magtiging om die maksimum bedrag van R2 000 000.00 uit die Fonds vir Sinodale Dienslewering te onttrek indien daar tekorte ontstaan wat die gevolg is van die bydrae wat gemaak is om die omskakeling van die Pensioenfonds na 'n vastebydraefonds te bekostig.

4.2.8.1 Prosedure by aansoek vir medies-ongeskiktheid

Die verslag in Bylae V word aanvaar.

4.2.8.3 Ledevergadering van die Predikanteaftreefonds

Die notule word deur die Trustees van die NHKA Predikanteaftreefonds goedgekeur en aan die AKV beskikbaar gestel.

Page 40: 69ste Algemene Kerkvergadering, Agenda · 2020. 9. 21. · die Nagmaal Kernkomitee: Erediens 5 7 Formulier vir die bevestiging van die huwelik (4) Kernkomitee: Erediens 5 8 Alternatiewe

Bladsy 30

72ste Algemene Kerkvergadering

Besluitebundel

4.3 BESKRYWINGSPUNTE WAT MET KERKORDEWYSIGINGS VERBAND HOU

BESKRYWINGSPUNT 68: RAAD VAN FINANSIES SAMESTELLING VAN DIE RAAD VAN FINANSIES Ordinansie 9.2.2.1 wat soos volg lui: 9.2.2.1 Samestelling (i) Die Raad word saamgestel uit

(a) sewe lede driejaarliks deur die Algemene Kerkvergadering verkies, met inagneming van 'n groslys saamgestel uit voorstelle deur ringsvergaderings, die Raad van Finansies en die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering

(b) twee lede benoem deur die Kommissie van die Algemene

Kerkvergadering uit sy geledere (c) die algemene sekretaris van die Kerk van tyd tot tyd met

adviserende stem.

(ii) Indien 'n vakature ontstaan, benoem die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering, na advies van die Raad, 'n lid om die vakature te vul.

word gewysig om soos volg te lees:

(i) Die Raad word saamgestel uit

(a) vyf lede wat deur die Algemene Kerkvergadering gekies word en gesamentlik oor voldoende finansiële vaardighede en kennis beskik om aan oudit- en risikobestuur, beleggingsbestuur en algemene finansiële bestuur uitvoering te gee. Skriftelike gemotiveerde nominasies moet by die Algemene Kerkvergadering ingehandig word

(b) een lid benoem deur die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering uit sy geledere

(c) Die algemene sekretaris met adviserende stem.

(ii) Indien 'n vakature ontstaan, benoem die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering, na advies van die Raad, 'n lid om die vakature te vul.

BESKRYWINGSPUNT 69: RING VAN VEREENIGING OMSKRYWING VAN BENOEMING IN DIE KERKORDE Die vergadering gee opdrag dat die Raad vir Kerkregtelike Advies die

Page 41: 69ste Algemene Kerkvergadering, Agenda · 2020. 9. 21. · die Nagmaal Kernkomitee: Erediens 5 7 Formulier vir die bevestiging van die huwelik (4) Kernkomitee: Erediens 5 8 Alternatiewe

Bladsy 31

72ste Algemene Kerkvergadering

Besluitebundel

begrip benoeming in die Kerkorde nagaan en wysigings aanbeveel indien nodig. Die Kommissie van die AKV handel die aangeleentheid af.

BESKRYWINGSPUNT 70: KOMMISSIE VAN DIE AKV

VERSOEK VAN 'N PREDIKANT OM KRAGTENS ORDINANSIE 3.2.14.2 VAN 'N GEMEENTE LOSGEMAAK TE WORD

Ordinansie 3.2.3.2 (vi) wat soos volg lui:

3.2.3.2 Afskaling en losmaking

(vi) Die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering maak in die Kerk bekend dat die predikant beroepafwagtend is.

word gewysig om soos volg te lees:

(vi) Die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering kan die betrokke predikant oproep vir gesprek om die predikant se kennis, kerklike betrokkenheid en vaardigheid te beoordeel.

(vii) Die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering kan die

predikant na afloop van die gesprek vir verdere opleiding of begeleiding verwys voordat die predikant 'n volgende beroep mag aanvaar.

(viii) Indien die predikant gereed is om 'n volgende beroep te aanvaar,

maak die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering in die Kerk bekend dat die predikant beroepafwagtend is.

Ordinansie 3.2.7 wat soos volg lui: 3.2.7 PREDIKANTE MET AMPSVOORREG

(i) Die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering mag enige predikant met ampsvoorreg oproep tot gesprek met betrekking tot kerklike betrokkenheid en teologiese kennis.

(ii) Indien die kennis van so 'n predikant nie na wense is nie, word die predikant deur die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering vir verdere opleiding verwys.

word gewysig om soos volg te lees:

3.2.7 PREDIKANTE MET AMPSVOORREG

(i) Die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering kan enige predikant met ampsvoorreg oproep tot gesprek met betrekking tot kerklike betrokkenheid, teologiese kennis, of toepaslike vaardighede.

(ii) Indien die predikant se kerklike betrokkenheid, kennis of

Page 42: 69ste Algemene Kerkvergadering, Agenda · 2020. 9. 21. · die Nagmaal Kernkomitee: Erediens 5 7 Formulier vir die bevestiging van die huwelik (4) Kernkomitee: Erediens 5 8 Alternatiewe

Bladsy 32

72ste Algemene Kerkvergadering

Besluitebundel

vaardighede nie na wense is nie, word die predikant deur die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering vir verdere opleiding of begeleiding verwys.

Ordinansie 3.2.14.2 (vii) tot (x) wat soos volg lui:

3.2.14.2 Losmaking van 'n gemeente by ooreenkoms

(vii) Die kerkraad, ringskommissie of opsighoudende liggaam word van die besluit in kennis gestel.

(viii) Predikante wat versoek om losgemaak te word, onderteken terselfdertyd 'n onderneming om geen eise teen die gemeente of die Kerk in te stel nie. Indien die versoek om losmaking toegestaan word, word so 'n vrywaring ingesluit in enige ooreenkoms wat met die losmaking gepaard gaan.

(ix) Indien losmaking van die gemeente met behoud van

ampsvoorreg geskied, word die predikant in die Kerk beroepbaar gestel.

(x) 'n Predikant wat deur die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering van sy of haar gemeente losgemaak word, is nie dadelik na dieselfde gemeente beroepbaar nie.

word gewysig om soos volg te lees:

(vii) Die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering kan die betrokke predikant oproep vir gesprek om die predikant se kennis, kerklike betrokkenheid en vaardigheid te beoordeel.

(viii) Die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering kan die

betrokke predikant na afloop van die gesprek vir verdere opleiding of begeleiding verwys voordat die predikant 'n volgende beroep mag aanvaar.

(ix) Die kerkraad, ringskommissie of opsighoudende liggaam word

van die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering se besluit in kennis gestel.

(x) Predikante wat versoek om losgemaak te word, onderteken

terselfdertyd 'n onderneming om geen eise teen die gemeente of die Kerk in te stel nie. Indien die versoek om losmaking toegestaan word, word so 'n vrywaring ingesluit in enige ooreenkoms wat met die losmaking gepaard gaan.

(xi) 'n Predikant wat deur die Kommissie van die Algemene

Kerkvergadering van sy of haar gemeente losgemaak word, is nie dadelik na dieselfde gemeente beroepbaar nie.

(xii) 'n Predikant wat deur die Kommissie van die Algemene

Kerkvergadering van sy of haar gemeente losgemaak word, kan met instemming van die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering weer beroep word.

Page 43: 69ste Algemene Kerkvergadering, Agenda · 2020. 9. 21. · die Nagmaal Kernkomitee: Erediens 5 7 Formulier vir die bevestiging van die huwelik (4) Kernkomitee: Erediens 5 8 Alternatiewe

Bladsy 33

72ste Algemene Kerkvergadering

Besluitebundel

(xiii) 'n Gemeente wat wil beroep nadat 'n predikant van die gemeente losgemaak is, kan met instemming van die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering weer 'n predikant beroep.

BESKRYWINGSPUNT 71: KOMMISSIE VAN DIE AKV BEROEP VAN PREDIKANT OF PROPONENT Ordinansie 3.2.4 (i) tot (iv) wat soos volg lui: 3.2.4 BEROEP VAN PREDIKANT OF PROPONENT (i) Beroepswerksaamhede neem 'n aanvang so gou doenlik na

kennisname dat die predikantswerkruimte vakant gaan raak, maar nie later nie as een maand nadat die predikantswerkruimte vakant geraak het.

(ii) Alle predikante en proponente is beroepbaar.

(iii) Die ringskommissie kan op versoek van die kerkraad verlof gee om vir hoogstens drie maande nadat die werkruimte vakant geword het, nie te beroep nie. Indien enige verdere uitstel om te beroep benodig word, word dit in oorleg met die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering gedoen.

(iv) Die ringskommissie kan, na oorleg met die Moderamen en die betrokke kerkraad, besluit dat die gemeente vir hoogstens 90 dae nie mag beroep nie sodat strategiese beplanning van ringsgemeentes gedoen kan word wat as riglyn vir die gemeente kan dien wanneer die gemeente beroep.

word gewysig om soos volg te lees:

3.2.4 BEROEP VAN PREDIKANT OF PROPONENT

(i) Beroepswerksaamhede neem 'n aanvang so gou doenlik na kennisname dat die predikantswerkruimte vakant gaan raak.

(ii) Alle predikante en proponente is beroepbaar.

(iii) Die ringskommissie kan, na oorleg met die Moderamen, op versoek van die kerkraad verlof gee om nie 'n predikant te beroep nie mits die gemeente se bedieningsplan voldoende voorsiening maak vir alle fasette van die gemeente se werk.

(iv) Die ringskommissie kan, na oorleg met die Moderamen en die betrokke kerkraad, besluit dat die gemeente vir 'n bepaalde tyd nie mag beroep nie sodat strategiese beplanning van ringsgemeentes gedoen kan word wat as riglyn vir die gemeente kan dien wanneer die gemeente beroep.

Page 44: 69ste Algemene Kerkvergadering, Agenda · 2020. 9. 21. · die Nagmaal Kernkomitee: Erediens 5 7 Formulier vir die bevestiging van die huwelik (4) Kernkomitee: Erediens 5 8 Alternatiewe

Bladsy 34

72ste Algemene Kerkvergadering

Besluitebundel

4.4 BESKRYWINGSPUNTE WAT NIE VERBAND HOU MET VERSLAE NIE

BESKRYWINGSPUNT 72: RAAD VAN FINANSIES HANDELING MET EIENDOM

1. Die AKV bevestig die kerkordelike voorskrif dat gemeentes die

advies van die ringskommissie en die Raad van Finansies inwin sodra hulle begin oorweeg om met eiendom te handel.

2. 'n Gemeente wat oorweeg om met eiendom te handel, begin onverwyld 'n inklusiewe konsultasieproses wat insluit dat

* die kerkraad in gesprek tree met die ringskommissie en die Bestuurskomitee sodra die gemeente vir die eerste maal begin oorweeg om met eiendom te handel.

* die kerkraad 'n nuwe gemeentelike bedieningsplan aan die ringskommissie voorlê wat uiteensit hoe die handeling met eiendom die gemeente se bediening oor die medium- en langtermyn kan affekteer.

* die kerkraad voorstelle vir die sinvolle aanwending van opbrengste uit die verkoop van eiendomme (in die geval van samesmeltings, of samewerking met ander gemeentes of kerke, ensovoorts) vir oorweging aan die ringskommissie, Bestuurskomitee en gemeentevergadering voorlê.

* die ringskommissie 'n strategiese plan vir volhoubare bediening in die ring aan die kerkraad en gemeentevergadering voorhou.

* die gemeente skriftelik aan die ringskommissie en Bestuurskomitee redes verskaf indien die gemeentevergadering, na afloop van hierdie inklusiewe proses, besluit om nie die aanbevelings van die ringskommissie en/of Bestuurskomitee te aanvaar nie.

3. Die Moderamen handel met gemeentes wat nie die voorskrif volg nie.

BESKRYWINGSPUNT 74: RAAD VAN FINANSIES

GEMEENTELIKE ONDERSTEUNINGSFONDS

'n Gemeentelike Ondersteuningsfonds word geskep. R400 000.00 van die renteverdienste van die Fonds vir Sinodale Dienslewering word in die 2020/21 finansiële jaar in die Fonds gestort, en daarna inflasionêr aangepas.

Page 45: 69ste Algemene Kerkvergadering, Agenda · 2020. 9. 21. · die Nagmaal Kernkomitee: Erediens 5 7 Formulier vir die bevestiging van die huwelik (4) Kernkomitee: Erediens 5 8 Alternatiewe

Bladsy 35

72ste Algemene Kerkvergadering

Besluitebundel

BESKRYWINGSPUNT 75: RAAD VAN FINANSIES

BEËINDIGING VAN KERKGELDSTELSEL * Gemeentes word versoek om vir solank dit moontlik is, deel te bly

van die Kerkgeld vir Kerkwerkstelsel.

* Die Raad van Finansies verbind hom nie tot 'n vaste rentekoers nie, maar onderneem om die beste rentekoers te beding binne die beleggingsbeleid van die Raad.

* Die Raad van Finansies belê hoofsaaklik in kontantinstrumente om sodoende risiko's te beperk.

* Waar gemeentes vir 'n langer termyn wil belê, dui hulle dit so aan en sal die Raad ander beleggingsmoontlikhede ondersoek met hoër opbrengste maar met die minimum risiko's.

MOSIE Hiermee versoek ons dat Beskrywingspunt 77 eerste gehanteer sal word voor Beskrywingspunt 76.

BESKRYWINGSPUNT 78: RAAD VAN FINANSIES STANDAARDISERING VAN REKENINGKUNDIGE STELSELS Die NHKA standaardiseer die rekenkundige stelsel wat deur gemeentes gebruik word. Gemeentes kry geleentheid om oor te skakel na die SAGE 1 rekeningkundige stelsel. Gemeentes wie se oudits vir langer as twee jaar uitstaande is, geniet prioriteit, en word deur die Sinodale Dienssentrum bygestaan om die oorskakeling so spoedig moontlik te doen.

Teenstem:

* Van Staden JH ds.

BESKRYWINGSPUNT 79: RAAD VAN FINANSIES

NAKOMINGSBELEID

Die NHKA aanvaar in beginsel die nakomingsbeleid soos deur die Oudit- en Risikokomitee geformuleer. Die Kommissie van die AKV dra die finale aanspreeklikheid teenoor sy belanghebbendes om toesig oor die nakomingsvereistes te hou, en is verder ook finaal aanspreeklik vir die goedkeuring, uitvoering en praktiese implementering van die nakomingsbeleid en raamwerk wat die risikobestuursprossesse en interne beheerstelsels moniteer. Die Kerk is daartoe verbind om te

Page 46: 69ste Algemene Kerkvergadering, Agenda · 2020. 9. 21. · die Nagmaal Kernkomitee: Erediens 5 7 Formulier vir die bevestiging van die huwelik (4) Kernkomitee: Erediens 5 8 Alternatiewe

Bladsy 36

72ste Algemene Kerkvergadering

Besluitebundel

voldoen aan sowel die gees as die letter van toepaslike vereistes, en om altyd met die nodige vaardigheid, sorg en toewyding te handel. Die volgende entiteite word ingesluit in die trefwydte van die Beleid: Gemeentes, ringskommissies, Sinodale Dienssentrum, NHSV, Raad van Finansies. Die volgende is spesifiek uitgesluit: Diensorgane wat as maatskappy geregistreer is en hul eie direksie het.

BESKRYWINGSPUNT 80: RING VAN VEREENIGING OUDITPROSEDURES EN KOSTESTRUKTUUR BY DIE AFDELING INTERNE OUDIT Die AKV vra 'n ondersoek aan oor die prosedures wat by die afdeling Interne Oudit gebruik word, ten einde te bepaal of dit in lyn is met die industriestandaard. Hierdie ondersoek moet insluit die tyd wat dit neem om gemeentes se oudit af te handel en die kostestruktuur daaraan verbonde.

BESKRYWINGSPUNT 85: RAAD VAN FINANSIES

GEBRUIK VAN KLANK- EN VIDEOSTROMING TYDENS DEELNAME AAN VERGADERINGS

Die vergadering spreek hom positief daaroor uit dat verkose lede wat vergaderings per klank- of videostroming bywoon, deel van die kworum van 'n vergadering uitmaak en dus ook stemgeregtig is.

BESKRYWINGSPUNT 86: RAAD VAN FINANSIES GEBRUIK VAN E-POS EN ANDER ELEKTRONIESE KOMMUNIKASIE-MIDDELE VIR BESLUITNEMING Die Kommissie van die AKV bepaal riglyne waarvolgens lede van vergaderings per e-pos en ander elektroniese kommunikasiemiddele besluite kan neem sonder dat hulle fisies per vergadering byeenkom.

4.5 GOEDKEURING VAN DIE REGLEMENTEBUNDEL

Die reglementebundel in Bylae X word aanvaar.

Die Kommissie van die AKV word versoek om regstellings te maak waar nodig, onder andere by punt 1.1.1 wat soos volg moet lees:

Die Bestuurskomitee word saamgestel deur die Raad van Finansies en

bestaan uit …

Page 47: 69ste Algemene Kerkvergadering, Agenda · 2020. 9. 21. · die Nagmaal Kernkomitee: Erediens 5 7 Formulier vir die bevestiging van die huwelik (4) Kernkomitee: Erediens 5 8 Alternatiewe

Bladsy 37

72ste Algemene Kerkvergadering

Besluitebundel

4.6 FINALE GOEDKEURING VAN DIE BEGROTING

Die verslag in Bylae Y word aanvaar. Die volgende voorstel van ds GS de Beer en gesekondeer deur ds CEC Hertzog en oudl JF Viljoen, word aanvaar: Die AKV gee opdrag aan die Kommissie van die AKV dat 'n ondersoek deur die Raad van Finansies onderneem word om die basis van heffingberekening te verander. Die volgende voorstel van ds GS de Beer en gesekondeer deur ds GF van Wyk, word aanvaar: In die lig van die besluit om die ADV as vergadering te behou, begroot die Raad van Finansies vir die uitgawes van die ADV. Dit sal 'n verskil van ongeveer R5.00 per belydende lidmaat tot gevolg hê. Die Kommissie van die ADV onderneem om dienooreenkomstig die vrywillige barmhartigheidsoffers doelwit te verlaag met R5.00 per belydende lidmaat.

---oOo--- Die sinodale offergawe van R362.00 per belydende lidmaat word aanvaar.

Teenstem: * Schimper QJ ds.

---oOo---

VERKIESING VAN STATUTÊRE RADE Die Raad van Finansies is soos volg verkies: * Mnr Phillip Bester * Mnr Hannes Combrink

* Mnr Gert van Wyk

* Mnr Paul Vorster

* Mnr Tom Moodie. Die werkgewerslede van die Predikanteaftreefonds is soos volg verkies: * Mnr Phillip Bester * Mnr Rob Harvie * Mnr Pieter Terblanche. Die Ledevergadering het die volgende persone as verteenwoordigers van die werknemers aangewys: * Dr EB Marran * Ds FB Sneygans * Ds HP van den Berg.

Page 48: 69ste Algemene Kerkvergadering, Agenda · 2020. 9. 21. · die Nagmaal Kernkomitee: Erediens 5 7 Formulier vir die bevestiging van die huwelik (4) Kernkomitee: Erediens 5 8 Alternatiewe

Bladsy 38

72ste Algemene Kerkvergadering

Besluitebundel

Dr T van Wyk is as sekundus werknemerverteenwoordiger verkies. Die Kuratorium is soos volg verkies: * Ds JM Bevolo-Manders * Dr SM de Beer * Dr H Delport * Dr RA Denton * Dr C Pretorius * Ds AH Roets * Dr JM van Staden. Die Raad vir Kerkregtelike Advies is soos volg verkies: * Oudl JD Fourie * Dr RJ Jones * Dr E le Roux * Dr C Pretorius * Dr BJ van Wyk. Die Tugkomitee is soos volg verkies: Regsgeleerdes: * Adv FH Geyser (Midstream) * Adv H Kriel (Krugersdorp-Noord). Predikante: * Ds HJ Celliers * Ds EG Fourie * Dr JH van Staden. Ouderlinge: * Oudl GJ Rossouw (Krugersdorp-Oos) * Oudl H Willemse (Potchefstroom-Suid).

---oOo---