7 nw...  · web viewmynbou genereer groot hoeveelhede afval. dit neem byvoorbeeld een ton (1 000...

9
Maandag 11 Mei 2020 Kwartaal 2 - Materie en materiale (bl. 57) Alles wat ons kan vashou, proe of ruik, is van materie gemaak. Verskillende dinge word gemaak uit verskillende soorte stowwe wat ons materiaal noem. Waarvoor ons 'n materiaal gebruik, hang af van sy eie spesiale eienskappe. Materiaal deel ook eienskappe met ander materiale wat tot dieselfde 'familie' behoort. Inleidings video vir die onderwerp: https://www.youtube.com/watch? v=ZZYnERZe3Cg Onderwerp 1 Eienskappe van materiale (bl. 58) Eenheid 1 Fisiese eienskappe van materiale Kom ons toets jou kennis Verskillende materiale het verskillende eienskappe Materie het verskillende toestande: vaste stof, vloeistof en gas. Voorbeelde van fisiese eienskappe Verskillende materiale doen verskillende dinge en daarom gebruik ons verskillende materiale vir verskillende dinge. 'n Fisiese eienskap is die manier waarop 'n materiaal of stof optree. Dit is iets wat vir ons sê hoe die materiaal of stof is. Kleur is 'n basiese voorbeeld van 'n fisiese eienskap. Fisiese eienskappe sluit in: • sterkte - hoe moeilik die materiaal is om te breek • buigsaamheid - hoeveel die materiaal buig sonder om te breek • kookpunt - die temperatuur waar by die materiaal verander van 'n vloeistof na 'n gas • smeltpunt - die temperatuur waar by die materiaal verander van 'n vaste stof na 'n vloeistof • elektriese geleidings vermoë - hoe maklik materiaal elektrisiteit daardeur laat vloei.

Upload: others

Post on 24-Jun-2020

2 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: 7 NW...  · Web viewMynbou genereer groot hoeveelhede afval. Dit neem byvoorbeeld een ton (1 000 kg) erts om ongeveer 25 gram platinum te produseer. (Raadpleeg bladsy 70. vir meer

Maandag 11 Mei 2020 Kwartaal 2 - Materie en materiale (bl. 57)

Alles wat ons kan vashou, proe of ruik, is van materie gemaak. Verskillende dinge word gemaak uit verskillende soorte stowwe wat ons materiaal noem. Waarvoor ons 'n materiaal gebruik, hang af van sy eie spesiale eienskappe. Materiaal deel ook eienskappe met ander materiale wat tot dieselfde 'familie' behoort.

Inleidings video vir die onderwerp: https://www.youtube.com/watch?v=ZZYnERZe3Cg

Onderwerp 1 Eienskappe van materiale (bl. 58)Eenheid 1 Fisiese eienskappe van materiale

Kom ons toets jou kennis ● Verskillende materiale het verskillende eienskappe● Materie het verskillende toestande: vaste stof, vloeistof en gas.

Voorbeelde van fisiese eienskappe Verskillende materiale doen verskillende dinge en daarom gebruik ons verskillende materiale vir verskillende dinge. 'n Fisiese eienskap is die manier waarop 'n materiaal of stof optree. Dit is iets wat vir ons sê hoe die materiaal of stof is. Kleur is 'n basiese voorbeeld van 'n fisiese eienskap. Fisiese eienskappe sluit in:

• sterkte - hoe moeilik die materiaal is om te breek • buigsaamheid - hoeveel die materiaal buig sonder om te breek • kookpunt - die temperatuur waar by die materiaal verander van 'n vloeistof na 'n gas • smeltpunt - die temperatuur waar by die materiaal verander van 'n vaste stof na 'n vloeistof • elektriese geleidings vermoë - hoe maklik materiaal elektrisiteit daardeur laat vloei. • hittegeleiding - hoe maklik die materiaal hitte daardeur laat beweeg.

Die eienskappe van materiale bepaal die geskiktheid daarvan vir 'n spesifieke taak of gebruik. As 'n materiaal geskik is vir 'n werk, het dit die regte fisiese eienskappe. Ons neem ook ander faktore soos die koste, kleur en tekstuur in ag wanneer ons materiaal kies en gebruik.

Sterkte en buigsaamheid

Papier, plastiekplaat en stof is alles buigsame materiale. Dit is geskik vir boeke omtrek en verpakking omdat dit vou en buig. Hoe dikker die vel, hoe sterker is dit. Watter materiaal is die sterkste? Doen nou Praktiese aktiwiteit 1 (bl.59)

Page 2: 7 NW...  · Web viewMynbou genereer groot hoeveelhede afval. Dit neem byvoorbeeld een ton (1 000 kg) erts om ongeveer 25 gram platinum te produseer. (Raadpleeg bladsy 70. vir meer

Ondersoek en vergelyk die sterkte van verskillende materiale

Doel In hierdie aktiwiteit sal jy die sterkte van agt verskillende materiale toets en vergelyk.

MATERIALE • agt skuifspelde gebuig in hakies • agt lengtes van tou of agt rekkies • 'n 1-liter plastiekbottel • een liter water • 'n maatbeker • materiaal om te toets: fotokopieërpapier, koerantpapier, dun karton, plastiese inkopiesak, plastiek boekomslag, aluminiumfoelie, waspapier en tekstiel

METODE Stap 1 Plak 'n stuk van elke materiaal op 'n tafel vas. Stap 2 Sit 'n skuifspelde aan elke stuk vas. Stap 3 Vul die plastiekbottel met 100 ml water. Bind die rekkie om die bottel en hang die bottel aan die haak. Toets elke materiaal op hierdie manier. Stap 4 Toets weer met 250 ml water, 500 ml water en 750 ml water.

RESULTATE 1 Teken en voltooi 'n tabel soos hieronder uiteengesit, maar dit moet al die materiale wat jy getoets het bevat. (8)

2. Ken punte toe vir sterkte aan deur elke materiaal 'n getal soos hierdie te gee: • Die sterkste materiaal kry die getal 1. • Die swakste materiaal kry die hoogste getal (gelyk aan die aantal verskillende materiale wat jy toets). (8)

GEVOLGTREKKINGSkryf jou gevolgtrekking neer. Die gevolgtrekking is die antwoord op die doel. (4)

Totaal: 20 punte

Page 3: 7 NW...  · Web viewMynbou genereer groot hoeveelhede afval. Dit neem byvoorbeeld een ton (1 000 kg) erts om ongeveer 25 gram platinum te produseer. (Raadpleeg bladsy 70. vir meer

Woensdag 13 Mei 2020Kookpunte en smeltpunte (bl 60)

Dit is moeilik om jou voor te stel dat rots smelt, maar diep onder die grond gebeur dit. Afhangend van die soort minerale wat dit bevat, smelt rots by temperature tussen 700 ℃ en 1300 ℃

Die kookpunte en smeltpunte van verskillende materiale sê vir ons of dit normaalweg in 'n gas, vloeistof of vaste toestand is(kamer temp). Chemici meet soms die smeltpunt van 'n onbekende stof om uit te vind wat dit is, of om te kyk hoe suiwer dit is.

Die spesiale eienskappe van water Water is gewoonlik 'n vloeistof, maar ons sien dit ook dikwels in die vaste toestand, as ys, en in die gas form, as waterdamp, wat kondenseer om wolke te vorm. Water smelt by 0° C en dit kook by 100 °C.Die diagram vergelyk sy smeltpunt en kookpunt met dié van sommige ander stowwe.

Aktiwiteit 2 Vergelyk kookpunte en smeltpunte

Page 4: 7 NW...  · Web viewMynbou genereer groot hoeveelhede afval. Dit neem byvoorbeeld een ton (1 000 kg) erts om ongeveer 25 gram platinum te produseer. (Raadpleeg bladsy 70. vir meer

Individuele werk Lees die inligting oor kookpunte en smeltpunte hierbo. Voltooi dan die volgende vrae.

1 Teken die onderstaande tabel (bl. 60) oor en voltooi dit. Gebruik die inligting in Figuur 1 en Figuur 4.

2 Voltooi hierdie stellings deur die ontbrekende woord in te vul.

2.1 Stowwe met ____ smeltpunte is vloeistowwe, en materiale met ____ smeltpunte is vaste stowwe.

2.2 Paraffien het 'n ____ smeltpunt as water, maar 'n ____ kookpunt.

3 Lood is die hoofbestanddeel van soldeersel. Soldeersel word gesmelt en gebruik om ander metaalonderdele aanmekaar te heg. Waarom is lood 'n geskikte materiaal vir die soldeer van metale soos silwer en koper?

Vrydag 15 Mei 2020 EENHEID 2 Impak op die omgewing (bl. 62)

Page 5: 7 NW...  · Web viewMynbou genereer groot hoeveelhede afval. Dit neem byvoorbeeld een ton (1 000 kg) erts om ongeveer 25 gram platinum te produseer. (Raadpleeg bladsy 70. vir meer

In hierdie eenheid leer jy oor: • die impak wat die vervaardiging en / of gebruik van materiale op die omgewing kan hê.

Laat ons nagaan ✓ Grondstowwe is materiale wat gebruik word om ander materiale te vervaardig. Byvoorbeeld, hout is die grondstof vir papier.

Waarvan is 'n selfoon gemaak?video-inleiding: https://www.youtube.com/watch?v=66SGcBAs04w

Om 'n selfoon te maak, is minstens 15 verskillende materiale nodig. Hierdie materiale behoort tot twee hoofgroepe - plastiek en metale.

Metale, plastiek en brandstof: dink daaraan om 'n selfoon te maak, moet 15 verskillende materiale vervaardig word en na fabrieke vervoer word. Sodra die selfone vervaardig is, moet dit steeds na winkels vervoer word om verkoop te word. Vervoer benodig brandstof.

Dink aan hoeveel mense selfone besit en hoe gereeld mense hul selfone opgradeer. As ons materiale of produkte gebruik, is dit goed om vir onsself ‘n paar vrae te vra:

• Hoe is die grondstowwe verkry? • Watter tipe afval bly oor in die vervaardigingsproses? • Wat gebeur met produkte as dit weggegooi word of nie meer gebruik word nie?

Alles wat ons maak en gebruik is ten koste van die omgewing.

Die omgewingsimpak van mynbou Mynbou genereer groot hoeveelhede afval. Dit neem byvoorbeeld een ton (1 000 kg) erts om ongeveer 25 gram platinum te produseer. (Raadpleeg bladsy 70. vir meer inligting.) Baie water

Page 6: 7 NW...  · Web viewMynbou genereer groot hoeveelhede afval. Dit neem byvoorbeeld een ton (1 000 kg) erts om ongeveer 25 gram platinum te produseer. (Raadpleeg bladsy 70. vir meer

word gebruik om die erts te verwerk en hierdie water word besoedel met skadelike chemikalieë. Hoe maak myne hierdie water skoon en raak op ‘n veilig manier daarvan ontslae? As jy erts(rots wat metaal bevat) smelt, gee dit kweekhuisgasse, soos koolstofdioksied, af.

Sommige probleme met plastiek Brandstof, soos petrol, word van ru-olie vervaardig. Plastiek word ook van ru-olie gemaak! Plastiek is 'n groot groep materiale wat bestaan uit chemikalieë wat polimere genoem word. Baie van die items wat ons koop en gebruik, is van plastiek of verpak in plastiek. Die probleme sluit die volgende in:

• Die meeste plastiek is nie biologies afbreekbaar nie en as dit dus nie verbrand word nie, bly dit vir dit honderde jare voortbestaan.. • Die verbranding van plastiekafval op stortingsterreine laat giftige gasse of skadelike chemikalieë in die lug vry. • Baie plastiese rommel beland in die oseane waar dit vis, seevoëls en soogdiere skade berokken of doodmaak. Hulle eet die plastiek, of verstrengel daarin.

Het jy geweet? Vir elke vierkante kilometer van die oseane is daar ongeveer 20 000 stukke plastiese rommel. Hierdie rommel vermoor elke jaar meer as 1 miljoen seediere. 'n Gebied wat twee keer so groot is as Hawaii, tussen Asië en die VSA, word die groot afvalstrook genoem vanweë die hoeveelheid plastiese rommel daarin.

Die groot afvalstrook: https://www.youtube.com/watch?v=ju_2NuK5O-E

Page 7: 7 NW...  · Web viewMynbou genereer groot hoeveelhede afval. Dit neem byvoorbeeld een ton (1 000 kg) erts om ongeveer 25 gram platinum te produseer. (Raadpleeg bladsy 70. vir meer

Aktiwiteit 1 Bespreek, lees en skryf oor die omgewingsimpak van plastiek, brandstof en metale (bl 63)

Gesinswerk 1 Gesels as gesin oor:

1.1 hoe brandstof en plastiek aan mekaar verband hou.

1.2 waarom plastiek sulke gewilde materiale is.

1.3 hoe olieboor die omgewing beïnvloed.

2 Vind meer uit. Hier is 'n paar voorstelle: • mynuitskot en die probleem van waterbesoedeling • hidrobreking en die bekommernis oor hidrobreking in die Karoo • die uitwerking van olie-ontginning in die Niger-delta.

3 Skryf 'n opstel van een bladsy oor hoe 'n spesifieke metaal, plastiek of brandstof geproduseer word en die impak daarvan op die omgewing.