8 junie 2014 iederark - ngkmiederpark.co.za junie.pdf · hulle asseblief by opname duidelik meld...

8
Iederark Inhoudsopgawe Sending Gebedsversoeke ...2/3 Malawi Sending ..................3 Mission Relax ......................4 Winterliefde........................5 Wintermark ........................5 Malawi Sending .................6 Manne wat glo ....................6 Geloofsoffer........................6 Aartappelsop resep ............7 Verjaarsdae Junie ...............8 Wat gebeur DV hierdie week….…… 8 Junie 2014 Uitgawe 19/2014 Ds Willem Louw Ds Okkie Cill iers (018) 294 8197 (018) 297 7926 082 340 7549 083 262 6783 Kerkkantoor Tel (018) 294 8121 Faks (018) 294 3900 0794951836 Webwerf http://www.ngkmiederpark.co.za E-pos [email protected] Sendingkantoor [email protected] 018-2946900 0823308113 Sondag 8 Junie Vadersdag ErediensNagmaal Sondagskool Gr 16 Tienerdiens 09:15 17:30 Maandag 9 Junie Eiendom Bestuursvergadering 18:00 Dinsdag 10 Junie FB Vergadering 07:30 Woensdag 11 Junie Tribe C Sending Bestuursvergadering Growth Point 16:00 18:00 18:30 Donderdag 12 Junie Vroue Bybelstudie 09:30 Vrydag 13 Junie Mannebiduur 07:00 Saterdag 14 Junie

Upload: duongthien

Post on 22-Feb-2018

223 views

Category:

Documents


2 download

TRANSCRIPT

Page 1: 8 Junie 2014 Iederark - ngkmiederpark.co.za Junie.pdf · hulle asseblief by opname duidelik meld ... (Ek gebruik 2 Knorr Stock Pots ... Woensdagaand se sop-aand was ‘n reuse sukses

Iederark

Inhoudsopgawe

Sending Gebedsversoeke ...2/3

Malawi Sending ..................3

Mission Relax ......................4

Winterliefde ........................5

Wintermark ........................5

Malawi Sending .................6

Manne wat glo ....................6

Geloofsoffer ........................6

Aartappelsop resep ............7

Verjaarsdae Junie ...............8

Wat gebeur DV hierdie week….……

8 Junie 2014 Uitgawe 19/2014

Ds Willem Louw Ds Okkie Cilliers

(018) 294 8197 (018) 297 7926

082 340 7549 083 262 6783

Kerkkantoor

Tel (018) 294 8121 Faks (018) 294 3900 0794951836

Webwerf http://www.ngkmiederpark.co.za

E-pos [email protected]

Sendingkantoor [email protected] 018-2946900 0823308113

Sondag 8 Junie

Vadersdag

Erediens—Nagmaal Sondagskool Gr 1—6

Tienerdiens

09:15

17:30

Maandag 9 Junie

Eiendom Bestuursvergadering 18:00

Dinsdag 10 Junie

FB Vergadering 07:30

Woensdag 11 Junie

Tribe –C Sending Bestuursvergadering

Growth Point

16:00 18:00

18:30

Donderdag 12 Junie

Vroue Bybelstudie 09:30

Vrydag 13 Junie

Mannebiduur

07:00 Saterdag 14 Junie

Page 2: 8 Junie 2014 Iederark - ngkmiederpark.co.za Junie.pdf · hulle asseblief by opname duidelik meld ... (Ek gebruik 2 Knorr Stock Pots ... Woensdagaand se sop-aand was ‘n reuse sukses

SENDING GEBEDSVERSOEKE

MALAWI SENDING (Pieter) Bid asb:

Vir ons gesondheid. Almal hier rond ly aan iets op die oomblik en ek kom ook nie oor my siekte nie. As die een ding my los, vat die volgende ding my. Ook vir Alice en mama Lo wat nie lekker voel nie. Bid vir die geestelike werk. Hou asb aan om te vra vir my permit. Ek het nog niks gehoor nie. Bid vir genoeg slaap en beskerming teen wilde diere wat nou hierheen kom omdat kos op ander plekke skaars is.

HOSPITAAL SENDING (Petro Zaayman) Vandag is Jannie Erasmus besig om die bood-skap van bed tot bed in Potch Hospitaal te bring. Bid asb vir hom om dié te bereik wat nog nie hul harte vir Jesus gegee het nie. Bid asb vir:

Die Hospitaalpersoneel wat baie hard werk. Al die siek mense — Om in die tyd wat hulle daar is, ‘n geleentheid sal kry om die Verlossingsboodskap van Jesus te hoor.

MARELET SENDING More het ons “Awards Ceremony” (waarvoor ek sertifikate vir die hele skool moes skryf), en dan sluit die skole. Maandag is dit die onder-wysers se laaste dag. Dinkdinge:

Dankie vir Vader se ABSOLUTE voorsiening in alles – Hy is inderdaad ‘n getroue, liefde-volle Vader. Dankie vir die pos wat ek die jaar kon ge-had het, moeilik, maar ek het elke oomblik geweet dat dit Sy Wil is dat ek hier moes wees. Dankie vir Sy krag wat ons elke dag deur-dra.

Bid: Baie families vertrek die naweek na Korea,

2

Amerika, Finland, ens. Bid asb dat hulle veilig sal reis en goed sal uitrus in hulle onderskeie lande. Daar is nog steeds families wat graag in Vuurfontein wil bly, maar sukkel met visums. Bid asb dat hulle ‘n manier sal kry om wel ‘n werkspermit te kan kry. Die W-familie het vir 4 jaar gewag vir ‘n titel om hulle huis te kan verkoop en nou het hulle dit, maar die regte koper het nog nie gekom nie. Bid asb dat hulle huis verkoop sal kan word. Bid vir E. dat sy sal groei in Vader.

BOTSWANA SENDING (Jerry en Magda)

Ons eer die Here vir gesondheid en seëninge in ons lewens. Bid asb vir ons Kerkie in Shakawe— vir nuwe velde wat ons ondersoek vir Evangelisasie. Vir ons Grenspos bediening.

Ons is op soek na lidmate wat bereid is om ons Sondae te kom help by die hospitaal. As ons meer mense is kan daar soveel meer sale en privaatkamers bereik word. Indien jy belangstel skakel gerus: Riaan Marx +277 188 1520 1

Elize Loots 018 2947685 / 083 465 6849

Page 3: 8 Junie 2014 Iederark - ngkmiederpark.co.za Junie.pdf · hulle asseblief by opname duidelik meld ... (Ek gebruik 2 Knorr Stock Pots ... Woensdagaand se sop-aand was ‘n reuse sukses

3

VERITAS SENDING (Ds Dawie & Naomi ) Verlede week was ek en Ivan in Burundi. Ek het vyf manne as fasiliteerders opgelei vir die tweede Module, in Muyinga, in die Noordweste van die landjie. Ivan was in Gitega, in die middel van die land, waar hy vyf ander fasiliteerders vir Module 3 opgelei het. Ons kan saam die Here dank dat dit ‘n baie leergierige groep was wat die opleiding baie geniet het; dat elkeen van hulle ‘n goeie bediening het, maar nou beter toegerus is vir hulle taak; vir Rev. Ruben Safari, die leier van die werk daar, wat met die opleiding gehelp het om vorentoe self ook fasiliteerders op te lei. Bid asb vir die groep wat opgelei is, veral vir Jean-Baptiste wat ‘n M o s l e m was en sy naam verander het en ‘n roeping het om daardie groep te bereik. Ruben, veral vir die groot verantwoordelikheid wat hy onder moeilike omstandighede moet dra Anton en Diana van Schalkwyk, wat in Gitega die opleiding lei en ook baanbrekerswerk met die landbou ontwikkeling gedoen het. Bid vir die span wat hulle opgelei het om die werk voor te sit.

-

MALAWI SENDING

BEDERF MAMMA AAND

Vir Vrydagaand 13 Junie word ‘n boshamburger teen R15 aangebied. Dit is ‘n hamburger op ‘n rooster-

koek. Kom probeer en lewer kommentaar of dit suksesvol is. Plaas bestellings telefonies of per sms by

Johan 084 660 1029.

MALAWI SENDING UITREIK

Daar is nog 31 dae oor voordat ons DV op 9 Julie na Malawi vertrek. Die opwinding bou nou op en daar is

groot afwagting. Ons het nog plek vir drie persone op die toer. Die koste verbonde aan die uitreik is

R1500. Hiervan is R500 nodig as ‘n aanvangsbetaling en vir die res werk ons baie hard aan borge om die

bedrag te laat wegval. Kom deel in ons opwinding as ‘n bydrae tot die uitoefening van ons dissipelskap.

Ons sal DV op 20 Julie terug wees in Potch.

Page 4: 8 Junie 2014 Iederark - ngkmiederpark.co.za Junie.pdf · hulle asseblief by opname duidelik meld ... (Ek gebruik 2 Knorr Stock Pots ... Woensdagaand se sop-aand was ‘n reuse sukses

4

GEBEDSVERSOEKE

By die sydeur en in die ingansportaal is ’n

houtkassie gemerk ”Gebedsversoeke” As

jy wil hê ons moet saam met jou bid oor

’n saak of dat ons by jou huis saam met

jou moet kom bid, gooi jou versoek in die

houer en dit sal opgevolg word.

HOSPITAAL OPNAMES Wanneer lidmate van die gemeente op-

geneem word in Potch Medi Kliniek, moet

hulle asseblief by opname duidelik meld dat

hulle lidmate van die NG Kerk Miederpark is.

Dit maak dit vir die leraars makliker om hulle

tydens die weeklikse hospitaalbesoeke

(Dinsdae en Donderdae) op te spoor.

Page 5: 8 Junie 2014 Iederark - ngkmiederpark.co.za Junie.pdf · hulle asseblief by opname duidelik meld ... (Ek gebruik 2 Knorr Stock Pots ... Woensdagaand se sop-aand was ‘n reuse sukses

5

“WINTERLIEFDE”Die winter lê voor en ons is opsoek na komberseen warmklere wat ons kan uitdeel aan behoeftigegesinne.

Daar is baie mense wat nie een van hierdie kanbekostig nie.

Kom ons maak ons harte oop en maak van hierdieprojek ‘n groot sukses.

U kan warm klere en komberse bring na die Sendingkantoor, elke dag tot en met 13h00 vooreinde Mei.

Enige navrae, kontak ons gerus:

(018) 294 6900

Page 6: 8 Junie 2014 Iederark - ngkmiederpark.co.za Junie.pdf · hulle asseblief by opname duidelik meld ... (Ek gebruik 2 Knorr Stock Pots ... Woensdagaand se sop-aand was ‘n reuse sukses

6

Op 20 Julie 2014 om 17:30 kom 4 gewilde sangers saam optree in NG Kerk Miederpark (Aarbeilaan 22 Potchefstroom).

Die sangers is: Jan de Wet, Willie Joubert, Leon Ferreira en De-wald Gouws. Hulle staan bekend as “MANNE WAT GLO”.

By die geleentheid kom stel hulle ook hul splinter nuwe CD vry!!!!

Hierdie lofprysingsgeleentheid sal in die plek van die koffiediens plaasvind. Die toegang is gratis en slegs ‘n sagte kollekte sal op-geneem word ten bate van die manne se bediening.

Nooi jou vriende en bemark asb. ook sommer die geleentheid

“God’s part is to put forth power; our part

is to put forth faith.”

Ons kan saam ‘n verskil in ander se lewens

maak deur die woord van God te verkondig.

Oorweeg asseblief om ‘n aftrekorder vir die

sendinggeloofsoffer te teken.

Bankbesonderhede:

Absa bank

Takkode 632 005

Rek nr 405 041 9146

Baie dankie aan elkeen wat reeds ‘n bydrae

maak!!

TREK JOU STAP-

SKOENE AAN

Kom stap saam met ons in die natuur waar jy van voor af God se skepping kan beleef.

‘n Mens jaag so tussen die kinders, werk en huis dat mens nie meer al die mooi dinge om jou raak-sien nie. As jy belangstel om saam te stap, skakel Esme by 0826535639

MALAWI SENDING UITREIK Om projekte in Malawi te vestig en te onderhou, beno-

dig ons die volgende hardeware:

Enige staal

2500 liter watertenk

30% skadunet

Bloudraad

Binddraad

25mm swart waterpyp

Groentesaad

Indien daar enige oortollige material beskikbaar is, oor-

weeg asb ‘n skenking.

Kontak James by 084-2083708 of

[email protected]

Page 7: 8 Junie 2014 Iederark - ngkmiederpark.co.za Junie.pdf · hulle asseblief by opname duidelik meld ... (Ek gebruik 2 Knorr Stock Pots ... Woensdagaand se sop-aand was ‘n reuse sukses

AARTAPPELSOP (Herman Myburgh)

1 Pakkie Gesnipperde Spek (Bacon bits) 1 Medium Ui 3 Wortels (Geskil en punte afgesny) 3 Stingels Seldery 6 Medium geskilde Aartappels 1 koppie room 1/2 Koppie volroom melk Halwe pakkie Smash 5 Koppies Hoenderaftreksel (Ek gebruik 2 Knorr Stock Pots wat opgelos is in 5 koppies kookwater) of Groente-aftreksel (maar dit gee 'n smaak nader aan groentesop) Sout en peper na smaak Robertson Louissana Cajun Spice (Wees spaarsamig hiermee, dit verskaf die byt...) Begin deur die groente voor te berei. Skil die ui en sny baie fyn, skil die wortels, en aartappels en sny alles (insluitend die seldery) fyn. Ek is lui, so ek gooi alles net in die voedsel verwerker om dit 'julienne' te sny... Plus dan laat die ui nie jou oë traan nie (big men don't cry...) Kook die ketel met so 5 en 'n half koppies water, en los dan die hoenderaftreksel daarin op. Voeg som-mer die Smash hierby en meng goed dat daar nie klonte is nie. Ek gebruik ons hand voedselverwerker om dit te doen. In 'n sop pot, braai die spek tot goed gaar, m.a.w. effens bruin. Skep dit uit, maar hou die verbruinde vetterigheid in die pot. Braai die uie vinnig in die pot, voeg dan die wortels en seldery by en 'sauté' vir 2 minute. Voeg dan die aartappels by en meng alles vir 5 minute. Voeg sout, varsgemaalde swartpeper en Cajun spice by. Nie te veel nie, mens kan dit altyd later regstel. Gooi die "Smashing-hoenderaftreksel" by en laat dit stadig tot kook kom. Kook dit vir die durasie van een aanddiens op lae warmte plaat (as jy dit op 'n Sondag-aand maak) of vir so twintig minute op 'n medium warmte plaat. Nou moet die mengsel versap word. Hiervoor gebruik ek sommer weer die hand voedselver-werker. Maak alles mooi fyn, totdat die verlangde tekstuur bereik is. Ek hou van fyn sop. Maar wees versigtig om nie die verwerker te oorwerk nie, want dan brand hy uit en as Mamma (of Pappa) uitvind kan hulle baie kwaai wees, en moet jy Game toe ry om 'n nuwe ene te koop. Gooi die room en melk in en meng goed, weereens met die hand voedselverwerker. Proe die sop, proe dit weer en besluit dan oor of daar sout of peper kort. As jy fênsie wil wees, kan jy vars pietersielie by-meng. Meng die spek by die sop. Die kontras tussen die stukke bacon en gladde aartappelsop werk baie goed. As alternatief kan jy die bacon ook saam met die sop kook en dan fynmaak. Maar die sop kort ook die regte drywer. Ek sny brood (verkieslik selfgebakte boerebrood) in lang, dik repe. Dan, in 'n pan smelt mens regte, egte botter (die soort wat die Dr. jou verbied het om te eet...). Voor die botter begin borrel, plaas die snye daarin sodat dit van die botter absorbeer. Braai dan die broodjies in die pan tot goud bruin, maar sag binne. Baie lekker croutons.

7

SOP-AAND Woensdagaand se sop-aand was ‘n reuse sukses en Alta Pothas wil almal bedank vir al die groot ver-skeidenheid van soppe en broodjies wat hulle verskaf het. Die Aartappelsop van Herman was die WENNER en almal wil die Resep hê—Hier is die resep—Dankie Herman!

Page 8: 8 Junie 2014 Iederark - ngkmiederpark.co.za Junie.pdf · hulle asseblief by opname duidelik meld ... (Ek gebruik 2 Knorr Stock Pots ... Woensdagaand se sop-aand was ‘n reuse sukses

8

Lys van verjaardae - Junie

2014

Datum Naam en Van

01/06 Salumi Gouws

02/06 Emile Foster

04/06 Carlo van der Merwe

Celani Nel

05/06 Jansen Oosthuizen

Charlene Swanepoel

07/06 Nick Greeve

JD Froneman

JP Froneman

08/06 Izelna Wolmarans

Adrie van Winkel

09/06 Janine Nel

Veronica Kearney

Hester Bester

10/06 Morne van Bosch

Karin Scheepers

Yolande Stewart

Ankia Schultz

Marie Cross

11/06 Huibrecht Blaauw

12/06 Conrad van der Walt

Zusette de Beer

13/06 Chani Botes

Mickay van der Riet

Daleen van der Merwe

Rune Rudolph

15/06 JP van der Walt

Babs van der Walt

16/06 Andre Vosloo

17/06 Evert van der Westhuizen

Jackie van Niekerk

18/06 Leonette Koekemoer

Johan van Tonder

Francois Du Toit

19/06 Elize Moolman

Lizay Mouton

Marthi Campbell

Ina Potgieter

Anlia Taljard

Fanie Swanepoel

Hannatjie Oosthuizen

Emma Grobbelaar

Johandre Combrinck

20/06 Chande Weldon

Wouter Smit

Carina van Rooyen

Marcus Roux

Sannie du Toit

21/06 Chris van der Walt

22/06 Pieter Craven

23/06 Elna Stoop

Estelle Wiid

Gerhard Oosthuizen

Yolandi van der Lith

24/06 Kobus Stander

Toll van der Berg

Willem Louw

Sheldon Adams

Jackie van der Walt

25/06 Diandre Burgers

Chalynre Kanes

Leon Page

Sanette Marx

26/06 Caramia Nel

27/06 Johan van der Walt

28/06 Naomi Nel

Gerrit Hough

29/06 Martin Smit

Pieter Viljoen

Madelien Burgers

Ina-Louise Smith

Frans du Toit

30/06 Bonita du Toit

Johan van Niekerk

Zella Cassell